Print

Huwelik in die Hemel Gemaak

Gelukkige paartjieYahuwah het die mensdom geskape om op ‘n spesiale manier sy karakter van liefde bekend te stel. Die Skrif sê: En Elohim het die mens geskape na Sy beeld, na Sy beeld het Elohim hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.  Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en  sy vrou aankleef en hulle sal een vlees wees. (Sien Genesis 1:27 & 2:24).

‘n Paartjie wat verenig is in hulle toewyding tot Yahuwah kan ‘n groot invloed vir goedheid in die wêreld hê. Die huis van so ‘n eenheid kan ‘n klein hemel op aarde wees in voorbereiding vir die Hemelse Kanaän. Om ‘n sukselvolle huwelik  te hê en die verwesenliking van Yahuwah se plan vir die mees intiemste verhoudings, is dit baie belangrik om die regte lewensmaat te kies.

Satan weet wat die belangrikheid is om die regte persoon te trou en is daarop uit om die Vader se wyse plan om ver te werp deur persone met mekaar te laat trou wat nooit vir mekaar bedoel is nie. Meeste jongmense het nie ‘n korrekte begrip van hoe om die regte maat te kies nie.  Boeke, gewilde musiek en flieks gee ‘n valse idee van liefde en die huwelik.  Om “verlief” te wees word bevorder as noodsaaklik vir ware geluk en emosionele vervulling in die lewe.

Ewenwel, die “liefde” wat deur die wêreld voorgestel word, is verwarrend en teenstellend.  Wanneer jong mense deur die wêreldse weergawe van “liefde”dronkgeslaan is, vra hulle altyd, “Hoe sal ek weet wanneer ek werklik verlief is?”  Die gewone reaksie is `n onbehulpsame, afkerende, “As jy moet vra, is jy nie!”

Satan is hard besig om mense in rampspoedige huwelike te lei.  Hy kry dit reg grootliks deur mense`n verkeerde begrip te gee van hoe om ‘n maat te kies.  Die wêreld se sukses in die keuse van ‘n maat deur middel van verhoudings kan gesien word in die egskeiding statistieke.  In die Verenigde State alleenlik, eindig 50% van huwelike in egskeidings.  Van die 50% wat getroud bly, is baie van die huwelike ongelukkig.

Ongelukkige paartjieDie wêreld se standaard om in die huwelik te tree is “om verlief te raak” op ‘n ander persoon.  Geen ander vereiste word in ag geneem nie.  Menigtes aanvaar dat as hulle iemand liefhet en die ander persoon hulle liefhet, dat dit al is wat nodig is vir ‘n goeie huwelik.  Die werklikheid  van die lewe en onverenigbaarheid van persoonlikhede en lewens doelwitte word wan voorgestel met die aandrang dat “Liefde alles oorkom!” en dat “Liefde ‘n uitkoms sal vind!”  Hierdie metode om ‘n maat te kies is sonder uitsondering bestem tot mislukking omdat dit gebaseer is op 1) die vrou se emosies; en 2) die man se seksdrange.

As die man die vrou kan oorhaal dat hy haar bo andere verkies, sal sy met hom trou en hom gee wat hy van haar wil hê: seks.  Daarom, in Satan se skyn, is geen man of vrou besig om hul Yah-gegewe redenerings vermoë  te gebruik nie.  Sonder om dit agter te kom, maak hulle gebruik van hul klein brein om lewensveranderende besluite te neem.

Dit is nie Yahuwah se metode om `n lewensmaat te kies nie.  Indien ‘n huwelik gevorm was volgens die wêreld se manier en uiteindelik suksesvol is, moet die paartjie aan beweeg en `n stewige fondasie vorm, een wat die gemeenskaplike doel het om Yahuwah indiwidueel te dien en die maat onbaatsugtiglik.  Vandag se moderne uitgaan wyse is Satan se teenoorgestelde vir ware, goddelike hofmakery. Almal wat wens om Yahuwah in hulle lewens en hul huwelik, te vereer sal die valse standaarde van wêreldse uitganery opsy sit en ‘n maat kies in ‘n wyse wat Yahuwah eer.

