Print

Ten Volle Betaal


Waarom die feeste bindend is maar besnydenis nie.

 

Besnydenis was verbind aan die offerstelsel. Dit was deel van die sisteem wat  deur geloof vooruitgewys het na die gestorte bloed van Yahushua aan die kruis. En daarom is dit nie meer langer `n bindende verwagting na die kruisiging nie.


Bible open to LeviticusByna twee millenia van dwaalleer, bygeloof en tradisie het baie waarhede onder `n laag rommel verberg. Waarhede wat deur die apostoliese Chistene verstaan was, word slegs nou, in hierdie laaste dae, herontdek en  in hulle regmagtige plek herstel. Die proses vir die herstelling van lang-vergete waarhede, kan maar verwarrend wees. `n Te kort aan die volle besit van die waarheid, laat vele wonder watter, indien enige, van die Levitiese vereistes  steeds onderhou moet word, en omgekeerd, watter is nie meer bindend nie.

Die besnydenis as kerkgebruik is een van die areas wat somtyds verwarring veroorsaak het aan diegene wie die meeste toegewy was aan gehoorsaamheid. Noukerige onlangse Bybel studie het sommige “Ou testamentiese” vereistes as steeds bindend geopenbaar, wat in die verlede as slegs op die Jode van toepassing beskou was. Die lys van `n paar hiervan is: onthouding van onrein diere, onderhouding van die sewende-dag Sabbat; en, herdenking van die jaarlikse feeste. (vir meer oor die jaarlikse feeste, sien “Viering van die Lente Gedenkdae” en “Die Herfs Feeste”) Die vraag kom dan natuurlik op: wat dan van besnydenis? Die Nuwe Testament maak dit duidelik dat besnydenis nie `n vereiste vir die Heidense bekeerlinge was nie. Hierdie feit het baie daartoe gelei om dit te gebruik as `n  rede om selfs die onderhouding van die feeste te verwerp. Dit is hartseer omdat die vroeë Christene voort gegaan het om steeds die feeste vir honderde jare aaneen te vier. Net in Skotland, het Christene Pasga onderhou vir meer as 1000 jaar. Om dan te verstaan waarom die feeste steeds bindend is, maar besnydenis nie, is dit nodig om `n duidelike begrip te hê van die wet wat besnydenis beheer.

Verskeie wette was verskillend gekategoriseer. Daar was siviele wette, kriminele wette en godsdienstige wette. Selfs ingesluit in die godsdienstige wette, is die wette van toepassing aan godsdienstige byeenkomste (soos bv, Sabbatte, Nuwe Mane, jaarlikse feeste) in verskillende kategorie as die wette van toepassing op die offerstelsel.

Besnydenis was deel van die offerstelsel. Dit was deel van die stelsel wat in geloof vooruitgewys het na die gestorte bloed van Yahushua aan die kruis. En as sulks, was dit nie veel langer `n bindende vereiste na die kruis nie.

Besnydenis as `n mediese prosedure is nie `n sonde nie. Verskeie kulture, veral dié in tropiese klimaatstreke, het besnydenis vir duisende jare beoefen vir die doel van reinheid. Hoewel urinale infeksies veral uitermate ongewoon onder mans is, is alle aangetekende urinale buis infeksies in mans wie onbesnydenes is. Besnydenis was ook gebruik om phimoses, paraphimose en inflamasie van die glans aan die voorhuid te voorkom. Sommige studies is gekoppel aan `n hoër oordrag van VIGS en ander seksuele oordraagbare siektes onder mans gekoppel wie onbesnede was. Daar moet opgelet word  dat die besnydenis deur die Hebreërs beoefen, nie die radikale prosedure wat in die moderne tye gedoen was nie wat die hele hoof van die glans ontbloot het nie. Die besnydenis van die vroeë gebruik het slegs die voorhuid van die punt van die penis weggesny. Dit was nie verder terug getrek nie. Indien besnydenis noodsaaklik of deur mediese prosedures verlang was, is daar geen rede waarom  dit nie gedoen mag word nie. Maar dit moet egter duidelik verstaan word dat besnydenis as `n kerk-gebruik deur Yahuwah vereis, nie meer langer bindend is nie.

