Print

Pornografie: Siels Vernietigende Onsedelikheid

Die oorsprong van elke sondige handeling word altyd gevind in een of ander sondige tendens, in die hart gekoester. Waar sonde ookal in die hart gekoester word, kry Satan die voordeel daarvan. Deur versoekinge, beide subtiel en sterk, deur die plasing van idees en die bewerking van emosies, gebruik Satan elke gekoesterde sonde om die siel te bind en die wil aan hom te verslaaf. `n Persoon wie vashou aan bewuste sonde word `n speelbal van die duiwel.

man about to fall off the edge of a cliff`n Persoon wat `n waarskynlike “goeie” lewe lei sal lyk asof hy skielik in sonde verval het. Maar die sondige daad, is maar net die uitwendige openbaring van wat alreeds in die inwendige hart plaasgevind het. Wanneer bederflikheid die versoeking van binne ontmoet, val die persoon.

Een sonde wat met rasse skrede pandemiese proporsies oor alle ouderdoms kategorieë, onder getroude paartjies en net sowel as onder enkelinge inneem, is pornografie. Met die maklike toegang tot die Internet, is pornografie boonop geredeliker beskikbaar as ooit te vore. Waar `n persoon die risiko van verleentheid van blootstelling aan die koop of huur van pornografie van winkels blootgestel is, kan enigeen nou toegang tot porno in die privaatheid van sy eie woning via die Internet verkry.

Pornografie is `n sielsvernietigende onsedelikheid wat verantwoordelik is vir die vernietiging van meer verhoudinge as wat mense besef. `n Man wie toegee aan pornografie begin om sy vrou of vriendin te objektifiseer, en beskou haar as `n seksobjek. Omdat geen vrou in só `n lig beskou wil wees nie, sal emosionele verwydering intree waar voorheen emosionele intimiteit gedeel was. Dit geld selfs vir paartjies wie mekaar die hof maak, wie nie seks het nie.

Maar meer as dit, as `n vrou eers eenmaal geobjektifiseer is, is dit maar `n vinnige stap om haar as `n seksobjek met pornosterre te vergelyk. Geen normale vrou kan kompeteer met die kosmeties en snykundig verbeterde, onberispelike voorstellings te vinde in die pornosterre nie. Maar dit is nie net haar liggaam wat nie kan voorbly nie-nóg kan haar response.

Wanneer `n vrou ontwaardigd voel as `n persoon van waarde, sal haar response aan haar man die emosionele verandering reflekteer. `n Man wie sy vrou as `n seksobjek sien, sal haar ook op daardie wyse hanteer. Dit lei die vrou om emosioneel te onttrek wat haar liggaamlike respons aan hom sal beinvloed. As resultaat van wat hy in sy vrou sien as `n te kortkoming, sal hy meer en meer terugtrek na porno. So `n man is `n slaaf van Satan.

Dit is onmoontlik vir `n ware vlees-en-bloed vrou om te kompeteer met die verbeeldingsvlugte van `n man. In werklikheid, verander `n vrou se liggaam, nes die van `n man, met die ouderdom. Dit is onrealisties vir `n man om van `n vrou te verwag wie in haar 30s, 40s en ouer is om dieselfde kurwes en ywer te hê van die jeug. `n Vrou sal altyd te kort kom wanneer sy vergelyk word met pornografiese uitbeeldinge van `n hittige verbeelding.

man peeking through hands at a computer screenIn verbeeldingsvlugte is die man nie beperk tot die werklikheid nie. Die objek van sy opwekking kan enigiets en enige ding wees wat hy uitdink. Nes Satan die persoon vaster verstrik in sy greep wie homself oorgegee het aan listige verbeeldingsvlugte, neem die persoon meer en meer toe in korrupsie en sedeloosheid. Wat hom in die eerste plek gestimuleer en opgewek het, verloor oor die tyd, effektiwiteit . Om dieselfde toestand van opwekking soos voorheen bereik, te ervaar, keer hy hom na hoër vlakke van verderflike pornografie.

Die beskikbaarheid van sulke vervullings-verheffende bedwelmende middele soos Viagra het die probleem net vererger. Daar is selfs dosisse ontwerp vir die daaglikse gebruik van Viagra. Dit het die man van sy Yah-gegewe hoedanigheid beroof en hom tot `n seksslaaf verlaag, verslaaf aan sensuele stimulasie. Satan kan dan met sy verbeelding speel en hulle in sonde lei deur denke van elke vrou wie verbystap.

