Print

Gebed vir Ander

1 Samuel 12

 

Die Studie van Bemiddelings Gebed 


“Dit is regtig nie `n geleë tyd om die hoof te sien nie. Hy het pas `n boodskap ontvang dat `n skeepsvrag timmerhout wat vandag moes land, vertraag is. As hy op jou skree, moet dit nie persoonlik opneem nie. Hy raas met almal.” Met hierdie onheilspellende woorde, lei die bestuurder die advertensie verkoopsman, Roger Morneau,1  die eienaars se kantoor binne.

“ Kom in en sit gerus,” sê die eienaar sonder om op te kyk. “Ek moet net `n oproep maak voor ons kan praat.”

kwaad man op die selfoonDeur die nommer met teruggegehoude woede in te druk, begin die eienaar te skree op een van sy besigheids bestuurders oor `n kwartaalikse verslag waaroor hy ontevrede is.  Hy vloek soos `n matroos en hoe langer hy praat, hoe kwaaier en onbeskofter raak die mondelingse skeltaal.

Roger was ontsteld. Die vent maak my naar, dink hy. Dit val hom by om vir die” besigheidsman te bid, maar die man was só walglik. Roger wou regtig nie. En, toe die gedagte weer kom, bid hy in stilte, “Vader ek het U hulp nodig. Ek wil regtig nie vir die vent bid nie. Ek sal eerder opstaan en hier uit loop. Ek het hulp nodig! Asseblief help my om hierdie man te sien, nie soos hy nou is nie, maar soos hy deur U genade sal wees.”

`n Gevoel van bejammering vir die man het skielik in Roger se hart ingekruip. En in gebed voortgegaan: “Yahuwah deur die mag van U Heilige Gees, vra ek U om die demoniese magte wat hierdie man  verdruk, bestraf. Asseblief omhels hom met U geestelike atmosfeer van lig en vrede.  Laat U Heilige Gees hom nader en hom na U toe lei.

Toe hy die insident later onthou: het Roger gesê:

Nie eens vyf minute later nie het ek `n verandering in die man bemerk so groot soos dag en nag. Sy gesprek het `n nuwe rigting ingeslaan.   “In plaas om voortdurend te praat en vloekwoorde te skree, het sy stemtoon bedaar en het hy gepraat met wat beskou kan word as intelligente redenasie. Lang rus periodes het die ander persoon kans gegee om die situasie te verduidelik. Die gesprek is afgesluit op wat uitgeloop het op `n gemoedelike noot. .  .  .  Sy streng uitdrukking  .  .  . [het] nou versag.2

Toe hy die telefoon op die mikkie sit, draai die besigheidsman na Roger met `n vriendelike  glimlag terwyl hulle hande skud.

gelukkig here“`n Plesier om jou te ontmoet, Roger. Ek is Dennis. Jammer dat ons op `n dag ontmoet waarop alles so deurmekaar is.” Dan bedink hy hom en skud sy kop. Eintlik moet ek eerlik wees. Dit is nie altyd só ongewoon nie. Ek weet nie waarom nie, maar somtyds voel ek net hierdie onbeheerbare woede van my besit neem. Dit raak net erger en ek kan dit net nie keer nie. Ek voel soms gek.” Deur ergerlik uit te asem, voeg hy by: “As ek my werknemers nie dubbel betaal wat hulle werd is nie, sal ek niemand hê wat vir my sal werk nie.”

Meteens besef hy dat hy opmaak aan `n totale vreemdeling. Ek weet nie waarom ek jou dit vertel nie. Ek is jammer. Dit is nie my bedoeling om al my probleme op jou te laai nie. Laat ons oor advertensies gesels.”

“Moenie bekommerd wees nie, Dennis.” Het Roger gerustellend geglimlag.  “Ek praat nooit uit nie.” “Hoewel kliënte dikwels aan my dinge vertel wat hulle vir geen ander persoon genoem het nie. Vir watter rede ookal, sê hulle dat hulle gemaklik voel met my en verkies om te deel met `n vreemdeling as met iemand wat hulle werklik goed ken.”

