Print

Dit is meer geseënd om te gee…

Claudia was verontrus. Die jaar se grootste feestelikheid was op hande en sy het geen geskenk om vir haar gasheer-familie te gee nie. Vir ‘n uitruil student van Europa wat steeds sukkel om na die Tweede Wêreld Oorlog sy voete te vind, het   haar ryk gasheer familie voorgekom as mense wat alles in die wêreld besit wat  enigiemand kan begeer.

Wat gee jy iemand wat al klaar alles het?

Haar gasheer was so gaaf en goedhartig teenoor haar. Sy het geweet dat met die opkomende feestyd, hulle haar sou toegooi met geskenke asof sy hul eie kind is. Wat het sy om aan mense te gee wat niks nodig het nie en kan koop net wat hulle begeer?

Die dag het al nader gekom, uiteindelik twee dae voor die groot dag het Claudia geweet wat sy gaan doen. Sy het die bus gevat en dorp toe gegaan na een van die groot winkels baby dressesom van die mooiste baba rompies wat sy kon kry, te koop en laat dit in geskenk papier toedraai. Toe sy die winkel verlaat, nader sy die deurwag met die vraag: Verskoon my, maar weet jy dalk waar ‘n baie arm gesin woon?”

Hy het haar uit die skuinste bekyk en weggedraai.  

Sy gaan vra toe ‘n polisieman.

“’n Arm familie? Jy wil nie daarheen gaan nie, dame. Die gedeelte van die stad is nie veilig nie. Gaan maar nou huis-toe en geniet jou vakansie”                             

New York stad was besig deur die jaar en twee dae voor die `n groot feesdag is geen  uitsondering nie. Claudia het alleen gevoel soos besige inkopie gangers haastig verby haar snel. Sy begin loop, onseker hoe sy haar plan gaan uitvoer sonder dat dit sal misluk.    

Na ‘n tyd lank, kom sy in strate wat nie so weelderig is soos die waaraan sy gewoond is sedert sy in Amerika aangekom het nie. Hier is die geboue meer vervalle; die mense is nie so mooi aangetrek nie. Sy hoor die geklingel van ‘n klok, en na haar verligting sien sy ‘n man met ‘n rooi uniform aan wat die klok lui langs die Heilsleer se kollekte emmer. Sy ken die Heilsleer. Hulle was ook in Europa.

Weifelend, skaam en bang van weer afgejak te word, gaan Claudia na die man. “ Verskoon my,  maar weet jy waar ek kan vind `n arm gesin?”

Die man, ‘n vriendelike oupa soort, kom agter dat dit meer as net ‘n vraag is. Hy moedig haar aan, haar woorde, gebroke engelse woorde val op `n simpatieke oor.

Die Heilsleer man het verstaan. “Ja, ek ken ‘n arm gesin. Daar is te veel, in werklikheid. My skof is amper klaar. Wag net so ‘n paar minute dan neem ek jou na ‘n gesin toe.”

‘n Oomblik later fluit hy ‘n taxi, die man gee aanwysimgs na die hoë woonstelblokke toe. Dit was beslis arm. Claudia het nie geweet daar bestaan sulke armoede in Amerika nie. Die offisier het uitgeklim en die deur vir haar oop gehou. Sy het haar kop geskud.

“Nee. Asseblief, neem jy die geskenk. Dis nie myne om te gee. Verduidelik asseblief: dit is geskenk van iemand wat alles het.”

Die taxi drywer het haar veilig huis-toe geneem sonder dat sy hoef te betaal. Hy het na hulle gesprek geluister en is verstandig.

Die groot dag het aangebreek. Die massa geskenke het nie teleurgestel nie. Claudia, net soos sy verwag het, het sy mildelike geskenke ontvang. Toe almal opgemaak was, het sy in haar gebroke Engels probeer verduidelik waarom daar nie ‘n geskenk van haar af verskyn nie.

