Print

Hierdie Dag Saam Met Yahuwah


Nader tot Yahuwah, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges! Verneder julle voor Yahuwah, en Hy sal julle verhoog. (Sien Jakobus 4:8, 10)


In John Bunyan se opvolgreeks van sy tydlose klassieke werk, Pelgrim se Reise, stel hy `n oënskynlike onmoontlike paradoks voor: dit is beide makliker om verlore te wees en makliker om gered te word! Dit is makliker om verlore te gaan want dit vereis geen poging van enigeen om verlore te gaan nie. Almal het `n natuurlike neiging om te doen wat verkeerd is want almal is gebore met `n sondige geaardheid. Daarom is dit `n baie maklike en natuurlike ding om net “met die stroom te gaan” en verlore te wees.

Terselfdertyd is dit makliker om gered te word!

Want die weg van die oortreder is moeilik. Hy het nie `n morele kompas ook nie `n stem vanuit die hemel wat sê “dit is die weg, en wandel daarin.” ... ‘Dis maklik om gered te word want ...[Yahushua] het die prys vir ons verlossing betaal. Hy het ons lyding geneem en ons Sy vrede gegee. Hy het ons swakheid vir Sy sterkte verruil, ... ons sonde vir Sy regverdigheid. Soos Jesaja gesê het, “Deur Sy wonde het daar vir julle genesing gekom.”1

Yahuwah respekteer almal se reg na vryheid van keuse. Hy sal niemand dwing om redding te aanvaar nie. Want almal is gebore met `n natuurlike neiging om verkeerd te doen, as enigeen nie aktief kies om gered te word nie, sal hy of sy, deur versuim, verlore gaan.

Baie mense sal verlore bly terwyl hulle begeer om gered te word. Sulke indiwidue het hulle nie onderwerp aan die reinigende, suiwerings proses wat hulle sou gevorm het tot die goddelike beeld, gepaste kandidate vir die Hemel nie. Hulle het die gawe van ewige lewe begeer, maar nie `n persoonlike verhouding met die Lewe-gewer nie. Die daaglikse opofferings wat vereis word van almal wat die ewige lewe sou beërwe, was weerstaan en die werk van transformasie het op die oppervlak gebly. Dit het nie tot die skuilhoeke van die hart, gedagte en siel deurgedring nie.

As jy die ewige lewe wil beërwe, sal dit jou alles kos. Dit sal toewyding aan jou doel vereis en `n gewilligheid om alles op te offer wat in jou pad staan. Maar redding en die ewige lewe kan nie  “bereik” word deur enigiets wat jy doen nie. “Want uit genade is julle gered, deur die geloof,en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van [Elohim]; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.” (Efesiërs 2: 8, 9)2

man standing on stairsDie vrye gawe van redding kan alleenlik verwerf word deur voordurende oorgawe van die eie ek. Eerder as `n stap-vir-stap proses van bekwaamhede, om jou weg na die Hemel te open, is dit `n stap-vir-stap proses na benede na volle en totale oorgawe. Deur daagliks minder en minder in jou eie oë te wees, soos jou aandag vir altyd ten volle op die Redder verenig. Die proses van daaglikse oorgawe van jou wil na die hoër wil van jou Maker laat jou geen ruimte om te roem nie. Maar dit is van kardinale belang as jy gered wil wees.

Dit is hier wat baie mense sukkel om die kennis van redding te verstaan. Die gevoel van wonderlike gevoelens van vreugde en vrede toe hulle die eerste keer die Redder aanvaar het, het te veel mense aangeneem dat “een keer gered hulle altyd gered is.” Ander maak weer die fout: hulle word in die versoeking gebring om te voel dat tensy hulle al daardie mooi, warme, snoesige gevoelens ervaar wat ons almal geniet om te voel, hulle verlore is.