Alhoewel die offerstelsel tydens die herfs ingestel was, was besnydenis as `n  godsdienstige gewoonte nie ingestel voor die tyd van Abraham nie. Sonde benewel die verstand. Daarom kan nie almal opeens geleer word nie. Yahuwah is lankmoedig met die broosheid van Sy kinders. Hy werk geduldig met die individu waar hy in sy insig is. Selfs Yahushua, het in die nag voor Sy dood Sy disipels meegedeel: “Ek het baie dinge om julle te vertel, maar julle kan dit nie nou hoor nie! (Johannes 16:12) OV. Hieroor is die waarheid toenemend. Besnydenis het `n godsdienstige instelling geword toe `n verbond tussen Yahuwah en Abraham gesluit is.

Genesis 15 vertel die verhaal van wanneer hulle die verbondsverhouding begin het. Yahuwah het aan Abraham gesê,  “Vrees nie, Abram, Ek is vir jou `n skild en jou loon is baie groot.” (Genesis 15:1)

`n Tydjie voor dit, het Yahuwah alreeds vir Abram belowe dat die land van Kanaän aan sy nakomelinge gegee sal word. Maar Abram het voorgestel dat die belofte deur sy rentmeester, Eléaser vervul sou word, omdat Abram geen kinders van sy eie gehad het nie. Maar Yahuwah het hom reggehelp deur te bevestig dat Abram nog `n biologiese kind sal hê wat die erfgenaam sal wees. Hy het selfs bygevoeg dat Abram se nageslag sou so baie soos die sterre aan die hemel wees. (Sien Genesis 15: 2-5) Net die volgende vers is `n magtige, mooie openbarende stelling: “En hy het in Yahuwah geglo, en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.” (Genesis 15:6)

Abram het Yahuwah se beloftes geglo. Hy was oud, sy vrou was oud, maar hy het die woord van Yahuwah geglo toe Hy sê: “Ek is Yahuwah wat jou uitgelei het uit Ur van die Chaldeërs om jou hierdie land in besit te gee.” (Genesis 15:7)

Abraham preparing the Covenant SacrificesDan, teken die Skrifte aan, wat in die eerste plek lyk, asof Abram `n verbasende versoek rig: “Adonai Elohim, waaraan sal ek weet dat ek dit en besit sal neem?” (Vers 8) Dit was nie `n uitdrukking van ongeloof nie. Skrifte het alreeds gesê dat Abram die belofte geglo het. Maar het dit gevra, in `n respekterende manier moontlik, of die Almagtige in `n verbondsverhouding met hom wil gaan.

Net die volgende vers doen verslag van  die aanvaarding deur Yahuwah aan Abram se versoek:

9En Hy antwoord hom, Neem vir My `n driejaaroud vers en `n driejaaroud bokooi en `n driejaaroud ram en `n tortelduif en `n jong duif.

 

10En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie.

 

(Genesis 15:9-10)

Dit mag vreemd in die moderne persoon se oë wees, maar Abram het verstaan: Yahuwah het sy versoek vir `n verbonds ooreenkoms aanvaar! `n Verbond, volgens definisie, is `n wettige bindende dokument. `n Verbond is `n ooreenkoms tussen twee of meer persone, wat dit sluit in geskrewe vorm en onder seël, waarby elke party ... belowe om iets uit te voer of iets te gee aan die ander. “Volgens definisie, vereis `n verbond ten minste twee partye of indiwidue. Deesdae teken die partye betrokke, gewoonlik `n wettige dokument. Verskillende lande het soms klein verskille, maar ongeag van klein verskille, is dit steeds wettig bindend. Soms, sal `n klerk van die hof die partye se handtekeninge as getuie waarneem en sal die dokument met die plaaslike hof geliasseer word.

Die Engelse woord “covenant” word vertaal uit die Herbreeuse woord berȋyth. Dit beteken, letterlik, om op te sny...; `n verbond (gemaak omdat tussen die stukke vleis deur beweeg is)2 Wat `n lieflike minsaamheid aan die kant van die Almagtige om Sy onbreekbare belofte in menslike terme te plaas, sodat Abram kon verstaan.

Dit was waarop Abram in sy eie mag uit was, om Yahuwah die deel van Sy belofte te help vervul. Abram was die vader van Ishmael by Hagar. Dit was nie deel van Yahuwah se plan nie! Hoe geduldig is Hy met ons menslike swakhede en mislukkings. Nog dertien jaar het verloop; toe Yahuwah na Abram terugkeer. Dit was in die tyd dat die verbond met die gebruik van besnydenis bekragtig is.

