Print

Memomisering van die Skrif: ʼn Saak van Lewe en Dood

Die Skrif is die onfeilbare kern van die Christen geloof. Dit is die asem van Yah wat ingeasem word, en die padkaart na die ewige lewe. Almal wat met ʼn opregte hart streef na Yahuwah en Sy geregtigheid, sal dit ʼn gewoonte maak om die Bybel te bestudeer, en hulle toewy om die lewendegewende woorde ingeprent te kry in hulle verstand. Om die studie van Yahuwah se woord te verwaarloos is om die dood te verkies bo die lewe. Dit is baie ernstig, as ons nie in die toenemende lig van Sy woord wandel, en word ons gelaat om te sit in die in die toenemende donkerte van die dood se skaduwee.
 
Gedurende die onvermydelike finale krisis, sal die geloof van Yahuwah se volgelinge getoets word soos nooit tevore. Wanneer die vervolging sy hoogtepunt bereik, en die katastrofiese gebeure rondom ons ontvou, sal diegene wat nie sy ankers in die Skrif het, oorgee sonder hoop, en weggevoer word. Laat ons in toegewydheid ons daartoe verbind om Yahuwah se beloftes in ons gedagtes en dit vandag te onthou, om môre te oorwin.

8 Redes vir die Memorisering van die Skrif

  1. Yahuwah beveel ons om toegewyd Sy woord in ons geheue te bêre.
  2. Yahuahua het die Skrif gemomoriseer.
  3. Deur die Skrif te memoriseer hernu dit ons gedagtes, en is dit tot ʼn hulp om ʼn lewe te ly in volkome gehoorsaamheid aan ons liefdevolle Vader Yahuwah.
  4. Deur die Skrif te memoriseer voorsien dit aan ons die krag in die tyd van versoeking.
  5. Die memorisering van die Skrif voorsien aan ons om meer doeltreffend te bewys aan ons verlies.
  6. Die memorisering van die Skrif stel ons in staat om meer doeltreffend ʼn oproep en aanmoediging vir ander gelowiges te wees.
  7. Die memorisering van die Skrif openbaar die wil van die Vader Yahuwah met nadenke in ons harte.
  8. Die memorisering van die beloftes van die Skrif sal ons in staat stel om standvastig te wees in die aangesig tydens die eindtyd beproeweninge en katestrofes.


1. Yahuwah, beveel ons deur Sy profete en apostels om ons te verbind om Sy woord in ons verstand te bêre.

As ons ʼn lewendige verbintenis met die Vader Yahuwah wil onderhou, moet ons ag slaan op die oproep om Sy woord te bestudeer, en moet ons dit aan ons harte verbind.

two girls reading the Bible

Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny. (2 Timotheus 2 vers 15.)

Hoor, Israel, die HERE onse God is ‘n enige Elohim.  Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees;  en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan. Ook moet jy dit as ‘n teken bind op jou hand, en dit moet as ‘n voorhoofsband tussen jou oë wees. En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe. (Deuterononium 6 verse 4 tot 9)

Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here. (Kolossense 3 vers 16)

2. Yahushua het die Skrif gememoriseer.

Terwyl Yahushua op aarde was, het Hy gereeld aan Sy toehoorders gewys op die Skrif. Keer op keer en gereeld, het Hy die Skrifte gebruik om die getroues aan te moedig, en om die onkunde teë te spreek van diegene wat Hom verwerp het as die Christus.

Yahushua sê vir hulle:Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë? (Mattheus 21 vers 42.)

