Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiging. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar raai ons lesers nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester die waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
“En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak” (Johannes 8:32).
Baie veronderstel dat alles wat as “Christelik” gestempel word, moet sy oorsprong hê met Yahushua Christus en sy vroeë volgelinge. Maar dit is nie die geval nie. Al wat ons moet doen is om na die woorde van Yahushua Christus en Sy apostels te kyk om te sien dat dít nie die waarheid is nie.
Die historiese verslae wys dat nes Yahushua en die Nuwe Testament skrywers voorspel het, het baie ketteragtige idees en onderwysinge van binne die vroeë Kerk opgekom en dit van buite geïnfiltreer.
|
Die historiese verslag wys dat, nes Yahushua en die Nuwe Testamentiese skrywers voorspel het, verskeie ketteragtige idees en onderwysers opgestaan het vanuit die vroeë kerk en dit van buite ingedring het. Christus homself het Sy volgelinge gewaarsku: “Pasop dat niemand julle mislei nie, want baie sal in my Naam kom … en hulle sal baie mense mislei” Mattheüs 24:4-5).
Jy kan soortgelyke waarskuwings in ander gedeeltes vind (soos Matthéüs 4:11; Handelinge 20:29-30; 2 Korinthiërs 11:13-15; 2 Timothéüs 4:2-4; 2 Petrus 2: 1-2; 1 Johannes 2:18-26; 1 Johannes 4: 1-3)
Nie eens twee dekades na die dood en opstanding van Christus, het die apostel Paulus alreeds geskryf dat baie gelowiges “afvallig word … na `n ander evangelie toe” (Galasiërs 1:6). Hy het geskryf dat hy geforseer was om te stry teen “valse apostels, bedrieglike arbeiders” wie bedrieglik was “wat hulleself verander in apostels van Christus” (2 Korinthiërs 11:13). Een van die besonderse probleme waarmee hy te doen gehad het was om te werk met “valse broeders” (2 Korinthiërs 11:26).
Eers laat in die eerste eeu, nes ons sien in 3 Johannes 9-10, het toestande so sleg geraak dat die valse leraars openlik geweier het om verteenwoordigers van die apostel Johannes te ontvang en het hulle die ware Christene uit die Kerk verban!
Edward Gibbon, die befaamde historikus, wie omtrent hierdie moeilike tydperk in sy klassieke werk The History of the Decline and Fall of the Roman Empire praat van `n “donker wolk wat hang oor die eerste eeu van die kerk” (1821, Deel 2, bl. 111).
Dit was nie lank voordat getroue diensknegte van Yahuwah `n gemerkte en verstrooide minderheid geword het onder hulle wie hulleself Christene genoem het nie. `n Baie anderste geloof, nou gekompromiteer met baie konsepte en gewoontes wat gewortel is in antieke paganisme (soos vermenging van godsdienstige oortuiginge bekend as sincretisme, algemeen bekend in die Romeinse Ryk van daardie tyd), wat `n voet in die deur gekry het en die geloof getransformeer het soos gestig deur Yahushua Christus.
Historikus Jesse Hurlbut het van hierdie tyd van transformasie gesê: Ons noem die laaste generasie van die tweede eeu, van 68-100 AD., ‘Die Eeu van Skaduwees,’ dit is omdat die duisternis van vervolging oor die kerk was, maar meer besonders omdat van alle tye in die [kerk] geskiedenis, is dit die een waarvan ons die minste weet. Ons het nie meer langer die helder lig van die Boek van Handelinge om ons te begelei nie, en nie een skrywer van daardie tyd het die skoon blad van geskiedenis ingevul nie . . .
“Vir vyftig jaar na St. Paulus se lewe, het `n gordyn oor die kerk gehang, waardeur ons verniet kyk om deur te sien; en wanneer dit ten minste oopgaan, omtrent 120 A.D. met die geskrife van die vroegste kerk vaders, vind ons `n kerk in vele aspekte baie verkillend van dit in die dae van St. Petrus en St. Paulus” (The Story of the Christian Church, 1970, p. 33).