Bekragtig: Om ooreen te kom deur formele toestemming of goedkeuring te verleen.

Yahuwah se verbond met Abram het meer omsluit as wat Abram, in daardie tyd, verstaan het. Nie net het Yahuwah `n seun deur Sarai, aan hom beloof nie, maar dit was deur Abram se nageslag dat die lang-beloofde Messias sou kom!

Yahuwah se verbond met Abram het meer omsluit as wat Abram, in daardie tyd, verstaan het. Nie net het Yahuwah `n seun deur Sarai, aan hom beloof nie, maar dit was deur Abram se nageslag dat die lang-beloofde Messias sou kom! Yahuwah se enige-gebore Seun sou sterf vir die verlossing van sondaars. Dit was die volle voorsiening wat Yahuwah in Sy verbond met Abram belowe het. Hebreërs 9:22 verduidelik: En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.”

Dit was `n bloed verbond wat Abram en Yahuwah gesmee het. As `n bloed verbond, vereis dit bloed wat gestort moet word aan beide kante om dit van krag te maak. Yahuwah het nie die dood van Ishmael of die dood van Isak in ruil vir die dood van Sy eie Seun vereis nie. Hierdie bloed was gestort in die ritueel van besnydenis. Almal wie uitgesien het na die beloofde Messias, en wie erfgename van die belofte wou wees, het hulle geloof gewys in die verbond, deur net betrokke te raak in die kerkgebruik.

Om geloof te bemoedig in hierdie deel van die belofte, het Yahuwah Abram se naam verander na Abraham, en Sarai se naam na Sarah. Om hierdie aanvaarding van die verbonds belofte te bekragtig, moes Abram en sy nageslag besny word.

Abraham: Vader van baie nasies
Sarah: Prinses, moeder van baie nasies.

Ek is Elohim, die Almagtige, wandel voor My aangesig; dan sal jy opreg wees.

 

En Ek wil My verbond sluit tussen My En jou, en jou buitengewoon vermeerder.

 

Dit is My verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag ná jou; Al wat manlik tussen julle is moet besny word –

 

Julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word, en dit sal `n teken wees van die verbond tussen My en julle.”  (Genesis 17: 1, 2, 10 en 11.)

Open Bible in front of blue sky with cloudsByna twee millenniums later, het Paulus die ondervinding van Abraham, Ishmael en Isak gebruik as `n allegorie van geregtigheid deur geloof inteenstelling met geregtigheid deur werke.

Dat Abraham twee seun gehad het, een uit die slavin en een uit die vrye.

 

Maar die een uit die slavin is gebore uit die vlees, en die ander een uit die vrye deur die belofte.

 

Dit is `n sinnebeeld, want die vroue staan vir twee verbonde; een, van die berg Sinai afkomstig, wat vir die slawerny kinders baar – dit is Hagar (Galasiërs 4:22-24)

Deur `n kind te hê by Hagar, het Abram in sy eie mag, deur sy eie werke, `n kind van belofte gesoek. Sodoende het Ishmael `n simbool van geregtigheid deur werke geword. Isak, wie verwek was nadat Sara deur menopause gegaan het, was die ware kind van die belofte. Sy einste verwekking was die gevolg van die geloof van Sarah in die belofte van Yah: Deur die geloof het Sarah self ook krag ontvang om bevrug te word; en toe sy oor die leeftyd was, het sy gebaar, omdat sy Hom getrou geag het wat dit beloof het.” (Hebreërs 11:11 OV) Isak simboliseer dus geregtigheid deur geloof.

Paulus se brief aan die Galasiërs was geskryf om spesifiek die kwessie van besnydenis aan te spreek. Die Galasiërs was Heidense bekeerlinge. Paulus het tyd spandeer om die weg van verlossing te verduidelik. Later, Nadat hy vertrek het, het Joodse Christene van Palestina na Galasië gekom en die nuwe bekeerlinge meegedeel dat hulle nie as ware Christene beskou kan word alvorens hulle ingestem het tot die besnydenis gewoonte nie. Naïef, maar opreg, het die Galasiërs ingestem om hulle te laat besny.

