Print

Verkryging van Goddelike Genade

Barmhartigheid, selfstandige naamwoord: Daardie welwillendheid, sagmoedigheid, teerheid of jammerte en deernis wat `n persoon verskoon om benadeling oor die hoof te sien, of om `n oortreder beter te behandel as wat hy verdien; die neiging wat peuter met geregtigheid, en `n benadeelde persoon noop om oortredinge en benadeling te vergewe, en om straf te verduur, of om te doen, minder as wat wette of geregtigheid vereis…Dit impliseer welwillendheid, teerheid, sagmoedigheid, jammerte en deernis. (American Dictionary of the English Language)

verkryging-van-goddelike-genade

Met Moses se versoek het om die aangesig van Yah te sien, het Yahuwah lankmoedig verduidelik dat geen sondaar Sy heerlikheid kan sien en lewe nie, maar dat Hy Moses met Sy hand sal bedek terwyl Hy verbygaan, en Sy naam verklaar, en dan kan Moses net Sy rug sien. En dís presies wat gebeur het.

En YAHUWAH het neergedaal in die wolk en daar by hom gestaan. En hy het die naam van YAHUWAH uitgeroep.

En toe YAHUWAH by hom (Moses) verbygaan het, het Hy uitgeroep, YAHUWAH, YAHUWAH, barmhartige en genadige Elohim, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou;

wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders aan die derde en aan die vierde geslag. (Exodus 34:5-7)

Barmhartigheid is die goddelike karaktertrek wat genade en vergifnis aan sondaars bring. Die skrywer van Hebreërs het bemoedig met geloof aan gelowiges deur te verduidelik dat Christus voel wat ons voel, deur te sê: “Terwyl ons dan `n Groot Hoë Priester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Yahushua, die Seun van [Yah], laat ons die belydenis vashou. Want ons het nie `n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.” (Hebreërs 4:14-15).

Barmhartigheid is die goddelike hoedanigheid wat goedertierenheid en vergifnis aan sondaars bring.

Hy wou die gelowiges se geloof inspireer sodat hulle daarvoor vra, en die gawe van genade ontvang. “Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van genade gaan,” het hy bemoedig, “sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.” (Hebreërs 4:16).

Dit is maklik om oorweldig te voel wanneer die lewe stresvol raak, en jy nie weet wat om te doen nie. Die goeie nuus is dat goddelike genade beskikbaar is om te help. Soos met ander goddelike gawes, moet die gawe van genade verkry word deur toegang deur gebed. Vra daarna! Dawid het gebid, “As ek roep, verhoor my, o Yahuwah van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak, wees my genadig en hoor my gebed! (Psalm 4:1). Dit is belangrik om te besef dat elke versoek in geloof gemaak moet word. Yahushua het die belangrikheid van geloof beklemtoon deur te sê: “En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo” (Matthéüs 21: 22).

Daar is baie Skrifgedeeltes wat detail bekendmaak oor hoe ons genade van Yahuwah mag verkry. Hier volg net `n paar van vele.

Dit is belangrik om te onthou dat elke versoek in geloof gemaak moet word. Yahushua het die belangrikheid van geloof beklemtoon, deur te sê: “En alles wat julle in gebed vra, sal julle ontvang as julle net glo.” (Matthéüs 21:22).

Wanneer jy goddelike genade benodig, begin jou gebed deur danksegging aan Yahuwah vir Sy genade. Dawid het gesing: “Loof Yahuwah want Hy is goed, want Sy goedertierenheid is tot in ewigheid.” (1 Kronieke 16: 34). Die herkenning en erkenning van seëninge ontvang ontwikkel liefde, en liefde kweek geloof.

Wanneer jy bid, vra vir wat jy nodig het. Wees spesifiek

“Wees my genadig, Yahuwah, want ek is verswak; maak my gesond, Yahuwah, want my gebeente is verskrik.” (Psalm 6:3).

“Wees my genadig, Yahuwah, aanskou my ellende vanweë my haters, U wat my verhef uit die poorte van die dood” (Psam 9:13).

“Wees my genadig, o Yahuwah, na U goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid” (Psalm 51:3)

“En vernietig my vyande in U goedertierenheid, en bring hulle almal om wat my as vyand behandel; want ek is U kneg” (Psalm 143:12).

“Yahuwah sal dit vir my voleindig! U goedertierenheid, Yahuwah, is tot in ewigheid: laat nie vaar die werke van U hande nie” (Psalm 138: 8).

“Handel met u kneg volgens u genade, en leer my u insettinge” (Psalm 119: 124).

“Wees ons genadig, O Yahuwah, wees ons genadig, want meer as versadig is ons van veragting” (Psalm 123:3).

Wees my genadig, Yahuwah, want ek is benoud; van verdriet het my oog mat geword, my siel en my liggaam. Want my lewe kwyn weg van kommer en my jare van gesug; my krag struikel van ongeregtigheid, en my gebeente teer uit” (Psalm 31: 10 en 11).

“Help my, Here my God! Verlos my na U goedertierenheid” (Psalm 109: 26).

Indien u behoefte het aan goddelike hulp, is dit altyd betaamlik om Yahuwah se genade te pleit as die rede waarom jy gehelp moet word.

Wanneer u behoefte het aan goddelike hulp, is dit altyd betaamlik om Yahuwah se genade af te smeek as die rede waarom jy gehelp moet word. Jou behoefte alleen is genoegsame rede om te vra wat jy ookal benodig. Psalm 109:26 openbaar dat dit in Yahuwah se natuur is om genadevol te wees. Dit is veral effektief wanneer gevra word dat Sy karakter aan ongelowiges geopenbaar moet word.

Help my, Yahuwah my God.
Verlos my na U goedertierenheid!
Dat hulle mag weet dat dit u hand is:
U, o Yahuwah het dit gedoen” (Psalm 109 26-27).

Sommige mense lyk of hulle van nature geneig is om welwillend, simpatiek en vining is om die voordeel van twyfel te gee. Andere lyk of hulle van nature geneig is om net so kwaad te raak, selfsugtig, en suspisieeus te wees van andere. Die natuurlike hoedanigheid van Yahuwah se persoonlikheid is “om `n oortreder beter te behandel as wat hy verdien … om nadelige optredes oor die hoof te sien.” Dit is genade, en dit is wat in Yahuwah se hart teenoor jou is.

Maak nie saak watter beproewinge jou konfronteer of verwar nie, jy moet na Yahuwah kom nes jy is. Jy kan alle vertroue hê dat Yahuwah vir jou behoeftes sal voorsien. Hy wag met arms wyd oop, gereed en gewillig om te help op enige wyse ná jou behoefte.

“Loof Yahuwah, want Hy is goed, want Sy goedertierenheid is tot in ewigheid” (Psalm 118:29).

rooikop-meisie