Print

Die Gelowiges se Burgerlike Plig: Die Ware Betekenis van Romeine 13



Romeine 13 word wyd gebruik om Christene te mislei om onjuiste wette te gehoorsaam en steun te gee aan tiraniese regerings. Maar sulke interpretasies konstrasteer die Skrifte. Yahuwah het niemand ooit aanbeveel om menslike wette te gehoorsaam in die verontagsaming van die hemelse wet nie.


William Shakespeare was ongetwyfeld die grootste skrywer wat die Engelse taal ooit gehad het. Hy het meer frases en gesegdes aan die taal verskaf as enige ander persoon voor of daarna. In die vierhonderd jaar sedert sy dood, het sy geskrifte die gewone taalgebruik so beïnvloed dat mense hom aanhaal sonder dat hulle dit besef.

Een van Shakespeare se frases wat wyd geparafraseer word is: “Die duiwel kan Skrifte aanhaal vir sy doel.” Die duiwel se aanhaling van Skrifte is een van die suksesvolste wyses om te mislei. `n Leuen is net so sterk soos met die aantal waarheid waarmee dit verweef is. Deur die leuen met die Skrifte te verenig is `n baie effektiewe wyse om die openhartiges te mislei.

Toe die duiwel die Heiland in die Woestyn versoek het, het Hy Psalm 91: 11-12 aangehaal. Maar Yahushua was nie mislei nie, want in die aanhaling van die Skrifte, het Lucifer, `n sleutel frases uitgelaat en sodoende die betekenis van die vers verdraai. Dit  is hoe die duiwel Skrifte aanhaal! Dit word of verkeerd aangehaal of `n verkeerdelike interpretasie word daarvoor gegee.

Dit is belangrik dat gelowiges op hul hoede moet wees vir hierdie duiwelse uitvindsel want dit is wyd gebruik deur regerings en georganiseerde godsdienste om steun te verwerf en te konformeer aan sulke onbybelse praktyke.

Die Skrifte waarsku van `n globale entiteit aan die einde van tyd wat  grootskaalse despotiese mag oraloor sal uitvoer. Gelowiges het vir eeue as `n skans gestaan teen hierdie indringer euwels. Daarom het die duiwel `n wyse gesoek om hulle passief te laat bly in die aangesig van dit wat verkeerd is. Terselfdertyd verdraai hy en regverdig hy hulle onaktiwiteit as gehoorsaamheid aan Yah. Hy het `n volmaakte oplossing gevind deur die verkeerde insig en verkeerde vertolking van Romeine 13: 1-7:

Bible in the CosmosLaat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van Yahuwah nie, en die wie daar is, is deur Yahuwah ingestel.

Sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van Yahuwah weerstaan; en die wat dit weerstaan sal hulle oordeel ontvang.

Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte. Maar wil jy die mag nie vrees nie, doen wat goed is, en jy sal lof van hom ontvang;

Want hy is `n dienaar van Yahuwah, jou ten goede, maar as jy kwaad doen, vrees dan; want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is `n dienaar van Yahuwah, `n wreker om die een wat kwaad doen, te straf.

Daarom is dit noodsaaklik om jou te onderwerp, nie alleen terwille van die straf nie, maar terwille van die gewete.

Want daarom betaal julle ook belastings, want hulle is dienaars van Yahuwah wat juis hiermee voortdurend besig is.

Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is: belasting aan die wat belasting, tol aan die wat tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom.

Die Monarg van die Heelal is ongetwyfeld die Koning van die konings en die Here van die here. “Hy sit konings af en stel konings aan.”  (Daniël 2: 21)   “Maar Yahuwah is regter: Hy verneder die een en verhef die ander.”  (Psalm 75: 8)  Sodoende, is al die aardse outoriteite in besit van mag deur die toestemming van Yahuwah. Maar dit wil nie sê dat hulle diensknegte van die Allerhoogste is nie en so gehoorsaam moet word nie. Meeste aardse magte werk om die vooruitgang van die Satan se koninkryk, nie Yahuwah s`n nie. Daarom is dit net wanneer hul wette en regulasies in harmonie is met die hemelse wet dat die gelowiges se plig is om daaraan onderwerp te wees.

Misverstand

Dit is `n misverstand om Romeine 13 te gebruik om onderwerping af te dwing met onjuiste wette. Die Skrifte is gelaai met voorbeelde waar manne van Yah hul lewens waag deur menslike wette uit te daag in hul getrouheid aan die hemelse wet.

Toe `n ydele koning `n goue beeld in die plein van Dura opgerig het en almal gebied het om voor dit neer te kniel en te aanbid, het die drie Hebreeuse manne van aansien hul lewens gewaag  deur getrou te bly aan Yahuwah. Hulle het rondborstig bekendgemaak: “Laat dit u bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie,en die goue beeld wat u opgerig het nie sal aanbid nie.” (Sien Daniël 3.)      

