Print

Sy Naam is Wonderbaarlik │ Deel 4 – Sy Naam in My Voorhoof

“Aan hom wat oorwin......Ek sal hom gee ‘n wit keursteen, en op dié steen ‘n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.” (Openbaring 2 vers 17)

“Wie oorwin,.... Ek sal op hom die Naam van my Eloah skrywe en die naam van die stad... nuwe Jerusalem, .......  nuwe Naam. (Openbaring 3 vers 12)

Die Skrif bevat baie, baie beloftes aan diegene wat die ewige lewe sal beërwe. Een van die mees pragtige en tog die minste verstane gedeelte is, dat die belofte dat die goddelike naam geskrywe sal word, op diegene se voorhoofde van elkeen wat oorwin. Omdat die meeste mense nie verstaan wat die betekenis is,  van so ʼn belofte . Dit was vir ʼn lang tydperk nie opgemerk.  Alhoewel, dit een van die mees  bemoedigende, en hoop bemoedigende beloftes is wat in die Bybel gevind kan word.

Name word gebruik om individue, families en stamme te identifiseer. Volgens verskeie kulture, neem die bruid die man se familie naam as sy trou. By enkele kulture, sal die man die bruid se familie naam aan neem as hulle trou. Alhoewel, die punt wat gemaak word, is dat hulle name saamgevoeg, net soos hulle beskou word as “een vlees,” as hulle trou (Genesis 2 vers 24)

father and infantMet die vader en die baba is dit Soortgelyk, wanneer die baba gebore word, neem die kind gewoonlik die naam van die vader aan, alhoewel in sommige kulture neem die kind die saamgevoegde naam van beide ouers aan. Weereens wat gedeel word, is die naam. Deur die naam uit te brei om die baba in te sluit is dit ʼn manier om die nuwe kind te identifiseer as deel van die groter familie.

Gedurende die afgelope twintig jaar, het verskeie plekke se name gewild geraak as gewilde name soos bv.: Dakota, Sjina, Sierra, Asië, ens. Name word dikwels afgelei van dinge in die natuur soos bv. Rose, Dawn, Aspen, Rain, Brooke, ens. Somtyds skep ouers ʼn seldsame naam wat geen betekenis het en heeltemal gegrond is op klanke wat aangenaam is vir die aanhoor daarvan, soos byvoorbeeld die gewilde La Toya, Lakheisha, Shanique Jimarr, ens.

Gedurende die Bybelse tye was name gekies volgens hulle betekenis. Ouers sou die baba vernoem na ʼn fisiese karater of vir ʼn persoonlikheid wat hulle gehoop het om in hulle kind waar te neem.  Esau, “rof” was die naam gegee omdat dit “uitgespreek het as rooi,” heeltemal bedek soos ʼn harige mantel.” (Genesis 25 vers 25) Toe Ragel gesterwe met geboorte, het sy haar jongste seun genoem Benoni, wat beteken “seun van my smart,” Sy vader het sy naam verander na Benjamin wat beteken “ seun van my regterhand.” (Genesis 35 vers 18)

Dit was ook ʼn algemene gebruik om kinders te vernoem na die god wat die ouers aanbid het. Koning Nebukadneser was vernoem na die Babiloniese god van literatuur en wetenskap, Nebo.  Sy naam se betekenis is: “Nebo, beskerm die grens.”  Nebukadneser se seun, Evil – merodach, het baie goedheid aan Koning Jojakim getoon, en hom vrygelaat nadat hy 37 jaar deur koning Nebukadneser in die gevangenis gewerp is. Alhoewel, die naam Evil – Merodach beteken “Soldaat van Marduk.” Die vader van die goddelose Jesebel, Koning Etbaäl, het die naam gehad wat beteken het “met Baal.”

Israelitiese ouers het dikwels hulle kinders vernoem na Yahuwah. Die Skrif bevat honderde name wat deel uitmaak van die naam soos, deur die volgende te gebruik het nl., Yah of Yahu.

Name wat eindig met YAH:

#29 Abijah (AbiYAH) – my Vader is YAHUWAH)

# 138 Adonijah ((AbiYAH) – my Meester is YAHUWAH)

# 223 Uriah (UriYAH – my vuurvlam is YAHUWAH)

# 274 Ahaziah (Achaz YAH – besitting van YAHUWAH)

#452 Elijah (EliYAH – my Eloah is YAHUWAH)

# 3414 Jeremiah (YrimeYAH – verhoogde van YAHUWAH)

# 5662 Obadiah (ObadYAH – Dienskneg van YAHUWAH)

#6846 Zephaniah (TsephanYAH – versteek deur YAHUWAH)

# 2899 Tob – Adonia ( Tob AdoniYAH – aangenaam vir my Meester YAHUWAH)

Name wat begin met YAHU:

#3059 Jehoahaz (YAHUachaz – YAHUWAH besit)

#3075 Jehozabad (YAHUzabad – YAHUWAH bedeel)

#3076 Jehohanan (YAHUchanan – YAHUWAH  se guns)

# 3078 Jehoiada (YAHUyakin – YAHUWAH – weet)

#3079 JEhoiakim (YAHUyaqim – YAHUWAH sal ophef)

#3088 Jehoram (YAHUram – YAHUWAH – verhoog)

#3085 Jehoadah (YAHUaddah – YAHUWAH versier)

#3092 Jehoahaphat (YAHUshaphat – YAHUWAH oordeel)

#3100 Joel (YAhwEl – YAHUWAH is my [God]

Name met YAHU in die middel:

#454 Elihoenai (ELYAHUenai – na YAHUWAH is my oë gerig)

Daar is nog baie meer name wat EL gebruik het as ʼn verwysing na “YAHUWAH.”

Hierdie gebruik om die kind te vernoem na die algemene Hebreeuse godheid was so wyd verspreid in Israel, dat self die goddelose konings hulle seuns vernoem het na Yahuwah. Agas, een van die slegste konings wat Israel ooit gehad het, het sy seun Hiskia (YechizqiYAH) vernoem en dit beteken “my sterkte is YAHUWAH.” ( Lees 1 Kronieke 3 vers 13.)

