Print

Hemelse Genesing | Natuurlike Geneesmiddels

1.  Hoe om die Hemelse Genesing te Verkry

 Om die Konsep van Genesing te Verstaan, Moet Ons In Die Eerste Plek Weet:

 Waarom Raak Ons Siek?

 Die grootste oorsaak van menslike lyding is onkunde in die onderwerp van hoe om ons liggamme te behandel. Siekte is `n poging van die natuur om die sisteem te bevry van toestande wat die resultate is van die oortreding van die wette van gesondheid.

Wat Beteken Dit ?

  1. Baie mense is nie bekend met hoe om op die beste manier sorg te neem van hul liggaamstempel nie.
  2. Dat die simptome van siektes (pyn, koors, inflamasie, ens.) is die natuur se pogings om beter te word.
  3. Dat siektes veroorsaak word weens die oortreding van Yahuwah se wette.

Hoe Kan Simptome Van Siektes Ons Liggame se Pogings Vir Genesing Wees?

Siekte is `n negatiewe toestand wat nie onderdruk of   “genees”, moet word nie, maar `n self-verdedigings meganisme van die liggaam in `n poging om homself te herstel. Pyn is die liggaam se wyse om jou te vertel dat iets verkeerd is. Elke akkute siekte is `n poging van die natuur om die liggaam te suiwer en te heel. Wanneer dit vir `n tyd lank onderdruk word, kan dit ernstiger word.

Hoe Kan Siektes die Resultaat Wees Van die Oortreding Van Yahuwah se Wette?

bomeMedisyne stel voor dat die slagoffers van siektes is, deur `n skadelike organisme aangeval of vervloek  is met swak gene. In werklikheid, is siektes baie dikwels onafhanklik van onbeheerbare faktore. Ongemak is dikwels die resultate van ons eie keuses. Siekte veroorsakende organismes is aasvreters. Bakterië, virusse, of parasitiese infeksies is nie die primêre oorsaak van van siektes nie maar wel die resultaat daarvan. Selfs die uitvinder van die kiem-teorie, Pasteur, het laat in sy lewe die ware verbintenis van kieme tot siekte begin verstaan, toe hy verklaar het dat: “Die kiem niks is nie, die grond [die toestand van dieliggaam] is alles,” wat beteken dat wanneer die liggaam goed-gevoed en skoon is, is dit minder geneig om geaffekteer te wees deur  siekte-veroorsakende agente.

“Daar is geen spesifieke siekte nie net spesifieke siekte toestande.” -- Florence Nightingale

Yahuwah het fisiese wette met Sy eie vinger geskryf op elke senuwee, elke spier, en elke orgaan wat aan ons toevertrou is. In Sy wysheid , het Hy hierdie natuurlike wette vir die behoorlike moderasie van alle aspekte van ons lewens ingestel, insluitende ons aptyt, passies, en kleredrag.En wat  die gelukkige  toestand  van Sy seëninge van oorvloed gesondheid seëninge bewerkstellig  is gehoorsaamheid aan elke partikel van Sy wette.

Yahuwah het sy skepsele lief met `n liefde wat sterk en teer is. Hy het die wette van die natuur ingestel ; maar Sy wet is nie arbitrêre maatreëls nie. Elke “Jy mag nie,” of dit nou fisiese of morele wet is, bevat `n belofte. Wanneer gehoorsaam sal  seëninge ons  volg, en wanneer vergeet sal ons die gevolge dra. Die oortreding van die fisiese wet is die oortreding van Yahuwah se wet. Nes sonde die resultate van die morele wet is, so is siekte die oortreding van die fisiese wet.

Yahuwah word baie oneerbiedig behandel op die wyse waarop ons ons liggamme behandel, en Hy sal nie `n wonderwerk laat gebeur om die perverse oortreding van die wette van gesondheid, teen te werk nie. Yahuwah het dit as deel van Sy plan gemaak dat ons oes  in verhouding met ons saai sal wees. (Galasiërs 6:7)

Siekte is maar net `n tekort aan normale gesondheid. `n Noukerige onderhouding van die wette wat Yahuwah in ons wese ingeplant het, sal gesondheid oplewer, en dan sal  daar nie `n ongesteldheid wees nie. Yahuwah, die Skepper van ons liggame, wie elke sel, senuwee, en spier, gerangskik het, het Homself daartoe verbind om hierdie masjinerie in aktiewe gesondheid te hou as ons Sy wette gehoorsaam en met Hom saamwerk. “As jy getrou na die stem van die Yahuwah jou Eloah luister, en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê . . . want Ek is Yahuwah wat jou gesond maak.”  (Eksodus 15:26) Wanneer ons besef dat ongesteldheid die oorsaak van die oortreding van Yahuwah se fisiese wette is, sal `n deel van die genesing gevind word in die identifisering van die oorsaak (oortreding). Deur hierdie oorsaak te verwyder is ons op die weg na herstel.

Wat Kan Ek Doen As Ek Siek Is?

“. . . en die regsaak van hom wat ek nie geken het nie, het ek ondersoek.” ---Job 29:16

In gevalle van siektes moet die oorsaak opgespoor word. Ongesonde toestande moet verander word, en verkeerde gewoontes reggestel word. Dan, moet die natuur bygestaan word om onsuiwerhede uit te skei en om die regte toestande in die gestel her-in te stel.

 Verduidelik Asseblief Bogenoemde

siekteAs die misbruik van gesondheid so ver geneem is dat siekte daaruit spruit, kan ons dikwels doen wat niemand anders vir onsself kan doen nie:

Dan ook, soms laat Yahuwah ons toe om ons te bring tot `n punt van siekte of na `n plek waar ons ten minste besef dat ons swak en feilbaar is, sodat ons na Hom moet draai vir krag en wysheid.

“Alhoewel gesondheid nie alles is nie, maak niks saak, sonder gesondheid nie.”  --Royden Brown

Hoe Kan Ek Hemelse Genesing Bekom?

“Hy het Sy woord uitgestuur dat Hy hulle kan gesond maak.” – Psalm 107:20

Yahuwah verlang dat die mens met die goddelike moet saam werk. Wat menslikheid kan doen word goddelikheid nie aangevra om te doen nie. Yahuwah skaf nie menslike hulp af nie, maar bemagtig ons om saammet Hom te werk. “Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, op sigself dood.” (Jakobus 2:17).

Daar is baie maniere om die helende kunste te bedryf, maar daar is net een manier wat die Hemel goedkeer. Yahuwah se geneesmiddels is die eenvoudige elemente van die natuur wat nie die sisteem sal belas of verswak deur hul sterk karaktertrekke nie. Hierdie geneesmiddels is binne bereik van almal, met maar min onkoste.

 Wanneer jy jou deel sal doen, kan  jy op Yahuwah vertrou dat Hy sy deel sal doen. Dit is `n veilige voorstel dat nadat jy alles gedoen het wat in jou vermoë is om te doen om die oosaak van die siekte te ondersoek en dit opsy te sit, en dit gevind word dat die oorsaak eintlik bo menslike pogings is om verwyder te word. Dan, as die enigste doel is om jou genesing tot die verheerliking van Yahuwah is en die onderhouding van die gebooie van Yahuwah, kan jy met algehele vertroue en volle versekering van geloof Yahuwah vra om jou te genees. Steeds, moet jy wanneer jy jou pleidooie met erns rig, moet jy bid, “nogtans nie my wil nie, maar U wil geskied.”  (Lukas 22:42). Jy weet nie of die seëninge waarna jy verlang tot jou voordeel sal wees of nie. Jou gebed moet dit insluit: Vader, as dit om U heerlikheid is dat my gesondheid herstel word, vra ek in die naam van Yahushua. As dit nie U wil is nie, skenk my U genade om te vertroos en U teenwoordigheid om my te ondersteun.”

Agt Gewoontes tot Beter Gesondheid

“Die perd word reggemaak vir die dag van die geveg, maar die oorwinning is van Yahuwah.”—Spreuke 21:31

Wat is die Enigste Metode om Genesing te Verkry Wat Die Hemel se Goedkering Wegdra?

As `n dokter wie jy vertrou jou aanraai om beter welstand te verky jy net agt verskillende medikasies per dag moet inneem. En dit dan verniet aan jou verskaf, sal jy dit dan nie ten minste uit probeer nie. Die waarskynlikheid is dat jy sal. Vandag bied die Grootste Genees Heer in die heelal hierdie geneesmiddele aan jou.  Sal jy Sy aanbod aanvaar?

Yahuwah gebruik dikwels die eenvoudigste geneesmiddele om die grootste resultate te verkry. Goliat, die reus was verslaan deur `n klein klippie. Die mag het nie gekom van die klippie nie, maar van Dawid se geloof en gehoorsaamheid aan Yahuwah. Naäman, die melaatse was genees deur in die Jordaan rivier te was, want deur te gehoorsaam het hy vertroue en gehoorsaamheid aan Yahuwah uitgeleef. “[Yahushua] . . . gister en vandag dieselfde tot in alle ewigheid,” die enigste ware Geneesheer, bied jou vandag soortgelyke geneesmiddels aan om siektes te voorkom en om Sy genesing te verkry. (Hebreërs 13:8).

Yahuwah se wyse is beter as ander oplossings wat deur die wêreld voorsien word omdat Sy geneesmiddels die wortel van die kwaad genees en  nie net die simptome nie; hulle is verniet;  werk vir almal, en hul newe-effekte is wat ons verlang (meer energie, beter uithouvermoë, skerper geheue, helderder verstand, dieper slaap, jeugdiger-lykende vel en perfekte gewigs-beheer).

Wat Is Die Hemelse Agt Geneesmiddele?

2. DIE SON VITAMINE

sonlig“Verder, soet is die lig, en goed is dit vir die oë om die son te aanskou.” – Prediker 11:8.

Het u al ooit stil gestaan en gewonder hoe die lewe sou gewees het sonder sonlig? --Nie `n blaar of vrug sou gegroei het nie, nog sou daar bloeisels wees. Die lewe van elke wese is meer en meer perfek hoe meer die skepsel die invloed van die lig geniet. Laat `n plant of `n dier van lig ontneem word, nieteenstaande alle voeding, sorg, en bemesting, sal dit in die eerste plek sy kleur verloor, dan sy krag, en dan heeltemal verrot.

Yahuwah het die mens gemaak om meerendeels in die buitelig te wees waar die liggaam volop sonskyn kan kry. Inderwaarheid was die mens in die tuin geplaas sodat die son op sy hele liggaam moet skyn.Wanneer die ultraviolet B lig van die son op die vel se klein olie kliere (sterols) skyn word die inhoud daarvan(ergosterols) geirrideer en omgesit in vitamiene  D3 waar die bloedselle dan hierdie vitamien vervoer na die res van die liggaam. Vitamien D is uniek omdat dit die enigste vitamien is wat die mens op sigself vervaardig (basies `n hormoon maak). Alles omtrent die sonlig se D vitamiene gesondheids-effekte is nog nie bekend nie, maar dit is duidelik dat die vitamien `n voedingstof is wat bevoeg is vir baie dinge:

Hoe Kan Ek die Voordele van Sonlig Geniet Sonder die Risiko van Vroeë Vel Veroudering of Vel Kanker?

berge - sonligBegin met `n 10-15 minute ontbloting van die gesig, arms en bene, of die siek area van die liggaam daagliks onder direkte sonlig (nie agter `n venster nie). Verleng dit tot 20-30 minute daagliks. Voorkom sonbrand. Moenie son blok of son brand olie gebruik nie, daar is bewys dat hulle kanker veroorsakend is. Om die risiko van velkanker te verhoed, elimineer alle diervette en verhitte groente olies (dit sluit byna alle kommersiële olies in). Eet jou vette soos hulle gevind word in die natuurlike vorm (rou neute, rou sade, avokado, olywe, graan ens.). Eet baie groente en vrugte wat ryk is aan anti-oksidante wat jou vel sal beskerm.

Hoe Vinnig Sal die Liggaam Vitamine D Absorbeer Wat op die Vel Vervaardig is?

Wanneer jou vel blootgestel is aan ultraviolet B bestraling van die son omskep dit die cholesterol afkomstig in jou vel na vitamine D3. Maar, hierdie vitamien wat op die oppervlak van die vel gevorm word, dring nie die bloedstroom onmiddelik binne nie. Dit moet eintlik deur die oppervlak van die vel geabsorbeer word tot in die bloedstroom.Dit neem tot soveel as agt en veertig ure voordat jy die meerderheid van die vitamine D geabsorbeer het. Dit is waarom jy ideealsgewys vir twee dae jou liggaam sonder seep moet was na blootstelling aan die son as jy al die vitamine D wil laat absorbeer deur jou liggaam.

3. SIEKTE OORWELDIGER

Onse liggaam se belangrikste voedings benodigtheid is suurstof. Mense mag vir ses weke sonder voedsel leef, `n paar uur sonder water, en maar net `n paar minute sonder lug. Net soos `n vuur in `n herd nie langer kan brand sonder genoeg lug om die nodige aantal suurstof vir die vlamme nie, so kan die vuur van die lewe nie behoue bly sonder oorvloed suurstof in die liggaam nie. Die wyse waarop ons asemhaal, asook die kwaliteit van die lug wat ons inasem, kan in wese aandui hoe ons lyk, voel, siekte teenstaan, en selfs hoe lank ons sal lewe.

Hoekom Is dit Belangrik om Seker te Maak Dat Ek Reg Asemhaal?

Om gesonde bloed te hê, moet ons diep asemhaal. Volle, diep inasemings van skoon lug vul die longe met suurstof; reinig die bloed, en stuur dit - `n lewe-gewende stroom - na elke deel van die liggaam. Goeie respirasie kalmeer die senuwees, stimuleer die eetlus; verbeter vertering; en prikkel rustige, verfrissende slaap. Vlak asemhaling bring `n onvoldoende voorraad van suurstof te weeg en veroorsaak dat die bloed traag beweeg. Die afval, toksiese stowwe, wat uitgeskei behoort te word deur uitasemings deur die longe, word behou en die bloed word onsuiwer. Nie net die longe nie, maar die maag, lewer en die brein word geaffekteer. Die vel word sieklik bleek en vertering word vertraag. Suurstof tekort in die selle is daarvoor bekend dat hulle kanker veroorsaak. Eksperimente het bewys dat kankerselle nie kan lewe in bloed wat goed met suurstof gevul is nie.

Het Die Wyse Waarop Ek Staan Of Sit Enige Effek Op My Asemhaling?

Ja, oefen hoe om regop te sit en te staan – kop opgelig, rug reguit. Die longe kan behoorlik uitsit slegs wanneer `n persoon regop sit en staan anders is die longblassies saamgepers.

Hoe Kan Ek Seker Wees Dat Ek Genoeg Lug Kry?  

Die meeste mense het `n baie vlak asemhaling, wat beteken dat die onderste gedeelte van die longe met ou lug gevul is. Dit is belangrik om daagliks diep asemhalings oefeninge te doen (drie maal per dag is die beste). Neem  `n diep  asem teug totdat die longe ten volle uitgesit het, hou in, asem dan stadig en heeltemal uit, en hou dit, Herhaal dit, sê so, twintig keer. Dit help met sirkulasie en verwyder toksienes uit die gestel.