Hierdie “einste anderste” kerk sou in krag en invloed groei en, binne `n paar kort eeue, selfs die magtige Romeinse Ryk domineer!
Teen die tweede eeu, het getroue lede van die Kerk, Christus se “klein kuddetjie” (Lukas 12:32), grootliks verstrooi deur golwe van dodelike vervolging. Hulle het ferm vasgehou aan die bybelse waarhede omtrent Yahushua Christus en Yahuwah die Vader. Maar hulle was vervolg deur die Romeinse gesag sowel as diegene wie belydende Christene was, maar in realiteit, `n “ander Yahushua” en `n “verskillende evangelie” verkondig het (2 Korinthiërs 11:4; Galasiërs 1:6-9).
Dit was die omgewing waarin die leerstelling van die Drie-eenheid ontluik het. In daardie vroeë dekades na Yahushua Christus se bediening, dood, en opstanding, en deur die volgende paar eeue, het verskeie idees opgespring aangaande Sy presiese hoedanigheid. Was Hy `n mens? Was Hy God? Was Hy Yahuwah wat as `n mens verskyn? Was Hy `n illusie? Was Hy `n gewone mens wat God geword het? Was Hy geskape deur Yahuwah die Vader?
Die eenheid van geloof van die oorspronklike Kerk het verlore gegaan namate nuwe oortuiginge, baie geleen of aangeneem uit paganistiese godsdienste, wat die leringe van Yahushua en die apostels vervang het.
|
Al hierdie idees het hulle voorstanders. Die eenheid van geloof van die oorspronklike Kerk was verlore soos nuwe oortuiginge, baie geleen of aangepas uit paganistiese godsdienste, die leerstellings van Yahushua en die apostels vervang het.
Laat ons dit duidelik stel dat wanneer dit kom tot by die intellektuele en teologiese debate in daardie vroeë eeu wat gelei het tot die formulasie van die Drie-eenheid, was die ware Kerk grotendeels afwesig van hierdie toneel, wie ondergronds gedryf was.
Hierom, in daardie stormagtige periode, sien ons dikwels debate nie tussen waarheid en dwaalleer nie, maar tussen een dwaalleer en `n ander dwaalleer -- `n feit selde raakgesien deur baie moderne geleerdes maar nogtans krities vir ons insig.
`n Klassieke voorbeeld hiervan was die twis oor die karakter van Christus wat die Romeinse keiser Konstantyn die Grote genoop het om die Raadsitting van Nicaea (in hedendaagse wes-Turkye) in A.D. 325 byeen te roep.
Konstantyn, alhoewel deur baie beskou as die eerste “Christen” Romeinse Keiser, was `n sonaanbidder wie net op sy sterfbed gedoop was. Tydens sy heerskappy, het hy sy oudste seun en sy vrou laat vermoor. Hy was ook uitermate anti-Semities, wie verwys het in een van sy wetsuitvaardiging na “die afskuwelike Joodse menigte” en “die gebruike van daardie aller slegste mense” – wat oorspronklik uit die Bybel is en beoefen deur Yahushua en die apostels.
As keiser in `n tydperk van groot onluste binne in die Romeinse Ryk, was Konstantyn uitgedaag om die ryk eenvormig te hou. Hy het die waarde van godsdiens besef in `n poging om sy keiserryk te verenig. Dit was, inderdaad, een van sy primêre motiverings in aanvaarding en goedkeuring van die “Christen” geloof (wat in daardie tyd, ver weg van die leerstellings van wat Yahushua en die apostels geskryf het, en net Christen in naam was).