“Asseblief verstaan. Ek wil julle gee ‘n baie spesiale geskenk. Maar julle het klaar so baie. Julle het niks nodig wat ek kan gee. Niks wat ek koop sal my dank uit my hart bewys vir alles wat julle vir my doen. Toe, koop ek die mooiste baba rokkie wat ek kon vind en gee dit vir `n baba van baie arm gesin. Hulle het baie nodig. Ek het dit in julle naam gegee. Is geskenk van julle.”

 Die dankbaarheid van die arme familie was vir hulle, het Claudia verduidelik, nie vir haar nie. Dit was haar geskenk aan hulle, wat alles het.

Die vertrek was in stilte gehul. Trane het opgewel in die oë van die gasheer-familie. Die mooiheid van haar liefdesgeskenk was lank onthou nadat Claudia terug huis-toe is en met haar lewe aangegaan het, en dit het hulle geïnspireer om te “gaan en dieselfde te doen”, in die jare wat daarop gevolg het.

‘n Hart van liefde, wil gee. Dankbaarheid vir liefde ontvang, vind ‘n manier om dit uit te druk om ook te gee.

gold presentMaar wat gee jy aan iemand wat alles het?

Yahuwah het alles. In der waarheid is Hy is die bron van alles! Wat kan ‘n mens sy Skepper gee wanneer alles Syne is om mee te begin?

Yahuwah Homself het vir ons gesê wat die tipe geskenk is wat Hy die meeste waardeer:

Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld. (Jakobus 1:27 NV)

Yahuwah het nie ‘n nuwe hemp nodig nie. Hy het nie ‘n boek, ‘n horlosie of die nuutste rekenaar stelsel nodig nie. Die geskenk deur Yahuwah gekoester is die geskenk wat Hy sou gee as Hy hier op aarde was: liefdevolle, vriendelike dade; woorde van blydskap en aanmoediging; kos en klere vir die wat dit nodig het; hemelse waarheid vir ‘n honger siel. “Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van My geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.” (Matt 25:40)

Enige iets wat gedoen is vir die verlossing van smart of onkunde vir ‘n ander, is aanvaarbaar by Yahuwah as ‘n persoonlike geskenk asof aan Hom gegee. Yahushua het verseker: “Want elkeen wat vir julle ‘n beker water in my Naam gee om te drink, omdat julle aan . . . [Yahushua] behoort, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.” (Markus 9:41) Selfs verligting van iemand se dors, word aanvaar asof dit vir Yahuwah gedoen is!

Die rede is eenvoudig: Yahuwah en Yahushua voel alles wat hul aardse kinders voel. “Want ons het nie `n Hoë Priester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.”

(Hebreërs 4:15, OV). Daarvoor, as iemand honger kry, voel Yahuwah ook die hongerpyn. ‘n Kospakkie verlig die pyn van ‘n honger persoon wat op sy beurt  die pyn wat Yahuwah voel, verlig wanneer een van sy kinders honger is.

Hoopvolle woorde, aanmoediging in geloof gespreek aan `n droewige siel, verlig die emosionele pyn wat deur Yahuwah gevoel word wanneer een van sy kinders hartseer en ontmoedig is. Waarskynlik is die grootste geskenk van alles wat gegee kan word die kennis van die waarheid. Menigtes lewe in hartseer en blindheid van dwaalleer en bygeloof. Om die geskenk van waarheid vir hulle te gee sodat hulle kan juig in Yahuwah se verlossing en om gered te wees in sy ewige koninkryk is ‘n geskenk van die Hemelse Vader.

person placing mail in envelopeDit is belangrik vir mense wie huis ekklesia bedryf en geen georganiseerde struktuur het waaraan hulle hul geld kan gee nie, om die beginsels omtrent die teruggee van tiendes en offergawes te verstaan. WLK aanvaar geen tiendes en offergawes nie, en as ‘n persoon geen kerkverband het nie, kan dit moeilik wees om te besluit wat om met sulke fondse te doen. Daar is verskillende maniere hoe ‘n persoon kan teruggee aan Yahuwah wat Syne is - al behoort die persoon aan ‘n huis ekklesia.

