Print

Onder die Skadu van Sy Vlerke: Om te Skuil in die Geheimeplek van die Allerhoogste


Die Hemele doen ʼn beroep op gelowiges om hulself te versteek
in die geheime plek van die Allerhoogste.


 

Hurricane Irma and Nevis
 

 

Die sikloon Irma was die grootste orkaan wat nog ooit opgeteken is in die Atlantiese Oseaan. Selfs die magtige kragte van die natuur kan nie ʼn enkele nederige gelowige oorrompel wat aanspraak maak op die magtige beloftes van Yah.

 

 

The island of Nevis in the Caribbean

 

Die eiland Nevis in die Karibiese eilande.

Siklone is een van die dodelikste kragte van die natuur wat bekend is aan die mens. ʼn Sikloon kan ʼn 2 – Ton voertuig rondgooi of dit die speelgoed van ʼn kind is. Sy kragtige winde kan dakke afwaai van geboue, en niks oorlaat op hulle pad as net ʼn hoop van rommel. Die grootte van storms wat gepaardgaan met sulke monsteragtige stormwinde skep hulle eie gevaar. Hoe kan ʼn weerlose familie met drie jong kinders in die ouderdomsgroep vanaf 8, 5 en 2 jaar, so ʼn ongelooflike gevaarlike omstandigheid oorleef?

Bly jou anker vas in die lewenstorm?

Bly jou anker vas in die lewenstorm,
As die wolke swart in die blou lug vorm?
As die vloedgety elke kabel rek,
Sal jou anker sleep of vaster trek?1

Dit was die werklikheid wat die familie2 in die aangesig gestaar het wat gewoon het op die eiland Nevis.

Dit was Dinsdag, die 5de September, 2017, op die klein Karibiese eiland Nevis met ʼn bevolking van 15,000 mense. Die stille wind, en die skoon sonnige hemel het gestaan in die kontras met die spanningsvolle aankoms wat ons daardie dag bereik het.

Byna die grootte van Texas, was Irma besig om haar pad na ons aan te pak, en die dodelike sikloon-sterk winde van 300 km/u, met stormsterk winde van meer as 320 km/u, en 'n gevaarlike golwe.

ʼn Week tevore het ons gehoor van ʼn waarskuwing van ʼn moontlike naderende sikloon, maar dit was te vroeg om daarvan iets te maak, ons woon al meer as 5 jaar op die Karibiese eilande, en het net ondervinding gehad van storms nou en dan.

Maandag, ʼn dag voor die Sikloon ons sou tref, was Irma ʼn kategorie 3 sterkte sikloon. Maandagaand het ons gevind dat sommige van die orkaan afsluiters nie wou toemaak omdat die hout krom getrek was, en dat daar ook boute was wat weg is.

Dinsdag oggend toe ek besig was om die Bybel te lees deur die gedeelte van Jesaja 59 vers 19 ” Want Hy sal kom soos ʼn saamgepersde stroom wat die asem van Here aandrywe.” Ek het Yahuwah gedank vir hierdie voorsienigheid en versekering, en ek het my verbeel dat daar ʼn engel was wat tussen ons en die sikloon gestaan het, en gesê het: “Wind moet hulle nie aanraak.” Ek was gekonfronteer met die gedagte dat ek in die Hande was van die Meester van die natuur.

Daardie oggend het ons verneem dat Irma in intensiteit toegeneem het van 'n kategorie 3 na 'n kategorie 5 sikloon terwyl dit na warm water met lae vertikale windvlaktes gegaan het. Irma was die grootste sikloon wat die Atlantiese Oseaan nog ooit beleef het, en sal die Noordelike – Leeward - eilande eerste tref, waarvan St Kitts en Nevis ingesluit was. Die voorspelling dat die sikloonbaan en die oog van die sikloon regdeur St. Kitts en Nevis sal deurbeweeg

andrew 1992 vs. irma 2017 

Satelliet beelde wat die relatiewe grootte van die Orkaan Andrew, ook ʼn kategorie 5 orkaan, met die orkaan Irma vergelyk het.