Een van die beste wyse om diep asemhaling (normale asemhaling) te leer is om plat op jou rug te lê en jou hand op jou maag te plaas. Namate jy diep asemhaal moet jou hand oplig. Oefen dit totdat jou abdominale spiere altyd outomaties styg elke keer wanneer jy asem skep. Dit dui daarop dat die hele long uitswel, met klem op die laer gedeelte van die long en abdominale area.

Wees soveel as moontlik buite. Oefen altyd in die opelug. Dit is belangrik om deeglike ventilasie en volop sonskyn binne in die huis te verseker. Hou deeglike ventilasie in gedagte waar jy ook al is (tuis, werk, skool, ens.). Lug moet konstant in sirkulasie gehou word om vry te wees van gifstowwe.

Asem vars lug in terwyl jy slaap, hou die vensters oop. Selfs in koue winternagte, is dit beter om altyd  die komberse te verdubbel maar maak altyd seker dat daar vrye lugsirkulasie van varslug in die slaapvertrek is. Aereer die slaapvertrekke daagliks met die vensters oop. As jy in `n swak geventileerde vertrek slaap , sal jy koorsig en uitgeput wakker word. Dit is omdat die lewensnoodsaaklike lug uitgesluit was, sodat jou hele liggaam daaronder lei.

Vermy rookmis, tweedehandse rook, insek doders, en reinigingsmiddels. Om jou vel die geleentheid te gee om sonder belemmering asem te skep, trek net natuurlike klere aan (100% katoen, linne,sy, of wol) .Vermy om enigiets op jou vel te sit wat nie eetbaar is nie omdat die liggaam dit geredelik sal absorbeer. Net voordat jy bad, borsel die vel met `n stywe liggaamsborsel totdat dit gloei en warm voel. Borsel hale moet in die rigting van die hart wees, dit sal alle dooie velselle verwyder en die limfstelsel stimuleer.

Wat Daarvan As Ek Siek Is?

Lug moet nie as `n vyand beskou word nie, maar as `n kosbare seëning. Baie dink dat wanneer hulle `n verkoue het, moet die buitelug uitsluit, en die kamer temperatuur verhoog tot dit buitensporig warm is. Die gestel word ontwrig en die sweetgaatjies verstop deur afvalstowwe. Sodat die interne organe min of meer gebuk gaan onder inflamasie, omdat die bloed van die oppervlakte weg verkoel word en op die interne organe herlei word. In hierdie, van alle tye, moet die longe nie ontneem word van skoon, vars lug nie. As vars lug ooit nodig is, is dit wanneer enige deel van die stelsel nes die longe en maag, ongesteld is. Baie gesinne lei onder seer keel, long kwale, en lewer siektes, wat op hulle self gebring word deur hul eie toedoen. Hulle asem dieselfde lug herhaaldelik in, totdat dit gelaai word met toksiese onsuiwerhede. Diegene wie hul gesondheid só misbruik,  sal siek word.

Wat Sal Ek Dan Doen, As Die Lug Te Koud Is?

Trek warm aan maar nie te veel nie. As jy klere moet byvoeg, laat dit min wees, en oefen, sou dit moontlik wees, om die hitte terug te kry wat jy verloor het. As jy onmoontlik kan betrokke raak in enige oefening, verwarm jou self by die verwarmer; verlaag die kamertemperatuur sodra jy jou natuurlike hitte bereik het. As die wat kan in een of ander aktiewe werk besig kan wees, wat hulle gedagtes wegvat van hulleself af, sal hulle in die algemeen vergeet dat hulle die koue voel, en sal hulle nie skade lei nie. Vir siekes met swak longe, kan niks meer slegter wees as oorverhitte atmosfeer nie. Die verhitte neerdrukkende atmosfeer beroof die lewenskrag, benewel die sensitiewe brein, en veroorsaak dat die longe inkrimp en die lewer onaktief raak.

Vir gesonde sirkulasie moet spesiale aandag gegee word aan die arms en bene, dat hulle net so deeglik geklee moet wees as die romp en die liggaam, waar daar die grootste hoeveelheid hitte is. Wanneer die ledemate nie só goed bedek soos die borskas is nie, word bloed na die hoof gedryf, dit mag hoofpyn en neusbloeding veroorsaak, `n gevoel van swarigheid oor die bors, wat gehoes of hartkloppings teweegbring, weens te veel bloed in daardie area, of spysverterings probleme omdat die maag te veel bloed het.

Wat Moet Ek Doen As Ek In Die Stad Bly En Die Lug Onsuiwer Is?

Dit is nie moontlik om die gesondheid te geniet wat Yahuwah jou mee wil seën terwyl jy lug inasem wat besoedel en saamgepers is nie. Jou gesondheid is belangriker as jou woonplek, dit is waarom verhuising na die platteland `n dramatiese maar wyse prioriteit sal wees. Tot dit moontlik is om te trek, vul jou slaapvertrek, huis, en werksplek met groen plante, dit sal help om die lug te filtreer en skoon te hou.

4. VERNALATIGDE BADDENS

“Maak eers die binnekant . . . skoon . . . sodat die buitekant . . . skoon kan wees.” - - Mattheus 23:26

kindgesondheidToksiese afval stowwe bou in die liggaam op wanneer ons nie genoeg water drink nie.Die liggaam van `n pasgeborene bevat 80 % water. Die hoeveelheid water in die weefsel verminder met toename in ouderdom. Meer as 60% van ons liggame bestaan uit water.

Mens kan 81 dae sonder voedsel lewe, maar sal binne 5 dae sterf sonder water. As jy net 5% van die totale hoeveelheid water in jou liggaam verloor, sal jou liggaam begin hallusineer, disoriënteer, en  spiersametrekkings ondervind.  As jy net 15% van jou totale water verloor, is jou lewe in gevaar. `n Verlies van  meer as 15% van jou liggaamsvloeistowwe mag die dood veroorsaak. Nogtans het die liggaam nie `n water bergingstelsel  waarop dit kan steun in tye van nood nie.

Die dele van die liggaam wat die meeste lei onder ontwatering, is die sulkes wat geen direkte vasikulêre sirkulasie het nie, soos die gewrigskraakbeen in die vingers, knieë, en vertebrae (rugwerwels). Kroniese pyn is dikwels `n aanduiding van kroniese ontwatering. Wanneer enige van jou gewrigte begin om pyn te hê wat kom en gaan, mag dit `n teken wees dat jou liggaam erge tekort aan water het. Dikwels word die tekens van water tekort in kraakbeen gewrigte nie erken vir waarop dit dui nie en pynstillers word voorgeskryf.Dit lei dikwels tot die afhanklikheid van verslawende medikasie, en die permanente skade aan kraakbeen skeiding van die gewrigsbene.

Volgens Dr.  Fereydoon Batmanghelidj, kan ontwatering ongemak veroorsaak. “Droë mond is nie die enigste teken van ontwatering nie en om te wag voor jy dors het is verkeerd. Pyn in die liggaam is `n noodroep van die liggaam vir water. Dors moet vermy word.  Wanneer die liggaam nie genoeg water ontvang nie, en jy pyn ervaar, is dit `n teken van ontwatering.”

Dr. Batmanghelidj verduidelik ook dat, “Kroniese pyn van die liggaam wat nie maklik verduidelik kan word as beserings of infeksies nie, moet eerstens en bo alles geinterpreteer word as seine van kroniese water tekorte in die area waar die pyn geregistreer is. Hierdie pyn seine moet in die eerste plek oorweeg en uitgesonder word as primêre aanduidings vir ontwatering van die liggaam voor enige ingewikkelde prosedure op die pasiënt afgedwing word.”

Geneeshere en chiropraktisyns vind dikwels dat swak spier reaksie, in besonder as al die spiere reageer in dieselfde wyse, mag wees weens kleinskaalse ontwatering. Een glas drink water sal hierdie vreemde, algehele liggaams swakheid oorwin.

Hoeveel Water Moet Ek Drink En Hoe Sal Ek Weet Of Ek Genoeg Water Gedrink Het?

waterIn teen stelling met algemene oortuiging, is dors nie `n goeie teken nie.Teen die tyd dat jy dors is, beteken dat jou liggaam alreeds meer as 3% van sy water verloor het. As jou urine `n sterk geel  kleur het, drink jy nie genoeg nie. Na regte moet jou urine byna kleurloos wees. Gereelde water inname regdeur die dag is van belang want wanneer `n groot hoeveelheid water per dag ingeneem is, word dit gewoonlik heeltemal uitgeskei deur die niere in die daaropvolgende ure. Dit is waarom, om jou daaglikse water inname ratio te vervul, is baie water op een tyd nie die oplossing nie. Deur een glas water te drink elke uur of so terwyl jy wakker is, is die beste. Wanneer jy moeg is drink net baie suiwer, koue water wat jou nuwe lewe sal in blaas tydens die lomerige deel van die dag.Jy sal selfs meer as dit moet drink as jy baie sweet of die weer baie warm is. Dit sal jou uithouvermoë  verhoog.  Dra jou water met jou saam en gebruik dit en geen ander vloeistof om jou dors te les nie. `n Goeie skatting van die minimum hoeveelheid water wat mens nodig het is om jou liggaamsgewig in ponde te neem en dan daardie getal deur die helfte daarvan te deel. Dit gee jou die hoeveelheid onse water wat jy per dag sal moet drink.

Wanneer jy opstaan, om jou dag `n hupstoot in die regte rigting te gee, maak `n gewoonte daarvan om twee of vier glasse warm warm suurlemoen water te drink. Druk die sap van `n halwe suurlemoen in elke glas. Suurlemoen water is alkaliserend en ontgiftend.

As jy nie daaglikse opelyf het nie (gewoonlik een na elke maaltyd), moet jy jou waterinname  verhoog (maak ook seker dat jy daaglikse oefening kry en eet baie vrugte,  groente en heel graankosse) .

Wat Is Die Beste Drink Water Bron?

Suiwer fontein water. Die tweede beste keuse is, suiwer put water. As dit nie beskikbaar is nie,  is  water wat deur terugvallende osmosis of gedisteleer is goed. Dit sal goed wees om die totale opgeloste stowwe (TOS) van enige water bron te ondersoek om `n algehele aanduiding van die water se suiwerheid te kry. Moet nooit chloorwater drink nie, dit is `n gifstof vir die liggaam, wat die tiroïed klier en gesonde bakterië wat jou immuun stelsel se eerste verdedigings skild is, vernietig. Die grootste gevaar in gechloorde water is die neweprodukte wanneer chloor reageer met organiese materie in die water. Sommige kundiges glo dat hierdie neweprodukte meer as 10,000 keer giftiger is as die chloor self.

Die Natural Resources Council het `n vier jaarlange studie met oor die honderd gebottelde water handelsmerke uitgevoer. Hierdie navorsing het aan die lig gebring dat soveel as 40% van gebottelde water hul oorsprong het van die stads sisteem, nes kraan water. Een derde van die getoetste handelsmerke het bakterië of ander chemikalieë wat daardie instelling se eie reinheids riglyne oorskry.

Wat Van Baddens? 

stortDit is belangrik om die sweetgaatjies oop en skoon te hou deur daagliks te bad. Die gemiddelde gesonde persoon skei omtrent een kilogram (twee pond) afvalmaterie daagliks deur sy vel uit. Mense wie deelneem aan harde liggaamlike  aktiwiteite skei selfs `n groter hoeveelheid uit. Die vel word beskou as die rolspeler van `n derde nier. Iemand met brandwonde van meer as 50% van die vel se funksie vernietig, het `n laer kans vir oorlewing, en sy niere word ontsettend belas weens die verlies van assisterende uitskeiding deur die vel.

Of nou in gesondheid, of siekte, moet daaglikse baddens nie vernalatig word nie. `n Verontagsaming van netheid sal siektes te weeg bring. Die magdom sweetgaatjies, waardeur die liggaam asem skep, word verstop en gevul met afval materie. Die vel het sorgvuldige reiniging nodig, sodat die sweetgaatjies hul werk om die liggaam van onsuiwerhede te bevry, kan doen. Self swak persone wie siek is het die voordele en seëninge van daaglikse bad nodig. Respirasie is vryeliker en makliker wanneer gebad word. Daardeur word die spiere soepeler, en die verstand en die liggaam word in dieselfde wyse versterk, die denke verhelder, en elke fakulteit word lewenskragtiger. Dit verbeter algemene uitwaseming, versnel die sirkulasie, oorkom versteuring in die sisteem, en bevoordeel die niere en urinêre organe.

`n Bad help die ingewande, maag , en die lewer, en gee energie en nuwe lewe aan elkeen. Dit bevorder ook vertering, en instede dat die stelsel verswak, word dit versterk.

Instede daarvan om die vatbaarheid vir verkoue te verhoog, sal `n behoorlike bad, daarteen versterk, omdat die sirkulasie verbeter is, en die urinêre organe, wat min of meer oorlaai is , word verligting gegee, want die bloed word na die oppervlak gebring , en `n makliker en geredeliker bloed vloei deur al die are word verkry. Dit is better om jou bad of stort met ten minste `n 30 sekondes van koue water te eindig. Deur met `n koue stort te eindig, versterk die liggaam, maar met `n warm stort word verswak dit.

Moet Ek Hydroterapie (Water Behandeling) Gebruik Wanneer Ek Siek Is?  Hoe Effektief Is Die Gebruik Daarvan? 

Natuurlike geneesmiddels met hidroterapie gekombineer is effektiewer in die herstel van gesondheid as al die verdowings medikasie in die wêreld. Die gebruik van water is een van die oudste geneesmiddels. So vroeg as 400 V.C, het Hippocrates, wie deur hedendaagse mediese wetenskaplikes as die “Vader van Geneeskunde” beskou word, die siekes met warm en koue water behandel.

Waar daar ookal siekte is, is daar versteurings in die sirkulasie. Hierdie versteurings kan reggestel word deur die gebruik van water. Warm water is onspannend en koue water stimuleer. Te same funksioneer hulle as `n pomp om die bloedsomloop te reguleer. Wanneer behoorlik gedoen, kan hidroterapie die sirkulasie met 400% verhoog. Die rooi en wit bloedselle in die eksterne sirkulasie kan toeneem met 20-30 en 200-300% onderskeidelik.

Boonop is dit deur die vel dat hidroterapie sy magtige fisiologiese aksies kan produseer, en die vel is intiem verbind met elke orgaan in die liggaam via die senu en die sirkulerende stelsel. Deur die vel temperatuur te verander met warm en koue toepassings , sal senuwee  sensasies spesifieke sisteme en organe stimuleer of verdoof.

Neem `n warm stort vir 3-5 minute onmiddelik gevolg deur `n koue stort vir 30sekondes. Doen dit vyf keer en eindig altyd met `n koue. Probeer dit daagliks vir `n maand. Elke behandeling sal uitbrei en voortbou op die vorige een. In kritieke gevalle kan hidroterapie twee keer per dag gedoen word op die aangetaste liggaamsdele. Jy kan ook `n stoombad tuis neem.  Deur te sit op `n klein stoeltjie, bedek met `n kombers, vanaf die nek tot by die voete. Laat iemand `n skottel met gekookte water tussen jou voete sit en vervang die water met nog warm water namate dit afkoel. Bly in die posisie vir twintig minute; eindig met `n koue stort vir 1-2 minute.

