Print

Praat in Tale


Hemelse Gawe vir Evangelisasie

Yahuwah het kosbare gawes aan Sy volk hier op aarde verskaf. Een van die ingewikkeldste, en mins-verstane Hemels-gegewe gawes is die spreek in tale. Vandag glo baie Christene dat tensy `n persoon die “gawe van die Heilige Gees” ontvang het en in “tale kan spreek” hy of sy nie deur die “Gees gedoop is nie.” Spreek in tale word as `n toets gebruik om te bewys of `n persoon gered is of nie. Die “spreek in tale” wat deur vele hedendaagse Christene beoefen word as hulle sê dat hulle bid en aanbid, is inteenstelling met die egte, Bybelse spreek in tale.

Net voordat Yahushua na die Hemel teruggekeer het, het Hy Sy dissipels meegedeel:

“Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom. Die volgende wondertekens sal voorkom by díe wat glo: in my Naam sal hulle duiwels uitdrywe; en in ander tale sal hulle praat.” (Markus 16: 15, 17, NV)

Pentecost (Dore's Woodcut)Aan die dissipels was die opdrag gegee om die waarheid van verlossing aan die ganse wêreld te bring! Om hulle te bemagtig om dit te doen, het Yahushua beloof dat hulle die gawe sal ontvang om in “nuwe of ander tale te praat.” Hierdie unieke gawe was vir die eerste keer uitgestort op Pinkster en het tot die redding van duisende kosbare siele gelei.

“ En toe die dag van die pinksterfees aanbreek, was hulle almal op een plek bymekaar. Skielik was daar `n geluid uit die hemel soos van `n geweldige stormwind, en . . . Almal is met die Heilige Gees vervul en het in ander tale begin praat, soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het om onder sy leiding te doen.

“Daar het godsdienstige Jode uit al die nasies onder die son in Jerusalem gewoon. Toe die mense die geluid hoor, het `n groot skare saamgedrom. En omdat elkeen gehoor het hoe dit in sy eie taal gepraat word, het hulle nie geweet hoe hulle dit het nie.

“Verras en verbaas sê hulle toe: “Die mense wat daar praat, is tog almal Galileërs. Hoe hoor elkeen van ons dan sy eie moedertaal? Perse, Mediërs en Elamiete, sowel as die inwoners van Mesopotamië, Judea, en Kappadosië, Pontus en die Provinsie Asië, Frigië en Pamfilië. Egipte en die dele van Libië om Sirene, mense uit Rome, Jode sowel as heidene wat die Joodse geloof aangeneem het, Kretenser en Arabiere – ons hoor hulle in ons eie tale praat oor die groot dinge wat ... [Yah] gedoen het.”

“ Hulle was almal verbaas en uit die veld geslaan. Party het vir mekaar gevra: Wat kan dit tog beteken?’” (Handelinge 2: 1-12, NV)

Daar en dan kon Petrus aan die skare verduidelik wat aan`t gebeur was:

“Jode en almal wat in Jerusalem woon, ek moet vir julle verduidelik wat gebeur het. Luister na wat ek gaan sê: . . . hier gebeur wat [Yah] deur die profeet Joël gesê het: ‘Só sal dit in die laaste dae wees, sê [Yahuwah]: Ek sal My Gees uitstort op alle mense: julle seuns en julle dogters sal as profete optree.’” (Handelinge 2: 14, 16, 17, NV)

Petrus se preek was deur almal teenwoordig verstaan, ongeag van hulle moedertaal. Die resultate was wonderbaarlik.

“Dié wat sy woorde aangeneem het is gedoop, en omtrent drie duisend mense is daardie dag by die gelowiges gevoeg. Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede.” (Handelinge 2:41, 42 NV)

Die ware “gawe van tale” sal altyd Yahuwah verheerlik en is slegs gegee vir die doel om goddelike waarhede aan diegene te gee wie nie op `n ander wyse die woorde wat uitgespreek word verstaan nie.

