Print

Die Teken van Jona

Die “teken van die profeet Jona” bevat veel meer as wat die meeste mense besef. ʼn Deeglike studie van die Skrifte openbaar dat die “drie dae en die drie nagte” wat die Verlosser in die “hart” van die aarde” deurgebring het begin by Getsemane, die nag toe Hy verraai was.

kids drawingDie kinders het die verhaal van Jona in die Bybel klas bestudeer. Mev. Fredericks het aan haar graad 2 klas gevra om ʼn prent te teken oor Jona. Die meeste kinders het ʼn prent geteken van Jona in die water of wat deur die vis ingesluk word. ʼn Klein getal het vanuit ʼn ander hoek dit geteken wat wys op Jona wat in die ingewande van die vis bid. Toe Mev. Fredericks na Jennifer se prent kyk het sy gedink dat sy geen begrip het wat dit veronderstel is om te wees. Binne in ʼn groot reghoek was daar drie beddens en drie glimlaggende sonne bokant drie stok fuguurtjies geteken, van ʼn vader en ʼn klein seuntjie wat hande hou. Die grootste deel van die reghoek was ingekleur deur bruin kleurkryt. Regoor die bokant, was daar ʼn rand van groen gras. Die wortels onder die gras was noukeurig geteken. “Jennifer, jy was veronderstel om ʼn prent van Jona te teken maar ek sien hom nerens in jou prent. Het jy die opdrag verstaan? “Ja ek het Mev. Fredericks! Kyk? Dit is die teken van Jona: die seun van die mens was in die aarde vir vir drie dae en drie nagte. Kyk na die klein seuntjie? Hy is die seun. Die beddens is die drie nagte. Die sonne is die is die dae en dit is alles in die grond. “Terwyl die prent ʼn laggie veroorsaak deur die onderwyser, weet die meeste Christene nie naastenby om die “teken van Jona” soos klein Jennifer te verstaan. Verskillende kerke leer van verskillende vertolkings van wat die Verlosser bedoel het, toe Hy geprofeteer het oor Sy dood en gesê het: “ n Slegte en owerspelige geslag soek na ‘n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona. Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.” (Mattheus 12 verse 39 tot 40.)    

Verskeie Teorieë is Volop – Verskilende denominasies het te voorskyn gekom met verskillende vertolkings oor die “teken van Jona.” Dit is voorgestel dat die tyd periode een van die volgende is:

  1. Vanaf die kruisiging die Vrydag oggend tot die opstanding op die Sondag môre.
  2. Woensdag nag tot Saterdag nag.
  3. Die begrawe tyd alleenlik in die graf is, dit wil sê vanaf Vrydag tot Sondag môre.

Die eerste probleem met elkeen van hierdie enkele vertolkings is dat dit gebaseer is op ʼn foutiewe uitgangspunt: dat die Israeliete die heidense Juliaanse Kalender gebruik het. Die Israeliete het  gedurende die tyd van Yahushua die maan- son kalender van Moses gebruik. Hierdie Bybelse kalender is nie inlyn met die een of die ander dae volgengs die planete soos Vrydag, Saterdag en Sondag, of die vroëere agt dae week van die oorspronklike Juliaanse kalender. Daar bestaan ander probleme wat die verkeerdheid van hierdie teorieë openbaar.  

Vanaf die kruisiging tot die opstanding: Menige neem aan die teken van Jona verwys na die tyd periode vanaf die kruisiging tot en met die opstanding.Dit is nie waar omdat die verlosser gekruisig was tydens die middel van die oggend, tydens die môre offer gedurende die maand Abib die 14de. Dus terwyl gedeeltes van die drie dae oorgedra word, en net rekenskap gee vir twee nagte.

Vanaf Woensdag nag tot Saterdag nag: Ander Christene glo dat die teken van Jona vereis dat Yahushua 72 uur moes deurbring in die Heilige Graf. Volgens hierdie gebeurtenis, leer hulle dat die kruisiging plaasgevind het  op die  Woensdag van die Juliaanse kalender. Deur so te glo is ook verkeerd omdat dit wys dat die opstanding gedurende Saterdag nag was. Dit is ook verkeerd vir twee redes. Eerstens, soos voorheen genoem was, is dat die Juliaanse kalender nie in gebruik was deur die Jode  tydens Yahushua tyd op aarde. Tweedens is die Skrif duidelik dat die opstanding nie plaasgevind het gedurende die nag van die maand Abib die 15de. Eerder, het dit plaasgevind met sonsopkoms op die oggend van die maand Abib die 16de: “met die einde van die Sabbat, met die begin van die dagbreek en teen die eerste dag van die week, toe Maria Magdalena en die ander Maria na die Heilige Graf gegaan het.” (Mattheus 28 vers 1) Die kruisiging het plaasgevind in die onderhouding van die groot sisteme en tipes en anti - tipes wat vasgestel is deur Yahuwah gedurende die tyd van die uittog. Daarom kon dit nie plaasgevind het voor die tyd van die maand Abib die 14 de. 