Daar is sekere stappe wat ‘n persoon moet volg om ‘n lewensmaat te kies wat Goddelike seëning op hulle het:

  1.  Gebruik jou kop, jou beste analise.
  2. Kyk vir ‘n goddelike stamboom.
  3. Maak hof, moenie uitgaan nie.
  4. Voer `n Onderhoud!
  5. Soek goddelike raad.

Gebruik jou kop

Dit kom baie eenvoudig voor, maar is nie.  Dit is baie belangrik dat ‘n lewensmaat rasioneel, logies en volgens Hemelse standaarde gekies word.  Om seksueel aangetrokke tot die ander persoon te voel, is in hierdie stadium irrelevant.  Nou is dit die tyd om te analiseer en te bepaal of die ander persoon ‘n geskikte maat sal wees.

In teenstelling hiermee dring die wêreld daarop aan  dat ‘n vrou haar fisies aantreklik moet maak vir `n man sodat hy haar seksueel sal begeer.  Dit word beweer dat as daar nie seksuele aangetrokkenheid is nie, daar nie ‘n standhoudende verhouding sal wees nie.  Dit verwyder die proses vanaf die hoër gesag van jou denke om deur niks meer so werklik as die swak, onbesliste dierlike passies waaroor alle primate beskik, beïnvloed te word nie.  Dit vorm nie die basis vir ‘n standvastige en genotvolle huwelik nie.

Soek vir `n goddelike stamboom

Teel perdPerde telers weet dat as jy ‘n volbloed perd met ‘n ponie kruis, sal die vulletjie nie ‘n volbloed perd sal wees nie. En tog is mense baie minder versigtig in die keuse van hul lewens maats!  Dit is ‘n wetenskaplike feit dat fisiese en geestelike tendense oorgedra word van generasie tot generasie.  ‘n Persoon wat uit ‘n gesin afkomstig is waar daar sterk gedrink word, harde lewens geleef word,  sal dieselfde versoekings en oorerflike tendense hê wat iemand van ‘n onthoudende agtergrond nie sal het nie.  Netso, ‘n persoon wie se ouers, grootouers en groot voorouers dit hulle lewens beginsel gemaak het om die waarheid te volg, ongeag die koste daaraan verbonde, sal ‘n meerderwaardige geestelike afkoms het wat hulle die krag in alle lewens aanslae sal gee.

Wanneer jy dink aan wie om jou lewensmaat te wees, moet jy kyk na iemand met ‘n goddelike aanslag.  Baie kere word gedragsgewoontes wat gevorm is in die vroeë kinderjare, versteek en kom dit na vore in die middeljare.  Dit kan lei na groot ongelukkigheid en verdriet as een persoon smag om Yahuwah te volg en die ander keer terug na die invloede van vroeë kinderjare en die swakhede wat hulle oorgeërf het.

Hof maak in plaas van uitgaan.

Uitgaan, wanneer dit gedefinieer word as rond vryery met die hoop om “Die Een” te vind, is ‘n teenoorgestelde van die Hemels- geseënde hofmakery. Dit sal nooit ‘n geskikte maat vind soos Jong peinsende man van Afrika-oorspronghofmakery dit kan doen nie.  Tydens ware hofmakery, oorweeg ‘n jong man die dames van sy belangstelling.  Hy analiseer dan watter een van hulle die mees geestelikste is en wie is meer oorgehaal om Yahuwah te volg.  Hy sal vas stel of haar geloofsoortuigings dieselfde is as sy eie.  Dit is van kardinale belang want die vrou is tipies die een wat die grootste rol speel in die dag- tot-dag opvoeding van enige kinders wat die gevolg is van hulle verbintenis.