Dennis het weer gaan sit, en wys vir Roger om ook so te maak. “Ek moet met jou kliënte saamstem. Ek weet nie werklik hoe om dit te verduidelik nie, maar daar`s  .  .  . daar`s nes asof dié krag met jou is. Ek weet werklik nie hoe om dit in woorde om te sit nie, maar dit is nie van hierdie wêreld nie. Ek het nooit die vrede en kalmte besit wat ek nou ervaar nie.”

Roger voel oorweldigd deur so `n spoedige en opsigtelike antwoord op sy gebed.  “Wel, ek voel ek moet jou vertel dat so gou ek gesien het dat jy moeilikheid oor die foon het, ek vir jou gebid het, dat die Monarg van die melkweg jou met Sy vrede omgewe.”

“Ongelooflik” Dennis het die ander man vir `n wyle fyn dopgehou. Ek het God en godsdiens jare gelede opgegee.  Die ‘Monarg van die melkweg’ wie my omgewe met sy vrede. Ek hou daarvan. Jy het my iets gegee om oor te dink.Moet my nie verkeerd verstaan nie,”het hy haastig bygevoeg. “Ek is nie op die punt om kerk toe te gaan en geestelik of iets soos dit te word nie, maar dink jy dat jy steeds vir my kan bid?  Ek sal dit baie waardeer!”

Met hul besigheid beklink, vergesel Dennis Roger na die voordeur, al geselsende die hele tyd.

Weens `n verplasing en bevordering, was dit twee jaar voor Roger vir Dennis weer gesien het. Tydens daardie tyd, getrou aan sy belofte, het hy voortdurend vir die man gebid. Toe hy eendag weer in die area was, het hy die nuwe area verkoopsverteenwoordiger na die besigheidsman se kantoor vergesel. Dennis was verheug om Roger weer te sien en het hom aan al sy werknemers voorgestel as die man wie sy lewe verander het.

Die verandering was inderdaad verbasend.Hy het gegloei van vreugde, gemoedelikheid en `n positiewe gemoed.  Agter sy lessenaar was `n prent met die woorde: “Gebed verander dinge”       

gelukkig here

Roger se ondervinding is, ongelukkig, net te raar. Dit is nie dat die Hemel traag of onwillig is om gebede te verhoor nie. Die probleem is dat mense so min bid!  Of, as hulle tog bid, word dit in `n halfhartige en vaag-bewoorde manier gedoen. Die Hemel verlang vurig om die behoeftes van elke mense hart te vervul. Maar, elke wapenstryd het “ oorlogs-voorwaardes” en die konflik tussen Yahushua en Satan is nie anders nie.

Storie geneem uit The Incredible Power of Prayer, deur Roger J. Morneau.

Roger Morneau

Storie geneem uit The Incredible Power of Prayer, deur Roger J. Morneau.


Oorlogs-Voorwaardes: Jy Moet Vra!

Ter beskerming van die menseras dat hulle nie deur Satan oorweldig word nie, het Yahuwah sekere reëls neergelê. Een van hierdie reëls is die van direkte betrokkenheid, van beide kante, mag slegs gedoen word deur `n spesifieke versoek. Dit is werklik `n skande dat sataniste en duiwel-aanbidders dikwels meer “geloof” in Satan se bekwaamheid en gewilligheid om hulle versoeke te beantwoord as wat die beleidende volk van Yahuwah het in die Almagtige.       

“Dit is deel van [Yahuwah se] plan om ons te voorsien, in antwoord This Day With God Quotationop gebed van geloof, wat Hy nie sal uitgee sou ons nie daarvoor vra nie.”3 Yahushua het hierdie beginsel verstaan. In Sy bergpredikasie, het Hy almal bemoedig om hul behoeftes aan die Vader voor te lê:

Bid, en vir julle sal gegee word ; soek, en julle sal vind ; klop , en vir julle sal oopgemaak word. Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek , vind; en vir hom wat klop , sal oopgemaak word . Of watter mens is daar onder julle wat , as sy seun hom brood vra, aan hom `n klip sal gee ; en as hy `n vis vra aan hom `n slang sal gee? As julle dan wat sleg is, dan weet hoe om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die Hemele is , goeie dinge gee aan die wat Hom bid!  (Matthéüs 7:7-11, OV)

Yahuwah skep behae daarin om gebede te beantwoord en daar is geen ander gebed waarin Hy meer behae in skep as in die hulp vir die redding van siele wat deur Satan onderdruk word nie. Die gebed, “Here, red ons! Ons vergaan !” sal altyd onmiddelik beantwoord word.

