Print

Ten Bloede toe Weerstand bied

Hierdie is `n nie–WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuigings. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC af kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lesers nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. As jy geskok is deur sommige nie- WLC inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self en soek dit waar dit ookal gevind mag word.

 

‘Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.’
Hebreërs 12:4.

‘Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied’ – soos ander gedoen het nie, en so raai die skrywer sy lesers aan om hulle vergelykende immuniteit van vervolging te kontrasteer met die lot van diesulkes sodat hulle met vreugde die rigiede taak wat op hulle gelê is mag doen. Wie was hierdie andere?’

Ten Bloede toe Weerstand bied

Want julle moet ag gee op Hom wat so `n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie. Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in jul stryd teen die sonde nie. (Hebreërs 12: 3-4)

'Indien die veronderstelling van baie reg is dat hierdie Sendbrief geaddreseer was aan die Moeder kerk in Jerusalem, was die lot van Stefanus, die eerste martelaar en Jakobus die broer van Johannes, wie die “die beheer oor’ daardie kerk gehad het, in die gedagte van die skrywer. As die datum vasgestel deur sommige vir die brief, aanvaar word, het die vervolging onder Nero, wat die tuine van die Kapiteel met lewende fakkels verlig het, alreeds plaasgevind, en die skrywer sou gewens het dat die Kerk in Jerusalem hulle self moes Bedink of hulle beter vaar as hul broeders in Rome. Maar of hierdie vermoedens aanvaar word of nie, is daar nog `n teenstrydigheid duidelik in die skrywer se gedagte. Hy het gepraat van die lang geskiedenis van die helde van die geloof, sommige van hulle wie ‘gestenig was en gedood was’, en hy sou wou hê dat die Christene wie aangespreek was hul posisie vergelyk met dit van die antieke heiliges en martelare. En dan is daar nog `n kontras, steeds meer sterker, wonderliker en besonders, in sy gedagtes, want my teks volg onmiddelik na `n verwysing van Yahushua Christus., ‘wie aan die Kruis gely het, die skande deurgemaak het’ Dus het Hyself ‘weerstaan tot die dood’ Daarom, het die skrywer sy lesers aangespoor om te dink aan die martelare in die Moeder Kerk, van die bloed wat die kerk te Rome gevul het, van die vermoorde heiliges uit die generasie in die verlede, en, bo en behalwe dit alles, van die groot Kaptein van onse verlossing, en, bemoedig deur die gedagte, wat manmoedig verduur het en magtig teenstand in die konflik bedryf het wat aan hulle opgelê was. ‘Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in jul stryd teen die sonde nie.’

  1. So, dan het ons hier, om mee te begin, die permanente toestand van die Christen lewe as een van Oorlogvoering en teenstand.

Die beeltenis van die ganse konteks word verkry uit die arena. `n Vers of twee voor die skrywer praat omtrent die wedloop: nou verskuif hy sy siening effens en praat instede daarvan omtrent die stoeiery of van die pugalistiese aanslae wat daar woed. Sy punt is dat altyd en orals, mag die vorme farieër en waarin die konflik mag plaasvind. `n Element van inspanning, deursettingsvermoë, en antagonisme is onlosmaaklik deel van die Christen se lewe. Dis die moeite werd om vir `n wyle oor na te dink. Dit is alles baie goed om te sing van groen weivelde en stille waters, en om verheug te wees in die seëninge, die vreugdes, die stiltes, die blydskap van Christen ondervindinge, en om verbly te wees in die gedagte van vele goedertierenhede van liggaam en siel wat na die mens kom deur geloof. Dit is alles waar en alles geseend, maar is net een sy van die waarheid. En as ons vasgevat en afgeskaal het op die praktyk en ondervinding van die ander kant van die Christen lewe nie, wat dit `n ontbering en pyn tot die laer self meemaak en`n voortdurende teenstand, waag ek om te sê dat ons geen reg het op die soete en tedere kant daarvan nie; en vir onsself afvra of ons enigiets weet van Christen wees. Dit word nie net aan ons gegee nie – dit word nie aan ons hoofsaaklik gegee nie – om daardie groot en kosbare dinge te verseker wat nie met mekaar verbind nie, maar dit word aan ons gegee sodat, ons verryk, en standvastig en versterk word deur die besit daarvan. Ons moet beter voorberei word vir die konflik, nes `n wyse kommandeur sal voorsien dat sy soldate goed gevoed is voor die aanvang van die stryd.