Sedert die begin om inligting op te teken, was daar alleenlik net drie kategorie 5 siklone wat die Verenigde State getref het: “Die Werkersdag” sikloon van 1935; die sikloon Camille, gedurende 1969; en Andrew gedurende 1992. Sikloon Irma het alle kategorieë oortref. Kategorie 5 siklone word voorbehou vir storms wat wind snelhede van 250 km/u oorskry. Orkaan Irma se wind snelhede het 295 km/u bereik, wat sommige kommentators laat voorstel het dat, ʼn nuwe kategorie van sikloon bygevoeg moet word volgens die skaal van 6, en waarvan daar voorheen nog nooit van gehoor was. Die absolute grootte van Irma is die onverstaanbare deel. Dit het elke storm wat voorheen bekend was verdwerg.

Ek was bang dat ek nie in staat sal wees om te staan, en is dankbaar wat ook al gebeur het. Ek het geglo dat dit Yahuwah se volkome wil vir ons lewens was, en wat ook al Hy toegelaat het vir ons ewige goedheid. Dus het ek Hom gevra om kalm te bly, in vertroue en dankbaarheid.

Nadat ek die internet gebruik het om inligting te versamel oor ʼn kategorie 5 sikloon om te bepaal wat om te verwag. Het ons besluit om in ʼn vertrek in die kelder te skuil met een deur en venster wat gerig is na die Atlantiese Oseaan. Toe het ons aan ons kinders verduidelik in die ouderdomsgroep van 8, 5 en 2, dat ons daar sal slaap omdat ons geglo het dat die toenemende storm heel moontlik die dak van die huis sou afwaai, en groot skade sal veroorsaak, maar dat die engele ons sal beskerm soos hulle gedoen het met Noag en sy gesin gedurende die vloed. Ons het ʼn broeder ouderling en sy drie jaar oue kleinseun gevra om by ons te kom bly.

Dinsdag middag, het ons ingegaan in die vertrek in die kelder, met komberse en handdoeke, water en eetgoed. Ons het die bokke en die hoenders in ʼn groter vertrek langsaan gesit.

Daardie aand het ons gesing: “Bly jou anker vas in die lewenstorm?,” ”Onder Sy vleuels,”

Ons Toevlug in die Tyd van Storm?,” “Ons Bou op die Rots,” en is dit Wel Met Jou Siel.” Ons het enkele voorbeelde gelees uit die Bybel hoe Yahuwah teenwoordig is in ʼn tyd van benoudheid.

Soos die kinders aan die slaap geraak het, het ek ook my gaan neerlê. Ek het na die klank opname van die boek geluister, Die Plan van Stryd en Gebed, omdat ek onthou het , dat dit ʼn verhaal is oor ʼn familie wat ʼn sikloon sien aankom het, en wat onder die eetkamertafel geskuil het, en by Yahuwah gepleit het om hulle te red, en gevind het dat alles rondom hulle verwoes was, en met die uitsondering waar hulle gebly het. Ek het na daardie verhaal verskeie kere geluister gedurende die nag. Sommige mense het gesê dat die sikloon ons sal tref ongeveer 02h00 die oggend, en ander het weer gesê die volgende oggend, Woensdag ongeveer 08h00 die oggend.

Later die nag, het ek gesien dat alles verdwyn het en al waarvan rekenskap gegee kon word was my lewe, omdat Yahuwah dit gesien het wat ek oorwin het, en wat nog moet oorwin word. Die ooreenkoms tussen my en Yahuwah was Sy beloftes. Ek het gevoel dat al was wat ek oor het, en hulle het so kosbaar geword. Ek het die beloftes vermeld wat in Psalm 45, en Psalm 121 gevind word en wat besonders vertroostend was, en daaraan kon vaskleef

Yah is vir ons ʼn toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy ʼn hoë mate beproef. Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see. Laat sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy onstuimigheid! Sela. Die stroompies van ʼn rivier maak die Godstad bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste. (Psalm 46 verse 1 tot 5).

Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van Yahuwah wat hemel en aarde gemaak het. Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie. Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie. Yahuwah is jou Bewaarder; Yahuwah is jou skaduwee aan jou regterhand. Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie. Yahuwah sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar. Yahuwah sal jou uitgang en ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid, (Psalm 121).

