Print

Die Onbeduidenheid van die Nommer 3

Dit is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuigings. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC af kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC inhoud [artikels/episodes], hou ingedagte Spreuke 4:18. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe, en soek dit waar dit ookal gevind kan word.

die-onbeduidenheid-van-die-nommer-3

Christen ortodoksie verklaar dat Yahuwah een God is gemanifesteer in drie goddelike persone. Verder staaf dit dat hierdie misterie `n voorafskaduwing was van die drie “manne” wie, byvoorbeeld aan Abraham verskyn het, en word gedemonstreer in die teenwoordigheid van al drie “goddelike wesens” tydens Yahushua se doop. As `n protes van die Skrifte wat herhaaldelik verklaar dat daar net een God is, staaf ortodoksie dat die woord “een” of “echad” in Hebreeus verstaan kan word as `n saamgevatte een, `n eenheid van verskeie persone of een ding.

Maar wanneer dan word besluit dat een, een beteken en wanneer is dit meer as 1? Hoe moet die Bybelstudent weet of “echad” (veronderstellend) gebruik moet word in “meervoudige eenheid” wyse en wanneer beteken dit werklik net een enkele ding? En hoe kan ons seker wees dat hierdie meervoudige eenheid gelyk is aan 3, 6 of 8? Judas 1:4b sê: (Hulle is) goddelose mense wat die genade van Yahuwah verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, Yahuwah, en onse Meester Yahushua Christus verloën.” Beteken een net 1 of beteken dit meer as 1 in hierdie voorbeeld? As dit meer as een beteken, beteken dit dat onse Heer Yahushua Christus het meer as een persoonlikheid. Ek weet nie van enigeen in die ortodoksie wat sal sê dat Judas 1:4 `n drie-enige Yahushua openbaar nie. As Yahuwah sê Hy dat Hy die enigste een is, word daar aangevoer dat Hy meer as 1 is.

Die doel van hierdie artikel is om te ondersoek of groeperings van drie in die Skrifte of in die natuur wys na `n drie-enige God. Is dit waar dat die noem van drie dinge tesame `n drie-eenheid bewys? Skep die groepering van drie dinge of mense saam `n “drie-in-een” eenheid?

3

Vir `n lang tyd het ons die aandrang deur die ortodoksie bemerk dat Mattheüs 28:19 die Drie-eenheid ondersteun omdat Yahushua uitdruklik die dissipels beveel het om te doop “in die naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees” (NIV) Mattheüs 3:16-17 (herhaal in Lukas 3:22) word gebruik in dieselfde manier. Omdat al drie “entiteite” - Yahushua wie gedoop word, die Gees van Yahuwah in die vorm van `n duif, en die stem van die Vader uit die hemel – word genoem as teenwoordig in een toneel, is die Drie-eenheid verklaar as verteenwoordig en bevestigd. Ná hierdie twee gedeeltes, het die onderwysers van die ortodoksie hard en lank gesoek vir verdere 3-in-1 bewyse. Een hiervan is 1 Petrus 1:2. Hierdie vers word gebruik ter ondersteuning van die Drie-enigheid eenvoudig maar net omdat al 3 ingesluit is in een lang sin: [Petrus] uitverkore volgens die voorkennis van Yahuwah die Vader, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Yahushua Christus.” Niks hier moet voorstel dat die drie “persone” een “God” uitmaak nie net omdat hulle maar saam verskyn nie.

Laat ons `n ander voorbeeld oordink van drie persone wat saam gegroepeer word in die Skrifte. Toe Moses moeg geraak het om sy arms in die lig te hou tydens die geveg tussen Israel en die Amalekiete, het Aäron en Hur aan elke kant van hom gestaan, elkeen wat een van Moses se arms ondersteun. Beteken dit dat Moses, Aäron en Hur drie persone in een essens was? (Exodus 17:11-12).

Toe Elisa en Moses met Yahushua op die berg verskyn het (Matt. 17:3) dui dit aan dat hulle drie, een in essens was? Niemand by hul volle positiewe moet sulke snert glo nie. Nogtans is dit wat ons vertel word ons moet glo wanneer Yahuwah die Vader, Yahushua Sy Seun, en die heilige gees enige plek naby mekaar in die Bybel genoem word.

Kom ons kyk nou na die Skrifte wat drie dinge saam noem. Beide Titus 1:4 en 2 Johannes 1:3 noem 3 dinge saam – “Genade, Barmhartigheid en Vrede – wat letterlik en figuurlik “met ons” sal wees? Is hulle drie deugde in een deug, elke deug wat nie verwar moes word met die ander nie, maar almal dieselfde deug? Die verontwaardigde, en regmatige reaksie is dat so `n stelling belaglik is, nogtans is dit dieselfde redenasie wat op 1 Petrus 1:2 toegepas word.

Dit is `n blatante bevooroordeelde seleksie van skrifte om `n nie-ondersteunbare geloofsoortuiging te rugsteun. Dit sal net so maklik wees om 4 of 7 dinge in `n lys bymekaar te sit om te bewys dat Yahuwah `n vier-voudigheid of sewevoudigheid is. Daniël 8:22 noem die vier horings wat vier koninkryke verteenwoordig. Spreuke 6:16-19 noem 7 dinge saam in `n lysie wat `n gruwel vir Yahuwah is. Dit is net so gelykmatig ongegrond om aan te voer dat die groeperinge van drie persone of drie dinge tesame in die Skrifte `n “meervoudige eenheid” uitmaak.

