Print

Maak Jou Kind Pornografie Bestand

Gebruik hierdie tegnieke om jou kind groot te maak om standvastig te bly staan teen die verleiding van pornografie.

Jade en Haylie was die volmaakte goue paartjie.  Dit was duidelik dat Jade met die kleur wit-katoen blonde hare, net soos sy Nordiese voorouers lyk. Hy speel as doelverdediger vir die hoërskool se voetbalspan. Haylie was lank en skraal met donker goue hare die kleur van graan soos met die oestyd. Sy was atleties en deel van die atletiek en veld span van dieselfde hoërskool. Tesame het hulle ʼn opvallende paartjie uitgemaak.

Dikwels na skool sou Jade na sy vader se ingenieurs firma gegaan het, en daar uitgehang het waar ek gewerk het.  Hy sou dan by sy vader geld vra vir kontant om die rekenaar speletjies te speel op die ekstra rekenaar wat niemand gebruik.  Jade se moeder het altyd laggend aan my vrou gesê dat sy en Haylie se moeder, alreeds gespekuleer het oor hoe die toekomstige kleinkinders sou lyk, deur twee sulke aantreklike ouers te hê. 

Eendag, sou Jade se vader my vra om die oorsprong van die rekenaar probleme op te spoor wat ons ondervind in die kantoor.  Die rekenaars was gekoppel aan die netwerke, so wat ook al die een rekenaar beïnvloed, het op al die ander beïnvloed.  Die voorgaande virus probleme het geblyk te wees om van die rekenaar in die kantoor te kom, waarop Jade tyd op gespandeer het.  Na ek diep in die rekenaar gedelf het, het ek die probleem ontdek.  Alhoewel, Jade die geskiedenis van die rondsnuffel uitgevee het, hy nie geweet het hoe om sy aanlyn aktiwiteite te versteek, en het ek dit ontdek dat hy baie tyd spandeer het op die aflaai van pornografie.

senior blonde hoërskool seun

Pornografie het ʼn negatiewe invloed op verhoudinge omdat dit verander hoe die teenoorgestelde geslag gesien word. Dit op sy beurt verander hoe hulle behandel word.

Ek het deur eerstehandse ondervinding kennis hoe verslaafdheid aan pornografie kan wees, so met die volgende keer toe Jace daar opdaag, het ek hom na my kantoor geneem vir ʼn rustige man tot man gesprek.  Ek het aan hom vertel wat ek gevind het, en dat ek bekommerd is omdat dit so verslaafd is.  Ek het hom gewaarsku as hy aanhou om na pornografie te kyk, dit sal verander hoe hy na meisies kyk, en dat dit ʼn uitwerking sal hê hoe hy hulle behandel.  Ek het aan hom vertel hoe dit uiteindelik sy verhoudings sal vernietig wat hy probeer om met vroue te hê.  Jace het my bedank vir die waarskuwing en belowe om dit te los.

Nie lank daarna, het Jade met sy vader gepraat oor die gee van ʼn rekenaar, aangesien dit nie op enige manier gebruik word in die kantoor, en dat dit verskuif kan word na sy slaapkamer by die huis.  Gedurende die daaropvolgende maande, het ek bemerk op watter manier hy Haylie behandel, en hoe dit verander het.  Hy het nie belang gestel om tyd met haar te bestee, en was hy ook nie meer vriendelik teenoor haar soos as voorheen.  Hy dit dikwels met ongeduld met haar gepraat.  Haylie het nie verstaan waarom Jace verander het, maar sy het nie daarvan gehou nie.  Gedurende die helfte van hulle seniorjaar het sy die verhouding beëindig met Jade.  Hulle moeders was vriendinne, en was baie teleurgesteld, maar dit was nie ʼn verassing.  Pornografie verander jou, en is dit nie vir die beste.  Dit het verander hoe Jade Haylie gesien het, en op sy beurt verander hoe hy haar behandel het.  

Pornografie is ʼn valstrik.  Dit is net so verslaafd as nikotien of alkohol, en wyse ouers sal enigiets, en alles doen in hulle vermoë doen om hulle kind voor te berei om die versoeking te weerstaan wanneer dit hom voordoen, omdat op een of ander geleentheid, sal dit gebeur.