Daar is ‘n verskil tussen tiendes and offergawes. Tiendes is gegee aan Yahuwah vir die uitsluitlike doel van die verspreiding van Sy werk hier op aarde, beide om sy dienskneg te versterk of om die envangelie te versprei. Offerande aan die anderkant, is geskenke gegee aan Yahuwah, uit dankbaarheid en liefde. Die liefdesgeskenke mag `n verskeidenheid van vorme aanneem, baie meer as net geld.

Offergawes

Yahushua was nie net ons Verlosser nie, Hy was ook ons voorbeeld van hoe om te lewe. Hy was die wêreld se beste onderwyser, maar voor hy begin het om mense te leer van die waarheid van verlossing, het Hy eers fisies na die mense se behoeftes  omgesien. Hy het hulle genees van siektes, Hy het die blindes laat sien, gehoor gegee aan die dowes, verlossing gegee aan die mens wat besete was, moed gegee vir die wankelmoediges. Wanneer dit nodig was, het Hy die mense voorsien van ‘n maaltyd! Die oomblik dat hulle harte warm met dankbaarheid was, was die mense meer oop om die heilige waarheid te hoor wat Hy met hulle wou deel.

Om Sy voorbeeld te volg, is dit aanvanklik aanvaarbaar vir gelowiges om hulle offergawes te gebruik om te help met swaar kry rondom hulle. Skrifte is vol aanmoedigings om barmhartigheid en goedertierenheid te bewys aan die wie dit nodig het.

So het Yahuwah van die leerskare gesê: “Laat reg geskied aan almal, bewys liefde en barmhartigheid aan mekaar; moenie die weduwee en die weeskind, die vreemdeling en die arme verdruk nie moenie bose planne teen mekaar bedink nie. (Sien Sagaria 7: 9 – 10.)

As jy weet van ‘n ou man wat nie genoeg het om te eet nie, sal `n geskenk van voedsel hom help in sy benoudheid, ‘n offergawe van liefde wees waarin Yahuwah Hom verbly.

Dit was gewoonte van die toegewyde Israeliete om kos te vat na die bedelaars op die sesde dag van die week sodat in hul behoeftes voorsien sal wees en sodat hulle nie op die Heilige ure van die Sabbat hoef te bedel nie.

As daar ‘n enkel moeder is wat sukkel om haar kinders te onderhou, is ‘n geskenk van winter klere en skoene wat vir ‘n spesifieke doel is,   `n aanvaarbare offergawe aan Yahuwah, die oomblik dat die behoefte van sy aardse kinders vervul is, is Sy eie behoeftes in hulle vervul.

mother and daughter embracing in the snowYahuwah se hart is altyd aangedaan waar daar armmoede is. Sy aandag is op die behoeftiges gefokus, wanneer iemand werk om te help met die verligting van die behoeftiges, bedryf met Yahuwah en die geskenk wat gegee is, is ‘n ware offergawe gegee vir Hom.

Wie hom oor ‘n arm mens ontferm gee ‘n lening aan die Yahuwah, en Hy sal hom teen volle vergoed. (Sien Spreuke 19:17.)

‘n Geskenk is anders as ‘n lening. ‘n Geskenk is gegee sonder om iets terug te verwag. ‘n Lening aan die ander hand is geleen vir ‘n tyd lank met die doel om later vir die eienaar terug te gee. Dit is onmoontlik om te veel te gee aan Yahuwah. Hy is die bron van vrygewigheid. Offerande wat vir die armes en behoeftiges gegee word, word deur Yahuwah as `n lening beskou. Hy sal seker maak dat die een wat gee nooit te kort kom nie, maar Hy sal meer as gewillig teruggee, dit wat gegee was om ‘n ander te help. Yahuwah hou ook rekening van kos en gasvryheid wat gegee is vir sy heiliges, en dat die gawe ten volle beloon sal word. “Wie vriendelik is, word geseën, omdat hy sy brood aan die arme gee.” (Spreuke 22:9, OV)