Deur van die Skrifte na die natuur te draai, is dit waar soos die ortodoksie aanvoer, dat die “dikwelse” verskyning van groeperings van 3 (blaartjies, materie deeltjies, ens.) in die natuur, die Drie-eenheid demonstreer. Ek het onlangs afgekom op `n YouTube video genaamd “Drie-eenheid in die Natuur” wat met sluwenheid al die “drieë” in die skepping, uitwys. Die musiek, die prente, en die bewoording is met geslepenheid ontwerp om die nie-ondersoekende kyker te oortuig dat die Skepper Sy drie-enige voetspore regdeur Sy skepping gelaat het.

DRIE-EENHEDE van partikel fisika: kwarke, leptone bosone.

MISLUK: `n Vinnige internet soektog onthul `n lys van 7 elementêre deeltjies.

DRIE-EENHEDE van lig: 3 primêre kleure gekombineer om wit lig te vorm.

MISLUK: 3 primêre kleure gekombineer om swart lig te vorm. Wit lig bestaan uit al 7 kleure van die reënboog. (Mm – ag, daar`s daai verpestelike nommer 7 wat weer kop uitsteek.)

DRIE-EENHEID van fases van materie: gas, vloeistof, vastestof

MISLUK: Wat van plasma, kritiese vloeistowwe en sommige gedegenereerde gasse?

DRIE-EENHEDE van ekologiese balans: minerale, plante, diere.

MISLUK: Het u mense vergeet?

DRIE-EENHEDE van die mensdom: 3 sub groepe van die mensdom is Negers, Mongoloids, en Kaukasiërs.

MISLUK: Eerstens is hierdie arbritrêre mensgemaakte groeperings wat nie op Skrifte gebasseer is nie. Yahuwah het een ras geskape, die menslike ras. Alle genetiese materiaal was opgesluit in die DNA van die eerste twee mense deur Yahuwah geskape.

Tweedens, die Horniman Museum in Londen bevat die uitstalling van die Homo Sapiens Sapiens bestaande uit vier groeperings: die drie hierbo genoem met die addisionele Austroloids.

DRIE-EENHEID van die menslike gesin: vader, moeder, kind.

MISLUK: Wat daarvan as hulle meer as een kind het? Wat daarvan, soos in baie kulture, die vader meer as een vrou het? Wat as `n enkel ma aanneem? Wat van oupas en oumas, tannies en ooms, neefs en niggies? Daar is baie meer moontlikhede as net die vader-moeder-kind trio.

DRIE-EENHEID van die heelal #2: ruimte, materie, tyd

MISLUK: Wetenskaplikes noem ten minste 4 deur insluiting van energie.

DRIE-EENHEID van die heelal #3: wydte, hoogte, diepte

MISLUK: Wetenskaplikes sluit tyd in as `n vierde dimensie.

(Sien ons nou`n hele klomp viere … Hmmm…)

DRIE-EENHEDE van tyd: verlede, hede, toekoms
MISLUK: Dit bewys steeds niks van wie Yahuwah is nie.

Daar is 60 sekondes in `n minuut, 60 minute in `n uur, 24 ure in`n dag, 7 dae in `n week, 52 weke in`n jaar, 365.2425 dae in `n jaar, 24 tydsones. Geen drieë in enigeen hiervan nie. Ongelukkig sal die naïwe, onkundige, getroue kykers van sulke videos of toehoorders van `n lesing verbaasd staan voor sulke onthullings van 3’e in die natuur. Ter afsluiting, voeg ek by, dat baie ander getalle kan in net soveel oorvloed gevind word in die natuur as die nommer 3. Die drie-blarige shamrock word gewild gebruik as verwysend na die Drie-eenheid, maar, duisende ander plante het 5, 7, of meer blomblare. Die gebruik van die shamrock is soos bewysboodskap.

Vywe is ook volop in die natuur. Mense het vyf vingers op elke hand en vyf tone op elke voet. Sterre word tipies geteken met vyf punte, en die stervis het vyf arms. Ons het vyf sintuie en daar is vyf verdelings in mitose (sel verdelings).

Verder op in die getalle kaart, is daar 7 kleure van die reënboog, 7 dae waarin Yahuwah geskep het, en 7 note op die musiek skaal. In die Bybel, is Faroa se droom, uitgelê deur Josef, belaai met sewes; sewe priesters met 7 basuine wat 7 keer rondom Jericho gemarsjeer het; en wysheid het sewe pilare. Die boek Openbaring is deurtrek met sewes, insluitende 7 kandelare, 7 geeste, en 7 kerke. Die rituele Minorah kandelaar, wat steeds in Judaïsme gebruik word, het sewe pype. In die Bybel word die nommer sewe gesien as `n getal van volledigheid en volmaaktheid. Indien enige nommer gebruik word as verteenwoordigend van Yahuwah, is dit die nommer 7, nie 3 nie. Daarom kan die nommer 3 nie aanspraak maak op enige uitnemendheid in die natuur as enige nommer nie, en bewys niks omtrent Yahuwah as `n Drie-eenheid nie. Yahuwah is een. Een beteken een.


Dit is `n nie-WLC artikel deur Alane Rozelle.

Ons het alle heidense name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die Naam van die Vader en Seun in die Skrif herstel, soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is. - WLC Span