"Dit kan nie gebeur dat die mensdom sal groei in genade, tensy hulle self toewy om te lees. 'n Lesende mensdom sal altyd vol kennis wees." (John Wesley)

Toe antwoord Yahushua en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van Yahuwah nie. (Mattheus 22 vers 29)

In daardie uur het Yahushua vir die skare gesê: Het julle soos teen ‘n rower uitgekom met swaarde en stokke om My gevange te neem? Dag vir dag het Ek by julle gesit en leer in die tempel, en julle het My nie gegryp nie. Maar dit het alles gebeur, dat die Skrifte van die profete vervul sou word. Toe het al die dissipels Hom verlaat en gevlug. (Mattheus 26 verse 55 tot 56)

En Hy het die twaalf by Hom geneem en vir hulle gesê:Kyk,ons gaan op na Jerusalem, en alles wat deur die profete geskrywe is, sal aan die Seun van die mens vervul word. (Lukas 18 vers 31)

En Hy sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het! Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie? En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het. (Lukas 24 verse 25 tot 27)

En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word. (Lukas 24 vers 44)

Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Dit is geskrywe in die profete: En hulle sal almal deur God geleer wees. Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom na My toe. (Johannes 6 verse 44 en 45)

As ons in die liefde van die Verlosser wil bly, moet ons Hom in alle dinge nastreef, insluitend die ywer en gewoonte om die Skrif te bestudeer.

Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is. Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het. (1 Johannes 2 verse 5 en 6)

3. Die memorisering van die Skrif verfris ons verstand en stel ons in staat om ʼn lewe te e lei in volkome gehoorsaamheid aan ons liefdevolle Vader Yahuwah.

Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie. (Psalm 119 vers 11)

Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord( Psalm 119 vers 9)

grandfather reading Bible to granddaughterYahuwah se woord het die mag om lewens en die sonde verdonkerte verstand te hernu.

En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. (Romeine 12 vers 2)

Wanneer die Skrif biddend bestudeer word, openbaar dit die swakheid van ons karakter, en ontbloot dit ons gedagtes, en maak dit ons ware omstandighede duidelik in die aangesig van die Hemele:

Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. (Hebreërs 4 vers 12)

Die Skrifte rus ons toe vir die verstaan, en deur die krag en mag van die Heilige Gees dit ons bring “in die gevangeniskap van elke gedagte tot die gehoorsaamheid aan Christus.”

(Want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie,maar kragtig deur Yahuwah om vestings neer te werp,) terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van Yahuwah, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus. (2 Korinthiërs 10 verse 4 en 5.)

4. Die memorisering van die Skrif voorsien aan ons die nodige krag in tye van versoeking.

Yahushua die sondelose Seun van die Allerhoogste, het altyd die Skrif gebruik om versoeking te beveg. Hoeveel te meer kan ons doen, in ons verlaagde en sondige omstandighede, benodig ons om hierdie twee snydendeswaard te bemeester. As ons wil oorwin, moet ons intiem bekend wees met die woord van Yahuwah.

"Die Bybel in die geheue is beter as die Bybel op die boekrak." (Charles Spurgeon)

Toe is Yahushua deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel.  En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword.  En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word.  Maar Hy antwoord en sê:Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van Yahuwah uitgaan. Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan  en sê vir Hom: As U die Seun van Yahuwah is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ‘n klip stamp nie. Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Yahuwah jou Elohim nie versoek nie.  Weer neem die duiwel Hom saam na ‘n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid,  en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid. Toe sê Yahushua vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.  Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien. (Mattheus 4 verse 1 tot 11)

5. Die memorisering van die Skrif rus ons toe om meer doeltreffend die verlies te aanskou.

Maar heilig Yahuwah Elohim in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees; met behoud van ʼn goeie gewete, sodat in die saak waarin hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle beskaam mag word wat julle goeie lewenswandel in Christus belaster. (1 Petrus 3 verse 15 en 16)

As ons die groot opdrag wil vervul, moet ons die hart toewy aan alles wat Yahuwah en Sy Seun ons beveel het.

Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies,..... en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.( Mattheus 28 verse19 en 20)

6. Die memorisering van die Skrif stel ons in staat om doeltreffend ander gelowiges op te roep en aan te moedig.

Die Skrif is die fontein van geregtigheid en in onderrig en ʼn onfeilbare bron van gesonde leer.