Oorweeg versigtig die vroue van jou belangstelling.  Moenie haastig kies nie, en ook nie onmiddelik nie, want die regte keuse bepaal jou toekomstige tevredenheid en geluk en die welsyn van julle kinders. (“Wife”, The Book of Morals & Precepts, Book III, Hoofstuk 16)

`n Wyse man sal ook die vrou se gemoedsgesteldheid in ag neem. Is sy emosioneel sterk. Sal sy  tot hulp vir hom wees, deur by hom te staan om die lewe se opdraendes en triomfe aan te durf?  Het sy ‘n kalm, vredeliewende gees wat die harmonie in die huis verseker en die geestestoestand van die kinders, wat aan haar sorg toevertrou is.  Het sy die wysheid om ‘n vertrouenswaardige maat te wees?

Daar is een keuse van ‘n vrou oop vir die wyse man: die beste vrou wat hy ken .  .  . Jou vrou sal, indien wel gekose jou smarte halveer en jou geluk verdubbel.  Indien jy onverstandig kies sal sy jou smarte vermeerder en jou vreugde verdun met smart. (“Wife,” The Book of Morals & Precepts, Book III, Hoofstuk 59).

Alles word gedoen alvorens hy die jong vrou benader.  ‘n Staatmaker vrou kan ‘n groot seëning  wees vir ‘n man.  Hy soek nie ‘n vrou wat ‘n bietjie meer is as net ‘n klein dogter, wat sy toestemming en leiding vir elke kleinigheid moet hê nie.  Soos sy tyd en energie altyd ingespan word vir die daarstelling van ‘n inkomste, sal ‘n wyse man ‘n vrou soek wat ‘n ware kameraad en medewerker in die gesinsverband is.

Wie sal `n deugsame vrou vind? Want haar waarde is ver bo korale.  Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie.  Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe.

Sterkte en eer is haar kleed, en sy lag oor die dag wat kom. Haar mond maak sy oop met wysheid, en vriendelike onderrigting is op haar tong. Opmerksaam gaan sy die werksaamhede van haar huis na en die brood van luiheid eet sy nie.

Haar seuns tree op en noem haar gelukkig, haar man ook, en hy prys haar:

Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid. `n Vrou wat Yahuwah vrees, sy moet geprys word.  (Sien Prediker 31:10–12, 25-28, 30.)

Jong vroutjie wie besluit watter weg om te wandelNet so moet `n jong vrou, die voorgenome maat analiseer.  Sy moet nie verlangend sit en wag vir `n huweliksaanbod om haar lewe te vervolmaak nie.  Paulus waarsku:  Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? (2 Korinthiërs 6:14, OV).  ‘n Huis waar ‘n man en vrou nie gelyk verbonde tot die gedienstige bediening van Yahuwah in alles is nie, is ‘n huis  waar die skadus nooit lig nie.

Dink aan die Ware Man, die man wat uitreik na goddelikheid.  Hy is die man in wie [Yahuwah] oorwin het.  Hy is [Yahuwah] se uitverkorene  .  .  . 

Die vrou wat sê, “Ek sal geen man s`n wees indien hy nie ‘n Ware Man is nie,” is `n maker van Ware Manne en wie die doel dien van [Yahuwah] .  .  .

Daar is twee tipes vroue, ware vroue en algemene vroue.  Die algemene vrou is ‘n geskikte maat vir die swakkeling en die ware vrou is ‘n geskikte maat vir die Ware Man.  Maar in die bedeling van die lewe is dit so dat algemene vroue die Ware Man as man sal begeer, en die swakkelinge sal die ware vroue wil verlei.  Daarom, die Ware Man moet wys genoeg wees om  die verskil tussen `n algemene vrou en `n  ware vrou te ken, en die ware vrou moet  die verskil tussen `n Ware Man en ‘n swakkeling uitken. (Uittreksel uit The Great Book of the Sons of Fire.)

‘n Jong vrou het die verantwoordelikheid teenoor Yahuwah om seker te maak dat sy nie haar lewe verenig met een wie se invloed die geestelike opvoeding wat sy aan  haar kinders sal gee, vernietig nie.  Sy moet analiseer of die man wie haar hand in die huwelik soek, ‘n maat vir haar gaan wees, net soos sy soek om ‘n maat vir hom te wees.

