Print

Verwydering van die Dodelike Suurdeeg: Die Fariseër in ons Almal

“Fariseër.” Hierdie woord wek onmiddelik `n gewaarwording van afsku onder Bybel studente en Christene op. Yahushua het regdeur die Nuwe Testament meer konflik met die Fariseërs as met enige ander groep mense gehad. Waarom, dan? Wat was die oorsprong van hierdie konflikte. Kan dit wees dat baie belydende Christene deesdae skuldig kan wees aan Fariseëisme?

Hoewel ons dikwels dink dat die Fariseërs `n antieke volk is wat aan Palestina verbonde is, is die waarheid dat Fariseëisme op en wel is. As`t ware is dit besig om in die harte van Yahuwah se eie volk te floreer. Die gees van Fariseëisme is nie tot ouderdom, geslag, of lokaliteit beperk nie. Dit kan woon in die harte van beide oud en jonk, dit kan nesstel in die harte van beide mans en vroue. Niemand, ongeag van hul titel of posisie, is vrygestel van die bose invloed daarvan nie.  

 

Is jy `n Fariseër? Ons bemoedig jou om  tyd te neem om die punte hieronder in gebed te oorpeins.1  In ons voorbereiding vir Yahushua se spoedige wederkoms, is dit onafwendbaar dat ons ons lewens, ons belydenisse, ons gedagte-gange, en die toestand van ons harte in die teenwoordigheid van Yahuwah moet ondersoek. Laat ons altyd ywerig wees in ons soeke na heiligheid, sodat ons deur die Vader se genade sondeloos gevind mag word op daardie groot dag.

Daarop sê Yahushua vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs. (Matthéüs 16:6)

`n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur. (Galasiërs 5:9)

50 Karaktertrekke van `n Fariseër

(1) `n Fariseër roem in sy verbintenis met godsvrugtige manne, maar het nie `n persoonlike verbintenis met Yahuwah nie. Yahuwah red ons as indiwidue. Niemand sal gered word deur aardse affiliasie met `n ander nie. Is jy trots op jou verhouding met `n ander? Laat jy toe dat jou verhouding met `n ouer, wederhelf, vriend, onderwyser, of pastoor jou geloofsoortuiginge en gewoontes beïnvloed, eerder as om die Skrifte vir jouself te ondersoek om te leer wat waarheid is.

Laat jy toe dat jou verhouding met `n ouer, wederhelf, vriend, onderwyser, of pastoor jou oortuiginge en gewoontes beïnvloed, eerder as om die Skrifte vir jouself te ondersoek en te leer wat waarheid is?

En moenie dink om by julle self te sê: ons het Abraham as vader nie; want Ek sê vir julle dat Yahuwah mag het om uit hierdie klippe kinders op te wek. (Matthéüs 3:9)

(2) `n Fariseër roem in uiterlike geregtigheid, maar vernalatig die ware geregtigheid, wat van binne kom. Ons word vermaan om die ware geregtigheid na te jaag wat kom deur `n lewende verbintenis met die Vader Yahuwah. Waarsonder “julle nooit die koninkryk van die hemel sal ingaan nie.” Jaag jy die geregtigheid na wat van binne kom? Koester jy woede, lus, begeerlikheid, inhaligheid, ens. In jou hart?  Ware geregtigheid is `n toestand van die hart. “Bewaar jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.” (Spreuke 4: 23) “Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal Yahuwah sien.” (Matthéüs 5:8)

Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie. (Matthéüs 5:20)

(3)  `n Fariseër meng nie met die onbekeerde mense nie. In alles wat Yahushua gedoen het, was Hy `n vriend van sondaars. “Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.” (Markus 3:17)  As volgelinge van Yahushua, moet ons Hom in alle dinge nadoen. Hoe sal jy die verlorenes bereik as jou vriendekring uitsluitlik bestaan uit diegene wie gered is? Indien jy weier om met sondaars te verkeer, is jy `n Fariseër.

Hoe sal jy die verlorenes bereik as jou vriendekring uitsluitlik bestaan uit die wat gered is? As jy weier om met sondaars te meng, is jy `n Fariseër. 

En toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Sy dissipels: Waarom eet julle Meester saam met tollenaars en sondaars?

Toe die Fariseër wat Hom genooi het, dit sien, sê hy by homself: Hy, as Hy `n profeet was, sou geweet het wie en watter soort vrou dit is wat Hom aanraak; want sy is `n sondares. (Lukas 7: 39)

(4) `n Fariseër is asketies. Hy roem in sy vas en spog oor sy uiterlike dissipline.

Daarna kom die dissipels van Johannes na Hom en sê: Waarom vas ons en die Fariseërs dikwels, maar u dissipels vas nie? (Matthéüs 9:14)

(5) `n Fariseër is baie krities oor andere in nietighede. Hy fokus op niksbeduidende besonderhede en vergeet van die hart van die saak.