Die ware “gawe van tale” sal altyd Yahuwah verheerlik en is slegs gegee vir die doel om goddelike waarhede aan diegene te gee wie nie op `n ander wyse die woorde wat uitgespreek word verstaan nie. Insteenstelling met die geluide wat deur baie gemaak word wie daarop aanspraak maak dat hulle die “gawe van tale” het as niks meer as net betekenislose gebrabbel nie. Die geluide gemaak is nie gevestigde tale nie en hulle onderrig vir seker nie in enige waarheid en geregtigheid nie. Inderwaarheid is die gebrabbel, of “praat in tale,” wat deesdae deur die meeste van die mense beoefen word direk inteenstelling met die Skriftelike leiding wat verduidelik of dit eg of vals is.

Yahushua het duidelik gewaarsku:

“Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene `n stortvloed van woorde gebruik nie. Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik. Moet dan nie soos hulle maak nie.” (Matthéüs 6: 7, 8, NV)

Van al die Nuwe Testamentiese skrywers, het Paulus die meeste oor die gawe van tale gepraat. Hy het gewaarsku teen die moderne betekenislose geluide wat baie vandag die “gawe van tale” noem.

“Maar die onheilige en sinlose praatjies moet jy vermy, want die wat dit versprei, sal nog verder in goddeloosheid verval.” (2 Timothéüs 2:16, NV)

Paulus het verstaan dat alle tale `n goddelike gawe is, geskenk met die doel om te kommunikeer. Maar as een persoon nie verstaan wat die ander persoon sê nie, vind geen kommunikasie plaas nie! Enige taal word dan net `n warboel van betekenislose geluide: sinlose praatjies. Op `n tyd was die gelowiges te Korinte in gevaar, begerig vir die gawe van tale oor dieselfde rede wat baie van vandag dit begeer – hulle het geglo dat dit hulle heiliger en belangrik laat voorkom. Paulus het hulle vinnig reggehelp dat om woorde te spreek wat niemand verstaan nie, nie die waarheid kommunikeer en vervul nie, die oorspronklike doel waarom die Hemel die gawe van tale in die eerste plek gegee het nie!

“En nou, broeders, as ek na julle toe kom en ongewone tale of klanke gebruik, van watter nut sal ek vir julle wees? Ek sal vir julle net van nut wees as ek `n openbaring of kennis of Yahuwah se boodskap of lering aan julle meedeel.

“Dit is net soos met lewelose instrumente wat `n klank afgee, soos `n fluit of `n siter, as daar nie klankverskille is nie, hoe sal `n mens weet wat op die fluit of siter gespeel word?

“So is dit ook met julle. As julle ongewone tale of klanke gebruik en nie `n verstaanbare woord praat nie, hoe sal `n mens weet wat daar gesê word? Dan praat julle mos in die wind!

Maar as ek `n taal nie ken nie, sal die een wat dit praat, vir my onverstaanbaar wees en ek vir hom.” (1 Korinthiërs 14:6, 7, 9, 11, NV)

Paulus het so ver gegaan deur te sê dat sou die taal wat gepraat word nie verstaan word of uitgelê word deur iemand anders teenwoordig wie ook daardie taal kan praat nie, dan moet die persoon wie in “tale praat” eerder stil bly.

“Wat die ongewone tale of klanke betref. . . en daar moet een wees wat dit uitlê. As daar nie iemand is wat dit kan uitlê nie laat hy stilbly in ekklesia. (1 Korinthiërs 14: 27-28, NV)

Paulus het geglo in die gawe van tale. Hy het dit baie keer gebruik! Maar hy het verstaan dat die ware “gawe van tale” altyd `n bekende verstaanbare taal was.

Paulus het geglo in die gawe van tale. Hy het dit baie keer gebruik! Maar hy het verstaan dat die ware “gawe van tale” altyd `n bekende verstaanbare taal was.
Die rede waarom ons Ekklesia en nie kerk in verwysing na Yahushua se getroues in WLC inhoud gebruik nie, is omdat die woord “kerk” nie met akkuraatheid die betekenis van die oorspronklike Griekse, “Ekklesia” oordra nie. Regdeur die Nuwe Testament, verwys Ekklesia na die Uit Geroeptes. Die woord “kerk” wat op `n groep klem lê, is dus dan `n verkeerdelike vertaling en moes nooit gebruik word nie. Christene is letterlik die Uit Geroeptes.Die ware volgelinge van Yahushua is inderdaad die Uit Geroeptes vanuit die georganiseerde denominasies en gevalle Babiloniese godsdienste.Wanneer die boodskap om uit Babilon te vlug gehoorsaam is, moet niemand weer terugkeer na Babiloniese kerke en godsdiensvorme nie.

