Print

Moet Jy in die Drie-eenheid Glo Om Gered te Word?

Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah, maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester die waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word.

Moet Jy in die Drie-eenheid Glo Om Gered te Word?

Wat moet ons glo om gered te word? Volgens die vyfde eeuse Athanasiese Geloofsbelydenis, moet ons in die leerstelling van die Drie-eenheid en verwante leerstelling van die inkarnasie van Yahushua glo. Ten dele sê die belydenis:

Volgens die vyfde-eeuse Athanasiese Belydenis, moet ons in die leerstelling van die Drie-eenheid en die verwante leerstelling van die inkarnasie van Yahushua glo.

So, In alles…moet ons [Vader, Seun, en Heilige Gees] aanbid, hul drie-eenheid in hul eenheid en hul eenheid in hul drie-eenheid. Enigeen wie dan verlang om gered te word moet so dink van die drie-eenheid. Maar dit is nodig vir die ewige verlossing om ook getrou in die inkarnasie van ons Heer Yahushua Christus te glo… Dis die Katolieke geloof: mens kan nie gered word sonder om dit ferm en getrou te glo nie.1

En evangelis Chris Mikkelson se: Alhoewel hedendaagse kerke nie die lange belydenis opsê nie, kleef baie vas aan sy beginsels. Soos byvoorbeeld, aangaande die belange van verlossing, skryf pastoor en skrywer John Piper, “Jy moet glo in die godheid van Yahushua.”2

Maar as mense die realiteit mis dat Yahushua meer as `n profeet was – dat Hy eintlik deel van die Drie-eenheid is, en daarom God – is hulle dan nie ware Christene nie.3

Maar voordat mensgemaakte belydenis uitgeskryf was, soos die een hierbo verwys, het die kerk nie die oortuiging vereis in die Drie-eenheid nie. Kerry McRoberts, professor in teologie, dra `n soortgelyke perspektief oor:

In refleksie, mag mens vra of dit nodig is om te glo in die leerstelling van die Drie-eenheid vir redding. In respons, histories en teologies, het die kerk nie noodwendig `n eksplisiete verklaring van geloof in die leerstelling van die Drie-eenheid wat verlossing vereis nie.”4

Inderdaad, dit is omdat die leerstelling nie in die Skrifte te vinde is nie.

Leer die Bybel die Leerstelling van die Drie-eenheid?

Nes Bybelse geleerdes sou getuig, openbaar `n ondersoek na die heilige woord dat die Drie-eenheid nie in Yahuwah se woord geleer word nie. Byvoorbeeld, A.W. Argyle skryf:

Die volledig ontwikkelde Christen Leerstelling dat God drie persone is in een Godheid is nêrens eksplisiet gestaaf in die Nuwe Testament nie.5

En wat meer is, skryf Baptiste teoloog William N. Clarke:

In die dae van die apostels moes die leerstelling van die Drie-eenheid nog geskep word…

Die woord Drie-eenheid is nooit gebruik, en daar is geen aanduiding dat die idee van Drie-eenheid vorm aangeneem het nie. Dit was lank reeds `n algemene gebruik om die Nuwe Testament te lees asof die idees van `n latere era oor hierdie onderwerp daarin was, maar hulle is nie. In die dae van die apostels moes die leerstelling oor die Drie-eenheid nog geskep word…na die verloop van drie of vier eeue, was daar die leerstelling van die Drie-eenheid gevorm…Hierdie historiese leerstelling het breed verskil van die eenvoud van die vroeë geloof.6

Baie geleerdes stem met Clarke saam dat die Drie-eenheid `n post–Bybelse ontwikkeling was. Teoloog A.T, Hanson sê:

Geen verantwoordelike Nuwe Testament geleerde sal daarop aanspraak maak dat die leerstelling van die Drie-eenheid deur Jesus geleer was nie, of deur die vroeë Christene verkondig was nie, of bewustelik onderhou was deur enige skrywer van die Nuwe Testament nie. Dit was feitlik langsaam uitgewerk in die verloop van `n paar eeue in `n poging om `n onverstaanbare leerstelling van God te weergee.7