Regdeur die nag het ons niks gehoor of enigiets gevoel, daar was ʼn kort tydjie toe ek ʼn bietjie wind gehoor het, maar niks anders sterker as wat ons hoor wanneer swaar reën val. Ons sou die orkaan kon gehoor het, en ook gevoel het, omdat een van die vensterbanke stukkend was van vroëere orkane, en die orkaan afsluiters het nie die venster geheel en al verseël, en het ons verwag dat reën deur die openinge sou inwaai van die afsluiter. Dit het ook nie gebeur.

Toe ek die môre wakker word, het ek gedink dat die orkaan sal ons om 08h00 die oggend ons tref, omdat dit steeds besig is om sy weg te baan. Ons het die radio aangeskakel en te wete gekom dat dit alreeds verby was! Ek kon dit nie glo nie.

Soos ons na buite beweeg het ons net ʼn paar gebreekte takke gevind in die tuin,maar selfs die hoenderhok wat ʼn oop ingang gehad het en was daar geen mure wat binnekant nat geword het! Ons het neer gekniel en Yahuwah gedank vir Sy ongelooflike en genadige beskerming en liefdevolle versorging.

Daar was watervloede tydens die dag van die sikloon en daarna. Die pad voor ons huis het in volle rivier verander. Daar was opruiming wat gedoen moes word op die hele eiland. Irma het noord beweeg om saggies te beweeg oor die eiland Nevis.

Yahuwah was Die Toevlug. Hy was Die Skuilplek in die tyd van storm. Hy is die skuilplek in elke storm van die lewe.

Yahuwah is getrou en hou Sy beloftes.

St. Bart’s after Hurricane Irma

Nadat Orkaan deur beweeg het, en al wat oorgebly het van huise op St. Bart was ʼn rommelhoop.

ʼn Skuilplek in die Tyd van Storms

Yahuwah’s ons Rots, ons skuil by Hom,
Ons toevlug in die tyd van storm;
Daar sal ons wag totdat Hy kom,
Ons toevlug in die tyd van storm! 3

Yahuwah kommunikeer met Sy kinders deur verskeie maniere. Hy praat met hulle deur die Skrif, deur indrukke in die hart deur die Heilige Gees, en Hy praat met hulle deur die natuur. Gewoonlik fokus gelowiges op die mooiheid van die natuur, die versorging wat die Skepper demonstreer op die manier hoe Hy vir die voëls van die hemel voorsien, en die lelies van die veld. Hy kan sowel ook spreek deur die vernietigende mag van die natuur.

Kategorie 5 siklone is so kragtig, en word daar dikwels na hulle verwys as ʼn “handeling van God.” Irma het verseker hieraan voldoen. Die stormwinde aan die buitekant van die orkaan was so ongelooflik sterk dat hulle in werklikheid die water vir kilometers aan die stande van die Bahamas opgesuig het. Dit was die verskynsel wat die weerkundige Angela Fritz van die Washington Post beskrywe het, en was dit voorheen ongekend en was dit net deur teorieë beskryf dat dit moontlik sal wees.3

Dit is belangrik om hierdie dinge te weet omdat Yahuwah hierdie dinge toelaat om te gebeur sodat dit gebruik kan word, vir ons groter geestelike heil.

A photo posted on September 8, 2017, from Twitter user, Adrian, shows the missing ocean

ʼn Foto wat geplaas was gedurende die 8ste September 2017, deur die Twitter gebruiker Adrian wys die oseaan wat opgesuig is sovêr as wat die oog kan sien.

Amos 3, bevat ʼn belofte wat kosbaar is vir die harte van alle gelowiges: “Want Adonai doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.” (Amos 3 vers 7) Terwyl die teks ooglopend en hoofsaaklik verwys na Yahuwah wat die toekoms openbaar deur profesieë, is die beginsel wat Yahuwah openbaar net sowel van toepassing is op die natuur.

Toe Yahuwah reageer het op Job se vraag, het Hy ʼn reeks van vrae gevra wat beplan was om die Almagtige se mag te vergelyk tot die van die mens se swakheid en onbelangrikheid.

Daarna het Yahuwah Job uit ʼn storm geantwoord en gesê: Wie maak die raadsbesluit daar tot duisternis met woorde sonder kennis? Gord dan soos ʼn man jou heupe – dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My. Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? gee te kenne as jy insig het. Wie het sy afmetinge bepaal? – Jy weet dit mos? Of wie het daaroor die meetsnoer gespan? (Job 38 verse 1 tot 5).

Vanaf hier vra Yahuwah self meer aangewysde vra:

En wie het die see met deure afgesluit toe dit uitgebreek uit die moederskoot voortgekom het? (Job 38 vers 8).

Het jy gekom by die bronne van die see? En het jy rondgewandel in die binneste diepte van die wêreldvloed? Omvat jou begrip die breedtes van die aarde? Gee te kenne as jy dit alles weet. (Job 38 vers 16 tot 18).

Hierdie is vrae wat die menigtes nooit enige gedagte oor koester. Tog wanneer rampe gebeur, is dit van kardinale belang dat hulle gesien word as aankondigers van die gebeure wat aan die kom is. Dit is die enigste rede waarom Yahuwah of: 1) verwoestende storms deur Homself stuur; of 2) om bose mense met hulle bose agendas om die weer te manipuleer, en kunsmatig toestande skep wat rampspoedig is vir die massas. Orkaan Harvey, ʼn kategorie 4 orkaan, was vinnig gevolg deur orkaan Irma, orkaan Jose (is tans ʼn bedreiging met die tyd van die skrywe

Moenie die fout begaan om natuurrampe te verontagsaam as van geen belang nie. Yahuwah het aan Job gevra: “ Het die reën ʼn vader? Of wie verwek die doudruppels? Uit wie se moederskoot kom die ys te voorskyn ? En die ryp van die hemel – wie baar dit?” (Job 38 verse 28 en 29). Hierdie is nie ydele vrae. Hier, neem Yahuwah die volle verantwoordelikheid vir die weerpatrone van die aarde. Hy volstaan nie daar. Hy prontuit verklaar dat die uiterstes van die weerpatrone sal gebruik word op die tyd van die einde.

Het jy gekom by die skatkamers van die sneeu? En het jy die skatkamers van die hael gesien, wat Ek opgespaar het vir die tyd van benoudheid, vir die dag van stryd en oorlog? (Job 38 verse 22 en 23).

Storms is deel van die ekologiese – sisteem van die aarde. Wanner storms so groot soos en vernietigend soos as die huidige reeks van orkane wat tans die Karibiese eilande teister soos Harvey, Irma, Jose, en Maria, is dit nodig dat gelowiges regop sit en daarvan kennis neem, omdat Yahuwah waarsku dat daar nog meer sal wees wat kom.

Paraquita Bay in the British Virgin Islands before and after Hurricane Irma 

Piriqueta Baai in die Britse Maagde Eilande voor en na die Orkaan Irma.

My Lewenshoop het Ek Gegrond

As duisternis my van Hom skei,
Dan weet ek Yahushua sal my lei.
Al rol die bare hoog en blou,
Hy is die anker wat my hou.5

Sikloon Irma is geklassifiseer as een van die mees kragtigste orkane onder orkane wat nog ooit opgeteken is in die Atlantiese Oseaan. Die storm het op die minste ʼn windsnelheid van 290km./u gehandhaaf vir 37 uur, en ʼn rekord opgestel vir die mees intense storm wat die langste geduur het enige plek op aarde. Dit het gestrek oor amper 643 kilometer, en was dit ʼn absolute monster, met orkaansterkte winde van 128 km./u wat uitgegaan vanaf die oog van die orkaan.

Die oog van Irma het Woensdag die 6de September 2017om 01h47 oor Barbuda beweeg. Die klein eiland van Barbuda wat minder as 114 kilometer oos van Nevis is, met ʼn bevolking van 1,800 was verslae. Gaston Browne, die Eerste Minister van Antigua en Barbuda, het aan die Geassosieerde Pers vertel: “Dit is werklik ʼn verskriklik toestand, en bygevoeg: “ Die omvang van die vernietiging op Barbuda is ongekend. Vyf en negentig persent van die eiendomme het skade gely.”