Maar toe die Fariseërs dit sien, se hulle vir Hom: Kyk u dissipels doen wat nie geoorloof is om op die Sabbat te doen nie.” (Matthéüs 12:2)

(6) `n Fariseër fokus op reëls tot die uitsluiting van Yahuwah se geopenbaarde wil.

En Hy het daarvandaan weggegaan en in hulle sinagoge gekom. En daar was `n man met `n verdorde hand, en hulle het Hom gevra en gesê: Is dit geoorloof om op die Sabbat gesond te maak? – sodat hulle Hom sou kon aanklae. Maar Hy sê vir hulle: Watter mens sal daar onder julle wees wat een skaap het, en as dit op die Sabbat in `n sloot val, dit nie sal gryp en uithaal nie? Hoeveel meer is `n mens dan nie werd as `n skaap nie! So is dit dan geoorloof om op die Sabbat goed te doen. Toe sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek en dit is herstel, gesond soos die ander een. Daarop het die Fariseërs uitgegaan en saam raad gehou teen Hom, sodat hulle Hom sou kan ombring. Toe Yahushua dit bemerk, het Hy daarvandaan weggegaan, en groot menigtes het Hom gevolg, en Hy het hulle almal gesond gemaak, en hulle `n streng bevel gegee dat hulle Hom nie bekend moes maak nie. (Matthéüs 12:9-16)

(7) `n Fariseër is deur jaloesie en haat gemotiveer. Is jy altyd daarop uit om andere te seën?  ...of koester jy soms `n wrok?  Jaloesie en haatdraendheid is die godsdiens van Kaïn.

Is jy altyd daarop uit om
andere te seën? ...of koester
jy altyd `n wrok?

Gee jy altyd die twyfel van
die oordeel aan ander...
of veronderstel jy die slegste?

Daarop het die Fariseërs uitgegaan en saam raad gehou teen Hom, sodat hulle Hom sou kan ombring. (Matthéüs 12:14)

(8) `n Fariseër is `n beskuldiger en veronderstel die slegste van ander. Gee jy altyd aan mense die voordeel van die twyfel? ...of veronderstel jy die slegste?

(9) `n Fariseër gee nie ag op sy uitsprake nie. Hulle huiwer nie om sleg te praat van Yahuwah se getroue volgelinge nie, skryf selfs hulle godsdienstige handelinge aan die vyand toe.

Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebub, die owerste van die duiwels nie. (Matthéüs 12:24)

(10) `n Fariseër vernalatig sy gesins verantwoordelikheid in die naam van godsdiens.

Toe kom daar skrifgeleerdes en Fariseërs van Jerusalem na Yahushua en sê: Waarom oortree u dissipels die oorleweringe van die ou mense? Want hulle was nie hulle hande as hulle brood eet nie. Maar Hy antwoord en sê vir hulle: Waarom oortree julle ook die gebod van Yahuwah terwille van julle oorlewering? Want Yahuwah het bevel gegee en gesê: Eer jou vader en jou moeder; en: Hy wat vader en moeder vloek, moet sekerlik sterwe. Maar julle sê: Elkeen wat aan vader of moeder sê: enige voordeel wat u van my sou kan geniet, is `n offergawe – dié hoef sy vader of sy moeder glad nie te eer nie. So het julle dan die gebod van Yahuwah kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering. (Matthéüs 15:1-6)  

Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as `n ongelowige. (1 Timothéüs 5:8)

Laat die ‘eie ek’ toe dat jy maklik aanstoot neem? Liefde reken die kwaad nie toe nie. (1 Kor. 13:5)

(11) `n Fariseër neem maklik aanstoot. Laat die ‘eie ek’ toe dat jy maklik aanstoot neem? Liefde “reken die kwaad nie toe nie.” (1 Korinthiërs 13: 5)

Daarop kom sy dissipels nader en sê vir Hom: Weet U dat die Fariseërs, toe hulle die woord hoor, aanstoot geneem het? Maar Hy antwoord en sê: Elke plant wat My Hemelse Vader nie geplant het nie, sal ontwortel word. (Matthéüs 15:12-13)

(12) `n Fariseër is geestelik blind.

Laat hulle staan; hulle is blinde leiers van blindes. En as `n blinde `n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val. (Matthéüs 15:14)

(13) `n Fariseër stel uiterlike tekens bo die van die Skrifte. Hy vra vir `n uiterlike teken as bewys van goddelikheid., eerder as om die Skrifte vir homself te ondersoek. Hulle wie in hulle uiterlike sinne vertrou tot die uitsluitsel van die Skriftelike getuienisse sal deur die leuenagtige wonders wat binnekort in hierdie laaste dae sal manifesteer, bedrieg word.

ALT TEXT

Die Laaste Skelmstreek: Satan in die Gewaad van die Lig
Diegene wie in hulle uiterlike sinne vertrou tot die uitsluiting van die Skriftuurlike getuienisse sal bedrieg word deur die wonders van die leuen wat binnekort in hierdie laaste dae manifesteer. 

En die Fariseërs en Sadduseërs het nader gekom om Hom te versoek en het Hom gevra om hulle `n teken uit die Hemel te laat sien. Maar Hy antwoord en sê vir hulle: In die aand sê julle: Mooi weer, want die lug is rooi. En in die more: Stormweer vandag, want die lug is donkerrooi. Geveinsdes, julle weet wel om die voorkoms van die lug te onderskei, en kan julle nie die tekens van die tye onderskei nie? `n Slegte en owerspelige geslag soek na `n teken, en geen teken sal aan hulle gegee word nie, behalwe die teken van Jona, die profeet. En Hy het hulle verlaat en weggegaan. (Matthéüs 16:1-4)

(14) `n Fariseër is daarop uit om mense in hulle woorde te verstrik. 

Toe kom die Fariseërs na Hom om Hom te versoek, en sê vir Hom: Is dit `n man geoorloof om van allerhande redes van sy vrou te skei? (Matthéüs 19:3)

Toe gaan die Fariseërs saam raad hou, hoe om Hom in sy woord te verstrik.

(15) `n Fariseër het hard-heid van hart.

Hierdie volk nader my met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. (Matthéüs 15:8)

 (16) `n Fariseër kan nie ware aanbidding en opregte lofsange waardeer nie.

En toe die owerpriesters en skrifgeleerdes die wonderwerke sien wat Hy gedoen het, en die kinders wat in die tempel uitroep en sê: Hosanna vir die Seun van Dawid!  Was hulle verontwaardig en sê vir Hom: Hoor U wat hulle daar sê? En Yahushua antwoord hulle: Ja, het julle nooit gelees: Uit die mond van kinders en suigelinge het U vir U lof berei nie? (Matthéüs 21:15-16)

(17) `n Fariseër onderrig Yahuwah se wet, maar leef dit nie uit nie.

Toe het Yahushua die skare en sy dissipels toegespreek en gesê: Die skrifgeleerdes en die Fariseërs sit op die stoel van Moses. Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie. (Matthéüs 23:1-3)

(18) `n Fariseër bind swaar laste op mense.

Dien jy die mense? ...of is jy `n toegewyde volgeling van Yahushua ten alle tye, in alle gevalle, in alle plekke, en in die teenwoordigheid van alle mense?

(19) `n Fariseër is `n geveinsde. Hy sê, maar doen nie. Is jy `n ander persoon met jou “godsdienstige” vriende as wat jy met jou wêreldse vriende is?  Dien jy die mense? ...of is jy `n toegewyde volgeling van Yahushua te alle tye, in alle gevalle, in alle plekke, en in die teenwoordigheid van alle mense?

Want hulle bind pakke wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met die vinger verroer nie. (Matthéüs 23:4)

(20) `n Fariseër is spoggerig en soek om deur die mense vereer te word. Hy is meer besorgd oor wat mense dink as wat Yahuwah dink. Kleef jy vas aan onbybelse gewoontes of vernalatig jy volkome gehoorsaamheid aan Yahuwah omdat jy besorgd is oor wat ander mag dink? Is jy meer besorgd oor wat jou vriende, jou wederhelf, jou ouers, of jou gemeente dink as wat jou Vader in die Hemel dink?

(21) `n Fariseër dink heiligheid is in die uiterlike voorkoms. Soek jy aandag deur die klere wat jy dra? ...of is jy heeltemal tevrede om die “verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van `n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar voor Yahuwah is” aan te trek? (1 Petrus 3:4)

En hulle doen al hulle werke om deur die mense gesien te word, en hulle maak hulle gedenkseëls breed en hulle some van hulle klere groot. (Matthéüs 23:5)

(22) `n Fariseër begeer verhewe posisies en plekke van eer. Begeer jy die titel van pastoor, onderwyser, predikant, priester, leier, skenker, ens.? Verlang jy erkenning vir jou bydrae tot die saak van Yahuwah? Verlang jy om jou naam of prente in hoofopskrifte en lewenssketse te sien?

Vereis jy erkenning vir jou bydraes aan die saak van Yahuwah? Verbly jy jou om jou naam of foto`s te sien pryk aan nuushooftrekke en bibliografieë?

En hulle hou van die voorste plekke by die maaltye en die voorste banke in die sinagoges. En die begroetinge by die markte en deur die mense genoem te word: Rabbi, Rabbi! (Matthéüs 23:6-7) 

(23) `n Fariseër trek voordeel uit die armes. Dit is `n groot sonde in die aangesig van die Hemel, want “Wie die geringe verdruk, versmaad sy Maker, maar hy wat hom oor die behoeftige ontferm, eer Hom. (Spreuke 14:31)

(24) `n Fariseër maak lang openbare gebede om deur die mens gesien te word.

Weë julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle `n swaarder oordeel ontvang. (Matthéüs 23:14)

(25) `n Fariseër maak ander korrup. Is jy onwankelbaar in jou toewyding aan Yahuwah en met jou navolging van geregtigheid?  ...of besoedel jy onbewustelik ander se persepsies van Yahuwah se standaarde deur `n louwarm optrede as voorbeeld?