Die Pornografiese Probleem

Die jongmense1 van vandag staar uitdagings in die aangesig wat vorige geslagte nie ondervind het.  Die internet het die mees verdorwe pornografie beskikbaar gestel met net di kliek van ʼn knoppie.  Die probleem is, deur na pornografie te kyk verander dit die chemie van die brein van diegene wie gereeld daarna kyk. 

Daar is ʼn toename van pornografie verslaafdheid onder tieners.  Die negatiewe gevolge van pornografie verslaafdheid is selfs groter onder tieners soos hulle brein meer vatbaar word aan die chemiese gevolge van oorbelading wat gebeur deur die aanhoudende kyk daarvan…  Dopamien is 'n senuwee sein wat in die midde van ons strewe na persoonlike beloning.  Wanneer tieners deelneem in die stimulering van moontlike verslaafdheid en gewoontes, soos pornografie, is daar ʼn vloed dopamien wat vrygestel word in die tiener se brein, en word die brein herbedraad om te smeek vir die gevoel. 

 

Tieners se brein is die mees sensitiefste vir dopamien rondom ongeveer op 15 jarige ouderdom, en reageer dit tot vier keer meer tot beelde wat waargeneem deur opgewondenheid.  ʼn Tiener se brein is op sy hoogtepunt van dopamien vervaardiging, en die brein van die tiener wat op sy hoogtepunt van dopamien vervaardiging en neuro plastisien is,  maak dit hoogs vatbaar vir verslawing en herbedraad dit hul brein as dit is nog nie klaar ontwikkel is

 

Seksualiteit in die besonder vermeerder DetaFosB, ʼn proteïen wat dien as ʼn bemiddelaar vir die natuurlike beloning van die geheue.  Hierdie studie het ook gevind dat die oorbeklemtoning van DeltaFosB teweegbring ʼn oordreweseksuele sindroom.2

Uiteindelik, is die probleem in werklikheid nie meer pornografie as wat dit alkoholisme, dwelms, of nikotien is.  Die werklike probleem is verslaafdheid.  Die gebruik van pornografie oor die langtermyn die resultaat is van ʼn lae seks drif, en soos vroue van die werklikheid met normale liggame nie meer aanloklik is. 

Die manne (en is hulle oorweldigend manne) wat verslaaf word aan hierdie vuilheid is dikwels ongelukkig oor hierdie gewoonte.  Hulle is bewus wat die uitwerking is op hulle vermoë om lief te hê en bemin te word deur ware vroue.  Soos ʼn [psigiater Norman Doige] dit verduidelik: “Pornografie se beloftes van gesonde plesier, en ook die verligting van seksuele spanning, en wat dit dikwels veroorsaak is verslaafheid, verdraagsaamheid, en uiteindelik die afname in plesier.  Paradoksaal, is die manlike pasiënte waarmee ek gewerk het, dikwels die behoefte gehad het vir pornografie maar hulle nie daarvan gehou het.”3 

Verslaafdes se gedrag voorsien aan die ontsnapping van druk, spanning, en selfs verveeldheid oor daaglikse lewens omstandighede.  Verslaafdheid voorsien aan die ontsnapping van die werklikheid.  Dit is die ware gevaar van enige verslaafdheid.  As ouers-hulle kinders leer om te weet hoe om spanning te hanteer deur opbouende metodes, sal jong mense heel moontlik minder soek na ʼn emosionele steunpilaar vir die ontsnapping om te deel in die druk van die normale daaglikse lewe. 

Die Versperring van die Siel

Die mees belangrike taak in die wêreld is om ʼn ouer te wees.  Ouers is verantwoordelik vir ʼn groot deel van hoe die karakter gevorm is van hulle kinders.  Dit is baie belangrik vir ouers om hulle kind toe te rus met die gereedskap om spanning te hanteer deur opbouende metodes.  Deur jou kind te leer om die klein dingetjies, en seëninge raak te sien wat plesier verskaf aan die daaglikse lewe is ook belangrik. 