Jójagin (YAHUWAHkeen) “ het gedoen wat boos is in die aangesig was” van Yahuwah (2 Kronieke 36 vers 9), selfs al het sy naam beteken “YAHUWAH sal begin.”  Sy broer Sedekia , die laaste koning van Israel, was net so bedorwe, alhoewel sy naam (TsidekiYAH)  beteken “my geregtigheid is YAHUWAH.”

Met sulke gebruike, was dit dan ook moontlik, dat daar sommige mense was wat nie daarvan gehou het dat sulke name aan hulle gegee is. Een persoon in die besonder was die aardsvader, Jakob, As die jongste van ʼn tweeling, het hy sy broer se hakskeen vasgehou, met hulle geboorte. ( Genesis 25 vers 26) Dit was vir die rede dat hy vernoem was na die naam van Jakob wat beteken “onderkruiper.”

Die woord “Onderkruiper” word beskryf as: “ om die plek in te neem van [iets], en om die plek in te neem veral deur geweld, konkelary, of valsheid, of om weg te neem en te ontwortel sodat dit vervang kan word met iets anders.1 Wat ʼn naam om ʼn kind daarmee te belas! Hy kon net sowel vernoem  gewees het as, Sluiper of Bedrieër.”      

Die goddelike wysheid het voorsien in die verhaal van Jakob, die sleutel vir die verstaan van die belofte, dat die Vader se naam sal geskrywe sal word op hulle voorhoofde, op almal wat die ewige lewe verdien. Dit is die verhaal wat hoop moet inspireer in die hart van almal wat nooit gesondig het, en smag na vergiffenis en vernuwing.   

Die geskiedenis van Jakob se lewe, soos dit bewaar is in die Bybel, is ʼn lang lys van oneerlikheid, van sy pogings in die werklike lewe, en van die onderkruipery van sy ouer broer, Esau.  Wat as die eerste geborene hy geregtig was op drie dinge:  

  1. Die doel van die familiehoof van die familie, was dat die familielyn sal voortleef deur sy nakomelinge en,

  2. Om al die vader se rykdom te vererwe,

  3. Priester en geestelike leier van die huis, en as  die voorvader van die beloofde Messias.

Terwyl hy nog jonk was, was Esau ongeduldig om hom in toom te hou. Hy was ʼn jagter en was lief vir vryheid van die buitelewe en die jagveld.  Sy versmading van die hoë eer as die erfgenaam van die belofte, dat deur sy saad die Messias gebore sal word, moet gesien word in die feit dat hy heidense vroue getrou het.  Hierdie vroue was tot droefheid van die verstand van Isak en Rebeka. (Genesis 26 vers 35) Die negatiewe invloed wat die twee heidense vroue in die huishouding ingebring het, en die oorsaak was van ongelukkigheid, en was dit so groot was dat Rebeka aan Isak gesê het: “Ek is moeg vir my lewe vanweë die dogters van Het.  As Jakob ‘n vrou neem uit die dogters van Het, soos húlle is, uit die dogters van die land—waarvoor lewe ek dan?” (Genesis 27 vers 46)

Jakob in teëstelling, “was hy ʼn eenvoudige man, en ʼn vredeliewende man wat in tente gewoon het.” (Genesis 25 vers 27) Sy sageaarde, gegewe natuur het meer plesier gevind in die teenwoordigheid van die skape en lammers, en om sy moeder te help in die huis, as die omswerwinge in die wildernis, en om te soek na diere om hulle dood te maak.  Jakob was jaloers op Esau se posisie as eerste geborene wat hom die voorreg verleen het, en tot al die rykdom, en om die hoof te wees oor die familie.  Die een ding wat Jakob meer begeer het as enige ander iets, is om die geestelike geboortereg te erf.  Jakob het daarna verlang om priester te wees,van die familie, en as die voorvader van die beloofde Messias   

Esau se versmading van die hoë voorreg as, om die een te wees wat as die voorvader van die Beloofde Een, het alleenlik gedien vir Jakob, as die verhoging van die begeerte vir dit as, vir homself. Op ʼn dag, was Jakob in die veld om toesig te hou oor die skape, en besig met die voorbereiding van kos vir homself oor ʼn kampvuur, Kom Esau daaraan waggelend, en rasend van honger, en uitgeput. Hy kry toe die reuk van van Jakob se kooksel, “   Toe sê Esau vir Jakob: Laat my tog sluk van die rooigoed daar, want ek is moeg.” (Genesis 25 vers 30)     

Jakob het hierdie geleentheid aangegryp en gesê “Verkoop eers jou eersgeboortereg aan my.” (Genesis 25 vers 30)

Esau maak toe beswaar: “Kyk, ek gaan sterwe, en wat baat die eersgeboortereg my dan? (Genesis 25 vers 31)

Maar Jakob het daarop aangedring. Geen geboortereg: geen kos. “Sweer eers vir my. En hy het vir hom gesweer en sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop. En Jakob het aan Esau brood en die kooksel lensies gegee; en hy het geëet en gedrink en opgestaan en weggegaan. So het Esau dan sy eersgeboortereg verag.” (Genesis 25 verse 33 en 34)

Terwyl Esau gewis sy geboortereg verag het, en onder druk was om vir geboortereg te onderhandel, asook vir die afstand doening daarvan, was dit ook nie reg. Hierdie sonde van Jakob was vererger toe Isak later elk geval die seëninge sou aankondig van die geboortereg van Esau. Het Jakob na sy blinde vader gegaan en hom bedrieg om aan hom die geboortereg te gee,en hom te seen.

Esau was briesend oor hierdie leuen, dat hy gedreig het om Jakob dood te maak. Toe vlug Jakob na Haran en het daar gelewe vir meer as 20 jaar. Gedurende hierdie tyd was verwyt soos ʼn vretende kanker wat sy siel wegvreet het. Jakob het geweet dat Yahuwah dit nie goedgekeur het wat hy gedoen het: om die geboortereg te verkry deur bedrog. Elke keer as as sy naam aangehoor was dit die herinnering van sy sonde: “Jakob! Onderkruiper! Sluiper! Bedrieër!”