Is jy onwankelbaar in jou toewyding aan Yahuwah en in die najaging van Sy geregtigheid? ...of besoedel jy onbewustelik ander se persepsies van Yahuwah se standaarde deur jou louwarm optrede as voorbeeld.

(26) `n Fariseër maak dat mense voel hulle wedergebore is, terwyl hulle nie is nie. Sê jy aan die mense dat hulle vir die Hemel gebonde is, terwyl hulle nog onbekeerd is? Ons moet die evangelie in sy geheel verkondig as ons ware bekering wil hê. Twee dinge wat ons moet doen om gered te word: (1) Bekeer jou en draai weg van die sonde; (2) Vertrou op Yahushua en in Sy verdienste van Sy offergawe. (As `n persoon eers die vreeslike gevolge van Yahuwah se Wet, die Tien Gebooie besef, sal hulle sondes verafsku en vashou aan die Verlosser. So moet ons die mens die regte idee gee in die insig van Yahuwah se Wet as ons ware bekering wil hê. Deesdae word baie mislei deur die moderne valse evangelie.)

Weë julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom `n kind van die hel, twee maal erger as julleself. (Matthéüs 23:15)

(27) `n Fariseër gee `n oppervlakkige interpretasie van die Skrifte, sonder insig, en sonder die lig van die Heilige Gees. `n Fariseër sal die Skrifte verdraai om met sy verlangde interpretasie ooreen te stem. Aanvaar jy Skrifte vir wat dit sê? ...of soek jy `n interpretasie wat ooreenstem met jou voorafopgestelde idees en gewoontes?  

Wee julle, blinde leiers, julle wat sê: Elkeen wat sweer by die tempel – dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die goud van die tempel, hy is gebonde. Julle dwase en blindes, want wat is meer: die goud, of die tempel wat die goud heilig? En: Elkeen wat sweer by die altaar – dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die gawe  daar bo-op, hy is gebonde. Julle dwase, en blindes, want wat is meer: die gawe, of die altaar wat die gawe heilig? Wie dan sweer by die altaar, sweer dáárby en by alles wat daarop is, en wie sweer by die tempel, sweer dáárby en by Hom wat daarin woon; en wie sweer by die hemel, sweer by die troon van Yahuwah en by Hom wat daarop sit. (Matthéüs 23:16-22)

En die Vader wat My gestuur het, Hy het van My getuig. Julle het nog nooit sy stem gehoor of sy gedaante gesien nie. En julle wat sy woord nie as iets blywend in julle het nie, omdat julle Hom wat Hy gestuur het nie glo nie. Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is díe wat van My getuig. (Johannes 5:37-39)

(28) `n Fariseër kleef aan die letter van die wet, maar tree teenstrydig met die gees van die wet op. Hy fokus op die nietige punte, terwyl die belangrikstes vernalatig word.

(29) `n Fariseër vernalatig geregtigheid, genade, en geloof.

Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat. (Matthéüs 23:23)

(30) `n Fariseër veroordeel ander genadeloos in nietige sake, terwyl hulle self skuldig is in groter oortredinge.  

Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk. (Matthéüs 23:24)

Is jy dieselfde persoon in die openbaar soos jy is wanneer alleen? Is dit jou gewoonte om reg op te tree selfs as niemand sien nie?

(31) `n Fariseër is meer besorgd oor sy uiterlike voorkoms as met die toestand van sy hart. Hy is ywerig om `n regverdige voorkoms te behou, terwyl die binnekant van sy hart, duister en misleidend is. Is jy dieselfde persoon in die openbaar as wat jy is wanneer alleen? Is dit jou gewoonte om reg te doen selfs as geen ander een sien nie? `n Fariseër is meer besorgd in sy eie oormaat as met die seëninge van ander. 

Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid. Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word. (Matthëüs 23:25-26)

(32) `n Fariseër is self-regverdigend en veronderstel dat hy nooit dieselfde fout sal maak hy aanvoer andere gemaak het nie. Veroordeel jy ooit andere deur te sê “Ek sou dit nooit gedoen het nie”? Roem jy aanstellerig dat jou oordeel verhewe bo `n ander s`n is?

Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle bou die grafte van die profete en versier die grafstene van die regverdiges; en julle sê: As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met hulle gehad het aan die bloed van die profete nie. (Matthéüs 23:29-30)

(33) `n Fariseër vervolg Yahuwah se profete.

Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug? Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in julle sinagoge gésel en van die een stad na die ander vervolg, sodat oor julle kan kom al die regverdige bloed wat vergiet is op die aarde, van die bloed van die regverdige Abel af tot die bloed van Sagaria, die seun van Berégja, wat julle vermoor het tussen die tempel en die altaar. Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom. (Matthéüs 23:33-36)

Is jy meer besorgd oor wat jou tydgenote dink as wat Yahuwah dink?