Volgende is daar sewe opbouende metodes om jou kind te help vanaf ʼn jong ouderdom om ʼn karater te vorm wat die verleidinge, en bekoring van pornografie teen te staan.  Hierdie selfde beginsels kan net sowel toegepas word vir ander verslaafheid en gedrag.

1. Voorsien aan die kinders ʼn gesonde siening van die liefde in ʼn huwelik.

Kinders wat kan sien dat die ouers ʼn gesonde, romantiese huwelik geniet, is dit by verre meer waarskynlik, dat hulle sal groot word om ʼn gesonde verhouding van hul eie te hê.  Wanneer jou kind sien dat Pa liefdevol en waarderend tot Ma in die werklike lewe is, en in ʼn romantiese verhouding is, dat dit die grondslag is wat gelê is vir gesonde en realistiese verwagtinge is in jou eie kind se lewe.

Een van die beste maniere vir die eggenoot, is vir hom om die ware mooiheid te beklemtoon van sy vrou, en dit na te streef in die huis.  Daar moet baie drukkies en soentjies tussen die man en vrou wees.  Laat die Bybelse siening van seksualiteit vry, en die romanse wat in skandelikheid vasgevang is, en leer aan jou kinders die Bybelse siening van liefde. 

 

Die kinders benodig om die huwelik se romanse en toegeneentheid te aanskou.  Die Pa kan ʼn duidelike boodskap aan sy kinders rakende wat mooiheid aandui, en wat hom aanskakel – aldus dat hy dit nie op so ʼn manier aan sy kinders sal vertel.  Hande vashou, dans in die sitkamer, en mekaar omhels vir lang tydperke, en deur mekaar te soen voor die kinders is mooi voorbeelde, van wie en wat is ʼn man se liefde werd is.4

2. ʼn Gesonde huis omgewing.

Alle verslaafdheid, insluitende pornografie, is metodes vir ontsnapping.  Maak seker dat jou huis ʼn welkome toevlugsoord is van die wêreld, waar liefde, warmte, ondersteuning is, en nie – ʼn kritiese aanvaarding, en moet altyd getoon word aan jou kinders.  Deur die kind te prys vir sy pogings en harde werk, eerder as vir die voltooide werk, sal in hom tevredenheid ontwikkel vir harde werk.  Uiteindelik, sal dit die kind verder neem as om net eenvoudig geprys te word vir die finale resultaat, of om ʼn kind te prys vir sy voortreflikheid.  Die jeug word gou verveeld.  Wanneer ʼn kind geprys word vir harde werk, en vir die pogings wat gemaak is vir die bereiking van iets, word sy karakter dan gevorm, wat tevredenheid en plesier vind in harde werk.  Dan, wanneer die spanning, en die uitdagings van die tienerjare kom, hulle heel waarskynlik minder sal gryp na emosionele steunpilare van verslaafdheid om hulle te handhaaf.

enkel moeder em baba

In enkelouers se huise sonder die vader, is dit uiters belangrik vir die moeder om vroeg ʼn warm positiewe en ondersteunende verhouding met haar seun te vestig. Hy moet voel dat hy openlik met haar kan praat oor enige onderwerp wat op hom betrekking het, en sonder dat ʼn verleentheid sal wees. ʼn Kalm nie oordelende gedrag is nodig as jy wil hê dat jou seun veilig genoeg voel om vertoue in jou te hê.

As jou huis nie ʼn warm en ʼn welkome en aanmoedigende plek is, sal die kind getrek word om veiligheid elders te soek, en pornografie voorsien aan ʼn maklike ontvlugting.  Die huis moet ʼn plek wees om na te ontsnap, en nie daarvan weg.  Binne die raamwerk van veiligheid, moet die jong persoon gesonde tegnieke geleer word om spanning te hanteer.  Dit wissel vanaf deur genoeg slaap te kry, ʼn gesonde dieet, en oefening, tot gebed om in die goddelike mag te vertrou.

