Print

Gebed | Die Asem van die Siel

“Gebed is die blootlegging van die hart aan YAH soos aan `n vriend.
Nie dat dit nodig is om aan YAH bekend te maak wat ons is nie,
maar sodat ons bemagtig word om Hom te ontvang.
Gebed bring YAH nie af na ons nie,
maar bring ons op na Hom.”

(Ellen G White, Skrede na Christus, bl. 94, YAH se Name voorsien)

egskeidings

“ `n Onlangse deskundige studie, in 2012 deur Fox Nuus gepubliseer , beweer dat die hoof oorsaak vir egskeidings die leemte van kommunikasie tussen egpare is. Huweliksberaders verstaan dat sonder kommunikasie , is daar geen empatie, En sonder empatie is daar geen simpatie, en eindelik, geen liefde nie. Dieselfde geld vir ons verhouding met die Hemelse Vader. `n  Hegte, intieme verhouding met Hom vereis ook kommunikasie. Soos `n inspirerende skrywer dit stel: “Gebed is die asem van die siel. Dit is die geheim van geestelike sterkte. Geen ander genade middel”  kan vervang en die  welstand van die van die siel bewaar word nie. Gebed bring die hart in onmiddelike teenwoordigheid met die Fontein-oorsprong van die lewe, en versterk  die senuwees en spiere van die geestelike ondervinding.”1

Yahuwah* is al-wetend en al-wys. Hy het nie nodig dat Sy aards-kinders tot Hom moet bid nie. Die Een wie beloof het , “En voordat hulle roep, sal Ek antwoord, terwyl hulle nog spreek, verhoor Ek.”  (Jesaja 65:24) het nie nodig om enigiets vertel te word nie! Hy is alwetend. Hy weet alles! Daar is niks wat jy Yahuwah kan vertel wat Hy nie alreeds weet nie. Dit is die doel van gebed.

Die  belang van gebed is nie te vinde in die oordrag van inligting uit jou hart na die ore van Yahuwah nie. Gebed is belangrik omdat dit is wat ons nodig het. Yahuwah het ons alreeds lief.  Maar ons gevoel van nabyheid aan Yahuwah, ons vertroue in Sy beloftes, ons geloof in Sy liefde, is alles ineengeskakel vir die behoud van ons deel van `n hegte verhouding met Hom.

emosioneel gesonde ouer het “`n Normale, emosioneel gesonde ouer het sy/haar kind lief. Die baba, wat te kort skiet aan meer volwasse begrip, voel nie outomaties vir die ouer dieselfde diepte van emosie wat die ouer vir die kind voel nie. Hierdie emosie ontwikkel mettertyd in die hart van die kind. Soos die kind se behoefte aan voedsel, `n skoon doek , slaap en gemak verskaf word in antwoord op sy gehuil, word vertroue gevorm dat Mammie en Pappie altyd daar sal wees om in sy behoefte te voorsien. Soos hy groei, verdiep die vertroue in sy ouers in dankbaarheid namate die liefderyke aandag van die ouers erken word. Dankbaarheid wakker dan liefde aan.”

As `n liefdevolle, goddelike ouer, verstaan Yahuwah die proses in die groeiende ouer kind verhouding. In hul reis na die Beloofde Land, was die Kinders van Israel dikwels in moeilike, selfs gevaarlike situasies gebring. Oneindige Wysheid, ewige Liefde, het hierdie verskeie omstandighede toegelaat sodat die harte van die mense na Hom moet terugkeer. Dit was Yahuwah se plan dat, soos hulle in benoudhede gebring word waarvan hulle geen uitkoms het nie, hulle na Hom sou roep om hulp dan sal Hy verlossing voorsien. Dit het Hy herhaaldelik gedoen, vanaf die verdeling van die waters van die see, tot om troebel water te suiwer, deur 40 jaar van manna en water in `n droë en woestyn land  te voorsien. Nes die volk herhaaldelik verlossing ondervind het in antwoord op gebed, het hul geloof, hul dankbaarheid en liefde gegroei.