5. RAAK JONGER

Sal jy nie daarvan hou dat die dokter in een van jou medikasies iets voorskryf wat jou:

Perfekte gesondheid het `n perfekte sirkulasie nodig. Hoe meer ons oefen hoe beter sal ons sirkulasie wees. Dit is nie genoeg om ons liggamme te voed nie, ons het oefening nodig om te verseker dat die voedingstowwe in die bloed die selle behoorlik bereik. Die mens was gewoond om handearbeid te doen om te lewe. Die moderne lewe het 90% van die beweging en oefening wat ons liggamme só nodig het vir optimale funksionering uitgeskakel.

“Toe het Yahuwah die mens geneem en om in die tuin van Eden gesit om dit te bewerk en te bewaak.” –Genesis 2:15

jong paartjieOns sittende lewensstyl het gelei tot kroniese suurstof te kort omdat die vlakke van suurstof absorbsie vasgestel word deur die vlakke van liggaamlike oefening. Ons organe, spiere, brein en senuwees word nou geforseer om te worstel met hul taak ten spyte van `n kroniese ondervoorsiende van dié mees belangrike voedingselement. Die gevolge van die nuut gemeganiseerde lewenswyse, met besoedeling is opvallend: liggaamlike en verstandelike agteruitgang en `n groeiende hoeveelheid in intensiteit van afbrekende siektes. Veelvuldige navorsing stel voor dat liggaamlike oefening die magtigste beskermer teen vroegtydige neerslagtigheid, dood, en verlies van funksionele onafhanklikheid.

“Baie van die dinge wat ons bio-aanduiders van veroudering noem moet eintlik bio-aanduiders van onaktiwiteit wees.”  -- Williams Evans Ph. D., The Human Nutrition Research Center on Aging

Watter Soort Oefening Moet Ek Doen?  

As jy nie gewoond is aan fisiese inspanning nie, is flinke stap die minimum. Begin `n program van wandeling van só ver dit gemaklik is, en verleng dit geleidelik na 5 myl per dag. Buitemuurse takies,  in enige bruikbare aktiwiteit , is `n uitstekende bron van oefening. Jy sal die meeste baat vind wanneer jy deelneem in `n kombinasie van vier basiese tipes aktiwiteite: aerobiese oefeninge, versterkings oefeninge, beweeglikheid en balans. Hou in gedagte dat driftige, veeleisende aerobiese aktiwiteite voordeliger is as maklike, lae intensiewe aktiwiteite. Versterkings oefeninge moet vrye gewigte en liggaams-gewig oefeninge beklemtoon. Beweeglikheid sal ook strekke beklemtoon wat die vooroor-buig-postuur -neiging teenwerk.

Hoeveel Oefening Moet Ek Doen?

Oefen ten minste 30 minute per dag drie tot ses keer per week. Wanneer gesond, oefen ten minste 30 minute per dag drie tot ses keer `n week. Oefening is belangrik selfs as jy siek is. In hierdie tyd alhoewel dit belangrik is om te rus, maak seker om te wandel, en doen daaglikse asemhalings oefeninge. As jy nie by magte is om te oefen nie, gebruik `n trampolien of kry `n masseuse omdat dit `n vorm van passiewe oefening is. `n Hele reeks van bewegings oefening is voordelig. As oefening gedoen word op `n lustelose wyse, is dit maar net hardewerk, en die voordeel wat daaruit moet spruit word nie verkry nie.

Vir diegene wie `n magdom van fisiese arbeid doen ekwivalent aan aan oefening, is verstandelike oefening van net soveel belang as fisiese oefening vir `n sittende lewenstyl.

GEHEIM TOT LANG LEWE 

langslewendheidTwee duisend, honderd jariges was nagevors – daar was niks wat ingemeen met hulle gevind was nie behalwe selfbeheersing in die hoeveelheid voedsel ingeneem. Navorsing op hierdie honderd jariges het gewys dat, vir die verkryging van lang lewe, was die hoeveelheid voedsel meer krities as die tipe voedsel wat ingeneem was.Die Bybel praat van ware selfbeheersing in alles aangaande die lewe, nie net voedsel nie.

“En elkeen wat aan `n wedstryd deelneem, onthou hom in alles -- hulle nogal om `n verwelklike krans te ontvang, maar ons`n onverwelklike.” --1 Korinthiërs 9:25

Die Bybel leer dat ware selfbeheersing is om sonder elke skadelike item klaar te kom, en om dit wat helend is, oordeelkundig te gebruik. Dit beteken dat `n Yahushauen vry is om dit wat die mees voordeligste is te geniet, maar sal alles totaal en al vermy wat skadelik is.

Of weet julle nie dat die liggaam `n tempel van die Heilige Gees is wat in julle is, wat julle van Yahuwah het, en dat julle nie aan julle self behoort nie.” -- (1 Korinthiërs 6:19)

Die hoofoorsaak van uitputting is slegte dieet, ongereelde maaltye, en `n tekort aan fisiese oefeninge. Boonop ondermyn ongereelde ure van ete en drinke die verstandelike vermoëns. Om goeie gesondheid te hê en suksesvol te wees om `n hoë ideaal van `n Yahuwah-gesindheid te bereik, moet jy in alle dinge selfbeheersing toepas.

Ware selfbeheersing verwys nie net na ete en drinke nie. Dit raak al die aspekte van die lewe; jou werk, jou denke, jou woorde, jou slaap, jou speel, jou sosiale verkeer, ens.  

Wanneer dit by dieet kom, moet niks in die menslike gestel gesit word wat `n verderflike invloed agterlaat nie. “As iemand die tempel van Yahuwah skend, sal Yahuwah hom skend; want die tempel van Yahuwah is heilig, en dit is julle.” (1 Korinthiërs 3:17). Om mens se lewe oombliklik te neem is nie `n groter sonde in die aangesig van die hemel, as om dit stadig maar seker te vernietig nie.

Skadelike stowwe waarvan weggebly moet word is alle stimulante, wat misleidend is omdat hul tydelike versterkende effekte net die liggaam in `n slegter toestand laat. Dit sluit die volgende in:

Selfbeheersing Sluit ook die Vermyding Van dieVolgende Skadelike Stowwe In:

Man en Vrou Pas na die Begin

Ek gee nou aan jou al die plante wat saad gee, wat op die hele

Aarde is, en al die bome waar boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees.

Yahuwah,
Genesis  1:29

Dit is belangrik om te onhou dat ooreet selfs van die gesondste kosse nadelig vir die gesondheid is; wat die liggaam verswak en die verstand benewel. Enige kos wat in oormaat geëet word, raak toksies. Dit is `n vorm van onmatigheid net so seker soos wat rokery is. Om te ooreet het `n nadeliger effek op die stelsel as oorwerk.Baie mense met uitstekende natuurlike vermoëns bereik nie die helfte van wat hulle moet as hulle maar net selfbeheersend in alle dinge was nie. Wees versigtig vir “sneller” voedsel, dít is kosse wat jou van koers af bring. Die algemeenste sneller kosse is suiker/vet kombinasies (bv. room ys, koekies) en vet/sout kombinasies (bv. neute, aartappelskyfies) hulle bevat somtyds gesonde kosse. Dit is belangrik om hierdie kosse te identifiseer en hulle totaal en al te vermy.

Nes ons voorouers Eden verloor het deur hul Aptyt te verloën, is ons enigste hoop om Eden te herwin die veloëning van aptyt en passie.

Die liggaam sal baat deur periodieke reinigings. Dit kan wees om `n maaltyd oor te slaan, te vas op vars uitgepersde sappe, of om net rou kosse te eet. Daar is baie wat sal voordeel trek deur  elke week vir `n dag of twee van kos af weg te bly as deur enige hoeveelheid mediese behandeling of advies. Om een dag van die week te vas, sal vir hulle van onskatbare waarde wees.

Die mens  “. . .het geen medisyne vir die sweer, geen genesing.”—Jeremia 30:13

Verdowingsmiddels, selfs die gebruik  van oor- die- toonbank  medikasie en voorskrif medisyne moet vermy word. Verdowingsmiddels is duursaam, beide in die uitleg van geld en die effek wat dit op die stelsel het. Verdowings middels genees nooit nie, daarenteen plaas hulle sade in die stelsel wat `n bittere oes oplewer. Diegene wie dit `n gewoonte maak om verdowingsmiddele in te neem, sondig teenoor hul intelligensie en stel hul ganse lewe vir die wederkoms in gevaar. Medikasie het meer skade aan hierdie wêreld gebring, deur meer mense dood te maak as om hulle te help. Dwelm terapie kan voorkom word deur `n eenvoudige dieet en lewensstyl veranderinge. Byna enige infeksie kan tot sover ontwikkel dat antibiotika `n wyse besluit is. Maar dit gebeur gewoonlik as die vroeëre tekens van infeksie geïgnoreer word, of as die indiwidu se lewenslus en immuniteit so onderdruk is deur in disharmonie te leef met natuur se wette sodat die liggaam nie meer by magte is om te herstel nie.   

In die April 2008 uitgawe van die Harvard Health Letter, het navorsers verduidelik dat in baie gevalle, die nie-farmakologiese denkwyse net soveel, en nog meer bereik as pille.

In meer onlangse jare, het `n groeiende liggaam van navorsing gewys dat eenvoudige lewensstyl veranderinge soos dieet en oefening effektiewe geneesmiddels is vir baie ongesteldhede. Die volgende is `n kort lys van voorbeelde waaarvan bewys gelewer is as sukses sonder die gebruik van medikasie:

    1. Arthritis
    2. Cholesterol
    3. Geheue Verlies
    4. Depressie
    5. Diabetes
    6. Hoë Bloed Druk
    7. Osteoporosis

      Die besluit om verdowingsmiddels te gebruik of om snykunde te ondergaan is beter as`n opsie as laaste uitweg. Al die prosesse van siekte het hul oorsprong lank voordat verdowingsmiddels en snykunde vereis word. Ons misbruik die liggaam se vermoë deur die ignorering en onderdrukking van simptome.As hierdie stelsels van die begin aangespreek was sou daar geen nodigheid vir verdowingsmiddels gewees het nie, en in die meeste gevalle, operasies nie.

      Yahuwah verwag van almal om selfbeheersd in alle dinge te wees. Wat ook al die liggaam benadeel verminder die liggaams energie, verswak die verstandelike vermoë en morele magte. Elke nadelige toegewing maak dit moeiliker om te kies tussen wat reg en verkeerd is. Tensy ons ware selfbeheersing beoefen, sal ons nie, kan ons nie, vatbaar wees vir die heiligmakende invloed van die waarheid nie.Verkeerdelike eet en drinkgewoontes het verkeerdelike denke en optrede tot gevolg. Tensy ons vry is van die slawerny van elke slegte gewoonte, kan ons nie opregte, gehoorsame diensknegte van Yahushua wees nie.

      Wat Yahuwah ookal vra dat ons moet verloën, Bied Hy iets beters in plek daarvan aan.

      6. DIE SKEPPER SE MENU

      vrugte en groente“Verder het Yahuwah gesê:  Ek gee nou aan julle al die plante wat saad gee, wat op die hele aarde is, en al die bome waar boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees.” --Genesis 1:29. Omgewingsbewustheid is besig om toe te neem  oor die toenemende toksisiteit in ons voedsel en omgewing, sodat om `n suiwere en gesonde dieët te hê meer belangrik is as ooit tevore.

      Yahuwah het ons eerste ouers die voedsel gegee wat Hy ontwerp het dat die ras moes eet. Dit het in Eden gebeur. Die boomvrugte in die tuin is die vrugte wat die menslike liggaam benodig. `n Vrygewige Skepper het aan hulle bewyse gegee van Sy goedertierenheid en liefde deur aan hulle vrugte, groente,  grane en neute te voorsien, en veroorsaak dat `n verskeidenheid bome vir hul gebruik en vir versiering uit die aarde groei. Dit is net ná sonde ingetree het dat die dood bekend geraak het en diere begin het om ander diere te eet en die mens begin het om diere te eet.

      Yahuwah het die mensdom geen toesteming gegee om diere produkte te eet tot ná die vloed nie.Alles was vernietig waarvan die mens geleef het. Yahuwah het Noag toegelaat om van die rein diere te eet wat hy saammet hom in die ark geneem het.  Maar die vleis van diere was nie die gesondste voedsel bron nie.Verder het Yahuwah definitiewe opdragte gegee dat enige vleis wat geeët sou word, moet ingeneem word sonder enige vet of bloed daarin (Levitikus 3:17). Dit was opmerksaam, met die bekendstelling van `n vleis dieet, het die aangetekende lewensduurte van die mens na die vloed drasties verminder. Daaropvolgende generasies na die vloed het vinniger agteruitgegaan. Die gemiddelde ouderdom voor die vloed was 912 jaar, net 350, daarna.

      gesonde dieetToe Yahuwah die Israeliete in die uittog uit Egipte lei na, 400 jaar van slawerny, het Hy aan hulle `n vegan dieët verskaf (Exodus 16:35). Yahuwah kon aan hulle moeiteloos vleis verskaf het instede van manna, maar `n beperking was op hulle geplaas vir hul eie gesondheid. Dit was sy doel om hulle te voorsien met voedsel wat hulle behoeftes beter pas as dit waaraan hulle gewoond was in Egipte. Die perverse aptyt moes opgevoed word om tot `n gesonder toestand, sodat hulle die voedsel mag  geniet wat oorspronklik vir die mensdom voorsien is -- die vrugte van die aarde. Dit was om hierdie rede dat die Israeliete ontneem is, in `n groot mate, van diere as voedsel. Die vleis van diere en melk produkte wat vandag geëet word, verskil van dié wat oorspronklik geëet was. Die diere word nie langer gevoer in hul natuurlike omgewing of die voedsel gegee wat die natuur vir hulle geskep het om te hê nie. Boonop was die wêreld nie so besoedel en toksienes word bioties-opgeneem in die diere. Vandag is diere en hul newe-produkte nie meer veilig vir etes nie.

      Soms eet mense nie meer vleis nie, maar gaan voort om vis te eet met die gedagte dat dit gesonder is. Ongelukkig is hulle in onkunde dat vis hoër vlakke van pessiektes het as vleis. En deur byna enige vis te eet stel jy jou liggaam bloot aan hoë vlakke van kwik wat jou brein, niere en longe kan beskadig. Inderwaarheid waarsku die Food and Drug Administration swanger vroue om sekere tipes vis te vermy omdat hul kwik inhoud die veiligsgrens vir menslike gebruik, vér oorskry.

