Print

Lewe en Dood : Die Bybelse Waarheid

Baie opregte Christene word vandag mislei deur die leerstelling dat die siel nooit kan sterwe nie, en dat afgestorwenes in die dood nog steeds weet wat rondom hulle gebeur. Hierdie toenemende en misleidende gewilde leerstelling  is uiters gevaarlik, omdat dit die weg baan vir ontelbare miljoene om die komende misleidings van Satan te aanvaar en te koester, een daarvan is die geeste van duiwels wat verskyn in die persoon van afgestorwenes om onskriftuurlike leerstellings te verklaar. Ons moet onsself nou  ferm  stand inneem  op  die  onfeilbare woord van Yahuwah – sodat wanneer die uur kom, ons nie deur die leuenagtige wonders  van die bose een meegesleur word nie. Die verklaring uit die Skrifte is baie duidelik: Die dode weet glad niks. Enige sogenaamde verskynsel van iemand wat gesterf het is die werk van Satan.  

“En Yahuwah Elohim het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het die mens dan `n lewende siel geword.” Genesis 2:7

Nota: Asem/Gees vanYahuwah + die liggaam (wat uit die stof gemaak is) = “n Lewende Siel” 

 

Pred 9:5-6

5Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe,
maar die dooies weet glad niks nie,
en hulle het geen loon meer nie,
want hulle nagedagtenis word vergeet.
6
Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer,
het lankal verdwyn,en hulle het vir ewig geen meer deel onder die son nie.

(Nota: Die Bybel  verwys vir meer as 50 keer na die dood as `n “slaap”.)

Pred 9:10

10 Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met  jou mag; want daar is geen werk of oorleg of kennis in die graf waar jy heengaan nie.

 

*Pred 12:7

7en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, En die gees na Elohim terugkeer wat dit gegee het.

Nota: Hier sien ons dat wanneer ons sterwe, keer die liggaam terug na stof, en die gees/asem van die lewe keer terug na Yahuwah.  Die twee elemente wat`n “lewende siel” uitmaak volgens Genesis2:7 (1-asem van Yahushua; 2-liggaam) word noodwendig uitmekaar geneem by die dood. Gevolglik, is daar geen bewustheid in die dood nie.

Om te onthou: Asem/ Gees van Yahuwah + die liggaam (wat uit die stof gemaak is) = “`n Lewende Siel” (Sien Genesis 2:7 bo aan die bladsy.)

Pred 3:20

20 Alles gaan na een plek toe; alles is van die stof, en alles keer na die stof terug.

Pred 6:6

6 al lewe hy ook twee maal duisend jaar ----gaan nie alles na een en dieselfde plek nie?

 

Ps 6:5

5 Want in die dood word aan U nie gedink nie; wie sal U loof in die doderyk?

Nota: Dit maak geen sin as Yahuwah se getroues onmiddelik na die Hemel geneem word as hulle sterf nie , want almal in die Hemel sal hul dank aan Yahuwah betuig!  Nes Dawid , het koning Hiskia verstaan dat daar geen bewustheid in die graf is nie; dit is waarom hy met bitterlike geween  by Yahuwah om sy lewe gepleit het -   Jesaja 38.

 

Ps 17:15

15 Maar ek sal U aangesig in geregtigheid aanskou; ek sal versadig word met U beeld as ek wakker word.

Nota: Hier sien Dawid uit na die dag wanneer hy opgewek [uit die slaap van die dood] in die beeltenis van Elohim tydens die wederkoms van Yahushua. – “ Geliefdes, nou is ons kinders van Elohim, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. (1 Johannes 3:2)

 

Ps 30:10

10Watter voordeel is daar in my bloed, as ek neerdaal in die kuil [graf]? Sal die stof U loof.   Sal dit U trou verkondig?

Nota: Weereens erken die psalmdigter dat daar geen bewustheid in die dood is nie. Tydens die intrede van die dood, keer ons asem/gees terug na Yahuwah en ons liggamme terug na die stof. Yahuwah se getroues sal bly slaap(bewusteloos wees) tot met die Tweede Koms van Yahushua.  Die goddelose en die onbekeerdes sal bly slaap (bewusteloos wees) totdat hulle opgewek word om die “ tweede dood” na die millennium in die gesig te staar.