Baie keer, in vandag se ekonomie, word vroue onder druk geplaas om buite die huis te werk om die gesin te onderhou.  Dit ewenwel verdubbel die vrou se werk omdat sy primêr verantwoordelik is vir die huishouding en die kinders.  Te dikwels, is die man  tevrede om die vrou in beheer van kosvoorbereiding, skoonmaak, inkopies en kinders baar, te maak,  maak nie saak of sy ekstra werk aanneem om ‘n inkomste te verdien nie.  As hy wel bydra tot die huiswerk, is dit op die vrou se versoek eerder as die ware verdeling van die huislike pligte.  ‘n Jong vrou moet vasstel of die man wie sy wil trou wel gelowig sal wees om haar helper te wees, om haar te beskerm en haar dinge te vergemaklik met sy groter krag, net soos sy beplan om hom te help en sy lewensmaat te wees.  Sal hy vir haar en die toekomstige kinders voorsien sodat sy haarself sal opdra aan die huishouding en kinders?

Voer `n Onderhoud!

Onderhoud met `n potensiële maatOm ‘n lewensmaat te kies is een van die mees belangrikste besluite wat jy kan maak.  Jou keuse het verrykende gevolge vir die res van jou lewe.  Om die geskiktheid van jou maat te bepaal is baie belangrik op die stadium.  In byvoeging om die geskiktheid van julle geestelike geloof en praktyke te bepaal, is dit belangrik om die karakter eienskappe, hom/haar drumpel vir opheffing en kritiek, houding rondom die teenoorgestelde geslag, ouers, kinders, geld, familie lewe, ensovoorts vas te stel.

Die beste geheim in die huwelik is GEEN geheim.  Met Yahuwah se seën, probeer om die persoon so goed te leer ken sodat daar geen “onaangename verrassings” is nadat jy “Ja” gesê het nie.  Na die rasionele analisering van die voorgenome maat tot die beste van jou vermoë, is die hofmaak tyd die beste tyd om die ander persoon te ondervra.  Dit kan op ‘n vriendelike wyse gedoen word, deur middel van besoeke. Maar laat die gesprekke geld; leer so veel as moontlik van die ander persoon.  Vra vrae! Vra vrae wat nie met ‘n ja of ‘n nee geantwoord kan word nie.  Vra in‘n neutrale toon.  Jy wil nie die ander persoon se reaksie beïnvloed nie.  Jou doelwit op die stadium is om die persoon te leer ken.  Jy kan dit nie doen as jy die hele tyd van jouself praat nie.

Dit is belangrik om jou eie ambisies te verstaan.  Ambisies is meer as hoop, drome en planne.  Ambisies is doelwitte wat nie geïgnoreer kan word nie of suksesvol negatief beïnvloed kan word nie.  Indien julle ambisies in konflik is, dan is die persoon nie die geskikte een vir jou nie. Selfs paartjies waar albei Yahuwah liefhet, as hulle nie dieselfde doelwitte deel nie, moet hulle nie in die huwelik tree nie.  Dit beteken nie dat die een persoon reg is en die ander verkeerd nie. Yahuwah mag jou geroep het om ‘n ander werk vir Hom te doen.

Jy moet ook leer wat die persoon se afkering/ teenkanting is, waarvan hy nie hou nie. Julle hoef nie dieselfde afkerings te hê nie, maar jy moet seker maak dat jou afkerings nie bots met die volgende persoon se ambisies nie.  Afkerings en ambisies wat julle in gemeen moet het sluit in geestelike geloof, geld, lewenstyle en opvoeding van kinders.

Vra Goddelike raad

Isak se huwelik met Rebekka is ‘n goeie voorbeeld van hofmakery en ‘n huwelik wat die Hemelse seëning gehad het. Toe Isak ‘n vrou gesoek het, het hy Yahuwah se raad gehad met die hulp van sy vader en sy vader se getroue diensknegte. Die eerste vereiste was dat sy `n goddelike vrou moet wees. Daar was baie beeldskone vroue naby waar Abraham en Isak gebly het, maar meer as net fisiese skoonheid was gesoek.  Skoonheid van karakter wat net afkomstig is deur die transformasie van die hart tot in die Goddelike beeld was wat hulle vir Isak gesoek het.