      “Die voedsel wat jy eet kan of die veiligste en mees magtige vorm van medisyne wees of die stadigste vorm van gif.” -- Ann Wigmore

      Die grootste en mees uitgebreide epidemiologiese navorsing oor voeding wat ooit uitgevoer was, was Die China Navorsing deur Dr. Colin Campbell. Die New York Times beskryf dit as “die Grand Prix van epidemiologie” en sommige in die mediese instelling is dit eens dat nog navorsing soos dit nooit gedoen sal kan word nie. Die kollosale epidemiologiese navorsing bevestig dat `n plant-aardige dieët die beste is vir bevordering van optimale langdurige gesondheid.

      Wanneer ons kyk na die woord van Yahuwah, voorsien die navorsing in die Skepper se plan vir Adam en Eva insig in die lewenswyse wat ons veronderstel was om te leef en die dieët waarvoor ons geskape is. Yahuwah het Adam en Eva in die tuin van Eden gesit en hulle voorsien van `n vegan dieët (Genesis 1:29; 2:8).Hoe verder ons van hierdie dieët en lewenstyl af weggaan, hoe erger sal die gevolge wees.

      “Die drie grootste oorsake van die dood in die hedendaagse sameleweing is -- Koronêre Hartvatsiektes, Kanker, en Beroertes -- wat almal gekoppel word aan wat mense eet en drink.” Dr. B. Hetzel, Hoof van die CSIRO Division van Menslike Voeding en Boustowwe, Professor van Sosiale en Voorkombare Medikasie, Monash Universiteit.

      Volgens die Nasionale Wetenskap Akademie, is sestig persent van alle kankers in vroue en veertig persent van alle kankers in mans as gevolg van hul eetgewoontes en voedings faktore.

      So, Wat Moet Ek Dan Eet? 

      Eet hope groente en vrugte; volgrane; neute en sade; peulgewasse; bone; en erte in so vars `n toestand as moontlik. Kweek die gewoonte om soveel as moontlik groen blaargroentes in te sluit wat `n uitstekende bron van minerale is, en wanneer ook moontlik sluit see groentes in wat `n uistekende bron van spoor elemente is. Die liggaam is soos die grond as dit goed met minerale voorsien is, is kanse skraler vir indringing. Vermy geneties veranderde kosse.

      Deur plaaslik en volgens die seisoen te eet is die ideaal. Die beste vorm van voeding vir jou liggaam is om vars organiese produkte te eet wat direk uit die tuin geneem is. Kommersiële boerdery beroof die grond en is dikwels nie vars teen die tyd dat ons dit eet nie. Om `n tuin te hê is die beste belegging wat jy kan maak vir jou en jou geliefdes se gesondheid. Jy kan dit op die kleinste plot doen, of jy kan selfs `n paar dinge binnenshuis groei. Lees die bestandele van enige pakkie wat jy aankoop, kies die kosse wat die minste prosesse deurgegaan het, met die minste preserveermiddels. Die bestandele-lys moet altyd kort wees. 

      Vermy voedsel wat die volgende bevat:

      Kook in  vlekvrye staal, glas of keramiek. Moenie `n mikrogolf oond of alluminium potte en panne gebruik nie. 

      “Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde.”  --- Jakobus 4:17

      OPDIEN VOORSTELLE

      natuurlike middels - vrugteOntbyt kan bestaan uit: Gekookte heelgraankosse (bruin rys, heel hawer mout, volgraan brood, bokwiet, gars, manna, quinoa, rog, sorghum, amaranth, mieliemeel,ens) ; een of twee soorte vrugte; rou neute, (amandels, brazil neute , pekanneute, pistachios, makadamia, kasjoe, kastaiings,hasel neute,okkerneute, grondboontjies, ens); en / rou sade (sonneblom, pampoen, sesame, hennep, chia en gemaalde vlassaad, ens.).

      slaaiMiddag ete kan bestaan uit: `n Volledige-stysel kos (aartappels, patats, bruin rys, manna,yams, kassawa, mielies, skorsie, volgraan pasta, volgraan brood, ens). Maak seker om `n stewige porsie donker groen blaargroentes by te sit, en ander ligtelik gestoomde groentes (wat ookal seisoenaal is.) Daar is selfs `n wye verskeidenheid bone en peulgewasse wat jy kan insluit.

      Berei `n groot slaaidis voor- dit moet ten minste die helfte van die bord vul en moet die grootste dis op die tafel wees. Die slaai kan bestaan uit gekerfde kool, kropslaai, seldery, gerasperde wortel, komkommer, radys, groenpepper, tamaties, uie, ens. Suurlemoensap, avokado, neute en saadbotters, olyf olie, en/ of kruie na smaak kan bygevoeg word in die slaaisous. Hoe kleurvoller die groente, hoe beter: die kleur kom van chemikalieë bekend as antioksidante wat magtige vrye radikale reinigingsmiddele is.

      natuurlike middelsEet die kosse wat maklik verteer eerste. (bv. slaaie) , en eindig met die meer vaste kosse, want die eerste ding wat geëet word is die eerste ding wat verteer word.

      As `n derde maal steeds verlang word, moet dit die ligste maal vir die dag wees en kan dit bestaan uit vars uitgeparste groente sap, groen vrugte smoothie of sommige vrugte met volgraan roosterbrood.

      Wanneer die brein voortdurend ooreis word, en daar te min liggaamlike oefeninge gedoen word, moet selfs eenvoudige kosse spaarsamig geëet word. `n Vrugte dieet vir breinwerkers wat vir `n paar dae gevolg word bring groot verligting vir hulle.

      Maar Waar Sal Ek My Proteïene Vandaan Kry?

      Daar word algemeen ooreengestem dat volwassenes een gram proteïen per kilogram liggaamsgewig nodig het. American Journal of Clinical Nutrition sê dat ons meer as twee en `n halwe persent van ons daaglikse kalorieë van proteïene benodig. Dit is feitlik onmoontlik om in `n vegan dieet te mis as jy `n gebalanseerde dieet met genoeg kalorieë volg. “Laat ek klem beklemtoon, dit is moeilik om `n redelik eksperimentele dieet te ontwerp wat `n aktiewe volwassene voorsien met genoegsame kalorieë wat te kort skiet aan proteïene.” Dr. Scharffenberg.

      Die China Navorsing waarvan vroeër genoem was, bevestig dat plantproteïene inname nou verbind word met groter lengte en liggaams gewig nes met diere proteïene inname.

      Boonop, inteenstelling met gewilde dogma, is daar verskeie vegetariese bronne van algehele proteïen, soos kekerertjies, wit bone, aartappels, bokwiet, amarinth, quinoa, rou spinasie, hennep sade, en sommige seegrasse, en kruie. Bykommend hierby word proteïene in hul rou vorm twee maal effektiewer benut as dit gekook is.  

      Waar Kan Ek My Kalsuim Vandaan Kry?

      Van die bron waar koeie hul kalsuim vandaan kry --plante. Hierdie donkergroen blaargroentes brokkoli, bone, vye, sonneblomsade, sesame sade, en amandels. Interesssant dat wanneer jy `n plantgebasseerde dieet volg het jou liggaam minder kalsuim nodig as op `n dier-gebaseerde dieet. Dink net van waar die olifant of die hippo hul kalsuim vandaan kry wat nodig is om hulle enorme bene te bou. Om `n heerlike melkvervanger te maak kan jy een deel geswelde neute (amandels of kasjoes) of sade (sesamesade) met vier dele water meng. Jy kan dit versoet deur `n paar dele dadels of soet vrugte by te voeg met die vermenging.  

      Is Dit Veilig Vir Kinders Om Op `n Heel-Voedsel  Plant-Gebasseerde Dieet Groot Te Word ?

      Nie net is dit veilig nie, maar ook oorvloediglik gesond. Sommige basiese kennis in vegetariese voeding is noodsaaklik om te verseker dat kinders die aangewese gebalanseerde voedingselemente ontvang. In hul boek, The Vegetarian Way, stel Verginia Messina, MPH, RD en Mark Messina, Phd dit duidelik dat dit nie moeilik is om in die voedingsbehoeftes van vegetariese kinders te voorsien solank as hulle genoegsame kalorieë inneem met `n verskeidenheid van voedselsoorte nie.

      Gee die kinders hul maaltye soveel as moontlik tuis indien moontlik, want daar is `n wêreldse verskil tussen iets wat kommersieël vervaardig is as iets wat tuis met liefde voorberei is. Kinders wat saammet hul gesinne eet, sal oor die algemeen `n groter verskeidenheid eet en meer voedingryke  maaltye hê.

      HOE KAN EK MY EET GEWOONTES VERANDER?

      die eet van gesondeOmdat sommige mense nog nie die eindelose verskeidenheid van groente, vrugte, grane, neute, sade en peulgewasse wat beskikbaar is, probeer het nie, mag hulle wegskram van die idee om  hul dieët tot net plantaardige kosse aan  te pas. Wat kan makliker wees; deur te verander wat jy in jou mond sit of `n lewe wat verpes word deur uitgeputheid, pyn, en `n uitmergelende (selfs lewensgevaarlike) siekte? Met hierdie persepsie in gedagte, is enige smaaksenuwee dissipline die moeite werd.

      Diegene wie vryelik vleis, lekkers, ryk gegeurde kosse, en ander geproseseerde verfynde voedsels geëet het, kan nie onmiddelik `n eenvoudig voorbereide, heilsame, en voedingryke dieet geniet nie. Hul smaak is só bederf dat hulle geen eetlus het vir `n heilsame-voedsel plant-gebasseerde dieet nie.

      Voedsel moet gekies word wat die beste sal voorsien in die elemente wat nodig is vir die opbou van die liggaam. In hierdie keuse is die eetlus en gewoonte van die gemeenskap nie `n veilige riglyn nie.

      Dit mag tyd neem vir jou om eenvoudige heilsame kosse smaaklik te vind maar uithouvermoë en vasberade selfverloëning in ete en drinke sal spoedig resultate lewer in die eet daarvan met groter genot as wat die lekkerbek sy ryk disse geniet. Hierdie paradoks staan vas dat hoe eenvoudiger en natuurliker jou dieet is, hoe genotvoller sal jou ondervinding wees van dit wat jy eet. As jy verlang om jou dieet te verander maar nie kan nie, sal jy vind dat om te vas baie behulpsamer in die hervorming van jou smaakkliere, deur jou maag sy nodige rus te gee en rêrige honger te ondervind wat versadig kan word deur `n heilsame dieët.

      In alle gevalle, voed die gewete op, span die wil in, voorsien in goeie, heilsame voedsel, en die verandering sal geredelik aanvaar word, en die verlange na vleis sal gou verdwyn.

      “`n Versadigde siel vertrap die heuningstroop, maar vir `n hongerige siel is alles wat bitter is, soet.” --- Spreuke 27:7

      Slaan die remme aan, hou jou eetlus onder streng beheer, en laat jouself dan in die hande van Yahuwah. Onthou om nie versoeking in die huis te bring nie. Wanneer moontlik, hou alle dier produkte en gemorskos buite die huis. “Maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.” (Romeine 13:14) Ten minste tydelik, maar nie permanent nie, verminder jul verkeer met vriende en familie wat ongesonde eetlus voorstaan. “Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg.” (Spreuke 13:20). As jy weet dat `n sosiale gebeurtenis jou in versoeking sal lei, moenie daarheen gaan nie totdat die veranderinge in jou dieët `n welgesetelde gewoonte is. Baie kosse kan net só `n sterk verslawing hê as verdowingsmiddels. Die skanse van self-beheersing en self-verloëning moet nie vir `n enkele oomblik verswak of afgebreek word nie.

      Hou die maaltye eenvoudig. Maak dit `n gesinspoging deur hulle daarby te betrek. Om te begin, kan baie gunsteling disse verander word in gesondheids-gewende disse, en dít kan dikwels geëet vrugteword. Disse moet só voorberei word dat dit die aptyt wek, en aanloklik wees met aanskoue daarvan. As  jou gesin nie vegan is nie, moenie twee maaltye kook nie, bedien vleis of melkprodukte aan die kante van die disse as by-kosse. Laat die kinders deelneem aan elke fase van voedsel voorbereiding  van tuin maak tot kruideniersware, tot die eintlike sny van groente en die aanmaak van deug, tot bak en brou, gee aan hulle take vir hul ouderdoms klas.

      Bied aan en bemoedig hulle om die kos te berei en hulle sal meer gewillig wees om die voedsel te eet. En terwyl julle in die kombuis is verduidelik die voordele waarom die gesins se dieët `n verandering ondergaan.

      As jy misluk om te beplan, beplan jy om te misluk!

      “. . . . Elke dag het genoeg van sy eie kwaad.”  (Mattheus 6: 34).Bly weg van die dramatiese gedagtes dat jy dit vir goed sal doen, dink net aan vandag, na `n tyd sal jy verbaas wees van hoeveel dae jy net “een dag op `n slag” suksesvol was. Beplan jou maaltye en inkopielys vir drie of vier dae of selfs `n week vooruit. Hierdie bietjie ekstra beplanning spaar tyd en energie. Kook vir verskeie dae. Verdubbel die resepte en vries die helfte van die hoeveelheid (bone, sop, pasteie, en tamatie souse is uitstekend vir bevriesing.) Maak soveel vooraf voorbereiding as moonlik sodat wanneer jy teen ander tye moet kook is dit net die versameling van disse reeds berei. Maak die voedsel altyd maklik bereikbaar; laat vooraf gesnyde vrugte en groente gereed vir ete in die yskas. Laat vrugte in oorvloed op die kombuis tafel gesit word. Hou jou kombuis goed ingerig met gesonde, heerlike voedsel opsies.

      gesonde dieetWanneer jy oorslaan van `n stimulerende vleis dieet na `n plant-gebasseerde dieet, mag jy `n sensasie van swakheid ervaar en `n te kort aan lewenskrag. Lae-kwaliteit voedsel en  drankies wat vleis, kaffeïene, suikers, speserye, en te veel sout bevat bevat,  neig om meer stimulerend te wees as hoër-kwaliteit kosse. Gevolglik, weens die ontrekking van hierdie stimulerende kosse skep die hart `n  traer rustende hartfase vir die hart wat in die brein registreer as `n afname in energie. Maak maar net seker om genoeg water te drink, kry genoeg rus en raak ontslae van alle leë kalorieë (bv. etes/drankies wat witsuiker bevat, kommersiële olies, witbroodmeel, witrys) en sluit hope voedingsryke voedsel in soos groen blaar groentes; groente en vrugte; rou neute en sade. En gouer as wat jy dink sal jy better voel as wat jy ooit voorheen gevoel het.

      En ten slotte, as jy sou voel dat jy te besig is om `n goeie ontbyt of gesonde maaltye voor te berei, wy jou daaraan toe om hierdie eenvoudige verandering vir net `n paar minute elke dag te implimenteer. Sit twee dele vars vrugte en een deel vars groen blaar groente in jou menger en verpulp tot `n smoothie. Hierdie groen smoothie is `n uitstekende manier om die mees voedsame groen blaar groentes in te smokkel vir hulle wie nie daarvan hou om sulke tipe slaaie te kou nie. Spinasie is `n goeie keuse om mee te begin, omdat dit nie alte lekker smaak nie, maar eksperimenteer net sowel met ander groen blaar groentes ook. Drink dit binne twintig minute om die meeste voordeel daaruit te kry. Hierdie groen smoothie is uitstekend om uitputting te oorkom, om imminiteit op te bou, sodat jy minder vatbaar is vir siektes, illimineer voedsel drange, gewigs verlies, en bevredig die punteneurigste eter.