(34) `n Fariseër is uitermate besorgd oor wat andere van hulle dink. `n Fariseër vrees die mens, maar vrees nie Yahuwah nie. Dit is in teenstelling met Yahushua se raadgewing: “En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel. (Matthéüs 10:28) Is jy meer besorgd oor wat jou tydgenote dink as wat Yahuwah dink? 

Die doop van Johannes, waar was dit vandaan, uit die hemel of uit mense? En hulle het by hulle self geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel – dan sal Hy ons vra: Waarom het julle dan nie geglo nie? En as ons sê: Uit mense – dan moet ons oppas vir die menigtes, want almal hou Johannes vir `n profeet. En hulle het probeer om Hom in hulle mag te kry, maar hulle was bang vir die skare, omdat dié Hom vir `n profeet gehou het. (Matthéüs 21:25-26, 46)

(35) `n Fariseër is begerig en `n liefhebber van geld.

En die Fariseërs, wat geldgierig was, het ook hierdie dinge gehoor en Hom beskimp. (Lukas 16:14)

(36) `n Fariseër vertrou in sy eie werke. Veronderstel jy in jou hart dat die feesvieringe, Sabbat onderhouding, onthouding van onrein voedsel, ens., jou `n plek in die Hemel gaan verseker? Ons word deur geloof gered, nie deur werke nie. Dit is Yahushua se offergawe alleen wat versoening doen, en ons enigste hoop vir geregtigheid word ons toebedeel. Daar is niks wat ons ooit kan byvoeg aan wat Hy gedoen het nie. Om ons eie werke by Sy offergawe te voeg sal net die altaar besoedel. “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en nie uit julle self nie: dit is die gawe van Yahuwah; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.” (Efesiërs 2:8-9)

Veronderstel jy in jou hart dat feesvieringe, Sabbat onderhouding, onthouding van onrein vleis, ens. Jou `n plek in die Hemel sal besorg?

(37) `n Fariseër verag andere. Koester jy `n wrok teenoor aandere? ... of het jy jou vyande lief, seën die wat jou vervloek, doen goed vir die wie julle haat, en bid vir die wat julle beledig en vervolg.” (Matthéüs 5:44) 

En Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is en die ander verag, hierdie gelykenis vertel.” (Lukas 18:9)

(38) `n Fariseër beskou homself beter as ander. Is jy hoogmoedig? Het jy `n hoë dunk van jouself oor `n besonderse talent of karaktertrek? “Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar uit nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.” (Fillipense 2:3) “Want `n dag is daar vir Yahuwah van die leërskare oor al wat trots en hoog is, en oor al wat verhewe is, sodat dit verneder kan word.” (Jesaja 2:12)

 (39) `n Fariseër is opgeblase met hoogmoed en neem nie die gevoelens van ander in ag nie. Is jy altyd, en gedagtig aan die gevoelens van andere. Is jy “bly met die wat bly is, en ween jy met die wat ween?” (Romeine 12:15)

Twee manne het na die tempel opgegaan om te bid, die een `n Fariseër en die ander `n tollenaar. En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o Yahuwah, ek dank u dat ek nie soos ander mense is nie – rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie. (Lukas 18:10-11)

(40) `n Fariseër spog oor sy gedissiplineerdheid, prestasies, en gewoontes. Is jy trots op jou dieët of jou dissipline? Sien jy neer op diegene wie se gewoontes van joune verskil?   

Is jy trots op jou dieët en dissipline? Sien jy neer op diegene wie se gewoontes van joune verskil?  

En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o Yahuwah, ek dank u dat ek nie soos ander mense is nie – rowers, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie. Ek vas twee keer in die week, ek gee tiendes van alles wat ek verkry. (Lukas 18:11-12)

(41) `n Fariseër beskuldig ander.

Maar Yahushua het na die Olyfberg gegaan. En vroeg die volgende more het Hy weer in die tempel gegaan, en al die mense het na Hom gekom, en Hy het gaan sit en hulle geleer. En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het `n vrou wat in egbreek betrap was, na Hom gebring. En toe hulle haar tussen hulle in laat staan het, sê hulle vir Hom: Meester, die vrou is op die daad van egbreuk betrap; en Moses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar wat sê U? En dit het hulle gesê om Hom te versoek, sodat hulle iets kon hê om Hom te beskuldig; maar Yahushua het neergebuk en met die vinger op die grond geskrywe. Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle gesê: Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste klip op haar gooi. En weer het Hy op die grond geskrywe. En toe hulle dit hoor, het hulle, deur hulle gewete bestraf, een vir een weggegaan, van die oudste af tot die laaste toe; en Yahushua het alleen agtergebly, en die vrou wat tussen hulle in gestaan het. En toe Yahushua Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie? En sy antwoord: Niemand nie, Meester. En Yahushua sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan en sondig nie meer nie.” (Johannes 8:41-44)

(42) `n Fariseër verbeel hom dat Yahuwah hulle vader is, terwyl hulle vader in werklikheid die duiwel is.

