Print

Ledige Uurtjies & Die Gawe van Tyd

Yahuwah is die vrygewigste Vader. Die meeste van Sy geskenke is ongemerk en word nie deur Sy aardse kinders herken nie, wie dit as vanselfsprekend aanvaar.  Maar almal moet onthou dat “Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk is van Bo, Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie.”  (Jakobus 1: 17, NV)

woman sitting at a messy desk, holding a paper airplane (wasting time)Een gawe wat dalk meer as enige ander oorgesien word, is die gawe van tyd. Sonder Yahushua se offergawe, sal daar geen tyd vir - enigeen wees nie. Almal sal skuldig beskou word vir die oortreding van die goddelike wet, waarvan die loon die ewige dood is. Omdat tyd self `n gawe is, sal Yahuwah se volk die verantwoordelik besef om dit goed te gebruik en op `n manier wat Hom verheerlik.

As goeie bedienaars  van die veelvoudige genade van [Eloah] moet elkeen, namate hy `n genadegawe ontvang het, die ander dien.  (1 Petrus 4:10, NV)

In wese is tyd `n illusie. Dit is natuurlik om te dink dat jy al die tyd in die wêreld het om te bereik wat jy in die lewe wil hê. Die finaliteit van die dood, die onverwagte ongeluk of die lang talmende siekte, is iets wat met ander gebeur, nie met myself nie. As gevolg van hierdie illusie gaan baie mense deur die lewe sonder om die goeie te bereik wat hulle aan ander kon doen, of dat dit hul voorreg kan wees om in samewerking met die Hemel te wees.

Die Skrifte vermaan:  “En wat julle ook al doen in woord en daad, doen alles in die naam van die Heer Yahushua, en dank die Vader Yahuwah deur Hom.” (Sien Kolossense 3:17.)

Om iets te doen in die Naam van Yahuwah beteken om dit te doen as Sy verteenwoordiger. As `n Christen, is jy Yahuwah se verteenwoordiger, Sy ambassadeur in `n wêreld deur sonde bederf. Wat jy doen en nie doen nie is `n weerspieëling op Hom. Deur die naam “Christen,” aan te neem, beskou jy jouself as deel van die Hemelse familie.

Weerkaats jou optrede en jou woorde jou hoë roeping?

Satan is altyd daarop uit om Yahuwah se geskenk te bederf en ontspoor Hemels bedoelde seëninge. Hy het onnoembare maniere uitgedink om die aandag te trek en om die verbeelding te boei. In hierdie afleidings, sal baie Christene wie nie sal dink om hul Skepper te onteer in meer opvallende wyses nie, mislei word in die vermorsing van die kosbare talent aan hulle uitgedeel: hulle tyd.

clock in a waste basketSatan het pret ontwerp vir elke tipe persoonlikheid en vir elke indiwiduele smaak. Hierdie gemaksugtige aktiwiteite ontspoor die aandag en neig om die verstand te benewel. Die gevolg is dat Bybel studie en aktiwiteite wat ewige waarde het as moeilik en veeleisend, vervelig en oninteressant  beskou word. Dit is een van Satan se mees subtiele misleidings.

Baie wie nie sou droom om te dobbel nie, sal van tyd tot tyd, deelneem aan kaartspeletjies met vriende – net vir ontspanning. Maar, die kennis in kaarte lei snel na die verlange om die bekwaamheid vir persoonlike gewin te gebruik. `n Klein bedrag geld, miskien `n paar pennies, is op die spel, dan meer, in altyd vermeerderende bedrae totdat die verslawing van dobbelary en haar opgewondenheid oorweldigend raak.

Ander vermaaklikhede mag nie voorkom om `n noue verbintenis met ondeug en sondige toegewings te make te hê nie, maar die verstand wat deur hierdie aktiwiteite afgelei word is net so `n slaaf van Satan en vind die najaging van heiligheid as vervelig en smaakloos nes die een wie met opsigteliker sondes verbind is. Dit word dalk nêrens so duidelik gesien as in die geval van komper speletjies nie.

 Onder die vermoming van “speletjies,” het menigtes die bekwaamheid van krimineles aangeleer en deelgeneem in bloedbaddens – alles wettig omdat dit maar net `n komper speletjie is. Maar, die effek op die onderbewuste en die karakter self kan nie misgekyk word nie. Een algemeen-gepubliseerde geval het plaasgevind toe Paxton Galvanek gesien het hoe `n SUV omslaan en van die hoofweg afrol. Galvanek het gesê deur die videospeletjie, genaamd “American Soldier” te speel, het hy die bekwaamheid aangeleer hoe om die mediese bekwaamheid te gebruik om bloed van die passasiers te stol wie se vingers in die ongeluk vergruis is.

Galvanek het geen formele mediese opleiding gehad nie; maar, het staat gemaak op lesse wat hy geleer het deur America`s Army te speel , `n video speletjie deur die VSA  Weermag  in 2002 ontwikkel as PR en werwingsmiddel. Spelers ontvang werklike opleiding in hul vordering deur die speletjie en voer sendings as `n Amerikaanse soldaat uit. Die speletjie se populêrste kenmerk is die aanlyn multi-spelers modem, waar elke span hulle self as die Amerikaanse soldate of hulle geallieerdes sien, terwyl die ander span as die vyand voorkom. Die interaksie is bekend vir sy realistiese voorstelling van wapens en tweegevegte. . . .Dit is een van vele oorlogsspeletjies tans beskikbaar, insluitende Full Spectrum Warrior, nog `n spel wat deur die Weermag befonds word. In somtotaal het die Amerikaanse militêre mag 23 verskillende video speletjies vir verskeie doelwitte aanvaar. (Sien Public Broadcasting Service, http://www.pbs.org/wgbh/pages/frontline/digitalnation/waging/war/a-new-generation/playing-americas-army.html)

Hans Jᴓrgen Olsen, `n 12 jarige Noorweegse seun, het sy suster op `n soortgelyke wyse van `n Amerikaanse eland aanval gered met die bekwaamhede wat hy geleer het deur World of Warcraft te speel. Terwyl die red van `n lewe onweerlegbaar iets goeds is, hoeveel meer mense word geleer om dood te maak deur hierdie selfde speletjies te speel? Inderwaarheid word soldate selfs opgelei deur baie soortgelyke nabootsings.

young boy playing video gamesVolgens die Public Broadcasting Service webwerf:

Maar tog, is die “speletjie” so realisties dat selfs soldate protes aangeteken het teen die effek wat dit het op diegene wie dit speel: America`s Army het protes van sommige groepe getrek, insluitende Irakese Oorlogs Veterane, wie sê dat dit oorlog aantreklik maak met die doelwit om kinders so jonk as 13 as rekrute te werf.” (PBS.org)

Hedendaagse “opgevoede” mense staan verskrik teenoor die brutaliteit waarna die Romeine in hul sportarenas gekyk het, waar die gladiators, kriminele en Christene te same hul bloed gestort het vir die genot van hul toeskouers. Moderne speletjies neem dit net `n stappie verder, wie toelaat dat elkeen wie so wil doen, deelneem in die moord onder mekaar. Sulke bekwaamhede berei mens nie  vir die Hemel voor nie. Die verstande van diegene wie dit speel is verhard tot brutaliteit en uiterste geweld onder die dekmantel van “vermaaklikheid.”

Hulle wie vir ewig sal lewe het nie nodig om te weet hoe om dood te maak nie of selfs die geskenk van tyd te verkwis in die aktiwiteite wat nie net niks doen om andere te help of om hulle nader na Yahuwah te bring nie maar wat eintlik die smaak benewel en die siel verhard teen heilige onderwerpe. Diegene wie hul vrye tyd verwyl met speletjies of met ander ligsinnige vermaaklikhede, verloor vinnig alle liefde vir realiteit, of selfs vir bruikbare en verheffende belange.

Eenvoudige bordspeletjies soos checkers, skaak, en Monopolie lyk onskuldig genoeg, maar kan sekerlik lei tot `n honger vir vermaaklikheid en mededinging. Eerder as om oor die algemeen enige spesifieke aktiwiteit te verdoem, laat elkeen met gebed hul eie lewenswyse ondersoek en, onder die leiding van die Heilige Gees, die beginsel om hul tyd wys te gebruik toepas, en vir hul eie omhalwe vermaaklikheid vermy.

Die einste woord “vermaak” verklik die sataniese oorspronge van die vermaaklikhede waarmee hy die denke betower. Die woord kom van:

Laat 15 circa,  “om die aandag af te trek, te betower,”  afgelei van M. Fr. Amuser  “te ontspoor, om te betower” . . [Die] doel om af te lei van ernstige sake, wat hom so amuseer word uit die 1630`s aangeteken, maar deur die [18de eeu] was die primêre betekenis [om te] “mislei, te bedrieg” deur eerstens die aandag in beslag te neem.  (Etymology Dictionary, http://www.etymonline.com, klem verskaf.)

Sedert Lucifer se eerste betowering van Eva met sy leuens in Eden, was dit Satan se beplande doelwit om die verstande van die gewigtiger sake van verlossing af te trek na dit wat enige liefde of belangstelling in heiligheid vernietig. Christene het `n plig om hul tyd wys en voordelig te gebruik. Timothéüs was deur Paulus van die volgende raad bedien:

“Maar van onheilige en sinlose verdigsels moet jy wegbly. Oefen jou liewer om in toewyding aan Yahuwah te lewe. Dit het wel `n bietjie waarhede om jou liggaam sekere dinge te ontsê, maar om in toewyding aan Yahuwah te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit hou belofte in vir die teenwoordige en toekomstige lewe. Dit is `n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word.” (1 Timótheüs 4: 7-9, NV)

Sommige sal aanvoer dat kaartspel, komper speletjies, ens, maar net maniere is om te ontspan, om die gees te verfris sodat `n persoon na sy werk kan terugkeer om stres en druk  te kan hanteer. Die meeste mense glo dat daar niks mee verkeerd is met die tydsbesteding op sulke aktiwiteite nie. Maar,

“Daar is niks in sulke betoweringe ter voordeel vir liggaam en siel nie. Daar is niks wat die intellek kan versterk nie, niks wat dit met kosbare idees kan vul vir toekomstige gebruik nie. Die gesprek gaan oor niksbeduidende en vernederende onderwerpe. Daar word die onbetaamlike grap vertel, die lae, vuil taal gespreek, wat die egte edellikheid van die mensdom verlaag en vernietig. Hierdie speletjies is die sinnelooste, nuttelooste, onwelvoeglikste, en gevaarlikste dinge wat die jeug kan hê.” (E. G. White, Councils on Health, bl. 172.)

social media icons

Baie Christene wie nie sou droom om hul Maker in opvallender maniere te onteer nie, word mislei deur hul kosbare gawe van tyd in subtieler wyses te verkwis.

“Luister na raad aanvaar wat jou geleer word, sodat jy uiteindelik wysheid kan hê. Al maak mense hoeveel planne, wat [Yahuwah] besluit staan vas.”  (Spreuke 12: 20-21, NV)

Daar is nie `n einde aan die dwase tyd –verkwistende betoweringe nie. Elke stap wat daarin geneem word is `n tree op die weg wat nie deur Yahushua bewandel is nie. “Gehoorsaamheid aan Yahuwah lei tot die lewe, dit is `n pad wat nie na die dood lei nie.” (Spreuke 12: 28, NV)

Tyd self is `n geskenk van die Skepper. Dit moet altyd met wysheid gebruik word omdat elke persoon slegs een lewenstyd, een genade tyd het. Dit beteken definitief nie dat mense altyd hard besig moet wees met werk nie, met geen tyd vir rus nie. `n Wyse gebruik van Hemelse seëninge voorsien tyd vir beide werk en ontspanning. Werk sal meer produktief wees, indien genoegsame tyd afgestaan word vir beide verlustiging en ontspanning.

Prediker 7:25 verwys na dwaasheid en onverstandige optrede as goddeloosheid. Almal wie hulle self voorberei vir die Hemel sal maniere van ontspanning soek wat Yahuwah se seën wegdra. Deur tyd in die natuur te spandeer, die Skrifte te ondersoek, alleen en met andere, deur na maniere te soek om `n seën te wees en bure te help wat op ons pad gebring word is alles maniere wat `n Christen mag gebruik om met `n geruste hart te kan ontspan sonder om op betowerende grond te wees.

Toe die Heiland op aarde was, het Hy dikwels na die natuur teruggekeer, om te aanbid, te bid en te mediteer. Diegene wie karakters soos Hy wil ontwikkel sal ook so maak.

“Gehoorsaamheid aan Yahuwah lei tot die lewe, dit is `n pad wat nie na die dood lei nie.” (Prediker 12: 28, NV)

Genade tyd was grasieus toegestaan sodat almal mag voorbereidings tref vir `n Hemelse karakter. Hierdie kosbare geskenk van tyd moet nie verkwis word nie, verspil word op aktiwiteite en vermaaklikhede wat die hart van die Heiland sou wegdraai nie. Die tyd wat oor is moet verkieslik wys gebruik word, versigtig, en onder die inspirasie van die Heilige Gees.

Wy jouself aan Yahuwah toe. Laat alles neer op die altaar van opoffering – selfs die ledige ure. `n Ewige vreugde wag op almal wie hulle denke, hulle gevoelens, selfs hulle liefdes en afkeure in harmonie met die goddelike beeltenis bring.