Inwoners moes heeltemal ontruim word omdat daar geen krag, geen water, en geen kos, en geen manier om te ontsnap. Een vrou wat gewag het vir ontruiming het verduidelik. “alles is vernietig. Daar is niemand gelaat om te help omdat almal geraak was.”

Sikloon Irma het ook St. Martin verwoes, wat ongeveer 80 kilometer Noord van Nevis is, en die Maagde Eilande, wat 273 kilometers noordwes van Nevis is.

Gedurende die 7de September 2017, het die New York Times veslag gedoen oor toestande op St. Martin, en verklaar:

Byna alles op die eiland van St. Martin was vernietig, volgens Daniel Gibbs, die president van die land se Franse gebiedsraad.

“ Daar was skeepswrakke net waar jy kyk, en verwoeste huise, en afgewaaide dakke net waar jy kyk; “Het Mnr. Gibbs aan die Internasionale Kariebiese Radio gesê: “ Dit is ongelooflik, en net onbeskryflik.”6

Net ʼn paar dae later, het ʼn sikloon Jose en kategorie 4 sterkte, rakelings verby St. Martin beweeg, maar op hierdie tydstip, is Orkaan Maria ʼn kategorie 5 besig om op St. Martin los te breek.

Die Hemel roep en pleit, en smeek: word wakker!

Dominica

“Die Dominikaanse eiland nasie van die Karibiese eilande het skade beleef wat deur Maria aangerig was, “watdie verstand te bowe gaan,” het sy eerste minister gesê; .... nadat die storm hulle getref het en winde beleef het wat byna 257km./u was, en dakke van geboue afgewaai het insluitende sy eie woning.”

In Mattheus 24, verduidelik die Verlosser: “En daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.” Maar toe het Hy gewaarsku: “ Maar al hierdie dinge is ʼn begin van die smarte.” (Mattheus 24 vers 7 en 8).

Dit is waar. Iemand wat die nuus volg weet dat die sogenaamde “natuurlike rampe,” toegeneem het op ʼn van eksponente skaal sedert 1960. Die nuwe “normale” van gebeure wat alle opgetekende gebeure oortref: hittegolwe wat rekords oortref, vloede wat rekords oortref, en oortreffende presipitasies, en rekords van oortreffende Arktiese koue. Gedurende 2016 was daar in die Verenigde State, drie vloede wat die “een – in - duisend – jaar vloede,” oorskry het!. Met ander woorde vloede so erg dat hulle die kans het om een uit ʼn 1,000 het om plaas te vind. Dit is alleenlik vloede binne die Verenigde State!

 Chart showing 2010 disasters

Terwyl die grafiek ʼn afname toon gedurende 2010, het die aantal natuurrampe na dit in werklikheid skerp gestyg.

Wêreldwye natuurrampe is aan die toeneem in intensiteit en grootte. Elke enkele maand van 2017 was gevul met een natuurramp na die ander. Die woorde van die Verlosser word waarlik vervul soos nog nooit tevore. Of die weer afwykings deur werklike natuurrampe of dit deur kunsmatige manipulering deur die mens met bose agendas veroorsaak word, verklaar almal dat die einde van die wêreld op hande is.

January

Swaar reën teister Zimbabwe, en vloede wat honderde dood. Bykans 2,000 word huisloos gelaat. Vloede kom ook voor in Pakistan, Peru. Maleisië, die Filippyne, die Verenigde State, Indonesië, Thailand, en Suid – Afrika. ʼn Reeks van vier groot aardbewings binne vier uur tref Italië .

Februarie

Vloede oorweldig Kentfield, Engeland, en New Orleans in die Verenigde State, terwyl ʼn geweldige vlaagvloede in Málaga, Spanje, wydverspreide skade aan geboue, paaie en voertuie veroorsaak het. Swaar reën in Chili die sneller was van vloede en grondverskuiwings, wat miljoene sonder drinkwater gelaat het. Vloede het ook Mosambiek, Marokko, en Colombië verswelg. Vloede voortduur in Indonesië, en Suid – Afrika.

