Print

Yah se liefde vir homoseksueles

Die aangenaamste woorde wat ooit op menslike ore geval het was die woorde wat  deur Yahushua gespreek was aan die vrou wat in owerspel gevang was:

Verlosser hou die hand van die vrou vas wat aan Sy voete neergewerp is. (Johannes 8)“Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.” (Johannes 8:11, OV)

Die Skrifte verklaar duidelik, “Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee.”  (Johannes 5:22) Die Seun wie die regter is veroordeel niemand nie want terwyl die Vader en dieSeun sonde haat, het Hulle die sondaar lief. Dit is ongelukkig so dat baie wie aanspraak maak op die naam “Christen”, diegene wie sê dat hulle `n  “Christelik-lewe” uitleef, volg alte dikwels nie die voorbeeld wat deur Yahushua gestel was nie. Hulle veroordeel en verdoem andere wie se sondes van hulle se veronderstelde kleiner sondes, mag verskil. Dalk is hierdie bejammerende waarheid nêrens anders só duidelik gedemonstreer as in die geval van homoseksualiteit nie. Homoseksualiteit word beskryf as die seksuele daad tussen persone van dieselfde geslag. Skrifte is baie duidelik dat die betrokkenheid in `n homoseksuele daad `n sonde en `n gruwel is:

“Met `n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos `n mens met `n vrou het nie. Dit is `n gruwel.” (Levitikus 18:22)

“En as `n man met `n manspersoon gemeenskap het soos `n mens met `n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen.” (Levitikus 20:13)

“En daar was ook skandseuns in die land; hulle het gehandel volgens al die gruwels van die nasies wat . . . [Yahuwah] voor die kinders van Israel uit verdrywe het. “(1 Konings 14:24)

Vinger wysende man wat die Bybel vashou

Dit is ongelukkig so dat baie wie aanspraak maak op die  die naam “Christen”, diegene wie sê dat hulle `n “Christelike lewe”uitleef, volg alte dikwels nie die voorbeeld wat deur Yahushua gestel was nie. Hulle veroordeel en verdoem andere wie se sondes van hulle, veronderstelde kleiner sondes, mag verskil.

Dit is natuurlik vir die sondige mensehart om andere te veroordeel, terwyl hy sy eie tekortkominge oorsien. So gebruik baie wie nie homoseksueles is nie die Skrifte as `n swaard om ander aan te val op wie hulle neersien – en kyk die ander areas  in hul eie lewens mis wat ook deur die wet veroordeel word.

“Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van [Yahuwah] nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van [Yahuwah] beërwe nie.”  (1 Korinthiërs 6:9, 10)

Homoseksualiteit  is `n sonde. Dit is `n sonde net soos owerspel , hoogmoed, selfsugtigheid,alkoholisme, diefstal en enige ander sonde wat opgenoem kan word. As `n liefdevolle Vader, haat Yahuwah die sonde oor wat dit aan Sy geliefde kind doen. Maar as `n liefdevolle Vader, het Yahuwah nog steeds die sondaar lief. Yahuwah het Sy wette gegee sodat die verstande van die mens verlig kan word tot die besef om volhoubare liefde en verborgenheid te vind, en ook watter optredes  verwerp moet word om  hartseer en lyding te  vermy.

“Maar ons weet dat die wet goed is as iemand dit wettiglik gebruik en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddeloses en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoordenaars en moedermoordenaars, moordenaars, hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is, volgens die evangelie van die heerlikheid van die salige [Yahuwah] wat aan my toevertrou is.”    (1Timotheus 1:8-11)

Geen sondaar, ongeag  wat sy presiese sonde ook al mag wees, sal in die Hemel toegelaat word nie. Almal wat gered wil word moet gereinig en gelouter wees nes Yahushua rein en smetteloos is. Homoseksualiteit nes ander sondes, moet aan Yahushua oorgegee word as mens die ewige lewe wil beërwe.

“Want die toorn van [Yahuwah] word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid ondersoek     .     .     . Daarom het [Yahuwah]hulle ook in die begeerlikhede van hul harte oorgegee aan onreinheid, om hulle harte onder mekaar te onteer  .   .   .Daarom het [Yahuwah] hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike  verkeer verander in dit wat teen die natuur is; en net so het die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hul wellus teenoor mekaar ontbrand; manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwalinge ontvang.”  (Romeine 1:18, 24, 26-27)

Binne in die verdorwe gemeenskappe van die Weste, het homoseksualiteit meer en meer algemeen geword. Sommige regerings  het selfs die definisie vir huwelike uitgebrei om homoseksuele verhoudings te akkomodeer. Homoseksualiteit het al  van antieke tye af bestaan. Minder as 400 jaar na die vloed, was die manne van Sodom en Gomorra bekend vir hul geneigdheid na homoseksualiteit, met die term  “Sodomiet”  wat al die pad deur die tyd kom as die term vir `n manlike homoseksueel. In Muslim lande, is homoseksuele omgang `n  oortreding wat met die dood strafbaar is. Nogtans was daar `n toename in die afgelope jare in alle lande wat homoseksualiteit betref. Geslags verwarring was selfs opgeteken onder  skool  kinders wat gekla het dat hulle in die “verkeerde liggaam gebore is.”