Nie een van die twee is waar nie. Yah sal nooit die wil dwing nie. `n Persoon wat eendag gered is, kan op `n later stadium van plan verander. Niemand sal teen hul wil gered word nie. Terselfdertyd, goeie gevoelens of te kort daaraan, is geen indikasie van of redding of verlore wees nie. Goeie gevoelens is Yahuwah se gawe om te gee. Jou deel is om elke dag die beloftes deur geloof te eis soos jy jouself aan Hom oorgee. “Geloof is joune om uit te oefen as die gawe van [Yahuwah]. Jy hoef nie tussen hoop en vrees en moedeloosheid te wissel nie. Wees verseker dat as jy [Yahuwah] nader, sal jy sekerlik weet dat Hy tot jou nader, om jou siel te voed, en aan te moedig, en te verryk.”3

Die beste tyd om `n volle oorgawe aan jou Maker te maak is die eerste ding in die oggend wanneer jy wakker word. In die begin van die dag, wanneer die gedagte skoon en nie in `n warboel is met die sake van die dag nie, ruim tyd in om saam met Yahuwah te spandeer.

Wy jouself toe aan [Yahuwah] in die oggend; maak dit jou eerste groot werk. Laat jou gebed wees, “Neem my, O [Yahuwah] om ten volle aan U te behoort. Ek lê al my planne aan U voete neer. Gebruik my vandag in U diens. Vertoef met my, en laat al my werk in U gesetel wees.” Dit is `n daaglikse saak. Wy jouself elke oggend aan Yahuwah toe vir daardie dag. Gee al jou planne aan Hom oor, om uitgevoer te word of om opgegee te word soos Sy voorsienigheid uitwys. Sodoende sal jy dag na dag jou lewe in die hande van [Yahuwah] gee, en dan sal jou lewe meer en meer gevorm word volgens die lewe van [Yahushua].4

As jy nie kan onthou om dit eerste ding in die oggend te doen nie, vra Yahuwah om jou te help. Die beste manier om `n gedagte te hê wat na Yahuwah keer eerste ding in die môre, is om aan Hom te dink en te bid die laaste ding in die aand. Soos jy aan die slaap raak, vertrou jou weer toe aan Yahuwah. Dank Hom vir Sy sorgsaamheid deur die dag en die vele seëninge wat jy van Hom ontvang het. Dit sal jou gedagtes help om in voeling te wees met die Skepper van die eerste ontwakingsoomblikke want die verstand is geneig om na die gedagtes te gaan wat jy gehad het toe jy gaan slaap.

Daar is vyf basiese areas wat jy moet oorgee aan Yahuwah elke dag. Hulle is:

  1. Wil
  2. Gedagte
  3. Liggaam
  4. Tyd
  5. Geld

Begin jou gebed deur Yahuwah te verheerlik. Nie net verheerlik dit Hom nie, maar die dankbaarheid wat jy sal voel wanneer jy Sy vorige goedertierenheid onthou, sal jou geloof versterk om te vra vir huidige behoeftes.

Wil

Die oorgawe van die wil is argumentsomshalwe die belangrikste ding wat jy kan doen in samewerking met Yahuwah vir die redding van jou siel. Dit is in die oorgawe van die wil waarin meeste mense misluk om te verstaan die rol wat hulle moet speel in samewerking met Yahuwah.

Baie vra, “Hoe moet ek myself oorgee aan [Yahuwah]?” Jy begeer om jouself aan Hom te gee, maar jy is swak in morele krag, in slawerny aan twyfel, en beheer deur die gewoontes van jou lewe van sonde. Jou beloftes en voornemens is soos toue van sand. Jy kan nie jou gedagtes, jou drange, jou gevoelens beheer nie. Die kennis van jou verbreekte beloftes en young woman prayingverbeurdverklaarde waarborge verswak jou selfvertroue in jou eie opregtheid, en laat voel jou dat [Yahuwah] jou nie kan aanvaar nie; maar jy hoef nie te twyfel nie. Wat jy moet verstaan is die ware krag van die wil. Dit is die regerende mag in die natuur van die mens, die krag van besluite, of van keuses. Alles hang van die regte aksie van die wil af. Die mag van keuse wat [Yahuwah] vir die mens gegee het; is hulle s`n om uit te oefen. Jy kan nie jou hart verander nie, jy kan nie uit jouself aan [Yahuwah] sy gevoelens gee nie; maar jy kan kies om Hom te dien. Jy kan Hom jou wil gee; Hy sal dan in jou werk om te wil en te doen volgens Sy goeie plesier. Dus word jou hele natuur onder die beheer van die Gees van [Yahushua] gebring; jou gevoelens sal op Hom gesentreerd wees, jou gedagtes sal in harmonie wees met Hom.