Toe die dienskneg gereis het vanaf Kanaän terug na Mesopotamië, na Abraham se familie, het hy gebid en gevra dat Yahuwah hom moet leiding gee in die keuse van ‘n vrou vir Isak.  Yahuwah het gehoor gegee aan die gebed en dit vereer.  Toe hy terugkeer na Kanaaän met Rebekah, het die slaaf Isak alles vertel wat hy gedoen het. So het Isak haar in sy moeder Sara se tent ingebring, en vir Rebekka gevat, en sy het sy vrou geword, en hy het haar lief gehad. (Genesis 24:66, 67, NV)

Kry van goddelike Advies van PappieAs jy geseënd is met godsdienstige ouers wat geloofwaardig is, moenie huiwer om raad by hulle te vra nie.  Die wysheid wat hulle gekry het deur lewenservaring kan ‘n groot hulp en seën vir jou wees wanneer jy ‘n lewensmaat soek.  Nie almal het ouers wat op so ‘n manier vertrou kan word nie.  Indien jy nie ‘n ouer het wat geheel en al oorgegee is tot die wil van Yahuwah nie, is  jy nie verplig om iemand te trou wat deur hulle gekies is nie. Jou heel eerste verantwoordelikheid is aan Yahuwah en om Hom te dien.  Al die ander verhoudings is ondergeskik daaraan.

As jy nie ouers het wat jou kan voorsien met goddelike raad nie, mag jy dit vra by ‘n ouer vriend, as hy beskikbaar is.  ‘n Mentor wat  Yahuwah vrees kan waardevolle insig gee in die soeke na ‘n lewensmaat.

As jy alleen is en jy het geen aardse vriend om advies te vra nie, kan jy altyd die raad van Yahuwah vra.  Hy sal jou moeder, jou vader, jou wyste gids en naaste vriend wees.  “Al sou my vader en my moeder my verlaat, . . . [Yahuwah] sal my onder sy sorg neem. . .” (Sien Psalm 27:10)  Jy kan altyd jou Hemelse Vader vir advies vra. “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van Yahuwah bid, en Hy sal dit aan hom gee, want Yahuwah gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.” (Jakobus 1:5, Hernude Name Geskrifte).

Yahuwah is verheug om gebede van geloof te beantwoord. Hy sal jou nie alleen laat in so ‘n belangrike saak nie. As jy alles oorlaat volgens Sy wil, sal  Hy  jou lei na veiligheid.  Om jou aan te moedig om die geloof te hê om te vra, sê Yahuwah:

“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat soek, kry, en vir elkeen wat klop sal oopgemaak word. Watter mens onder julle sal vir sy seun ‘n klip gee as hy brood vra, of ‘n slang as hy vis vra?  As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan die wat dit van Hom vra!” (Mattheus 7:7-11, NV)

As jy wil trou, moet jy nie bang wees dat Yahuwah jou na willekeur enkel sal hou nie. Die enigste rede waarom Hy jou nie met iemand verenig nie, is as daar niemand beskikbaar was met wie die eenheid met jou geseënd kan wees nie.

Yahuwah het elke mense geskape met die begeerte om ‘n lewensmaat te hê.  Jy kan vertrou dat Yahuwah jou byeen sal bring met so ‘n persoon, as daar iemand beskikbaar is.  Jou verlange vir ‘n lewensmaat sal geseënd wees as Yahuwah iemand na jou bring, of wanneer die tyd ryp is, sal Hy jou lewe vervul en vervolmaak. Hy weet beter wat geluk aan jou sal bring en Hy wil dit vir jou hê.  “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê . . .Yahuwah: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!” Jeremia 29:11, Hernude Name Geskrifte)

Gee alles oor aan Yahuwah.  Hy sal jou lei op veilige weë en jou lewe, huwelik, aan Hom toegewy, sal ere aan sy Naam gee.

Biddende paartjie

“Vind jou vreugde in  Yahuwah, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. 
Laat jou lewe aan  Yahuwah oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.
(Psalm 37:4,5, Hernude Name Geskrifte)


Verwante Inhoud: