Print

Leer Hoe om Toegang tot Onbenutte Goddelike Krag te Verkry!

Die Skrif is regdeur deurvleg met ʼn beginsel van ʼn ondenkbare mag, wat net wag om verkry te word deur enigiemand wat daarop aanspraak maak deur geloof.

ligDie Skrif aan ons voorhou dat Yahuwah nie leuens kan vertel. Die rede daarvoor is eenvoudig: wat ook al Yahuwah verklaar dit geskied so gou as Hy dit sê!

As ons in ʼn donkerkamer staan en ek aan jou sê, “Daar is lig,” dan vertel ek ʼn leuen. Dat ek egter eers ʼn skakelaar sal moet aanskakel of om ʼn kers aan te steek om my verklaring te bewys.

Yahuwah benodig niks om dit te bewys. So gou as Hy sê: “Daar is lig,” is daar lig. Dit is omdat Yahuwah se woord in Homself die goddelike mag besit om te doen wat Hy sê.

Hierdie verbasende begrip duidelik vir ons gestel word in Jesaja 55, en daar aan ons gesê word dat dit gelowiges aanspoor om Yah aan te roep vir hulp:

Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is. Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot Yahuwah bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse Eloah, want Hy vergeef menigvuldiglik.

Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek Yahuwah. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.

Want soos die reën en die sneeu van die hemel neerdaal en daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde deurvogtig en maak dat dit voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter; so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur. (Jesaja 55 verse 6 tot 11)

Die besonderse woord van Yah bevat die mag in homself om te verkry wat ook al Hy verklaar! Net soos die reën die middel is wat maak dat die aarde deur lewe bloeisel voortbring, sê die Vader aan ons: “so sal [My woord] wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, [My woord] maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur."

Dit is die geheim om toegang te verkry tot die goddelike mag. Die besonderse woord van Yah in homself bevat dit die mag om te verkry wat ook al Hy verklaar dit moet wees! Net soos die reën die middel is wat die aarde deur lewe laat bloeisels voortbring, sê die Vader: “so sal My woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag [My oord] en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.”

Laat jou geloof hierdie realiteit vasgryp en jou geestelike wandel sal een van ongesteurde oorwinnings word.

Die doel van Geloof

Geloof het ʼn belangrike rol om te speel. Die definisie van geloof is: ” Die inwilliging van die verstand tot die waarheid of wat verklaar is deur iemand anders as die waarheid, en die berusting op sy gesag en geloofwaardigheid, sonder enige bewyse, en die oordeel wat iemand anders verklaar of getuig as die waarheid.”1

Ware geloof is nooit blind nie. Eerder, is dit gegrond op ʼn persoonlike verhouding met die Skepper as Sy onbeperkte mag en oneindige liefde. Opeens as jy die begrip verstaan van die mag om te oorwin, dit eenvoudig net wag op jou bevel, en dan deur geloof kan jy aanspraak maak op enige belofte wat gegee word. Opeens as jy so handel, wees daarvan verseker dat die belofte vervul is [op daardie oomblik!] Dit is omdat die goddelike mag wat nodig is vir die

Hierdie intieme verbintenis tussen die goddelike mag, en geloof was iets wat die Verlosser herhaaldelik probeer het om te leer. Toe twee blindes na Yahushua gekom het om genees te word, het Hy aan hulle gevra: “En nadat Hy in die huis gegaan het, kom die blindes na Hom toe. En Yahushua sê vir hulle: Glo julle dat Ek dit kan doen? Hulle antwoord Hom: Ja, Here. Toe raak Hy hulle oë aan en sê: Laat dit vir julle wees volgens julle geloof.” (Mattheus 9 verse 28 en 29)

Toe die dissipels vra waarom hulle nie in staat is om ʼn onreine gees uit te dryf wat ʼn seun besit het, het Yahushua verduidelik: “ Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ’n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.” (Mattheus 17 vers 20)

Die goddelike mag is nie ingesluit in ʼn persoon se geloof. Geloof is nie ʼn towerspreuk. Eerder, is geloof die hand wat gryp na die mag wat alreeds ingesluit is in die belofte.

Hoe werk dit

Die verhaal van die Romeinse hoofman is een van die mees kragtigste illustrasies van geloof, en waarop daar hande opgelê kan word oor die goddelike mag wat bevat is in die goddelike woord.

Toe Yahushua Kapernaüm binne gegaan het, het daar ʼn hoofman na Hom gekom, en Hom gesmeek het, en gevra het, Here my dienskneg lê verlam tuis, en ly hewige pyne.

Daarop sê Yahushua vir hom: Ek sal kom en hom gesond maak.

En die hoofman oor honderd antwoord en sê: Here, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie; maar spreek net ’n woord, en my kneg sal gesond word. Want ek is ook ’n man onder gesag, en ek het soldate onder my. En vir hierdie een sê ek: Gaan! en hy gaan; en vir ’n ander een: Kom! en hy kom; en vir my dienskneg: Doen dit! en hy doen dit.

Toe Yahushua dit hoor, het Hy Hom verwonder en aan sy volgelinge gesê: Voorwaar Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek so ’n groot geloof nie gevind nie. (Mattheus 8 verse 5 tot 10)

Die hoofman het nie nodig gehad dat Yahushua moes kom om Sy hande op die siek dienskneg te lê. Hy het geweet dat die mag om sy versoek bevat is in die woord wat gespreek is. Sy geloof het die mag aangegryp wat bevat is in die belofte om sy versoek te vervul. Dit was genoeg vir hom.

Die aanwending van die Mag

Opeens as dit verstaan word, dat die mag om die belofte te vervul alreeds bevat is in die belofte self, al Yahuwah se verklarings self vervulde bekend word wanneer dit deur geloof aangegryp word!

Toe die vrou wat in egbreuk betrap is voor die Verlosser gesleep is, het Hy vriendelik aan die bevreesde vou gesê: “Het niemand jou veroordeel nie? En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Yahushua sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie. Was dit die mag wat haar in staat gestel het om nie weer dieselfde te doen nie. Daardie mag is steeds daar , en wag dit net vir die hand van geloof om dit te vat en om daarop aanspraak te maak.

Dit is hoe om elke bekende sonde wat bekend is te oorwin. Petrus open sy eerste sendbrief met die mooi verduideliking:

Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word! GESEËND is Yah en Vader van onse Yahushua die Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ’n lewende hoop deur die opstanding van Yahushua die Christus uit die dode, sodat ons ’n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons. (1 Petrus 1 verse 2 tot 4)

Yahuwah het voorsien aan die belofte van elke behoefte.

“Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.” (Hebreërs 4 vers 16)


1 Noah Webster, American Dictionary of the English Language, 1828 ed.