Begeertes vir goedheid en heiligheid is reg so ver hulle strek; maar as jy hier stop, sal hulle niks baat nie. Baie sal verlore wees terwyl hulle hoop en begeer om Christene te wees. Hulle kom nie tot die punt om die wil oor te lewer aan [Yahuwah] nie. Hulle kies nie nou om Christene te wees nie.

Deur die regte oefening van die wil, mag `n totale verandering in jou lewe gemaak word. Deur oorgawe van jou wil aan [Yahushua], verenig jy jouself met die krag wat bo alle vorstedom en kragte is. Jy sal krag kry van bo om jou standvastig te hou, en dus deur konstante oorgawe aan [Yahuwah] sal jy in staat wees om die nuwe lewe te lei, selfs die lewe van geloof.5

Satan sal streef om jou bang te maak met die gedagte dat Yahuwah jou wil sal vrslaaf, jou dwing om te doen wat jy nie wil doen nie. Verban sulke gedagtes. Hulle kom van die vyand. Dwang is `n beginsel van Satan se koninkryk, nie Yahuwah s`n nie. Jou Vader in die Hemel het Sy Seun opgeoffer om jou vryheid van keuse te waarborg. Hy sal nooit jou wil forseer nie. Dit hang van jou af om te kies of jy jou wil aan Hom wil oorgee of nie.

Filippense 2:12 en 13 vermaan almal “werk julle eie heil uit met vrees en bewing. Want dit is [Elohim] wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.” Verstaan dat as jy nie jou wil oorgee aan Yahuwah nie, sal jy deur versuim, `n slaaf word aan die wil van Satan.

Gedagtes

Min mense besef dat dit hul plig is om hul gedagtes te beheer. `n Mens wie nie sy gedagtes beheer nie is meer vatbaar om gevange geneem te word deur liggaamlike passie. Satan sal hom verlei smiling man wearing a suitom die vrouens rondom hom te begeer. In hierdie moderne wêreld, waar so baie vrouens onwelvoeglik geklee is, sal net die man wie beheer van sy gedagtes aan Yahuwah oorgegee het, beheer oor sy gedagtes en liggaam behou.

Vrouens moet ook hulle gedagtes beheer. In die onophoudelike rondte van daaglikse pligte, is dit `n eenvoudige ding om die gedagte te laat dwaal na dagdrome en onproduktiewe idees. Amal wie toelaat dat die gedagtes eenvoudiglik heen en weer dwaal, bied openlike uitnodigings aan Satan wie altyd gereed is om onsuiwer gedagtes en emosies voor te stel.

Wanneer die sonde uiteindelik in die lewe uitgevoer word, is dit die resultaat van `n lang proses wat begin met die sonde in een se gemoet. Korrupsie in die hart kom te staan voor versoeking van buite en die persoon word dan `n prooi vir Satan.

Die belangrikheid van oorgawe selfs van een se gedagtes aan Yahuwah word onderskryf in 2 Korinthiërs:

(Want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur [Elohim] om vestings neer te werp,) terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van [Elohim], en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan [Yahushua] .... (2 Korinthiërs 10: 4, 5)

In die begin kan die beheer van een se gedagtes oorweldigend moeilik lyk. Maar moet nie opgee nie. As dit begin dwaal, bring dit in nederigheid weer na Yahuwah terug. Hy het belowe om ook in dié area te help.

Soek [Yahuwah] terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is. Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot [Yahuwah] bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse [Elohim], want Hy vergeef menigvuldiglik. (Jesaja 55: 6, 7 OV)

Liggaam

Yahuwah het die hoër natuur geskep, die voorhoofs lob van die brein om die liggaam te beheer. Na sondes ingetree het, het die laer natuur gesentreer aan die basis van die brein in die agterkant van die skedel, oorheers. Eerder as wat `n persoon se verstand sy wellus, begeertes en aptyte beheer, dikteer en dring die redes, aksies, wellus, begeertes en aptyte van die laer natuur hom en sy optredes in die geval.