Die hele Skrif is deur Yahuwah ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, (2 Timotheus 3 vers 16)

Deur die hart toegewyd aan Yahuwah se woord te maak, voorsien aan ons ʼn meer doelgerigte toerusting vir die oprig van ons broers en susters in die geloof.

Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende Elohim afvallig word nie.  Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit “Vandag” genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. (Hebreërs 3 verse 12 en 13)

en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom. (Hebreërs 10 verse24 en 25)

7. Die memorisering van die Skrif voorsien aan die openbaring aan die wil van die Vader, en die oordenking van ons harte as die fokus punt van ons lewens.

In ons strewe na die onverganklike kroon, is dit van kardinale belang dat ons alewig die Vader se woord voor oë hou.

"Jy moet ywerig die Woord van. . . [Yahuwah] bestudeer, en op geen manier ons verbeel dat ons dit ken. . . . Die duiwel is 'n groter vabond as wat jy dink. Tot nog toe weet jy nie watter soort van vent hy is en watter wanhopige afwyker jy is. Sy plan is noukeurig uitgewerk om jou moeg te maak vir die Woord en op die manier om jou weg te trek van dit. Dit is sy doel." (Martin Luther)

Ek wil u bevele oordink en op u paaie let.  Ek sal my verlustig in u insettinge, u woord sal ek nie vergeet nie. (Psalm 119 verse 15 en 16)

My oë is die nagwake voor om u woord te oordink. ( Psalm 119 vers 148)

U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad. (Psalm 119 vers 105)

Nadenke oor die woord van Yahuwah is die sleutel tot ware voorspoed en sukses.Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel. (Joshua 1 vers 8)

8. Die memorisering van die beloftes van die Skrif sal ons in staat stel om sterk te staan in die aangesig van eindtyd beproeweninge en katestrofes.

Vier vandag fees oor die kosbare beloftes van Yahuwah, dat jy sterk mag staan in die beproeweninge vorentoe.

Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.  Ek sal tot Yahuwah sê: My toevlug en my bergvesting, my Elohim op wie ek vertrou.  Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes.  Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ‘n skild en pantser.  Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,  vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!  Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand—na jou sal dit nie aankom nie.  Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.  Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak. 0 Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;  want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.  Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.  Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap.  Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.  Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.  Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien. (Psalm 91)

elderly lady studying the Biblehy sal op hoogtes woon, rotsvestings is sy burg; sy brood word hom gegee, sy water is gewis. (Jesaja 33 vers 16)

Maar die wat op Yahuwah wag kry nuwe krag ; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie. (Jesaja 33 vers 16.)

Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou Elohim. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.  Kyk, hulle almal sal beskaamd staan en in die skande kom wat op jou toornig is; hulle sal word soos niks, en jou teëparty sal omkom.  Jy sal hulle soek, maar hulle nie vind nie—die manne wat met jou twis; hulle sal word soos niks en soos ‘n nietige ding—die manne wat teen jou oorlog voer.  Want Ek, die Yahuwah jou Elohim, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou. (Jesaja 41 verse10 tot 13)

Maar nou, so sê die Yahuwah, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!  As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. Want Ek is Yahuwah, jou Elohim, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.  Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af. (Jesaja 43 vers 1 tot 5)

Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees. (1Tessalonisense 5 vers 6)

Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet. En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.  En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie.  Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.  En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.  En middernag was daar ‘n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!  Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.  En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit.  Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.  En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.  Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop!  Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.  Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie. (Mattheus 1 vers 13)


Laat ons deur die verleende genade van die Vader, ons daagliks toewy om Sy lewendgewende woord te bestudeer dat ons met ʼn opregte hart saam met Job kan sê:

Van die gebod van sy lippe het ek nie afgewyk nie; die woorde van sy mond het ek bewaar meer as my eie wet. (Job 23 vers 12)

smiling man holding Bible