Julle doen die werke van julle vader. Toe sê hulle vir Hom: Ons is nie uit ontug gebore nie; ons het een Vader, naamlik Yahuwah. En Yahushua sê vir hulle: As Yahuwah julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het uit Yahuwah uitgegaan en gekom; want Ek het nie uit Myself gekom nie, maar Hy het My gestuur. Waarom ken julle My spraak nie? Omdat julle na My woord nie kan luister nie. Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was `n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie uit, omdat hy `n leuenaar is en die vader daarvan. (Johannes 8:41-44)

(43) `n Fariseër is `n leuenaar en `n moordenaar. Regverdig jy oneerlikheid of vertel jy “wit leuentjies”? Koester jy `n wraakgierige gees? “Julle het gehoor dat aan die mense gesê is: Jy mag nie doodslaan nie, maar elkeen wat doodslaan moet verantwoording doen voor die gereg. Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg ...” (Matthéüs 5:21-22)

Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was `n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy `n leuenaar is en die vader daarvan. (Matthéüs 8:44)

angry preacher

Verag jy hulle wie nie met jou saamstem met al die interpretasies van die Skrifte nie? Bespot jy diegene wie nie alles sien op die manier hoe jy dinge sien nie?

(44) `n Fariseër bespot diegene wie nie na hulle luister nie. Verag jy diegene wie nie met jou saamstem in al die interpretasies van die Skrifte nie? Bespot jy diegene wie nie alles sien soos jy dit sien nie?

Hulle roep toe die tweede keer die man wat blind was, en sê vir hom: Gee aan Yahuwah die eer; ons weet dat hierdie man Yahushua `n sondaar is. En hy antwoord en sê: Of Hy `n sondaar is, weet ek nie. Een ding weet ek: dat ek blind was en nou sien ... As Hy nie van Yahuwah was nie, sou Hy niks kan doen nie. En hulle antwoord en sê vir hom: Jy is heeltemal in sonde gebore, en leer jy ons? En hulle het hom uitgeban. (Johannes 9:24-25, 33-34) 

(45) `n Fariseër is jaloers op diegene wie wonderwerke kan verrig wat hulle nie kan nie. Is jy gebelgd oor diegene wie ander talente of gawes van die Gees het wat jy nie het nie?

Maar sommige van hulle het na die Fariseërs gegaan en hulle vertel wat Yahushua gedoen het. En die owerpriesters en die Fariseërs het die Raad byeen geroep en gesê: Wat sal ons doen? – want hierdie man doen baie tekens. (Johannes 11:46-47) 

(46)`n Fariseër veroordeel selfs godsvrugtige mense omdat hulle nie hul standaarde van feeste/feestelikhede handhaaf nie. Sien jy neer op diegene wie `n anderse insig het van hoe om die Sabbat en die feesdae bereken of onderhou moet word?

En sommige van die Fariseërs sê: Hierdie man kom nie van Yahuwah nie, omdat Hy die Sabbat nie hou nie. Ander sê: Hoe kan `n sondige mens sulke tekens doen? En daar was verdeeldheid onder hulle. (Johannes 9:16) 

(47) `n Fariseër is `n vernietiger van siele, nie `n siele-winner nie. Is jy aktief daarop uit om siele te wen? ... of lei jy mense op `n dwaalspoor? Leef jy en deel jy die volle Evangelie boodskap uit? Sien kommentaar op #26  hierbo.)

Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie. (Matthéüs 23:13)

Ween jou hart vir hulle wie geestelik verlore gaan?

“Het jy geen behoefte vir ander om gered te word nie? Dan is jy self nie gered nie, wees daarvan verseker!” (C.H.Spurgeon)

(48) `n Fariseër het geen bekommernis vir verlore sondaars nie. Sug en steun jy oor die gruwels wat daagliks rondom jou gedoen word. Ween jou hart oor hulle wie geestelik verlore gaan? Is die siele-wins die hoofpunt van jou “moet doen lysie” elke enkele dag? Indien nie, moet jy ernstige hartsondersoek doen. Het jy geen wens dat ander gered moet word nie? Dan is jy jouself nie gered nie, wees daarvan seker?” (C.H. Spurgeon) Die Heiland se oproep is: “Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.” (Matthéüs 4:19) Sy bevel aan ons is “Gaan dan heen, maak dissipels van alle nasies, en doop hulle in My Naam: Leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het...”(Matthéüs 28:20) Ons moet Sy getuies “tot aan die uiterstes van die aarde” wees. Die vrug van die regverdige is `n boom van die lewe, en hy wat siele win, is wys. (Spreuke 11:30)   

En die Fariseërs antwoord hulle: Julle is tog nie ook mislei nie? Het iemand uit die owerstes in Hom geglo, of uit die Fariseërs? Maar hierdie skare wat die wet nie ken nie, is vervloek! (Johannes 7:47-49) 