Dieselfde is vandag waar. Yahuwah is intiem bekend met die besonderhede van jou lewe. Hy ken jou geheime stryd en Hy het die einste middele noodsaaklik berei om jou te voorsien met sterkte, waagmoed, wysheid – wat jy ookal nodig het. Maar dit is nodig dat jy dit in woorde van gebed sit. 

Was daar nie wonderwerke deur Christus en Sy apostels gedoen nie. Dieselfde geliefde Verlosser lewe vandag nog, en Hy is net so gewillig om na die gebede van geloof te luister soos toe Hy sigbaar tussen die mensdom gewandel het. Die natuurlike werk met die bonatuurlike saam. Dit is die deel van Yahuwah se plan om aan ons, in antwoord op gebed van geloof te gee, dit wat Hy nie sou skenk as ons nie gevra het nie.2

Daarom, deur ons sorge voor die goddelike troon te lê, het ons voortdurende versekering van Sy groot liefde soos ons getuies is van beantwoorde gebed.

Deur natuur en openbaring, deur Sy voorsienigheid en deur die invloed van Sy Heilige Gees, spreek Yahuwah met ons. Maar die is nie genoeg nie; ons het ook nodig om ons harte aan Hom uit te stort. Vir ons om geestelike lewe en energie te hê, moet ons eintlik [interaktiewe kommunikasie] met ons Hemelse Vader hê. Ons verlange mag na Hom uitgestrek wees; ons mag oor Sy werke Sy genade , Sy seëninge mediteer, maar dit is nie in die volle sin van die woord,  kommunikasie met Hom nie. Om met Yahuwah te kommunikeer, moet ons iets hê om aan Hom te sê aangaande ons eintlike lewe.

Gebed is die blootlegging van die hart aan Yahuwah soos aan `n vriend.  Nie dat dit nodig is om aan Yahuwah bekend te maak wat ons is nie, maar om ons te bemagtig om Hom te ontvang. Gebed bring nie Yahuwah af na ons nie, maar bring ons op na Hom.3

Die Hemel wag verlangend om ryke seeninge op die kinders van die mens uit te stort. Maar wanneer ons die troon van genade vir geestelike genade nader is dit belangrik dat ons dit in geloof vra.

En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van Yahuwah bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel is soos`n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Want dié mens moenie dink dat hy iets van Yahuwah sal ontvang nie – so `n dubbelhartige man onbestendig in al sy weë. ( Jakobus 1:5-7.)

Gebed is so `n belangrike element tot `n lewensbelangrike, gesonde geestelike lewe dat dit eintlik een van die onderwerpe was wat gestudeer was in die profete skole. `n Goeie metode vir effektiewe gebed is om die afkorting van EBDS te volg.

ERKEN

Die eerste belangrike element van enige gebed is om Yahuwah se majesteit , mag , goddelikheid , en Sy liefde vir ons te erken.  Soos ons , ons dankbaarheid in woorde omsit en erkenning gee aan Sy sterkte en genade, word ons gelei om Hom net meer te VEREER, en sodoende die Bybel se ingewing te volg: “Gee sterke aan Elohim!”  (Psalm 68:35)  Die handeling van erkenning en verering vermeerder ons vertroue in Sy onbeperkte sowel as Sy oneindige liefde.”

BELEI

ConfessionBeleidenis sit jou, die smekeling, in besonderse verhouding met die Al-magtige. Daar is geen plek vir hoogmoed wanneer die Almagtige genader word nie. “Al ons werke, ons talente waarin menslike hoogmoed behae in skep, word as niks gesien, wanneer,  ons in ootmoed voor die ewige troon kniel, en ons sondes belei.

Daar is sekere voorwaardes waarop ons kan verwag dat Yahuwah ons sal aanhoor en ons gebede sal beantwoord. Een van die eerstes hiervan is dat ons ons behoefte voel vir hulp van Hom af.   .  .  . Die hart moet oop wees vir die invloed van die Gees, anders kan Yahuwah se seëninge nie ontvang word nie.