`n Element van pogings, uithouvermoë, en antagonisme is onafskeibaar van die Christen lewe.

Maar dan, om daarvandaan te gaan, wat maar net `n kantlyn saak is, laat ek jou herinner dat ons antagonisme is ‘stryd teen sonde.’

Sommige mense sal my teks laat beteken om net eenvoudig die konflik te wees wat ons het om te veg teen die bose, slegtighede en swakhede. Sommige deur die konteks gelei, sal die verwysing uitsluitlik neem na die antagonisme met die booshede rondom ons en met die beliggamming van daardie mense wie nie die Christen idees van lewe en leefwyse deel nie. Maar nie die een nog die ander van hierdie twee uitsonderlike interpretasies kan onderhou word nie. Want sonde is een, of dit nou beliggaam in onsself of in die mens of in instellings. Ons het dieselfde konflik om teen te veg presies dieselfde antagonis as wanneer ons in die taak besig is van reiniging van onsself van alle onreinheid van vlees en gees en wanneer ons besig is in die breër skema van soeke om elke man te laat sien die mag van Christus se liefde, en om in reinheid te lewe in gehoorsaamheid aan Hom.

En so, die eerste veld waarop elke Christen sy spore inslaan, om sy bekwaamheid te bewys, en om sy krag te beoefen is die veld van binne, waar die lys baie nou en waar die eie ek in stryd is met self in daaglikse konflik. Elkeen van ons dra ons eie grootste vyand in sy eie onderbaadjie. Ons almal het begeertes, passies, neigings, verlanges, foute, ondeugde, gemeenhede, selfsugtighede, traaghede -- `n hele menigte euwels wat daar lê soos `n slangnes binne-in ons, en ons eerste taak en ons lewenslange missie is om die gif angel daaruit te haal, en om hulle te versmoor en uit te verdryf.

Dit is die plegtige plig van elke Christen om oorlog te voer om homself te verhoed dat hy gevang word in die stroom van goddelose lewe wat rondom hom heers. Ons moet veg om onsself te weerhou om besoedel te word deur die wêreld en die wêreldse gemeenskappe waarin ons wandel.

En dan, net daarná, kom daar die volgende ding – die antagonisme waarin Christen mense permanent moet staan in `n wêreld wat nie met hulle siening saamstem nie, wat vreemd is vir die maxims wat hulle lewens beheer, en wat geen samewerking gee aan die Koning aan wie hulle eed afgelê het om te gehoorsaam nie. En daardie antagonisme loop uit in verskeie vorme. Eerstens, is dit die ernstige plig van elke Christen om oorlog te voer om te verhoed dat hyself meegesleur word deur in die stroom van goddelose lewenswyses wat rondom hom heers. Ons moet veg om ons self te weerhou om deur die wêreld beskadig te word en die wêreldse gemeenskappe waarin ons woon. Wat sou word van die kaptein van `n skip wie nie sorg tref dat sy kompas reggestel word en die effek van die massa yster in die vaartuig te neutraliseer nie? U wandel soos in die sale van `n hospitaal. Indien u nie maatreëls tref nie, sal jy die siektes in die lug inasem. Dit is net so seker dat traak-my-nie-agtige Christen mense wie nie waaksaam is teen sluimerende en omringende euwels sal daardeur aangesteek word nes dit onomwendbaar is wanneer `n Engelsman uit gaan, sê na die Verenigde State, wie terug sal kom met die tongval van ons broeders aan die anderkant van die Atlantiese oseaan wat onbewustelik oor sy tong rol. Die eerste plig, belangrik vir Christen mense, is dat hulle moet besef dat hulle lewe in `n orde van dinge nie volgens die Meester se beginsels nie en om versigtig te wees dat hulle nie met die infeksies aangesteek word nie.

