Hierdie is `n nie – WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lesers nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie – WLC inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 in gedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester die waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
“Waagmoed vir waarheidsomhalwe is beter as stilte vir eenheidsomhalwe” (Aviel Schneider, Israel Today, April 2012).
In hierdie uitgawe van Israel Today, bespreek Ouriel Zohar verskeie esoteriese “beskrywings” van Yahushua. Maar, Zohar, nes baie skrywers en predikers, mis die punt dat die middelpunt van Yahushua se Evangelie nie “liefde” was nie, alhoewel dit `n essensiële komponent was. Yahushua se Evangelie was omtrent die koms van die Koninkryk van Yahuwah, in die toekoms, op aarde, en hoe om nou voor te berei om oor die “wêreld te heers” met Yahushua. (1 Kor, 6:7; Dan. 7:18, 22,27, ens.). As prioriteit het Hy ons geleer om te bid, “U Koninkryk Kom”
Daar is geen einde aan die moontlikhede en gruwelikhede dat die menslike denke terugdeins wanneer ons vertel word dat die Skrifte `n mistieke kode boek is wat “interpretasie” deur “opgeleide” geleerdes vereis. Dit is nie so nie! Dit is Yahuwah se boodskap aan almal wie die waarheid wil weet. William Tyndale, wie op die brandstapel gesterf het deur die toedoen van die kerk weens sy geloof – die Duiwel het waarin hy geglo het, gehaat – het gesê, “Die Bybel moet as `n geheel gelees word, en die woorde moet aanvaar word vir wat dit staan, want dit vertel `n verhaal wat elke man en vrou kan verstaan, sonder om verorden te wees, of om teologie te studeer.”1
Waarom kan ons nie die eenvoudige bybelse definisie oor wie Yahushua van Nasaret is, soos gegee deur Lukas (1:31-35) en Matthéüs (1:18-21), sonder die inmenging van die Griekse filosofie wat soveel “tweede natuur” was aan die Kerk vaders, aanvaar nie? Die filosofiese voorafopvattings van die “Kerk vaders” het hulle beïnvloed (hulle vergiftig) om onintelligente dogma te skep wat die Kerk geskiedenis beklad het en `n warboel van die natuur van die EEN ware Yahuwah en Sy geliefde eniggebore Seun veroorsaak het.
Tot op hede, word “amptelike dogma” ondersteun deur afleiding, misvertalings, verbeelding, en ignorering van die eenvoudige woorde van die Skrifte, alles bevorder deur `n oordrewe “gesag” wat vrees “inboesem” in haar gelowiges dat hulle die ongeloofwaardige moet glo om gered te word!
Hierdie emosionele gebondenheid was op miljoene afgeforseer en het `n betowerende verliefdheid geskep met dit wat niks meer as net onsinnigheid is nie!
Dit is tyd dat baie meer Christene hul Bybels lees en die helde moed bymekaar moet skraap vir die omhalwe van die Waarheid eerder vir die omhalwe vir eenheid! Veronderstel ons volg die eenvoudige woorde van Yahushua in ons tyd. In daardie geval, moet ons nie bevrees wees vir die dreigende woorde van `n self-verewigende ekklessiastiese elite, wie diegene verbrand het wat met hulle in die vroeë tye verskil het nie. Hulle het maar net bewys dat hulle moordenaars was!
1 In verband hiermee het Tyndale, voordat hy wreed vermoor was, ook hieroor geskryf: “Kleef vas aan die rots van Yahuwah se hulp en onderwerp die einde van alle dinge aan Hom” en “Moenie toegee aan die oorredinge van mense nie.” Hy het ook gesê: “Die Skrifte is die ware lig wat ons wys wat ons “beide moet glo en hoop; dit is `n skans teen alle dwalinge, en `n vertroosting.” Hierdie
Weelde, het Tyndale gesê, was te vinde in die eenvoudige vers en letterlike insig. Kleef aan die teks en die eenvoudige verhaal,’ het hy sy lesers advies gegee. Dit was `n deurslaggewende punt. Vir `n duisend jaar en meer, het Christen gemeentes die Skrifte net as `n reeks van losstaande bondige tekse gesien waaraan die priesters hul preke gehang het. Lang redevoeringe was uitgerek uit `n vers of `n gelykenis. Geleerdes het geargumenteer oor die betekenis agter die oënskynlike betekenis: ydel twisgieriges en bakleiers oor nietige woorde,” het Tyndale gesê, altyd knagend aan die bitter bas om nooit uit te kom by die soete pit daarbinne nie.” (William Tyndale: If Yahuwah Spare my Life, deur Brian Moynahan).
Dit is `n nie-WLC artikel geskryf deur Keith Relf.
Ons het al die heidense name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die naam van die Vader en Seun vervang, soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is – WLC Span