Ons groot behoefte is in homself  `n argument en pleit met welsprekendheid om ons onthalwe. Maar Yahuwah moet na gesoek word om hierdie dinge vir ons te doen. Hy sê, “Bid en vir jou sal gegee word.” En  “Hy wat selfs Sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie? “  (Matthéüs 7:7 ; Romeine 8;32.)

As ons sonde in ons hart koester , as ons sou kleef aan enige wetende sonde, sal Yahuwah ons nie verhoor nie; maar die gebed van die bekeerde, ootmoedige siel word altyd aanvaar. Wanneer alle bekende verkeerde dade reggestel is, kan ons glo dat Yahuwah ons pleidooie sal beantwoord. Ons eie verdienste sal ons nooit in die guns van Yahuwah bring nie; dit is die waardigheid van Yahushua wat ons sal red, Sy bloed wat ons sal reinig; nogtans het ons `n werk om te doen om in te val by die voorwaardes vir aanvaarding.4          

DANKSEGGING

This Day With GodMet die weelde van Hemelse rykdom uitgestort om sondaars te red, hul weg te vergemaklik deur die vallei van trane, moet almal hart en stem verenig in lofliedere en dankseggings aan Yahuwah. Die erkenning van seeninge ontvang inspireer ons  met dankbaarheid, liefde en grotergeloof in ons liefdevolle Hemelse Vader om in ons behoeftes te voorsien soos Hy beloof het.

Sal ons gebede bestaan uit versoeke en ontvangs? Sal ons altyd dink aan om te ontvang en nooit aan die voordele wat ons ontvang nie? Sal ons ontvangers van Sy genade wees en nooit aan Yahuwah sê hoe dankbaar ons is nie, Hom nooit loof vir wat Hy vir ons gedoen het nie? Ons bid glad nie te veel nie, maar ons is te suinig in dankseggings. As die goedertierenheid van Yahuwah meer danksegging en lofliedere laat uitkom, sal ons vér meer krag in gebed ervaar. Ons meer en meer gevul wees in die liefde van Yahuwah en sal meer bestee om Hom te loof. U wat kla dat Yahuwah nie u gebede verhoor nie, verander jou huidige toestand en meng meer lofprysinge met u versoeke. Wanneer u Sy goedertierenheid en genade in ag neem sal u vind dat Hy ag gee op u behoeftes.

Bid, bid ernstig en sonder ophou,  maar moenie vergeet om te prys nie. Dit is die hoedanigheid van elke kind van Yahuwah om Sy karakter te verdedig. Jy kan Yahuwah groot maak; jy kan die mag van Sy opheffende genade wys.5

SMEEKBEDES

Dit is net na die erkenning van die seëninge van jou Skepper, beleidenis van jou onwaardigheid en om dank aan Hom te betuig vir Sy ongebonde goedertierenheid en genade, dat dit passend is om versoeke te rig. Die vorige erkenning, beleidenis, en dankbetuigings dien tot die inspirasie vir groter geloof wat noodsaaklik is vir wanneer vir nog groter gawes gevra word.

Die boek van die Hebreërs verduidelik: “En sonder geloof is dit onmoontlik om Yahuwah te behaag; want hy wat tot Yahuwah gaan, moet glo dat Hy is en `n beloner is van die wat Hom soek.”  (Hebreërs 11:6) Of, soos Yahushua gesê het: “ Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.”  ( Markus 11:24)