Katolieke geleerde Johannes Mackenzie verwys in sy Dictionary of the Bible:

Die Drie-eenheid van God word beskryf deur die Kerk as die oortuiging dat God drie persone is wie bestaan in een natuur. Die oortuiging soos beskryf was slegs in die 4de en 5de eeue AD bereik en daarom is dit nie eksplisiet en formeel `n bybelse geloofsoortuiging nie.8

Leer die Bybel die Leerstelling van die Inkarnasie?

Maar wat van die inkarnasie, dit is, die godheid van Yahushua? Het die eerste-eeuse Kerk geglo dat dit `n werklikheid is? In kort, som gerespekteerde Nuwe Testament geleerde James Dunn die bewyse so op:

Binne die vroeë strata van die Jesus tradisie, is daar substantiewe bewys dat Jesus klem daarop gelê het met goddelike inspirasie en gesag soos in een of ander sin die verteenwoordiger van God. Maar daar is niks gevolglik om die tesis te ondersteun dat Jesus homself in een of ander sin as God gesien het nie, as die inkarnasie van `n deïs…Dit is daarom onmoontlik dat die idee van inkarnasie deel was van die vroegste Christen geloof.9

Nes die leerstelling van die drie-enige god, het die leerstelling van die inkarnasie met tyd ontwikkel. Die Harper Collins Woordeboek verduidelik:

Dit is slegs met die vaders van die kerk in die derde en vierde eeue dat `n volledig ontwikkelde teorie van die inkarnasie gevorm is.10

Hoe kan die geloof in die Drie-eenheid en die inkarnasie van Yahushua `n vereiste wees vir redding as dit nie deur die Skrifte geleer word nie?

Hoe dan, kan `n oortuiging in die Drie-eenheid en die inkarnasie van Yahushua `n vereiste wees vir verlossing as dit nie in die Skrifte geleer word nie? Dit is verrassend om te hoor dat geleerdes soos Millard Erickson, wie sê dat die Drie-eenheid “onontbeerlik is vir die Christen geloof” maar tog erken dat die leerstelling nie “duidelik of eksplisiet enigsins in die Skrifte geleer word nie.”11 Moet ons nie ons volle uitdrukking van ons teologie en Christologie in Yahuwah se woord vind nie? Judas, die broeder van Yahushua, dink so. Hy was geïnspireer om te skryf dat die “geloof eens oorgelewer was aan die gelowiges.” En Paulus het geskryf “ek het niks agtergehou van wat nuttig is nie, maar het die hele raadsbesluit van Yahuwah verkondig.”12 En tog, het nie Judas nóg Paulus of enige ander Nuwe Testament skrywer omtrent die Drie-eenheid geskryf nie. Kontrasteer ons hierdie pilare van die Kerk deur te sê dat Skrifte is nie genoegsaam om ons ten volle te leer omtrent sulke sake nie?

Wat sê die Skifte?

Indien die Skrifte nie leer dat mens in die Drie-eenheid of die inkarnasie van Yahushua moet glo om gered te word nie, wat leer dit? Ruimte laat ons nie toe om alle Bybelse verwysings oor verlossing in hierdie artikel te ondersoek nie. Maar, die ondersoek van primêre gedeeltes te vinde in Johannes se geskrifte, die boek van Handelinge, en Paulus se gewilde instruksies in Romeine 10 sal ons voorsien met die samehangende antwoorde wat ons benodig.

In Johannes hoofstuk drie, verduidelik Yahushua aan Nikodémus dat mens gebore van bowe (Grieks anôthen), of weergebore, soos so dikwels vertaal, om die ewige lewe te hê.13 Drie keer sê Yahushua dat hierdie lewe is gegrond deur `n geloof in hom:

Johannes 3:15 sodat elkeen wat in hom glo [die Seun van die Mens] die ewige lewe kan hê.