Ek het nie nodig om `n woord te sê oor die ander vorm van antagonisme nie, wat net so gemeen is en sal ons verhoed om baie om te gee omtrent die oordele wat deur andere gevorm word oor ons, deur die mense rondom ons. ‘Met my, is dit `n netelige saak dat ek veroordeel word deur jou of deur die oordele van die mens.’ Maar die teenstand teen sonde, wat die Christen mens se genadige stryd is in die wêreld, is nie volbring óf deur homselwers weg te hou van samesyn met omringende booshede of deur weiering dat antagonisme hom aflei van sy koers nie. Daar is iets meer wat `n eenvoudige plig is: elke Christen moet Christus se soldaat wees om Christus se gebooie bekend te maak, en die beginsels van Sy woord in die wêreld gehoorsaam word.

Gemeenskappe is nie georganiseer op Christen beginsels nie. Jy moet maar net rondom jou kyk om dit te sien. Ek nodig nie te vertoef rondom die verskeie teenstrydighede tussen die eenvoudige leerstellings van hierdie Boek en elke gemeenskap, elke nasie, en elke indiwidu nie, maar laat ek jou herinner dat totdat die Bergpredikasie die wet is van elke indiwidu en gemeenskappe, sal die Christen mens, as hy getrou is aan die Here, sal moet ‘strewe teen sonde’ in die hoedangheid om gevestig te wees in Christus se koninkryk, wat die koninkryk van geregtigheid is. Daardie preek bevat nie alle waarhede nie, maar is die Magna Carta van toegepaste Christen wees, die koninkrykswette van die lippe van die Koning Homself.

So, broeders, ek kom na julle met dít as my boodskap dat geen Christen mens sy werk as Christus se soldaat doen, ‘in jul stryd teen sonde,’ totdat hy soek, met die beste van sy mag, om die wet, wat geregtigheid is, op die aangesig van die aarde gevestig te kry nie.

So, broeders, ek kom na julle met dit as my boodskap dat geen Christen mens is besig om sy werk te doen as Christus se kryger, ‘strewe teen sonde,’ totdat hy poog, met die beste van sy mag, om Christus se Wet, wat geregtigheid is, op die aangesig van die aarde opgerig te kry nie.

Praat van dinamiete en plofstof, daar is plofbare krag genoeg in die Christelikheid om die korrupsie wat so `n groot deel van die moderne sosiale lewe is in stukke te versplinter. Maar, magtie! Die Christen Kerk was te lank en te algemeen aangestel in die plasing van `n demper op die biskruit in stede daarvan om dit af te vuur en wie daarop uit was om `n groot gedeelte van die gebooie van die Meester weg te redeneer instede daarvan in die soeke om dit toe te pas.

Daar is deesdae `n nuwe gees om ons, waarvoor ons met toewyding dankbaar kan wees, maar ons moet ook vergeet dat, nes elke nuwe beweeg meriete, is dit geneig om eensydig en oordrewe te wees. Veel skade is gedoen in baie rigtings deur Christen onderwysers wie soek om die beginsels van Christus se gebooie toe te pas op verskeie fases van sosiale sondes sonder uitsonderlike kennis van die feite van die saak. Maar dit ten volle erken, verbly ek myself daarin om te glo dat Christen mans rondom ons ontwaak, soos hulle nooit te vore gedoen het nie, tot die ernstige pligsbesef wat op die Christen kerke gelê is, indien hulle nie sou omkom in traak-my-nie-agtigheid en onaktiewiteit nie, om Christus se Wet te verkondig en daarna soek om dit te herken vir die indiwidu en as Christus se leiding vir die gemeenskap.

