Print

Die Evangelie van Welvaart: Godsdiens-Betaal-om te-Speel

Knoeiery is: “Die handeling van die voordeel wat geneem word deur iemand se posisie om geld en eiendom te verkry, ens. soos oneerlikheid in die politiek.” (Websters  Woordeboek.) Die dwaling “Evangelie van Voorspoed,” is niks meer as geestelike knoeiery. 

Hillary Clinton/ReutersGedurende die 9de Augustus, 2016, het die New York Post ʼn artikel gepubliseer wat begin is met ʼn onstellende aanspraak: “Hillary Clinton het die [VSA] Staatdepartement as te koop aangebied, met hoë amptenare wat toutrek en ten gunste vir kripvreterdonateurs aan die Clinton Stigting... volgens onweerlegbare e-posse wat Dinsdag vrygestel is.” die artikel was versigtig bewoord om ʼn lastersaak te vermy, maar die titel self het die gevolgtrekking van die publiseerders openbaar: “E –pose openbaar Hillary se skokkende betaal – om te speel plan.   

Knoeiery is sinoniem aan politiek, maar dit is ook onwettig, dus probeer politici om die bewyse van hulle korruptheid te versteek. Die feit is, dat bewerings van knoeiery ʼn groot rol gespeel het in Hillary Clinton se verrassende verloor teen Donald Trump gedurende die VSA se 2016 presidensiële verkiesings. Knoeiery het ingedring in die hoofstroom van Protestantisme en baie geestelikes is skuldig van deelname daaraan.  

Na die volg van die Tweede Wêreldoorlog, het Amerikaanse evangeliste ʼn ontploffing gesien van Pinkster herlewings.  

Gedurende 1941 het Amerika haar in oorlog begeef, en in ʼn kort rukkie se tyd het die ekonomiese terneergedrukte Verenigde State verander in ʼn fiskale magsblok..... Na die Tweede Wêreldoorlog  het Amerika haarself geag as dubbel geseënd. Die ekonomie het gebloei... Goeie gesondheid het minder wonderwerke vereis... Positiewe denke het die saamgegaan met die nasie se oorwinnende gemoed.... Self Pinkstergelowiges het die boodskap onweerstaanbaar gevind. Gedurende 1940 en 1950 het onafhanklike Pinkster gesondmakende evangeliste begin praat oor finansiële seëninge, geestelike wette, en die betekenis van verhewe – geestelike geloof. Hulle nuwe fokus oor die mag van denke om gesondheid en rykdom te verkry, sou dit die begin wees van die hedendaagse welvaart beweging.1

Kenneth and Gloria Copeland

Kenneth en Gloria Copeland het baie ryk geword deur die prediking van hulle “honderdvoudige dividend” dwaling.

Uit hierdie na –oorlogse herlewing, was daar geboorte gegee aan ʼn nuwe dwaling: die “evangelie van welvaart.” Bradley A Koch omskrywe hierdie ideologie en verklaar: “Die Evangelie van Welvaart is die leerstelling dat God wil hê dat die mense voorspoedig moet wees, en veral finansieel. Aanhangers van die Evangelie van Welvaart glo dat rykdom ʼn teken is van God se seëninge, en dat die armes arm is as gevolg ʼn tekort aan geloof.”2

Dit klink goed. Om seer te kry vir geld? Gee wat jy het aan God, en Hy sal dit aan jou terug besorg saamgepak en met oorvloed! Gloria en Kenneth Copeland predik ʼn leerstelling van “honderdvoudige terug kry. In haar boek, God se wil is Voorspoed, het Gloria Copeland geskrywe:

As jy $1 vir die saak van Evangelie gee, en $100 behoort aan jou; gee $10 en ontvang $1,000; gee $1,000 en ontvang $100,000. Ek weet dat julle kan vermenigvuldig, maar as julle dit wil sien in swart en wit hoe groot die honderdvoudige opbrings is ... Skenk een huis en ontvang honderd huise of een huis wat honderd keer meer werd is. Skenk een vliegtuig en ontvang honderd keer die waarde van die vliegtuig. Skenk een motor en jy sal op jou beurt voorsien word met ʼn leeftyd van motors. In kort, Markus 10 vers 30 is ʼn goeie ooreenkoms.3

Dit is erger as knoeiery. Dit is simonie. Simonie is knoeiery vermom in die gewaad van lig. Dit word omskrywe as, “Die handeling van koop en verkoop vir die bevordering van kerklike kwytskeldings, en ander dinge wat geag word as heilig of geestelik.”4 Die term is afgelei vanaf Simon Malgus, wie se verhaal ʼn verkriklike waarskuwing bevat aan alle gelowiges om die gevare van hierdie valse evangelie te vermy.

Simon Malgus

Simon was ʼn towenaar. Hy het ʼn goeie lewe daaruit gemaak. Hy het al die plaaslike inwoners oortuig dat die “wonderwerke” wat hy gedoen het, dit van Yahuwah was.

Toe het Filippus in die stad aangekom. Die verskil tussen die wonderwerke wat deur Filippus gebring is deur geloof in Yahuwah teenoor diegene wat mislei is deur Simon se beswerings en swart towerkuns was so groot, dat diegene wat voorheen deur Simon  mislei is, hulle geskaar Nucci,_Avanzino_-_Petrus'_Auseinandersetzung_mit_Simon_Magus_-_1620het by Filippus en sy prediking. Wonderwerke was uitgevoer. Die siekes was gesond gemaak. Duiwels was uitgedrywe. Simon self het geglo (na die  mode) en was ook gedoop. Maar daar was nog meer om te kom.

Toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaria bekering gekom het, het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur. Met hulle aankoms het Petrus en Johannes vir die bekeerlinge gebid, en die Vader gevra om Sy gees oor hulle uit te stort, en het Hy dit gedoen!

Toe Simon Malgus dit sien was hy verstom. Dit was ʼn vlak van mag wat hy nie besit het. Hy wou dit gehad het! Hy vra toe aan Petrus om aan hom hierdie bekwaamheid te verkoop. "En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang." (Handelinge 8 verse 18 en 19)

Petrus was ontsteld. Hy het Simon Malgus skerp bestraf, in een van die hardste veroordelings wat in die Skrif opgeteken is, deur te sê: “   Maar Petrus sê vir hom: Mag jou geld saam met jou vergaan, omdat jy gedink het om die gawe van [Yahuwah] deur geld te verkry. Jy het geen deel of lot in hierdie saak nie, want jou hart is nie reg voor [Yah] nie. Bekeer jou dan van hierdie boosheid van jou, en bid [Yahuwah] of die gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word. Want ek sien dat jy in ’n gal van bitterheid en bande van ongeregtigheid is.” (Handelinge 8 verse 20 tot 23.)

Hierdie artikel sal demonstreer dat die sonde van Simon Malgus grondliggend is tot die sogenaamde “Evangelie van Welvaart.”

Dwalinge van Verkeerdheid

Die leerstelling van welvaart vrot van verkeerdheid. Dit is gegrond op drie veronderstellings:

  1. Rykdom is ʼn teken van Yahuwah se guns en seëninge.
  2. Armoede is ʼn teken van Yahuwah ontevredenheid met jou of iets in jou lewe.
  3. As jy gee aan Yahuwah, Hy gebonde is deur Sy Woord om aan jou meer terug te gee as wat jy gegee het.

Deur Gesondheid, Rykdom en Geluk: Het die Evangelie van Voorspoed, die Evangelie van Christus Oorskadu? Die skrywers Russell S. Woodbridge en David W. Jones identifiseer vyf teologiese foute waarop aanhangers van die Evangelie van Voorspoed dwaal.

Hierdie foute word as volg gegee:

  1. Die Abrahamiese verbond is ʼn manier tot materiële aanspraak.
  2. Jesus se boetedoening reik uit na die “sonde” van materiële armoede.
  3. Christene gee in orde om materiële vergoeding van God te verkry.
  4. Geloof is ʼn self – voorbringende geestelike mag wat tot voorspoed lei.
  5. Gebed is ʼn instrument om God te dwing vir die gee van voorspoed.5

1. Die Abrahamiese verbond is ʼn manier tot materiële aanspraak.

Map showing 7 Churches of Revelation

Welvaart prediker, joel Osteen, hoof van die Lakewood Kerk, ʼn nie- dominiale charismatiese reusagtige kerk. Met ʼn gemiddeld van 52,000 mense wat elke week dienste bywoom. Joel en Vitoria Osteen woon in ʼn oorweldigende herehuis met ʼn waarde van $10,500,000

Welvaart voorstaanders verdraai die Skrif, en maak aanspraak op die geestelike seëninge wat in werklikheid materiale welvaart en beloftes inhou. Dit is ʼn groot fout en dit lei vinnig  volgelinge na ʼn soort van leerstellings wat gevaarlik is. Edward Pousson som hierdie siening van die voorspoed evangelie oor die Abrahamiese verbond op, en verklaar: “Christene is Abraham se geestelike kinders en erfgename van die geloof...  Hierdie Abrahamiese erfenis is hoofsaaklik uitgedos in terme van materiële aansprake.”6 

ʼn Gedeelte van Paulus word gereeld aangehaal ter ondersteuning van hierdie verdraaide vertolkings: “Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ’n vloek te word... Sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Yahushua die Messias.” (Galasiërs 3 verse 13 tot 14)

Die probleem is, dat hulle nalaat om die tweede gedeelte aan te haal van die vers, wat duidelik wys op die geestelike toepassing soos Paulus bedoel het: ” Sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Yahushua die Messias.” (Galasiërs 3 vers 14.)

Die werk van die Heilige Gees was duidelik verklaar deur die Verlosser:

Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur;

en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:

van sonde, omdat hulle in My nie glo nie;

En van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie;

en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.

Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie.

Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. (Johannes 16 verse 7 tot 13.)

Neem kennis: dat nie ʼn enkele boodskap van materiële welvaart kan gevind word in hierdie verse.  Die Gees bring rykdom van die Hemel met geestelike seëninge! Dit word bevestig in Galasiërs 3 vers 29 wat verklaar: “ En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en  volgens die belofte erfgename.” Dit is vanselfsprekend dat dit ʼn geestelike toepassing het,  en nie ʼn fisiese een. ʼn Heiden gelowige  hoef nie sy mitochondriale DNA toweragtig te verander met bekering. Ons behou ons fisiese liggame na bekering maar ons is die geestelike saad van Abraham. Dit volg op die “belofte” waarvan gepraat is oor geestelike rykdom, en nie materiële welvaart. 

2. Jesus se boetedoening brei uit na die “sonde” van materiële armoede.

Weer, klink dit goed op die oppervlakte. Maar dit plaas ‘n ontsettende las van skuldgevoelens op volgelinge deur die leerstelling dat materiële armoede ʼn sonde is. Met die toevoeging van fisiese ontberings en siekte wat sowel as sonde gereken word. Kenneth Copeland skrywe:  

Die besonderse beginsel van die Christen lewe is om te weet dat God ons sondes van siekte, kwale, hartseer, lyding en armoede op Jesus geplaas het by Golgota. Vir God om dit alles op ons te plaas om ons te leer om ons geloof te versterk sal dit ʼn misgeboorte van geregtigheid wees. Om te glo dat God ʼn doel het met  siekte sou dit beteken dat Jesus ons siekte tevergeefs gedra het. Wat ʼn belediging van Sy liefde is, versorging en medelye vir ons!7

Dit is niks anders as dieselfde oue las wat die Fariseërs gebruik het op onskuldige lyers!  Yahushua het altyd sulke geloof verwerp.

EN toe Hy verbygaan, sien Hy ’n man wat blind was van sy geboorte af. En sy dissipels vra Hom en sê: Rabbi, wie het gesondig, hierdie man of sy ouers, dat hy blind gebore is?

Yahushua antwoord: Hy het nie gesondig nie, en sy ouers ook nie; maar die werke van Yahuwah moet in hom openbaar word. (Johannes 9 verse 1 tot 3)

3. Christene gee in orde om materiële vergoeding te verkry van God.

Daar is ʼn woord vir dit en dit word genoem omkopery. Omkopery is: “ Geld wat gegee word vir gunste wat gegee word of belowe is in orde om die oordeel te beïnvloed of handeling van ʼn persoon in ʼn vertrouens posisie... iets wat dien om invloed te verkry.”8 Omkopery is onwettig in die meeste lande, en tog is dit presies wat Christene doen wanneer hulle gee om te ontvang.

Welvaart predikers verwys self na dit as die “Wet van vergoeding.” Dit is nie om onselfsugtige gee, maar die uiterste verpersoonliking van selfsugtigheid. Hulle gee in orde selfs iets groter te ontvang. Dit weerspreek die onderrig van die Verlosser wat sê: “   Maar julle moet jul vyande liefhê en goed doen en leen sonder om iets terug te verwag, en julle loon sal groot wees; en julle sal kinders van die Allerhoogste wees; want Hy self is goedertieren en oor die ondankbares en slegtes. (Lukas 6 vers 35) Die beloning sal groot wees wat in die Hemel ontvang sal word. Materiële voorspoed is nie aan een belowe aan hierdie kant van die ewigheid.

4. Geloof is ʼn self genereerde geestelike mag wat tot voorspoed lei.

Kenneth en Gloria Copeland se huis wat hulle eie lughawe wys.

“Die Kenneth Copeland Lughawe, is ʼn private lughawe wat deur sy bedieninge gevestig is, sigbaar van die noord – ooste  van die huis. Die organisasie parkeer ‘n Citation X vliegtuig van $20 miljoen, en nog ʼn ander kleiner een daar. Gedurende 2007, was Copeland beskuldig dat hy die vliegtuig vir persoonlike vakansies en vriende gebruik het.” Copeland “besit drie vliegtuie, en sowel sy kerk, noordwes van Fort Worth, beskik ook oor ʼn klein vloot.

Verlede Maart, nadat daar vir donateurs gevra is om om ongeveer $20 miljoen by te dra, het sy kerk eienaarskap ontvang van ʼn vliegtuig wat in staat is om een myl in 60 sekondes te vlieg. Onlangs, het die kerk ʼn vyfde vliegtuig bekom: teen $3,4 miljoen.”

 (http://virtualglobetrotting.com/map/kenneth-copelands-house/) (http://www.religionnewsblog.com/19870/kenneth-copeland)

Die Bybel leer ons dat geloof ʼn gawe is. Dit groei deur die hoor van die woord van Yah. Geloof word omskrywe as: “ Geloof, is die inwilliging van die verstand tot die waarheid wat verklaar word deur ʼn ander, en die berusting op sy gesag as geloofwaardig, sonder enige bewyse.”9 Dit is geloof.  Welvaart predikers hou ʼn aanloklike aas voor as byt. Hulle gebruik 'n woord met 'n positiewe konnotasies (geloof), maar dan geleidelik  herdefinieer dit in iets wat nie ondersteun word deur die Woord van Yah!