Toe hy uiteindelik na kannaan terugkeer, het hy die boodskap dat Esau in aantog is met 400 man, sonder twyfel vir die soek van wraak.

Die hoogte punt van Jakob se lewe het gekom:   Toe hy  gesoek vir vergiffenis vir sy groot sonde, maar as hy net verseker kon wees dat hy dat hy vergewe is, en dat hy tot goddelike guns herstel is. In groot angs van verstand en gees, het hy sy familie en diere oor die Jabbok spruit gestuur, terwyl hy agtergebly het om te bid.

‘n Man het met hom geworstel tot dagbreek. En toe Hy sien dat Hy hom nie kon oorwin nie....Toe sê Hy: Laat My gaan, want die dag het gebreek. Maar hy (Jakob) antwoord: Ek sal U nie laat gaan nie tensy dat U my seën.” (Genesis 32 verse 25 tot 26)

Jacob wrestling with the angelDeurdat Jakob met die engel geworstel het, en as Hy nie voorheen sy groot sonde bely het nie, sou sulke vermetelheid gepaard gegaan het met die onmiddellike dood. Ewenwel was dit die pleidooi van ʼn sondige siel wat bekend was met sy sondigheid, en vertrou het in die beloftes van ʼn verbond onderhoudende Vader, en wat dit alles op Hom gewerp het. Die genadige antwoord wat aan Jakob verskaf is , en die versekering vir almal is. Toe Jakob gesmeek het vir ʼn goddelike seën en die handeling daarop was: 

 “En Hy vra hom: Hoe is jou naam? En hy antwoord: Jakob. Toe sê Hy: Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel; want jy het geworstel met God en met die mense en het oorwin. (Genesis 32 verse 27 en 28)

Wat ʼn geskenk! Wat ʼn herversekering! Jakob het dit verstaan dat sy naam, Onderkruiper, was ʼn weerspieëling van sy sondes. Nou dat sy naam verander is na “Israel” wat beteken die “prins van El.” Deur die onderstreping van die betekenis van sy nuwe naam, sodat daar geen twyfel bestaan, het die Engel verduidelik, as ʼn prins het u geworstel met die Elohim en met mense, en het oorwin”    

Die merkwaardigheid van hierdie verklaring was nie verlore met naams verandering van Jakob na Israel. Sy sondes was vergewe! Hy was herstel tot die guns van Yahuwah. Boonop, die feit dat hy “oorwin” het met die Almagtige was dit  ʼn belofte dat hy die volgende dag sou oorwin in sy ontmoeting met Esau.   

Die feit is dat hierdie naam was verander in ʼn antwoord op sy versoek vir seën, en beklemtoon dit dat sy sondige natuur gereinig is in die beeld van sy Skepper. Dit is die seën waarop Jakob se siel begerig was en die betekenis wat in die nuwe naam openbaar word  en aan hom verleen is.

Net soos Jakob, het elkeen wat lewe sondig, en ook tekort skiet aan die heerlikheid van Yahuwah. Amal het neigings tot sonde wat beide deur oorerwing en asook gekweek word. Dus is daar hoop vir die hedendaagse Jakobs ook. Jesaja 58, is ʼn hoofstuk wat doelgerig is tot die laaste geslag en verklaar:” Roep uit die keel, hou nie terug nie, verhef jou stem soos ʼn basuin! En verkondig aan my volk hulle oortreding en aan die huis van Jakob hulle sondes.” (Jesaja 58 vers 1)

Dit is ʼn merkwaardige verklaring. Dit is gemaak eeue na Jakob vergewe is en as ʼn gif, ʼn nuwe natuur en nuwe naam ontvang het: Israel. Die feit dat die naam “Jakob” gebruik is in hierdie gedeelte is dit ʼn openbaring. Die oproep word gemaak aan diegene wat verklaar dat hulle Yahuwah se volgelinge is, maar aanhou sondig. Dit is ook ʼn oproep vir, om te bely en  te vra om vergewe te word.

Sonde skend die beeld van die Skepper in Sy menslike kinders. Die herskepping van die verstand kan alleenlik gedoen word deur die Skepper. Heiligmaking is ʼn gawe. Eksodus 31 vers 13 verklaar: “Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is ‘n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek Yahuwah is, die Elohim is wat julle heilig.”

Gehoorsaamheid aan die wet van Yahuwah word benodig in alles wat geheilig sal word. Natuurlik, is dit nie moontlik  uit eie menslike krag.  Dit is waarom die Skrif herhaaldelik daarop aandring dat almal “die naam van Yahuwah moet aanroep.:

Jesaja  58 sluit die hoofstuk met die pragtige belofte vir almal in berou terugkeer na Yahuwah en in Sy krag, Sy wet onderhou.

As jy jou voet terughou van die sabbat—om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat ‘n verlustiging noem en die heilige dag van ....[ Yahuwah ] hooghou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie; dan sal jy jou verlustig in Yahuwah, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob; want die mond van Yahuwah het dit gespreek. (Jesaja 58 verse 13 en 14)

Die erfenis van ons vader is ʼn nuwe naam, en die aantonende van ʼn nuwe, veranderde en herskepte persoonlikheid! Die naam van die Verlosser is as sulks ʼn aanmoedigining  aan almal “om Hom  aan te roep” omdat in die heel besonderse naam, is die belofte dat “Yahuwah red!”

Roep Hom vandag aan. Hy wag met geopende arms om almal te ontvang wat na Hom toe kom. Jy mag ook ʼn nuwe en gereinigde en herstelde persoonlikheid ontvang – ʼn nuwe naam wat op jou voorhoof geskrywe is, die setel van die denke van die onderbewussyn. Sy belofte aan jou is: ” Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.” (Johannes 6 vers 37)

Ek was geseënd om ʼn aantal talentvolle en toegewyde Sabbat skool onderwysers te gehad het, terwyl ek opgegroei het.  Een van hulle, ʼn vrou was een van die beste en was sy die gunsteling van al die kinders.  ʼn Kundige openbare spreker en ʼn toegewyde Christen, het sy goed verstaan wat die nut is van goeie visuele hulp middels is.  Vanaf seerowers trommels wat gevul is met skatte van wêreldse “aanloklikhede,” en tot die gebruik van haar kristal blomme vaas wat gevul is met pragtige blomme, verrotte voedsel, en selfs honde poe om te illustreer hoe die geheime sonde wat in ʼn “goeie Christen skuil”, haar visuele hulpmiddele het die aandag gevange geneem terwyl sy diepgaande geestelike waarhede verduidelik het, vir die jong verstand om dit te begryp.      

