Print

Anti-Bybelse stellings deur Ellen White aangaande Migael die Aartsengel wat Christus is

“Pasop vir die valse profete, wie na julle kom in skaapsklere, en van binne roofsugtige wolwe is.” Matt. 7:15.

Daar is geen Bybelse bewyse wat Migael die Aartsengel gelykstel met Yahushua nie. In teenstelling hiermee, is Migael en Yahushua twee verskillende wesens. Migael is die hoogste van alle engele – ‘n orde van wesens wat in die hemele geskape is, terwyl Yahushua deur swangerskap in die skoot van Maria deur die mag van Yahuwah se Gees gevorm is.

brug na nĂªrens

Ellen White het Yahushua onomwonde gelykgestel met Migael die Aartsengel, soos gesien kan word in die volgende stellings.

“Vir drie weke het Gabriël geworstel met die magte van die duisternis, wat daarop uit was om die invloede werkend op die denke van Cyrus teen te staan; en voordat die tweestryd afgeëindig was, het Christus self Gabriël te hulp gesnel.” Profete en Konings, bl. 572.

“Satan die verleier het aanspraak gemaak op die liggaam van Moses, weens sy sonde; maar Christus die Verlosser het hom uit die graf voort gebring.” Koning van die Eeue, bl. 421.

Moses het gesterf, maar Migael het neergedaal om hom lewendig te maak voordat sy liggaam die verderf gesien het. Die Satan het probeer om die liggaam te hou, en hy het daarop aanspraak gemaak as syne; maar Migael het Moses opgewek en na die hemel geneem. Die Satan het hom bitterlik verset en teen God uitgevaar dat dit onregverdig is dat sy prooi hom ontneem word; maar Christus het nie sy teenstaander bestraf nie, alhoewel dit ten gevolge van sy versoeking was dat die dienaar van God geval het. Sagmoedig het Hy die Satan na Sy Vader verwys, en gesê, “Die Here bestraf jou.’” Eerste Geskrifte, bl. 164.

Kan jy jou indink dat Vader Yahuwah `n woordvoerder aanstel as Sy boodskapper in hierdie laaste dae, wie totaal en al in die duister is omtrent die bybelse onderskeid tussen Migael die Aartsengel en Yahushua, Sy Seun?

En voordat die konflik afgesluit was het Christus Self vir Gabriël gehelp ---Gabriël het gesê “En kyk, Migael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help.” (Dan 10:13, Profete en Konings, bl. 572).

“Daar is geen gelyke met My in hierdie dinge behalwe Migael (Christus) jou prins.” (Koning van die Eeue, bl. 572).

Kan jy jou indink dat Vader Yahuwah `n woordvoerder aanstel as Sy boodskapper in hierdie laaste dae, wie totaal en al in die duister is omtrent die bybelse onderskeid tussen Migael die Aartsengel en Yahushua, Sy Seun? Kan jy jou indink dat Vader Yahuwah `n woordvoerder sal aanstel om enige valshede te leer wat die Bybel kontrasteer? As u dink dat Yahuwah steeds so `n verwarde persoon kan aanstel om Sy eindtyd boodskapper te wees, is jy geneig om ons te glo dat as ons aanspraak maak dat ons `n paar brûe het om teen uitspattige pryse te verkoop.