Print

Voorbeskikking `n Goddelike Lotery?

Predestination


Het jy die kaartjie van die wenner?


Die meeste Christene word vanuit hul kinderjare beopdrag dat dobbelary verkeerd is. Ouers en Sondag skool onderwysers leer dat die Hemel kosbare gawes aan die mensdom gegee het en dis `n goddelike plig en verpligting om `n verstandige rentmeester te wees. Dus is dit `n  sonde om die gawes te vermors deur te dobbel. Maar tog glo en leer miljoene Christene dat verlossing opsigself, `n tipe van `n lotery is.

Die voorbeskikkingsleer, wat eers in die sestiende eeu deur `n Protestantse hervormer,  Johannes Calvin, bekend gestel is, verminder die goeie nuus van verlossing as niks meer as net `n kosmiese rol van `n dobbel steen nie, `n goddelike speletjie van kanse. As God jou kies as een van die uitverkorenes, is jy `n gelukkige ou! Maar indien nie, jammer; so baie jammer. Jy het verloor. En niks wat jy kan doen, sal jou lot verander nie.

Terwyl diegene wat glo in voorbeskikking  ongetwyfeld opreg in hul geloof is, is hierdie leerstelling  gevaarlik omdat dit die liefdevolle karakter van Yahuwah  skend en verkeerdelik voorstel. Hierdie artikel sal die verskeie komponente van die voorbeskikkingsleer  bespreek en verduidelik hoe hierdie oortuigings die geopenbaarde woord van Yahuwah so weerspreek,  deur `n wanvoorstelling van die karakter van Yahuwah  soos in die Skrifte  geopenbaar, te maak.

Voorbeskikking is gebaseer op vyf fundamentele pilare. Hierdie vyf oortuigings is:

  1. Totale Verdorwenheid/Onvermoë – Die mens is hopeloos boos en onbevoeg vir enige “goedheid”.
  2. Onvoorwaardelike Verkiesing – Die mens se verlossing is heeltemal afhanklik op Yahuwah,voorbeskik om hom te red want hy is totaal en al boos.
  3. Beperkte Versoening – Yahushua het gesterf vir slegs dié wat deur Yahuwah voorbeskik was om gered te wees. Sy dood was nie vermors op diegene wat verlore is nie (of wie Yahuwah voorbeskik het as verlore nie.)
  4. Onweerstaanbare Genade – Almal wie deur Yah voorbeskik was het om gered te word kan nie verlore gaan nie omdat hulle totaal en al nie goddelike genade kan weerstaan nie.
  5. Volharding van die Heiliges – Ook bekend as “ewige sekerheid.”

Met die eerste oogopslag, sal die meeste, as dit nie alle Christene is nie, saamstem met tenminste sommige van hierdie vyf punte. Maar, as dit versigtig met die Skrifte vergelyk word, word gevind wat skyn om redelik en selfs konsekwent met die Bybel te wees, in werklikheid dit  weerspreek. Laat ons weer kyk na elk van die vyf punte, deur elkeen met die duidelike Woord van Yahuwah te vergelyk.

total evil

Totale Verdorwenheid/Onvermoë

Die mens is hopeloos boos en onbevoeg vir enige “goedheid”.

Dit is die waarheid dat elkeen wat ooit gebore was `n afvallige karakter van Adam oorgeërf het. “Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie… want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van Yahuwah” (Romeine 3:10 en 23.) Tensy enigeen twyfel oor die mate waarin sonde die mensdom verlaag het, verklaar Jesaja: “En ons het almal geword soos 'n onreine, en al ons geregtighede soos 'n besoedelde kleed” (Jesaja 64:6)

Maar, soos dit gebruik word om voorbeskikking te ondersteun, is hierdie dwaalleer een van uiterstes. As die mens geheel en al boos was, kon hy onmoontlik nie herhaalde-oproepe om bekering van die bose gehoorsaam het nie:

“So waar as Ek leef, spreek Yahuwah Eloah, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe: Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel?” (Esegiël 33:11)

Verder, as die mens totaal en al onbevoeg was om goed te doen, kan hy nie verantwoordelik gehou word vir sy sonde nie. Om dit te doen gaan wreed en onregverdig wees.

