Die kerk geskiedenis wys `n herhaalde, blatante verwerping van goddelike lig tydens sy vroeë ontwikkeling, wat veroorsaak dat sy nie nuwe lig ontvang nie. |
Die neiging dat die Sewende-Dag Adventiste Kerk goddelike lig verwerp het `n herhalende fenomena geword wat haar “lotsbestemming verseël het” is `n merkwaardige punt van teologiese en historiese refleksie. Hierdie konsep stel voor dat die Sewende -dag Adventiste Kerk, by verskeie kruispaaie in haar geskiedenis, of gefaal het om die goddelike openbaringe van waarhede wat aan haar voorgestel is, ten volle te besef of dit te aanvaar, wat `n volhoubare impak tot haar groei, doktrinale klarigheid, en sy breër invloed in die wêreld, kon hê.
Om hierdie historiese realiteit te verken, is dit belangrik om te delf in twee sleutel gebeure waarin die kerk Yahuwah se lig objektiewelik verwerp het in hul soeke na aanvaarding deur die Christendom en hoofstroom ‘wetenskap.’ Hierdie twee verwerpings het betrekking op die plat aarde lig en die Lunar Sabbat. Hierdie artikel sal die verwerping van die plat aarde lig aanspreek wat in die laat neëntiende eeu plaasgevind het.
Ons kan nie hierdie verwerping aanspreek sonder die beklemtoning van die menslike agent wat Vader Yahuwah gebruik het om die waarheid bekend te maak oor die plat aarde aan die kerk en sy leierskap nie.
`n Lid van die Sewende-dag Adventiste Kerk, Alexander Gleason (1827-1909) was `n masjinis, landmeter, en siviele ingenieur van Buffalo, New York. Hy was daarop uit om sy geloof in lyn te bring met die plat Aarde. In sy 1890 boek, ‘Is the Bible from Heaven? Is the Earth a Globe?’ het hy geredeneer dat bybel gedeeltes `n plat aarde model ondersteun en het eksprerimente gedemonstreer oor die Aarde se platheid. Byvoorbeeld, het hy observasies oor die Erie Meer voorsien wat die verwagte kurwe van `n bolvormige Aarde kontrasteer.
Alexander Gleason het verskeie merkbare bydraes tot die plat Aarde beweging gemaak in die VSA, veral tydens die laat 19de eeu. Sy idees en geskrifte het die plat Aarde teorie aansienlik bevorder in daardie tyd. Sommige van sy sleutel bydraes sluit in:
- Die “Gleason Kaart”: Een van Gleason se merkwaardigste bydraes aan die plat Aarde beweging is die ontwerp van `n wêreld kaart wat die Aarde as plat voorstel. Hierdie kaart, algemeen bekend as die “Gleason Kaart,” was gebasseer op oortuiging dat die Aarde `n plat, skyf-agtige objek was. Hy het voorgestel dat die Noord Pool in die middel was, omring deur kontinente en oseane, met Antarktika wat `n groot ys muur vorm rondom die perimeter van die Aarde. Hierdie kaart het een van die volhoudende simbole van die plat Aarde beweging geword.
- Die Boek: Is the Bible from Heaven? Is the Earth a Globe? (1890): Gleason het sy werk gepubliseer, met die argument dat die Aarde plat is en die Bybel sy sienings ondersteun. Hy het sy bevindinge van `n plat Aarde voorgestel van beide godsdienstige en wetenskaplike perspektiewe. Gleason se argumente het sy oortuiginge ingesluit dat die Aarde se kurwe duidelik moes wees en dat die plat Aarde model meer geneig is om na die skrifte oor te leun.
- Openbare Lesings en Bevordering: Alexander Gleason was nie net `n skrywer nie, maar ook `n openbare spreker. Hy het lesings gegee wat die bolvormige Aarde model weerlê het. Sy aktiewe betrokkenheid in openbare gesprekke het die plat aarde idee na `n breër gehoor versprei.
- Uitdaging van Hoofstroom Wetenskap: Gleason het die wetenskaplike gemeenskap se konsensus geteiken met die vorm van die Aarde. Hy was oortuig dat die bewyse wat die bolvormige aarde teorie ondersteun, gebrekkig is. Hy het eksperimente uitgevoer wat die veronderstelling dat die Aarde `n bol was uitgedaag het. As voorbeeld, het hy gewys na die feit om ver afstande te sien oor groot areas water as bewys dat die Aarde plat is, met die argument dat `n gekurwe oppervlak sou objekte verduister ná `n sekere punt.