Die voordeel van die gebruik van goeie visuele hulpmiddels om die moeilik verstaanbare konsepte te illustreer moenie onderskat word nie.  Yahuwah self het uitgebreide visuele hulpmiddels gebruik, vir die onderrig om een van die moeilikste konsepte, die plan van verlossing: en die self reiniging van die siel te verduidelik. 

Die goddelike noodplan om die sonde te oorwin, is die plan van verlossing, en was dit nie net ʼn eenvoudige toevallige handeling wat in die laaste minute bedink is. Dit was deel van daardie dinge  wat in stilte gehou is, vanaf die vroegste tyd, en wat vir altyd bewaar sou bly, as Adam en Eva nie gesondig het.  

Die plan van verlossing behels veel meer as die vergewing van sondes.  Daar is meer betrokke as net om belydende sondaars die ewige lewe te skenk. Die hoofdoel van hierdie plan was om die mensdom presies in die beeld  van Yahuwah te herstel: en om die menslike verstand so te omskep dat dit nie meer soos die van Satan sal wees.

Geestelike dinge word geestelik waargeneem. Die vermoë om diepgaande heilige waarhede te verstaan was verlore met die sondeval toe die mensdom die nature van Satan aangeneem het. Agtereenvolgens, om die sonde verdorwe verstand te leer oor die waarhede van die plan van verlossing, het die Skepper ʼn visuele hulpmiddel ontwerp: die baie pragtige, en komplekse struktuur van die ʼn visuele hulpmiddel wat tot nog toe gemaak is. Yahuwah het ons die heiligdom gegee.  

Die heiligdom het simbole gebruik om die beginsels wat betrokke is vir verlossing, die herstel van die menslike ras. Omdat “Want die loon van die sonde is die dood.” (Romeine 6 vers 23) “ en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie” van sonde (Hebreërs 9 vers 22), die dood wat vereis was om aan die vereistes van die oortreding  goddelike wet te beantwoord. Dit was die simboliek van die diere offers. Alhoewel, dat die bloed van die lammers was alleenlik net ʼn simbool wat heen wys  na die bloed wat uigegiet sal word deur Yahushua, “die Lam van Yahuwah wat die sonde van die wêreld wegneem!” (Johannes 1 vers 29)

Die bloedbevelkte lamers, bokke en bulle het nooit enige iemand van sonde grereinig! Hulle was nie in staat om die siel te herskep, omrede was hulle niks anders as net ʼn simbool.

“Want die wet, wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie.  Anders sou hulle opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat hulle een maal gereinig is, geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie.  Maar in dié offers is daar jaar na jaar ʼn herinnering aan die sondes;  want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem.” ( Hebreërs 10 verse 1 tot 4)

Met ander woorde, die wet vereis diere as offerande maar dit maar ʼn vae verteenwoordiging van wat bereik sal word met die ware offerande: die dood van Yahushua aan die kruis. Dit kan gesien word in die feit dat die mense aangehou het met offer van hulle offerandes. Hulle het voortgegaan om te sondig, omdat die bloed van diere het nie die mag besit om hulle siele te herskep in die goddelike beeld!  

Daarom, toe ..... [ Yahushua] die wêreld binne kom, sê Hy: 

Daarom sê Hy [ Yahushua ], as Hy in die wêreld inkom:

Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie,
maar U het vir My ‘n liggaam berei.
Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie.
Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom—in die boekrol is dit van My geskrywe—
om u wil te doen, o Yahuwah.

“Nadat .....[ Yahuwah] hierbo gespreek het: Slagoffer en spysoffer en brandoffers en sondoffers wou U nie hê en het U nie behaag nie—wat volgens die wet geoffer word—het Yahushua daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen.” o Yah. Hy neem die eerste weg om die tweede te stel. Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal.”  Dit beteken dat daar wegedoen met die ou bedeling van offerandes, en ʼn nuwe bedeling gevestig is van gehoorsaamheid tot die wil van Yahuwah, en dat deur een offer het Hy die vervolmaak die wat geheilig word deur die liggaam van Yahushua ons Verlosser. (Hebreërs 10 verse 5 tot 10.)

 Die Israeliete het in die dae van Yahushua die offerandes gesien as dit wat hulle heilig maak.  Alhoewel, die offerandes meer en deels net sigbare handelinge was.  Hulle bedoeling was om te wys na die ware reiniging wat kan plaasvind in die verstand en hart van elke mens na Yahushua se dood. 

Die tabernakel in geheel was ʼn gisbare simbool van die plan vir verlossing.

earthly sanctuary in the wilderness
Die tabernakle is in sy geheel ʼn simbool, ʼn sibare heenwyse  as hulpmiddel om te wys na die plan van verlossing.

Baie wonderlike studies was gedoen oor die mooiheid en die betekenis wat vervat is in die diens van heiligdom.  WLC. moedig elke leser aan om ʼn studie te maak van hierdie belangrike onderwerp.  Daar is blaaie vir blaaie van waardevolle lesse wat vervat is in hierdie sigbare veeldoelige gebruik.  Die mees belangrike betekenis wat begryp moet word, is egter, wat die heiligdom leer oor die menlike siel. 

Die heiligdom het bestaan uit drie afdelings:

  1. Die binnehof waar die offerandes uitgevoer was.

  2. Die Heiligdom waar die bloed van die van die geofferde dier gesprinkel is, en die oorplasing van sonde van die belydende persoon na die heiligdom.