Kenneth Copeland verklaar: “Geloof is ʼn geestelike krag, en ʼn geestelike energie, en ʼn geestelike mag. Dit is hierdie krag van geloof wat die wette van die geestelike wêreld funksioneer. ... Daar is sekere regerende wette oor voorspoed wat in God se woord openbaar word. Geloof veroorsaak dat hulle funksioneer. Hulle sal funksioneer as hulle aangewend word, en hulle sal ophou om te funksioneer wanneer die krag van geloof gestaak word.” Dan voeg hy by met lasterlike veronderstellings: “Sien julle hoe dit funksioneer? Die wette van welvaart werk dieselfde as die wette van redding, gesondmaking en so aan.”10

Welvaart predikers leer van ʼn verskillende geloof wat gevind word in die evangelie, want die  evangelie van welvaart is ʼn valse evangelie. Paulus praat van valse leermeesters, en waarsku gelowiges teen,” heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring.” (Efesiërs 4 vers 14.)

5. Gebed is ʼn middel om God te dwing vir die gee van voorspoed.

Welvaart predikers leer dat die veronderstelling, en van die gedagte dat sekere woorde en sekere aansprake, die Almagtige kan forseer om te doen wat ook al die gelowige se versoek is. Dit is nie verskillend van die heidense opsweping wat beplan is om die geeste te dwing om te gehoorsaam!  

Creflo A. Dollar

Creflo A. Dollar verklaar: “ Wel jy benodig om te hoor van geld, omdat jy geen liefde en vreugde en vrede sal besit totdat jy geld kry nie!”

Creflo Dollar, ʼn Amerikaanse televisie – evangelis en stigter van die World Changers Church Internasionaal, skrywe in ʼn, “Gebed: Jou Pad na Sukses:” “ Wanneer ons bid, en glo dat ons alreeds ontvang het waarvoor ons vra, God geen ander keuse het om aan ons gebede te voldoen. Hy eer Sy Woord, en nie ons emosies… Deur toe te laat dat die Woord die grondslag is van ons lewe van gebed, sal ons vertroue in ons gebedenuwe hoogtes bereik.”11 

Gebed is die asemhaling van die siel, maar dit is nooit die medium om die Almagtige te laat voldoen aan ons vereistes.  By Getsemane, het die Verlosser ernstig gebid dat Hy nie die “beker hoef te drink,” maar elke keer as Hy pleidooi daarvoor gelewer het, het Hy by gevoeg,  ”Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied! (Lukas 22 vers 42)

Verder en meer, moet ons vertroue wees in die liefde van die Vader, en in die meriete van die Verlosser, en nie in ons eie gebede!

Dit is aanmatigend om Yah te beveel

Dawid het gebid: “Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding.” (Psalm 19 vers 14.) Die Welvaart dwaalleer is niks anders as  vermetelheid! Dit is ʼn veronderstelling, en ongeag wat die toestand is van iemand se hart, en dat ʼn persoon aanspraak kan maak op die belofte dat enigiets kan kry waarvoor hy wens.

David W. Jones, in sy voorwoord van Health, Wealth & Happiness, verklaar:

Terwyl ek versekerlik vroeg in my lewe blootgestel is aan die evangelie van welvaart, was dit nie tot ek begin het met my kweekskool opleiding,  dat ek vergryp het die grootte en invloed van die beweging van die evangelie van voorspoed. Ek was verbaas om te vind dat my klasmaats en leke wat hulle verhouding met God sien as ʼn onderneming van gee en ontvang. Hulle beskou God as ʼn soort van vroetelpappie wat bestaan om hulle gesondheid, rykdom en geluk te gee as rekening vir dienste gelewer. Terwyl God verseker voorsien en omsien na Sy volgelinge, die teologie  van voorspoed is die verdorwenheid van Sy openbaring, en ʼn verdraaiing van Sy plan van verlossing, en ʼn denke wat uiteindelik daartoe sal lei, in die roekelose aanskouing van die materiële wêreld.12 

Hierdie roekelose siening is gegrond op ʼn veronderstelling, en dit ʼn werklike probleem is wat ontelbare opregte individue laat seerkry. Pastoor Rick Henderson, waarsku oor die voorspoed prediker, Joyce Meyer, en skrywe: “ Nie alleenlik leer sy om te gee as ʼn hefboom om meer geld te ontvang van God, en is sy roekeloos met  desperate mense. Sy is glad nie bekommerd as mense aan haar gee eerder as om hulle rekeninge te betaal. Dit is onverdraaglik!13

Steeds slegter, is dit wat hierdie valse evangelie nou regoor die wêreld uitgedra word, en teister diegene wat alreeds swaarkry en desperaat arm is in die derde wêreld lande.