Maar nou het Konstantyn `n nuwe uitdaging in die oë gestaar. Godsdiens navorser Karen Armstrong verduidelik in A History of God dat “een van die eerste probleme wat opgelos moet word was die leerstelling van God . . . `n nuwe gevaar het inwendig ontstaan wat Christelikheid verdeel het in bitterlike strydende kampe” (1993, bl. 106).
Konstantyn het die Raadsitting van Nicaea in die jaar 325 byeengeroep net so oor politieke redes – vir eenheid in die ryk – as vir godsdienstiges. Die primêre saak het dan bekend gestaan as die Ariese stryd.
Konstantyn het die Raadsitting van Nicaea in die jaar 325 saamgeroep net so vir politieke redes – vir eenheid in die keiserryk – as vir godsdienstige redes. Die hoof saak dan staan dus bekend as die Ariese vraagstuk.
|
In die hoop om die groeiende liggaam van Christene vir sy troon te verseker, het hy hulle aansienlike gunste bewys, en dit was vir sy belang dat hy die kerk ywerig en verenig wou hê. Die Ariese stryd het die eenheid bedreig en sy mag uitgeput. Darom het hy onderneem om `n einde aan die onrus te maak. Dit was aan hom voorgestel, dalk deur die Spaanse biskop, Hosius, wie `n invloedryke aan die hof was, dat as `n sinode byeen moes kom wat die hele kerk verteenwoordig beide oos en wes, mag dit dalk net moontlik wees om harmonie te herstel.
Konstantyn self, het natuurlik, nóg geweet óf enigiets omgegee omtrent die saak in stryd nie, maar hy was ywerig om die tweestryd af te sluit, en die advies van Hosius het vir hom goed voorgekom. (Arthur Cushman McGiffert, A History of Christian Thought, 1954, Vol. 1, p. 258).
Arius, `n priester van Alexandrië, Egipte, het geleer dat Christus, omdat Hy die Seun van Yahuwah was, `n begin moet hê en daarvoor `n unieke skepsel van Yahuwah moes wees. As Yahushua boonop die Seun was, moes die Vader noodwendig ouer wees.
Teenstrydig met die leerstellinge van Arius was Athanasius, `n diaken ook van Alexandrië. Sy siening was `n vroeë vorm van Drie-enigheid waarin die Vader, Seun, en Heilige Gees maar een was maar terselfdertyd onderskeidend van mekaar.
Die besluit oor watter siening die kerk raad moes aanvaar was grootliks arbitrêr. Karen Armstrong verduidelik in A History of God: “Toe die biskoppe in Nicaea op die 20ste Mei, 325 vergader het om die krisis op te los, sou baie min die siening van Athanasius oor Christus gedeel het. Die meeste het `n siening midde in die van Athanasius en Arius gedeel” (p. 110).
As keiser, was Konstantyn in die buitengewone posisie om oor kerk leerstelling te besluit alhoewel hy nie `n Christen was nie.
Historikus Henry Chadwick getuig, “Konstantyn, nes sy vader, het die Onoorwonne Son aanbid” (The Early Church, 1993, p. 122). Volgens die keiser se aanneming van Christelikheid, erken Chadwick, “Sy bekering moet nie aangesien word as `n innerlike ondervinding van genade nie . . . Dit was `n militêre saak. Sy begrip van Christen leerstelling was nooit baie duidelik nie” (bl. 125).
Chadwick sê nie dat Konstantyn se sterfbed doop self “dui geen twyfel aan van sy Christen geloof nie,” omdat dit algemeen vir heersers was om doop uit te stel om rekenskap vry te spring vir dade soos marteling en doodstraf vir krimineles (bl. 127). Maar hierdie regverdiging help nie die keiser se saak in sy bekering om eg te wees nie.