(49) `n Fariseër heg meer waarde aan tradisie as aan Yahuwah se woord. Is jy gewillig om alle leerstellings en gewoontes te verwerp wat nie ooreenstem met die Skrifte (ongeag van die ouderdom en gewildheid daarvan)? Sal jy vry wegstap van dwaalleer en dit op jou eentjie doen indien geeneen van jou vriende of familie met jou gaan nie? Tradisie is `n groot struikelblok vir baie, soos hulle vereniging deur dwaalleer verkies bo skeiding deur die waarheid. Deesdae kleef baie belydende Christene aan Kersfees, Paasfees, nie omdat dit Bybels is nie, maar omdat hulle hulle tradisies koester meer as die Woord van Yahuwah.

Is jy bereid om enige leerstelling en gewoonte te verwerp wat nie ooreenstem met die Skrifte (ongeag van die ouderdom of gewildheid daarvan)? Sal jy vry wegstap van dwaalleer en dit op jou eentjie doen, selfs as niemand van jou vriende of familie met jou saam gaan nie?

Daarop stel die Fariseërs en skrifgeleerdes Hom die vraag: Waarom handel U dissipels nie ooreenkomstig die oorleweringe van die ou mense nie, maar eet brood met ongewaste hande? En Hy antwoord en sê vir hulle: Tereg het Jesaja oor julle, geveinsdes, geprofeteer soos geskrywe is: Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. Maar tevergeefs vereer julle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. Want terwyl julle die gebod van Yahuwah nalaat, hou julle aan die oorleweringe van mense vas: die wassery van kanne en bekers, en ander dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie. En Hy sê vir hulle: Julle verstaan dit goed om die gebod van Yahuwah opsy te sit en so julle oorlewering te onderhou. (Markus 7:5-9) 

(50) `n Fariseër regverdig homself voor die mens. `n Ware bekeerling sal altyd Yahuwah regverdig en met die Skriftelike verklaring van sy ware toestand ooreenstem. `n Opreg bekeerde persoon sal uit nederigheid sy foute erken, en sal staan vir sy oortredinge. Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon? Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: Yahuwah weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. (Jakobus 4:6) Erken jy uit nederigheid jou foute? ... of veroordeel jy diegene wie jou kritiek bied? Erken jy jou foute? ... of is jy daarop uit om die blaam op ander te plaas? Erken jy nederig dat jy geestelik bankrot is en behoefte aan `n Heiland het? ... of is jy daarop uit om jouself te regverdig?   

En die Fariseërs, wat geldgierig was, het ook al hierdie dinge gehoor en Hom beskimp. En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar Yahuwah ken julle harte; want wat by die mens hooggeag word, is `n gruwel voor Yahuwah. (Lukas 16:14-15)