Diegene wiese harte gevul is met die liefde van die Verlosser, deel ook Sy las vir die liefde vir siele van ander. Hulle verlang om hul familie lede, hulle vriende, en hul voormalige mede kerklede te sien die waarheid omhels wat hulle só liefhet.  “Wanneer die eie ek afgesterf word, sal daar `n intense verlange wees vir die redding van andere, - `n verlange wat na volhoudende pogings sal lei om goed te doen. Daar sal langs alle waters gesaai word; en ernstige smeekbedes, dringende gebede, sal die hemel binnegaan om die onthalwe van verloregaande siele.”4 Veral wanneer toenemende waarheid gevolg word, wat lei dat `n persoon hom afsonder van algemeen belyde  geloofs sisteme, sal skeiding opduik in verhoudings. Vriendskappe sal ongemaklik voel; huwelike mag daaronder lei. In sulke omstandighede, is dit beide `n voorreg en en `n plig om te bid vir diegene wie hul rug op die waarheid keer.

Toe Israel rebelleer en aandring op `n koning, het die profeet Samuel geween oor die groot sonde, wetende dat Israel, deur so `n versoek, die heerskappy van Yahuwah verwerp het.

(Sien 1 Samuel 8: 6-7)  Maar selfs in die aangesig van sulke rebellie teen die regering van Yahuwah, het Samuel nie sy rug op Israel gekeer nie. Sy woorde in die tyd van hul afvalligheid is `n basuin signaal aan almal wie geliefdes het wat worstel met verskeie probleme of wie blyk of hulle die waarheid verwerp het: “Ook wat my betref, dit is ver van my dat ek teen Yahuwah sou sondig, dat ek sou ophou om vir julle te bid; maar ek sal julle in die goeie en regte weg onderrig.” (1 Samuel 12:23)              

Dit is waar bemiddelings gebed inkom. Gebede vir ander is van lewensbelang! “Die ganse hemel kyk neer op jou wie aanspraak maak op die heiligste waarhede ooit aan sterflinge gegee, glo. Engele staan afwagtend gereed om met jou te werk en die verlossing van siele.”5

Ons gebede moet nie `n selfsugtige versoek net vir ons eie belang wees nie. Ons moet vra om te kan gee. Die beginsels van Christus se lewe moet die beginsels van ons lewens wees. “En Ek heilig myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.” Het Hy gesê. (Johannes 17:19.) Dieselfde toewyding, dieselfde self-verloëning, dieselfde onderwerping aan die eise van die woord van [Yah], wat in Christus gemanifesteer het, moet in Sy diensknegte gesien word. Ons sending aan die wêreld is nie vir eie gewin nie; ons moet [Yahuwah] verheerlik deur met Hom saam te werk in die verlossing van sondaars. Ons moet gawes van Yah vra om met ander te kommunikeer. Die kapasiteit om te ontvang word bewaar slegs deur te gee. Ons kan nie meer hemelse skatte ontvang sonder dat ons aan diegene rondom ons kommunikeer nie.6

Om met die Hemel saam te werk in die verlossing van siele, moet Yahuwah se volk Sy voorbeeld volg en deelneem aan bemiddelingsgebed vir andere. Weens die beperkinge wat op die Hemel geplaas word deur die voorwaardes van betrokkenheid in die groot stryd tussen goed en kwaad, is dit van lewensbelang dat jy vir diegene bid met wie jy in kontak kom. Die Hemel wil meer doen en wag net vir versoeke vir hulp. Skrifte sê dat Yahuwah  “mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink .”  (Efesiërs 3:20, OV) Yahushua dring aan dat ons moet, “Bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.”  (Johannes 16:24) As die optrede van gebed nie `n belangrike voorvereiste was nie, sou Skrifte nie so dikwels by almal aangedring het om versoeke te rig vir hulleself en vir andere nie.

Elemente Van Effektiewe Bemiddelings Gebed

Effektiewe bemiddelings gebed bevat sekere belangrike elemente:

  1. Her-toewyding van jouself aan Yahuwah.
  2. Roep die naam van Yahuwah aan.
  3. Bid in die naam van Yahushua.
  4. Wees spesifiek.
  5. Moenie tou opgooi nie.