Wanneer dit kom by die Niceense Raadsitting, sê The Encyclopaedia Britannica: “Konstantyn homself was die voorsitter, om aktief die besprekings te lei, en persoonlik voorstelligs gemaak . . . die deurslaggewende formule wat uitdrukking gee aan die verhouding van Christus tot God in die geloofsbelydenis uitgegee deur die raadsitting . . . Verbaasd deur die keiser, het die biskoppe, met net twee uitsonderings, die belydenis onderteken, baie van hulle baie teen hul eie sin.” (1971 uitgawe, Deel 6, “Constantine,” bl. 386).
Met die keiser se goedkeuring, het die Raadsitting die minderheids siening van Arius verwerp en, en deur niks definitief te hê met iets om dit te vervang nie, die siening van Athanasius aanvaar –ook `n minderheids siening. Vanaf daardie punt vorentoe, was die kerk in die vreemde posisie gelaat ter ondersteuning van die besluit geneem te Nicaea om `n oortuiging te ondersteun wat slegs deur `n minderheid van die bywoning aanvaar was.
Die grondslag vir die amptelike aanvaarding van die Drie-enigheid was nou gelê – maar dit het meer as drie eeue geneem na Yahushua se dood en opstanding vir hierdie onbybelse leerstelling om kop uit te steek!
Die Raadsitting van Nicaea het nie die strydvraag afgeëindig nie. Karen Armstrong verduidelik: “Athanasius het dit reggekry om sy teologie op die afgevaardigdes af te dwing . . . met die keiser wie in hul nekke blaas . . .
Die Raadsitting van Nicaea het nie die stryd beeïndig nie. Karen Armstrong verduidelik: Athasius het dit reggekry om sy teologie op die afgevaardigdes af te dwing . . . met die keiser wat in hul nekke blaas . . .
|
Die vertoon van ooreenkoms het vir Konstantyn tevrede gestel, wie geen begrip gehad het van die teologiese kwessies nie, maar daar was geen eensgesindheid by Nicaea nie. Na die raadsitting het die biskoppe voortgegaan met lesse, en die Ariese krisis het vir nog sestig jaar geduur. Arius en sy volgelinge het teruggeveg en dit reggekry om keiserlike guns te herwin. Athanasius was nie minder as vyf keer verban nie. Dit was moeilik om sy geloofsbelydenis te laat geld” (pp 110-111).
Die voortslepende teenstrydigheid was, ten tye, geweldadig en bloeddorstig. Oor die nagevolge van die Raadsitting van Nicaea, skryf befaamde historikus Will Durant, “Blykbaar was meer Christene vermoor deur Christene in daardie twee jaar (342-3) as deur al die vervolginge van Christene deur paganiste in die geskiedenis van Rome” (The Story of Civilization, Vol. 4: The Age of Faith, 1950, p. 8). Hoe gruwelik, terwyl hulle aanspraak maak dat hulle Christene is, het baie gelowiges teen mekaar geveg en mekaar vermoor oor hul verskillende sieninge van God!
Van die volgende dekades, skryf Professor Harold Brown, vroeër aangehaal, die volgende: Tydens die middel dekades van hierdie eeu, van 340 tot 380, het die geskiedenis van leerstelling meer soos die geskiedenis van hof en kerk intriges en sosiale onluste . . . Die sentrale leerstellins wat uitgeslaan is in hierdie periode lyk dikwels asof dit deurgesit is deur intrige of bende geweld eerder as deur die gewone instemming deur Christelikheid gelei deur die Heilige Gees” (p. 119).
Onenighede het vining rondom `n ander saak gesentreer, die karakter van die Heilige Gees. In daardie geval, het die stelling uitgereik deur die Raadsitting van Nicaea gesê: “Ons glo in die Heilige Gees.” Dit “blyk deur Athanasius se belydenis daar bygevoeg te wees amper soos `n idee wat agterna gekom het,” soos Karen Armstrong skryf. Mense was verward oor die Heilige Gees. Was dit eenvoudig net `n sinoniem vir God of iets meers?” (bl. 115).
