Print

Pasop vir Hedendaagse Fariseïsme!

`n Skokkende aantal Christene het verval binne in die farisese denke - en gedragsgewoontes. Beklaenswaardig dat dít dikwels die mees toegewyde gelowiges is wie nie eens bewus van hul gevaar is nie. Lees verder om te leer van hierdie einste gesofistikeerde lokval van die duiwel.

Pasop vir Hedendaagse Fariseïsme

Die Babiloniese ballingskap het die Israeliete vir ewig genees van hul soeke na ander gode. Hulle het uiteindelik besef dat hul voorspoed algeheel verbind word met hulle getrouheid aan Yahuwah, die God van die Hemel. Maar Satan het `n aksieplan gehad wat die toegewyde Israeliete so ver gekry het om die letter van die wet te hou en die gees van die wet te breek. Met ander woorde:fariseïsme.

Hy het die Israeliete beïnvloed om `n byna-grenslose verskeidenheid mensgemaakte reëls en tradisies te skep. Deur die goddelike wet met al hierdie mensgemaakte reëls te “verdoesel” het Satan die Israeliete oortuig dat dit onmoontlik sal wees om die wet te breek. Daarom het hulle so gefokus op die onderhouding van die letter van die wet dat hulle heeltemal die ware doel van die wet vergeet het.Baie hedendaagse gelowiges het in dieselfde lokval beland sonder om dit te besef. Dan bring Satan skande mee, wat siele van Yahuwah af wegdryf.`n Tweede blik op hierdie sewe dodelike sondes wys net hoeveel sukses hy met hierdie tegniek gehad het.

Hoogmoed

Sommige mense glo dat om die sonde van hoogmoed te verwerp moet jy nederig wees. Hulle definieer dit as om `n lae selfbeeld te hê. Daar is dikwels die vrees dat om `n hoë selfbeeld te hê, mens hoogmoedig sal wees.

Dit sal nie. Mense met `n gesonde selfbeeld is ver meer bevoeg om standvastig te wees in hulle oortuiginge wanneer te staan voor die die opposisie as diegene met `n lae selfbeed.Hulle kan meer vermag as mense wat gepla word deur twywel agtigheid in hulle self wat gepaardgaan met `n ongesonde gebrek aan selfbeeld.Christene moet die gesondste self vertroue het as enigeen op aarde omdat Yahuwah gewillig was om Sy seun op te offer vir die redding van slegs een enkele persoon!

vreedsame kêrel

Afguns

Afguns—die wrewel wat sommige mense voel wanneer hulle ander se sukses sien --- ongetwyfel sonde is, is die verlange om meer te hê, nie. In opregte Christen sirkels, word ambisie soms gelykgestel met afguns. Daar word veronderstel dat wanneer jy nie heeltemal tevrede is met die stutus quo nie, jy die sonde van afguns pleeg. Maar dít is nie noodwendig so nie. Dit is glad nie `n sonde om `n beter lewe vir jou en jou kinders te verlang nie. Dit is nie `n sonde om hard te werk om dit te bekom nie. In der waarheid benodig Yahuwah mense met ambisie wie hard sal werk vir Hom.

Gierigheid

Gierigheid is `n ander sonde, maar Satan maak somtyds dat mense tot die uiterste gaan in hul gierigheid.Soos in die geval waar jy prioriteite agtermekaar kry om vir jou eie gesin te sorg nie. Om somtyds vrygewig te wees, sal iemand uit vrye wil aan iemand anders gee, maar ten koste van sy of haar gesin. “Gee tot dit seermaak” is `n spreekwoord wat baie pastore gebruik om hul kerklede te oortuig om meer en nog meer te gee, selfs as hulle nie meer kan bekostig om so te maak nie.

Yahuwah verwag nie sulke uiterstes van Sy kinders nie. Paulus vermaan ons, “Maar iemand wat vir sy eie mense en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as `n ongelowige” (1 Timótheüs 5:8).

Vraatsug

Dieët is nog `n gebied waarin Satan mense onder druk sit om tot uiterstes te gaan. “As `n bietjie self-verloëning goed is, is meer beter! blyk die idee te wees wat baie opregte gelowiges aanspoor tot `n onthoudende leefstyl.

Natuurlik sal gelowiges gesonde keuses in hul dieët wil maak om Yahuwah te eer maar wees bedag op die neigings om mens-gemaakte reëls en definisies te skep van wat `n gesonde lewensstyl behels. Christus self was beskuldig as `n dronkaard en vraat! Natuurlik was Yahushua nooit `n wynsuiper of `n vraat nie, maar die neiging om te veroordeel en fout te vind met ander wie nie dieselfde dieëtkundige keuse as jy het nie, word so dikwels tussen gelowiges gesien

volwasse man

Toorn

Toorn is `n menslike emosie. Dit kan dikwels `n bevestiging van Yahuwah se gees wees oor wat iemand aan jou doen verkeerd is.Toorn, woede raak onbeheersd wanneer dit die gebied van emosie verlaat en oorgaan in die wêreld van aksie. Hoe tree jy op teenoor gevoelens van woede? Gebruik u dit as motivering om te doen wat reg is? Om regverdigheid te soek vir iemand wat benadeel is? Of as `n verskoning om iemand anders seer te maak? Die antwoord vir hierdie vraag bevestig of `n sonde gepleeg is of nie.

Begeerlikheid

Yahushua het Hom baie duidelik uitgedruk: “Julle het gehoor wat aan die mense van die ou tyd gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’ Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na `n vrou kyk om haar te begeer reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het. As jou regter oog jou laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie.” (Matt. 5:27-29).

Yahushua het die verantwoordelikheid vir die behoud van reine gedagtes in die indiwidu geplaas, nie op die objek van hul begeertes nie. Dit kontrasteer die hedendaagse gewoontes van die plasing van verantwoordelikheid om `n man van begeerlikheid te weerhou vir `n vrou. Deur die blaam van `n man se begeerlike gedagtes op `n vrou se klere (of, selfs slegter, `n kleine meisie) te plaas, deur voor te skryf wat sy moet dra of nie, is hipokrasie en fariseïsme op sy beste.

Luiheid

Die lewe in `n sondige wêreld kan baie stres te weeg bring. Soos ouers verouder en meer sorg benodig, kan stres hoogs verswakkend wees. Yahuwah verstaan ons beperkinge en behoefte vir rus. “Soos die Vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm YAHUWAH hom oor die wat Hom vrees. Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is”. (Psalm 103:13).

Self-sorg is nie luiheid nie. As jy wens om die energie te hê om andere te help, is dit belangrik dat jy tyd vir jouself inruim. Dit is níe traagheid nóg selfsug.

Toegewyde Christene verlang uit nature om soos Yahuwah te wees. Wanneer ons misluk, is dit maklik om prooi te word van Satan se pogings om ons te dryf na uiterstes van wettiesheid. Hy vul ons met skande vir ons swakhede van menslikheid en versoek ons dan om ander te veroordeel en te kritiseer. Solank as ons feilbare karakter het, sal ons faal in perfektheid.

Weier om te fokus op die mislukkings van andere. Hou jou oë gerig op Yahuwah en wees bewus dat Hy jou liefhet!

meditasie oor YAH