Print

Kerk van die Uitverkorenes

Aanbid jy alleen? Verlang jy na aanbidding met eenders-denkende gelowiges? Verlang jy na `n liefdevolle kerk familie?

young man prayingLig en waarheid is altyd aan die toeneem vir hulle wie die Lam volg. Sodoende sal enige soeker na waarheid wie opreg toegewy is om Yahuwah te volg, een of ander tyd, te staan kom voor toenemende lig wat verskil van wat hy voorheen geglo of beoefen het . Die aanvaarding van hierdie nuwe waarheid sal hom weglei en skei van diegene met wie hy voorheen aanbid het indien hulle, dit op hul beurt nie aanvaar nie.

`n Openhartige persoon woon nie `n kerk by tensy hy glo dat die leerstellings wat daarin geleer word, Hemels-goedgekeurde waarhede is nie. Dit word dan `n baie maklike iets om getrouheid te verwar met iemand se getrouheid aan sy kerk met getrouheid aan Yahuwah. `n Aantal dikwels aangehaalde Bybel verse blyk om die idee dat die kerk die poorte na die Hemel is, te wees. Inderdaad leer sommige kerke dat lidmaatskap in hulle denominasie `n vereiste is om toegang tot die pêrelagtige poorte te verkry.

Een van die mees algemene aangehaalde Bybel tekste is `n stelling wat deur Yahushua aan Simon Petrus gemaak is:

“En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee, en wat jy op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat jy op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly. ” (Matthéüs 16:18-19, NV)

Hierdie enkele Bybel vers was deur die Rooms Katolieke Kerk gebruik om vir meer as 1,500 jaar te leer dat verlossing uitsluitlik vir hulle  gemeenskap is.

Ander Bybel tekse word ook gebruik om oortuiging in en sterk getrouheid aan die “Kerk” te ondersteun. “En [Yahuwah] geprys, Die hele volk was hulle goedgesind. En [Yahuwah] het elke dag mense wat gered was by die gemeente gevoeg.” (Handelinge 2:47, NV)

In die NV van die Skrifte, was die woord “kerk” 80 keer gebruik , waarvan almal in die Nuwe Testament voorkom. Die probleem is, die definisie van die Engelse woord “kerk” is nie gepas vir die oorspronklike woord nie. Die woord wat gebruik word is ĕkklēsia (Strongs`s # 1577) en beteken “op roep om uit te kom” wat vér verskil van die moderne betekenis van “kerk.”

Die woordeboek beskryf “kerk” as:

`n Spesifieke liggaam van Christene verenig onder een vorm van godsdienstige regering, in een geloofbelydenis, wat dieselfde rituele en seremonies gebruik ....die georganiseerde liggaam van Christene in enige spesifieke distrik, staat, of landstreek; . . . enige georganiseerde liggaam van Christene wat dieselfde stigting vir godsdienstige aanbidding gebruik . . . wat te doene het met georganiseerde Christelike aanbidding. (Webster`s New Universal Abridged Dictionary)

Dit is baie anders as die eintlike Nuwe Testamentiese woord wat verwys na `n oproep uit. Wat die verwarring verder verstewig is die feit dat baie mense “kerk”en “denominasie” in waarskynlik dieselfde lig beskou.

church congregation`n Denominasie is “`n Klas, gemeenskap of vergadering  van indiwidue, wat met dieselfde naam genoem word.” (American Dictionary of the English Language, 1828) “Denominasioneel” beteken “van, versorg deur, of onder die beheer van, een of ander godsdienstige sekte of sektes.” (Webster`s New Universal Abridged Dictionary)

Die klem, of die woord “kerk” of “denominasie ,” is, is op `n georganiseerde groep wat deur `n hierargiese sisteem beheer word. Mense dink gewoonlik aan `n liggaam van gelowiges wat tiendes en offergawes gee aan `n regerende liggaam wat oorsieners is, in `n mindere of meerdere mate, in die beheer van die groep. Die leierskap het dikwels die mag om die struktuur se geloofbelydenis te omskryf en om die finansies te spandeer.

Wat miskien die mees kenmerkendste is is die feit dat die leierskap van `n georganiseerde “kerk” die verantwoordelikheid om met die regering saam te werk oor te neem om die vereistes te vervul om as `n wettige entiteit beskou te word. Om as `n wettige denominasie beskou te word, moet aan sekere wettige vereistes, soos deur die regering uiteengesit, voldoen word. Hierdie vereistes verskil van land tot land.  

