Print

Gesprekke met die Dode: Gesprekke met Demone

Die meeste van die wêreldse godsdienste leer dat die siel nie met die liggaam sterf nie. Baie glo dat die bewussyn van `n persoon voortbestaan selfs nadat die liggaam gesterf het. Diegene wie geliefdes selfs in die dood verloor het, mis steeds die persoon wie hulle geken het. Hulle verlang steeds na  kontak en leiding van die een wie gesterf het. In `n desperate poging om ander kant jong vrou treur in begraafplaasdie graf te kommunikeer, keer baie na séances, beswymings, Ouiji borde en mediums om die dode te kontak. Die liefdevolle hemelse Vader is van voorneme om Sy kinders te beskerm teen hierdie gevaar. Hy waarsku duidelik:

“Want die lewendes weet  dat hulle moet sterwe,
maar die dooies weet glad niks nie.”
(Prediker 9:5)

Omdat daar geen siele lewe na die dood is nie, is enige kommunikasie in enige vorm wat aanspraak maak dat dit van `n dooie persoon kom, eintlik afkomstig van `n demoon. Satan se gevalle engele is by magte om die dooies perfek na te boots. Hoe die persoon gelyk het, hoe hy geloop het, die klank van sy stem, sy presiese handskrif, kennis van persoonlike geheime, en herinnering van private geskiedenis – alles kan perfek nageboots word deur `n demoon. Die verhouding tussen man en vrou, ouer en kind, vriend en familie kan deur die demoon gebruik word om `n persoon te lok om na die afgestorwene uit te reik. Die liefde wat die lewendes steeds voel vir die oorledene word gemanupileer deur die demoon om `n opening in die verstand te kry. Ontmoetings met demone wat voorgee om afgestorwe geliefdes te wees is uitermate verslawend. Dit voel  verfrissend, spannend en lewensveranderend. Sulke buitengewone ontmoetings met demone bied die illusie van hoop, vertroosting en “bewys” dat die geliefde steeds teenwoordig is.

“Volgens `n onlangse ondersoek deur die Baylor Instituut vir  Godsdienstige Studies, glo 20 persent Amerikaanse vroue dat die lewende met die dode kan kommunikeer. In `n aanlyn opname van 10,000 .  .  .het ses en veertig persent vroue wie ondervra is geglo dat ‘die siele van die afgestorwenes die lewendes as geestes gidse beskerm .  .  .  .’ ” ( L . Marcus en L. Schneider, “Talking to the Dead”)

Om te glo dat die siel nie sterf nie is `n oop deur vir demoniese misleiding. Wanneer jy glo dat die dode steeds `n bewuste siel het en met jou kan kommunikeer, laat dit die demone toe om die geliefdes na te boots en direk met jou te kommunikeer. Dit kan gedoen word deur spookgedaanntes wat jy sien, stemme wat jy hoor, of `n ander persoon wat as `n kanaliserings medium jou vertel wat die afgestorwene gesê het.

madonna in grotto“Sommige bedrieg hy op die een manier, en ander weer op `n ander. Hy het verskillende misleidings vir die verskillende soorte mense. Sommige sal die een dwaling met afsku verwerp, terwyl hulle `n andereen geredelik sal aanneem. Die Satan bedrieg sommige met Spiritisme. Ook kom hy in die gedaante van `n engel van die lig, en verspei hy sy invloed oor die land .  .  .  . Die kerke is in hul skik, en hulle meen dat . . .[Yahuwah] op wonderbaarlike wyse vir hulle werk, terwyl dit al die tyd die werk van `n ander gees is. Die opwinding bedaar later en dit laat die wêreld en die kerk in `n slegter toestand as voorheen.”  (E.G WHITE, Eerste Geskrifte, bl. 261.)