Yahushua het gewaarsku: “EN Hy het vir sy dissipels gesê: Dit is onvermydelik dat die struikelblokke kom, maar wee hom deur wie hulle kom. Dit is beter vir hom as ’n meulsteen aan sy nek gehang en hy in die see gegooi word, as dat hy een van hierdie kleintjies sou laat struikel.” (Lukas 17 verse 1 en 2) Die “kleintjies” waarvan hier gepraat word in nie alleenlik kinders. Hulle is enigiemand wat weerbaar is, en waardeur daar deur iemand anders voordeel verkry word.  

Skrywer en spreker, John Piper, spreek hom sterk uit met woorde wat hy sê oor die predikers van welvaart, wat miljardêrs geword deur te aas van weerloses wat finansieel swaarkry.

Hierdie welvaart predikers praat nie alleenlik met Amerikaners wat alreeds gegoed is ... hulle klim op hulle vliegtuie, hulle persoonlike vliegtuie, en vlieg hulle na Afrika of die Filippyne, en land daar en vergader hulle ʼn stadium vol van 100,000 desperate arm mense, en vertel hulle as hulle glo in Jesus, sal hulle ryk word, en aan hulle behoeftes voorsien sal word ..... en dan klim hulle in hulle vliegtuie met hulle sakke vol en keer huis toe. Dit is boos. Omdat die Bybel so gevul is met leringe dat in hierdie lewe, dit maar ʼn kortstondige pyniging is. Hierdie lig oor kortstondige pyniging vir ons tot nut is as ʼn ewige bate van die heerlikheid wat verder is as enige vergelykbaarheid.14  

Biskop David Oyedepo is ʼn Nigeriese prediker, en die stigter van die Living Faith Church Wêreldwyd

Biskop David Oyedepo is ʼn Nigeriese prediker, en die stigter van die Living Faith Church Wêreldwyd. Hy besit ʼn netto waarde van 150 miljoen, en besit vier private vliegtuie, met huise in die Verenigde State en Engeland. Oyedepo se kerk het ʼn  214,48 hektaar (530 akker) fataliteit bekom, bekend as Kanaanland, wat dien as sy hoofkwartier. Dit huisves ‘n 50,000 sitplek audotoruim, die “Faith Tabernacle,” wat die sogenaamde grootste kerk audotoruim bevat in die wêreld. Dit is ook opgeteken deur die Guiness Book of Records as ʼn prestasie.”   https://genemcvay.wordpress.com/2014/11/02/rich-preacher-poor-preacher/ 

Geestelike Kunstenaars van Bedrog

Carlo Ponzi was gebore te Parma Italië, gedurende 1882. Hy het gedurende 1903 na die VSA geïmmigreer. Gedurende sy reis na die VSA het hy al sy geld weg gedobbel, en verklaar later: “Ek het in hierdie land aangekom met net $2,50 in kontant en ʼn miljoen verwagtinge wat my nooit verlaat het.”  Nadat ek ʼn paar jaar in ʼn Kanadese tronk deurgebring het ( vir Tjek bedrog) en ʼn ander keer in die VSA vir die smokkel met onwettige emigrante, het ek ʼn plan uitgebroei om een miljoen dollars te maak deur verwagtinge, en wat ʼn werklikheid geword het.

Hy het daarin geslaag! “ Hy het ʼn herehuis te Lexington, Massachusetts gekoop, met lugreëling en ʼn verhitte swembad. Hy het verklaar dat hy $250,000 per dag gemaak het.”15 Dit het nie lank gehou, en alhoewel gedurende 1920 was daar ʼn ondersoek na sy opbrengs.   Beleggers het paniek bevange geraak, en geëis  dat hulle geld terug betaal word. Ponzi kon natuurlik dit nie betaal. Ponzi was ʼn bedrieër kunstenaar. Beleggers was bedrieg uit ongeveer sewe miljoen dollars. Ponzi het die volgende 14 jaar in die tronk deurgebring, en het sy naam verleen aan ʼn besonderse bedrog beleggings skema wat kwaksalwers steeds poog om te gebruik tot vandag: die Ponzi Skema.

Hierdie ryk welvaart predikers is selfs slegter as die Carlo Ponzis en Bernie Madoffs van die wêreld. Hulle is slegter omdat hulle eintlik, Yahuwah, en Sy karakter verkeerd voorstel. Wanneer ʼn gelowige die leuens aanvaar, en die vervoerings, en in die desperaatheid van finansiële verligting, gee hy wat hy kan, en in die werklikheid gegee wat hy nie kon bekostig, en uiteindelik opeindig deur sy huis en werk te verloor, en blameer hy nie die prediker wat hom geleer het om dit aan te neem nie. In plaas daarvan, twyfel hy oor die liefdevolle karakter van Yahuwah wat verkeerd voorgestel word.

Hierdie geestelike bedrieërs van kunstenaars gebruik emosionele manipulasie om steeds meer geld van hulle  luisteraar uit te wurg. Hulle gebruik die nood van diegene wat alreeds finansieel  swaarkry om die bietjie te vat wat hulle oor het, deur die belofte as hulle hulle offerandes betaal, sal hulle meer ontvang as wat hulle gegee het. Hulle sê dat, “Jy nooit genoeg kan gee aan God," en as ‘n ekstra aansporing om elke laaste pennie tot die welvaart evangelie bediening te gee.