“Moet nie vergeet om vreemdeling in te nooi nie; daarby het julle soms al engele onbewustelik onthaal.”2 Hierdie woorde het niks van sy krag verloor nie. Ons Hemelse Vader plaas nog steeds geleenthede vir seëninge in die weg van sy kinders en die wat die geleentheid vind, kry groot vreugde. “En as jou siel uitgaan na die hongeriges, en die neergeboë siel versadig; dan sal jou lig opgaan in die duisternis en jou donkerheid wees soos die middag. En . . .[Yahuwah] sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in die dor plekke en jou gebeente sterk maak; en jy sal wees soos `n tuin wat goed besproei is en soos na fontein van waters waarvan die waters nooit teleurstel nie.”3

In ons moderne wêreld is dit maklik om ‘n beperking te plaas op wat die beginsels van “tiendes en offergawes” is. Dis maklik om te dink dat as dit nie geld is nie dan kan dit nie getel word as tiendes of offergawes nie. Dit is nie in harmonie met die Skrifte nie.

Die vroeë Israeliete was landbouer-gemeenskappe: die mense was die meeste van die tyd landbouers, beesboere en skaapherders. Tiendes kon in diere of bottels olie, bossies graingroente, sakke graan of trommels meel gegee word. Offergawes kon enige iets wees wat jy begeeer om vir Yahuwah te gee.

‘n Vrou wat goed was met naaldwerk, kon borduur werk op ‘n stuk lap doen of iets weef  op haar weefstoel. Wanneer haar familie na die tabernakel vir die Tabernakelfees gereis het, mag haar man sakke graan as ‘n tiende van sy plaas opbrengs bring maar sy kan ook ‘n persoonlike offergawe skenk: `n  liefdegawe aan Yahuwah vir sy seëning deur die jaar voorsien.

Almal kan nie elke jaar Jerusalem toe gaan vir die fees nie, daar was vergunning vir hulle gemaak wat ook al die rede, hulle nie die reis kon meemaak nie. ‘n Tweede tiende was gespaar vir die doel om arm mense te huisves in jou eie huis vir die jaarliks se fees. Yahuwah gee om vir die arme, die siekes en die bejaardes, Hy het voorsiening gemaak sodat almal kon deel uitmaak van die die seëning van die fees.

Die wat te arm was om die uitgawe te bekostig om na Jerusalem te reis kon nog steeds die seëninge van ‘n oorvloedige oes en die geestelike fees deur aanvaarding van die mense wat meer gehad het geniet. Dis waarom die totale Hebreeuse  ekonomie  gebaseer was op die sisteem van vrygewigheid en om die armes en die wat behoeftig was te help. Sulke geskenke alhoewel nie geld nie, was oorweeg as offergawe en dit was aanvaarbaar by Yahuwah as geskenke gegee aan Hom.

Wie vir ‘n arme gee, sal nie gebrek ly; maar hy wat sy oë toemaak word swaar vervloek. (Spreuke 28: 27)

Tiendes

Anders as offergawes, is tiendes nie ‘n geskenk aan Yahuwah nie. Tiendes behoort alreeds aan Hom! In teendeel alles behoort aan die Skepper. Alles behoort aan Hom omdat Hy alles gemaak het!

Keer terug na My, dan sal Ek terugkom na julle toe, sê . . .[Yahuwah] van  die leerskare.

Maar julle vra: “Waarin moet ons dan terugkeer?” Mag `n mens . . . Yahuwah beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe. (Maleagi 3: 7-8)

Yahuwah laat ons genadiglik toe om 9/10 van alles te gebruik wat Hy vir ons gee. Sy enigste versoek is dat ons 1/10 aan Hom moet teruggee. Terwyl offerandes enige geskenk mag wees in liefde aan Yahuwah, is tiende eksklusief vir die uitbreiding van Sy Woord in die wêreld.

Dit kan direk gedoen word om Sy dienaars met kos, geld of enige iets wat hulle gaan help om Sy woord te versprei. Tiendes kan op verskillende maniere gegee word. Enige uitgawe wat help om die woord te versprei word beskou as ‘n tiende. Dit sluit in die koop van Bybels en enige ander Geestelike materiaal wat gedeel word met ander.

girl working on the computerDie wat nie hulle eie drukkers het nie, kan hulle Tiendes terug gee deur Bybelse artikels af te haal by die internet kafees en dan kopië daarvan maak. Dit kan dan uitgedeel word aan ander mense. Die World Last Chance (WLC) stoor het ook ‘n seleksie van Truth Sharing Tools wat kan gebruik word om die waarheid te verspei. Die boodskap van verlossing kan grootliks versprei word as almal hulle tiendes  direk aan die werk sit om die boodskap van verlossing uit te brei.