Johannes 3:16 sodat elkeen wat in hom glo [die eniggebore Seun] nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Johannes 3:18 “Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van Yahuwah nie.”

Dan doen die apostel Johannes die Doper die verklarende instruksie dat hierdie oortuiging in Yahushua sluit gehoorsaamheid in:

“Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van Yahuwah sal bly op hom.”

`n Intellektuele begrip van Yahushua se identiteit as die Seun van Yahuwah is nie genoeg nie. `n Opregte geloof is die gevolg van gehoorsaamheid aan Yahushua as die man wie deur Yahuwah verhoog is na die posisie van Here.

Met ander woorde, `n intellektuele kennis aan Yahushua se identiteit as die Seun van Yahuwah is nie genoeg nie. `n Opregte geloofsoortuiging is die gevolg van gehoorsaamheid aan Yahushua as die mens wie deur Yahuwah verhef is na die posisie van Heer.

Maar wat beteken dit om te glo dat Yahushua die Seun van Yahushua was. Maria sê Lasarus, sou geleef het as Yahushua na Bethanië gekom het, toe hy geroep was, het Yahushua haar met hierdie woorde vertroos:

Johannes 11:25-27 Yahushua sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo sal lewe al het Hy ook gesterwe; 26 en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit? 27 Sy antwoord Hom: Ja, Here, ek glo dat U die Christus is, die Seun van Yahuwah wat in die wêreld sou kom.

Sommige verstaan die frase “Seun van Yahuwah” verkeerdelik gelyk aan “God die Seun.” Maar die konteks hier en elders vertel ons dat die Seun van Yahuwah `n aanduiding is vir die Christus (Messias), die een Yahuwah gesalfde koning. Hierdie titels word dikwels gebruik in die Skrifte in `n literêre hulpmiddel bekend as sinonieme parrallelisme, waar `n woord of frase herhaal word deur `n verskeidenheid van sinonieme te gebruik.14 Bekende filosoof, John Locke, wie verskeie gedeeltes in Johannes se evangelie aanhaal wat wys na hierdie sinonieme parrallelisme, vra of enigeen, “kan twyfel dat Messias en Seun van Yahuwah, sinonieme terme was onder die Jode in daardie tyd.”15 Hierdie geloofsoortuiging-dat Yahushua die beloofde Messias is-waarborg verlossing, nie `n oortuiging dat Yahushua is Yahuwah, die Messias of God die Seun nie, iets wat die Skrifte nooit sê nie.

Die apostel Johannes sluit sy evangelie verslag af deur te sê dat die doel waarvoor dit geskryf was en deur klem te lê hoe ons die ewige lewe verkry:

Johannes 20:30-31 Nog baie ander dinge het Yahushua voor sy dissipels gedoen wat in hierdie boek nie beskrywe is nie; maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Yahushua die Christus is, die Seun van Yahuwah; en dat julle deur te glo die lewe kan hê in sy Naam.

Weereens sien ons die sinonieme parallelisme tussen Christus en die Seun van Yahuwah. Ons sien ook dat die ewige lewe gegee is aan diegene wie glo in Yahushua se naam. Daarom, is dit nie verbassend dat Johannes hierdie instruksie sou herhaal in sy eerste sendbrief nie:

1 Johannes 5:1 Elkeen wat glo dat Yahushua die Christus is, is uit Yahuwah gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is.

Nêrens in sy geskrifte dui Johannes aan dat mens in die Drie-eenheid of die godheid van Yahushua moet glo om gered te word nie. Die geïnspireerde skrywer het voortdurend verklaar dat mens moet glo Yahushua is Yahuwah se beloofde Messias of Christus.

Johannes dui nooit in sy geskrifte aan dat mens in die Drie-eenheid moet glo of in die deïsme van Yahushua om gered te word nie. Die geïnspireerde skrywes het voortdurende verklaar dat mens moet glo Yahushua is Yahuwah se beloofde Christus of Messias. Mens moet deur hierdie “poort” gaan om gered te word.

