Print

Spiritisme en die Beloning van die Heiliges

1. Die Eerste Leuen

In Genesis 2: 9 lees ons: “En Yahuwah Elohim het allerhande bome uit die grond laat uitspruit,  begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad.” Daar is elke rede om te glo dat die teks wens om twee regte, letterlike bome te beskryf, beide wat vrugte dra wat gepluk en geëet kan word. En dan spreek die name van die bome van nog `n werklikheid.

Die boom van die lewe was essensieël vir die ewige menslike lewe. Deur nie gedurig van hierdie boom te eet nie, sou die menslike liggaam begin om sy lewenskrag te verloor en sterf. Dit word uitgebeeld in Genesis 3: 22. “Toe sê Yahuwah Elohim: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken, As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!” Deur te eet van die boom van die lewe sou onsterflikheid gee, die mag om vir ewig te lewe. Maar sonder die vrug van die boom van die lewe, was die mens sterflik, onderworpe aan die dood ten eniger tyd. Hierdie vers vertel ook iets van die boom van die kennis van goed en kwaad. Deur van daardie boom te eet, sal die mens bevoeg wees om vir homself tussen goed en kwaad te kan onderskei.

Deur van altwee die bome te eet was wedersyds verbied. Mens kon nie van albei hê nie. Mens moes kies tussen hulle. Deur van die een te eet verteenwoordig die realisering dat die lewe algeheel afhanklik is van Yahuwah se voortdurende voorsienigheid. Deur van die ander te eet verteenwoordig die verlange na onafhanklikheid van Yahuwah en die wil om reg en verkeerd vas te stel op ons eie onthalwe sonder die verwysing na die goddelike wil. Dit is waarom die bome wedersydse eksklusiwiteit gehad het. Mens kan nie beide afhanklik op Yahuwah en wederstruwelik onafhanklik van Hom wees nie.

Hoewel ons nie meer langer met dié moontlikheid in die gesig gestaar word om van een of albei bome in die tuin te eet nie, kom ons nog steeds in konfrontasie met die gedagtegange van altwee. Ons mag ons volle afhanklikheid aan Yahuwah vir lewe besef, die kennis van goed en kwaad, en verlossing en redding. Of ons kan aanspraak maak op onafhanklike onsterflikheid, om die reg te hê om reg en verkeerd vir onsself te omskryf, en om verlossing en redding deur ons eie pogings te verkry. Raar of te nie, blyk dit of hierdie drievoudige houdings in beide alternatiewe wyses met mekaar saamhang.

Toe die verleier vir Adam en Eva versoek het, het hy aan laasgenoemde gesê: “Julle sal gewis nie sterwe nie.” Gen. 3:4. Die leuen was in teenstelling met die onveranderlike werklikheid dat mens nie afhanklik op Yahuwah vir die lewe kan wees en terselfdertyd Yahuwah se definisie van reg en verkeerd willens en wetend vir onsself verwerp nie. As ons onafhanklikheid sou kies, verkies ons die dood. Maar die leuen keer weer terug. Ons wil dan glo dat ons onsterflik en onafhanklik van Yahuwah kan wees.

Met vreugdevolle wrangheid verlustig die menslike hart hom daarin om te sien dat die hap uit die vrug van die kennis van goed en kwaad nie onmiddelik die dood tot gevolg het nie. In daardie selfde dag was die lewensdraad met die oorsprong van onsterflikheid afgesny. Maar die liggaam hang aan, deur stadig en onvermydelik in stilte na vergetelheid weg te sink. Die menslike rebelsheid verblind die oë van die besef dat die koue hand van die dood alreeds die keel omsluit het van die een wie `n hap geneem het uit die vrug van die boom waarna steeds gesoek word. Maar selfs wanneer die liggaam in die graf gelê word, gaan die leuen nog voort. Jy sal gewis nie sterwe nie. Die perverse verlange om `n leuen te glo veroorsaak dat die menslike verstand bó alle bewyse van die sintuie, kleef dat daar `n materielose menslike siel is wat die dood en die graf oorleef en lewe en vir ewig leef. Hierdie leuen is die fondasie van alle valse geloofsoortuiginge en valse hoop.

Die fondasie van ware geloof is in die Tien Gebooie. Valse geloof sal die een of meer hiervan ontken. Dit sal aanvoer dat Yahuwah meer as een is. Sodoende kom ons uit by drie-enigheidsleer en politheïsme in al sy vorme beide afskuwelik en aanneemlik. Valse geloof maak daarop aanspraak dat die Sabbat nie onderhou hoef te word nie, of dat daar tye is dat ons doelmatig die lewe van `n ander persoon mag neem. In elk geval is die neem van `n persoon se lewe nie só `n ernstige saak nie, omdat mense nie regtig doodgaan nie, lui die regverdiging. Valse geloof maak altyd die deur oop vir wetteloosheid en geweld. Maar agter dit alles is die leuen “Julle sal gewis nie sterwe nie.”