“Ek dank . . .Elohim dat ek meer ongewone klanke en tale gebruik as julle almal. Maar in die ekklesia van die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand praat om ook ander te onderrig, as duisend woorde in [ongewone] tale en klanke. (1 Korinthiërs 14: 18-19, NV)

Paulus het die verskil tussen diegene verduidelik wie sinnelose geluide gemaak het teenoor diegene wie eintlik begunstig was met die bekwaamheid om ander te onderrig met die waarheid in `n vreemde taal:

“Die een wat ongewone tale of klanke gebruik, bou net homself op, maar die een wat Yahuwah se boodskap verkondig, bou die ekklesia op. Ek sou graag wou hê dat julle almal ongewone tale of klanke gebruik, tensy hy dit ook uitlê sodat die ekklesia daardeur opgebou kan word.” (1 Korinthiërs 14:4-5, NV)

Die “gawe van tale” is maar net dit: `n GAWE, gegee deur die Hemel, vir die uitdruklike doel om waarheid aan ander te kommunikeer. Paulus het die Korinthiërs so bemoedig: Julle moet die liefde nastreef. Lê julle toe op die gawe van die Gees.” (1 Korinthiërs 14:1) Maar die Hemelse gawe word nie verkry op vraag en aanbod nie. Hulle word slegs gegee aan diegene wie, in nederigheid van hart, gevul is met die Gees van Yahushua en Sy werk doen. Nie almal word dieselfde gawe gegee nie en niemand ontvang die gawe van die Gees wie dit gebruik vir selfverheerliking nie.

gift wrapped in gold paper“Daar is `n verskeidenheid van genadegawes, maar dieselfde Gees versprei dit.” (1 Korinthiërs 12: 4, NIV)

Die vrug van die Gees, daarteenoor, is die liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.” (Galasiërs 5: 22-23, NV)

Dit verskaf Yahuwah vreugde om aan Sy kinders die gawe van die Heilige Gees te skenk. Yahushua verseker almal:

“As julle wat sleg is, dan weet om goeie dinge vir julle kinders te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.” (Lukas 11: 13, NV)

Die hemel is meer as gewillig om hierdie gawes van die Gees uit te stort as wat die afvallige mens dit wil ontvang.

“Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander en verduister nie.” (Jakobus 1: 17, NV)

Almal wie hul harte sal verootmoedig, en volle gehoorsaamheid aan die wil van Yahuwah soek, sal geseën word met die vrugte van die Gees. Dan, wanneer Yahuwah hulle nodig het, sal Hy Sy kinders gee van die gawes noodsaaklik vir hulle om Sy wil hier op aarde te volbring. Onsinnige gebrabbel, hetsy in aanbidding of in gebed, dien net tot verheffing van die een wie daarop aanspraak maak dat hy die “gawe van tale” het. Dit stig of gee nie instruksies in geregtigheid aan enigeen nie as niemand kan verstaan wat gesê word nie. Sulke sinnelose brabbeltaal openbaar slegs `n te kort van die vrugte van die Gees wat uit noodsaaklikheid die gawes van die Gees moet vergesel. Liefde, lydsaamheid, en vriendelikheid gaan verlore wanneer iemand roem in sy eie self-bewuste belangrikheid deur die gebrabbel van onsinnige geluide. Die gebed en aanbidding aanvaarbaar aan Yahuwah is dit wat kom uit `n hart met liefde gevul, want so `n hart is gevul met die Gees van Yahuwah.

Hy bid goed, wie goed liefhet

Beide mens en voël en dier

Hy bid die beste, wie die beste liefhet

Alle dinge beide groot en klein;

Want die liewe . . . [Yah] wie ons bemin

Het alles gemaak en almal lief.”

(Samuel Taylor Coleridge)

Laat elkeen die Vader in die Hemel verheerlik, en die Vader wat alles sien en weet sal die nederiges van hart gebruik om Sy heilige naam te verheerlik en die waarheid en geregtigheid regdeur die aarde versprei.


Kliek hier om na die video te kyk!