Die Vrydag nag tot Saterdag nag: Ander het fouteer deur aan te neem dat alleenlik die ure wat Yahushua in die graf deurgebring voldoen aan as “In die hart van die aarde.”

Laserus het pas herrys na vier dae in die graf, en die Fariseers wat ʼn teken verlang het was bewus daarvan. Het [ Yahushua ] bedoel om hierdie wonderwerk te herhaal, in minder dae, en om dit as ʼn teken aan te bied? Nee, die teken was baie meer as die opstanding uit die dood na drie dae en drie nagte in die graf. Die teken was om Homself in ons sonde te begrawe, en verlaat van [Yahuwah] te wees soos Jona geprofeteer het, waar [Yahuwah] nie sou luister, en  om te betaal vir ons sondes met lyding, deur die dood en om op die derde dag weer te herrys.1

Om te verstaan wat die teken is wat Yahushua gegee het, is dit nodig om die beeldspraak te verstaan wat Hy gebruik het. Soos altyd voorsien die Skrif aan die leidrade om sy geheimenisse te verduidelik. Daar is drie punte wat duidelik  verstaan moet word vir die openbaring en die betekenis van Yahushua se verwysing na die “teken van die profeet Jona”:

  1. Die ingeslote teenoor die uitgeslote tellings
  2. Die betekenis van die uitdrukking, “in die boesem van die aarde.”
  3. Wanneer begin die “die drie dae en drie nagte.”

Deur Ingeslote Telling: Sowel as die Romeine en die Israeliete van die Bybel se tye het verskillend getel as wat die meeste mense van vandag geleer is om te tel. Die meerderheid van vandag se mense tel eksklusief. Soos byvoorbeeld veronderstel jou kind kom na jou toe gedurende die 20ste April na die Lente reses. Sy vra hoe lank nog voor die somer vakansie? Jy weet dat die skool sluit op die 15de Junie vir die somer vakansie. Daarom kan jy aan haar sê dat die somer vakansie begin oor twee maande. Dus het jy eksklusief getel, deur alleenlik net die maande Mei en Junie te tel. Jy sou nie die maand van April tel omdat dit die maand is waarin jy is. ʼn Romein of Israeliet, sal weer op die anderkant inklusief tel. Sou hulle gevra word wanneer sal die somer vakansie aanbreek, sal die antwoord wees oor drie maande, omdat hulle-telling begin in die maand waar die telling begin. Dus is dit onnodig dat die teken van Jona ʼn volle 72 uur bevat. Bowendien, deur die telling van ʼn dag as ʼn 24 uur periode is ʼn metode van telling wat nie bestaan het onder die Israeliete. Die nagte was verdeel in nagwake en die dae is in 12 ure gelykop gedeel, volgens die sonhorlosie. Yahushua het self gevra: “ Is daar nie twaalf ure in die dag nie?” (Lees Johannes 11 vers 9) Die ure in die somer was gevolglik langer as die ure in die winter. Deur inklusiewe telling is enige gedeelte van ʼn dag getel as een dag. Daarom is die 16de van die Maand Abib die dag van die Verlosser se opstanding, en is dit die derde dag van die telling, alhoewel Hy in die begin van daardie dag opgewek is.

Die Hart van die Aarde: Gelowiges het lank aangeneem dat in die “hart van die aarde” is om begrawe te wees, Alhoewel, dit ʼn te beperkte verduideliking is. Die ware betekenis van “in die boesem van die aarde” het ʼn veel groter toepassing. Die Skrif verwys na die “aarde” as die menslike ras, of meer spesifiek die menslike hart. Yahushua se gelykenis van die saaier, het Hy duidelik verklaar wat was gesaai in die grond, en dit is dit “ waar die woord van hulle harte.” (Lees Markus 4 verse 3 tot 20) Die Skrif is ook baie duidelik dat die hart van die mens baie boos  en sondig is:

“Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?” (Jeremia 17 vers 9)

“Toe die Yahuwah sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was.” (Genesis 6 vers 5)

heart of the earth

Die oorspronklike Grieks vir die woord hart voorsien bykomende bevestiging:: “kardia… die hart, met ander woorde die denke of die gevoel van die (verstand).... “2 Sodoende,verwys hart van die aarde veel meer as die eenvoudige fisiese begrawe in die aarde. Dit verwys na die doemvonnis van sonde. Yahushua was sondeloos, en Hy moes so wees, ander kon Hy nie ons Verlosser wees. Hy het gesê dat Hy vrywillig verantwoordelikheid vir ons sonde sal aanvaar het. Dit was die geheimenis van genade wat toegelaat het dat ʼn regverdige Skepper, geregtigheid en verlossing aangebied het aan die belydende sondaar. Deurdat Yahushua ons sonde op Hom geneem het, waarin Hy geen aandeel in gehad het, kon Hy ons Sy geregtigheid gee waarin ons geen aandeel in het.