  3. Die Allerheiligste. Dit was net binnegegaan eenkeer op ʼn jaar deur die Hoëpriester alleen met die dag van Verootmoediging. Hierdie gewyde diens het die heiligdom “gereinig” van die lys van sondes wat opgehoop het gedurende die vorigr jaar

 Elkeen van hierdie drie afdelings verteenwoordig ʼn faset van die meslike lewe.

Die Binnehof:

sanctuary courtyard
Die binnehof verteenwoordig die woorde en dade. ( Prent met die vergunnig van BrainMorley.com)

Die binnehof is ʼn simbool van die woorde en handelinge van elke mens.  Elke mens se woorde en handelinge word gesien en gehoor deur ander.  In die binnehof is  daar niks wat bedek is van die lewe van ʼn persoon. Wat plaasvind in die binnehof, is die woorde wat gespreek is, en die die dade wat gepleeg is, en is dit die resultaat van wat plaasvind in die persoon se denke en gevoelings

Die Heiligdom:

Die Heiligdom verteenwoordig die karakter van ʼn persoon, sy denke en gevoel.  Dit is die enigste iets wat iemand hemel toe kan vat.  Niemand kan sy rykdom of sy sosiale status, en ook geeneen het die waarborg dat hy sy vriende of familie kan saam neem.  Die enigste ding wat na die hemel toe gevat kan word, is die persoonlikheid wat ontwikkel het gedurende die genade tyd op aarde.  Daarom is dit so uiters belangrik dat elkeen beheer moet uitoefen oor sy denke en gevoel.  Niemand moet dit toelaat, dat daar aan hulle emosies vrye teuels gegee word , en ook om dit  toe te laat dat daar,  woorde soos ʼn verwoestende haelbui val, op ʼn ander een. Dit is ons plig om genoegsame beheer uit te oefen  oor die denke asook die gevoel.   

Die Allerheiligste:

ʼn Persoon se denke en gevoel vloei direk uit van sy of haar siening en geloof.  Net soos die gemiddelde Israeliet nie toegang gehad tot die Allerheiligste, so kan die individu nie toegang verkry tot sy of haar onderbewussyn.  Dit is in die voorste lob van die brein, net na die voorkop.  Dit is waar die Allerheiligste van elke individu is, die onderbewussyn van die verstand, waar goddelike reiniging  deur die Lam van Yah moet geskied, wat die sondes van die wêreld verwyder.

Dit kan nie gedoen word deur enige woorde of van handelinge wat uitgeoefen word in die “binnehof” van die lewe.  Die Skrifgeleerdes en die Fariseërs het  met Yahushua se eerste koms het net  gekonsentreer op die “binnehof”van hulle lewe.  Hulle het geprobeer om deur werke gered te word, en hulle het probeer om hulle weg na die hemel te verkry deur hulle baie offerandes, en deur te vas verskeie kere van die week, en deur hulle nougesetheid van die onderhouding van die wet tot volkomenheid.

Op ʼn dag kom daar skrifgeleerdes en Fariseërs na Yahushua en beskuldig die dissipels “ Waarom oortree u dissipels die oorlewering van die ou mense? Want hulle was nie hul hande as hulle brood eet nie.” (Mattheus 15 vers 2)

Die Fariseërs was nougeset en versigtig wanneer dit gekom het by die onderhouding van die Levitiese wette rakende netheid.  Hulle het self tot die wette van Moses bygevoeg, en gedink deur die byvoeging van tradisies en deur die onderhouding daarvan, dat dit sal verseker dat die goddelike wet nooit oortree sal word. Hulle algehele fokus was op woorde en handelinge van die mense, en  het hulle  oor die hoof gesien,  en dat die inner reiniging die mees belangrikste is. 

Yahushua het duidelik onderskei dat die Fariseërs gekonsentreer het op die uiterlike “buitehof” lewe terwyl daar heeltemal die “Allerheiligste” se skoonheid geïgnoreer word van almal wat die ewige lewe sal beërwe.  Hy het nadruklik verklaar: ”Luister en verstaan!  Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan.” (Mattheus 15 verse 10 tot 11.)

Later, toe die dissipels Hom gevra het om aan hulle te verduidelik het die Verlosser gesê:

 “Begryp julle nog nie dat alles wat in die mond ingaan, in die maag kom en in die heimlikheid uitgewerp word nie? Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak.Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal. Dit is hierdie dinge wat die mens onrein maak; maar om met ongewaste hande te eet, maak die mens nie onrein nie.” (Matus 15 verse 17 tot 20.)

Die woorde en handelinge van die binnehof, is meer en deels die uitwendige openbaring wat die denke en gevoel gewees het, alles waarvan die oorsprong is, van die sieninge en van geloof wat diep begrawe is in die onderbewussyn van die verstand.  Ons kan amper die grinniklag hoor van die Verlosser as Hy byvoeg, “ maar om met ongewaste hande te eet, maak die mens nie onrein nie.” (Mattheus 15 vers 20)

Dit was telkens die gebruik van die Verlosser se leerstellings.

 “Want dit is nie ‘n goeie boom wat slegte vrugte dra nie, en ook nie ‘n slegte boom wat goeie vrugte dra nie. Want elke boom word geken aan sy eie vrugte. Van dorings pluk ‘n mens tog nie vye nie, en ‘n mens sny ook nie druiwe van ‘n doringbos nie. Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond.” (Lukas 6 vers 43 tot 45)

In die volgorde vir die gebruik van die “binnehof” om suiwer te wees, moet die denke en die gevoel wat van die “Heiligdom” voortvloei onbesoedeld wees.  In die volgorde vir die die denke en die gevoel om heilig te wees en onbesoedeld, moet ingesteldheid en die geloof binne in die onderbewussyn “Mees Heiligdom” moet dit gereinig word en een wees met die goddelike natuur.  

So ʼn diep reiniging van die voorste lob is ontmoontlik vir enige iemand om dit vir homself te doen. Dit kan alleenlik deur die Verlosser vir die persoon gedoen word. My onderwyser se kristal blommevaas wat die pragtige afodille wat ingesteek was in die verrotte voedsel en honde poe kon hom nie self reinig. Alleenlik ʼn mag van buite kon die vaas van die vullis reinig.Dit word in die hart van die mens gedoen alleenlik deur die een mag: die goddelike mag wat uigeoefen word vir en onthalwe vir die sondaar wanneer hy die beloftes eis in geloof.

