Pasop vir valse profete, wie na julle kom in skaapsklere maar van binne roofsugtige wolwe is.” Matthéüs 7:15 ESV |
Ellen White het die Bybelse waarheid aangaande die Millennium totaal en al verwerp. Sy kon nie meer verward wees nie. Die Millennium waaroor sy geskryf het, het geen Bybelse steun gehad nie. Maar is die skepping van haar verbeelding en wense. Dit is meer in lyn met die Platoniese leerstelling van die Vroeë Kerk Vaders as enigiets anders.
“By die koms van Christus word die goddelose oor die ganse aarde uitgedelg – verteer deur die Gees van Sy mond en verdelg deur die heerlikheid van Sy koms. Christus neem Sy volk na die Godstad en die aarde is sonder bewoners.” (Die Groot Stryd, bl. 650).
“En net soos die sondebok in die woestyn weggestuur is, sal Satan ook verban word tot die verwoeste aarde, `n onbewoonde en troostelose wildernis.” (Die Groot Stryd bl. 651).
Hier sal die Satan en sy bose engele vir `n duisend jaar hul tuiste vind. Hier sal hy opgesluit word om rond te wandel op die verskeurde oppervlakte van die aarde om die gevolge te sien van sy opstand teen Gods wet. Vir `n duisend jaar kan hy nou die vrugte geniet van die vloek wat hy op die aarde gebring het. Omdat hy tot hierdie aarde beperk sal wees, sal hy nie die voorreg hê om ander planete te besoek en diegene wat nie in die sonde geval het te versoek en lastig te val nie. Gedurende hierdie tyd sal die Satan bitter ly. Sedert sy val het hy altyd toegegee aan sy bose neigings. Maar nou sal sy krag van hom ontneem word, en hy sal gelaat word om te peins oor die rol wat hy gespeel het sedert sy val, en met vrees en bewing sal hy dink aan die vreeslike toekoms wanneer hy sal moet boet vir al die boosheid wat hy bewerk het, en gestraf word vir die sondes wat op sy aandrang gepleeg is. – Eerste Geskrifte, bl 290.
Nadat die heiliges verander is in onsterflikheid, en saam opgeneem is met Jesus, … sal hulle saammet Jesus in die oordeel sit. Die boeke word geopen – die boek van die lewe en die boek van die dood. Die boek van die lewe bevat die goeie dade van die heiliges; en die boek van die dood bevat die bose dade van die goddelose. Hierdie boeke word vergelyk met die wetboek, die Bybel, en daarvolgens word die mense geoordeel. Saam met Jesus spreek die heiliges die vonnis uit oor die goddelose dode. ,,Sien jy,” het die engel gesê, ,,die heiliges saam met Jesus sit in die oordeel, en spreek vonnis uit oor die goddelose volgens die dade wat hulle in die liggaam gedoen het, en die vonnis wat oor elkeen voltrek moet word, word aangeteken teenoor hul name.” Dit, het ek gesien, is die werk wat die heiliges saam met Jesus doen gedurende die duisend jaar in die Heilige Stad voordat dit op die aarde neerdaal. — Eerste Geskrifte, bl. 52,53.
Dan aan die einde van die duisend jaar, verlaat Jesus, saam met die engele en al die heiliges, die Heilige Stad, en terwyl hy neerdaal na die aarde met hulle, word die goddelose opgewek, en dan sal daardie selfde manne wat Hom deursteek het en wat nou opgewek is, Hom van ver sien in al Sy heerlikheid, vergesel van die engele en die heiliges, en hulle sal oor Hom rou bedryf… Dit is aan die einde van die duisend jaar dat Jesus op die Olyfberg sal staan, en die berg sal `n groot vlakte word. Diegene wat dan vlug is die goddelose wat opgewek is. Dan kom die Heilige Stad af na die vlakte. Die Satan besiel nou die goddelose met sy eie gees. Hy sê hulle dat die leër binne die stad klein is, en dat sy leër groter is en dat hulle maklik die heiliges kan oorwin en die stad inneem. . . .
Toe het die goddelose gesien dat hulle verloor het, en daar is vuur van God op hulle geblaas en hulle is verteer. Dit was die uitvoering van die oordeel. Die goddelose het toe die straf ontvang wat die heiliges, in medewerking met Jesus, gedurende die duisend jaar bepaal het. Dieselfde vuur van God wat die goddelose verdelg het, het die hele aarde gereinig. — Eerste Geskrifte, bl. 53, 54.
Teenstrydig, met bogenoemde leerstellings van Ellen White, bevestig die Bybel die volgende:
Kan jy jou indink dat Vader Yahuwah `n boodskapper/profeet in hierdie laaste dae beopdrag wie `n boodskap sal gee aangaande die Millennium teenstrydig met wat Yahuwah se profete en Apostel Johannes gegee het?
|
Sodoende stel Ellen White se leerstelling van `n Millennium in die hemel haar op teen die dosyne duidelike verwysings in die Bybel wat wys na `n aardse Millennium.
Kan jy jou indink dat Vader Yahuwah `n profeet/boodskapper sal beopdrag in hierdie laaste dae wie `n boodskap sal gee aangaande die Millennium teenstrydig met wat Yahuwah se profete en Apostel Johannes gegee het?
Kan jy jou indink dat Vader Yahuwah `n profeet/boodskapper sal beopdrag in hierdie laaste dae wat alle Skrifte kanseleer wat belowe dat Yahushua, met alle gelowiges, die nasie sal regeer tydens die Millennium met `n yster septer?
Kan jy jou indink dat Yahuwah `n boodskapper/profeet in hierdie laaste dae beopdrag wie Daniël se profesië ignoreer, wat aan ons voorspel dat Yahuwah se ewige koninkryk op aarde sal wees en nie in die hemel nie?
Kan jy jou indink dat Vader Yahuwah `n profeet/boodskapper in hierdie laaste dae beopdrag wie die aardse Millennium, waartydens Vader Yahuwah al die beloftes vervul van die Nuwe Verbond wat Hy aan Sy uitverkore volk, die Israeliete gegee het?
Veronderstel dat jy jou steeds kan verbeel Vader Yahuwah steeds Ellen White as Sy boodskapper/profeet vir hierdie laaste dae kies tenspyte van haar teenkanting van Sy planne en uitkanselering van Sy beloftes. In daardie geval, sal jy klaarblyklik glo soos ons aanspraak daarop maak dat ons `n paar brûe te verkoop het teen `n merkwaardige afslag.