Toe Paulus hoor van die invloed wat hierdie “Joodsgesindes” onder die Galasiese Christene het, het hy `n sterk bewoorde teregwysing geskryf: O, Onverstandige Galasiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Yahushua die Gesalfde afgeskilder is as onder julle gekruisig? (Galasiërs 3:1)

Paulus het die belang van hierdie handeling, waarvan die jong Christene uit Galasië  onbewus was, besef. Verlossing is deur geloof deur die genade van Yah uitsluitlik. “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van El, nie uit die werk nie, sodat niemand mag roem nie.” (Efesiërs 2: 8-9). Dit het hy van die Galasiërs vereis: “Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof? (Galasiërs 3:2) Deur presies te weet wat hy hulle geleer het, het Paulus die antwoord geken en hulle teenstrydige handelwyse uitgewys. “Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees?” (Galasiërs 3:3)

Paulus het toe sy redevoering ingeprent deur hulle na Abraham terug te verwys:

 Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen hy dit uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof? Net soos Abraham in “El geglo het en dit is hom tot geregtigheid gereken” Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is hulle is kinders van Abraham. En die Skrif wat vooruit gesien het dat die El die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word. Sodat die wat uit die geloof is geseën word saam met die gelowige Abraham (Galasiërs 3:5-9)

Jerusalem se Raadsbesluit:

En sekere persone wat van Judéa afgekom het, het die broeders geleer: As julle nie besny word volgens die gebruik van Moses nie, kan julle nie gered word nie. Toe daar nou geen klein stryd en woordewisseling van die kant van Paulus en Bárnabas teen hulle ontstaan het nie, het hulle dat Paulus en Bárnabas en nog `n paar ander van hulle sou opgaan na die apostels en ouderlinge en in Jerusalem in verband met hierdie vraagstuk. En by hulle aankoms in Jerusalem is hulle ontvang deur die gemeente en die apostels en die ouderlinge; en hulle het verslag gedoen van al die dinge wat Yahuwah met hulle gedoen het. Maar sommige gelowiges uit die party van die Fariseërs het opgestaan en gesê: Dit is noodsaaklik dat hulle besny word en bevel ontvang om die wet van Moses te onderhou. En die apostels en die ouderlinge het vergader om hierdie saak te ondersoek. En toe daar `n groot woordewisseling plaasvind, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: Broeders, julle weet dat Yahuwah lank gelede onder ons verkies het dat die heidene deur my mond die woord van die evangelie sal hoor en gelowig word. En Yahuwah wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons. En Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof. Nou dan, waarom versoek julle Yahuwah deur op die nek van die dissipels `n juk te lê wat ons vaders en ook ons nie in staat was om te dra nie? Maar ons glo dat ons deur die genade van ons Meester Yahushua gered word op die dieselfde manier as hulle ook  .  .  .  En nadat hulle geswyg het, antwoord Jakobus en sê: Broeders, luister na my!  . . . Daarom oordeel ek dat ons die wat uit die heidene hulle tot Yahuwah bekeer, nie moet bemoeilik nie, maar aan hulle skrywe dat hulle hul moet onthou van die dinge wat deur die afgode besoedel is en van hoerery en wat verwurg is en van bloed. (Sien Handeling 15: 1-2, 4-11, 13, 19 & 20)

Die Apostel het `n reine geloof gehad. Indien besnydenis steeds `n bindende vereiste was, sou hulle nie, met die raadsbesluit in Jerusalem, die wet uitgevaardig het dat dit nie verwag word van die Heidense bekeerlinge nie. Maar dit moet nie as `n verskoning deur enigiemand gebruik word om nie die feeste te onderhou nie, wat in `n heel anderste kategorie val. Nes die besnydenis `n bekragting was van die verbond wat die belofte van `n komende Verlosser gegee het, was dit deel van die slagoffer stelsel wat vervul was by die kruis. Dit was oor hierdie rede, dat Paulus so verontwaardig was dat die Joodsgesindes voortgegaan het met die doktrine dat besnydenis noodsaaklik was vir verlossing.