Yahuwah het belowe om almal te seen wie sy Tiendes aan Hom terug gee.

Bring die hele tiende na die skathuis sodat daar spys in My huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê . . . [Yahuwah] van die leërskare of Ek vier julle nie die vensters van die hemel oopmaak en op julle `n oorvloedige seën sal uitstort nie.

 

Maar Ek sal die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrengs van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie, sê . . . [Yahuwah] van die leërskare.

 

En al die nasies sal julle gelukkig prys, omdat julle die land van welbehae sal wees, sê. . .[Yahuwah van die leërskare. (Maleági 3: 10-12, OV)

Yahuwah het ‘n bonatuurlike seëning belowe aan almal wie onselfsugtig sy tiendes en offergawe terug te gee aan Hom. Niemand moet voel dat hulle tiendes nie sal tel nie of dat hulle offergawe te klein is om ‘n verskil te maak nie. Dit is Yah wie die groei verskaf. (1 Korintiërs 3: 6 – 7) Ongeag die werk wat ‘n mens doen, of die bedrag van die tiende en offergawe wat hy terug gee, Yahuwah kyk na die hart, en die begeerte van die skenker, Hy voorsien die vermeerdering daarvan.

‘n Klein geskenk, wat met ‘n rein hart van liefde gegee is en in nederigheid sal ‘n groter beloning ontvang anders as duisend dollar wat gegee word met `n motief, selfsugtigheid en trots.

Yahushua wou hê dat almal dít moet verstaan. Eendag was Hy in die Tempel met sy dissipels, Hy het rondgekyk hoe die rykes hulle geld in die offergawe kis sien gooi. Hy sien toe ook ‘n arm weduwee wie twee klein muntstukkies daar ingooi, en

Hy sê: “Dit verseker Ek julle: hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander. Hulle het almal iets uit hulle oorvloed in die offergawekis gegooi, maar sy het in haar gebrek alles ingegooi wat sy gehad het om van te lewe.” (Lukas 21: 1-4)

Die ryk mense het baie geld gegee, hulle het nog baie geld oor gehad. Die arme weduwee het net twee muntstukke gehad om te gee. Nietemin het sy meer as almal gegee omdat “sy haar lewensonderhoud gegee het.” Die klein bedrag geld wat sy gehad het om haar aan die lewe te hou vir die dag het sy gegee.

elderly woman smilingGevolglik sal haar beloning baie groter wees as die ryk mense wat baie geld in die offergawekis gesit het. Eendag in die hemel sal die Verlosser vir haar wys wat die uitslae sal wees van haar onselfsigtigheid: sendelinge en dokters was gestuur na alle dele van die wêreld, hospitale was gebou, skole en weeshuise was onderhou. Dit wat begin het as ‘n stroompie met twee muntstukke het gegroei tot dit ‘n magtige oseaan van welwillenheid en vrygewigheid, alles geïnspireer en moontlik gemaak deur ‘n voorbeeld van onselfsugtigheid. Hoe groot sal haar beloning wees!

Wat is in jou hand? Wat is in jou vermoë om terug te gee aan . . .[ Yahuwah?] Die bedrag van die tiendes maak nie ‘n verskil nie. Al wat tel is dat liefde die geskenk aanmoedig. Al wat tel is die begeerte om saam met Yahuwah die waarheid van sy woord te versprei.

Nie eens die kleinste geskenk sal misluk om ‘n oorvloedige beloning te besorg nie.  Diegene wat alles gee wat hulle het aan die Here Almagtige sal `n groot hemelse beloning ontvang.
 


1 Naam was verander om privaatheid te beskerm.

2 Hebreërs 13: 2.

3 Sien Jesaja 58