Sommige mag Thomas se bekentenis aanbied tydens die aanskouing van die herrese Yahushua as bewys dat mens moet glo in die godheid van Christus:

Johannes 20:28-29 En Thomas antwoord en sê vir Hom: “My Here en my God!” 29 Yahushua sê vir hom: “Omdat jy My gesien het Thomas, het jy geglo, salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.”

Die voorafgaande konteks demonstreer dat Thomas gereageer het op Yahushua se leerstelling dat om Yahushua te “sien” of te “weet” is om die Vader te “sien of te “ken” omdat Yahushua die Vader verteenwoordig. Net drie kort verse later, verklaar Johannes boonop dat die doel vir die skryf van sy Evangelie was dat ons mag glo dat Yahushua die Christus is, die Seun van Yahuwah. Wat die beter openbaring is dat Yahushua Yahuwah is, soos sommige Thomas se stelling interpreteer wat hy bedoel? Of dat Yahushua die Christus is? Indien Thomas inderdaad verklaar het dat Yahushua Yahuwah is, sekerlik dan, as die merkwaardigste openbaring, sou Johannes dit aangehaal het as die doel van sy skrywe van die Evangelie. Maar Johannes maak geen melding daarvan nie. Daarteenoor stel hy dit duidelik dat hy sy verslag geskryf het sodat ons mag weet dat Yahushua die Christus is, bv., die gesalfde een deur Yahuwah.

Verlossing in die boek van Handelinge

Maar wat van die vroeë Kerk? As `n geloof in die Drie-eenheid en Yahushua se inkarnasie nodig is vir verlossing, sal ons dan ongetwyfeld die instruksies daarvan in die Boek van Handelinge vind. Maar Lukas se verslag oor die geboorte en uitbreiding van die Kerk noem nooit, leer nóg minder, omtrent `n geteoriseerde inkarnasie of `n drie-enige god in enige konteks wat ook al nie. Daarenteen, leer Paulus in Handelinge 14:14-18 met passie die mense van Listra dat hulle geloof in `n god wie mens geword het, `n nietige en waardelose ding was. Wat leer Handelinge dan oor verlossing?

Op Pinkster was daar `n magtige uitstorting van die Heilige Gees. Petrus het geleer dat dit `n vervulling was van Joël se profesie dat Yahuwah sy Gees sou uitstort op alle mense. Petrus eindig sy verduideliking met `n finale aanhaling uit Joël:

Handelinge 2:21 En elkeen wat die naam van die HERE aanroep sal gered word.

Volgende begin Petrus sy preek deur “Yahushua die Nasaréner `n man deur Yahuwah vir julle aangewys met tekens en kragte en wonders wat Yahuwah deur Hom onder julle gedoen het, soos julle ook self weet.” Dit is hierdie man wat Yahuwah beide Heer en Christus gemaak het en die een deur wie Yahuwah vergifnis van sonde aanbied:

Handelinge 2:36-38 “Laat die hele huis van Israel weet dat Yahuwah Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Yahushua wat julle gekruisig het.” 37 Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: “Wat moet ons doen broeders?38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die naam van Yahushua Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

As daar ooit `n tyd was om te verklaar dat Yahushua eintlik God is, sou die geboorte van die Kerk dit gewees het! Maar Petrus identifiseer Yahushua as `n mens wat Yahuwah verhoog het tot aan Sy regterhand en beide Heer en Christus gemaak.

As daar ooit `n tyd was dat om bekend te maak dat Yahushua eintlik God is, sou die geboorte van die kerk dit gewees het! Maar Petrus identifiseer Yahushua instede daarvan as`n mens deur Yahuwah verhef tot aan Sy regterhand en het Hom beide Heer en Christus gemaak.