3. Leer jou kind die belangrikheid van uitgestelde dankbaarheid.

Toe ek 14 jaar oud was, het my ouers my en my broer geneem op ʼn uitgebreide oorsese toer, dit was my eerste reis buite Noord – Amerika en die kultuur skok was groot.  Een van die dinge wat my jong verstand werklik geskok het, was die algemene houding van die mense in die ander land wat hulle gehad het oor werk.  Waar ek opgegroei het in die VSA, het die Puriteinse werksetiek gegeld: “Werk nou, en speel later (as daar nie nog werk was om te doen).”  In die land wat ons besoek het, alhoewel die houding was “Speel nou, en werk later (miskien – minder sodat ons later kan speel).”  Was dit ʼn kultuur waar daar onmiddellik dankbaarheid gegee is. 

Dit is uiters belangrik vir jou kind se karakter ontwikkeling om die beginsel van uitgestelde dankbaarheid by hulle in te prent.  Pornografie is maklik beskikbaar op die internet.  Dit is sekerlik makliker om toegang te verkry tot pornografie as om persoonlike verhoudings te ontwikkel en dit te onderhou in die werklike wêreld.  ʼn Tiener wat erkentlikheid wil verkry deur pornografie aanlyn te verkry, sal groot word as ʼn man wat dit makliker vind om homself te bevredig terwyl hy na pornografie kyk, as om ʼn poging aan te wend om sy vrou te plesier, en weer op haar beurt, haar toe te laat om hom te plesier. 

“Wanneer kinders die huis beheer deur maklik hulle ouers te oorreed om hulle begeertes van hulle hart vir hulle te gee, is daar niks wat die kind verhinder om betrokke te raak by pornografie as die geleentheid hom voordoen. Die geleentheid sal daar wees.

“[ ʼn Onlangse statistiek] wat geneem is uit 813 volwassenes uit die ouderdomsgroep van 18 tot 26, het twee uit drie saamgestem dat om na pornografie te kyk aanvaarbaar is. 86% van die mans en 32% van die vroue het pornografie gebruik. Die presentasiepunte onder vroue is besig om toe te neem. Ek glo dat ons almal saamstem dat pornografie eksponensieel makliker is om toegang te verkry as net sover as ten jaar gelede. As die kind ingestel is om aan sy selfsugtige begeertes te voldoen, sal dit nie vir hom moeilik wees aangetrek te word na die aanloklikhede van pornografie.”   

(Rick Thomas, skrywer en berader)

Uitgestelde bevrediging is ʼn beginsel wat geleer word vroeg gedurende die kinderjare wanneer ʼn kind geleer word om Mamma en Pappa te gehoorsaam, wanneer daar “Nee” gesê word.  Kinders wat alles gegee word waarvoor hulle vra, ontwikkel die karater dat daar verwag word om aan elke wens van hulle voldoen sal word.  Te veel ouers gebruik afleiding in die vroeë jare.  Deur aandag “afleiding” van ʼn ‘kind, en in plaas daarvan om hom te leer “Nee,” is dit een van die mees skadelike maniere waarop ʼn ouer sy kind kan grootmaak.  Dit leer effektief onmiddellike bevrediging: “ Ek wil nie hê dat hy dit moet kry, daarom sal ek hom in versoeking bring na iets wat hy selfs meer aanloklik en begerig vind.”  Dit ontwikkel nie ʼn sterk karakter van die kind!  Dit verskans alleenlik die begrip dat hy alles kan kry wat hy begeer.  Verder, bevorder ʼn kort tyd van aandagafleiding wat weer maklik verveeldheid word. 

ʼn Kind wat toegelaat word om sy sin gegee te word deur onmiddellike bevrediging, word verveeld deur enigiets wat toewyding en harde werk vereis, en sal hy groot word as ʼn volwassene wat sy eie wense wil bevredig, en wat niks anders soek as die onmiddellike bevrediging van alle terreine van sy lewe. 

4. Leer aan jou kind dat sy dade gevolge het.

ʼn Kind wat nooit verantwoordelik gehou word vir wat hy verkeerd doen, word groot as ʼn volwassene om weg te kom met alles, insluitende deur te lieg vir sy vrou, en haar self te blameer vir sy verslaafdheid.  Dit sal gevolge veroorsaak op elke ander gebied van sy lewe, insluitende sy geestelike lewe.