Wanneer die onderbewussyn van die verstand gerinig is en in eenheid met goddelike vestand is, dan oorvloei die die hart met liedfe, vreugde, vreugde,geduld, vriendelikheid, verdraagsaamheid en elke ander goddelike eienskap. Petrus het dit verstaan toe hy die volgende geskrywe het:    

 “Mag genade en vrede vir julle vermeerder word deur die kennis van God en Jesus, onse Here!

 Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug,  waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur.......” ( 2 Petrus 1 verse 2 tot 4)

Die Allerheiligste Plek van die individuele hart is gereinig wanneer Yahushua, die groot Hoë Priester die Sataniese natuur verwyder waarmee almal gebore word, en die onderbewussyn van die verstand herskep word, om die goddelike beeld te reflekteer.  Die hele boek van Hebreërs is ʼn verduideliking oor die hoë priesterlike bediening van Yahushua, en wat die siel van onderbewussyn reinig van almal wat na Hom gaan in geloof.

Geloof is nie gevoel. Die twee is heeltemal afsonderlik. Baie mense wag om te voel dat hulle gereinig is voor hulle dit glo. Sommiges maak so ʼn fout. Geloof is: “die instemming van die verstand tot die waarheid, wat deur die gesag en [ geloofwaardigheid] van iemand anders.”2 Met ander woorde, geloof is om Yahuwah op Sy woord te neem, omdat vir wie Hy is, sonder enige ander bewys. Dit is die geloof dat Hy sal Sy beloftes sal nakom omdat Hy so sê.      

 “Die geloof dan is ʼn vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ʼn bewys van die dinge wat ons nie sien nie.” (Hebreërs 11 vers 1.)  Geloof is ʼn geskenk van Yahuwah, maar dit is ons keuse, of ons dit wil, of nie wil uitoefen, om daardie geloof te eis volgens die begeerte na die belofte.  “as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.” (Markus 9 vers23)

Wil jy gereinig word? Wil jy herstel word? Wil jy die goddelike beeld besit wat herskep is in onderbewussyn van jou verstand? Die belofte is daar vir jou om dit te eis, as dit jou begeerte is.

Die werklikheid van die mag van Yahuwah is geen geheim, om dit aan elkeen te gee,  wat nog nooit die herskeppende mag  ondervind het.

Dit was ʼn vreemde groep om uit genooi te word  na ʼn Bybelstudie, maar Henrietta Mears was vasbeslote. Sy was geseënd  deur die besoek van ʼn jong besoekende evangelis, en het velang dat haar vriende die selfde seeninge moet ondervind. So was dit ʼn skitterende klomp gewilde Hollywood persoonlikhede wat in die Mears woning vergader het in Beverly Hills vir Bybel studie. Tussen diegene wat gekom was die harde drinker Stuart Hamblen, asook dat hy het ook  ʼn rowwe lewenstyl geleef het, en was hy  boonop ook  ʼn filmster van die “Westrens” flieks.

Stuart Hamblen
Stuart Hamblen: filmster, sanger, radio persoonlikheid.

Alhoewel, Stuart amper net so gewild vir sy dobbelary , en bakleiery as wat hy vir sy sang, toneelspel en gewilde radio program was, het die leraar en die filmster saam afgeskop. Toe die evangelis vir Stuart na die byeenkoms genooi het en Hamblem dit aanvaar het, en nog voor die reeks oor was, het hy sy lewe oorgegee aan die Verlosser.

John Wayne
John Wayne

Die nuus het versprei. Stuart Hamblem het hom bekeer! Nuusblaaie het storie opgeraap en gou het die hele  Los Angeles gegons oor hierdie tawwe tiennie ster wat nou ʼn Christen geword het.Stuart self het nie stilgebly oor die verandering wat in sy lewe plaasgevind het. Met sy radio program, het hy vreugdevol sy getuienis gedeel. Hy het gou die  toorn van sy borge hom op die hals gehaal toe, hy geweier het om enge bier maatskappye te laat adverteer tydens sy program.

Op ʼn dag het hy ʼn ontmoeting gehad met ʼn vriend, en mede akteur met wie hy saam opgetree het in rolprente.

 “ Stuart wat is dit wat ek van jou hoor?” vra John

 “Wel, Duke, dit is geen geheim wat God kan doen,” het Hamblen geglimlag.

 “Ja, dit klink nogal na woorde vir ʼn lied,” het John Wayne waargeneem.  Stuart het huis toe gegaan en hierdie verklaring veranderin ʼn lied, die eerste van meer as 220 liedere wat hy geskryf het voor sy dood in 1989.  Dit is so eenvoudig en tog so ʼn  kragdadige verklaring van liefde van die hemelse Vader, om sondaars te aanvaar en te verander deur Sy genade.

Dit is geen geheim wat Yah kan doen.
Wat Hy gedoen het vir ander, sal Hy vir jou doen.
Met wyd ope arms sal Hy jou vergewe.
Dit is geen geheim wat Yah vir jou kan doen.3

In die hart van elke persoon wat tot nou nog geleef het, of dit die indrukwekkendste koning of die skelm dief is, of sal sy die  gekoesterde vrou wees of die verharde hoer is, wat smag na liefde om aanvaar te  word vir wat hulle werklik is – en dit ondanks wie jy nie werklik is. Elkeen smag om verstaan te word. 

Dit word dikwels gesê dat daar ʼn “ God gevormde gat “ in die hart van elkeen is.  Diep binne in die hart smag almal om een te wees met die Skepper.  Deur die sonde word dit nie altyd erken vir wat dit is, Vrees vir Yahuwah, en die twyfel oor sy Sy liefde, maak die begeerte ʼn onvervulde pyn van verlange.

Hierdie beklemende hart uitroep was so goed gestel in een lied dat ʼn snaar geraak het wat reaksie in baie harte te weeg gebring het. Baie mense word geidentifisser met die verlange wat weergee word in die lied. 