Daniel in the Lion's Den, Briton Rivière (1890)

Daniël in die Leeu Kuil, Briton Riviére, (1890)

Verskeie dekades later, het Daniël `n soortgelyke situasie in die gesig gestaar. Toe `n wet uitgevaardig was wat aanbidding  gereguleer het. Daniël het in kalmte sy take afgehandel sonder om sy gewone optrede in enige wyse te wysig. Die koste van  hierdie handeling was hoog: “En hulle het Daniël gebring en in die leeukuil gegooi.” (Daniël 6: 16) Die regering het sy gesag oorskry toe die koning `n wet uitvaardig dat niemand vir `n maand tot enige god mag bid behalwe die koning nie. Daniël was van dit bewus. Alhoewel hy `n baie hoë staatsamptenaar, het hy steeds getrou gebly aan die goddelike wet liefs om toe te gee aan die menslike wette.

Daniel se uitdagende optrede tenoor die wette van die mens het die goedkeuring van Yahuwah weggedra. Toe die koning die leeukuil oopmaak en vra of Daniël steeds lewe, het Daniël se antwoord duidelik die beginsels dat gehoorsaamheid aan die goddelike wet altyd die voordeel moet hê oor gehoorsaamheid aan die menslike wette, bevestig. “Mag die koning vir ewig lewe! My Elah het Sy engel gestuur en die bek van die leeus toegesluit sodat hulle my geen leed aangedoen het nie, omdat ek voor Hom onskuldig bevind is en ek ook teen u, o koning, geen onreg gedoen het nie.” (Daniël 6: 22, 23)

Hy Elah. Daniël het hier bevestig dat sy Elah  oppermagtig was oor die koning se gode, en as die Elah van die elahs, geniet die onderhouding van Sy wette voorrang bo enige menslike dekreet. Dit is `n beginsel van geregtigheid dat die wette van Yahuwah nooit oortree moet word om gehoorsaam te wees aan menslike wette nie.

Die verhaal van Petrus en Johannes voor die Sanhedrin is nog `n besonderse voorbeeld wat bevestig dat die wet van Yahushua die voordeel moet hê bo die aardse dekrete. Waarlik,  wanneer die wette van die mens die wette van Yahuwah uitdaag, moet die mens uitgedaag en die Allerhoogste gehoorsaam word. Nadat Petrus die verlamde man genees het, het die priesters hom en Johannes gearresteer.

Hulle het hulle toe gelas om buitekant die Raad te gaan en met mekaar beraadslaag, en gesê: Wat moet ons met hierdie manne doen? Want dat daar `n kenlike teken deur hulle plaasgevind het, is duidelik vir al die inwoners van Jerusalem; ons kan dit nie ontken nie. Maar dat dit nie nog meer onder die volk versprei word nie, laat ons hulle dreig om nie nog verder in hierdie Naam met enige mens te spreek nie.”

En hulle het hul geroep en hulle bevel gegee om in die geheel nie in die Naam van Yahushua te spreek of te leer nie. (Handelinge 4: 15-18)

persecuted Christian in prison

Die Skrifte is duidelik: ongeag die outoriteit van aardse magte, is die gelowige se eerste verantwoordelikheid aan Yahuwah. Ons moet nie `n aardse wet gehoorsaam wat die wet van Yahuwah teenstaan nie. “Ons moet aan Yahuwah meer gehoorsaam wees as aan die mense.” (Handelinge 5:29)

Die dissipels se geïnspireerde antwoord bevestig die beginsel wat almal moet volg indien te staan gekom voor menslike wette wat in opposisie in met die hemelse wet: Toe antwoord Petrus en Johannes en sê vir hulle: Of dit reg is voor Yahuwah om julle meer gehoorsaam te wees as Yahuwah, moet julle self beslis; want vir ons is dit onmoontlik om nie te spreek van wat ons gesien en gehoor het nie. (Handelinge 4: 19, 20)

Hierdie verhaal was interessant oor `n ander rede: dit was die godsdienstige owerhede van die volk wie toegewings wou afdwing volgens hul reëls en regulasies. Skrifte is duidelik: ongeag van die gesag van die aardse regering, is die gelowige se eerste verantwoordelikheid aan Yahuwah. Die enigste aardse wette wat gehoorsaam mag word is die wat nie die hemelse wet teenstaan nie. Regdeur die eeue, het miljoene ander hul lewens gegee deur die onregverdige gesag te verwerp deur getrou te bly aan Yahuwah.

Verkeerdelike vertaling

Die Nuwe Vertaling (NIV) is `n vertaling van die Bybel wat dikwels gebruik word deur diegene wie die Skrifte wou verdraai om hul eie doel te pas. Dit word maklik bespeur wanneer Romeine 13 studeer word.

