Print

Die Huis Ekklesia

Huis EkklesiaHuis ekklesia, sel groepe, en ander terme verwys vandag na `n populêre beweging. Sommige het `n beginsel daarvan gemaak deur hulle af te sonder van denominasies en klem daarop gelê dat huis ekklesia `n lewensvatbare verteenwoordiger van apostoliese Christelikheid is. Andere het weer die klein groepie beweging gebruik om meer lewenskrag in `n geestelose gemeente in te boesem. Andere neem `n midde-weg-houding in deur `n huis ekklesia te bedryf weens praktiese redes.

Beide die Bybel leiding en praktiese oorweginge is van belang. Die blote feit is dat daar nie `n ENKELE denominasie bestaan wat kleef aan al tien gebooie nie. Die meeste kleef aan `n meerderheid van die gebooie, maar niemand aan al tien nie. Inderwaarheid is daar geen denominasie wat kleef aan slegs die drie minste onderhoude gebooie nie: een God; die Sabbat , en die verbod om dood te maak nie. Dus kan die opregte gelowige, om praktiese redes, eenvoudig maar net nie DEELNEEM in enige godsdienstige instelling nie.

Terwyl daar ander kwessies in ag  geneem moet word, behalwe die Tien Gebooie, vind ons dit `n goeie praktiese metode. Hulle laat alle kerke buite rekening van die begin af. Maar net om `n huis ekklesia  by te woon is hoegenaamd nie `n oplossing nie. Huis ekklesia kan en neem deel aan dieselfde valse leerstellings waaraan denominasies deel het. Om `n huis ekklesia te begin of te stig vereis deeglike verbondenheid aan Skriftelike leiding.

 Die eerste huis ekklesia, die ideale een, is die van Adam en Eva. Hulle het Yahuwah elke aand en op die Sabbatte  vir aanbidding ontmoet. (Genesis 3:8.) “En hulle het die stem van Yahuwah  gehoor terwyl Hy wandel in die tuin, in die aandwindjie.”

Om met Yahuwah te wandel is die basiese vorm van aanbidding. Dit het voortgegaan met Henog. (Genesis 5:24). “En Henog het met Yahuwah gewandel; en Hy was daar nie meer nie, want Yahuwah het hom weggeneem.”  Hierdie daaglikse gesinsbyeenkoms van aanbidding met Yahuwah hierdie wandeling met Hom, is die voorbereiding om van die aarde weggeneem te word om Yahushua in die hemel te ontmoet. Diegene in die dae van Henog wie die aanbiddingswyse vernalatig het soos ingestel met Adam en Eva was eintlik vernietig in die Vloed. Slegs diegene wie dit nagekom het, was gered. (Gen. 6:9) “Noag was `n regverdige, opregte man onder sy tydgenote(dit is, familie of huis ekklesia), Noag het met Yahuwah gewandel.”  

Teen die tyd van Abraham het die oorspronklike huis ekklesia  gewoontes drasties uitgebrei. ( Genesis 14:14) Toe Abraham hoor dat sy broer in gevangenisskap weggevoer is, het hy sy geoefende manne wat in sy huis gebore is laat uittrek, drie honderd en agttien, en hulle tot by Dan agtervolg. Selfs met so `n groot getal, het daar `n skeiding in die huis ekklesia van Abraham plaasgevind, soos beskryf word in Genesis 13:8. Terwyl die rede vir die verdeling konflik uitskakel, eerder as om dit voort te sit. Dit is presies die teenoorgestelde van wat algemeen gebeur binne die huis ekklesia beweging van vandag, en dit moet as waarskuwings sein dien. Die huis ekklesia beweging van vandag, tensy hul groep gesetel is op die waaragtige Bybelse beginsels, is net maar nog `n uitdrukking van Babiloniese geloof.

Huis EkklesiaEen van die redes waarom huis ekklesia vandag afvallig raak is omdat hulle slegs terreine geword het vir die magsbeheptes. Hulle is gestig deur verbitterdes omdat hulle nie die mag in hul hande kon kry waarna hulle verlang in die gemeente waar hulle was nie. Die Bybel bevat  `n beginsel wat wyd strek om dit te verhoed, Die VERANTWOORDELIKHEID vir die organisasie van huis byeenkomste moet lê op die oudste seun. Die beginsel van die geboorte reg  was sentraal in die huis ekklesia in die boek  van Genesis. Wanneer kinders hul regmatige verantwoordelikheid gegee word om die Skrifte te lees in die teenwoordigheid van diegene in die byeenkoms en andersyds sigbare take uitvoer, dan is daar enersyds nie `n probleem van rustelose optrede aan die kant van die kinders en nie die gevaar van volwassenes wat hunker na magsposisies, soos hulle in huis ekklesia doen, soms meer openliker as in die gevestigde gemeentes.