Maar sommige sal sê omdat Paulus Joël 21 aanhaal-almal wat die naam van die Here aanroep gered sal word-beteken dit dat Yahushua nou Yahuwah is omdat ons nou Yahushua “aanroep” vir verlosing. Sommige maak daarop aanspraak dat Yahushua Yahuwah is of dat hy deel in die goddelike identiteit van Yahuwah omdat albei genoem word Heer en Redder. Maar Yahushua is nooit geïdentifiseer as HERE nie, wat slegs in hoofletters verskyn as `n vertaler se plaasvervanger vir die naam Yahuwah. Maar, in Grieks, word Yahushua Here genoem, of kurios, wat here, meester, en meneer beteken. Boonop is Yahushua Here en Verlosser net omdat Yahuwah hom verhoog het na daardie posisie. Instede van Yahushua in te sluit in die goddelike identiteit van Yahuwah, onderskei Petrus uitdruklik tussen hulle net twee hoofstukke later. Petrus in sy gebed na Vader Yahuwah, haal Psalm 2 aan:

Handelinge 4:26-27 ‘DIE KONINGS VAN DIE AARDE HET SAAMGESTAAN EN DIE OWERSTES HET SAAM VERGADER TEEN DIE HERE EN SY GESALFDE [Yahuwah] EN TEEN SY CHRISTUS.’ 27 “Want waarlik, Herodus en Pontius Pilatus het saammet heidene en die volke van Israel vergader teen u heilige Kind Yahushua wat U gesalf het.

Yahushua is nie aangestel as Yahuwah nie maar as iemand wie hoort aan Yahuwah. Hy is Yahuwah se Christus en Sy heilige dienskneg. Wat beteken dit dan dat Petrus Joël se aanhaling toepas in Handelinge 2:21 aan Yahushua – dat elkeen wat die naam van die Here aanroep sal gered word?

Wie ookal die Naam van die HERE Aanroep

Wanneer ons Bybel tekse ondersoek, is dit belangrik om te onthou dat die Bybel `n Joodse boek is in `n Hebreeuse raamwerk geskryf. Vir Petrus om die aanhaling aan Yahushua toe te dig wat oorspronklik na Yahuwah verwys, beteken nie, in die tradisionele Hebreeuse kultuur dat Yahushua Yahuwah is nie. Maar dit dui daarop dat Yahushua Yahuwah se agent is.

Bybel geleerde Marianne Meye Thompson verduidelik die beginsel van agentskap:

In die rabbynse geskrifte, is daar verwysing na die beeld van die saliah [of shaliah], wat letterlik “gestuurde een” beteken … a Saliah was `n plaasvervanger gestuur met `n taak of missie met spesifieke instruksies en gesag om dit uit te voer. Volgens die Talmoed, kon `n saliah, onder andere, besigheidstransaksies uitvoer, bindende ooreenkomste sluit, en huwelike beplan. `n Algemene gesegde onder die rabbi`s was “die een wie gestuur is, is soos die een wat hom stuur” of “`n mens se agent is gelyk aan homself” Omdat die saliah mag optree in die plek van die een wie hom stuur, wanneer iemand met die saliah te doen het is dit asof onderhandel word met die een wie daardie persoon gestuur het.16

Die Encyclopedia van Joodse Geloof beskryf agentskap so:

Die hoofpunt van die Joodse wet van agentskap is uitgedruk in die spreekwoord, “`n persoon se agent word beskou as die persoon homself.

Die hoofpunt van die Joodse wet van agentskap word beskryf in die gesegde, “`n persoon se agent word beskou as die persoon homself.” Dus, enige optrede uitgevoer deur `n behoorlik aangestelde agent word beskou as uitgevoer deur die hoof… 17

Ons sien `n voorbeeld van agentskap in Exodus 23:20-21, waar Yahuwah aanmoedig om Sy engel te gehoorsaam want “My naam is in Hom.” As Yahuwah se agent, was die engel bemagtig met Yahuwah se naam, Sy gesag, mag ens. Sodoende was van die Israeliete verwag om gehoorsaam te wees aan hom asof hulle Yahuwah sou gehoorsaam. Niemand sou inderdaad argumenteer hieroor omdat die engel die naam van Yahuwah gedra het nie, dit beteken nie dat hy Yahuwah was nie. Net so, is Yahushua as Yahuwah se agent, die naam van Yahuwah gegee.