Dit begin tydens die kleuter stadium wanneer die kind nie geleer word om vir die eerste keer aan Mamma of Pappa gehoorsaam te wees en aangesê word om iets te doen.  Sommige kinders word geleer dat hulle ongehoorsaam kan wees terwyl sy besig is om te tel: “Een… twee… twee – en – ʼn half… twee – en – ʼn driekwart – ek is amper by drieeee !”  Net so vinnig word die kind geleer dat hy ongehoorsaam kan wees tot op daardie punt.  Ander kinders word geleer hulle kan ongehoorsaam wees totdat Pappa se stem ʼn seker toonhoogte bereik.

Kinders moet geleer word om gehoorsaam te wees die eerste keer wat hulle aangesê word om iets te doen in ʼn aangename stem toon.  Andersins, word hulle aktief geleer om weg te kom met ongehoorsaamheid totdat Papa begin gil, of as Mammie begin tel het tot “twee – en – ʼn – driekwart.”

Kinders wat duidelik geleer word oor die redelike grense en weet dat daar vir hulle lief is, is gelukkig, en selfversekerde kinders.  ʼn Bedorwe kind wat nooit verantwoordelik gehou word vir wat hy verkeerd doen sal groot word om te dink dat reëls en wette (insluitende Yahuwah se wette) nie van toepassing is op hulself.  So ʼn verstandelike houding, en aanspraak op iets is ʼn ope uitnodiging tot pornografiese verslaafdheid. 

5. Beklemtoon die waardes wat jy in jou kind wil hê. 

Christen ouers word gereeld daaraan gewoond gemaak om aan hulle kinders te dink as ʼn tuin.  Uitputtende pogings moet gebruik word om elke onooglike onkruid wat dit waag om sy kop uit te steek in die vrugbare grond van hulle kinders se harte uit te roei.  Die probleem is as jy gedurigdeur net besig is met die onkruid sal jy eenvoudig op eindig met ʼn braak stuk grond van vullis.  Om ʼn mooi en produktiewe tuin te hê, vereis dit baie meer as net om die onkruid te verwyder.

ʼn Mooi tuin sal ʼn verskeidenheid van blomme en wingerde hê wat baie mooi lyk en lekker ruik, en wat skoenlappers en voëls lok. ʼn Produktiewe tuin sal sowel ook vrugte en groente hê as voedsel, en medisinale kruie wat gebruik kan word in ʼn verskeidenheid van maniere van produktiwiteit.  Maar deur meer te hê as net ʼn braak stuk grond, dit baie werk behels.  Dit benodig beplanning.  Dit vereis ook om aktief ingeskerp te wees wat om te doen, en dan om te versorg wat geplant is. 

Watter tipe van jong volwassene wil jy hê wanneer jou kind 18 jaar oud is?  Wil jy hê dat hy hoflik en respek aan vroue betoon, hardwerkend, en vriendelik teenoor ander, en beskermend te wees oor die wat kleiner en swakker is as hyself?  Dan benodig jy om te begin om daardie dinge te plant in sy karakter vanaf die vroegste jare van kindwees, en om dit gedurig te versorg soos hy groot word.

6. Hou ʼn eerlike gesprek met jou kinders.

Moet nooit of ooit vir jou kinders lieg.  Laat hulle opgroei wetende dat hulle altyd na jou toe kan kom vir die waarheid.  As iets nie paslik is vir die ouderdom, kan jy hulle vertel dat jy hulle vraag sal beantwoord wanneer hulle ouer is.  Deur te weier om die vraag te beantwoord is een ding.  Deur te lieg is iets heeltemal anders en sal dit die vertroue vernietig wat hulle in jou het.

Begin deur openlike en gepaste gesprekke met jou kinders te hê vanaf ʼn vroeë ouderdom.  As hulle nie die inligting begryp wat jy gee, sal hulle dit verkry van hulle portuur groep wat sekerlik nie ʼn veilige plek is vir die leer van Christen waardes.

familie wat aand ete geniet

Gesels eerlik met jou kinders. Jy wil dat hulle, hul die waardes vanaf jou leer, en nie vanaf hulle portuur groep.