Onthou net die beperkinge en die vervolginge waarvan ek alreeds `n woord gespreek het. Mens het die besigheid om onder ander mense te gaan preek eers as hy homself gereinig het. En die eerste taak van die Christen hervormer is met sy eie hart. En weereens, help dit net om met die instellings te werk as u werk aan die mense wie werk onder die instituut. Die belangrikste werk vir die Christen Kerk moet altyd met die indiwidu wees, en deur hulle opheffing, sal die opheffing van die gemeenskap ten beste verseker word. Maar die fout van baie merkwaardige en ernstige mense deesdae is in die idee dat indien jy die ‘omgewing’ opstel, soos hulle dit noem, reg, sal jy die mense regkry. `n fout. Neem `n bondel besope deugniete uit die agterbuurte en sit hulle in `n model woon eenhede, en oor twee weke, sal die woon eenhede net so smerig wees soos die areas waaruit die manne gesleep is. Herstel die mense, en dan mag jy hulle sit in `n nuwe omgewing; herstel hulle, en die omgewing sal herstel word. En werk eerste aan jouself, en dan kan jy die gemeenskap ophef. Weerstaan jou sonde, en gaan dan uit om te veg met die booshede van ander.

  1. Neem notisie van die felheid van die stryd wat ander deurgemaak het.

Ek het alreeds gesê dat die onmiddelike konteks stel twee kontraste voor tussen die vergelykende immuniteit van vervolging van die brief se leser en andere.

Die eerste is dit wat voorgestel word deur die glorieryke ere-rol helde en martelare van die geloof wat die hoofstuk voorafgaan. Sonder om te praat van retoriek of die onderwerp af te water, sal Christen manne van hierdie generasie goed doen deur na te te dink oor wat die vaders deurgemaak het en gedoen het om die gemak vir hulle te wen.

Ek dink moderne Christelikheid, in haar selfvoldaanheid, sou heeltemal beter wees as dit soms teruggaan daarna om te onthou dat daar tye was toe ‘jong manne en meisies, en ou manne en kinders,’ ten bloede toe weerstand gebied het dan so verheug hul dood tegemoet gegaan het so vreugdevol soos `n bruid na die altaar.

Ek onthou `n ou kerk op die heuwels van Rome, wat op al sy mure bedek is met die grusaamste prente van martelare. Daar mag `n onheilspellende bewondering en aanbidding hiervan wees. Ek dink moderne Christelikheid, in sy selfvoldaanheid met haarself, sou heeltemal beter wees as dit soms daarna teruggaan om te onthou dat daar tye was toe ‘jong manne en meisies, en ou manne en kinders,’ ten bloede toe weerstand gebied het en dan so verheug hul dood tegemoet gegaan het so vreugdevol soos `n bruid na die altaar.

‘O, broeders, julle Nonkonformiste in hierdie geslag, wie `n gemaksugtige godsdiens het, dink net somtyds hoe dit eens was. Dink aan George Fox en die Vriende. Dink aan die vroeë Nonkonformiste, op wie jag gemaak is en gefolter, hul neuse gesny en hul ore afgesny, hul pilorieë en verbanning, en staan dan beskaamd om te praat van die moeilikhede wat jy moet tegemoet gaan. ‘Julle het nie ten bloede weerstaan nie.’

`n Veel groter teenstrydigheid word hier voorgestel, die skrywer se denke van Yahushua in Sy kapasiteit as die Prins van lydendes vir die geregtigheids’ onthalwe, wie Sy Kruis kon vrygespring het indien Hy verkies het om Sy stryd en Sy getuienis op te gee. Yahushua Christus is `n baie groter as dit. En die andersheid van Sy lyding en dood word nie aangeraak deur so `n idee nie. Maar laat ons nie vergeet dat Hy dit is, en wat ookal Sy dood is, staan dit ook as die einste klimaks van alle lyding vir geregtigheid. Hy is die Koning van die Martelare en die Offergawe vir die wêreld se sondes. Laat ons na Hom kom en die heldhaftigheid van karakter opmerk, verborge vir haastige observasie deur die soete sagmoedigheid waarin dit omgewe is, soos die yster hand in `n fluweel handskoen.