Johannes 17:11-12 “En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld, en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in U naam hulle wat U aan My gegee het,sodat hulle een kan wees, net soos Ons. 12 “Toe Ek saammet hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word.

Om dus sodoende die naam van die HERE op iemand toe te pas, hetsy `n engel of Yahushua, stel hulle nie gelyk om Yahuwah te wees nie. Vir Petrus om Joël aan te haal- “elkeen wat die naam van die HERE aanroep sal gered word”- op dieselfde konteks waar hy sê dat Yahushua die middel is vir die verlossing beteken dat om Yahushua aan te roep is om Yahuwah aan te roep wie hom aangestel het. Ons sal hierdie idee sterk ondersteun sien deur die Skrifte as ons kyk na Handelinge 16 in `n oomblik.

Petrus se Tweede en Derde Preek

Laat ons intussen tyd kortliks kyk na die tweede preek van Petrus, wat hierdie keer gelewer was aan die Joodse heersers, ouderlinge en skrifgeleerdes, en wat dit ons omtrent verlossing leer:

Handelinge 4:10-13 “laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam van Yahushua Christus, die Nasaréner, wat julle gekruisig het, maar wat Yahuwah uit die dode opgewek, dat deur Hom hierdie man gesond geword het. 11 Hy is die STEEN WAT DEUR JULLE, DIE BOUERS, VERAG, IS wat `n HOEKSTEEN geword het. 12 “En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.”

Petrus vertel dat verlossing beskikbaar is slegs deur Yahushua Christus van Nasarét, wie deur Yahuwah uit die dode opgewek is. Petrus het nie gesê dat Yahushua Yahuwah was wie Yahuwah uit die dood opgewek het nie.

Petrus deel ons mee dat verlossing beskikbaar is deur Yahushua Christus van Nasarét, alleenlik. Wie deur Yahuwah uit die dood opgewek is. Petrus het nie gesê Yahuwah wie deur Yahuwah opgewek is uit die dode nie. Inteenstelling daarmee, identifiseer Petrus uitdruklik die Nasaréner as die Christus.

In nog `n preek deur Petrus gelewer, díe keer voor die hoë priester en sy genote, verduidelik die apostel dat Yahushua die een is deur Yahuwah verhef tot Sy regterhand as die Leidsman en Heiland:

Handelinge 5:30-32 “Die God van ons vaders het Yahushua opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan die kruishout te hang.31 Hom het Yahuwah as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sonde te skenk. 32 En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat Yahuwah gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.”

Met ander woorde, Yahushua was nie inherent Here, Leidsman, of Verlosser nie, maar was verhef deur Yahuwah en sy gesag gegee. Vergifnis van sonde en die Heilige Gees word aan diegene gegee wie gehoorsaam en glo.

Wat van die Tronkbewaarder van Filíppi?

Sommige mag Paulus se ontmoeting met die tronkbewaarder van Filíppi voorstel as bewys dat mens moet glo Yahushua is Yahuwah om gered te word. In Handelinge 16 leer ons dat Paulus en Silas geslaan en in die tronk gestop was omdat hulle `n meisie van duiwelbesetenheid bevry het. Nadat die tronkdeure wonderbaarlik geopen is, het die bewaarder voor die gevangenes geval en gevra, “Menere, wat moet ek doen om gered te word?” Toe sê hulle: “Glo in die Here Yahushua Christus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.”18 Sommige interpreteer die gedeelte as menende omdat hulle geglo het in “die Here Yahushua” (vers 31) en “geglo het in Yahuwah” (vers 34) dat Yahushua Yahuwah is. Maar mens kan glo in Yahushua, die menslike Messias, en Yahuwah, wie hom verhoog het sonder om die twee te verwar. Waarlik het Yahushua gesê dat om in hom te glo is om in Yahuwah te glo, wie hom gestuur het:

Johannes 5:24 “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan in die dood in die lewe.