Met openlike kommunikasie wat gevestig is, verduidelik die gevaar van pornografie aan jou groeiende kinders.  In die wêreld van vandag is dit baie maklik om beelde van pornografie aanlyn te verkry, en benodig dit om hierdie gesprek te hê, voor hulle die puberteit stadium bereik.  My jongste dogter het onlangs gestrompel oor ʼn foto aanlyn wat haar werklik onstel het.  Sy is slegs 11 jaar oud en het na prente gekyk van uitsonderlike diere soos hase met langhare, en ander soortgelyke prente.  Skielik terwyl sy prente soek oor die wêreld se grootste hond, het daar ʼn foto verskyn van ʼn liggaam wat onthoof is.  Dit is nie waarna sy gesoek het, maar dit het in elk geval opgeduik. 

Die uiterste grafiesevoorstelling en aard van die foto was baie ontstellend vir haar en die het haar vir maande gepla.  Sekere dinge sou die geheue herinner van wat sy gesien het, en dit het haar weer van vooraf ontstel.  Pornografie duik herhaaldelik op in algehele gepaste en onverwante ondersoeke.  Dit wat so onskuldig lyk om te soek na voorbeelde van honde, en kan dit oproep onstellende harde pornografie.  Webmeesters van pornografiese webtuistes verkry voordeel uit verskeie sleutelwoorde om mense in te suig in hulle webwerwe.

Vertel aan jou kinders die gevaar van pornografie!  Moenie dat jou ongemak oor hierdie onderwerp jou kinders onkundig laat oor die gevaar.  Verduidelik dat die beste manier om verslaafdheid te vermy om dit nooit in die eerste plek te probeer!

Jy kan selfs verklarings gebruik van veroordeling.

Eerste Veroordeling” Ek verstaan dat pornografie ʼn sonde van verslaafdheid is en kan dit alle hoop vernietig wat ek koester vir ʼn gelukkige, vervulde huwelik eendag.

Tweede Veroordeling: Ek is aanspreeklik aan Yahuwah en sal ook aanspreeklik wees aan my ouers vir wat ek in my gedagtes plaas deur boeke, flieks, die internet, en waarna ek luister.

Jy is die ouer.  Dit is jou taak om om te sien wat jou kind se vermaak is.  As jy dit nie doen nie sal jy nie weet waaraan hulle blootgestel is.  Die gevolge van die langtermyn verwaarlosing van die jou rol as ouer wanneer die kind jonk is, die verlies aan werkgeleenthede, verlies aan huwelike, en diepe ongelukkigheid, ontevrede met die lewe wanneer die kind volwassenheid bereik.  Die gewoontes wat gedurende die kinderjare aangeleer is, vir goed of kwaad is blywend en beïnvloed dit die persoon se lewe lewenslank.

7. Leer aan jou kind selfbeheersing.

Van al die beginsels wat hier gelys word, dit stellig die mees belangrikste is.  ʼn Kind wat selfbeheersing geleer word sal opgroei as ʼn volwassene sal die wet van Yahuwah verhoog bo die van persoonlike begeertes, en ondiens van persoonlike bevrediging.  Mense wat nie selfbeheersing geleer is gedurende die kinderjare sal dit afgedwing word op hulle op wanneer hulle ouer is deur druk van buite.

Selfbeheersing begin by die baba in sy moeder se arms. ʼn 18 maande oue baba wat toegelaat word om tekere te gaan en te gil, en te skreeu, en te skop, word geleer om ʼn gebrek te hê aan selfbeheersing deur versuim. ʼn 8 jarige wat toegelaat word om ongeskik te wees met sy broers en susters wanneer hy siek is en nie goed voel, word geleer om ʼn gebrek aan selbeheersing te hê deur versuim. ʼn 14 jarige oue tiener wat toegelaat word wat geleer word om sy stem te verhef en te gil wanneer hy kwaad is, word weer geleer deur die versuim van ʼn gebrek aan selfbeheersing.  Enige iemand kan gil wanneer hy kwaad is.  Dit neem nie ʼn sterk karakter om jou humeur te verloor.  Alhoewel, dit ʼn groot deel van selfbeheersing en sterk karakter kos om bedaardheid en selfbeheersing te onderhou wanneer jy uitgelok word. 

vloermoer

Ouers wat nie nie velang dat hulle kind selfbeheersing uitoefen voorsien aan ʼn groot ondiens aan die kind wat juis later, in die lewe   ʼn hoë prys sal vra. 

