Print

Tuis Onderrig: Opvoeding vir die Hemel

Die belangrikheid van vroeë kinderopvoeding kan nie genoeg beklemtoon word nie. Dit is `n ernstige verantwoordelikheid om `n kind in die wêreld te bring. Almal wie `n keuse daarna maak het `n plegtige verantwoordelikheid voor Yahuwah om die kind op te voed, om sy karakter te vorm, om `n goeie kandidaat vir die Hemelse koninkryk te wees.

children studying the Bible with their parents

Dit is in die vroeë kinderjare waar die basis gelê word vir die res van die lewe wat sal volg.

Te dikwels kyk die ouers verby die vroeë jare, met die veronderstelling dat die kind te jonk is vir enige blywende indrukke om op sy karakter te maak. Maar dit is in die vroeë kinderjare waar die fondasie gelê word vir die algehele res van sy lewe wat sal volg. “Die periode vanaf geboorte tot ag jaar was tradisioneel, internasionaal gedefinieer as vroeë kinderjare.  . . . Dít is die jare waarin die toekomstige oortuiginge en karakter van die menslike wese deur ondervinding gevorm word.” (Tricia David, “What is early childhood for?” http://www.mcgraw-hill.co.uk.)

Rooms Katolisisme het `n goeie insig in die belangrikheid van die vorming van die denke en die karakter van `n jong kind. Francis Xavier, een van die stigterslede van die Jesuïete orde, word dikwels aangehaal in sy gesegde: “Gee my `n kind tot op sewe en ek sal aan jou die man wys.” Die  gedragspatrone, houdings en oortuiginge wat in die vroeë kinderjare gevorm is fatsoeneer die volwassene. Baie krimineles volg die oorsprong van hul geweldadige, anti-sosiale gedrag terug na die mishandeling en vernalatiging in die vroeë kinderjare, ontvang. Dit is slegs met uitermate moeilikheid, vasbeslotenheid en genade van Yahuwah dat onbehoorlike vroeë onderrig oorbrug kan word.

Die uitermate belangrikheid van vroeë kinderopvoeding moet ook `n faktor wees van hoeveel kinders `n paartjie verkies om te hê. Baie gesinne het groot getalle kinders en is dan nie bevoeg om hulle behoorlik te onderrig nie. Die vader is te besig met werk om die gesin te versorg; die moeder te moeg na haar vele verantwoordelikhede om te sien dat elke kind die indiwiduele aandag en opvoeding kry wat elkeen se behoefte vervul. Hierdie ongelukkige kinders, te dikwels aan hulle eie sorg oorgelaat om hulle self groot te maak, brei eenvoudig net die ledetal van Satan se koninkryk uit.

Alhoewel so baie ouers onbewus bly van die belangrikheid van ontwikkeling en opvoeding ontvang in kinderjare, is wêreldse regerings baie bewus van die invloed van sulke ontwikkeling. Soos Yahushua Self met bedroefde hart erken het, “Want die kinders van hierdie wêreld is verstandiger teenoor hulle geslag as die kinders van die lig.”  (Lukas 16:8, OV) Die regering indoktrineer alte dikwels die jeug om hulle eie politieke agendas te bevorder. Jeugdiges wat tuis onderrig ontvang het om vir die waarheid te staan, wie nie vrees om anders te wees nie, om onafhanklike andersdenkendes te wees, is `n bedreiging vir bose regeringsmagte.

expressionless students sitting in a classroom

Skole is die regering se hoof gereedskapstuk van ideologiese opleiding vir die volgende generasie en om onafhanklikheid en meningsverskille uit te wis.

Deesdae is tuisonderrig onwettige in Duitsland. Dit was vir die eerste keer onwettige verklaar onder Adolf Hitler wie wou gehad het dat `n hele volk jeugdiges in die skool gebreinspoel moes word om sy politieke agendas te aanvaar. Ouers wie gepoog het om hul kinders tuis op te voed, se kinders was van hulle weggeneem en in kranksinnige gestigte geplaas vir toetse.

In 2003, het Fritz en Marianna Konrad by die Europese Mense Regte Hof aansoek gedoen vir die reg om hulle kinders tuisonderrig te gee omdat die eksplisiete seksuele onderrig in die  regerings se skole sisteem teenstrydig was met hul Christen waardes. Die Konrads het onder die staat appel aangeteken met die stelling:

Geen persoon sal die reg om opvoeding te ontvang geweier word nie. In die uitoefening van enige funksies wat dit aanneem in verband met opvoeding en onderwys, sal die Staat die regte van ouers respekteer om te verseker dat sulke opvoeding en onderrig in ooreenstemming is met hulle eie godsdiens en filosofiese denkrigtings.

Drie jaar later, het die hof met die regering van Duitsland kant gekies.