Johannes 12:44 En Yahushua het uitgeroep en gesê: “Wie in My glo, glo nie in My nie, maar in Hom wat My gestuur het.

So is die beginsel van agentskap. Om in die agent te glo, is om te glo in die een wat hom gestuur het.

Moet jy in die Drie-eenheid glo om gered te word?

Roger E. Olsen, professor en teoloog, haal een van die invloedrykste Kerk Vaders aangaande verlossing en die oortuiging in die Drie-eenheid aan:

Augustine het gesê dat enigeen wie die Drie-eenheid verwerp verloor sy verlossing maar dat enigeen wie probeer om dit te verstaan verloor sy verstand.19

In plaas daarvan om verlossing afhanklik te maak aan `n verbassende onverstaanbare leerstelling, het Yahuwah dit eenvoudig genoeg gemaak dat selfs `n kind dit kan verstaan.

Instede daarvan om verlossing afhanklik te maak op `n verstommende, onverstaanbare leerstelling, het Yahuwah dit eenvoudig genoeg gemaak vir selfs `n kind om dit te verstaan. Ongelukkig leer Augustine `n post-Bybelse siening wat deur Griekse filosofie beïnvloed was. Die vraag wat ons almal moet antwoord is of iets so fundamenteel vir wat vereis word as verlossing sterk moet rus op die Skrifte of mensgemaakte belydenisse wat oor honderde jare ontwikkel is? Is die Skrifte genoegsaam of nie in haar instruksies?

2 Timothéüs 3:13-17 Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word. 14 Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het. 15 En dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Yahushua. 16 Die hele Skrif is deur Yahuwah ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, 17 sodat die mens van Yahuwah volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.”

Paulus wie geglo het in Yahuwah as die Vader, het die Skrifte as geïnspireerd en voldoende beskou in haar instruksie dat verlossing deur Yahushua, wie die Christus is, kom.

Gelukkig forseer baie Drie-eniges nie hul drie-ledige oortuiging op ander af nie. Olson doen verslag dat selfs sommige ortodokse Christen teoloë glo dat die leerstelling nie sentraal vir `n “regte insig van God” is nie. Soos byvoorbeeld, Olson sê dat Emil Brunner “geargumenteer het dat die leerstelling van die Drie-eenheid nie die Evangelie en nie iets is wat verkondig moet word nie” omdat dit `n sekondêre taal van geloof is, nie primêr nie.”20 Olson let ook op:

Wat moet mens glo om gered te word? Volgens die Skrifte, moet mens glo dat Yahushua van Nasarét die Christus is, die Seun van Yahuwah, wie Yahuwah die Vader opgewek het uit die dode en verhef het na Sy regterhand as Heer en Verlosser.

John Wesley het sterk geglo in die leerstelling van die Drie-eenheid, maar hy het nie aangedring op die oortuiging daarin om iemand as `n Christen te erken nie.21

Aangaande sy eie posisie, skryf Olson:

…Tot sommige dalk meer konserwatiewe mense se ergernis, [met] Wesley, dring ek nie aan op die bevestiging van die leerstelling van die Drie-eenheid vir outentieke Christenskap nie.22

Wat moet mens glo om gered te word? Volgens Skrifte, moet mens glo dat Yahushua van Nasarét die Christus is, die Seun van Yahuwah, wie Yahuwah die Vader uit die dood opgewek en verhoog het na Sy regterhand as Heer en Heiland. Paulus se gewilde voorskrif vir verlossing weerkaats dit beeldskoon:

Romeine 10:9-10 As jy met jou mond die Here Yahushua bely en met jou hart glo Yahuwah Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.”