Deur nie daarin te slaag om jou kind selfbeheersing te laat aanleer is dit een van die grootste ondienste wat die ouer aan die kind kan doen.  Dit gaan oor na elke enkele gebied van die lewe, insluitend die geestelike lewe.  Deur oor te gee aan die wil van Yahuwah, is om te weier om toe te gee aan sondige gedrag wanneer jy werklik, werklik ʼn sterk karater benodig wat net alleenlik verkry kan word deur selfbeheersing. 

Miskien besit jy nie die wilskrag om versoeking te oorwin op jou eie.  Ons almal het ʼn gebied wat goddelike ondersteuning benodig om dit te oorwin.  Maar dit neem geleerde gedrag van selfbeheersing om te kies op daardie punt om na Yahushua te gaan vir hulp wanneer daar versoeking is, eerder as om toe te gee aan die begeerlikheid van versoeking.

Waar begin sonde

Sonde begin altyd eerste in die gedagtes.  Dit word ʼn toevlugoord vir die verbeelding.  Dan, wanneer die geleentheid hom voordoen, word versoeking deur korrupsie ontmoet binne die persoon van sonde.  Dit kan direk nagespoor word na die gebrek aan selfbeheersing.

Een van ons grootste take as ouers is om die jong kind in te skerp oor die beginsels van selbeheersing.  Hy kan nooit die statuur van ʼn ware man bereik in Yahuwah so lank as hy verslaafd is aan die veranderlike begeertes van sy laer natuur.

As jou kind alreeds besig om na pornografie te kyk

Self in die godvresendste huis, met die mees sorgsame ouers, kan die jeug steeds die prooi word tot die verleiding van pornografie.  Dit maak nie van jou ʼn slegte ouer.  Lucifer het gerebeleer in Hemel!  Alhoewel, wees gewaarsku dat jy te make het met ʼn ware verslaafdheid. 

Dr.  Donald L. Hilton, Jr., se aansporing is:

[Ons benodig] om pornografie, en seksuele verslaafdheid te behandel as ʼn ten volle verslaafdheid, en nie alleenlik as ʼn vorm van gedrag/geestelike dimensie…  Individue wat sukkel met pornografie en seksuele verslaafdheid moet verstaan dat dit ware verslaafdheid is, en sal hulle in staat wees om daarmee op te hou tensy hulle hulp verkry van aangewese bronne.  Deur te rasionaliseer dat ”dit my private sonde is, en ek kan dit in my privaatheid oplos met God,” sal dit net voorsien aan die toeneming van verslaafdheid, en hulle verskans in ʼn dubbele lewe.  Hulle moet die persoonlike begeerte hê van berou, en om genesing te verkry.6  

As jy ontdek dat jou kind vasgevang is deur pornografie, is daar bepaalde dinge wat jy kan doen sodat jy kan help dat hulle vry kan kom.

A) Moenie in woede reageer, deur walging of emosionele trane.  Moenie daarna streef om jou kind skaam te maak of te verneder.  Kinders en die jeug is, die jonger lede van die koninklike familie van die hemel en moet dienooreenkomsig met waardigheid en respek behandel word. 

 

 

Pa wat sy sen raad gee

As jou kind reeds sukkel met 'n pornografiese verslawing, gee hom die liefde en begrip wat jy wil hê Yahuwah jou moet e gee wanneer jy misluk.

B.) Bly kalm liefdevol en toon begrip.  Behandel jou kind regverdig soos jy wil hê hoe Yahuwah jou moet behandel wanneer jy foute gemaak het.  As jy ook met pornografie gesukkel het, kan jy dit deel wat jou gehelp het om te oorwin.  Laat jou kind verstaan dat hy (of sy) is nie alleen.

 

C.) Bemoedig en koester jou kind se vertroue.  Nou is dit nie die tyd om ouer te wees met “harde liefde.”  Ouers wat kinders met “harde liefde” regeer sal staf al het hy erken en verskoning gevra.  Pornografie is van nature ʼn verborge en geheime valstrik.  Moenie aan jou tiener ʼn rede gee om nog meer geheimsinnig te wees.  Harde liefde spoor die jeug aan om leuens te vertel omdat hulle weet dat hulle in elk geval gestraf sal word, al vertel hulle die waarheid.  Wees ʼn veilige hawe vir jou kind om na te gaan as hy sukkel en jou hulp nodig het. 