“Laat elke mens hom onderwerp aan die regerende magte wat  oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van Yahuwah nie, Die magte wat bestaan was deur Eloah ingestel Gevolglik, wie ookal teen die magte rebeleer , rebeleer teen wat Yahuwah ingestel het, en diegene wie so maak sal oordeel oor hulleself bring.   .  .  .(Romeine 13: 1-2)

Wat die Ou Vertaling vertaal as “magte wat oor hulle aangestel is” word deur die NIV vertaal as “regerende magte.” Die woord wat so vertaal word is exousia (#1849). Alhoewel dit die betekenis van mag engesag bevat, bevat dit ook die betekenis van voorregte, vryheid, oorwinning en liberaliteit. Yahuwah het aan die mensdom gesag toevertrou – die mag om vir homself keuses te maak. Wanneer die woord “liberaliteit” binne in die gedeelte geplaas word, word `n anderste betekenis daaraan verleen:

“Laat elke mens hom onderwerp aan die hoër liberaliteit. Want daar is geen liberaliteite behalwe van Yahuwah nie, en die liberaliteit wat daar is, is deur Yahuwah ingestel. Sodat hy wat hom teen die liberaliteit versit [teenstaan], die instellings van  Yahuwah weerstaan, en die wat dit weerstaan[homself daarteen opstel] sal hulle oordeel ontvang.Want die liberaliteit is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte. Maar wil jy die liberaliteit nie vrees nie, doen wat goed is, en jy sal lof van hulle ontvang.” (Romeine 13:1-3)

Dit is van uiterste belang vir gelowiges in die laaste generasie om `n korrekte insig te hê van Romeine 13 want dit is die misbruik van hierdie aanhaling wat alreeds gebruik word om toegewing af te dwing aan tiraniese aardse magte. In die nabye toekoms sal hierdie selfde skrifgedeelte gebruik word om die valse Sabbat te bevorder. Kompromiterende predikante sal hul lede dwing om toe te gee aan hierdie wet wat die wet van Yahuwah breek. `n Verkeerdelike insig in Romeine 13 sal Yah se belydende lidmate lei om te voldoen aan mens-gemaakte wette. Deur dit te doen sal hulle die gevreesde merk van die dier ontvang.  

Dit is beide verkeerd en moreel nie reg om Romeine 13 te gebruik om staatkundige wette te ondersteun wat teenstrydig is met goddelike wette. Yahuwah het aan geen mens mag, in die hemel of op aarde, die outoriteit verleen om Sy wet te omseil nie.

Dietrich Bonhoffer

Dietrich Bonhoffer, 1906-1945

Dietrich Bonhoffer het hierdie baie belangrike beginsel van geregtigheid goed verstaan. Hy was `n toegewyde Christen predikant wat onder die atheïstiese regime van Nazi Duitsland geleef het . In daardie tyd het baie Christen kerke toegegee aan Nazi vereistes en hulle het hierdie ooreenkomste gebaseerop Romeine 13. Bonhoffer `n Lutherse teoloog, het die gevaar om menslike gesag bo die goddelike gesag te plaas, verstaan. En hy het dit een stap verder geneem. Hy het gesê dat almal die verantwoordelikheid het  om onregverdige outoriteite te weerstaan. In die nodigheid om jou sê te sê ter verdediging van andere, het hy geskryf:

Eers het hulle vir die Kommuniste gekom, maar ek het niks gesê omdat ek nie `n kommunis is nie.Toe kom hulle vir die Sosialiste en die Vakbond lede maar ek het nie ter verdediging van hulle gespreek nie want ek was nie deel van een van hulle nie. Toe kom hulle vir die Jode, maar ek was nie `n Jood nie, dus het ek nie uitspraak gelewer nie. En toe hulle vir my kom, was daar niemand oor  ter verdediging van my  nie.

Hierdie vreeslose man van Yahuwah was in hegtenis geneem en tronkstraf toegedien in 1943. Hy was gemartel net twee weke voordat die konsentrasie kamp waarin hy opgesluit was, bevry is deur die Geallieerde magte.

Skrifte leer nie blindelingse gehoorsaamheid aan aardse magte nie. In teenstelling daarmee leer dit dat almal wat die waarheid en heiligheid liefhet, het beide `n verantwoordelikheid en `n verpligting om wat onregverdig is te weerstaan. Dit is die direkte teenvoeter vir die onjuiste interpretasie van Romeine 13.

Edmund Burke was iemand wat dit ook goed verstaan het. Hy was `n skrywer, staatsman, politieke teoretikus en filosoof. `n Aaanhaling wat dikwels aan hom toegedig word verklaar duidelik: “ Die enigste ding nodig vir die sege van die bose is vir goeie mense om niks te doen nie.”

Dit is `n ernstige saak om vir waarheid te staan. Dit is `n heilige verpligting om die kwaad te weerstaan in al sy vorme. Regerings, magte en outoriteite het hul ampte deur die toestemming van die Almagtige. Hulle outoriteit is`n gedeligeerde outoriteit. As sulks, is hulle self ook verantwoordelik aan die Skepper. So gou as wat hulle misbruik maak om vereistes te stel en wette maak wat die goddelike wet uitdaag, op daardie oomblik, oortree hulle die outoriteit wat aan hulle deur die goddelike Wetgewer gegee is.

Prediker 12: 13 som die plig van die mens op: “Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees Eloah en hou Sy gebooie ; want dit geld vir alle mense.” (1599 Geneva Bible) Die mens se primêre verantwoordelikheid is aan die Skepper. Dit is altyd `n staande pligsbesef. Aardse regerings moet gehoorsaam word slegs as hulle in harmonie is met die hemelse wet. Dit geld vir alle mense.