As ek net een wens kon kry,
Net een versoek,
Ek hoop hy is nie soos ek.
Ek hoop hy sal verstaan.....4

Sonde het die kennis van Yahuwah in die harte van die mensdom vernietig.  Dit het omtrent heeltemal die goddelike beeld in die siel geskend.  Alhoewel, almal wat Yahuwah aanroep, en vra om vergiffenis, en reiniging sal herstel word. Die goddelike beeld sal herstel word, en die mense sal heerlikheid  van die persoonlikheid van die Skepper, reflekteer.

Die Skrif bevat 360 unieke saamgestelde name van Yahuwah.  Elke naam reflekteer ʼn verskillende eienskap van die vele eienskappe van die goddelike persoonlikheid.  Die verlange van die Vader om Sy persoonlikheid te openbaar, aan Sy verlore aards gebonde kinders kan gesien word, in die baie verskillende maniere hoe Hy, Homself  bekend maak in hierdie pragtige name. 

Somige van die name is sterk mansname: EK IS jou Sterkte; EK IS jou Skild; EK IS jou Bloedverwant;EK IS ʼn Man van Oorlog. Hierdie name herverseker Sy kinders van Sy sterkte en krag.; Sy vemoë om te voorsien aan elke nood.

Ander name, tot die menslike oor klink vroulik: Roos of Saron; Lelie van die Veld; die Een met die groot Hart. Hierdie name is ‘n vertroostende beloftes van sagmoedigheid en van verstaan, liefdevolle vriendelikheid en vertroetelde sorg.    

Die hele aarde sal gevul word met die kennis van die “heerlikheid” (persoonlikheid) van Yahuwah, wanneer sy volgelinge, bely vergewe, gereinig en herskep is, tot die volkomenheid om Sy persoonlikheid te reflekteer.  Dit is om die Vader se naam op jou voorhoof geskryf te hê.  Die beperkte mensdom sal herstel word in die beeld van die goddelike en sal die hoë eer hê om die eienskappe van die goddelike persoonlikheid te reflekteer.  

Dit vernietig nie die individuele persoonlikheid, en individualiteit, en is dit nie geabsorbeer en uitgewis. Dit is eerder die ware persoonlikheid en een van sy eie soort en van die skoonheid van ʼn persoon wat ontvou. Gesuiwer van al die Sataniese neigings waain die ware persoonlikheid gehul was, die ware persoonlikheid skyn nou voort soos dit beplan is om te wees: ʼn openbaring van ʼn unieke eienskap van die goddelike persoonlikheid.

Moses and ten commandmentsDie Skrif beskryf Moses as die sagmoedigste mens op aarde.  “Maar die man Moses was baie sagmoedig, meer as al die mense op die aardbodem.” (Numeri 12 vers 3.)  Baie nuwe vertalings vertaal die woord as “nederig” wat baie ongelukkig is.  Die woord nederig het nie dieselfde betekenis as sagmoedig.  Verskeie verklaring van nederigheid sluit in eenvoudig, onderdanig, om skaam te wees en om te verlaag.  Die mense stel dikwels “sagmoedigheid” gelyk  met “nederigheid” in hulle verstand.

Maar ʼn persoon wat sagmoedig is baie meer as bloot net nederig.  Saggeaardheid is te dikwels vergelyk met veragting as swak of sonder ruggraat.  Meer spesifiek is waar daar deur Westerse kulture die individualiteit opgehemel word in liedjies soos “I did it My Way” en wat veral gewilde treffers geword het.  Alhoewel,  ʼn persoon  wat saggeaard sal atyd ʼn sterker persoonlikheid besit, as ʼn persoon wat ʼn slaaf is van sy emosies, en geen beheer uitoefen oor sy tong en emosies.

Die woorde boek se beskrywing  werp meer lig oor hierdie kosbare persoonlikheid en soms onderskatte goddelike eienskap.

Sageaarheid: Goedaardige humeur, sag, vriendelik, word nie maklik kwaad of geiriteerd, verleen hulpvaardigheid by beserings.5 

ʼn Persoon wat saggeaard is nie swak in gees.  Moses het ʼn kwaai humeur gehad!  Een van sy vertonings van sy humeur was, wat daar toegelei het vir die vermoor van die Egiptiese toesighouer. (Eksodus 2 verse 11 en 12) Tagtig jaar later was daar weer ʼn ander vertoning van sy humeur (terwyl hy onder uiterste druk verkeer het) en wat daar toe gelei het dat hy geweier was om die Israeliete die Beloofde Land in te lei. (Numeri 20 vers 12.)  Ahoewel, in die goddelike skool, waar daar  onderrig  gegee is deur die Grootste Leermeester wat die wêreld ooit sou ken, nooit aan Moses bekend gemaak is, dat hy moet leer om sy humeur moet beteuel.    

Dit wat ʼn groot swakheid in sy persoonlikheid wat daartoe gelei na die daad van moord, en dit was geheilig onder die goddelike invloed.  Moses het groot self beheersing verkry.  Hy het een geword wat sageaard geword het; ʼn man “wat verdraagsaamheid verkry het met beserings.6 “Verdraagsaamheid” is eenvoudig “selfbeheersing,” geduldig en weerhouding.7 Sagmoedigheid ontken nie wat verkeerd is, en  of ongeregtigheid wat gepleeg is. Dus, in die aangesig van erkende belediging en seerkry, sal ʼn saggeaarde persoon “selfbeheersing” uitoefen en is hy geduldig en vergewendgesind. Moses se persoonlikheid was nie ruggraatloos en sonder gevoel, nadat dit self gereinig is. Was dit sterker as vantevore in die ware stekte van sy karakter.    

Meer as enige iemand anders op die aangesig van die aarde, was Moses bevoorreg om die mooiheid van ʼn goddelike karater te reflekteer ʼn eienskap, wat  selde in die seuns van die mensdomchild with flowergesien word. Yahuwah self se sagmoedigheid is kinderlik en soos die sagtheid van blomme. Hy beoefen groot selfbeheersing en is geduldig onder seerkry. “Want Ek IS.... Yahuwah, het nie verander nie; en julle, kinders van Jakob, is nie verteer nie.” (Maleagi 3 vers 6.)