Miskien is die hardvogtige verdraaiing wanneer die argument gegrond is op die sogenaamde nood vir die bou van die derde tempel. As die mense gereeld bydrae tot die welvaart bedieninge en nooit ʼn finansiële dividend ontvang ten spyte van hulle al hulle bydraes, mag hulle wakkerskrik en ophou om by te dra tot daardie bediening. Dit nie so is as die rede wat gegee word gebruik word om te gee vir die behoefte en vir die herbouing van die tempel in Jerusalem. 

Hierdie argument word gegrond op Yahuwah se belofte aan Abraham: “En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.” (Genesis 12 vers 3.) Dit is ʼn fyne bedrogspul wat miljarde dollars jaarliks invorder. Miljarde dollars verdwyn in die niet, omdat die tempel steeds nog nie gebou is, en die behoefte  steeds bestaan.

www.InPlainSite.org Het die leefwyses van 22 televisie – evangeliste en evangeliese welvaart predikers ondersoek .
Die volgende is agt van hulle:

Joel Osteen
Lakewood Kerk en Osteen se 10,5 miljoen dollar Huis

Kenneth Copeland
Salarisse, vierkante meter Pastorie/ Huistoelaes, Private Lughawe vir nege vliegtuie, Reis en Inkopies

Creflo Dollar
Rolls – Royse, private vliegtuie, miljoen – dollar Atlanta huis en $2,5 miljoen Manhattan woonstel

Paula (And Randy) White
As iemand ʼn $2,1 miljoen dollar huis aan die Bayshore Boulevard en ʼn $3,5 miljoen Trump Tower deeltitelwoonstel in New York kan bekostig, en ʼn Bentley as ʼn verjaarsdag geskenk kan weggee dit geen groot saak is.

Benny Hinn
ʼn 10 miljoen strandhuis, privaat vliegtuig, ʼn  Mercedes SUV opslaankap, en “oorblygeriewe” tussen kruistogte met kostes vanaf $900 - $3,000 per nag by plekke insluitend Hawaii, Cancoon, Londen, Milaan ens.

Eddie Long
Se gunstelinge van Gucci sonbrille, goud hangertjies, diamantarmbande. Rolex horlosies en Bentleys, en vertel dat hy “op ʼn verkillende vlak is as die klein swart prediker wat daar anderkant sit.”

“Bishop” Elijah Bernard Jordan
Sy grootheidswaan wat die spreekwoordelike koek vat, en in ag genome dat die plafon van ʼn kamer in is sy multi – mijoen dollar herehuis, en eksklusiewe ingehokte gemeenskap, ʼn skildery van Jordan bevat wat op ʼn troon sit as God – met sy drie seuns wat rondom hom swewe as engele.

T.D. Jakes
Sy $2,6 miljoen luukse pienksteen, sewe – slaapkamer woning met swembad in die weelderige gebied van die White Rock Lake van Dallas ... teenaan die herehuis van die voormalige olie – baron H.L. Hunt


Godsdienstige Bedrog

Die “Evangelie van Welvaart,” het sy oorsprong vanaf die antieke – heidendom, en deur Katolisisme,  na die hedendaagse Evangeliese Protestantisme. Dit is besigheidsooreenkoms. In die handel word iets ontvang in ruil vir iets anders. In die heidendom, is die prys wat betaal word in ruil vir gesondheid, rykdom, of oorwinning was dit dikwels die offer van ʼn kind. Roomse Katolieke het geld in ruil gegee vir beloofde guns. Hedendaagse Evangeliste wat die weelde dwaling aanhang verkondig, gee, en gee, en gee in die hoop, en in ruil van die wil van Yahuwah wat verplig sal word om aan hulle weelde te verskaf. 

Hierdie begrip is lewendig en goed gevestig in Afrika waar, “Welvaart leermeesters in Afrika daarop aanspraak op die vermoë van gesondmaking, die breek van vloeke, herstel van huwelike, en om ongeluk ongedaan te maak, en meer.”16

In ʼn verslag vir TGC International Outreach het, ... Charles Karuri die probleem aangespreek van valse leerstellings wat regoor die Afrika kontinent waai. Karuri, die pastorale assistent by die Emmanuel Baptiste Kerk in Nairobi, Kenia, beskryf die “weelde evangelie, ”as ʼn boosaardige versinsel: “Afrika armoede, werkloosheid, en algemene gemeenskaplike wanfunksionering asook die ontmoeting van die antitesis wat gebore is uit Pentekostalisme en tradisionele Afrika gelowe ... Hierdie is die besonderse dinge wat die toordokter terug in die statte doen lank voor die boodskap van die evangelie van weelde aangekom het op ons strande,” het Karuri gesê.17  

Lewens is verwoes, individue het seer gekry, en geloof was vernietig deur hierdie godsdiens bedrog wat geen plek het in die  Christendom. (Om Tom Killingsworth se ondervinding te lees as werknemer van Copeland Bedieninge, kliek hier.) Die Skrywer Soren Dreir beskrywe die bedrog baie duidelik, en verduidelik: “Die geskenke is nie ʼn werklikheid, omdat hulle plaasvind as ʼn bedoeling tydens spesiale geleenthede.  Die geskenke is nie ʼn werklikheid  omdat dit omkopery is: ‘As jy dit doen, en dat – sal ek jou beloon.’ Enige vorm van geskenk wat gegee as ʼn  alternatiewe bedoeling nie ʼn geskenk is, dit is manipulasie, en ontbloot dit die ‘gewer’ en die ‘gewer’ se agenda.”  