Daar is baie redes wat gegee word vir die soeke na erkenning as `n georganiseerde denominasie deur die regering. Dit is onwettig om in sommige lande vir aanbidding byeen te kom, tensy die gelowiges daardie herkenning van hulle regering het. In ander lande weer, is dit uitsluitlik oor finansiële redes sodat die kerk nie belasting hoef te betaal nie.

young people singing in a churchDeur `n denominasie te wees, deur wettige erkenning van die regering te kry, is nie volgens definisie, `n sonde nie. Maar dit open die deur vir Satan om beheer oor die kerk te kry deur later van tyd die godsdienstige vereistes te verander. Wanneer `n kerk leerstelling polities nie- korrek raak nie, is dit `n versoeking om die teologie te verander om die verlangde wettige erkenning en die gepaardgaande voordele te behou.

Dit het in `n mindere of meerdere mate met alle denominasies gebeur. Wanneer `n kerk `n geregistreerde entiteit en Staat erkenning geniet, `n bestaan voer deur sy toelating, word dit onder die beheer van daardie regering geplaas. Wat die Staat toelaat om te doen, kan die Staat toestemming voor weier.

Huis kerke is nie net eenvoudiglik `n alternatiewe vorm van aanbidding vir Yahuwah se volk in hierdie laaste dae van die aarde se geskiedenis nie. Maar dit is die enigste beter opsie beskikbaar aan almal wie “in gees en in waarheid” wil aanbid.  (Johannes 4:24)

Alle georganiseerde denominasie bereken hulle aanbiddingsdae volgens die moderne Gregoriaanse kalender – die kalender van Pous Gregory XIII, wat uit homself `n hersiening van die paganistiese Juliaanse kalender is. As sulks, aanbid geen georganiseerde kerk eintlik die Skepper op Sy heilige dae wat bereken moet word volgens Sy vasgestelde metode van tydhouding: die luni-solar kalender nie.

In Sy groot liefdevolle-genade, vergewe Yahuwah die onkunde  wat aanleiding gee tot aanbidding op paganistiese fees dae. “ [Yahuwah] het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy die mense oral op om hulle te bekeer.” (Handelinge 17:30, NV) Met die herstel van die kennis van die ware Sabbat, bereken volgens die oorspronklike kalender van die Skepping, hoef niemand langer in onkunde te bly nie. Almal wie die waarheid nou geleer het, het die verantwoordelikheid om die waarheid te gehoorsaam.

Om voort te gaan om `n kerk by te woon wat met die waarheid bedien was en nogtans nie gehoor daaraan gegee het nie is om oneerbiedig teenoor Yahuwah te wees. Alle bekende lig moet deur two men studying the Bible`n kerk gehoorsaam word, indien `n kerk met Yahuwah se teenwoordigheid geseën wil wees. `n Enkele leuen, wat gekoester en aan vasgehou word in die aangesig van toenemende lig, sal daardie kerk van die goddelike teenwoordigheid ontneem.

Almal wie waarlik die Sabbat en die Skepper daarvan liefhet sal die waarheid van die Bybelse sewende-dag Sabbat  met diegene deel vir wie hulle lief is. Indien hierdie waarheid verwerp word, is die persoon wie getrou en gehoorsaam die toenemende lig aanvaar, met geen ander keuse gelaat as om te onttrek van aanbidding van `n kerk met wie hy of sy nie meer langer saamstem nie. “Sal twee met mekaar wandel tensy hulle eers afgespreek het?” Amos 3:3, OV)

Die enigste georganiseerde liggaam van gelowiges deur Yahuwah erken is die Uitverkorenes met Yahushua as die hoof daarvan wie se regerende liggaam in die Hemel gebaseer is. Deur te praat van Yahushua as die hoof van die enigste groep gelowiges deur die Hemel erken, skryf Paulus:

“Hy is die hoof van die liggaam van die eklessia. Hy is die oorsprong daarvan, Hy is die Eerste, die Een wat uit die dood opgestaan het, sodat Hy die eerste plek in die heelal inneem.”  (Kolossense 1:18, NV)

Die ware “kerk” bestaan uit daardie Uit Verkorenes, oor die ganse aangesig van die aarde verstrooi. Onbekend en ongerekend op aarde, maar geliefd en vereer in die Hemel. Hulle is diegene wie die Heiland volg met `n diepe en blywende liefde, gewillig om alles op te gee om Hom te vereer  wie ons weet  die ewige lewe is.