Elke persoon wat gered word sal ʼn goed gebalanseerde persoonlikheid besit.  Daardeur, sal elkeen ook ʼn afsonderlike persoonlikheid besit wat tot ʼn groot mate ontwikkel het met ʼn eienskap van die goddelike persoonlikheid.  ʼn Kind deur sy eie lewe openbaar die Vader se persoonlikheid as een wat “gewillig is om goed te doen aan ander, en om hulle gelukkig te maak en toe te stem tot hulle versoeke en te voorsien aan hulle behoeftes en hulle te ondersteun in angs,”8 sal die naam kry as GOEDHARTIGHEID wat op sy voorhoof geskrywe is.  Goedhartigheid is die goddelike eienskap wat in die besonder ontwikkel is in sy eie karakter.

ʼn Persoon wat geloof in Yahushua besit, sal ontwikkel word in die goddelikke bekwaamheid om altyd die aan die behoeftes te voorsien omdat dit gedoen moet word, ongeag die koste daarvan, vrees of gevaar, sal die naam kry as MANMOEDIGHEID wat op sy voorhoof geskrywe sal wees.Manmoedigheid is die goddelike eienskap van sy besonderse persoonlikheid en wat duidelik in sy lewe gedemonstreer sal word.

Aan ander wat in hulle lewe Yahuwah se eie welwillendheid, goedhatigheid en teerderheid van hart openbaar, en wat gewillig is om seerkry oor te sien of om ʼn oortreder beter te bahandel wat hy verdien,”9  sal die naam Genade ontvang op sy voorhoof, want dit is die eienskap van Yahuwah se persoonlikheid wat hulle duidelik wys in hulle eie persoonlikheid.

ʼn Persoonlike kennis van my het op ʼn keer dit aan my meegedeel, as ʼn jongmens het sy gelees dat die Verlosser “ in verewigheid leef om ander te seën.”  Op daardie tydstip het sy in haar hart vasgestel dat sy dieselfde verlang om waar te wees vir haar ook.  Nou ʼn paar jaar later is sy die mees onselfsugtige en vrygewige persoon wat ek ken.  Haar onbaatsugtigheid en vrygewigheid is nie beperk tot geld alleen, alhoewel wanneer omstandighede dit noodsaak is sy vrygewig met geld ook.  Sy stel haarself ook beskikbaar in menigvuldige ander maniere.  Waarlik, sy leef atyd tot seën van ander.

Die Bybel sluit met ʼn belofte.  Die sluier word weg geskuiwe en ons word vergun om ʼn blik op die ewige toekoms te aanskou van die grenslose gebied van die saligheid.  Die beskrywing van die water van die lewe,” ʼn suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon,” (Openbaring 22 vers 1.) die belofte is gegee vir al die tye wat moet kom: “En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van Yahuwah en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien.  En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees (Openbaring 22 verse 3 en 4)

 group of smiling peopleDie Seun het openbaar wat die Vader sou wees as Hy in die menslike gedaante sou wees.  Alhoewel Yahushua nooit gesondig het.  Hy het geen gekweekte neigings gehad om die verkeerde dinge te doen en wat oorwin moes word.  Die lange stryd tussen Goed en Kwaad, Heiligheid en Boosheid is verby toe Yahuwah ʼn groep van mense gegee is wat ten volle aan Hom oorgegee het, wat gereinig is en herstel is tot die goddelike beeld.  Mense wat gesondig het maar wat deur belydenis en vergiffenis, nou die die goddelike afdruk in hulle onderbewussyn  besit: Sy Naam op hulle voorhoofde.

Die aarde sal verlig word met die heerlikheid van die Ewige Een wanner Sy persoonlikheied openbaar word in Sy wagtende volgelinge.

Die wêreld sal verstaan wat Yahuwah se persoonlikheid is, en watter woorde Hy sal sê, en hoe Hy sal handel, as ʼn 55 jarige man in die aangesig staar om sy werk te verloor omdat hy weier om die Sabbat te verbreek.  Aan die wêreld sal getoon word die handelinge van Yahuwah, wat Hy sal doen as ʼn 34 jarige moeder van drie, haar huwelik verloor omdat sy die waarheid volg. Die goddelike persoonlikheid sal in ʼn jong persoon gemerk word wanneer hy, in die aangesig van groot loopbaan moontlikhede, en gewillig is om  eerder te verkies om alles prys te gee,  en verkies om getrou te wees aan die beginsel.

Die wêreld sal aanskou hoe Yahuwah sal handel in alle omstandighede, en in alle situasies omdat Sy persoonlikheid, Sy denke en gevoel, sal die denke en gevoel, die woorde en handelinge wees van Sy volgelinge.

Almal wat die Hemel beërwe sal Yahuwah se naam op hulle voorhoofde geskrywe hê, omdat Hy die middelpunt van hulle denke is.  Niemand  is in staat om homself gereed te maak, maar Yahuwah se naam is die belofte dat Hy alles sal Wees wat jy benodig Hy moet wees, om jou gereed te maak.

Roep die naam aan van Yahuwah aan. Vertrou op Hom. Jy kan ook die heerlikheid reflekteer van die goddelike persoonlikheid.

 “Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot Yahuwah gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.” (Hebreërs 7 vers 25.)

Kliek hier om na die video te kyk!

__________________________________________________________________________________

1 Webster's New Universal Unabridged Dictionary, Second ed., 1983.

2 American Dictionary of the English Language, Noah Webster, ed., 1828.

3 Adapted from “It Is No Secret (What God Can Do)” by Stuart Hamblen, copyright © 1950 (Renewed) Songs of Universal, Inc.

4 "With Arms Wide Open," written by Scott Stapp.

5 American Dictionary of the English Language,Noah Webster, ed., 1828.

6 Ibid.

7 Webster's New Universal Unabridged Dictionary, 1983.

8 "Kind," American Dictionary of the English Language, Noah Webster, ed., 1828.