Geld wat gegee word met die bedoeling om iets in ruil daarvoor te ontvang is nie ʼn vrywillige offergawe.  Dit is omkopery.  Die evangelie wat Yahushua geleer heeltemal teenoorgesteld van dit is. Hy sê:

PAS op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie. Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie ’n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg. Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie. (Mattheüs 6 verse 1 tot 3.)

Mense wat mislei is deur die evangelie van welvaart hou deeglike rekord van wat hulle gegee het, met die volle verwagting van groot dividende op hulle “belegging.” Hulle verseker nie gee deur vergeetagtigheid, en nie toelaat dat hulle regterhand nie weet wat die linkerhand gee.

Gedurende die verlede, wanneer kerke ʼn sekere grootte bereik, sal hulle afstig en ʼn nuwe gemeente vorm. Dit was om 1.) die evangelie te versprei en te evangeliseer, en 2.) om die bestaande behoefte van lidmate te ontmoet. Die predikers van die evangelie van welvaart dit nie doen.  In plaas daarvan, is hulle houding hoe groter hoe beter! Nie alleenlik vermeerder dit die fondse van hulle bedieninge ( en sodoende ook hulle salaris tjeks te verhoog) maar is dit ook ʼn subtiele invloed op die verstand onder kerk lidmate. Die evangelie van welvaart werk alleenlik met die mentaliteit van kuddes van groot groepe. Dit is die manipulering van die denke omdat dit, wat as rede gegee word “So baie mense kan nie verkeerd wees!”

Die Lakewood Kerk

“Pastoor [Joel] Osteen bekom ʼn nuwe huis vir die  Lakewood Church vanaf die voormalige Compaq Sentrum gedurende 2005. Die 16,000 sitplek arena is die huis van die nasie se grootste gemeente, (43,000 lidmate) en het dit ʼn opknapping ondergaan van $95 miljoen, volgens die artikel van die New York Times gedurende 2005. ‘Soos baie van die nuwe evangeliese kerke, het die gebou geen kruis, en geen gekleurde glas, of enige ander godsdienstige beeldbeskrywinge. In plaas daarvan, het dit ʼn kafee met wifi internet toegang, 32 video speletjies kiosks en ʼn kluis vir die bêre van die offers,’ het die koerant se verslag gemeld.”(http://www.christianpost.com/buzzvine/joel-osteens-10-5-million-mansion-cross-less-church-and-other-surprising-facts-about-the-mega-pastor-106986/)

Geen Mens Kan Twee Meesters Dien.

Mense wat die dwaling van die welvaart  evangelie aanhang pak die ontmoontlike aan. Yahushua het prontuit gesê: “Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie Yahuwah én Mammon dien nie!” (Mattheus 6 vers 24.) “ Mammon is ʼn interessante klein woordjie wat afgelei is van die Grieks, Mammonas, of hebsug. Hebsug is die “Oordrewe of Onversadigbare begeerte na rykdom of wins.”18  Die welvaart evangelie is die evangelie van Mammon.

 

Petrus het ernstig gewaarsku oor hierdie vernietigende leerstelling, en verklaar:

MAAR daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook Judas die [Yahuwah] wat hulle gekoop het, verloën en ’n vinnige verderf oor hulleself bring; en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word; uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie. (2 Pertrus 2 verse 1 tot 3.)

Die evangelie van welvaart is baie gewild omdat dit ʼn oproep maak op twee groot groepe van mense: die gulsige, en die wat finansieel swaarkry. Byna almal kom voor in hierdie twee kategorieë. Alhoewel, deur hierdie dwaling, is jou sukses nie afhanklik op Yahuwah se goedheid en liefde.  Eerder, is jou sukses afhanklik van jou vermoë om positief te dink, en jou werklikheid te verander deur jou eie werke: deur die betaling van tiendes en offers. Slegter nog, dat jou geestelike verhouding met Yah veroordeel word deur enige uitwaartse vertoon van rykdom wat jy kan maak. Dit volg omdat  armoede en begeerte sonde is, en dat spoggerige vertonings van rykdom ʼn teken is van Yah se guns! Geestelike trots neem oor. Dit is nie verskillend van die houding van die Fariseërs  van 2,000 jaar gelede.