In die tweede helfte van die vierde eeu, het drie teoloë van Kappadocië in oostelike Klein Asië [deesdae sentraal Turkye] defnitiewe vorm gegee aan die leerstelling van die Drie-eenheid.
|
Professor Ryrie, ook vroeër aangehaal, het geskrywe, “In die tweede helfte van die vierde eeu, het drie teoloë van die provinsie van Kappadocië in oos Klein Asië [deesdae sentraal Turkye] beslissende vorm gegee aan die leerstelling van die Drie-eenheid” (bl. 65). Hulle het `n idee voorgestel wat `n stappie verder as Athanasius se siening was – dat God die Vader, Yahushua die Seun, en die Heilige Gees ewe gelyk en saam was in een wese, nogtans ook afsonderlik.
Hierdie manne – Basil, biskop van Caeserea, sy broer Gregory, biskop van Nyssia, en Gregory van Nazianzus – was almal opgelei in Griekse filosofie” (Armstrong, bl. 113), wat sonder twyfel hul siening en oortuiging geaffekteer het.
In hul siening, soos Karen Armstrong verduidelik, “maak die Drie-eenheid net sin as `n mistieke of geestelike ondervinding . . . Dit was nie `n logiese of intellektuele formulasie nie maar `n verbeeldings paradigma wat die rede verwar. Gregory van Nasianzus het dit duidelik gemaak deur te verduidelik dat die oordenking van die Drie in Een veroorsaak `n diepgaande en oorweldigende emosie wat die gedagte en intellektuele klarigheid verwar.
“’So gou as ek die Een begryp so gou word ek verlig deur die prag van Die Drie; so gou as wat ek Drie onderskei, dink ek aan hom as `n geheel, en my oë word gevul, en die grootste gedeelte waaraan ek dink ontsnap my” (bl. 117). Geen wonder, met Armstrong se opsomming, “Vir baie Weterse Christene … is die Drie -eenheid eenvoudig maar net verwarrend.”
In 381, 44 jaar na Konstantyn se dood, het Keiser Theodosius die Grote die Raadsitting van Konstantinopel saamgeroep om die dispute op te los. Gregory van Nazianzus, onlangs aangestel as aartsbiskop van Konstantinopel, het oor die raadsitting gepresideer en aangedring op die aanneming van hierdie siening van die Heilige Gees.
Historikus, Charles Freeman maak die stelling: “Einlik is niks bekend omtrent die teologiese debate van die raadsbesluite van 381 nie, maar Gregory het ongetwyfeld gehoop om `n mate van aanvaarding van sy oortuiging te kry dat die Gees konsubstansieël met die Vader was [wat beteken dat die persoon was dieselfde wese, as die omdat die stof in hierdie konteks dui op indiwiduele kwaliteit].
Kort daarna het Gregory siek geraak en van die raadssitting onttrek. Wie sou nou presideer? “So was dit dan daardie een Nectarius, `n ouerige stads senator wie `n populêre prefek in die stad was weens sy betrokkenheid by die spele, maar wie steeds nie `n gedoopte Christen was nie, wie gekies is … Nectarius het geblyk geen kennis te hê van teologie nie, en hy moes geinisieër word in die verlangde geloof alvorens sy doop en wyding” (Freeman, pp. 97-98).
Snaaks, dat `n man wie, tot op hierdie punt, nie `n Christen was nie aangestel was as president oor `n merkwaardige kerk raadsitting met die taak van besluitneming oor wat dit moet leer aangaande die natuur van God!