Soos met die wil en gedagte is dit belangrik om jou liggaam aan Yahuwah oor te gee op `n daaglikse basis. “Of weet julle nie dat julle liggaam `n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van [Elohim] het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik [Yahuwah] dan in julle liggaam en in julle gees wat aan [Yahuwah] behoort.” (1 Korinthiërs 6: 19, 20 OV)

Sonder om te let op versoekings, as jy jou wil en jou liggaam aan die Redder oorgegee het, sal Hy jou al die krag gee om te oorwin. Jy kan meer verower deur Hom wie jou liefgehad het. (Sien Romeine 8: 31-37.) “Geen versoeking het julle aangegryp behalwe `n menslike nie; maar [Elohim] is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.”(1 Korinthiërs 10:13)

Yahushua was versoek in elke areas waarin jy was – en meer! Hy ken die kragte van versoeking wat jou in die gesig staar, en net die hoeveelheid goddelike hulp om te stuur in jou stryd vir oorwinning. In Sy mag kan jy:

Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van [Elohim], dat julle jul liggame stel as `n lewende, heilige en aan [Elohim] welgevallige offer – dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van [Elohim] is. (Romeine 12: 1, 2)

Tyd

Tyd is nie iets wat mense gewoonlik aan dink as iets wat aan Yahuwah oorgegee moet word nie. Maar tyd is `n kosbare gawe. Almal het tyd gemors maar die nabyheid van Yahushua se Wederkoms bring `n plegtigheid na alle strewe. Elke dag wat verby gaan, is een dag nader na die einde; een dag minder van proef tyd.

Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is. Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van [Yahuwah] is. (Efesiërs 5:15-17)

Soos jy jou tyd aan Yahuwah oorgee, sal Hy jou lei en rigting gee. Nie net sal Hy jou lei op die weg wat in jou beste belang is nie, maar Hy sal jou lei soos jy sou kies as jy kon in die toekoms sien soos Hy kan. Hy het belowe, “Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.” (Psalms 32:8)

Jy sal jou grootste geluk en mees eindelose sukses vind wanneer jy jou tyd oorgee aan Yahuwah. Die werk bereik onder Sy leiding sal beloning bring wat strek tot in ewigheid want Yahuwah sal al jou pogings seën en `n oorvloedige mate! (Sien Korinthiërs 3:6) Daarom,          

Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees. (Mattheüs 6:19-21 OV)

Geld

Baie mense verwys verkeerdelik na tiende as “`n rekenin wat betaal moet word.” In werklikheid, behoort alles aan Yahuwah, as die Skepper. Hy het ons genadelik toegelaat om 9/10 te gebruik van alles wat Hy ons gegee het. Al wat Hy inruil vra is 1/10.

world currencies (U.S. dollars, Euros, etc.)Maar die offergawe van jou geld aan Yahuwah omvat vér meer as net terugbesorging van `n tiende. Dit is toewyding van die fondse wat jy beskikbaar stel vir aanwending volgens Sy verlange. Daar is geen gevaar in dit want Hy weet wat jy nodig het en het belowe om te daarin te voorsien. (Sien Mattheüs 6:24-34) Daarom is dit onmoontlik om Yahuwah te oortref in uit-gawes! Hy het jou geld voorsien. Wy die gebruik daarvan aan Hom toe. Soos Hy jou lei in die gebruik daarvan, sal jy vind dat Hy vir Sy eie sorg.

Geld dra met dit die verantwoordelikheid om `n wyse rentmeester te wees van dit sodat as een van Yahuwah se kinders `n behoefte het wat Hy op jou hart lê, sal jy in die posisie wees om dit te kan doen. “Wie hom ontferm oor die arme, leen aan [Yahuwah]; en Hy sal hom sy weldaad vergelde.” (Spreuke 19:17, OV) Die geskenk van jou geld aan Yahuwah verskaf die grootste finansiële sekuriteit waarop jy kan hoop want Hy ken die toekoms. As jy jou geld op `n sekere manier wil spandeer maar eerste jou verlange aan Hom oorgee, sal Hy jou belange beskerm. Omdat Hy die toekoms ken, kan Hy kan jou beïndruk om nie jou geld op `n sekere manier te spandeer as nie, want  oor `n paar dae mag daar `n groter behoefte opduik waarvoor jy die geld nodiger sal kry.