Hulle hoort aan Yahushua en word gereken as lede van die Hemelse familie - `n vér ryker heerlikheid en gewigtiger eer as om te wees in die lidmaatskapsrolle van die grootste wêreldse kerk.

“Maar julle het wel gekom . . . . by sy miljoene engele, by die feestelike samekoms, die vergadering van die eersgeborenes wie se name in die hemel opgeteken is. Julle het gekom by [Yahuwah] wat Regter oor almal is, en by die geeste van dié wat vrygespreek en nou volmaak is, by Yahushua , die Middelaar van die nuwe verbond. . . .” (Hebreërs 12:22-24, NV)

Die Heiland het `n belangrike beginsel gemaak toe Hy aan Pilatus sê: “My  koninkryk is nie van hierdie wêreld nie, As My koninkryk van hierdie wêreld was, sou My onderdane geveg het sodat Ek nie aan die Jode uitgelewer sou word nie. Maar nou is My koninkryk nie van hier nie.”  (Johannes 18:36, NV)

Nes Yahushua in die wêreld was maar nie van die wêreld nie, so, ook, sal Sy volgelinge wees. Hulle sal hulle nie in lyn bring met georganiseerde godsdienstige liggame wat,  om gerieflikheidshalwe, op `n valse kalender aanbid nie. Die Hoof van die Uit Verkorenes is Yahushua. Nes Sy teenwoordigheid verberg is aan almal behalwe vir die oog van die geloof, so is aanbidding `n private saak tussen die indiwiduele persoon en Yahushua. Dit is nie `n uitwendige handeling wat op die verhoog van `n gestruktureerde hierargie uitgevoer moet word waar jou geloofsoortuiging moet konformeer met dit van die meerderheid nie, as jy in hulle lidmaatskap aanvaar sou word. Sulke toegewings was nooit deur Yahuwah goedgekeur nie.

smiling older womanAanbidding tot Yahuwah benodig nie `n groep nie. Die Uit Verkorenes is min en wyd verspreid, dikwels slegs bekend aan Yahuwah. Met tyd mag Hy ander na jou stuur, of Hy mag jou ook lei om alleen te aanbid. Soos Yahuwah met `n klein sagte stem met Sy kinders praat, mag Hy weet dat jou grootste behoefte is om Hom alleen te aanbid dat in daardie einste fluistering en stilte, jy Sy fluisteringe meer duideliker mag aanhoor, wat jou eie geestelike behoeftes aanspreek.

Die Hemel se finale waarskuwings boodskap word aan die wêreld voorgestel in Openbaring 18 waar diegene wie vir Yahuwah lief is uit Babilon geroep word:

“Hierna het ek `n ander engel uit die hemel sien afkom. Hy het groot gesag gehad, en die aarde is deur sy heerlikheid verlig. Hy het met `n groot stem uitgeroep: “Geval, geval het die grote Babilon. Dit het die woonplek van duiwels geword, die skuilplek van alle bose geeste, die skuilplek van alle onreine roofvoëls. Omdat al die nasies van die dwelmdrank van haar onsedelikheid gedrink het . . . . Toe het ek `n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat  julle nie van haar sondes deel kry, en die plae wat oor haar kom, julle ook nie tref nie. Haar sondes het tot aan die hemel opgehoop, en [Yahuwah] het haar ongeregtigheid onthou.” (Openbaring 18:1-5, NV)

Wyn is `n benewelende drankie wat die verstand benewel en die sinne verwar. Die “wyn”  van Babilon wat die ganse wêreld gedrink het is die aanvaarding van `n valse kalender vir godsdienstige onderhouding. Niemand wie gehoor gee aan die oproep om uit Babilon te vlug sal in die kerke gevind word, wie aanbid op valse heilige dae nie.

Skrifte is duidelik. Die oorblyfsel “kerk” is nie die laaste georganiseerde denominasie nie. Volgens definisie, kan daar geen finale georganiseerde struktuur wees nie. Maar hulle is eerder die finale oorblyfsel van die Uit Verkorenes. Hulle word uit alle denominasies uit geroep. Skrifte stel die finale generasie voor as afgeskei VAN: van Babilon, van al haar kerke, van alle valse leerstellinge en  gebruike.

Staan vandag met die Uit Verkorenes. Vereer Hom  wie jou genoeg liefgehad het om Sy Seun op te offer vir jou en aanbid Hom vry van alle dwalinge en tradisie. Sluit aan by die ekklessia van die Eersgeborene.