 Inderwaarheid kan die aanbiddings dienste so eenvoudig gehou word dat selfs klein kindertjies by magte is om uit te lei. As dit begin met stille gebed, en dan diegene teenwoordig die stilte breek met hul  petisies, dan kan voortgegaan word met die leidende kind wat die Skriftuur les voordra, waarna studie of `n bespreking kan volg, daar is geen tyd of plek waarin die leidende kind moet voel  dat sy vertolking van leierskap op sy geskuif is nie. Die ouer garde kan bydra tot die bybel studie, deur hul getuienisse te lewer en vermanings  te gee sonder om oor die leierskap van die  BYEENKOMS  oor te neem.

Die eersgeborene beginsel is inderwaarheid opgegee met die instelling van `n  nasionale aanbiddings sisteem wat onder die Israeliete ingestel was. Die geboorte reg was as beginsel steeds gehou, maar in die praktyk was die eersgeborene losgekoop deur geld aan die priester te gee, wie dan hul natuurlike pligte oorgeneem het. Hierdie sisteem het geheers onder die rigters en die konings. Maar nes poligamie, was dit nie Yahuwah se oorspronklike plan nie. Daar was redes vir die verandering van die instelling ten tye van die rigters en konings. Met die koms van die Messias, was dit omgeskakel na die oorspronklike gebruik. Yahushua  het die oorspronklike gebruik van klein-skaalse aanbidding in Mattheus  16-18, ingestel waar Hy presiese besonderhede  gee vir die organisasie vir bediening.

Die basiese insteling  is in (Mattheus 18:19) “Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat julle mag vra, dit sal hulle ten deel  val van My Vader wat in die Hemele is.

(Matt.18:20) “Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.” Yahushua verminder die JOODSE minyan of kleinste getal nodig vir gemeentelike gebede na twee of drie. Twee of drie kan `n saak bind, dit beteken, om `n ekklesia te stig wat Evangelie organisasie noukerig volg. Hierdie beginsels is: 

  1. Die ekklesia is gebou op die verklaring van Petrus dat Yahushua die Seun van Yahuwah is. (Mattheus 16:16-18.)
  2. Die ekklesia is die gesaghebbende verteenwoordiger van die koninkryk van Yahuwah op aarde, (Mattheus 16:19.)
  3. Die ekklesia hou `n lae PROFIEL, en by tye selfs `n geheime een, omdat dit in stryd is met die koninkryk van Satan in hierdie wêreld .( Mattheus  16:20.)
  4. Die ekklesia is gebasseer op die plan van verlossing waarvan die dood en die opstanding van Yahushua die middelpunt is.( Mattheus 16:21-23; 17:22-23.)
  5. Die ekklesia is die oefenveld vir daardie  self verloëning so nodig vir redding. (Mattheus 26:24-26.)
  6. Die ekklesia is gebaseer op die verwagting van die spoedige koms van Yahushua. (Matt 16:27-28.)
  7. Die ekklesia is visioenêr en profeties ; om die vergaderdes direk in verbinding met profetiese openbaringe van die hemele te bring.(Matt. 17:1-9.)
  8. Die ekklesia is die middel van goddelike seën aan die wêreld in die onderrig van genesing , bemagtig deur gebed en vas. (Matt. 17:14-21.)
  9. Die ekklesia doen met wysheid wat gedoen moet word om  konflik met Rome te vermy . (Matt.17:24-27.)
  10. Die sentrale waarde wat die ekklesia wil behou is om nederigheid te handhaaf, en `n teergevoelige houding teenoor die nederiges te hê.(Matt. 18:1-14.)
  11. Die ekklesia is die middel van versoening in die geval van konflik, en dit staan onder die verpligting om diegene wie betrokke raak in onregte teenoor hul broeders te verwerp. (Matt. 18:15-17.)
  12. Die ekklesia word gestig deur die optrede van twee of drie wat byeenkom in die naam van Yahushua  vir daardie doel. (Matt. 18:18-20.)
  13. Christus is persoonlik teenwoordig in die byeenkoms van die ekklesia. (Mattheus 18:20.)
  14. Die ekklesia is die middel van goddelike vergifnis, wat in dieselfde mate herlei word soos sy lede mekaar vergewe. (Matt. 18:21-35.)