Hernu Jou toewyding

Voordat jy vir iemand anders bid, bely jou eie sondes. Maak seker dat daar niks tussen jou siel en die Verlosser is wat die seëninge wat jy soek sou verhoed nie. Dit is altyd goed om `n gebed Hemelwaarts te stuur. Roger Morneau het nie tyd gehad vir `n lang gebed toe hy luister hoe Dennis uitvaar teenoor sy werknemer nie, tog het Hemel steeds sy gebed verhoor en beantwoord. Nogtans is hertoewyding van jouself aan Yah belangrik, wanneer vir `n spesifieke saak voorlegging gedoen word.

Roep die naam van Yahuwah aan

Skrifte dring herhaaldelik by almal aan “roep sy Naam aan, ” Psalm 105:1 sê: “Loof Yahuwah, “roep sy Naam aan .”  Die handeling om die heilige naam aan te roep terwyl daar dank betuig word, inspireer geloof in die mense-hart om die geestelike belofte te besef. Dit is `n belangrike deel van effektiewe bemiddelings gebed. Soos jy die oppermag, die sterke en die majesteit van die Ewige Een erken, sal jou liefde, dankbaarheid en vertroue net vermeerder. Dit, op sy beurt, sal jou geloof in Yahuwah se mag en Sy gewilligheid om aan jou versoeke te voldoen, versterk. “Die Naam van Yahuwah is `n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut.” (Spreuke 18:10)

Bid in die Naam van Yahushua

Die Seun van die Allerhoogste het jou uitgenooi om jou versoeke in Sy naam voor die ewige troon te bring. “En wat julle ookal in my Naam mag vra, dit sal Ek doen,” (Johannes 14:13, 14, OV) Wat `n  versekering!

Om te bid in die naam van Yahushua beteken meer as om jou gebed af te sluit met, “In die naam van Yahushua, Amen.” Dit beteken om in harmonie met Sy wil en die wil van die Vader te bid. Nes Christus in Getsemané, moet die gebed van almal wees; “Laat nogtans nie my wil nie, maar U wil geskied.” (Lukas 22:42.)

'N Oproep tot Gebed

In die wandeling uit die Bo Vertrek na die tuin van Getsemané waar Hy verraai was, het Yahushua ons bemoedig: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee.” Tot nou toe het julle niks in My Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.” (Johannes 16: 23, 24.) Dit is nie `n waarborg dat die persoon vir wie jy bid die regte weg sal volg en dat die uitkoms sal wees soos jy wil hê nie. Yahuwah sal nooit die mense wil forseer nie. As `n persoon verkies om te volhard in die verwerping van waarheid, gevaarlike gewoontes, of enige ander situasie waaroor jy bid, gee Yahuwah hom of haar die Vryheid van keuse om so te doen. Maar gebed vir `n  persoon of situasie bemagtig Yahuwah om te werk in maniere waarop Hy andersinds nie kon gewerk het nie onder die voorwaardes van oorlogsvoering in die stryd met Satan.

Wees Spesifiek in Gebed

Vrees vir onbeantwoorde gebede lei dikwels dat mense baie vae gebede het. Hulle sal versoeke rig, maar hul versoeke is so wyd gestel, sulke ope-antwoord versoeke en onduidelik dat selfs as Yahuwah hul gebede antwoord, kan geen antwoord gesien word nie! Versoeke aan Yahuwah soos: “Seën asseblief vir suster Chang,” is anders as om Hom te vra: “Voorsien suster Chang met `n werk wat sal toelaat dat sy die Sabbat sal hou.” Die bekende 19de- eeuse Protestantse evangelis en hervormer, Charles Spurgeon, het eens opgemerk: “Daar is `n algemene soort gebed wat misluk as gevolg van `n te kort aan juistheid. Dit is asof `n afdeling soldate almal rond en bont sou vuur met hul wapens. Moontlik sal iemand getref word, maar die meerderheid van die vyand sal gemis word.”7

 Moenie vrees om spesifiek te wees in gebed elke keer as jy vra waarvoor jy `n behoefte het nie.

Moenie bevrees wees om baie spesifiek en nougeset te wees wanneer jy bid nie. Daar is geen gevaar om te vra vir spesifieke dinge as in elke gebed, jy jou wil bring onder die geestelike wil nie, vra dat in alle dinge Sy wil gedoen word.