Nes Yahushua, Johannes en Petrus, het die apostel Paulus nie geleer dat mens moet glo in die godheid van Christus of `n drieledige Yahuwah om gered te word nie. Ons moet versigtig wees tensy ons byvoeg wat Yahuwah nie nodig beskou het vir redding nie.


1 https://www.crcna.org/welcome/beliefs/creeds/athanasian-creed

2 John Piper, “What Must I Do to Be Saved?” Desiring God, 4-22-14, accessed 5-01-20, https://www.desiringGod.org/interviews/what-must-i-believe-to-be-saved

3 Kendra Semmen, “Evangelist: You Can’t Say You’re Christian If You Don’t Worship Yahushua,Charisma News, 12-13-19, accessed 4-21-20, https://www.charismanews.com/culture/79193-evangelist-you-can-t-say-you-re-christian-if-you-don-t-worship-Yahushua

4 Kerry D. McRoberts, Hoofstuk 5: “The Holy Trinity” in Systematic Theology: A Pentecostal Perspective, ed. Stanley M. Horton (Springfield, MO: Logion Press, 1994), p. 168.

5 A.W. Agyles, God in the New Testament, (New York: Lippincott, 1966), p. 173.

6William Newton Clarke, The Christian Doctrine of God, (Edinburgh: T&T Clark, 1909), p. 230-231.

7 A.T. Hanson, The Image of the Invisible God, (London: SCM Press, 1982), p.87.

8 John L. McKenzie, Dictionary of the Bible, (New York, NY: Macmillan Publishing Company, 1995), p. 899-900.

9 James Dunn, Christ and the Spirit, Deel. 1, p. 38, 40.

10 Harper Collins Bible Dictionary, Paul J. Achtemeier, ed., 1996 ed., p 452-453.

11 Millard J. Erickson, God in Three Persons: A Contemporary Interpretation of the Trinity (Grand Rapids: Baker Publishing Group, 1995), p. 11-12.

12 Handelinge 20:20, 27 NV.

13 John 3:3, 7, gebore van bowe in the Grieks, word dikwels vertaal as weergebore; https://biblehub.com/interlinear/john/3-3.htm

14 “Synonymous Parallelism,” Encyclopedia Britannica, accessed 5-9-20, https://www.britannica.com/topic/synonymous-parallelism For more examples of sinonieme parallele, sien Matthéüs 16:16; 26:63; Johannes 1:49; 20:31; Lukas 4:41, ens.

15 John Locke, The Reasonableness of Christianity as Delivered in the Scriptures, p.46, https://archive.org/details/reasonablenessof00lockuoft/page/46/mode/2up/search/tell+me+whether+he+can+doubt

16 Marianne Meye Thompson, “Gospel of John,” in Dictionary of Jesus and the Gospels, Joel B. Green, ed. 1992 (Downers Grove, IL: Intervarsity Press, 1992), p. 377.

17 “Agent” (Heb. Shaliah), The Encyclopedia of Jewish Religion, R.J.Z. Werblowsky, G. Wigoder, (New York: Adama Books, 1986), p. 15.

18 Handelinge 16:33-34.

19 Roger E. Olson and Christopher A. Hall, The Trinity (Guides to Theology), (Wm. B. Eerdmans: Grand Rapids, MI, 2002), p.1.

20 Roger E. Olson, How Important is the Doctrine of the Trinity? 4-29-13, accessed 5-8-20 https://www.patheos.com/blogs/rogereolson/2013/04/1807/

21 Ibid.

22 Ibid.


Hierdie is `n nie-WLC artikel. Bron: https://oneGodworship.com/do-you-have-to-believe-in-the-trinity-to-be-saved/

Ons het al die paganistiese name van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons in die Skrifte aangehaal al die name van die Vader en Seun herstel soos dit oorspronklik geskryf was deur die geïnspireerde Skrywers van die Bybel. -WLC Span