Bring jou behoeftes, jou vreugdes, jou verdriet, jou sorge, en jou vrese na Yahuwah. Jy kan Hom nie belas nie; jy kan Hom nie uitput nie. Hy wat die hare van jou hoof tel is nie onverskillig teenoor die behoeftes van Sy kinders nie. “Dat Yahuwah vol medelye en ontferming is.”  (Jakobus 5:11) Sy liefdevolle hart word aangeroer deur ons verdriet en selfs deur ons uitinge daarvan. Neem alles wat jou verwar na Hom. Niks is te swaar wat Hy nie kan hanteer nie, want Hy hou vas die wêrelde, Hy heers oor al die sake van die heelal. Niks wat in belang van ons ewige vrede is, is te nietig vir Hom om nie op te merk nie. Daar is geen hoofstuk in ons ondervinding te duister vir Hom om te verstaan nie; daar is geen verwarring te moeilik om ontsyfer te word nie. Geen ramp kan die geringste van Sy kinders tref , geen angs die siel verstoor, geen vreugde opvrolik, geen opregte gebed gaan oor die lippe, waarvan ons hemelse Vader nie weet nie, of waarin Hy nie onmiddelike belang neem nie. “Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hul wonde.”  (Psalm 147:3) Die verhouding tussen Yahuwah en elke persoon is so besonders en volmaak asof daar nie nog `n ander persoon op aarde is om Sy sorgsaamheid te deel nie, nie `n ander siel vir wie Hy Sy geliefde Seun gegee het nie.6

Paulus se lesse aan die Thessalonicente is van net soveel belang as toe dit destyds gegee was. Hy het gesê: “Wees altyd deur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van Yahuwah in Yahushua die Gesalfde oor julle. “  (1Thessalonicense 5:16-18) Dit is die positiewe bevel van Yahuwah. Sou dit gevolg word, sal dit die geloof vermeerder en lei tot ewige effektiewer gebede waarin Yahuwah `n behae in het om te antwoord.

GebedYahushua het Sy dissipels aangemoedig om te bid, want hulle gebede was in die Hemel verhoor:

En Ek sê vir julle : Bid en vir julle sal gegee word ; soek en julle sal vind ; klop en vir julle sal oopgemaak word . Want elkeen wat bid , ontvang ; en hy wat soek , vind ; en vir hom wat  klop , sal oopgemaak word. En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra , en hy sal hom `n klip gee ; of ook `n vis , en hy sal hom in plaas van `n vis `n slang gee ; of ook as hy `n eier vra , hom `n skerpioen gee ? As julle dan wat sleg is , weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid ?  (Lukas 11:9-13)

Ons moet nie net bid in Christus se naam nie, maar deur die ingewing van die Heilige Gees.  Dit verduidelik wat bedoel word wanneer gesê word dat die Gees” “maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.”  (Romeine 8 : 26) In sulke gebede skep Yahuwah `n behae in om te antwoord.  Wanneer met erns en intensiteit `n gebed in die naam van Christus geadem word , is daar in daardie einste intensiteit `n belofte van Yahuwah dat Hy op die punt staan om ons gebed te beantwoord. “ver bo alles wat ons bid of dink”  (Efesiërs 3:20)7

Gebed is lewensbelangrik vir `n persoonlike verhouding met die Verlosser. Die hartseerste woorde om ooit te val op die mens se oor, tydens die Wederkoms sal wees:  “Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af .”   (Matthéüs 7:23)  Nou is dit die tyd om die Verlosser te leer ken. Die genadige uitnodiging word steeds uitgereik, wagtend op jou aanvaarding:  “Nader tot Yahuwah, en Hy sal tot julle nader.”  (Jakobus 4:8)

Ontwikkel nou `n lewensbelangrike, vertrouens verhouding met die Vader en die Seun. Die verhoudings wat hier op aarde begin is, sal in die Hemel voortgesit word, daar om hul diepste, waaragtigste emosie te vind. Begin vandag, om met YAH te wandel nes Henog gewandel het.

Our Father Cares

     ______________________

* Alle aanhalings gebruik die Vader en die Seun se regte Name.

1 E.G. White, In Heavenly Places, bl . 83.

2 E.G. White, The Great Controversy, bl. 525.

3 E. G. White, Steps To Christ, bl. 93.

4 Ibidem, bl. 95.

5 E. G. White, Testimonies for the Church,  Vol. 5, bl. 317.

6  E. G. White Steps To Christ,  bl. 101.

7 E. G. White, Christ Object Lessons, bl. 147.