Paulus het die Galasiese bekeerlinge herinner dat in aanskoue, en in hul insig,  Yahushua “afgeskilder is as onder julle gekruisig?” (Galasiërs 3:1) Met ander woorde, Yahuwah het Sy gedeelte van die verbond vervul. Hy het Sy Seun oorgegee aan die dood om die losprys vir die mens te betaal. Om voort te gaan met die beoefening van besnydenis as `n godsdienstige gewoonte was om minagting aan Yahushua se kruisdood te betoon. Die belediging aan Yahuwah was in elke geval net soveel as om steeds slagoffers te berei. Dit was om in wese te sê dat Yahushua se offer nie goed genoeg was nie.

In sy brief aan die Romeine, het Paulus hierdie punt selfs verder uitgebrei, deur te sê dat besnydenis aan Abraham gegee is as `n teken van geregtigheid wat hy verwerf het deur geloof voordat hy besny was en dat Abraham se besnydenis diegene bedek het wie, nie besny is nie, en steeds geloof uitoefen in Yahuwah se belofte: “En hy het die teken van die besnydenis ontvang as `n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; omdat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle nog onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word.” (Romeine 4:11, OV)

Dat Abraham se besnydenis diegene sou insluit wie nie besny is nie, maar steeds diegeregtigheid van Yahwah verkry het deur die verdienste van Sy Seun, dui `n insig aan, dat op een of ander stadium in die toekoms na Abraham, sou besnydenis ophou om `n godsdienstige vereiste te wees. Met ander woorde was die dood van Yahushua, `n volmaakte offer, was die slagofferstelsel met die bekragting van die gebruik van besnydenis, nie meer langer noodsaaklik nie. Die verbond was vervul. Die losprys was ten volle betaal.

“Maar Hy [Yahushua], omdat Hy vir ewig bly, besit `n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie. Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot [El] gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree. Want so `n hoë priester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemel geword het; wat nie elke dag nodig het, soos die hoë priesters, om eers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir die volk nie. Want dit het Hy net eenmaal gedoen toe Hy Homself geoffer het. (Heb. 7:24-27)

Die feit dat die besnydenis van die vlees `n dieper, geestelike belang gehad het, was deur die Israeliete van ouds verstaan. Tot so vér terug as in die tyd van Moses, het die Skrifte verklaar: “Maar net aan jou vaders het Yahuwah `n welgevalle gehad om julle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag na hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is. Besny dan die voorhuid van die hart en verhard julle nek nie verder nie.” (Deuteronómium 10:15-16). Te enigetyd wanneer die Israeliete afvallig en in rebellie was, was hulle gewaarsku om hul harte te besny:

“Want so sê Yahuwah aan die manne van Juda en aan Jerusalem: Braak vir julle `n braakland en saai nie onder die dorings nie. Besny julle vir Yahuwah en verwyder die onbesnydenheid van julle hart, manne van Juda en inwoners van Jerusalem, dat My grimmigheid nie soos `n vuur uitgaan en brand sonder dat iemand kan blus nie weens die boosheid van julle handelinge” (Jeremia 4: 3-4)

Besnydenis was deel van die offerstelsel. Dit was deel van die stelsel wat vooruit gewys het in geloof na die gestorte bloed van.

Besnydenis was deel van die offerstelsel. Dit was deel van die stelsel wat in geloof vooruitgewys het na die gestorte bloed van Yahushua aan die kruis. En, as sulks, was dit nie veel langer `n bindende vereiste na die kruis nie. Daniël se beeldskone profesie van die Messias beeld die beginsels van die bloed verbond duidelik uit, deur vervul te wees, sal dit nie langer die beoefening van die slagoffer stelsel waarvan besnydenis deel daarvan is, benodig nie. “En hy sal een week lank met baie `n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal Hy slagoffer en spysoffer laat ophou” (Daniël 9:27)

Die Hemelse versoek aan Israel van ouds word steeds gerig aan moderne Israel, diegene wie kinders van Abraham is deur die geloof. Nou, in die eindtyd dae van die Aardgeskiedenis, moet almal hulle harte besny. Lê menslike redenasies en verskonings opsy. Soek Yahuwah se aangesig op. Aanbid Hom in gees en in waarheid, deur jou wil in eensgesindheid met die Goddelike wil te bring. Deur geloof kan jy ook `n kind van Abraham, `n erfgenaam van die geestelike belofte word.

Romans 4:12, 13 & 16


1http://www.lectlaw.com/def/c323.htm

2Berȋyth, #1285, The New Strong’s Expanded Dictionary of Bible Words.