Maak aanspraak op Yahushua se Verdienste

Wanneer jy vir `n persoon of situasie bid, maak aanspraak op die bloed van Yahushua om jou (as die bemiddelaar) en die persoon vir wie jy bid te bedek. Maak jou Bybel oop by Matthéüs 27 en stel dit voor as die rede waarom die hemel magtig om jou onthalwe moet werk. Dit is slegs deur die deugde van die gestorte bloed van Yahushua op Golgotha dat die gevalle seuns en dogters van Adam voortdurend ontvangers van geestelike genade is. Maak aanspraak op die Verlosser se gestorte bloed vir die vergifnis vir die persoon of mense vir wie jy bid. As `n spesifieke situasie andere betrek, soos dokters, regsgeleerdes, pastore, werknemers, ens. bid ook vir hulle.

Dit is lewensbelangrik om aanspraak te maak op die meriete van die gestorte bloed van Yahushua wanneer ons betrokke raak in bemiddelings gebed. Sonde skei ons van die bron van mag en vrede. Daarom is dit noodsaaklik om vergifnis te vra vir hulle sondes ter versekering dat die weg skoon is vir die verlangde seëninge. Yahushua self het vir diegene gebid wie Hom gekruisig het. (Sien Lukas 23:34.) Ook Stefanus het gebid dat sy moordenaars vergewe moet word. (Sien Handelinge 7: 59-60.)  

Allison Ryder8 was in Payless Shoe Stores op soek na `n paar drafskoene. Skielik was haar aandag afgetrek deur `n vrou wat die winkel instorm en met die volgende eilandjie afvaar, terwyl sy luidrugtig haar tienerdogter uitskel: “Jy sal sekerlik dra wat ek vandag koop! Ek gee nie om wat jy wil hê nie. Ek is in beheer. Dit is my geld en jy sal dit skool toe aantrek!”

Geskok deur so `n woedegloed, tree Allison om die hoek van die eilandjie om te sien wat gebeur. `n Jong meisie, staan daar met hangende skouers, hartseer gelaat, terwyl die skeltaal woed.  Dé!  Jy kan dit aantrek!  Of díe! Hulle sal goed pas.”

“Dis ou vrou skoene,” kap die meisie terug.

“Ek gee nie om as jy nie daarvan hou nie! Ek is die een wat die skoene koop. Dit is my geld en ek sal koop wat ek wil hê jy moet dra en jy sal dit dra!  Met hierdie uitdruklike woorde, het die moeder die eilandjie afgestorm, weg van Allison af, steeds met `n luide geskel teenoor haar dogter en haar vorige “onnosel keuses.”

Gewalg deur díe vertoon van onredelike woede en om die jong meisie nie nog verder te ontstel nie, tree Allison gou terug na haar kant. Haar gedagte keer Hemelwaarts in gebed.  Toe sy die insident later onthou, kon sy daarvan sê:

Eers het ek die Meester versoek om my sondes te vergewe sodat my gebed verhoor kon word. Daarna het ek gebid dat Hy die vrou en die meisie van hul sondes moet vergewe. Ek het Hom gevra om heilige engele te stuur om die demone wat die moeder treiter weg te dryf en aan haar `n kalm, vreedsame gemoed gee.

Teen die tyd dat ek sê, Asseblief, Heer, asseblief, help in hierdie situasie, was alles stil! Die volgende wat ek gehoor het is die moeder, in `n bedaarde, stil stemtoon, sê, “Ek is jammer. Ek`s jammer dat ek so kwaad geraak het. Dit is nie regverdig dat ek my keuse van skoene op jou moet afdwing nie. Wys my wat jy verkies om aan te trek.”

Die ongelooflikste verandering het plaasgevind en dit was byna oombliklik!  Alhoewel dit byna 10 jaar gelede gebeur het, het ek dit nooit vergeet nie. Ek weet dat daar mag in gebed is!

Yahuwah forseer niemand nie. As `n persoon die aantrekking van die Heilige Gees verwerp, kan hy steeds volhou met sy eie weg. Maar, in antwoord op gebed, kan Yahushua die demone verdryf wat die woede voed.