2. Wat is die Siel?                      

Die Bybel maak dit duidelik dat die lewende siel van die begin is. Die eerste leuen, dat die mens nie werklik sterf wanneer hulle doodgaan is so algemeen, dat Yahuwah dit goed geag het om ons reguit die waarheid te vertel omtrent die siel van die begin af, sodat ons nie nodig het om mislei te word nie. Genesis 2:7 sê: “EN Yahuwah Elohim het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens `n lewende siel geword.”

Uit hierdie teks kan ons dan sien dat die lewende siel geformeer is uit die stof van die aarde. Die liggaam is deel van die siel, en dat daar geen siel sonder die liggaam is nie. Die siel is nie iets onstofliks en van nature onsterflik wat die liggaam verlaat wanneer `n mens sterf nie. Dit is die liggaam self waarin die asem van die lewe geblaas is. Wanneer die asem van die lewe of gees wat van Yahuwah voortkom die liggaam verlaat, bestaan die lewende siel nie meer nie. Die liggaam keer na die stof terug van waaruit dit geskep is, en die asem van die lewe, of die gees keer na Yahuwah terug wie dit gegee het. Want Prediker 12:7 sê: “En die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na Elohim terugkeer wat dit gegee het.”

Met die feit dat so baie mense die eerste leuen geglo het, sal dit in die gedagte opkom dat die gees iets bewustelik en lewend is wat die dood oorleef en herinneringe en persoonlikheid met hom saamneem terug na Yahuwah toe. Maar dít is nie so nie. Die Bybel wys duidelik dat daar geen bewustheid en geen nagedagtenis in die dood is nie. Prediker 9: 5, 6 sê: “Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet. Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn, en hulle het vir ewig geen deel meer van alles wat gebeur onder die son nie.”

Die ondervinding van die dood word vergelyk met slaap, wat verskeie kere deur Yahushua opgehaal word. Soos byvoorbeeld in Johannes 11:11, waar Hy sê: “Dit het Hy gespreek; en daarna sê Hy vir hulle, Onse vriend, Lasarus slaap; maar Ek gaan om hom wakker te maak.”

Uit hierdie tekste leer ons dat die siel sigbaar en tasbaar is. Dit kom tot bestaan wanneer die asem van die lewe verenig het met die liggaam. Dit hou op om te wees wanneer die asem van die lewe geskei word van die liggaam. Daar is geen bewustheid in die dood nie.

3. Kommunikasie met die dode  

Baie mense glo dat die dode geeste sonder `n liggaam is wie met die lewendes kan kommunikeer. Maar wat ons uit die Bybel leer aangaande die siel en die staat van die dode, is duidelik dat so iets onmoontlik is. Nogtans, het duisende mense ondervindinge beleef met die kommunikasie van wat hulle dink die siele van afgestorwe geliefdes of historiese persoonlikhede is.

Daar is selfs sommige voorbeelde van sulke misleidings in die Bybel. Die bekendste is die verhaal van Koning Saul op sy besoek aan die heks van Endor. Hy het die vorm van Samuel uit die graf sien opkom en met hom gepraat oor sy verdoemenis. Die verhaal begin só in 1 Samuel 28: 7. “En Saul sê aan sy dienaars: Soek julle vir my `n vrou wat `n dodebesweerster is, dat ek na haar kan gaan en haar raadpleeg. En sy dienaar sê vir hom: Daar is `n vrou, `n dodebesweerster in En-Dor.”

4. Wat is `n gees wat waarsê?

Die einste woorde van Saul en sy dienkneg openbaar dat hulle geweet het dit nie werklik Samuel is wat verskyn het nie. Hulle het nie die ware Samuel verwag nie, maar `n gees wat waarsê.Wat is `n gees wat waarsê? Mattheús vertel ons uitdruklik dat sulke geeste die geeste van duiwels is. “En toe dit aand geword het, het hulle baie na Hom gebring wat met duiwels besete was; en Hy het die geeste met Sy woord uitgedryf, en almal genees wat siek was; . . .”

“Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie op om julle deur hulle te laat verontreinig nie. Ek is Yahuwah julle Eloah. (Lev. 19:31)

En as `n persoon hom begewe tot die geeste van afgestorwenes en die persoon wat waarsê om agter hulle aan te hoereer, sal Ek my aangesig teen die persoon rig en hom uitroei onder sy volk uit. (Lev. 20: 6)

Daar mag niemand by julle gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan – wat met waarsêery, goëlary of met verklarings van voortekens of towery omgaan nie, of wat met besweringe omgaan, of wat `n gees van `n afgestorwene vra of `n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie. (Deut. 18: 10-11)

En ook sy seun deur die vuur laat deurgaan, en met goëlary en met verklarings van voortekens omgegaan en die dodebesweerders en die waarsêers aangestel; hy het baie gedoen wat verkeerd was in die oë van Yahuwah, om Hom te terg. (2 Kon. 21: 6)

Ook het Josía die die dodebesweerders en die waarsêers en die huisgode en die drekgode en al die verfoeisels wat in die land van Juda en in Jerusalem te sien was, uitgeroei, om die woorde van die wet te bevestig wat geskrywe is in die boek wat die priester Hilkía in die huis van Yahuwah gekry het. (2 Kon. 23: 24)