Hierdie dwaling skaamteloos die Skrif weerspreek, wat herhaaldelik verklaar dat verdrukking die lot is van Yahushua se volgelinge hier op aarde. “Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.” (Johannes 16 vers 33)

Welvaart evangelie predikers vergader skatte wat verganklik is. Slegter nog, dat hulle menigtes op ʼn dwaalspoor lei, en hulle aanmoedig om dieselfde te doen. Yahushua se boodskap is heeltemal teenoorgesteld van die evangelie van welvaart. Hy sê:

MOENIE vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;

maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;

want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees. (Mattheus 6 verse 19 tot 21.)

Yahushua het verder gewaarsku dat deur rykdom kom groot geestelike gevaar! “Dit is makliker vir ’n kameel om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die koninkryk van [Yahuwah] in te gaan.” (Markus 10 vers 25.) Paulus was meer prontuit. Hy skrywe:

Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang. Want die geldgierigheid is ’n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor. Maar jy, man van Yah, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid. (1 Timotheus 6 verse 9 tot 11.)

Welvaart predikers moedig mense aan om te strewe na die dinge waaroor Paulus waarsku om te vlug, omdat dit baie hartseer veroorsaak!

Die Bybel is duidelik: dat die lewe op die sondige aarde vol van hartseer en wee is. Ons gaan die Koninkryk van die Hemel in alleenlik deur baie beproewinge en verdrukkinge. Yahushua het aan Pilatus gesê: “My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie.” (Johannes 18 vers 36.) Die beloftes wat gegee word vir die lewe op aarde grootliks geestelike beloftes is, terwyl die beloftes vir materiële  voorspoed hoofsaaklik is vir die lewe wat gaan kom. 

Moenie mislei word deur jou geld te stuur aan kwaksalwers. Moenie aanneem as jy finansieel  swaarkry jy onder die vloek van Yah is. Die Vader werk nie op daardie manier.  Yahushua het selfs nie ʼn huis gehad om sy eie te noem, en tog het die Vader aan Hom gesê:  “Dit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het.” (Mattheus 3 vers 17.)

Neem jou kruis en volg in die voetstappe van Yahushua. Gee jou aandag (en jou offers) vir die redding van siele en wees tot seëninge vir diegene wat in nood verkeer rondom jou. Wêreldse welvaart is aan niemand aangebied in hierdie lewe, maar ʼn goddelike  Kameraadskap is belowe. Hy sal nooit verlaat of jou in die steek laat, ongeag die paaie waarop jy geroep is om te gaan.

Laat jou weg aan die [Yahuwah] oor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer;

Swyg voor [Yahuwah] en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.

 ʼn Klein bietjie is vir die regverdige beter as die rykdom van baie goddelose;

want die arms van die goddelose sal verbreek word, maar die Here ondersteun die regverdiges.

[Yahuwah] ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly.

Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie, en in dae van hongersnood sal hulle versadig word.

Deur [Yahuwah] word die gange van ’n man bevestig, en Hy het ’n welbehae in sy weg.

As hy val, dan stort hy nie neer nie; want [Yahuwah] ondersteun sy hand.

Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie. (Psalm 37 verse 5; 7; 19 tot 19, en 23 tot 25.)

Vertrou op Yahuwah. Hy weet wat jou nood is en Hy sal hulp stuur wanneer jy dit nodig het. Hy hoef Hom nie om te koop. Hy is lief vir jou. Hy is verheug om aan Sy kinders elke goeie ding te gee.

Dit is voldoende.

 kinders en tulpe



1. Kate Bowler, Blessed: A History of the American Prosperity Gospel, p. 39.

2. Koch, “Who Are the Prosperity Gospel Adherents?” Journal of Ideology, Vol. 36, 2014.

3. Gloria Copeland, God’s Will Is Prosperity, p. 54.

4. Simony, Webster’s New Universal Unabridged Dictionary, 1983 ed.

5. David W. Jones, “5 Errors of the Prosperity Gospel,” The Gospel Coalition, June 5, 2015.

6. Edward Pousson, Spreading the Flame: Charismatic Churches and Missions Today, 1992.

7. “Why Do Bad Things Happen?” http://www.kcm.org/real-help/spiritual-growth/learn/why-do-bad-things-happen

8. https://www.merriam-webster.com/dictionary/bribe

9. Noah Webster, American Dictionary of the English Language, 1828 ed.

10. Kenneth Copeland, The Laws of Prosperity.

11. https://www.thegospelcoalition.org/article/5-errors-of-the-prosperity-gospel, emphasis supplied

12. David W. Jones, and Russell S. Woodbridge, Health, Wealth & Happiness: Has the Prosperity Gospel Overshadowed the Gospel of Christ?, p. 8.

13. http://www.huffingtonpost.com/pastor-rick-henderson/osteen-meyer-prosperity-gospel_b_3790384.html

14. https://www.youtube.com/watch?v=jLRue4nwJaA

15. http://www.biography.com/people/charles-ponzi-20650909

16. Norlan De Groot, Patti Richter, “Untangling a Twisted Gospel in Africa,” https://www.thegospelcoalition.org/article/untangling-a-twisted-gospel-in-africa

17. Ibid.

18. https://www.merriam-webster.com/dictionary/avarice