Hierdie veertien Evangelie beginsels is noodsaaklik vir die koninkryk van Yahuwah, waarvan die evangelie `n proklamasie is. Wanneer een beginsel verlore gaan, het dit geen bestaansreg meer nie. Die kerk is nie `n instelling wat deur apostoliese opvolging oorgedra word nie. Dit is gestig deur Yahushua Self, wie by elke byeenkoms teenwoordig is.

Die apostoliese ekklesiaDie apostoliese ekklesia het in die algemeen in huise of in afgeleë  plekke buitemuurs vergader. . . . Dit was die heersende stelsel voordat imperiale  Christendom, wie groot strukture gebou het om die mense makliker te beheer en om hulle te indoktrineer met dwaalleer. Huis ekklesia was baie na aan mekaar gestig, soos gehou, oënskynlik in die huis van die diakones Phebe in Kenchrea, binne loop afstand van Korinthe, waar `n ander groep bymekaar gekom het.

Die Evangelie ekklesia sluit nie die noodsaaklikheid van ouderlinge en diakens in nie. Dié was ampte wat begin was in die apostoliese ekklesia om die spesifieke behoefte van daardie tyd te vervul. In daardie tyd was die verborge godsdienste baie gewild in die Romeinse Ryk. Hulle was half-geheime huis groepe wat `n vorm van inisiasie soortgelyk aan die doop gehad het, wat soms afskuwelike rituele soos om in bloed te was, om `n geheime maaltyd te hê, om `n mens-god te aanbid wie aanspraak daarop maak dat hy gesterf en opgestaan het, en dan liedere sing en bypassende skrifte lees. Die ooreenkomste met die evangelie kerk was so baie naby, so ná dat beide Jood en Heiden soms met moeite die verskil kon uitken. Binne hierdie konteks, was die ampte van diaken en ouderlinge nodig om die Evangelie organisasie te behou. Synde dat ons vandag met dieselfde uitdagings gekonfronteer word, honderde vorme van heidenisme wat almal sê dat hulle Christene is, is daar wel `n grondige rede daarvoor in dié dag.

 In 1Timotheus 3, skryf Paulus in besonder oor hierdie aangeleentheid. Hoewel baie mense vandag dink dat apostoliese voortsetting `n geldige instelling is, is dit nie waar nie. Net Yahushua kan verorden, en Hy is net teenwoordig in die byeenkoms wat in Sy naam gedoen word. Verordening deur gebed en die oplegging van hande deur hulle vergader in `n wettige Evangelie ekklesia is die enigste wettige instelling.

Die ekklesia het die verpligting om sekere insettinge behawe aanstelling van diakens en ouderlinge uit te voer, gewoonlik deur die ampsdraers, sou hulle in die vergadering bestaan het.  Hulle sluit in:

Ekklesia  beteken die groep van diegene wat uitgeroep is, en het nooit  na `n gebou nie verwys nie. Hulle was uit die sinagoge van Satan, die gestigte godsdienste van die wêreld, geroep. Die kerk het mense met verskillende geestelike gawes gehad om diegene om hulle te bevoordeel. Dit word breedvoerig beskryf in 1 Korinthiërs 12-14. Die lys van sulke gawes was gegee in 1Kor. 12:28.

“En Yahuwah het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.” (1 Korinthiërs 12:28)

Al veertien Evangelie beginsels, die agt geestelike gawes, en die instelling van ouderlinge en diakens, het voorgekom onder die vroeë gebod-houdende Adventiste. Die vroegste geskrifte van Ellen White gee lewende beskrywings van sulke byeenkomste. Die huis ekklesia van die White gesin, was in aan bidding gelei deur die oudste seun, Henry, hul  “lieflike sanger.”  Ellen White beskryf die onderrig wat nodig is om die kinders die magtiging te gee om uit te lei in huis aanbidding.

“Onderrig in vokale ontwikkeling moet in die huis omset gegee word. Ouers moet hulle leer om só duidelik te praat sodat dié wie luister elke woord kan verstaan wat gesê is. Hulle moet die kinders leer om die Bybel te lees in duidelike, suiwer uitspraak, op `n wyse  wat  . . .[Yahuwah] eerbiedig. En laat diegene wat rondom die familie altaar kniel, nie hul gesigte in hul hande en in hul stoele verberg wanneer hulle met  . . .[Yahuwah] praat nie. Laat hulle hul hoofde oplig, met gewyde ontsag en vrymoedigheid, die troon van genade nader.” –Adventist Home, bl. 435.