En as hulle vir julle sal sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel – moet `n volk nie sy Eloah raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word? (Jes. 8:19)

En die gees van Egipte sal radeloos word in sy binneste, en sy planne sal Ek verwar; dan raadpleeg hulle die afgode en die besweerders en die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê. (Jes. 19: 3)

En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom. Want hulle is die geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die Almagtige Eloah. (Open. 16: 13-14)

Al hierdie waarskuwings moet genoeg wees om die mense te weerhou om die dode te raadpleeg. Sulke pogings is die gevolg van niks in die algemeen, of dit maak die weg oop vir bose geeste om in te kom en te verlok en te mislei.

Die oortuiging dat die siel `n onsterflike, immateriële, bewuste entiteit is, is die leuen wat die deur open tot die misleidings van Satan. Satan bewerkstellig sulke misleidings in al die gewilde godsdienstige tradisies. Muslims, Christene, Jode en al die paganiste is oortuig van die eerste leuen. Hulle is dus ontvanklik vir misleiding. Duiwels wat die heilige Maria naboots was met toenemende herhalings gesien namate onreine duiwels hul missie van  bedrog versnel. Satan se grootste werk van spiritualisme is die nabootsing van Yahushua self. Ons moet nie die aansprake van opstandings en wonderwerke aanvaar nie. Daar is een duidelike vuurproef wat sal vertel of `n figuur opreg is of nie: diegene wie die gebooie van Yahuwah, die tien gebooie verkondig, is opreg. Diegene wie een of meer daarvan verwerp, is vals.

Die doel daarvan om die dode te verpersoonlik aan die kant van die duiwels is om die mens tot ongehoorsaamheid te lei. Diegene wie glo in die onsterflike siel sal tot vernietiging toe gelei word deur die slinkshede van Satan.

5. Die bron van lewe

 Volgens die Skrifte het Yahushua alleenlik onsterflikheid. Maar Hy het die mensdom uit die dood verlos wat in die wêreld gekom het deur die eerste leuen te glo. Die ewige lewe is beskikbaar deur Yahushua.

Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van Yahuwah bly op hom. (Joh. 3: 36)

Moenie werk om die spys wat vergaan nie, maar om die spys wat bly tot in die ewige lewe, wat die Seun van die mens julle sal gee, want Hom het Yahuwah, die Vader, verseël. (Joh. 6: 27)

Maar hierdie dinge is beskrywe, dat julle kan glo dat Yahushua die Christus is, die Seun van Yahuwah; en dat julle deur te glo die ewige lewe kan hê in sy Naam. (Joh. 20:31)

Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van Yahuwah wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. (Gal. 2:20)

Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van Yahuwah nie het nie, het nie die lewe nie. (1 Joh. 5: 12)

Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van Yahuwah, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van Yahuwah. (1 Joh. 5:13)

En ons weet dat die Seun van Yahuwah gekom het en ons die verstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Yahushua Christus. Hy is die Waaragtige Eloah, en die ewige lewe. (1 Joh. 5:20)

Terwyl die ewige lewe geskenk word aan diegene wie geloof het in Yahushua, sal ons sien hoe die mense rondom ons sterf. Tensy ons sal lewe om die verskyning van Yahushua met sy wederkoms te sien, sal ons ook sterf. Só, hoe dan sal diegene wie geloof in Yahushua het die ewige lewe ingaan in die praktyk en in werklikheid?

6. Die Opstanding

Die dood is die gevolg van die verdwyning van die lewende siel. Al wat oorbly is die stof van die aarde geskei van die asem van die lewe. Daar is nóg kennis óf herinneringe. Maar dit is nie die einde van die saak nie.

Want as ons glo dat Yahushua gesterwe en opgestaan het, dan sal Yahuwah ook so die wat in Yahushua ontslaap het, saam met Hom bring. Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Meester, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van Yahushua, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. Want die Meester self sal van die hemel neerdaal met `n geroep, met die stem van die aardsengel en met die geklank van die basuin van Yahuwah; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saammet hulle in die wolke weggevoer word die Meester tegemoet in die lug, en so sal ons altyd by die Meester wees. (1 Thess. 4: 14-17)

Uit hierdie sitaat verstaan ons dat diegene met geloof in Yahushua, as hulle gesterf het, opgewek sal word by Sy wederkoms. Hulle sal tot die ewige lewe opgewek word. Teen dié tyd, sal net diegene aan wie die ewige lewe geskenk is deur die verdienste van Christus se opstanding weer lewendig word.

Ná die duisend jaar, sal die goddelose ook opgewek word om hul straf te ontvang vir hul boosheid, wat die ewige dood is. Dit word in Openbaring 20: 11-15 beskryf.  

“En ek het `n groot wit troon gesien en Hom wat daaroop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. En ek het die dode, klein en groot, voor Yahuwah sien staan, en die boeke is geopen; en `n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was, en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp. (Openbaring 20: 11-15)

7. Opsomming