Volhard in Gebed

Baie mense is bekend met Yahushua se woorde in die bergpredikasie, soos hierbo aangehaal, waar Hy gesê het: “Bid, en vir julle sal gegee word; soek en julle sal vind; klop, en vir julle sal opgemaak word.”  (Matthéüs 7:7) Wat die meeste mense nie besef nie, is dat die taalkundige samestelling in die oorspronklike Aramees eintlik vertaal is as: “Bid, en hou aan bid, en vir julle sal gegee word. Soek, en hou aan soek, en julle sal vind. Klop, en hou aan klop, en die deur sal vir julle oopgemaak word.”

Wanneer jy vir iemand bid, raak jy slaags in aktiewe oorlog teen Satan en al sy troepe magte. Paulus waarsku ons uitdruklik: “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede , teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.” (Efesiërs 6:12, OV) Moenie moedeloos raak as vir`n tyd lyk of dinge slegter raak nie. Bose Engele verlaat nie die slagveld sonder `n geweldige aanslag nie.

Dit was die geval vir Mnr. en Mev. Harvey. Hul seun Henry, het met dwelms geëksperimenteer, en as gevolg daarvan, teen 20 jarige ouderdom, hewige brein skade opgedoen. Onbevoeg om vir homself te sorg, het hierdie 32-jarige met sy ouers geleef waar hy in stilte gesit, en vir ure ketting rokery bedryf het. Soms het hy homself só erg selfkasty dat hy erg gekneus was. Wanneer vertel was om hom nie self seer te maak nie, het sy woede net opgevlam. Sy hare het byna op sy lende gehang en hy het geweier om dat enig een dit moet sny. Sy spraak was niks meer as net `n onintelligente brabbeltaal nie.

Mev. Harvey, terwyl sy hartseer was oor haar seun, het sy, sy toestand as hopeloos gesien. Een dag, terwyl sy die voortdurende stryd deel wat sy en haar man moet deurmaak met Henry, het `n kennis voorgestel dat hulle dalk die Vader moet bid om Henry se verstandelike vermoëns te herstel om Yahuwah te verheerlik en die geloof van andere te versterk.

Daar was nie onmiddelike verbetering nie. Maar hulle het met gebed volgehou. Geleidelik, na `n tydperk van verskeie maande, was Mev. Harvey verheug om te sien dat Henry verbetering toon. Sy spraak was duideliker, vir die eerste keer in vele jare het hy sy ma gevra om sy hare te skeer! `n Paar maande later, vertel Henry sy ma dat hy besluit het om op te hou rook. Mevrou Harvey was `n bietjie skepties. Na soveel jare van ketting rokery, het sy nie gedink dat Henry eindelik sal kan ophou nie. Maar tot haar vreugde, het hy nooit weer gerook nie!

Mev. Harvey het blymoedig al die eer aan Yahuwah gegee vir die veranderinge in Henry se lewe. Maar na byna `n jaar, het sy aan haar gebedsmaat erken dat haar geloof in Yahushua  om Henry ten volle te genees, begin wyfel het. Ten spyte van al die veranderinge vir beterskap, was sy verstandelike vermoëns steeds erg benadeel. Die vriend het haar  bemoedig om aan te hou bid, met Jakobus 1:6, 7 in gedagte:  “Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos `n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Want dié mens moenie dink dat hy iets van Yahuwah sal ontvang nie.”

Laat een aand, net `n week en `n half later, bel Mev. Harvey haar vriend. Sy het só hard gehuil dat sy beswaarlik kon praat. Henry het uitgebars in `n geweldadige woedebui, deur meubels deur vensters te gooi en sy ouers te dreig. Mev. Harvey was veplig om die sheriff in te roep om Henry na `n hospitaal vir geestelik gestremdes te neem. “Ek haat om dit te erken,” het Mev. Harvey gehuil, “maar ek het alle geloof in die mag van gebed verloor. Ek gaan nie meer voort om [Yahuwah] langer met my behoeftes te pla nie.”

Moet in die geloof

Nee, moenie nou opgee nie! Het haar vriend uitgeroep. “Ek gaan nou nog harder as ooit bid. Satan probeer om jou te ontmoedig. Hy probeer om jou te laat ophou bid. Neem dit as bemoediging om harder as ooit te bid want Satan val só aan wanneer die magte van lig seëvier!”