 

D.) Verduidelik die gevaar en probleme met pornografie.  Vertel aan jou kind hoe pornografie in werklikheid die chemie van die brein beïnvloed. 

 

E.) Verkry die hulp van ʼn kundige berader wat weet hoe om met seksuele verslaafdheid te behandel.  Onthou, deur die veranderings in die brein se chemie, dat jy te doen het met die werklikheid van ware verslaafdheid. 

 

F.) Beperk rekenaar toegang

 

G.) Hou jou kind besig en fisies aktief.  Vermy of verminder die inname van voedsel wat stimuleer en laer nature opwek (vleis, eiers, baie suiker, koffieïne, ens.) 

 

H.) Moet nooit ooit “jou kind afskryf”as verlore.  Dit maak nie van jou “ʼn slegte ouer as jy ontdek dat jou kind het verslaafd geword aan pornografie.  Alle mense is gewaarborg van vryheid van keuse. 

 

I.) Bid, bid en bid vir jou kind.  Deur te bid vir jou kind is dit ʼn goddelike mandaat.  Toe Israel daarop aangedring het op ʼn koning om soos die ander nasie te wees.  Is Sameul se geïnspireerde reaksie ʼn voorbeeld aan elke ouer wat deel is van sukkelende kind: “Ook wat my betref, dit is ver van my dat ek teen die Here sou sondig, dat ek sou ophou om vir julle te bid; maar ek sal julle in die goeie en regte weg onderrig.” (1Samuel 12 vers 23.) As jy nie vir jou kind bid wie bid dan vir hom?

Help jou kind om te oorwin

Die skrywer Rick Thomas het waargeneem: Die probleem vir baie van ons is dat ons nie die verraderlike aanloklikheid van pornografie verstaan en hoe dit reageer, ofskoon dit onopsetlik is, kan dit die oorsaak wees dat die kind gevorm word, om te na iets te hunker wat daartoe kan lei na ʼn slawerny van ʼn leeftyd.”7 Baie jeugdiges struikel oor pornografie, en word verslaafd daaraan deur nalatigheid.  As hulle nooit geleer word oor selfbeheersing, en as hulle nooit aanspreeklik gehou word vir hulle dade, en as die huis omgewing nie ʼn ondersteunende toevlugsoord is, van die wêreld, is die jeug is by verre meer vatbaar om ingetrek te word tot die ontsnapping wat deur pornografie aangebied word.  Doelbewuste ouerskap – wat weet wat hulle wens vir hulle kind as volwassene moet wees, en hulle strewe na die doel – dat dit nodig is ons kinder oorwinnaars moet wees.

ʼn Kind wat geleer word om sy besluite te maak wat gegrond is op die beginsels, eerder as gevoel, sal groot word as ʼn eerbare man wat sy lewe inrig volgens vaste beginsels.  Selfs al is jou kind amper volgroei, is dit nie te laat om te begin om hom toe te rus met die toerusting om ʼn godvresende en eerbare lewe te lei in die vrees van Yahuwah.

pa en seun 

 

1. Hierdie artikel is geskrywe vanuit die perspektief vir die nood om jong manne en seuns te beskerm van die gevaar van pornografie.  Ouers moet bewus wees, alhoewel daar ʼn groeiende aantal meisies is, wat ook ingetrek is deur na pornografie te kyk.  Die beginsels wat omskryf is in die artikel is gelyktydig daar vir jong vroue sowel as vir manne.

2. http://www.teensafe.com/blog/web-pornography-addiction-affects-teenage-brain/

3. Donald L. Hilton, Jr., MD, Hy Herstel My Siel, hoofstuk 4, nadruk voorsien.

4. http://www.covenanteyes.com/2013/03/20/porn-training-motivation/

5. n/a

6. Hilton, op. cit., Inleiding.

7. “5 Versekerde - Brandende Metodes om Jou Kind te Motiveer om Pornografie te Gebruik.”