“En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van Yah in Hom.” ( 2 Korinthiërs  5 verse 18 en 19 en 21)

Die volledige drie en vyftigste hoofstuk van Jesaja verduidelik hierdie goddelike handeling:

“Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor,
ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel;
die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom,
en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
omdat Hy sy siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was,
terwyl Hy tog die sonde van baie gedra
en vir die oortreders gebid het.”
(Jesaja 53 verse 5 tot 6 en 12)

Toe Yahushua terwille van ons sonde geword het, het Hy die straf aanvaar wat almal in die aangesig staar wat aanhou om in opstand teen die Hemel te wees. Daardie straf is die verwydering van Yahuwah self.

 “maar julle ongeregtighede het ‘n skeidsmuur geword tussen julle en julle Elohim,
en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg,
sodat Hy nie hoor nie.”
(Jesaja 59 vers 2)

“As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart,
sou Yah  nie gehoor het nie.”
(Psalm 66 vers 18)

Wanneer het die telling begin? Die straf wat deur Yahushua verduur is was die lyding van ewige verwydering van die Skepper van Almal. Hierdie lyding het die hoogtepunt bereik toe Hy gesterf het van hartverskeuring wat die oorsaak was van die twee strome bloed en “water.” Alhoewel, die Verlosser se lyding het nie begin met die eerste spyker wat sy vel binnegedring het, of met die eerste slaan van die Romeinse kastyding. Dit is die sleutel vir die verstaan van die teken van Jona. Yahushua se lyding het begin toe Hy onder die straf van goddelike veroordeling gekom het van sonde in die Tuin van Getsemane.    

In die Tuin van Getsemane het Christus gely in die mens se plek, en in die menslike natuur as die Seun van [Yahuwah] gewaggel onder die verskriklike afgryse van skuld vir sonde, totdat daar van Sy bleek en bewende lippe die angskreet uit geforseer  is, “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan;” maar as daar nie ʼn ander manier is waarby die redding van die gevalle mens verkry kan word nie, dan, “ nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.” Die menslike natuur sou net daar en dan gesterf het onder die afgryse en die gewaarwording van sonde, as daar nie ʼn engel vanaf die hemel gekom het om Hom te versterk om die doodsangs te verdra.3       

Yahushua was die Lam van Yah wat die sonde van die wêreld wegvat. Hy was gekruisig op die Pasga gedurende die 14de van die maand Abib, sodat die geregtigheid van Yahuwah verkry kan word oor belydende sondaars, net soos die Doodsengel verbygegaan het oor die Israeliete in Egipte. Alhoewel hierdie lyding het begin in die Tuin van Getsemane, na die Laaste Avondmaal, die aand van die 13de van die maand Abib.   

Die mag wat die vergeldende oordeel opgelê het oor die mens se plaasvervanger en borg, was die mag wat lydende Een ondersteun en omhoog gehou het, onder die geweldige gewig van die toorn wat sou gekom het oor ʼn sondige wêreld. Christus het die dood gely  wat uitgespreek was oor die oortreders van [Yahuwah] se wet.

Dit is ʼn verskriklike ding vir diegene sonder berou om in die hand te val van die lewende [Eloah]... Maar nooit was dit bewys tot in so ʼn omvang as in die doodsangs van Christus, die Seun van die oneindige Eloah, toe Hy die las van die toorn van Yahuwah gedra het vir ʼn sondige wêreld. Dit was die gevolge van sonde en die oortreding van Yahuwah se wet, dat die Tuin van Getsemane vooraf by uitstek die plek van lyding geword het vir ʼn sondige wêreld. Geen berou, geen pyn kan gemeet word met dit wat die Seun van Yahuwah verduur het.4   

Lamb of Yahuwah

Die loutere geestelike en emosionele pyn wat verduur was deur die Verlosser toe,  “Hy sy siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid het.” (Jesaja 53 vers12) het begin in Getsemane. In die Skrif is hierdie verskriklike gebeurtenis opgeteken: ” en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val.” (Lukas 22 vers 22) Dit was voor Sy gevangeneming. Gewillig om die goddelike toorn te dra vir sondaars, het die straf begin die nag tevore voor die werklike kruisiging. Die Skrif bevestig dat die straf vir sondaars omsluit veel meer as rofweg net die ses ure wat die Verlosser aan die kruis gespandeer het. Daar is twaalf hoofstukke in die Bybel wat verwys na die drie dae tyds periode wat  Yahushua se dood omvat en elke enkele een van hulle verwys in een of ander manier na die geestelike lyding wat in Getsemane begin het voor Sy dood.    