      DIE KUNS VAN EET

      Om te eet is noodsaaklik, maar om intelligent te eet is `n kunsvorm. As dit nie nóg belangriker is nie, net só belangrik as wat ons eet, is hoe en wanneer om te eet. Die volgende is die baiese beginsels van gesonde etery.

      Kou Meer

      gesonde eetgewoontesDie spreek woord lui dat jy moet jou drank kou en jou voedsel drink. Die voordeel wat verkry word van voedsel lê nie soseer in die kwantiteit wat geëet word nie, as in die deeglike vertering daarvan. Boonop, die bevrediging van smaak steun nie op die hoeveelheid kos wat gesluk word, as op die lengte van tyd wat dit in die mond vertoef nie. Vertering begin in die mond; deeglike kouery laat die verterings ensieme in die speeksel toe om deeglik te meng met die voedsel, `n essensiële eerste stap na optimale vertering.

      Diegene wie wens om slegte spysvertering of opgeblasenheid te voorkom, en diegene wie hul verpligting besef om al hul magte te wy in `n toestand wat die beste diens vir Yahuwah kan lewer, sal goed doen as hulle onthou wanneer tyd beperk is vir ete, om nie die kos af te wurg nie, maar om liewers minder te eet, en stadig te kou.

      Wanneer opgewonde, angstig, of haastig, is dit raadsaam om nie te eet totdat jy verligting het nie, omdat die lewenskragte, alreeds uitermate oorlaai, nie die nodige verterings sappe kan verskaf nie.  Kougom is ongesond omdat dit die speeksel kliere oorlaai met werk en die verterings stelsel verwar.

      Groter Ontbyt

      familie-ete tydDit is die gewoonte van die gemeenskap om `n klein ontbyt te neem. Maar dit is nie die wyse om die maag te behandel nie. Teen ontbyt is die maag in`n better toestand om meer voedsel in te neem as met die tweede of derde maaltyd van die dag. Die gewoonte daarvan om `n spaarsamige ontbyt te neem en `n groot middag maal te hê is verkeerd. Laat jou ontbyt ooreenkomstig die gulhartigste maaltyd van die dag wees.

      Eet op Vasgestelde Tye

      “Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar `n tyd:”-- Prediker 3:1

      Deur jou maaltye op dieselfde tye te hê dag na dag reguleer en kontroleer die interne seine van tevredenheid, aptyt en honger. Jy belemmer jou gesondheid deur ongereelde etes en met etes op ongeleë tye. Dit verminder die bloed toevoer na die brein. Die verstand raak verward, en jy het nie behoorlike selfbeheersdheid nie. -- “Laat my geniet die brood wat vir my bestem is; dat ek nie as ek oorversadig geword het, U verloën nie.” --(Spreuke 30:8b, 9a).

      familie-ete tydIn een ondersoek was proefkonyne, vir twee weke gereelde maaltye gegee en daarna ongereelde maaltye vir twee weke. Onder aan is sommige van die voordele wat gevind word as hulle op gereelde tye eet teen ongereelde maaltye.

      Al hierdie voordele kan sonder inspanning `n ideale gewig help behou, cholesterol vlakke, en insulien vlakke verbeter, wat `n positiewe impak sal hê op die algemene gesondheid.

      As ons gewoontes van gereeldheid en orde volg, sal ons gesondheid toeneem, in gemoedstoestand, in geheue, en in welstand. Dit is ons plig om streng maatreëls toe te pas in ons lewensgewoontes. Dit is vir ons eie geestelike en morele voordeel.

      klokVyf tot Ses Ure Tussen Maaltye

      `n Tweede maaltyd moet nooit geneem word totdat die maag tyd gehad het om te herstel van die werk van vertering van die vorige maal nie. Ten minste vyf of ses ure moet verloop tussen maaltye; en die meeste mense wie die plan uit probeer, sal vind dat twee maaltye per dag beter as drie is.

      Twee Maaltye

      “En die kraaie het hom smôrens brood en vleis gebring, en saans brood en vleis.” – 1 Konings 17:6

      natuurlike middels - gesonde dieetDie gebruik om net twee maaltye per dag te eet word in die algemeen gevind om ter voordeel van gesondheid te strek. Diegene wie van drie maaltye na twee oor skakel, sal in `n meerdere of mindere mate met swakheid gepla wees, veral in die tyd wanneer hulle hul derde maal moet hê. Maar as hulle vir `n kort tydjie deurdruk, sal hierdie swakheid verdwyn. Maar onder sommige omstandighede, mag sommige mense `n derde maal vereis. As  dit geneem word, moet dit baie lig wees, en voedsel wat die maklikste verteerbaar is.

      Eet Net By Maaltye

      “Gelukkig is jy, o land, as jou koning `n edele is, en as jou vorste op die regte tyd maaltyd hou, soos manne en nie soos drinkers nie.” -- Prediker 10:17.

      Versnapperinge tussen maaltye vernietig die gesonde toon van die verteringsorgane, tot die nadeel  van gesondheid en vrolikheid. Iemand wat nie selfbeheersing kan toepas op sy eetgewoontes nie sal  nie by magte kan wees om sy gevoelens en temperament te beheer nie. Drie maaltye per dag en niks meer nie – nie eens `n appel – moet die uiterste limiet van toegewing wees. Diegene wie verder gaan, oortree die natuur se wette en sal die gevolge dra.

      Eet in Daglig

      melk en koekiesOns is nie naguile nie – in die nag word ons algehele metabolisme stadiger en daal ons liggaamstemperatuur. Wanneer ons lê, veroorsaak die rustende liggaamsposisie dat die gewig van die interne organe teen die wande van die baie wye senu holtes aan beide kante van die rugkolom  druk en skakel die meganisme af wat die verterings sisteem laat werk. Voor rustyd moet die maag al sy verteringswerk klaar gedoen het sodat dit by die res van die liggaam kan aansluit om sy welverdiende rus te geniet. Maar as jy eet voordat jy gaan slaap, sal die verterings organe regdeur die nag moet werk en die slaap word dikwels versteur deur onplesierige drome, en in die oggend ontwaak jy onverfris. Baie gee toe in die slegte gewoonte om te eet net voor slapenstyd. Hulle het hul gereelde maaltye geneem, maar omdat hulle `n gevoel van swakheid ervaar, dink hulle dat hulle aandete nodig het. Deur toe te gee aan hierdie verkeerde gewoonte, raak dit `n gewoonte, en hulle voel asof hulle nie kan slaap sonder kos nie. In baie gevalle word die swakheid veroorsaak deur verteringsorgane wat uitermate oorwerk is omdat dit deur die dag werk om die hoeveelheid kos wat daarop forseer word te verwerk. Die organe benodig `n algehele rusperiode van vertering af, om hul uitgeputte energie te herwin.

      Wanneer dit `n gewoonte is om voor slapenstyd te eet, verloor die verterings organe hul lewenskrag, en die persoon vind homself in die situasie as `n rampsalige spysverteringskanaal lyer. En nie net  affekteer die verontagsaming van  die natuurwette die verbreker daarvan alleen nadelig nie, maar andere ly in `n minder of meerdere geval saammet hom.Laat enigiemand `n rigting inslaan wat hom in een of ander manier irriteer, en kyk dan hoe vinnig hy ongeduld sal laat botvier!

      As jy voel dat jy in die nag moet eet, neem `n glas koue water of vars uitgeparste groentesap in stede daarvan, en in die oggend sal jy baie beter voel omdat jy nie geëet het nie.

      Wissel Jou Dieët Af Maar Hou Dit Eenvoudig

      “Sit jy aan om met `n heerser te eet let dan net op wat voor jou is, en sit `n mes op jou keel as jy  `n goeie eetlus het.Moenie sy lekker ete begeer nie, want dit is bedrieglike spys.”—Spreuke 23:1-3

      kind eet 'n appelDaar moet nie baie soorte voedsel wees by net een maal nie, maar al die maaltye moet nie net uit een tipe kos bestaan sonder variasie nie. Voedsel moet met eenvoud voorberei word, maar nogtans met `n aantreklikheid wat die aptyt wek. Hoe eenvoudiger ons dieët en hoe natuurliker ons dit eet nes dit in die natuur gevind word, hoe beter sal ons vertering, assimilasie en gesondheid wees.Elke kos het `n anderste soort verteringsensiem kombinasie nodig endeur te veel op een maal te meng veroorsaak `n versteuring in die maag en maak die vertering minder effektief.

      gesonde dieetIn die verskeidenheid van die mengelmoes van vleis, groente, vrugte, wyne, tee, koffie, soet koekies, en ryk pasteie wat die maag ruïneer, en die mensdom in `n posisie plaas waar hulle invalides raak. Stomme diere sal nooit só `n kombinasie eet so dikwels wat in die mae van die mens gesit word nie. Moenie `n te groot verskeidenheid by een maaltyd hê nie, drie of vier disse is genoeg. As jy `n sittend lewenstyl het, oefen elke dag, en met elke maal eet net een of twee soorte eenvoudige kosse, moet nie meer eet as wat nodig is vir versadiging nie. Dit mag mode wees om `n sesgang maaltyd te hê, maar hierdie gebruik is reïnerend vir die gesondheid. Dit is `n gebruik wat regdenkende mans en vroue moet verwerp, beide met beginsel en voorbeeld.

      Beoefen Goeie Voedsel Kombinering

      gesondheids-voedselOns moet nie dink dat dit van min waarde is van wat ons eet solank dit maar net vegetaries is nie. Die voorbereiding om voedsel te kombineer om dit heilsaam en heeerlik te maak is `n wetenskap wat ontvang behoort te word as wysheid van Yahuwah. Almal wie voedsel voorberei het nodig om kennis op te doen omtrent die studie van voedsel kombinasies anders sal die liggaam baie keer onbewustelik van voeding beroof word.

      vegetariese maaltydGroente en vrugte wat by een maaltyd geneem word, veroorsaak suurvorming in die maag; en dan is onsuiwerheid in die bloed die resultaat daarvan en die verstand is nie helder nie omdat die vertering nie perfek is nie. As die vertering verswak is, sal die gebruik van die kombinasie tesame, dikwels ongemak en verstandelike onvermoë teweeg bring. Dit is beter om die vrugte met een maaltyd te hê en die groente by `n ander.

      vrugteVrugte is uitsluitlik gegee as `n gesondheids-gewende middel, maar dit moet nie na `n volle maaltyd van ander disse geëet word nie. Vrugte verteer maklik, en wanneer geëet word na `n volle maaltyd veroorsaak dit verrotting in die maag.

      gesondheids-voedselOm die gesondheid te behou en lewenskrag te verhoog, vermy te veel gekokery want dit het die wêreld gevul met kroniese invalides. Voedsel moet só eenvoudig wees dat sy voorbereiding nie die tyd in beslag moet neem nie. Die voedsel wat Yahuwah vir Adam in sy sondelose toestand gegee het is die beste vir ons as ons na hierdie sondelose toestand strewe. Baie voedingstowwe word vernietig deur voedsel te kook, dit is waarom `n dieët wat ryk is aan `n verskeidenheid vars rou groente, vrugte, neute, sade, en spriete die beste is.

      Drankies Tussen Maaltye

      waterLaat `n half uur verloop voor `n maaltyd en wag bykans een uur na die maal om weer vloeistof in te neem. Wanneer voedsel geëet word en met vloeistof afgespoel word, word die speeksel en maagsappe en  ingewandsappe verdun en die vertering word verswak. Om die vertering te verbeter deur die verdikking van die maagvoering is dit raadsaam om een of twee glasse kraanwater `n halfuur of `n uur voor `n maaltyd te drink.

      kosDie vrye gebruik van sout plaas `n groot las op die niere, verhoog die risiko van kanker, verhard die are, en belemmer die sirkulasie.

      Nie Warm Nie; Nie Koud Nie

      sopKoue bemoeilik die werking van die maag. As die kos koud is, moet hitte van die sisteem getrek word om die voedsel  te verhit alvorens vertering plaasvind. Hoe kouer die water, hoe groter is die skade wat aan die maag gedoen word. Koue vloeistowwe wat saammet maaltye geneem word, sal vertering tot stilstand bring totdat roomysdie sisteem genoegsame hitte verkry het dat die maag by magte is om sy werk weer op te neem. Hitte verswak die die maag en veroorsaak suur. Die maag word groot skade aangedoen deur `n groot volume warm voedsel en warm drankies. Sodoende word die keel en die verteringsorgane van die liggaam,en deur hulle die ander organe van die liggaam, verswak. Die gebruik om voedsel te eet so warm as wat dit moontlik is vir sluk, en veral om warm drankies met dit saam te neem of na `n maal,  is `n aktiewe oorsaak van hardlywigheid.

      Geniet Jou Ete

      “Smaak en sien dat Yahuwah goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil.” – Psalm 34:9

      kinders eet waatlemoenfamilie-ete tydDit is belangrik dat jy geniet wat jy eet. As jy meganies eet, sal jou liggaam nie die behoorlike voeding ontvang nie. Vir goeie spysvertering, moet ensieme en verteringsappe in die regte hoeveelheid, op die regte tyd uitgeskei word. As jy nie honger is nie, of nie die kos geniet nie, sal die verteringsensieme nie behoorlik vloei nie, sodoende sal die voedsel swak verteer word. Assimilasie word aangehelp wanneer ons die maaltyd geniet. “Liewer `n porsie groente waar liefde by is, as `n vetgevoerde bees en haat daarby.” – (Spreuke 15:17).

      Vra Yahuwah se Seën, Eet Dan Met `n Dankbare Hart

      Werp alle sorg en angstige gedagte opsy tydens maaltye, eet stadig en met `n vrolike hart gevul met dankbaarheid aan Yahuwah vir al Sy seëninge. Die lekkerste disse in die wêreld mag in die maag verrot van die een wat `n ongelukkige gemoedstoestand het. Die liggaam-verstand verhouding kan nie van mekaar geskei word nie. Depressiewe emosies meng in met jou liggaam se vermoë om voedingstowwe te assimileer.

      etenstyd gebedNeurofisioloë het uitgevind dat mense wat met `n dankbare hart eet meer effektiewer en algehele  vertering ondervind as diegene wie se aandag verdeel is terwyl hulle eet. Deur dankbaar te wees vir die voedsel word die spysverterings vermoë, verterings ensieme en suur produksie verhoog. Om met `n dankbare hart te eet, sluit nie net om te bid vir die voedsel  en dan te eet terwyl daar tv gekyk word, `n tydskrif gelees, of om `n intense gesprek te hê met `n metgesel nie. Dit beteken om dankbaar te wees vir jou kos happie vir happie op `n slag. Boonop, jou gedagtes en gevoelens omtrent wat jy eet, is net so belangrik as die voedsel self. As jy gedurig bekommerd is dat die voedsel wat jy eet jou sal siek maak, dan sal dit verseker skade bring, selfs as dit eenvoudig en gesond is. Wanneer jy Yahuwah gevra het om die voedsel te seën, glo dat Hy jou gebed verhoor het, en berus daarby.