Yahuwah se intensies was dat `n man en vrou altyd nader en nader aan mekaar moes leef soos die lewensjare gedeelde ondervindinge en gedeelde herinneringe bring. Die onafwendbare veranderinge van `n vrou se liggaam wat teweeggebring is deur geboorte en ouderdom moet deur die man gesien word as merke van eer, van die gewillige opoffering van haarself vir haar kinders. Die verbygaande jare moet die harte van die man en vrou altyd nouer met mekaar verbind nes hy haar koester en sy, veilig in sy liefde, daardie liefde met haar hele hart teruggee.

Onder die illustrasie van water, waarsku die boek Prediker almal om vervulling in hulle eie lewensmaat te soek:

“Sing die lof van jou eie fontein, verheug jou oor jou eie vrou, so vol liefde so mooi soos `n takbok, soos `n ribbok, geniet voluit haar liefkosings, laat dit jou deurentyd bedwelm. Waarom sou jy jou laat bedwelm deur `n slegte vrou, my seun, waarom sou jy in die arms van `n ander vrou gaan lê?

`n Mens se lewe lê oop voor [Yahuwah] elke tree wat hy gee, sien Hy. Die oortredinge van die goddelose agterhaal hom, hy draai vas in sy sonde. (Spreuke 5:18-22, NV)

Wat beelde aan die man is, is woorde aan `n vrou. Pornografie was lank reeds `n middel wat veral mans tot verslawing gedryf het. Maar `n onlangse toename in uitermate seksueel eksplisiete novelles het gesorg vir `n toename aan hierdie verslawing onder vroue. woman reading a risqué bookHierdie area van fiksie, bekend as “Sagte porno,” is ewenwel net so verslawend aan vroue, soos die vernietiging van visuele porno aan die siele van mans. Hoewel erotika altyd beskikbaar was, het onlangse publikasies pornografie sosiaal aanvaarbaar gemaak.

Net voordat die Israeliete Kanäan ingetrek het, het Satan hulle uitgelok in die groot sonde van Baäl-Peor. Die Skrifte sê uitdruklik dat die Israeliete owerspel met die vroue van Moab bedryf het:

Terwyl Israel in Sittim was, het van die Israelitiese mans met Moabitiese vroue gemeenskap gehad. Dit het gebeur toe die mans deur die Moabitiese vroue uitgenooi is na die offers ter ere van hulle gode. Die mans het aan die offermaaltye deelgeneem en die gode van die vroue aanbid. So het die Israeliete vir Bäal-Peor aangehang. . . (Númeri 25:1-3, NV)

Hierdie groot sonde het die lewens van oor die 24,000 Israeliete gekos wie andersyds Kanaän sou ingetrek het. Dit sal die ewige lewe van almal kos wie vaskleef aan pornografie en nie die oorwinning in hierdie geval behaal nie.

Yahushua is die enigste hoop vir sondaars. “Omdat Hy self versoek is en gely het, kan Hy dié help wat versoek word.” (Hebreërs 2:18, NV) Eenmaal in die sataniese kettings van lis vasgevang, kan niemand homself bevry nie. Eenvoudige vasbeslotenheid om nooit weer in pornografie toe te gee nie, is nie genoeg nie. “Soos `n hond wat na sy braaksel toe terugkom, so is `n dwaas wat dieselfde dwaasheid weer begaan.” (Spreuke 26:11, NV)

Oorwinning oor lis vereis die reiniging van binne na buite. Die Israeliete in Yahushua se tyd was baie nougeset oor uitwendige reinheid. Om te verseker dat hulle nooit iets onreins geëet het nie, het hulle reëls baie moeilike reinigings rituele voorgeskryf. Toe hulle sien dat die dissipels nie deur hierdie rituele reinigings gegaan het nie, het die godsdienstige leiers gevra: “Hoekom verontagsaam U dissipels die oorgelewerde gebruike van die voorgeslagte? As hulle gaan eet, was hulle nie hulle hande nie.” (Matthéüs 15:2, NV)

Yahushua se antwoord ignoreer al die voorwendsels van uitwendige geregtigheid en sny regdeur die hart van die saak. “Toe het Yahushua die menigte nader geroep en vir hulle gesê: “Julle moet nou luister en mooi verstaan! Dit is nie wat by die mond ingaan wat die mens onrein maak nie. Maar wat by die mond uitkom, dit maak `n mens onrein.” (Matthéüs 15:10, 11, NV)

Die dissipels was verward. Hulle het nie die geestelike toepassing van wat die Heiland geleer het, verstaan nie. Toe Petrus vra dat Yahushua dit moes verduidelik, het Hy sagkens geantwoord:

“Verstaan ook julle dit nog nie? Antwoord Yahushua. Begryp julle nie dat alles wat by die mond ingaan, na die maag toe gaan en daarna uit die liggaam uitgaan nie? Maar wat by die mond uitkom, kom uit die hart, en dit is die dinge wat die mense onrein maak. Uit die hart kom slegte gedagtes: moord, owerspel, onkuisheid, diefstal, vals getuienis, kwaadpratery. Dit is die dinge wat die mens onrein maak, maar om met ongewaste hande te eet, maak `n mens nie onrein nie.” (Matthéüs 15:16-20, NV)

Pornografie open die poorte van skuldgevoelens oor almal wie daaraan toegee. Baie wie nie owerspel in die vlees bedryf nie, doen dit deur in hulle verbeelding en is net so skuldig asof hulle die daad self gedoen het. Sondes van die verbeelding is steeds sondes alhoewel die daad nie gedoen word nie weens die gebrek aan geleentheid. Menigtes, beide mans en vroue, sondig in hierdie wyse wanneer hulle wellustige films kyk.

Yahushua het die vér rykende karakter van die goddelike wet verduidelik in verband met seksuele reinheid met Sy stelling:

Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy mag nie egbreek pleeg nie. Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na `n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg. (Matthéüs 5:27 & 28, NV)

Yahuwah is rein en heilig en almal wie Sy teenwoordigheid betree moet rein wees nes Hy rein is. “Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal [Yah] sien. (Matthéüs 5:8, NV) Hierdie diepte van reiniging is onmoontlik deur ons eie werke.

happy couples


Yahuwah het die man en vrou gemaak om sterk te wees. Ware manlike mans en ware vroulike vrouens het `n ferme doelwit en sterkte van karakter. Diegene wie aan pornografie toegee reis op die weg wat eintlik eindig in totale verderf van hulle eie karakter. Dit wat `n man werklik manlik en `n vrou werklik vroulik maak sal verlore gaan as gevolg van begeerlikheid, wat die man en die vrou verhard sal laat in hulle vleeslike wese.

Almal wie daarna verlang om Satan se verslawende passies te oorwin en vry te wees as reine, eervolle seuns en dogters van die Aller Hoogste, sal verlossing as `n vrye gawe in Yahushua vind. Die Bybel verseker almal: “Yahuwah sorg vir die opregtes en luister na hulle hulpgeroep, maar Hy tree op teenoor die wat kwaad doen.” (Sien 1 Petrus 3:12.)

person prayingWanneer u deur sonde versoek word, óf deur die vlees óf deur die verbeelding, vlug onmiddelik na jou Heiland, die enigste een wie jou kan help. In die oggend, wanneer jy jouself vir die dag aan Yahuwah wy, vra dat Hy jou verstand moet bewaak en dit vir Hom rein hou, en jou selfs waarsku vir wanneer jy op die punt staan om versoek te word, sodat jy vir goddelike hulp kan vra.

Wanneer jy voor `n versoeking te staan kom, is daar slegs een van twee opsies aan jou beskikbaar: 1) Om in te gee; 2) Om goddelike hulp te kry. Yahuwah bied enige bemoediging aan om hoop te inspireer in die harte van die sondaar. Die Skrifte gee die versekering: “Maar as ons ons sondes bely-Hy is getrou en regverdig. Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.” (1 Johannes 1:9, NV.)

Yahuwah sal nooit maar nooit die wil forseer nie. Hy sal nooit die hart reinig van die een wie verlang om aan sonde toe te gee nie. Om gered te word, moet jy vra vir `n verandering in jou hart, jou verstand. Sy oor is altyd gereed om te hoor; Sy arm is altyd uitgestrek om te red. “Roep My aan in die dag van benoudheid; Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.” (Psalm 50:15, NV.)

Almal wie Yahuwah opsoek vir vergifnis en reiniging sal dit kry. Niemand, ongeag van hoe verslaafd hy of sy aan Satan is, sal weggewys word nie.

Ek sal reinigingswater oor julle uitgooi sodat julle rein kan word. Ek sal julle reinig van al julle onreinheid en al julle afgodery. Ek sal julle `n nuwe hart en `n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle `n hart van vleis gee. Ek sal My Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte leef en my bepalings gehoorsaam en nakom . . .

Ek sal julle bevry van alles waarmee julle julle verontreinig het . (Esegiël 36:25-27, 29, NV)

Vlug na die Heiland vir verlossing van elke verstrikkende sonde. Hy sal jou red. Hy sal jou vergewe, jou reinig en jou na Sy eie beeltenis herskep.