 `n Paar dae later, skrik Henry in die hospitaal wakker, genees. Toetse het gewys dat hy verstandelik wel was. Nadat hy `n paar dae langer vir ondersoek aangehou was, vertel die dokters Mnr. En Mev. Harvey om hul veranderde seun te kom haal. Hy was gesond in liggaam en verstand.

Daar is geen gevaar dat [Yahuwah] die gebede van Sy volk sal vernalatig nie. Die gevaar is dat in versoeking en beproewing hulle ontmoedig sal word, en nie sal volhou in gebed nie.”9

Dit was `n grafiese illustrasie van `n les toe die kinders van Israel met die Amalekiete geveg het.

Steps to Christ“En Moses het aan Joshua gesê: Kies vir jou manne en trek uit, veg teen Amalek. Môre sal ek op die top van die heuwel staan met die staf van Elohim in my hand.” (Exodus 17:9) Terwyl Joshua die magte van Israel teen die vyand aangevoer het, het Moses op `n naby-geleë heuwel gestaan, met sy hande opwaarts uitgestrek in gebed. Tog, kan niemand vir ure met sy hande uitgestrek so staan nie. Toe Moses se arms moeg raak en hy hulle laat sak het, het `n opmerksame gevolgtrekking op die slagveld plaasgevind: “En telkens as Moses sy hand ophou was Israel die sterkste; maar as hy sy hand laat sak was Amalek die sterkste.” (Exodus 17:11)

Aaron en Hur, wie saammet Moses die heuwel uit is, het spoedig tot die hulp van Moses en die hele Israel gekom:

“Maar die hande van Moses het swaar geword; daarom het hulle `n klip geneem en dit onder hom neergelê , dat hy daarop kon sit. En Aaron en Hur het sy hande ondersteun, die een duskant en die ander anderkant. So het sy hande dan vas gebly tot sononder.

En Joshua het Ámalek en sy volk met die skerpte van die swaard `n nederlaag toegebring. (Exodus 17:12, 13)

Dit is `n belangrike les om te onthou. Moenie nalaat om vol te hou in gebed nie. Jy weet nie watter beskuldigings Satan in die geheim maak, nes hy met Job gedoen het nie. Soms word gebed jare of maande daarna beantwoord. Yahuwah se behoefte vir jou is om sy belofte beet te neem en om nie te laat los nie. Maak Jakob se gebed joune: “Ek sal U nie laat gaan nie tensy dat U my seën.” (Sien Genesis 32: 24-28.)

Die oorlede Josephine Cunnington Edwards, evangelis en bekroonde skrywer, het vir jare vir die bekering van haar broer Bill, gebid. Hul ouers het in hul grafte neergedaal gebedvol dat hulle seun tot bekering moet kom, maar het nooit gesien dat sy hart versag het nie. Bill se vrou, Mary het ook vir sy bekering gebid.

Een oggend terwyl Bill in die sitkamer besig is om die oggendblad te lees, het Mary hom`n vreemde geluid hoor maak. Toe sy die vertrek in hardloop, sien sy hoe trane oor haar man se gesig rol.

Bill!    Wat`s fout?    Wat  het  gebeur?”  Het  Mary  dringend  gevra.

Ag, Mary!  Ek het nou net [die Meester Yahushua] gesien. Hy het sonder meer by die deur ingestap!  Ag Mary, as jy Hom tog maar net kon gesien het!  Die uitdrukking op Sy gelaat was só vol liefde.  Woorde kan dit nie beskryf nie!

“En Hy het met my gepraat!  Hy het aan my gesê, ‘Bill, jou ouers het gesterf terwyl hulle vir jou bid en bekommerd was dat hulle jou nooit in die Koninkryk sal sien nie.  Ek wil hulle verras in die Opstandings Dag.  Wil jy nie maar jou hart vir My gee nie?   Kom laat ons saam vir hulle wag.’

Ag, liefling! As jy ooit net Sy gesig kon sien, sal jy nooit weer enigiets doen om Hom ooit teleur te stel nie. Daar is soveel liefde!  Ek wil my hart aan Hom gee en gereed wees met Sy wederkoms!”