Die leerstelling van die drie Kappadosiese teoloë “het dit moontlik gemaak vir die Raadsitting van Konstantinopel (381) om die goddelikheid van die Heilige Gees te bevestig, wat tot op daardie tydstip nêrens duidelik gestel was nie, nie eens in die Skrifte nie” (The HarperCollins Encyclopedia of Catholicism, "God," p. 568)
Die leringe van die drie Kappadocese teoloë “het dit vir die Raadsitting van Konstantinopel moontlik gemaak om die goddelikheid van die Heilige Gees te bevestig, wat tot op daardie punt nêrens duidelik gestel was nie, nie eens in die Skrifte nie."
|
Die, raad het `n stelling aangeneem wat in Engels gedeeltelik vertaal as: “Ons glo in God, die Vader Almagtige, Skepper van die hemel en aarde, en alle dinge sigbaar en onsigbaar; en in een Here Yahushua Christus, die enig-gebore Seun van God, gebore vanuit die Vader voor alle eeue . . . En ons glo in die Heilige Gees, die Heer en Gewer van die lewe, wie voortgegaan het van die Vader, wie met die Vader en die Seun tesame aanbid en verheerlik word, wie deur die profete gespreek het . . .” Die stelling bevestig ook geloof “in een heilige katolieke [wat in hierdie konteks universeel, geheel of volmaak] en apostoliese Kerk beteken . . .
Met hierdie verklaring in 381, wat bekend sal staan as die Ninceen-Konstantinopolitaanse Belydenis, het die Drie-eenheid, soos algemeen verstaan vir vandag, die amptelike oortuiging en leerstelling aangaande die natuur van God geword het.
Teologie professor Richard Hanson het opgelet dat `n gevolg van die raadsitting se besluit “was om die betekenis van die woord “God” te verminder van `n groot seleksie van alternatiewe na slegs een,” soveel so dat “wanneer Westerse mense deesdae sê ‘God’ bedoel hy die een, allenige eksklusiewe [Drie-enige] God en niemand anders nie” (Studies in Christian Antiquity, 1985,pp. 243-244).
Dus, Keiser Theodosius – wie gedoop was net `n jaar voor die sameroeping van die raadsitting – was instrumenteel in die stigting van sentrale kerk leerstelling soos Konstantyn byna ses dekades vroeër. Soos die historikus Charles Freeman sê: “Dit is belangrik om te onthou dat Theodosius geen teologiese agtergrond van sy eie gehad het nie en dat hy in plek gesit het as dogma `n formule wat onhandelbare filosofiese probleme bevat het waarvan hy nie bewus was nie. Inderwaarheid het die keiser se wette die debatte stil gemaak terwyl dit steeds onopgelos was. (bl. 103).
Nou was `n besluit bereik, Theodosius sou geen andersdenkende sieninge duld nie. Hy het sy edik uitgereik wat lees: “Ons beveel nou dat alle kerke aan die biskoppe oorgehandig word wie die Vader Seun en Helige Gees bely as `n enkele majesteit, van dieselfde heerlikheid, van een prag wie geen verskil deur heilige skeiding gestig het nie, maar (wie bevestig) het die orde van die Drie-eenheid deur herkenning van die Persone en vereniging van die Godheid” (aangehaal deur Richard Rubenstein, When Yahushua Became Yahuwah, 1999, p. 223).
`n Ander uitvaardiging van Theodosius het selfs verder gegaan in die bevel van aanvaarding van die nuwe leerstelling: “Laat ons glo in die een godheid van die Vader, en die Seun, en die Heilige Gees, in gelyke majesteit en in `n heilige Drie-eenheid. Ons bemagtig die volgelinge van hierdie wet om die titel van Katolieke Christene aan te neem. Wat die andere betref, in ons oordeel, is hulle dwase besete mense, ons beveel dat hulle sal gebrandmerk word met die skandelike naam van ketter en sal ook nie aanmatig om hul konventikels [byeenkomste] die naam van kerke te gee nie.
“In die eerste plek sal hulle die tugtiging van goddelike veroordeling ly, en die tweede straf wat ons gesag, deur die wil van die Hemel, sal besluit om toe te dien.” (reproduced in Documents of the Christian Church, Henry Bettenson, editor, 1967, p. 22).
