Print

Ramp Gereedheid: Die Voordele van om op die Platteland te Woon

“En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ’n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.” (Openbaring 13 verse 16 en 17)

Deur al ons luideprotes oor die merkteken van die dier, is die een punt wat almal nie opmerk is dat die tyd gaan aanbreek, dat “niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.”

Dat dit belangrik en voor die hand liggend is, dat die belangrikste geestelike voorbereiding is. Dat Yahuwah ook wil hê dat gelowiges sowel ook fisiese voorbereiding moet maak. Dit is waarom Hy die Bybelse profesieë gegee het – sodat Christene kan weet wat gaan gebeur, en om geestelik en fisies gereed te maak.

Vlug uit die Stede!

ʼn Belangrike deel van fisiese voorbereiding is om uit die stede te gaan. In die dae vorentoe, sal die stede hoogs gevaarlik wees. In die stad is jou bestaan geheel en al afhanklik om in staat te wees om voedsel en water, huur en elektriese rekeninge te betaal, en om gas te aan te koop ens.

Met ander woorde, is jou vermoë om in die stede te bestaan afhanklik van jou vermoë om te koop en te verkoop. Dit is vir hierdie rede dat dit gebiedend is dat al Yahuwah se volgelinge begin om voorbereidings te tref om uit die stede te gaan. Dit is nie net iets wat oornag kan plaasvind. Dit neem baie gebede en goddelike leiding, daarom moet niemand dit uitstel om die proses te begin.

Kweek jou eie groente

Die plattelandse lewens omstandighede is baie belangrik vir die laaste geslag. Dit is nie net alleen goed vir jou fisiese gesondheid, maar laat dit toe vir geleenthede om jou eie voedsel te kweek. Begin om te soek op die platteland na ʼn plek waar jy in beheer is oor jou eie voorsiening kan wees. Verkry kennis oor watter voedselsoorte die beste in jou omgewing groei. Elke plek op aarde het sekere stapelvoedsels wat die beste groei in daardie klimaat omstandighede. Verkry die kennis oor wat die beste verbou kan word in jou omgewing waar jy woon.

Daar moet onthou word dat generiese hibriede saad nie plante kan voortbring om meer plante te verkry. Maak seker om nie generiese sade te gebruik sodat jy altyd plante sal hê om te plant vir die volgende oes. As jy nog nooit ʼn tuin bewerk het, begin om navorsing te doen. Dit is die vernuf wat elkeen sal benodig.

Voedsel preservering en berging

Bykomend in die verbouing van jou eie voedsel, verkry kennis oor die beste verskeie maniere om voedsel te preserveer wat jy verbou in jou eie klimaat en omgewing.

Verkry ook die kennis om droë voedsel te preserveer. Bloekomblare wat by droëbone gevoeg word sal insekte uithou. Eiers wat in ʼn glas water met koeksoda geplaas word, kan gebêre word vir een jaar. Hierdie inligting is wat die vorige geslagte van geweet het, maar het dit verlore gegaan deur die mense van vandag, wat maklike toegang het tot markte en kruidenierswinkels.

Gedurende hierdie laaste tye, is baie van die voedsel gebrekkig aan voedingswaarde. Die beginsel om te eet vir optimale voedingswaarde is baie meer belangrik as om ʼn beperkte groente dieet te volg. Elkeen se dieet behoeftes is verskillend, en moet dit in ag geneem word. Op die platteland kan jy hoenders, bokke , skape, en selfs ook ʼn koei aanhou. As daar 'n dam is kan dit self met vis gevul word. Die gedagte is dat vars en gesonde diere besit moet word. Diere wat vir kommersiële doeleindes aangehou word, dikwels siektes het, en vol antibiotika is.

Dit neem tyd om te leer hoe om in onafhanklikheid te lewe van die kommersiële verboude voedsel bronne. Begin nou daarmee!

In ʼn plattelandse omgewing, is daar ook die geleentheid om verbintenisse te maak met ander wat in die nabyheid woon. Maak kennis. Leer oor die produkte wat hulle verbou. Deur jou in staat te stel te word om ruilhandel toe te pas is een manier om aan jou familie te voorsien wanneer die vermoë om te koop en te verkoop van jou weggeneem word.

Hoe is die water beskikbaarheid?

Wanneer daar gesoek word na eiendom in die platteland, maak seker van die waterbron dat dit nie afhanklik is van elektrisiteit. ʼn Aanhoudende stroom of waterval om te voorsien aan water is ideaal, maar nie die oplossing. Daar is ander opsies, soos sonpanele, windpompe, handpompe en putte. Sommige het fonteine wat ontwikkel kan word.

Baie streke van die wêreld vergader reënwater vanaf die dakke. Deur ʼn goeie suiwering sisteem, kan dit gebruik word as drinkwater. Wat ook al die waterbron is, maak seker dat daar ʼn manier is om toegang te hê wanneer jy nie meer langer elektrisiteit kan aankoop. Sonder water, het ʼn stukkie grond geen waarde.

Klimaat bekommernisse

Klimaat uiterstes voorsien aan unieke uitdagings vir ʼn plattelandse leefwyse. Streke met uiterse hitte benodig navorsing om hulle huise natuurlik te ventileer, net soos steke met uiterste koue daar benodig sal word vir alternatiewe bronne vir verhitting, wat nie afhanklik is van elektrisiteit.

ʼn Eenvoudige lewe, wat in rustigheid deurgebring word op die platteland, dit geskik is om jou karater te ontwikkel wat geskik sal wees vir die Hemel. Die konstante kunsmatige stadslewe, en die volhoubare blootstelling aan wêreld standaarde, dit ʼn beslissende uitwerking het op die siel. Kinders kan veral groot gemaak word in ʼn plattelandse omgewing. Die lewe in die natuur die hart versterk in die Skepper.

ʼn Plattelandse leefwyse is nodig vir die laaste geslag

Dit is nie moontlik om so ʼn leefwyse verandering te maak sonder ʼn selfopoffering of goddelike leiding. Dit verg baie deeglike denke en voorbereiding om hierdie verandering te maak en op ʼn goed beplande manier. Alhoewel, as jy alle toevertrou aan die Vader, sal Hy jou lei na die plek wat reg vir jou is. Hy sal jou in staat stel om die nodige veranderinge te maak, sodat jy en jou familie veilig mag wees in die dae vorentoe.

Dit is ʼn proses wat tyd sal neem, en daar is nie baie tyd oor! Bid om leiding. Begin om inligting te versamel, en soos jy daarmee besig is, sal jy sien wat die volgende stap is om te doen. Die tyd gaan aanbreek wanneer jy nie in staat sal wees om te koop of te verkoop tensy jy daartoe instem om die merkteken van die dier te ontvang. Maak gereed vir daardie tyd, en vlug uit die stede na blyplek in die platteland, waar jy jou eie voedsel kan verbou, en om te vry te wees van die inmenging van die vyand.