Maart

Suid – Afrika wat steeds ly onder epiese vloede. Vloede wat ook voorkom in New Zeeland, Peru, Brasilië en Argentinië. Die massiewe Sikloon Debbie het $ 1,84 (VSA.) se skade veroorsaak toe dit Queensland, Australië getref het. Veertien mense was gedood. Bykomende vloede in Zimbabwe het selfs meer mense gedood.

April

Vloed en massiewe grondstortings het voorgekom in Indonesië en Sjina, Vloede wat voortduur in New Zeeland, en Argentinië. Iran, Kazakstan, Colombië, Jamaika en Missouri, in die Verenigde State, het almal verwoestende vloede beleef. Botswana het die wêreld geskok toe ʼn 6,5 aardbewing die land geskud het. Aardbewings in hierdie stabiele steek van Afrika, in werklikheid ongehoord is.

Mei

Montreal, Kanada, verklaar ʼn noodtoestand toe dit oorstroom is deur die ergste vloed wat dit gehad het in dekades. Die regering het verpligte ontruimings verplig. Jamaika die vloede voortduur, terwyl Arkansas, in die Verenigde State, en Quebec, in Kanada oorstroom is met water. Haiti, Indonesië, Sjina en Sri Lanka, ook begrawe onder vloed van water. Colorado in die Verenigde State, getref is deur ʼn haelstorm so sterk wat windskerms van motors verpletter het.

Junie

Portugal word oorval deur wegholvure, en wat veroorsaak het dat meer as 60 hulle lewe verloor het. ABC Nuus het verslag gedoen oor “Strawwe Weer wat miljoene raak,” in die Verenigde State. ʼn Verskeidenheid van uiterste weer toestande wat huise, en besighede verwoes het, en miljoene doller se skade aangerig het. Onder hierdie gebeure was daar ʼn 4,4 grootte aardbewing, wat gevolg is deur aantal van meer as 2,000 trillings, by die massiewe Yellowstone vulkaan. ʼn Ontploffing deur hierdie reuse “super vulkaan,” waarsku wetenskaplikes, dit denkbaar is dat dit die dood van elke enkele persoon wat in die Verenigde State lewe sal veroorsaak.

Julie

ʼn Hewige haelstorm bestook Istanbul, Turkye, en is die sneller vir ʼn vlaag van vloede, en minder as ʼn week daarna was Istanbul oorstroom deur ongekende vloede. Terwyl in Sjina meer as 50 mense gedood is en 38,000 huise verwoes is, toe meer as 60 riviere oorstroom het. Die vloed het meer as 1,2 miljoen mense gedwing om te ontruim. Indië, Turkye, Amman, en Japan was oorstoom deur stortreën.

Augustus

Dodelike vloede in Indië, en Nepal, dood meer as 1,200 mense en dwing miljoene uit hulle huise. Op dieselfde tyd is stortreëns in Sierra Leone die sneller was vir vernietigende vloede en modderstortings wat honderde mense gedood het, en duisende huisloos gelaat het. Terwyl daar in Kalifornië, in die ysige Augustus, die stad van Francisko alle hoogtes van vorrige rekords oortref het met ʼn tempreatuur van 1060 F./ 410 C. Terwyl dit 1150F/ 460 C., ten suide van die stad was. Noordelike Kalifornie voortgaan om te bak in die verengende hitte.

September

Op dieselfde tyd toe die familie van Nevis gepleit het vir goddelike beskerming, het daar oral op die wêreld ander mense gewees wat rampoedige gebeure beleef het. Die feit is, dat so baie gelyktydig plaasgevind het, en dat die meeste mense onbewus is wat in ander plekke gebeur. Volende is gebeure wat gelyktydig plaasgevind het met die verwoestende orkane van Harvey, Irma, Jose, en Maria:

Die meeste van al die bogenoemde was as gevolg van weerligstrale. Aalleenlik was byna 40,000 van die weerligstrale wat getref het gedurende die 24 uur tydperk van 10 tot 11 September, in Suidelike Kalifornië .