      7. GEHEIME VAN RUS 

      Jy het `n sperdatum wat voorlê. Jy besluit om `n gaap te onderdruk en deur die nag te werk. Dit is beslis al redelik laat, maar jy drink `n bietjie koffie en gaan net aan. Natuurlik, jou liggaam baklei met elke tree op die weg met jou terug. Of jy dit nou besef of nie, het jou brein alreeds begin om af te skakel vir die nag. Na omtrent 18 ure sonder slaap, het jou reaksie tyd afgeneem van 1/4 van `n sekonde na 1/2 van `n sekonde en dan langer.

      Wie Moet Geblameer Word Vir Te Min Slaap?

       babaThomas Edison. Voordat hy die gloeilampie uitgevind het, het mense vir `n gemiddelde van tien ure per nag geslaap. Vandag is die gemiddelde sewe ure of minder namate ons geleer het om die liggaam se behoefte aan slaap te ignoreer. Wanneer ons dors is, drink ons. Wanneer ons honger is, eet ons. Maar wanneer ons moeg is; oorwerk ons die liggaam dikwels tot op uitputting. Dit is die grootste hindernisse vir herstel. Rus is die mees basiese genesers wat aan die mens bekend is. Wanneer ons siek is, wat is die ding wat ons die meeste wil doen? Om te lê. Natuur sal lewenskrag en sterkte herstel tydens die slaap ure, indien haar wette nie oortree word nie.

      “... as hy slaap, sal hy gesond word.” – Johannes 11:12  

      Deur slegs drie ure se slaap te verloor kan die effektiwiteit van die immuunstelsel met die helfte verminder. Boonop het die Institute of Medicine `n verslag vrygestel wat die skakels tussen slaap stoornisse en verhoogde risiko`s van hipertensie, diabetes, vetsug, depressie, hartaanvalle, en beroertes bevestig. `n Baanbrekers 1999 ondersoek het bewys dat na ses dae se net vier ure se slaap, het gesonde vrywilligers in `n pre-diabetiese toestand verval. Slaap het ook die hart `n kans gegun om teen `n laer tempo te klop, en diegene wie minder as ses ure per nag geslaap het, het soveel as 66 persent voorkoming van hipertensie . Hoe goed ons slaap kan ernstige invloed hê op die verandering van ons hormoon balans in die liggaam. Dit op sy beurt versteur die slaap/wakker word siklus (sirkadiese ritme). `n Ontwrigte sirkadiese ritme mag kanker ontwikkeling beïnloed deur verskuiwings van hormone soos melatonin, wat die brein tydens slaap vervaardig.

      Natuur sal jou lewenskrag & jou sterkte herstel wanneer jy slaap, indien haar wette nie oortree word nie.

      Synde die werk om die liggaam en die gemoed te herstel plaasvind tydens die ure van rus, is dit belangrik, veral in die jeug, dat die slaap geredelik en volop moet wees. Terwyl geslaap word, gaan die brein voort om te leer deur rekonstruktiewe geheue en koppel dit met verwante dinge, wat die gevolge meebring van vinniger en akkurater prestasie na `n goeie nag se slaap.`n Goeie nag se slaap kan die geheue met 30 persent verbeter. Na `n dag se werk is die brein selle uitgeput, maar na `n  nag se goeie slaap is dit verfris en gereed om sy normale werk weer aan te pak.Dit kan met die mikroskoop gedemonstreer word. Na werk is die senuwee selle ingekrimp, en die kleinkorrels in die protoplasma verdwyn. Na rus stu hulle weer uit en die korrels in die protoplasma daarvan het weer herstel.

      `n Goeie nag se slaap help om jou aptyt te beheer. Twee hormone reguleer jou aptyt: Een vertel jou wanneer jy honger is (ghrelin), die ander een vertel jou wanneer jy versadig is (leptin). Wanneer jy nie genoeg slaap kry nie is daar `n afname in die ‘vol’ hormoon en `n toename in die produksie van die ‘honger’ hormoon wat jou aanmoedig om meer te eet.

      Hoeveel Slaap Moet Ek Kry?

      slaapNa dat meer as een miljoen deelnemers vir ses jaar bestudeer is, in die grootste navorsing oor slaap tyd en die sterftes,  is gevind dat diegene wie omtrent sewe ure geslaap het die hoogste oorlewings kanse gehad het. Diegene wie minder as 4.5 ure geslaap het,  het die slegste gevaar. Nege ure van slaap of meer elke aand was ook geassosieer met `n hoër sterfte risiko (Spreuke 20:13). Kundiges stem ooreen dat die meerderheid mense omtrent agt ure se slaap nodig het vir elke nag.

      Hoe Kan Ek Beter Slaap?

      Om goed te slaap, moet jy goed werk. “Soet is die slaap van die arbeider, of hy nou min of hy nou baie eet; maar die oorversadiging  van die ryke laat hom nie toe om te slaap nie.” (Prediker 5:11). Ledigheid is die oorsaak van baie siektes. Liewers as om `n skadelike slaappil te neem, maak seker om elkedag harde buitemuurse arbeid te verrig. Vermy alle stimulante (kafeïene, alkohol, tabak, gekruide kosse). Vermy die eet van enigiets `n paar ure voor slapenstyd.

      Gereguleerde tye om bed toe te gaan en op te staan is baie hulpsaam. Die beste tyd om bed toe te gaan is tussen 8:00 en 9:00 in die aand. Die diepste slaap is tussen 9:00 en 12:00 middernag. Die liggaam, spesifiek die adrenale, herlaai op die meeste tydens 11:00 die aand tot 1:00 na middernag.

      Maak seker dat jou oë aan sonlig blootgestel is elke oggend, dit bevorder melatonin-produksie. Slaap in algehele duisternis (bedek jou oë sodat geen lig dit binnedring nie). Selfs `n klein bietjie lig deur die nag kan jou sirkadiese ritme versteur en jou pinel klier se produksie van melatonin (jou liggaam se nommer een anti-verouderings hormoon) en serotonin ( jou gelukkigheids hormoon) versteur.

      Ontspanning in `n bad warm water help jou om te ontspan na `n stresvolle dag se werk. Neem `n glas of twee van jou gunsteling kalmerende kruie tee.

      Rus Sluit Meer In As Net `n Goeie Nag se Rus

      landskap“ Kom julle self . . . na `n verlate plek en rus `n bietjie.”  (Markus 6:31). Dit is belangrik om tyd te neem vir rus, bepeinsing, en ontspanning (nie vir vermaak nie). Ontspanning is om te herlaai; dit verfris die verstand en die liggaam bemagtig ons om met hernude ywer om ons werk van die lewe aan te pak. Vermaak, aan die ander kant, word gesoek vir plesier onthalwe en word dikwels tot die uiterste gedryf; dit absorbeer die energie wat só nodig is vir bruikbare werk en sodoende `n hindernis is vir die lewe se ware sukses.

      Ontspanning is nodig vir hulle wat betrokke is by liggaamlike arbeid en is steeds meer essensieël vir diegene wie se arbeid hoofsaaklik die brein insluit. Ontspanning wat diegene rondom jou bevoordeel is baie voordelig. Deur tyd in die buitelug in die natuur deur te bring in een of ander vorm van fisiese oefening is `n uitstekende vorm van ontspanning (staptogte, pieknieks, swem, ens.).

      Om TV te kyk is nie `n goeie bron van onntspanning nie. `n Analise van vyf-en-dertig natuurkundige studies het nie minder nie as vyftien negatiewe gesondheidseffekte  wat assosieerbaar is met lang ure van televisie kykery. Onder hierdie effekte is hart moeilikhede, kanker, diabetes, outisme, oogsig skade, en slaap versteurings.

      Die Sabbbat

      “Daar bly dus `n sabbatsrus oor vir die volk van Yahuwah; want wie in Sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos Yahuwah van syne.” – Hebreërs 4:9, 10

      Yahuwah het `n dag uitgesonder waarop ons moet rus en aan Hom moet wy. Nadat Yahuwah die aarde in ses dae geskep het, het Hy gerus sodat ons `n voorbeeld kan hê. “En Yahuwah het op die sewende dag Sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag van al sy werk gerus wat Hy gemaak het. En Yahuwah het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat Yahuwah geskape het deur dit te maak.”  (Genesis 2:2-3).Yahuwah kon die skepping met een woord reggekry het maar Hy het verkies om ses dae te neem om ons die Sabbat te gee.Sabbat  staan bo die ander nege gebooie uit omdat dit bevestig is deur die voorbeeld van  die Wetgewer  Homself.

      “ Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen ; maar die sewende dag is die sabbat van Yahuwah jou Elohim ; dan mag jy géén werk doen nie  -- jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg, of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.” – Exodus 20:9, 10

      Yahushua het gesê: “MOENIE dink dat Ek gekom het om die wet en die profete te ontbind nie, Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota en titteltjie van hierdie wet verbygaan totdat alles gebeur het nie.”  (Mattheus 5:17, 18).

      Ons gesondheid ontvang `n seën wanneer ons op Yahuwah se Sabbat dag rus. “My seun vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar. Want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder.”  (Spreuke 3: 1, 2). Om perfekte gesondheid te geniet sal ons geseën wees as ons die dag hou wat die Skepper geseën en geheilig het.

      8. DIE MEES BELANGRIKE GEWOONTE   

      “Vertrou op Yahuwah met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.” – Spreuke 3:5, 6

      bid kindJou liggaam was ontwerp om stres te hanteer in ongewone noodgevalle (vlug-of-gevegte) deur hormone vry te stel. Jy is nie geskape om met kroniese stres op `n daalikse basis te doen te kry nie. Elke druppel van hierdie stres hormone wat onnodiglik in die liggaam gepomp word, is `n gifstof wat jou immuunsisteem vernietig. Die voortdurende vrylating van hierdie hormone verhoog jou bloeddruk en bloedsuiker wat jou risiko vir hartsiektes en diabetes vermeerder. Stres word veroorsaak deurvrees en bekommernis weens `n te kort aan vertroue. As jy maar net wil besef dat nie `n sug wat uitgeasem is, nie `n pyn wat gevoel word, nie `n pyn wat die siel deursteek, is `n pols wat vibreer aan die liefdevolle Hemelse Vader se hart, sal jy nooit nie op Hom vertrou wetende dat enigiets wat na jou kom is deur Hom toegelaat vir jou eie gewin. Jy mag so swak wees soos die vrou wie die soom van Yahushua se kleed aangeraak het; maar as jy jou afhanklikheid aan Hom besef en vertrouend na Hom kom deur geloof, sal Hy só gou as moontlik optree nes Hy gedoen het in die aan raking deur geloof. Die tyd van die mens se nood is Yahuwah se geleentheid.

      Die tyd van die mens se nood is Yahuwah se geleentheid

      As jy vreesloos wil wandel, moet jy weet dat die hand van Yahushua hou jou eie stewig vas.En jy kan dit slegs weet deur die Woord van die lewende Yahuwah te ondersoek en dit te gehoorsaam. Neem tyd om te bid, en soos jy bid, glo dat Yahuwah jou verhoor. Meng jou gebede met geloof. Jy mag nie by alle tye die onmiddelike antwoord voel nie; maar dit is dan wanneer jou geloof beproef word. Jy word beproef om te sien of jy op Yahuwah vertrou, of jy `n lewende en inwonende geloof het. “Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen.” (1 Thessalonicense 5:24). Betree die smal strook van geloof. Moenie op jou geloof staat maak nie, maar vertrou op die beloftes van Yahuwah. Vertrou op Hom in  die duister. Dit is die tyd dat jy geloof moet hê. Moenie dat jou emosies  jou beheer nie. Moenie jou vertroue op  die  mens plaas nie.

      Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem My juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.” – Mattheus 11:28-30, klem voorsien

      “By mense is dit onmoontlik, maar nie by Yahuwah nie; want by Yahuwah is alle dinge moontlik.” – Markus 10:27

      “Kyk, Ek is Yahuwah, die Elohim van alle vlees ; sou enige ding vir my te wonderbaar wees ?”  --Jeremia 32:27

      Yahushua het gesê: As julle in My bly, en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.” – Johannes 15:7 klem voorsien

      “En wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.” –1 Johannes 3:22

      “U sal `n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertou op U.” – Jesaja 26:3

      “Hy het die storm `n gesuis gemaak, en hulle golwe het stil geword.” – Psalm 107:29

      Genesing Kan Nie Sonder Yahuwah Plaasvind Nie

      Dit is Yahuwah se helende mag wat deur die hele natuur bons. As `n boom gesny word, `n been gebreek of `n vinger gewond word, begin die natuur opeens om die besering te genees. Selfs nog voordat die nodigheid daarvoor is, is die helende agente reeds in gereedheid om hul werk van herstel te volvoer.

      Wanneer enige deel van die liggaam `n besering opdoen, begin `n helende proses onmiddelik; die natuurlike elemente word onmiddelik in werking gestel om genesing te weeg te bring. Maar die magte wat deur hierdie agente werk is die mag van Yahuwah wat werk om ons aan die lewe te hou, om ons op te bou en te herstel. Alle lewe-gewende mag is van Hom. Wanneer ons van siekte herstel, is dit Yahuwah wat ons genees. Siektes, lyding en die dood is almal werk van `n antagonistiese mag.

      Opsomming van 8 Gewoontes vir Beter Gesondheid:

      1. Vertrou op Yahuwah
      2. Sonlig
      3. Varslig
      4. Water
      5. Oefening
      6. Selfbeheersing
      7. Voeding
      8. Rus

      Mees Effektiewe Vernalatigde Middele vir die Stryd teen Siekte

      In hierdie stadium sal dit vrugteloos wees om hier te stop sonder om te praat oor die mag van die gemoed om gesondheid te herstel. Die gedagtes van die verstand moet beheer word, omdat hulle `n baie magtige invloed het op die gesondheid en is die mees effektiewe middele vir die bestryding van siektes. Die elektriese mag van die brein, bevorder deur verstandelike aktiwiteite, gee lewe aan die hele sisteem, en dit is die onskatbaarste hulpmiddel in die immuniteit teen siektes.

      Om iemand se gemoed te rig teen siekte, is die hoogste kuns van die geneeskunde. Inspireer heldemoed en doelgerigtheid in `n persoon, en die geestesvermoë sal die siekte uitdryf. Wilskrag is `n ander naam vir lewenslus. Mense met groot wilskrag veg en oorwin siekte. Die verbeelding mislei somtyds, en wanneer daaraan toegegee word, bring dit soms erge siekte vorme oor die aangetaste persoon. Ipekonders kom oral voor. Nege tiendes van die siektes waaraan ons ly, het hul oorsprong hier. Neëntig persent van siektes is verstandelik veroorsaak --die meeste weens stres en skuldige gewete.

      9. Agt Verstandelike Stappe Tot Beter Gesondheid

      Wat Is die Beste Medisyne vir Siek Liggame en Verstande?