50 Karaktertrekke van `n Fariseër (`n Oorsig)

  1. `n Fariseër roem in hulle vebintenis met godsvrugtige manne, maar het nie `n persoonlike verhouding met Yahuwah nie. (Matthéüs 3:9)
  2. `n Fariseër roem in uitwendige geregtigheid, maar vernalatig ware geregtigeid wat van binne kom. (Matthéüs 5:20)
  3. `n Fariseër meng nie met onbekeerde mense nie. (Matthéüs 9:11; Lukas 7:39) 
  4. `n Fariseër is asketies (`n kluisenaar). (Matthéüs 9:14)
  5. `n Fariseër is krities oor andere in nietige sake. (Matthéüs 12:2)
  6. `n Fariseër fokus op reëls met die uitsluitsel van Yahuwah se geopenbaarde wil. (Matthéüs 12:9-16)
  7. `n Fariseër is deur jaloesie en haat gemotiveer. (Matthéüs 12:14)
  8. `n Fariseër is `n beskuldiger en veronderstel die slegste van ander. (Matthéüs 12:24)
  9. `n Fariseër is sorgloos in sy uitsprake. Hulle huiwer nie om sleg te praat van Yahuwah se volgelinge nie, wat selfs hulle regverdige dade aan die vyand toeskryf. (Matthéüs 12:24)
  10. `n Fariseër vernalatig sy familie verantwoordelikhede in die naam van godsdiens. (Matthéüs 15:1-6, Timothéüs   5:8)
  11. `n Fariseër word maklik kwaad. (Matthéüs 15:12-14)
  12. `n Fariseër is geestelik blind. (Matthëüs 1:14)
  13. `n Fariseër stel uitwendige tekens bo die getuienis van die Skrifte. (Matthéüs 16:1-4)
  14. `n Fariseër is daarop uit om mense in hul woorde te verstrik. (Matthéüs 19:3; 22:15-18)
  15. `n Fariseër is het hardheid van hart. (Matthéüs 15:18)
  16. `n Fariseër kan nie ware aanbidding en opregte lofprysinge waardeer nie. (Matthéüs 21:15-16)
  17. `n Fariseër leer Yahuwah se wet, maar leef dit nie self uit nie. (Matthéüs 23:1-3)
  18. `n Fariseër pak swaar laste op die mense. (Matthéüs 23:4)
  19. `n Fariseër is `n geveinsde. Hy sê, maar doen nie. (Matthéüs 23:4)
  20. `n Fariseër is spoggerig en is daarop uit om deur die mens vereer te word. (Matthéüs 23:5)
  21. `n Fariseër dink dat heiligheid in die uiterlike voorkom lê. (Matthéüs 23:5)
  22. `n Fariseër begeer verhewe posisies en plekke van eer. (Matthéüs 23:6-7)
  23. `n Fariseër trek voordeel uit die armes. (Matthéüs 23:14)
  24. `n Fariseër maak lang openbare gebede om deur die mense gesien te word. (Matthéüs 23:14)
  25. `n Fariseër maak andere korrup. (Matthéüs 23:15)
  26. `n Fariseër laat mense voel asof hulle wedergebore is, terwyl hulle nie is nie. (Mathéüs 23:15)
  27. `n Fariseër interpreteer die Skrifte in oppervlakkigheid, sonder insig, en sonder die lig van die Heilige Gees. (Matthéüs 23:16-22; Johannes 5:37-39)
  28. `n Fariseër is onbeweeglik in die letter van die wet, maar tree teenstrydig op met die gees van die wet. (Matthéüs 23:23)
  29. `n Fariseër vernalatig geregtigheid, genade, en geloof. (Matthéüs 23:23)
  30. `n Fariseër veroordeel andere in nietige sake, terwyl hulle self skuldig is aan groter misdrywe. (Matthéüs 23:24)
  31. `n Fariseër is meer besorgd oor sy uiterlike voorkoms as met die toestand van die hart. (Matthéüs 23:25-26)
  32. `n Fariseër is eie-geregtig en veronderstel dat hy nooit die foute sal maak wat hy aanvoer andere gemaak het nie. (Matthéüs 23:30)
  33. `n Fariseër vervolg die profete van Yahuwah. (Matthéüs 23:33-36)
  34. `n Fariseër is uitermate besorgd oor wat ander van hulle dink. `n Fariseër vrees die mens, maar het geen vrees vir Yahuwah nie. (Matthéüs 21:25-26, 46)
  35. `n Fariseër is begerig en geldgierig. (Lukas 16:14)
  36. `n Fariseër stel sy vertroue in sy eie werke. (Lukas 18:9)
  37. `n Fariseër verag andere. (Lukas 18:9)
  38. `n Fariseër beskou homself beter as ander. (Lukas 18:9-11) 
  39. `n Fariseër is opgeblase met hoogmoed en neem nie die gevoelens van ander in ag nie. (Lukas 18:9-11)
  40. `n Fariseër spog oor sy dissipline, sy prestasies, en sy gewoontes. (Lukas 18:9-11)  
  41. `n Fariseër beskuldig ander. (Johannes 8:1-11)
  42. `n Fariseër verbeel hom dat Yahuwah hulle vader is, terwyl die duiwel in werklikheid hulle vader is. (Johannes 8:41-44) 
  43. `n Fariseër is `n leuenaar en moordenaar. (Johannes 8:44)
  44. `n Fariseër minag diegene wie nie na hulle wil luister nie. (Johannes 9:24-25, 33-34) 
  45. `n Fariseër is jaloers op diegene wie wonderwerke kan doen wat hy nie kan doen nie. (Johannes 11:46-47)
  46. `n Fariseër veroordeel selfs godsvrugtige mense omdat hulle nie hulle standaarde van die feeste/feesvieringe handhaaf nie. (Johannes 9:16)  
  47. `n Fariseër is `n siele-vernietiger, nie `n siele-wenner nie. (Matthéüs 23:13)
  48. `n Fariseër het geen sorg vir verlore sondaars nie. (Johannes 7:47-49) 
  49. `n Fariseër heg meer waarde aan tradisie as aan die woord  van Yahuwah. (Markus 7:5-9)
  50. `n Fariseër regverdig homself voor ander mense. (Lukas 16:14-15)

Laat ons almal, deur Yahuwah se bemagtigende genade, van elke Farisese houding bekeer, sodat ons rein gewas kan word van hierdie geestelike melaatsheid, en sodat ons elke spoor van Geveinste suurdeeg uit ons harte kan verwyder. Amen.  

praying with Bible 

Die wat verkeerd van hart is, is vir Yahuwah `n gruwel; maar Hy het behae in die wat regskape van wandel is. (Spreuke 11:20)

En mag Hy, die Eloah van vrede,  julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberuspelik bewaar word van onse Meester Yahushua die Gesalfde. (1 Thess. 5:23)


1 Hierdie artikel was geïnspireer deur `n reeks preke bekend as “Karaktertrekke van `n Fariseër” deur Zac Poonen, gelewer. Dit is nie `n erkenning van Mnr. Poonen se ander leerstellings of oortuiginge nie.