Dus sien ons dat `n lering vreemd aan Yahushua Christus, nooit deur die apostels geleer en onbekend aan die ander Bybel skrywers, was in plek gesit, en die ware Bybelse openbaring omtrent die Vader, die Seun, en die Heilige Gees uitgesluit. Enigeen wie nie saamgestem het nie was gebrandmerk as ketters deur die keiser en die kerk gesag se edik en was dienooreenkomstig behandel.
Die ongewone ketting gebeure is waarom teologiese professore Anthony en Richard Hanson die storie opsom in hul boek Reasonable Belief: A Survey of the Christian Faith deur op te let dat die aanneming van die Drie-eenheid leer kom as `n gevolg van “`n proses van teologiese ontdekking wat ten minste drie honderd jaar aangehou het . . . Dit was `n proses van oorsaak en gevolg (byna van raak en mis), waarin die fout onder geen omstandighede heeltemal beperk tot die ortodoksie . . . Dit sou dwaas wees om die leerstelling van die Heilige Drie-eenheid voor te stel as bereik deur enige ander wyse” (1980, bl. 172).
Die aanvaarding van die Drie-eenheid leerstelling was die resultaat van `n proses van teologiese verkennings wat vir ten minste drie honderd jaar geduur het.
|
Hulle het toe tot die slotsom gekom: “Dit was `n lang, verwarrende proses waardeur verskillende denkrigtings in die Kerk dinge vir hulself uitgewerk het, en dan probeer het om dit op ander af te dwing, hul antwoord op die vraag, ‘Hoe goddelik is Jesus Christus? . . . As daar ooit `n strydvraag was wat bepaal was deur die oorsaak en gevolg metode, is dit deur hierdie een” (p. 175).
Anglikaanse kerkman en Oxford Universiteits lektor K.E. Kirk het openbarend geskryf oor die aanneming van die leerstelling van die Drie-eenheid: “Die teologiese en filosofiese verheerliking van die goddelikheid van die Gees begin in die vierde eeu; natuurlik gaan ons na die skrywers van daardie periode om te ontdek watter grondslag hulle gehad het vir hul oortuiging. Tot ons verbasing word ons gedwing om te erken dat hulle niks gehad het nie . . .
“Hierdie mislukking van Christen teologie . . . om logiese regverdigmaking van die kardinale punt in sy drie-enige leerstelling te verkry is die grootste moontlike merkwaardigheid. Ons word geforseer, selfs vóór ons gaan na die vraag of die opheffing van die leerstelling deur ondervinding, om ons self af te vra of die teologie of die filosofie al ooit enige rede geproduseer het waarom haar oortuiginge Drie-enig moet wees” ("The Evolution of the Doctrine of the Trinity," published in Essays on the Trinity and the Incarnation, A.E.J. Rawlinson, editor, 1928, pp. 221-222).
Dit, bondig opgesom, is die fantastiese verhaal van hoe die leerstelling van die Drie-eenheid voorgestel was – en hoe dit gebeur het dat diegene wie geweier het om dit te aanvaar, as ketters en ongelowiges gebrandmerk is.
Maar moet ons ons siening van Yahuwah baseer op `n leerstelling wat nie in die Bybel uitgespel word nie, wat nie geformuleer is tot met drie eeue ná die tyd van Yahushua Christus en die apostels, wat vir eeue oor gedebatteer en oor geredeneer was (om nie te praat van die eeue daarna nie), wat voorgestel was deur godsdienstige rade gepresideer deur beginners of ongelowiges en waaroor besluit was deur oorsaak en gevolg”?
Beslis nie. Ons moet instede daarvan kyk na die Woord van Yahuwah – nie na die idees van mense – om te sien hoe ons Skepper Homself openbaar nie!
Dít is `n nie WLC artikel: https://www.ucg.org/bible-study-tools/booklets/is-God-a-trinity/the-surprising-origins-of-the-trinity-doctrine
Ons het al die heidense name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun in die Skrif herstel soos dit deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is. – WLC Span