Die beginsel van die huis ekklesia beweging was alreeds soos so vroeg as 1844 verstaan en beoefen onder die gebod-houdende Adventiste.

“Nie lank na die afloop van die tyd , in 1844, het ek my eerste visioen gehad. Ek het Mev. Haines te Portland besoek, `n liewe sister in Christus, wie se hart een was met myne; vyf van ons, almal vroue, het in stilte by die familie altaar gekniel. Terwyl ons gebid het, het die mag van . . . [Yahuwah] oor my gekom soos ek dit nog nooit gevoel het nie.” –Christian Experience and Teachings of Ellen G. White; bl 57.

Huis EkklesiaOnvermoë om `n huis ekklesia te begin word geregverdig deur `n tekort aan middelle, beide ekonomies en persoonlik. Ons het reeds gesien dat dit genoeg is waar slegs een persoon beskikbaar is wie oud genoeg is om uit die Bybel te kan lees. Selfs waar geen geletterde persoon teenwoordig is nie, kan `n kerk rondom die Woord vergader wat soos dit bekend is aan die verstand. En sou niemand teenwoordig is wie `n Bybelvers uit sy hoof kan herhaal nie, is stilte in die byeenkoms goud, en kan die stem altyd verhef word in gebed en smekinge aan Yahuwah.

“Armoede moet ons nie uitsluit om gasvryheid te betoon nie. Ons moet uitdeel wat ons het. Daar is hulle wie worstel om lewensbehoud en wie dit buitengewoon moeilik vind om hul inkomste aan te vul vir daaglikse benodighede,maar hulle het  . . .[Yahushua] lief in die persoon van Sy heiliges en is bereid om gasvryheid te bewys aan gelowiges en ongelowiges, wie probeer om hulle besoeke van waarde te maak. In die familie kring en die familie altaar word die gaste welkom laat voel. Die seisoen van gebed maak `n indruk op hulle wie as gaste bedien word, en selfs een besoek beteken die redding van `n siel uit die dood.Van hierdie werk  maak  . . . [Yahuwah] `n aantekening, en sê: “Ek sal vergoed.”  –Adventist Home, bl. 451.

Die rol van die man en die vrou in die huisaanbidding word oorgedra van die daelikse praktyke na die Sabbat byeenkomste ook.

“Voordat die huis verlaat word vir arbeid, moet die hele gesin byeengeroep word; en die vader, of die moeder in die vader se afwesigheid , moet vurig pleit met  . . . [Yahuwah] om hulle deur die dag te bewaar. Kom in ootmoed met `n hart gevul met tederheid en die besef van die versoekinge en gevare voor jouself en jou kinders; bind hulle op die altaar deur geloof, en smeek die sorg van  . . . [Yahuwah] op hulle af. Dienende Engele sal dan die kinders bewaar wie só gewy word aan Yahuwah.”  –Child Guidance, bl.519.

Dit was veral die invloed van die Sewende Dag Baptiste wat die vroeë gelowiges daartoe gelei het tot die stigting van instellings. Die instellings wat in die laaste deel van die 1800`s gestig is, is `n model ná die Baptiste patroon met rade, verenigings en konferensies. Opsigself was daar nie fout daarmee nie, maar was uiteindelik misbruik deur oorafhanklikheid en organisering  en daardeur  het die vroeë behoorlike huis ekklesia beginsels verlore gegaan. Ellen White het haar stem verhef vir `n hervorming in hierdie saak, en `n terugkeer  na die oospronklike huis ekklesia beginsels soos gevind in die boek van Genesis.

“Julle wie bely dat julle . . . [Yahuwah] liefhet, neem . . . [Yahushua] saam waar jy ookal mag reis; en , en nes die patriarge van ouds, rig `n altaar op waar jy ookal jou tent opslaan. `n Reformasie in hierdie geval is noodsaaklik, --- `n reformasie wat diep en breed sal wees.” –Testimonies 5 , bl. 320-321.

Ons benodig nie `n nuwe organisasie nie , nog minder het ons nodig om deel te neem aan die inrigtings wat hulle verbind het met afvalligheid. Die huis ekklesia wat in Eden gestig is, bevestig is in die Evangelie, en behou is deur die vroeë gebod- houdende Adventiste bestaan vandag nog en het nie verander nie. Dit is dieselfde ekklesia waaraan Ellen White , James White , die Waggoners, Joseph Bates, en vele ander behoort en deelgeneem het. Dit is genoegsaam om as `n gesin elke dag by die familie altaar byeen te kom, en met soortgelyke gelowiges in, `n aangewese huis, sou die geleentheid dit toelaat.