“Die Mens is nie ʼn sonde –draer gemaak, en hy sal nooit die verskrikking of die vloek van die sonde verstaan wat die Verlosser gedra het. Geen smart kan in enige in vergelyking gebring word met die smart van Hom, op wie die toorn van Yahuwah kom met oorweldigende mag. Die menslike natuur kan net uithou tot ʼn beperkte aantal toetse en beproewinge. Die oneindige kan alleenlik uithou aan die oneindige maat, en die menslike natuur swig, maar die natuur van Yahushua het ʼn groter vermoë gehad, omdat mens bestaan het in die goddelike natuur  om vir die lyding uit te hou wat veroorsaak is deur die sonde van ʼn verlore wêreld... Die loon van die sonde is die dood, maar die gawe van Yah is die ewige lewe deur Yahushua aan die berouvolle gelowige sondaar.” 

Ellen G. White, Manuscript 35, 1895

“Van toe af het Yahushua begin om sy dissipels te toon dat Hy na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op die derde dag opgewek word.” (Mattheus 16 vers 21)

Die derde dag van wanneer af? Vanaf die tyd toe die lyding begin het. Lees verder:

“Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan. En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan.” (Lukas 24 verse 45 tot 46)

“Toe het Hy hulle begin leer dat die Seun van die mens baie moet ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en ná drie dae opstaan.” (Markus 8 vers 31)

Hierdie teks is van spesifieke belang omdat dit baie duidelik is dat die opstanding kom na ʼn drie dae proses wat begin het met Sy lyding. In Lukas 24 is dit opgeteken van die die twee manne wat vanaf Jerusalem loop na hulle verblyfplek in Emmaus op die 16de van die maand Abib, die dag van die opstanding. Soos hulle loop bespreek hulle, “al hierdie dinge wat voorgeval het..” (Lukas 24 vers 14)

So was dit terwyl hulle  gesels en gedebateer het, dat Yahushua self by hulle aangesluit het en hulle vergesel het. Maar hulle oë was weerhou, dat hulle Hom so herken.

“En Hy sê vir hulle: Watter woorde is dit wat julle met mekaar loop en wissel, en waarom is julle bedroef?”

Hulle antwoord Hom, “Die dinge aangaande Yahushua, die Nasaréner, wat ‘n profeet was, kragtig in werk en woord voor Eloah en die hele volk; en hoe ons owerpriesters en owerstes Hom oorgelewer het tot die doodstraf en Hom gekruisig het. 1En ons het gehoop dat dit Hy was wat Israel sou verlos; maar nou is dit vandag, met dit alles, die derde dag vandat dit plaasgevind het.” (Lukas 24 verse 15 tot 17 en 19 tot 21)

Dit het aan die Verlosser die geleentheid gegee wat Hy wou hê om hulle leer en hulle geloof te inspireer:

“En Hy sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het! Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie? En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.” (Lukas 24 verse 25 tot 27)

 (Om ander Skrif gedeeltes te lees wat wys op die proses van hierdie gebeurtenisse, kliek hier en rol af.5) Dit is nie nodig om hierdie wonderlike profesie oor die Verlosser se lyding en dood te verontagsaam, en is dit ook nie nodig vir die oplê van die 72 uur tyd periode. Die tyd periode  vanaf die aand vanaf die 13 van die maand Abib tot met sonsopkoms 6die 16 van die maand Abib voldoen aan die maatstaf van Yahuwah vir die saak tot redding van die mensdom.


1 Jen Shroder, Three Days & Three Nights: The Sign of Jonah.

2 Kardia, #2588, The New Strong’s Expanded Dictionary of Bible Words.

3 SDA Bible Commentary, Vol. 5, p. 1103.

4 Ibid.

5 In Handelinge 10 vers 39 was die oorspronklike vertaal as “doodmaak” wat impliseer ʼn geweldadige dood. Dit was nie ʼn genadige, vinnige dood. Dit was eerder ʼn geweldadige een vol lyding.

6 Die feit dat die opstanding geskied het met sonopkoms op die 16de van die maand Abib, die derde dag van die profesie ondersteun indirek die Bybelse bewyse wat openbaar dat die dag met sonopkoms begin.