Daar is verskeie  oorsake tot homoseksualiteit. Terwyl `n paar dit mag verkies as `n “alternatiewe lewenswyse”  word die meeste homoseksueel weens mishandeling wat hulle tydens kinderjare ondervind het en nog meer is eenvoudig maar net met hierdie neigings gebore. Onlangse, studies het  die skokkende feit aan die lig gebring dat baie hoë vlakke van die vroulike hormoon, estrogeen in die riviere van Noord Amerika gevind word. Verder nog omdat die meeste geblikte kosse met Bisphemal A uitgelê word , word selfs meer vroulike hormone in die voedsel vrygestel wat deur die menigtes geëet word. Die meeste plastiek houers en waterbottels bevat ook hoogsbesoedelende bestandele, wat nog verder bydra tot die vlakke van estrogeen wat deur die bevolking ingeneem word.

Verlosser met uitgestrekte handYahuwah oordeel nie en Yahushua verdoem nie. Niemand moet op hom of haarself die werk om te veroordeel en te verdoem neem nie, wat nie eens die Vader of  die Seun op hulle neem nie. Yahushua se aanmoediging is:

“Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.Want met die oordeel waarmee julle oordeel,  sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal julle gemeet word.

“En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?

“Of hoe sal jy van jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk!

“Geveinste, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.”  (Mattheus 7: 1-5)

Yahuwah vind nie fout met enigeen omdat hy homoseksueel is nie. Die Bybelse verwysing na homoseksualiteit  as `n sonde, fokus altyd  op die gedrag en nie die toestand nie. Om homoseksueel gebore te wees, of om te veel van die verkeerde hormone  te hê vir jou geslag weens  omgewingsinvloede , word nie deur die Hemel verdoem nie. Dit is slegs die resultate omdat ons in`n sondige wêreld leef. Maar, soos met enige ander sonde, gee dit ons nie die vryheid om aktief daarin deel te neem nie. Die Bybelse definisie vir die huwelik is duidelik: dit is tussen een man en een vrou.

“Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle sal een vlees word.”  (Efesiërs 5:31)

Dit is Yahuwah se standaard vir die huwelik en dit is die standaard waarby almal wat die hemelse wet liefhet moet toegee. Die vervulling en kameraadskap waarna almal  in `n lewensmaat soek,   kan slegs gevind word in Yahuwah. Homoseksuele mans en vroue, nes hul gewone medemense wie ongetroud is, moet die keuse maak om selibaat te bly, en in Yahuwah vertrou om in hul emosionele en seksuele vervulling te voorsien.

Toe Hy gevra was aangaande huwelike en egskeiding, het Yahushua verduidelik dat diegene wie verkies om selibaat te lewe net soveel verheerliking na Yahuwah kan bring, en in sy wil kan lewe, soos hulle wie getroud is.

“Maar Hy [Yahushua] sê vir hulle: ‘Almal vat hierdie woord nie, maar net dié aan wie dit gegee is:  want daar is persone wat onbekwaam is om te trou, wat van die moederskoot af so gebore is, en daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is, en daar is persone wat hulle self onbekwaam gemaak het terwille van die koninkryk van die hemele. Wie dit kan vat, laat hom dit vat’”  (Mattheus 19: 11, 12)

Yahuwah haat  sonde, maar Hy het die sondaar lief. Dit sal die houding wees van elkeen wie daarop aanspraak maak dat hy `n kind van Yah is. Yahushua het die norm ingestel toe Hy met nadruk gesê het:

“Laat die een van julle wat sonder sonde is die, die eerste `n klip op haar gooi.”  (Johannes 8:7)

Gemeenskappe mag sommige sondes opdeel as verskrikliker as ander, maar enige sonde sal ons uit die koninkryk van die Hemel hou. Te dikwels het skynheilige “Christene” die duidelike sondes van homoseksualiteit  veroordeel, terwyl dronkenskap en sedeloosheid, in hul eie harte, hoogmoed, selfsug en liefde vir die wêreld onverhinderd heers

In die Bybel, was homoseksualiteit strafbaar met die dood,  nes vraatsug. Maar vandag, word die homoseksueel verwerp terwyl die vraatsugtige met dieët pille en simpatie oorlaai word.Net soos niemand `n volgende moet oordeel nie oor `n anderste vel of haarkleur nie,of om anderste oorgeërfde sondige neigings te hê nie, moet niemand homoseksueles oordeel nie.Almal is sondaars en almal het ewe veel behoefte aan `n Heiland.

Elkeen sal in sy of haar eie lewe sommige sondes vind wat nie in die indiwidu se eie krag oorwin kan word nie. Almal moet goddelike verlossing hê. Dit maak nie saak wat die indiwiduele  sonde is nie – slegs Yahushua kan van die mag van sonde en Satan verlos. Of jou geneigtheid om te sondig oorgeërf of gekweek is, is daar nog steeds net een antwoord: die versoenende bloed van die Heiland. Daar is net een manier om sonde te oorwin.

  1. Deurdrenk die verstand met  woorde uit die Skrifte.  Dit is Yah se belofte aan jou.

    “Dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.”  (Spreuke 3:8)

  2. Kies vrywilliglik om jou wil aan jou Maker oor te gee. Sê hierdie woorde in gebed.

    “Laat nogtans nie my wil nie, maar U wil geskied!”   (Lukas 22:42)

  3. Maak aanspraak op die groot en kosbare beloftes.

    “Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As [Yah] vir ons is wie kan teen ons wees. Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.”  (Romeine 8:31, 37)

As jy met sondes in jou lewe worstel, as daar oorgeërfde of gekweekte neigings tot sonde in jou lewe is waaroor jy geen beheer het nie, is Yahushua jou oplossing. Sy uitnodiging aan jou is:

“Kom na My toe, almal wat bemoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele. Want my juk is sag en my las is lig.”  (Mattheus 11:28-30)

man met arms opgehef na die hemel en 'n Bybel in sy hand