      1. VERGEWENSGESINDHEID   

      die kruisIemand kan nie die volle seën van gesondheid ervaar eerdat hy nie eers die vergifnis van Yahuwah ondervind het nie. Onthou dat sonde die eerste oorsaak van siekte is want as sonde nie bestaan het nie sou siekte ook nie gewees het nie. Die las van skuldigheid met sy onrustigheid en onversadigde verlangens, is die basis vir vele ongesteldhede.

      In die Bybel het die verlamde man genesing vir beide die siel en die liggaam in Yahushua gevind. Die geestelike genesing gaan die fisiese gesteldheid vooraf. Hierdie les moet nie misgekyk word nie; vergifnis is aan fisiese gesondheid gekoppel. Daar is onuitspreeklike vrede en blydskap en rus in die wete van vergewe sondes. Daar is vandag duisende wat gebuk gaan onder fisiese siektes, wie nes die verlamde, verlang na die boodskap, “Jou sonde is jou vergewe.”  Hulle kan geen verligting vind totdat hulle kom tot die Geneser van die siel nie. Die vrede wat Hy alleen kan bring verskaf lewensmoed aan die verstand, en gesondheid aan die liggaam.

      Yahuwah belowe dat as “ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.” (1 Johannes 1: 9).  “Bekeer jou, Israel, tot Yahuwah jou Elohim, want jy het gestruikel deur jou ongeregtigheid. Neem woorde met julle, en bekeer julle tot Yahuwah; sê aan Hom : Vergeef alle ongeregtigheid, en neem aan wat goed is; Yahuwah antwoord: “Ek sal hulle afkeurigheid genees, hulle vrywillig liefhê, want my toorn is van hulle afgewend.” –(Hosea 14: 2, 3, 5). Wat kan `n hart só vrolik maak, wat kan soveel sonskyn deur die siel versprei, as dieselfde gewaarwording van sondes vergewe?  Die vrede van Yahushua is lewe en gesondheid.

      “`n Onvergewensgesinde hart kan nie genees word  nie.”    

      Nogtans, as ons verwag dat ons gebede verhoor moet word wanneer ons nader om die geskenk van genade en seëninge van Yahuwah, moet ons andere vergewe tot dieselfde mate soos ons hoop om vergewe te word. Hoe kan ons bid, “Vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe.”  (Mattheus 6: 12). Ons sal die liefde van Yahushua nodig hê, sodat ons nie `n onvergewensgesinde gees moet koester nie. `n Onvergewensgesinde hart kan nie genees word nie. Dit is die liefde van Yahuwah wat ons na Hom toe aantrek, en daardie liefde kan nie ons harte aanraak sonder om liefde vir ons broeders te skep nie.

      2. `n REINE GEWETE

      “My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde, laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart.Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en `n genesing vir die hele liggaam.” – Spreuke 4:20-22.

      Daar is `n noue assosiasie tussen die liggaam en die siel. Wanneer die mens in harmonie is met Yahuwah sal min probleme van die fisieke liggaam onoplosbaar wees. Met sy hulp is niks onmoontlik nie.

      Daar is genesing in gehoorsaamheid aan die wet van Yahuwah. Die bewustheid van regte-dade is die beste medisyne vir siek liggame en verstande. Die spesiale seëninge wat rus op die ontvanger  daarvan is gesondheid en lewenskrag. `n Persoon wiese gemoed rustig en tevrede in Yahuwah is op die voetpad na gesondheid.

      “My seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar; want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder. . . dit sal genesing wees vir  jou liggaam en verkwikking vir  jou gebeente.”  (Spreuke 3:1, 2, 8). Dit is `n magtige en sterk belofte, omdat Yahuwah hier belowe dat as ons Hom gehoorsaam Hy ons met uitstekende vertering sal seën “genesing vir jou liggaam” en `n sterk immuniteit  “verkwikking vir jou gebeente”  (die immuunstelsel  se selle word in die  rugmurg gevorm. Interessantheidshalwe is dit die twee hooffaktore wat nodig is vir goeie gesondheid.

      `n Suiwer gewete gekombineer met  opgewektheid is beter as verdowingsmiddels as `n effektiewe middel  in die herstel van gesondheid.

      3. `n Vrolike Hart

      “Die blydskap in Yahuwah --dit is julle beskutting.”  -- Nehemia 8:10

      katDaar is `n fisiologiese waarheid -- waarheid waarop ons moet oorpeins -- wat in die Skrifte gevind is: “`n Vrolike hart bevorder die genesing.”  (Spreuke 17:22, klem verskaf).

      Ons gedagtes is die voedsel waarop ons brein voed. Soos ons kos kan eet wat van ons lggaam steel, nes suiker; kan ons ook dinge dink wat van ons liggaam steel, soos woede. Ons kan kies wat ons dink, en deur so te maak, kies ons tussen welstand en siekte.

      Redford Williams, M.D., skrywer van die boek ANGER KILLS, het geskryf: Om woedend te raak is soos om `n klein dosis stadig-werkende gif elke dag van jou lewe te neem.”  Verdriet, angs, ontevredenheid selfverwyt, skuldige gewete, wantroue, het almal die neiging om die lewens-wil af te breek en om agteruitgang en verval te verwelkom.

      In sy boek, Anatomy of a illness, beskryf Norman Cousins sy herstel van “ankylosing spondylitis”,`n siekte van “onbekende oorsaaksleer” met `n oorlewings kans van een in 500. In `n desperate poging om te oorleef, het Cousins sy verdowings terapie verwerp, `n projektor gehuur en homself vermaak deur ou komiese rolprente te kyk. Hy het op ingewing gereageer wat hy verkry het deur die boek van Dr. Hans Selye,  The Stress of Life, te lees, en sy gemoedsverandering , gehelp deur lagtery, verbeterde dieët en sy eie vasberadenheid , was die ommeswaai waarvan hy ten volle in net `n paar maande genees is.

      Die spreekwoord lui dat `n hartlike lag laat die dokter wag. Lag het ontelbare voordele. Dit verhoog die bloedsirkulasie met soveel soos `n 15-tot 30-minute oefensessies. Dit blyk `n goeie anti-stres faktor te wees, verminder asma aanvalle, en bevorder goeie slaap. Boonop, sedert die serotonin vlakke styg na lag, is dit `n effektiewe teenmiddel vir depressie. Navorsing het bewys dat selfs borsvoed babas met ekseem,  ondervind sagter simptome indien hul moeders ure voor voeding gelag het.

      “Al die dae van die bedrukte is sleg, maar die vrolike van hart het gedurigdeur fees.” -- Spreuke 15:15

      Hoe Kan Ek Gelukkig Voel As Ek Nie Gelukkig Is Nie?

      Opgewondenheid word verkry deur die oorpeinsing van die groot seëninge wat ons as kinders van Yahuwah geniet. Ons kan ook blydskap verkry deur die plesier om andere te seën.

      Watter Gedagtes Moet Ek Aan Dink Om `n Gesonde Liggaam En Gees Te Bevorder?

       “Verder,  broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is  -- watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.”  Filippense 4:8

      Maar Ek Voel Oorweldig Deur Negatiewe Gedagtes . . .

      Jy mag enige deur na negatiewe  gedagtes sluit deur die siel op tehef in die teenwoordigheid van Yahuwah deur opregte gebed terwyl jy op die beloftes van geloof aanspraak maak: “Terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van Yahuwah, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid van Yahushua.” (2 Korinthiërs 10:5)

      4. Dankbaarheid

      “Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes deur gebed en smeking met danksegging bekend word by Yahuwah.” – Fillipense 4:6

      Lewe is `n “Gawe van Yahuwah.”  Prediker 3:13

      kind pluk blommeElke seëning kom van Yahuwah se oorvloedige hand en niks neig om gesondheid van liggaam en siel te bevorder as die gees van dankbaarheid en lofsange nie. Dit is `n positiewe plig om melankolie, ontevrede gedagtes en gevoelens te onderdruk --net sowel as wat dit `n plig is om te bid.

      “Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van Yahuwah in Yahushua oor julle.”  (1 Thessalonicense 5:18). Hierdie gebod is `n versekering dat selfs die dinge wat skyn teen ons te wees sal uitwerk tot ons voordeel. “En ons weet dat vir hulle wat Yahuwah liefhet, alles ten goede meewerk, vir hule wat na sy voorneme geroep is.”  (Romeine 8:28). Yahuwah raai ons nie aan om dankbaar te wees vir dit wat vir ons skadelik is nie.

      Baie laat nie hul saak in die  hande van Yahuwah nie; hulle moedig swakheid en siekte aan deur self-bekommernis. As hulle sou ophou om hulle te verknies en sal uitstyg bo depressie en swaarmoedigheid, sal hul genesing meer seker wees. Hulle sal met dankbaarheid moet onthou vir hoelank hulle die seëninge van goeie gesondheid geniet het; en as die kosbare weldaad weer aan hulle teruggegee word, moet hulle nie vergeet dat hulle onder hernude verantwoording van die Skepper is nie.Toe die tien melaatses genees was, het net een na Yahuwah teruggekeer en aan Hom ere bewys. Laat ons nie soos die ondankbare nege wees wie se harte onaangeraak was deur die genade van Yahuwah nie.    

      Wat Sal Gebeur As Ek Sal Begin Om Yahuwah Te Prys?

      Yahuwah verlang dat ons praat oor sy goedheid en gesels oor Sy mag, Hy word vereer deur die lofprysinge en dankseggings. Sê Hy: “Die een wat dank offer, eer my.” (Psalm 50:23).Yahuwah verlang dat die ganse lewe van Sy volk `n lewe van lofprysinge moet wees. Sodoende word Sy weg “op aarde bekend gemaak”, “onder al die nasies U heil.” (Psalm 67:2).

      “Verlustig jou in Yahuwah; dan sal Hy jou gee die begeeertes van jou hart.” - Psalm 37:4, klem voorsien

      5. DIE MAG VAN GEBED

      gebedMoenie stres nie; in plaas daarvan neem jou probleem na Yahuwah in gebed. Bring jou behoeftes, jou vreugdes, jou sorge, en jou vrese voor jou Vader in die hemel. Jy kan Hom nie belas nie; jy kan Hom nie oorlaai nie. Hy wie die hare van jou hoof getel het, is nie onverskillig teenoor die behoeftes van Sy kinders nie. “ Dat Yahuwah vol medelye en ontferming is.” (Jakobus 5:11). Sy liefdevolle hart word aangeraak deur ons verdriet en selfs ons smekinge daarvan. Neem na Hom enige ding wat die gemoed verwar. Niks is te groot vir Hom om te dra nie, want Hy hou die wêreld in Sy hande, Hy heers oor alle sake van die heelal. Niks wat in enige manier ons vrede behels is te nietig dat Hy dit nie kan raaksien nie. Daar is geen hoofstuk in ons ondervinding te duister vir Hom om te lees nie; daar is geen verwarring te moeilik vir Hom om te ontsyfer nie. Geen ramp kan die geringste van Sy kinders tref, geen angs die siel bedroef, geen vreugde of blydskap, geen opregte gebed wat oor die lippe kan glip, wat ons Hemelse Vader nie aanskou nie, of waarin Hy nie onmiddelik belang in stel nie. “Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde.” (Psalm 147:3)

      Die verhouding tussen Yahushua en die volgende persoon is so uitsonderlik en voluit asof daar nie nog iemand op aarde is om te deel in Sy wakende sorg nie, nie `n ander siel aan wie Hy Sy geliefde Seun gegee het nie.

      Yahushua beloof: “En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.” (Mattheus 21:22) Hy het ook gesê: “As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.”(Johannes 15:7). “Die gebed van die geloof sal die kranke red, en Yahuwah sal Hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.”  (Jakobus 5:15).

      Voortdurende gebed is die ononderbroke eenheid van die siel met Yahuwah, sodat die lewe van Yahuwah in ons lewens mag vloei; en van ons lewens reinheid en heiligheid terug mag vloei na Yahuwah. Daar is nie tyd en plek ongeleë om `n petisie aan Yahuwah te rig nie. Volharding in gebed is die voorwaarde van ontvangs.

      Hy wie die hare van jou hoof tel is nie onverskillig teenoor die behoeftes van Sy kinders nie.

      Sonder Geloof In Die Mag van Gebed, Hoe Kan Ek Weet Dat Gebed Waarlik Werk?

      Larry Dossey, M.D., beskryf in sy boek, Healing Words “een vandie bes bewaarde geheime van die mediese wetenskap: voordele van gebed. Dr. Dossey beskryf gebedvolheid as “`n gevoel van liefde, medelye, en empatie vir `n ander,” en hy verduidelik dat gebed is “`n magtige en erkende (soms misgekykte) genesings metode.”  Dossey gebruik `n indrukwekkende slagorde van bewyse om te toon dat gebed `n positiewe effek op gesondheid het. `n 1988 Ondersoek wat in San Fransisco behartig was het die effek van gebed op kardiovasikulêre gesondheid van 393 koronêre-sorgeenheid pasiënte ondersoek. Onbekend aan die betrokke pasiënte, was daar vir die een groep gebid, en vir die ander nie. Teen die einde van die tien-maande ondersoek, was die groep-vir-wie-gebid-was vyf keer minder afhanklik van antibiotika en drie keer minder vatbaar dat vog die longe sou vul.

      In die Oktober 2001 uitgawe van Journal of Reproductive Health, het navorsers van Columbia Universiteit – uitermate verbaas oor hul eie gevolgtrekkings –wat aankondig dat wanneer algehele vreemdelinge vir vroue gebid het wie na `n swangerskapskliniek gegaan het, het daardie vroue twee maal die swangerskaps koers as daardie vroue vir wie daar nie gebid was nie, gehad.

      “... maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie.” –Hebreërs 4:2         

      6. Liefde vir Andere

      Die Goue Reël:

      haaskindersBioloë het groepe konyne in `n hok aangehou, hulle vir verskeie maande op `n hoë cholesterol dieët geplaas, en hulle toe getoets. Vir die meeste tyd daarvan was die resultate nie verrassend nie. Weens die swak dieët, het die konyne verhoogde cholesterol vlakke in hul are en slagare gehad. Almal behalwe dié in die onderste hok.Die navorsers was verwonderd waarom die konyne in die hok nie geaffekteer was deur die swak dieët nie? Hulle het verdere ondersoek gedoen en uitgevind dat `n vroulike laboratorium assistent `n liefde vir die konyne in die onderste hok begin toon het, sy het hulle persoonlike aandag gegee, deur hulle uit die hok te neem gemaklik te maak, te vertroetel, en met hulle te speel. Dit was `n daaglikse roetine.

      Die navorsers het gedink dat dit fassinerend was en het besluit om die “liefde” veranderlike op `n breër skaal toe te pas. Hierdie keer het hulle drie groepe konyne  (A, B, & C) in drie verskillende hokke gesit en hulle vetterige kosse gevoer. Elke dag het hulle groep A uit hul hok geneem en vir `n tyd lank met hulle gespeel, omhels, vertroetel, en liefderyk hanteer. Dan weer met groep B het hulle net so nou en dan aangeraak, en groep C nooit aangeraak nie.