Die Apostel Paulus het die gevaar om te gou op te gee goed verstaan. Hy het daarop aangedring: Werp dan julle vrymoedigheid wat `n groot beloning het, nie weg nie. Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van Elohim gedoen het, die belofte te verkry.”  (Hebreërs 10: 35, 36)

[Yahuwah] sê, “Roep My aan in die dag van benoudheid.” Psalm 50: 15. Hy nooi ons uit om ons moeilikhede en behoeftes aan Hom te voor te lê, so ook met ons behoefte van geestelike steun. Hy nooi ons om vinnig in gebed oor te gaan. So gou beproewinge opduik, moet ons onse opregte, ernstige versoeke aan Hom stuur. Deur ons dringende gebede gee ons bewyse van ons sterk vertroue in [Elohim].Die besef van ons behoefte lei daartoe dat ons ernstig bid, en ons Hemelse Vader word genoop deur ons smekinge.10

`n Plig en `n Voorreg

Dit is beide `n plig en `n voorreg om met Yahushua saam te werk in die verlossing van siele deur vir hulle te bid. Skrifte is vol beloftes waarop jy kan aanspraak maak vir die onthalwe van andere, soos: “En as die Gees van Hom wat Yahushua uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur Sy Gees wat in julle woon.”  (Romeine 8: 11) Wanneer vir andere gebid word, vra dat vir die persoon vir wie jy bid terug gebring word tot waar Adam was voordat hy gesondig het. Her-skepping van hart en verstand is die hele ideaal van die verlossingsplan.

Moenie mismoedig voel wanneer dit lyk of geliefdes verhard is teen die waarheid nie. Yahushua het sy dissipels geleer “dat `n mens gedurig moet bid en nie moedeloos moet word nie.”  (Lukas 18: 1)

Hy wat na Hom kom met `n ootmoedige hart sal nooit verwerp word nie. Nie een opregte gebed gaan verlore nie. Onder die lofliedere van die hemelse koor, hoor [Yahuwah] die pleitredes van die swakste mens. Ons stort ons hart in ons binnekamers uit, ons adem `n gebed uit in die weg waar ons wandel, en ons woorde bereik die troon van die Monarg van die heelal. Hulle mag ongehoord wees aan die mense oor, maar hulle kan nie in stilte uitgedoof word nie, nog minder kan dit verlore gaan tussen die besige aktiwiteite wat plaasvind. Niks kan die siel se verlange uitdoof nie. Dit styg uit bo die straat rumoer, bó die verwarring van die menigtes, na die hemelse howe. Dit is Yahuwah met wie ons in gesprek is, en ons gebede word verhoor.11

Die Hemel werk saam met diegene wie arbei vir die verlossing van andere. “Die kinders van [Yahuwah] word nie alleen en weerloos gelaat nie. Gebede beweeg die arm van die Almagtige.12 Die gebed van geloof, eenvoudig, vertrouend, reguit en spesifiek, wat aanspraak maak op die verdienste van die bloed van Yahushua, sal beantwoord word.

[Die Vader] is op baie manier besig om jou hartlike vertroue te win.  Daar is niks waarin Hy meer behae in skep as om jou laste oor te neem, kom na Hom toe vir lig en sterkte, en Hy het belowe dat jy rus vir jou siel sal ontvang. As jy hart en stem sal vind om te bid, sal Hy verseker `n oor vind om te hoor, en `n arm sal uitgesteek word om jou te red. Daar is [`n El] wat gebede aanhoor, en wanneer al ons gebede misluk, is Hy ons skuiling, `n baie groot steun in benoudhede . . . . 13

Alle Hemel is op soek na jou ...

Sluit vandag by die Hemel aan. Bring jou sorge, jou geliefdes voor die gebed-verhorende Almagtige. Die ganse Hemel is besig om met hulle saam te werk wie erfgename van verlossing in die redding van siele is.


Verwante Inhoud:


1 Uit  The Incredible Power of Prayer deur Roger Morneau.

2Ibidem., bladsye 70-71.

3 E. G. White, The Great Controversy, bl. 525.

4 E. G. White, Gospel Workers, bl. 470.

5 E. G. White, Selected Messages, Deel 2, bl. 136.

6 E. G. White, Christ Object Lessons bl. 142.

7 C. H. Spurgeon, Sermons, bl. 21.

 8 Naam is verander.

9 E. G. White, Christ Object Lessons, bl. 175.

10Ibidem bl. 172.

11Ibidem bl. 174.

12Ibidem bl. 172.

13 E. G.White, This Day With God, bl. 184.