`n Nuwe hof uitslag van die Europese Mense Regte Hof het die Duitse nasie se Nazi-era verbanning op tuisonderrig, bevestig, met die gevolg dat die gemeenskap `n merkwaardige belang het in die voorkoming van die ontwikkeling van afskeiding “deur filosofiese oortuigings.” . . .

Die Duitse hof het alreeds uitslag gelewer dat ouerlike “wens” om hul kinders in `n huis te laat opvoed sonder sulke invloede “kan nie eerste prioriteit inneem oor verpligte skool bywoning nie.” Die besluit het ook gesê dat die ouers nie `n “eksklusiewe” reg het om hul kinders leiding te gee in hul opvoeding nie. (World Net Daily, http://www.wnd.com/2006/09/38145/.)

In die ontwaking van die hoër hof se uitslag het Swede ook wetgewing uitgevaardig wat dit waarskynlik onmoontlik gemaak het om tuisonderrig te gee. Die gevolg was dat vele Swede na ander lande gevlug het waar tuisonderrig steeds wettig is.

home school - father reading the Bible to his children

Dit is die ouers se plig om `n kind te leer om vir die waarheid te staan selfs as die hele wêreld daarteen verenig is.

Die skool is die regering se hoof gereedskapstuk vir die ideologiese ontwikkeling van die volgende geslag en om onafhanklikheid en meningsverskil uit te wis. Dit is outomaties `n probleem vir `n Christen, omdat `n ware Christen altyd in die minderheid is. As sulks, is dit die ouers se plig om `n kind te leer om vir die waarheid te staan selfs as die wêreld daarteen verenig. Indien `n jongeling die waagmoed moet hê om vir die waarheid te staan, moet hy van kleinstyd af opgevoed word om `n onafhanklike denke te hê, om nie bevrees te wees om anders te wees nie, om nie om te gee wat ander mense dink nie, solank as wat hy reg is met Yahuwah.

Dit is die presiese teenoorgestelde van wat in die skole geleer word. In die skole word `n leergierige kind geleer dat:

1. Waarheid  van `n gesaghebbende kom.
2. Intelligensie is die bevoegtheid om te onthou en te herhaal.
3. Akkurate geheue en herhaling word beloon.
4. Ontoegewendheid word gestraf.
5. Konformeer: verstandelik en sosiaal.

Sulke ontwikkeling berei die jeug voor om “gesaghebbende figure” te aanvaar, eerder as om uit hulle self na die Skrifte te gaan. Dit leer die jeug om onderwerp te wees aan wêreldse standaarde en toe te gee aan uitwendige druk eerder as om vir hulleself te dink en alleen te staan vir die waarheid.

Die moderne sisteem van opleiding is gebaseer op die Griekse sisteem van opvoeding. Dit skep `n ongesonde omgewing in baie maniere. Yahuwah se bedoeling was dat die opvoeding van Sy kinders moes wees aan die sy van hul ouers wie geestelike lesse in alles wat hulle moes leer, kon inwerk, maar die moderne skool sisteem verwyder die ouers (sowel as enige godsdienstige opvoeding) uit die leeromgewing. Die invloed en die gesag van die onderwyser word hoofdoel.

Alte dikwels sal moeë ouers na `n lang dag se werk al die opleiding van die jeug aan die leerkrag oorlaat. Maar `n onderwyser is net bevoeg om die regerings voorgeskrewe kursus te leer – en dit is dikwels opgestel om die regerings ideologie te ondersteun. `n Skool onderwyser is nie bekwaam om die karakter vir die Hemel op te voed nie. Dit is nie sy werk nie en met `n klaskamer gevul met die jeug, het hy nóg die tyd nóg die geleentheid om so te maak. Enige vorming van die karakter wat sal plaasvind is van die gelykvormigheid aan die wêreld standaard.

VIR `N JONGELING OM DIE WAAGMOED TE HÊ OM DIE WAARHEID TE VERDEDIG, MOET HY VAN SY VROEGSTE KINDERJARE OPGEVOED WORD OM `N ONAFHANKLIKE DENKE TE HÊ, OM NIE BEVREES TE WEES VIR ANDERSHEID NIE, OM NIE OM TE GEE WAT ANDER MENSE DINK NIE SOLANK AS HY MET YAHUWAH REG IS.

Wat selfs meer problematies kan wees is die invloed van ander studente. Ongeag van hoe goed die onderwyser is, kan die verleiding om aan mens se portuurgroep in te gee byna oorweldigend wees. In `n huis omgewing, is `n jongeling omring deur volwassenes en kinders, beide ouer en jonger as homself. In die skool, is `n kind op `n te jong ouderdom deur 20-40 ander kinders wat almal van dieselfde ouderdom is omring. Dit skep `n ongesonde omgewing waarin die opinie van ander jeugmaats te veel gewig dra.