Ps 49:16

16Maar Elohim sal my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem.

Ps 71:20

20U wat my baie bange node laat sien het , sal my weer lewend maak en my weer ophaal uit die watervloede van die aarde.

 

Ps 88:11-13

11Kan U aan die dooies `n wonder doen?"
Of kan skimme opstaan en U loof?
12
Kan U goedertierenheid  vertel word in die graf,
U trou in die plek van vertering?
13
Kan U wondermag in die duisternis bekend word
En U geregtigheid in die land van die vergetelheid?

 

Ps 104:29-30

29U verberg U aangesig, hulle word verskrik.
U neem hulle asem weg, hulle sterwe en keer terug tot hul stof.
30
U stuur U gees uit, hulle word geskape;
En U maak die gelaat van die aarde nuut.


*Ps 146:3-4

3 Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie daar geen heil is nie.
4
Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan.

(Vergelyk met:  Genesis 2:7 . . . Prediker 12:7. . . Job 27:3 . . .)

 

Jes 38:18-19

18 Want Sheol  [die doderyk] sal U nie loof nie. Die dood u nie prys nie;
Die wat in die kuil [ doderyk] neerdaal , sal op u trou nie hoop nie.
19
Die lewende, die lewende , die sal U loof, soos ek vandag;
Die vader maak aan die kinders u trou bekend.

Nota: Die profeet  Jesaja, nes Koning Salomo, Koning Dawid, en al die geinspireerde outeurs van die Bybel het herhaaldelik erken dat daar geen bewustheid in die dood is nie. Slegs die lewendes kan Yahuwah loof. Wanneer iemand sterf. . . “Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan.”  (Ps 146:4)

Joh 3:13

13En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy  wat uit die hemel neergedaal het ,naamlik die Seun van die Mens . . .

 

*Joh 5:25-29

25 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, dat daar kom `n uur , en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van Yahuwah sal hoor, en die wat dit gehoor het sal lewe. 26Want soos die Vader lewe het in Homself, so het Hy aan die Seun ook gegee om lewe in Homself te hê. 27 En Hy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die Mens is.28 Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom `n uur wanneer almal wat in die grafte is, Sy stem sal hoor. 29 en  sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.

Nota: Yahushua se woorde kon nie enigsins hier duideliker gewees het nie. Die hoop van die getroues is in die” opstanding van die lewe” aan die einde van dae. Hierdie deel sal absoluut geen sin maak as Yahuwah se getroues alreeds in die Hemel is voor Sy Wederkoms.


Joh 11:11-13

11 Dit het Hy gespreek, en daarna sê Hy vir hulle: “ Lasarus, ons vriend, slaap; maar Ek gaan om hom wakker te maak.” 12 Sy dissipels sê toe: “ Meester, as hy slaap, sal hy gesond word”  13 Maar Yahushua het gespreek van sy dood, terwyl hulle gedink het dat Hy van die rus van die slaap praat.


Joh 11:24

 

24 Martha antwoord Hom: “ Ek weet dat hy sal opstaan in die opstanding in die laaste dag .”

Nota: Martha het goed verstaan dat ons hoop in die “opstanding in die laaste dag” is. Sy het vas geglo dat Lasarus nie na die hemel is onmiddelik na sy dood nie.

 

Joh 14:1-3

1 Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in Elohim, glo ook in My. 2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.  3 En as Ek  gegaan het en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

Nota:  Yahushua vertroos Sy dissipels hier met die belofte van Sy wederkoms.Hy deel hulle mee dat Hy vir hulle sal terug keer, dat hulle ook kan wees waar Hy is. Dit is baie belangrik om hier uit te wys dat Yahushua nie Sy dissipels vertroos deur hulle te vertel dat hulle met Hom sal wees onmiddelik na hulle gesterf het nie.