- Integrasie van Godsdienstige Oortuiginge: As lid van die Sewende-dag-Adventiste Kerk, het Gleason sy godsdienstige oortuiginge versmelt met sy plat Aarde sienings. Hy het aangevoer dat die plat aarde model meer in lyn is met spesifieke bybel gedeeltes. Sy godsdienstige raamwerk het sy plat Aarde idees voorsien van `n unieke appél vir godsdienstige gemeenskappe van daardie era.
- Invloed van Latere Plat Aarde Bewegings: Gleason se werk het die grondslag gelê vir die toekomstige plat aarders. Sy geskrifte en die Gleason Kaart het steeds die plat aarde beweging, in besonders onder diegene wie hoofstroom wetenskaplike sienings verwerp het, beïnvloed.
Ellen White en die breër Kerk het Alexander Gleason se plat aarde veldtog hoofsaaklik teengestaan omdat sy sienings die kerk se klem op wetenskaplike bewyse gekontrasteer het. Terwyl bybel bewyse Gleason se veldtog ondersteun en onderskryf het, het Ellen White, en profeet van die Sewende-dag Adventiste Kerk, die plat aarde leerstelling as spekulerende leerstelling beskou. Sy het die kerk gewaarsku teen betrokkenhed in die plat aarde idees omdat dit mag afdwaal van die grondleggende leerstellings. Sy was bevrees dat betrokkenheid in debatte oor die vorm van die Aarde die kerk se primêre sending om die evangelie te verkondig en `n volk voor berei vir Christus se wederkoms, sou laat ontspoor.
In haar geskrifte, het White voorgestel dat die plat aarde dispuut irrelevant was aan die hoof opdrag van die kerk. Sy word aangehaal deur te sê: “Aangaande die onderwerpe van die plat-aarde teorie, sê God aan elke siel, ‘Wat is dit vir jou? Volg jy My.’”
Verder, nes alle ander groot Christen denominasies, het die Sewende-dag Adventiste Kerk die ‘wetenskaplike bewyse’ vir die Aarde se bolvormige vorm erken. Daarom was Gleason se plat-aarde verdediging in konflik met die kerk se verlange om in lyn te kom met hoofstroom wetenskap en die Christendom. Die SDA Kerk het gemik om `n status te behou as `n hoofstroom Christen denominasie deur leerstellings te verwerp van `n leerstelling wat, alhoewel bybels, beskou is as `n kult deur die Christendom. Die leierskap van die Sewende-dag Adventiste Kerk het aanvaarding deur ander gepreoritiseer bo die omhelsing van goddelike waarheid.
Ironies, terwyl Adventiste vaskleef aan `letterlike interpretasie van die Bybel, hulle beklemtoon ook die belangrikheid van rede en ‘wetenskaplike ondersoek’ vir die begrip van die wêreld. Gleason se leerstellings was beskou as problematies vir hulle omdat dit in konflik was met eeue se pseudo-wetenskaplike ‘bewyse.’
Ellen White was emfaties in die voorkoming van die Kerk se aanvaardig van die plat aarde leerstelling. Sy het gewaaarsku dat ‘Die teories in verband met die vorm van die wêreld, sowel as ander kwessies, moet nie prominent gemaak word of onnodige aandag gegee word nie. Hierdie onderwerpe sal ons nie wiser maak of verbeter nie. God vra ons nie om te verduidelik hoe Hy die hemele en die aarde gemaak het nie. Hy nooi ons om die skoonheid van die natuur te aanskou en Sy majesteit te erken.” (Ellen G.White, Counsels to Parents, Teachers, and Students)
Slotsom: White en die Sewende-dag Adentiste Kerk het Alexander Gleason se plat-aarde leerstellings verwerp, omdat hulle aandag afgetrek het van die kerk se hoof oortuiginge. Die kerk het die belangrikheid van ‘rasionale wetenskaplike bewyse’ beklemtoon wat geargumenteer was om afwesig te wees in Gleason se lesings en eksperimente. Gevolglik, was Gleason se idees beskou as verdelend, onwetenskaplik, en irrelevant, wat misluk om in lyn te wees met die kerk se missie om te integreer met hoofstroom wetenskap en Christendom.
Was dit die moeite werd vir die SDA Kerk om goddelike lig te verwerp so dat die Drie-eenheids kerke van die Christendom hulle nie as `n kult beskou nie?