Baie ouers wie hul kinders versigtig opgevoed het om hoflik en bedagsaam teenoor ander te wees het gevind, tot hulle groot spyt, dat die invloed van hulle kind se klasmaats feitlik al hul versigtige opvoeding uitgewis het. Wanneer u u kinders na `n skool stuur, word hulle omring deur ander kinders van verskille soorte agtergrond. Dit is baie maklik vir slegte woorde en slegte voorbeelde om die kind te beïnvloed in net `n paar minute tydens pouse wat deur baie ure van deurdenkte bearbeiding aan die kant van die ouer nie tot niet gemaak kan word nie.

Yahuwah se volk was altyd uitgeroep om alleen en afsonderlik te staan. Die opvoeding ontvang wat hierdie helde van geregtigheid voorberei vir hulle werk is nooit te vinde in die regerings beheerde of geakkrediteerde skolastiese sisteme nie. As die aangenome seun van Farao se dogter, was Moses opgevoed in al die wyshede van die Egiptenare. Baie hiervan was nuttig om Yahuwah se volk uit Egipte te lei. Maar baie daarvan was van so `n aard dat dit Moses sou diskwalifiseer vir die werk wat Yahuwah vir hom beskik het. Hierom het Yahuwah Moses van die wêreldse howe verwyder na die nederige herders lewe. Daar,  in die uitgestrekte eensaamheid, alleen met sy skape, het Moses sy hoër opvoeding in die skool van die Hemel ontvang.

Die lewe van Moses leer dat dit belangrik is dat almal so goed as moontlik opgevoed moet wees indien dit moontlik is om dit te kan bekostig. Verfynheid en kultuur moet nie verwerp word as wêrelds nie, maar is inderwaarheid, wenslik solank as wat dit in tred is met Yahuwah se Hemelse standaarde.

Sommige veronderstel dat Yahushua ongeletterd was as gevolg van `n stelling gemaak terwyl Hy in die tempel onderrig gegee het. “En die Jode het hulle verwonder en gesê: Hoe kom Hy aan die geleerdheid terwyl Hy geen onderwys ontvang het nie?” (Johannes 7:15, NV)

Hierdie stelling bedoel nie dat die Heiland ongeletterd was nie omdat net in die volgende vers het Johannes gesê: maar Yahushua het neergebuk en met die vinger op die grond geskrywe.” (Sien Johannes 8: 6 en 8.) Maar die vraag, “Hoe kom Hy aan die geleerdheid terwyl Hy geen onderwys ontvang het nie?” verwys na die feit dat Yahushua nie die skole van Sy tyd bygewoon het nie. Hy het Sy opvoeding tuis aan die voete van Sy moeder ontvang. Die rabbynse skole, met hulle klem op tradisie eerder as die wet van Yahuwah, sou Hom onbevoeg vir Sy groot werk verklaar het.

father and son reading Bible togetherDieselfde is waar vir diegene wie vandag vir die waarheid staan. Die opvoeding wat verkry word van wêreldse instellinge leer evolusie, dikwels seksuele immoraliteit en selfs die politieke agendas van indiwiduele regerings. Meer as dit is skole die voorstaanders van toegewings, wat onafhanklikheid en indiwidualiteit in denke uitwis. Dit verwring die karakter sodat die aanvaarding deur ander meer belangriker is, as om deur Yahuwah aanvaar te word. As `n jeugdige opgevoed word om toegewings te maak, hoe kan van hom verwag word om onafhanklik standpunt in te neem vir waarheid wanneer die omstandighede dit vereis?

Vir diegene wie die verpligting en die voorreg van aanbidding op die ware sewende-dag Sabbat van die Skepping aanvaar,  sal dit uitermate moeilik vind vir hul kind om die gewone skole by te woon omdat die weeklikse siklus van die moderne siviele kalender nie in lyn is met dit van die luni-solar kalender nie. Diegene wie in `n posisie is waar hulle nie kan tuis onderrig gee nie, moet hulle saak voor Yahuwah stel, die Oorsprong van Wysheid. `n Weg veilig om te volg sal aan jou geopenbaar word.

Toe klein kindertjies na Yahushua gebring is vir Sy seëninge, het die dissipels die ouers bestraf vir die “stoornis” aan die Heiland. Op Sy beurt het Yahushua die dissipels bestraf en gesê: “Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom, want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele.” (Matthéüs 19:14, NV)

“Verhinder ” kom van die woord aphiēmi en beteken om toe te laat en om nie te verhinder of te keer nie. Kinders en jeugdiges is idealisties. Hulle het hoë waardes nodig. Hulle sal na Yahuwah kom as hulle nie gekeer word nie.

Die opvoeding van die jeugdiges is `n hoë roeping en `n gewigtige verantwoordelikheid. Vertrou en wy jou kinders aan Yahuwah toe vir hul opvoeding. Al die bronne van die alvermoëndheid sal aan jou beskikbaar gestel word. Engele sal met jou saamwerk in die opvoeding van hierdie kosbare siele.