 Natural Disaster Chart (1950-2012)

ʼn ander grafiek wat ʼn drastiese toename wys in natuurrampe.

Onder Sy Vleuels

Onder Sy vleuels skuil ek veilig en rustig,
Al is daar dreiging van brander en wind;
Nogtans vertrou ek, want Hy is my anker,
Hy’s my Verlosser en ek is Sy kind.7

Die ding wat elkeen van ons moet onthou is dat, “al hierdie dinge is die begin van geboorte pyne.” Hierdie rampe verklaar dat die einde hier is! Vanaf hier en vorentoe, sal die gebeure in die wêreld sterker word en toeneem. So sleg as dinge is, is dit maar net ʼn voorsmaak wat vorentoe op ons wag. Die feit dat die rampe wêreldwyd die omvang bereik het, en kragtig soos hulle, is dit ʼn waarskuwing op hulself is wat nog moet kom.

Openbaring 8 en 9 voorsien aan gebeure van die nabye toekoms, en deur die simbole van die sewe engele wat sewe basuine aanhef. Met elke nuwe geluid van die basuin, tref daar ʼn nuwe ramp die aarde. Die laaste drie basuine is so verskriklik dat selfs die Bybel daarna verwys as “weë.” Dit is nou die tyd, dat daar vasgekleef word aan die groot en kosbare beloftes soos nog nooit tevore.

And yet, through it all, Yahuwah’s goodness shines forth. This time of unprecedented tragedy and catastrophe is designed to draw the world’s attention to the seriousness of the times in which we are living.

Baie goeie mense het hulle lewe verloor in die voortgesette rampe wat die begin van die einde aandui. Hetsy ons die Hemel bereik deur die graf, of sonder om die dood te sien, is die finale besluit in die hande van die Vader, wat weet wat goed is in elke enkel omstandigheid.

Dit is in ʼn krisis dat die karakter openbaar word. Wanneer die ernsige stem om middernag aankondig” “Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet,” en die slapende maagde was wakker gemaak, dit word gesien wie het voorbereiding getref vir die gebeure. Beide geselskappe was onverwags verras; maar net een was gereed vir die noodgeval, en die ander was gevind sonder voorbereiding. Dit is nou ʼn skelike en onvoorsiende ramp, iets wat die siel in die aangesig van die dood bring, en sal dit wys of daar werklik geloof was in die beloftes van [Yahuwah]. Dit sal wys of siel onderhou was deur genade. Die groot finale toets vind plaas met die sluiting van die genade deur vir die mens, wanneer dit te laat sal wees om aan die siel te voorsien.8

Met die tyd van hierdie skrywe, het Irma verdwyn maar die rampe duur voort. Sikloon Maria is met haar gewoel oppad na Puerto Ricco. Die Nationale Weerdiens het verklaar: “Dit is ‘n uiters gevaarlike sikloon, en ʼn bedreiging vir lewens, daar word verwag dat dit regoor Puerto Ricco sal tref, asook die Maagde Eilande.” Dit is ʼn ernstige probleem. Baie mense wat ontruim was van ander eilande tevore, en na Sikloon Irma, was geneem na Puerto Ricco! As Maria haar weg oor land baan na Puerto Ricco, sal dit die eerste kategorie 4 of 5 Sikloon wees om dit te doen in 85 jaar.

Alhoewel, daar een familie op Nevis is wat weet in wie hulle geglo het.

Glo jy ook?

World’s Last Chance smeek jou: moenie toelaat dat die Hemel se waarskuwing op dooie ore val!


1. Written by Priscilla Jane Owens in 1882.

2. Names have been withheld upon request.

3. Written by Vernon J. Charlesworth, circa 1880.

4. https://reverepress.com/news/ocean-missing-irma-strong-sucking-water-away-shore-miles/

5. Written by Edward Mote.

6. https://www.nytimes.com/2017/09/07/world/americas/hurricane-irma-caribbean-destruction-video-photos.html

7. Written by William O. Cushing.

8. Ellen G. White, Christ’s Object Lessons, p. 412, emphasis supplied.

9. https://edition.cnn.com/2017/09/19/americas/hurricane-maria-caribbean-islands/index.html