      Toe die eksperiment verby was en die navorsers al drie die groepe ondersoek het, het hulle gevind dat groep C `n hoë vlak cholesterol opgebou het, groep B het `n mindere mate van cholesterol opgebou, en -nie verbassend nie- het groep A merkbare laer cholesterolvlakke. Die enigste veranderlike was hoeveel aandag en liefderyke vertroeteling geskenk was aan die konyne in die groepe. Een basiese waarneming blyk te spruit uit die navorsing:  Alhoewel die konyne dieselfde ongesonde kosse geëet het, het dié wie meer aandag en liefde ontvang het effektiewer wyses gevind om die ongesonde kosse te verwerk wat hulle geëet het. Met ander woorde, daar was `n belangwekkende skakel tussen liefde en liggaamlike gesondheid.

      Die liefde wat Yahushua laat vloei deur die hele wese is `n lewegewende mag. Elke lewende deel—die brein, die hart, en die senuwee—word geroer met genesing. Daardeur word die hoogste energie vandie lewende wese aangespoor tot aktiwiteit. Dit bevry die siel van skuldigheid, angs, en sorge, wat die lewensenergie uitdoof. Daarmee saam  kom  kalmte en besadigdheid. Dit plant in die siel gesondmakende-vreugde wat niks op aarde kan vernietig nie.

      Namate ons die liefde van Yahushua ontvang en die ryke gawes van Sy genade ondervind word ons skuldenaars (Romeine 1:14) en is ons geroepe om aan andere te deel wat ons ontvang het.

      “Om Liefde Te Gee Is `n Magtige Geneser.”

      Waneer jy ander liefhet, is jou immuunsisteem met energie belaai om teen siektes te veg. Liefde verander die chemikaliese weë van die brein wat die liggaam se weerstand versterk.

      Daar Is Iemand Wat Ek Maar Net Nie Kan Liefhê Nie, Wat Moet Ek Doen?

      Daar is vele wyses waarop ons waardering en liefde vir `n persoon ontwikkel maar die mees effektiewe wyse is om die persoon in jou bemiddelingsgebed voor die genade troon in te sluit. Dit is nie maklik om `n renons in iemand te hê vir wie jy bid nie. Yahuwah verander jou hart namate jy vir daardie persoon bid. Probeer dit!

      Boonop is dit belangrik om die persoon te aanvaar vir wat hy is liewers vir wat hy nie is nie. Ons mis baie as ons misluk om te kyk vir die goeie kwaliteite en sterkpunte wat elke persoon besit.

      7. Samaritaanse Werk 

      “Is dit nie die vas wat Ek verkies nie: dat julle losmaak die bande van goddeloosheid, en dat julle afhaal die stroppe van die juk en vry laat weggaan die verdruktes en elke juk stukkend breek? Is dit nie dat jy jou brood breek vir hom wat honger het, en die ellendiges, swerwelinge in jou huis inbring nie? As jy iemand sien wat naak is, dat jy hom klee, en jou vir jou eie vlees nie verberg nie? Dan sal jou lig deurbreek soos die dageraad en jou genesing skielik uitspruit.”—Jesaja 58:6-8

      kind`n Man man op reis deur die sneeudriwwe op `n wintersdag het verkluim in die koue wat byna onwaarneeembaar sy lewenskragte verys het. Hy was byna dood van die koue, en op die punt om die stryd gewonne te gee om oorlewing toe hy die gekreun van `n medereisiger hoor; wie ook sterwend was van die koue. Sy simpatie was opgewek, en hy was vasbeslote om hom te red. Toe begin vryf hy die geysde ledemate van die ongelukkige man, en na geruime tyd kon hy hom op sy voete help. Omdat hy nie kon staan nie, het hy hom in sy simpatieke arms geneem en hom deur die diep sneeu gedra wat hy gedink het hy nooit alleen sou kon deur nie.

      Toe hy sy medereisiger na `n veilige hawe gedra het, flits die waarheid deur sy gemoed, dat deur sy  naaste te red, het hy homself gered. Sy ernstige pogings om `n ander te red, het die bloed wat in sy eie are vervries het, verwarm, en het `n gesonde hitte na sy ledemate gestuur. In die hulp aan ander ontvang onsself hulp.

      Om goed te doen is `n uitstekende geneesmiddel vir siekte. Die plesier om goed te doen aan andere verskaf `n gloed aan die gevoelens wat flits deur die senuwee en die sirkulasie van die bloed versnel om aanleiding te gee tot verstandelike en liggaamlike gesondheid.

      As die verstand vry en gelukkig is van `n gewete om goed te doen en `n gevoel van tevredenheid om andere gelukkig te maak, skep dit `n vreugdevolheid wat op die hele sisteem reageer, wat `n vryer sirkulasie van die bloed teweegbring en `n verkwikking van die hele liggaam. Die seëninge van Yahushua is `n genesende mag, en diegene wat in oorvloed andere bevoordeel sal die wonderlike seëning in beide hul hart en lewe besef.

      `n Doellose lewe is `n lewende dood

      Een van die sekerste hindernisse vir die genesing vandie siekes, is om selfgesentreerdheid te wees. Baie invalides voel dat almal simpatie en hulp aan hulle moet uitdeel, maar wat hulle nodig het is om hul aandag van hulle af weg te kanaliseer en om te dink aan en vir andere te sorg. Wanneer ons Hom vra vir ons daelikse brood, kyk hy in ons harte om te sien of ons dieselfde sal deel met hulle wie behoeftiger as ons is.

      Die weduwee en die wees het die sterkste aansprake op ons tederlike simpatie (Jakobus 1:27). Hulle is die teiken van Yahuwah se spesiale sorg. Hulle word geleen aan Yahushuane as trust aan Yahuwah. Om lief te hê en te arbei is die somtotaal van lewe, en tog hoeveel dink hulle lewe, wie nóg arbei en nóg liefhet.

      8. VRIENDELIKE WOORDE   

      “Vriendelike woorde is soos `n heuningkoek; soet vir die siel en `n genesing vir die gebeente.” – Spreuke 16:24

      Wat Is Die Belangrikheid van Vriendelike Woorde?

      heuning koekIn hul boek Food and Love, het Gary Smally en Rex Russel die volgende navorsing wat baie openbarend is saamgestel:

      Mediese wetenskap het die effek van kroniese rusie op `n persoon se gesondheid ondersoek en gevind dat paartjies en kamermaats wie gereeld stry neig om meer siektes te hê as mense in liefderyke verhoudings. Diegene wie voortdurende bakleiery het ly aan die verswakking van die immuunsisteem en is oor die algemeen minder gesond as diegene wie liefdevol optree teenoor vriende en familie.

      `n Ondersoek van studente aan die Yale Universiteit het ontdek dat kamermaats wie nie van mekaar hou nie het vér meer verkoues en griep en besoek die dokters meer as die kamermaats wie van mekaar hou – en hoe groter die weersin- hoe hoër die aantal siektes.

      “Daar is een wat onverskillige woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing.” – Spreuke 12:18

      Navorsers in die Ohio State University Medical Center het 90 paartjies in `n laboratorium gebring en hulle versoek om `n saak op te los waaroor hulle twis; `n voortdurende 24 uur monitering van hul bloed het getoon dat paartjies wie hoë vlakke van vyandigheid gewys het merkbare agteruitgang op agt vlakke van die mens se immuun sisteem getoon.

      Navorsers aan die Cambridge University in Engeland het gevind dat paartjies wie gedurig stry 13 keer meer geneig is om ernstige siektes te ontwikkel as paartjies wie weinig stry.

      “Van die vrug van iemand se mond word sy maag versadig ; hy word versadig van die opbrings van sy lippe. Dood en lewe is die mag van die tong: en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrugte daarvan eet.” –Spreuke 18: 20, 21

      Hoe Kan Ek Seker Maak Dat My Woorde `n Goeie Invloed Het?

      As jou gedagtes reg is, sal jou woorde reg wees. Dit is die beste vir elke persoon om noukerig te ondersoek met watter verstandelike voedsel ons ons breine mee voer. Skinderpraatjies, is `n vorm van kannibalisme, en sal nie gebesig word deur hulle wie voed op die Brood van die Lewe nie. Wanneer iemand plek maak vir `n woedende gees, is hy net so bedwelmd soos `n dronkaard.

      Om kwaad te raak is om soos `n klein dosis stadig-werkende gif elke dag van jou lewe te neem.” –Redford Williams, M.D., Anger Kills

      10. Kom Ons Raak Prakties

      HOE OM TE VERANDER?

      Spreek Jou Gesondheid Aan of dit sal Jou Aanspreek

      In 2006, het `n 35-jarige-Chinese man in Beijing wat deur die polisie op aanklagte van vuurwapens gesoek was, homself oorgelewer nadat hy agt jaar in `n grot wat hy opgerig het aan die agterkant van sy huis, geskuil. Na agt jaar, tenspyte van die moontlikheid van die doodstraf het die man  hom uiteindelik oorgegee aan die polisie omdat hy nie veel langer die “geestelike druk” kon hanteer nie. Die oes van ons lewensstyl gewoontes laat ons die vrugte pluk in die toestand van ons gesondheid. As ons besluit om nie slegte gewoontes te verander nie, is ons soos die man wat skuil in die spelonk wat voorgee om vry te wees terwyl hy in werklikheid gebonde is vir die onafwendbare.

      Om te talm is die grootste vyand vir hervorming. Dit is van belang om te ondersoek waar jy misluk, en dan die werk van hervorming te begin sonder getalm, `n klein tree op `n slag. Maak `n poging daarvan om die oorblywende krag van jou lewensenergie versigtig te bewaar, deur elke oortreding van Yahuwah se fisiese en morele wette te verwyder. Die tydsberekening van jou hervorming sal in jou guns tel van jou sukses; om te talm en nalatigheid sal dinge net moeiliker maak.

      Vra Vir die Genade van Yahuwah

      Die diepsinnigste en lang-durigste veranderinge in ons gedrag kom te weeg in die aanskoue van Yahuwah waar ons hulp vandaan kom. Nooit of te nimmer moet ons Hom uit die oog verloor nie. “Want sonder My,” sê Yahushua, kan julle niks doen nie.” Moet dit nie vergeet nie (Johannes 15:5) Wanneer jy Yahushua persoonlik ken, sal die Heilige Gees van Yahuwah in jou hart woon. Sodoende sal jy `n bron van sterkte hê en mag besit om groot veranderinge in jou lewe te maak.

      As jy bewus is van `n area in jou lewe wat verandering nodig het, praat met Yahuwah daaroor en lê die verandering wat jy verlang om te maak voor Hom. Wanneer jy op Sy sterkte steun en nie op jou eie nie, sal Hy jou nooit faal nie.

      As jy siek is en verlang om te herstel, moet die veranderinge dramaties en algeheel wees. Vra in geloof vir die waagmoedige karakter wat nodig is om verandering te maak en Yahuwah sal jou die mag en die wil gee om dit te doen. Die Woord leer ons, “Ek is tot alles in staat deur Yahushua wat my die krag gee.”  (Fillipense 4:13).

      Ons moet leer dat die seëninge van gehoorsaamheid, in hul volheid, kan ons s`n wees net as ons die genade van Yahushua ontvang. Dit is Sy genade wat ons die waagmoed gee om die gebooie van Yahuwah te bewaar. Dit is wat ons bemagtig om die bande van slegte gewoontes te verbreek. Dit is die enigste mag wat ons kan vorm en maak dat ons standvastig in die regte weg wandel.

      Yahuwah het in Sy wysheid die mens geskep met alle potensiaal om te groei en te verander. Die grootste ding wat enige persoon kan doen om sy gewoontes te verbeter is om homself aan sy Skepper toe te vertrou. Namate hy dit sal doen sal hy begin groei in die beeltenis van Yahushua Homself wie Sy Vader se hele morele en fisiese gesondheidswette gehou het.

      Neem  die Regte Gesindheid In    

      “Want soos hy in sy siel bereken, so is hy.” –Spreuke 23:7

      Wat jy dink, sê, ruik, voel en proe is alles afhanklik van hoe jy besluit wat om daarvan te dink. As jy deur die genade van Yahuwah besluit om gesondheidshervorming te koester, sal jy dit liefhê. As jy dit bejeën met skeptisisme en afsku, sal dit voel, lyk, ruik, en smaak tot `n groot mate na wat jy daarvan dink.

      Goeie Gesondheid is `n Gewoonte, Nie `n Gebeurtenis nie

      “`n Alles of niks” mentaliteit is die wyse om te seëvier. As jy nie by magte is om alles op een slag te doen of nie altyd nie, moenie stres nie, jy het nie nodig om jouself te oorweldig nie. Pas by net een verandering op `n slag aan, wanneer jy gewoond daaraan is, begin spoedig met `n nuwe goeie gewoonte.

      Elk tree wat jy na gesondheid gee sal jou goed doen. Sou jy glip, moenie tou opgooi nie. Dit is wat jy die meeste van die tyd doen, wat tel. Dit is nie die rare tye maar die gewone neigings wat goeie gesondheid bepaal.

      Een van die verskille tussen mense en diere is die wyse waarop hulle gedrags patrone verwerf. Diere volg instink. Hierdie kennis van gedrag is oorerflik. In kontras, alhoewel neiginge oorgeëerf is,  volg die mens aangeleerde gewoontes. Die meeste van wat ons doen, doen ons omdat ons dit van iewers geleer het. Gewoontes is gerieflik, want wanneer ons hulle eers gevestig het, het ons nie nodig om te wik en te weeg oor enigiets wat ons moet doen nie.

      Die goeie nuus is dat, eens wanneer jy `n gesonde lewenstyl vir lank genoeg gevolg het, sal dit `n lonende gewoonte wees om jou op die weg te hou met veel minder inspanning en beplanning. Beginselvastheid is die sleutel, en hoe meer dikwels jy betrokke raak in die gewoonte, hoe sterker en makliker raak dit.

      As ons al die dinge doen wat ons by magte is om te doen, sal ons onsself letterlik verbaas.”—Thomas A. Edison

      Ons kan nie te dikwels herinner word dat gesondheid nie sommer net so gebeur nie. Dit is die resultate van gehoorsaamheid aan Yahuwah se wette. Gehoorsaamheid aan hierdie wette is onder geen omstandighede `n beperking op vryheid nie, dit is in werklikheid `n onskatbare seëning wat ons van alle vrees en siektes bevry.

      Jy moet “nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.” (2 Korinthiërs 4:18). Die ruiling wat jy maak in die verloëning van selfsugtige hunkering en geneigdheid is `n inruiling van die waardelose en kortstondige vir die kosbare en ewigdurende. Dit is nie `n opoffering nie, maar `n ewige wins.

      “Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van Yahuwah, dat julle jul liggamme stel as `n lewende, heilige en aan Yahuwah welgevalle offer – dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan die wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en volmaakte wil van Yahuwah is.” –Romeine 12:1, 2, klem voorsien.


      Ons het alle paganistiese name van die Vader en die Seun uit die oorspronklike artikel verwyder, en het hulle vervang met die oorspronklik gegewe name. Boonop het ons die oorspronklike name van die Vader en die Seun  soos dit aangehaal was in die Skrifte, herstel soos dit oorspronklik geskryf is deur die inspireerde Bybelse skrywers.- WLK Span