Hand 2:29,34

29 Broeders, ek kan vry – uit met julle spreek oor die aartsvader Dawid, dat hy gesterf het en ook begrawe is, en sy graf is by ons tot vandag toe. 34 Want Dawid het nie in die hemel opgevaar nie . . .

1 Kor 15:6

6 Daarna het Hy verskyn aan oor die vyfhonderd broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog lewe, maar sommige wel ontslaap [gesterf] het.


1 Kor 15:20,23

20 Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het. 23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.  

Nota:  Weereens is ons hoop in die opstanding van die regverdiges by Yahushua se Tweede Koms.

 

 

1 Thess 4:13-18

 

13 Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. 14 Want as ons glo dat Yahushua gesterwe en opgestaan het, dan sal Yahuwah ook so die wat in Yahushua ontslaap het, saam met Hom bring. 15 Want dit sê ons vir julle deur die woord van Yahuwah , dat ons wat in die lewe oorbly  tot by die wederkoms van die Meester, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. 16 Want die Meester self sal van die hemel neerdaal met `n geroep, met die stem van die aartsengel en met geklank van van die basuin van Yahuwah; en die wat in Christus gesterf het sal eerste opstaan. 17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word  die Meester tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Meester wees.18 Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.

Vergelyk: Joh 5:25-29.

Nota:  Paulus se geinspireerde instruksies aan ons om mekaar te bemoedig  wanneer ons `n geliefde verloor is nieom te sê dat die geliefde nou in die Hemel is nie. Paulus leer ons liewers om mekaar te bemoedig met die gesëende belofte van die opstanding van die heiliges tydens Yahushua se Wederkoms. Dit is tragies om te sien hoe dikwels hierdie eenvoudige instruksies geignoreer word. . . en die vyand se leuen herhaal word. . . ‘hulle het gewis nie gesterwe nie’  (Gen. 3:4.) ‘Hulle is nou in die Hemel.’   

 

1 Tim 6:15-16

[Yahuwah] . . . 16 wat alleen onsterflikheid besit, en `n ontoeganklike lig bewoon, wat geen mens gesien het of kan sien nie, aan wie toe kom eer en ewige krag. Amen. 

Nota:  Net Yahuwah alleen is onsterflik. Die mens is sterflik “ Sou `n sterfling regverdig wees voor Yahuwah.”  (Job 4:17)

 

2 Tim 4:8

8 Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid, wat die Meester, die regverdige Regter , my in die dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat Sy verskyning liefgehad het.

Nota: Paulus het nie geglo dat hy sy beloning onmiddelik  na sy dood sal kry nie. Maar , hy het uitgesien na die opstanding met Yahushua se verskyning op die laaste dag.

Open 20:5

 5 En die ander dode [die goddelose]het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding


Open 22:12

12 En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My om almal te vergeld soos sy werk sal wees.

Nota: Yahushua bring die loon saammet Hom wanneer Hy terugkeer. Die mens ontvang nie sy beloning (bv. die ewige lewe) onmiddelik na hy gesterf het nie.


Slotsom:

Daar is geen bewustheid na die dood nie. Beide die Regverdige en die Goddelose sal “slaap” totdat hulle uit hul grafte geroep word, die regverdiges by die (1ste Opstanding) en die goddeloses by die “2de Opstanding.” Vir meer sien (“Die Twee Opstandings.”)

“ Die laaste vyand wat vernietig word,  is die dood.” 1 Korinthiërs 15:26


Algemene Misverstande:

Baie sal verwys na die verskyning van Moses en Elia op die Berg van Verheerliking (Mattheus 17:3) as bewys dat die heiliges onmiddelik na die Hemel geneem word wanneer hulle sterwe. Maar ons moet tog onthou dat Elia nooit gesterf het nie. Hy was direk na die Hemel geneem. (2 Konings 2)  Maar Moses, alhoewel hy gesterf het (Deut. 34:7) , was klaarblyklik opgewek , omdat daar `n woordestryd met Satan was oor sy “liggaam” ( Judas 1:9 )