Soos jy elke area oorgee aan jou liefdevolle Vader, vertrou in Sy liefde en wysheid, doen vier dinge:

  1. Vra Yahuwah om jou hart te ondersoek, ook tot die dieptes wat jy nie kan bereik nie en nie ken nie. Maak Dawid se gebed joune: “Deurgrond my, o [Elohim], en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my `n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!”(Psalms 139:23,24) Luister vir die aansporing van die Heilige Gees. Hy is belowe aan jou om “die wêreld te oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel.” (Johannes 16:8, OV.)

    Soos die verskeie areas oorgegee en hersien word; as daar enige punte is wat die Heilige Gees onder jou aandag bring, erken hulle, eis die belofte van 1 Johannes 9: “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.” (OV). Ontvang met dankbaarheid Sy vergifnis en toegeskrewe regverdigheid vir jou sondes.

  2. As daar enige areas is wat jy weet jy sukkel, areas wat jou pyn, bekommer, verwarring of vrees veroorsaak, vertel jou Vader net hoe jy voel. As jy wil bid, sal Hy `n oor het om te luister en `n arm om te red.

    Lê jou behoefte, jou vreugdes, jou hartseer, jou sorge, en jou vrees voor [Yahuwah] neer. Jy kan Hom nie belas nie; jy kan Hom nie vermoei nie. Hy wie die hare op jou hoof tel isolder woman prayingnie onverskillig ten opsigte van die behoefte van Sy kinders nie, “ Die Here is vol medelye en ontferming.”(Jakobus 5:11). Sy hart van liefde word geraak deur ons hartseer en ook deur ons uitinge daarvan. Neem alles na Hom wat die verstand verbyster. Niks is te groot vir Hom om te dra, want Hy hou die wêrelde omhoog. Hy heers oor al die sake van die heelal.

    Niks wat op enige manier ons vrede raak is vir Hom te klein om raak te sien nie. Daar is geen hoofstuk in ons ondervinding vir Hom te donker om te lees nie; daar is geen verborgenheid te moeilik vir Hom om te ontbloot nie... Die verwantskap tussen [Yahuwah] en elke siel is so afsonderlik asof daar nie `n ander siel op aarde was om sy sorgsaamheid te deel nie, nie `n ander siel vir wie Hy Sy geliefde Seun gegee het nie.

    Lê al julle laste op Yahuwah. Hy is die groot las draer. Ontvang Sy gerusstellende vrede en vreugde, Sy wysheid en krag.

  3. Kies bewustelik om beheer oor te gee van alles in daardie sekere area  van jou lewe aan Yahuwah. Sit dit in woorde om.

  4. Kwoteer die Bybel verse wat toepaslik is vir jou situasie. Die beloftes is vir almal wie in gehoorsaamheid lewe, gee oor aan Hom. Hulle is vir jou. Eis hulle!

    Vertrou op [Yahuwah] met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou wee, dan sal Hy jou paaie gelykmaak. (Spreuke 3:5,6 OV)

Moet nie bekommerd wees of aan twyfel ingee as dit in die begin lyk jy nie veel leiding in jou tye van  gebed ontvang het nie. Jou gebed is verhoor, nie omdat jy voel dat dit gehoor is nie, maar omdat Hy belowe het om te luister. Daar is geweldige krag in gebed en as jy bid, sal Hy luister en antwoord. “Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in [Yahuwah] is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.” (Romeine 8:1 OV)

En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van [Elohim] vir die heiliges intree.

Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As [Yahuwah] vir ons is, wie kan teen ons wees? (Romeine 8:26-27, 31, OV)

Rus in die versekering van Sy liefde en sorgsaamheid. Nooi Hom om saam met jou regdeur die dag te wandel. Weet dat jy aanvaar is in die Geliefde – nie oor enige goedheid in jou, maar omdat Hy goed is, en Hy belowe het om jou te aanvaar.


1. Christiana: The New Amplified Pilgrim’s Progress, Part II, bl. 178

2. All Scripture verses are taken from the King James Version unless otherwise noted.

3.  E.G. White, Manuscript Releases, Vol. XIV, bl. 276.

4. White, Steps to Christ, bl. 70.

5. Ibidem, bls. 47-48.

6. Ibidem, bl. 100