‘Laat ons verstaan hoe Sy beeld na ons uitgehou word en hoe die Kruis ons voorbeeld is en die grondslag van al ons hoop. ‘Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied nie … Aanskou Hom.’

  1. En nou ten laaste, neem notisie van die ligter stryd uitgelê vir ons.

Die teenstand verander sy vorm, maar die essens, duur voort. In die oue dae, het oorlogvoering bestaan uit manne wat mekaar bloedneus slaan of in handgemene grepe, voet, en aangesig tot aangesig, met mekaar slaags raak. Deesdae is dit grofgeskud duo`s -- `n groot mate meer wetenskaplik, baie meer minder grusaam; maar dit is nog steeds oorlogvoering. Die wêreld was gewoond om Christene te verbrand, het hulle opgehang, en gestenig. Dit maak nie deesdae so nie, maar dit veg nog steeds teen hulle. Die wêreld het deels Christen geword, en die beginsels van Christelikheid het, in `n sekere onperfekte wyse, deur die massas geinfiltreer so dat die antagonisme nie so erg was soos dit eens was nie. En die kerk het haar getuienis verswak en essensieël die maxims van die wêreld aangeneem. Waarom dan sal die wêreld `n Kerk vervolg wat maar net slegs `n bietjie van die wêreld is onder `n ander naam? Maar laat elke man vir homself eerlikerwys probeer om `n lewe te leef gemodelelleer na Christus se beginsels, en laat hy homself stel teen die heersende euwels rondom hom, en soeke daarna om dit te onderwerp, omdat Christus hom geroep het. Sal hy sien of die destydse antagonisme nie nog daar is nie. Wat `n koor van selektiewe byskrifte sal onmiddelik uitgespreek word! ‘Onuitvoerbaar,’ ‘fanaties,’ ‘eensydig,’ ‘revolusionêr,’ ‘Fariseër,’ ‘geveinste.’ Hierdie sal die welriekende blomme wees in `n geweefde blommekrans. Afhangende daarvan, sal `n Christen mens wat daarop uit is om Christelikheid vir homself uit te leef, en soek om dit rondom hom toe te pas, moet veg en verduur.

`n Christen mens wat Christelikheid vir homself wil uitleef en soek om dit rondom hom toe te pas, sal moet veg en verduur.

Maar dit alles is, soos niks – nietig – in vergelyking met wat die voorste linie moes deurgemaak het nie, en deurgemaak het, met vreugde. Hulle het in die loopgrawe gesneuwel en dit opgevul sodat die agterlinies kon oorgaan. Hulle het swaardwonde deurgemaak, ons kry net spelde prikkies. Klippe was na hulle geslinger, soos Stefanus buite die stad; hande vol modder is wat ons hoef te vrees.

So, broeders, aanvaar vandag se vorm van die permanente konflik en sien toe dat jy die taak op jou gelê gemoedelik, vreugdevol en deeglik uitvoer. En moenie veel dink aan die ongemak en ergernisse nie. Vir ons om te praat van opofferinge van Christus is soos vir `n sleepbootvaarder op `n kanaal wat vertel van die gevare van sy reis in die ore van `n Arktiese ontdekkingsreisiger of soos `n man wat in `n eerste klas wa reis na Londen sou praat met `n Afrika reisiger omtrent die ‘gevare van die pad.’ ‘Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied nie. Dink na oor Hom; neem jou kruis op, en volg Hom.


Dit is `n nie WLC artikel deur Alexander MacLaren.

Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun in die Skrifte herstel, soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is - WLC Span.