Satan het baie verskillende maniere om `n oortuiging in lewe na die dood uit te buit. Verskeie metodes word gebruik om gemoedere met verskillende agtergronde te betrek. Paganisme, Hinduïsme, en Voodoo gebruik almal beswymings om met demone te kommunikeer. Hierdie beswyminge word teweeggebring deur buitengewone opgewondenheid van die dansritme, kerkliedere, tromme en somtyds dwelms. Alle Rooms Katolieke wat na Maria, die moeder van Jesus bid, bid tot `n dooie vrou wie hulle nie kan hoor nie. Mariaanse spookverskynsels, deur baie geglo as Maria self, is niks meer as demoniese nabootsings nie. Gebede aan die “heiliges” is, soortgelyks, gebede wat aan dooies geoffer word waarvan die Skrifte sê “glad niks weet nie.” Dit skep `n geleentheid vir demone om gebede te “beantwoord” en die oortuiging te bevestig dat lewe voortgaan na die dood. Enige genesende wonderwerk wat gebeur as gevolg van hierdie gebede is van Satan om `n persoon te bevestig in die oortuiging van lewe na die dood.

Protestantse Christelikheid is nie vrygestel van kommunikasie met demone nie. Spreek in Tale is eenvoudig net nog `n vorm van `n beswyming. Die persoon wat die brabbeltaal interpreteer vir diegene wat luister ontvang boodskappe van bonatuurlike invloed. Ongelowiges wie die bestaan van duiwels ontken is spesifiek kwesbaar om oortuig te word deur bonatuurlike aktiwiteite dat die dooies met hulle praat. Algemene metodes wat deur gewone mense gebruik word om met die dode te kommunikeer is Ouiji borde en séances, Tarot kaarte, en die sterre voorspel van die sterrebeelde. New Age diep meditasie en hipnotisme is besonders gevaarlik. Hulle word nie gesien as kanale vir demone nie, maar hulle verskaf `n direkte voetpad vir demoniese invloede oor die gemoed.

Kommunikasie met demone is uiters gevaarlik. Dit kan nie logies verduidelik word nie maar die gevolge is `n werklikheid. Die lewende wil glo dat die afgestorwenes hulle nog steeds liefhet en kennis van anderkant die graf aanbied. Maar die demone wil almal vernietig wie na hulle luister. Alle kommunikasie is om te verstrik en te vernietig. Yahuwah wil Sy kinders beskerm van hierdie euwel. Alle vorme van kommunikasie met die dode word streng deur Hom afgekeer en duidelik verbied want dit is met demone.

seance“Daar mag niemand by julle gevind word .  .  .  .wat met waarsêery, goëlery of met verklarings van voortekens of towery omgaan nie, of wat met besweringe omgaan, of wat `n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie. Want elkeen van hierdie dinge is vir .  .  . Yahuwah `n gruwel. (Deuteronómium 18:10-12, OV.)

Terwyl die Messias op aarde was, het Hy elke demoon uitgedryf wat  van `n persoon besit geneem het wie in Sy teenwoordigheid gekom het. Hy het die verlostes gesê om nie meer te sondig nie, tensy `n groter euwel oor hulle kom. Dit was nie sommer net so `n hokus-pokus beswering nie, maar `n totale vertroue in die Vader se mag om enig een te bevry wie in Hom geglo het. Yahuwah se mag om te red is vandag net so sterk soos in die dae toe die Messias die aarde bewandel het.

Kyk, die hand van Yahuwah is nie te kort dat dit nie kan red nie, en Sy oor nie te swaar dat dit nie kan hoor nie. (Sien Jesaja 59:1.)

Sy liefdevolle uitnodiging is steeds aan almal gerig: “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is en Ek sal  julle rus gee.” (Matthéüs 11:28, OV.) As jy versoek  of getreiter word deur demoniese geeste, verlang jy na die vrede en vertroosting wat net van die Hemel is, is daar hoop. Roep die naam van Yahuwah aan en maak aanspraak op Sy mag om jou te verlos. Sy woorde is `n bemoediging aan almal:

“ Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.” (Hebreërs 4:16, OV)


Kliek hier om die video te sien!