Onvoorwaardelike Uitverkorenheid

Die mens se verlossing is heeltemal afhanklik op Yahuwah, voorbeskik om hom te red want   hy is totaal en al boos.

Terwyl dit Bybels klink omdat die mensdom onweerlegbaar `n afvalle karakter geërf het, is dit nog steeds verkeerd.  Om jou redding heeltemal te baseer op die af-kans dat Yahuwah hom voorbeskik het om gered te word en die beoefening van sy vrye wil uit die vergelyking verwyder. Voorbeskikking leer ons dat Yahuwah vooraf besluit wie gered moet word. Tradisionele Calviniste leer dat `n “dubbele voorbeskikking” waar hulle glo dat Yahuwah ook voorbeskik dat sommige siele verlore sal gaan.

Die probleme met so `n geloof is tweeledig:

Eerstens vernietig dit persoonlike aanspreeklikheid. Kain se moord deur Abel kan verskoon word deur te beweer dat Kaïn “voorbeskik” was om verlore te wees, dus was hy “voorbeskik” om sy broer te vermoor. Dit stel `n persoon vry van die gevolge van hulle verkeerde optrede. Dit verwyder persoonlike verantwoordelikheid vir hoe ander geaffekteer word deur `n ander persoon se verkeerde optrede. In werklikheid is dit presies wat Kain probeer doen het.

Skrifte som die gesprek tussen Yahuwah en Kaïn na die moord so op:

En toe hulle in die veld was, het Kaïn teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan.

Toe sê Yahuwah vir Kaïn: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter? (Genesis 4: 8-9)

Die dwaalleer van die oortuiging is vinning gesien toe Yahuwah Kaïn se verskonings verwerp, deur te verklaar:

En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af.

Daarom sal jy vervloek wees, ver van die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang.

As jy die grond bewerk, sal dit sy vermoë aan jou nie meer gee nie; 'n swerwer en vlugteling sal jy wees op die aarde. (Genesis 4: 10 - 12)

Die tweede probleem met Onvoorwaarlike Keuse is dat dit daarop dui dat Yahuwah sonde vooruit beskik. Nie alle Calviniste neem voorbeskikking so vér nie, maar sommige doen so, en wat `n probleem is dit nie!  As Yahuwah alles voorbeskik het, dan het hy ook sonde voorbeskik, wanneer hy sekere persone uitverkies het om verlore te wees. Dit weerspreek die Skrifte wat dit duidelik stel: “Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur Yahuwah versoek nie. Want Yahuwah kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.” (Jakobus 1:13)

lost sheep

Beperkte Versoening

Yahushua het gesterf vir slegs diegene wie Yahuwah voorbeskik het om te red. Hy het nie gesterf vir die wie verlore is nie.

Sulke selektiewe verlossing, hoewel versoenbaar met voorbeskikking, stem nie ooreen met die Skrifte, wat herhaaldelik beweer dat Yahushua vir almal gesterf het. In Jesaja se opheffende profesie van die werk van die Messiah, het hy geskryf:

Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar Yahuwah het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.

Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra.

Daarom sal Ek Hom 'n deel gee onder die grotes, en met magtiges sal Hy buit verdeel; omdat Hy sy siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid het. (Jesaja 53: 6, 11-12).

Een van die mooiste en algemeen aangehaalde gedeeltes van die Skrifte,  ondersteun verder die verklaring dat Yahushua  vir die hele wêreld en nie net vir `n  vooraf uitverkore,  gelukkige minderheid, gesterf het, nie.

Want so lief het Yahuwah die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Want Yahuwah het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. (Johannes 3:16-17)

irresistible grace

Onweerstaanbare Genade

Almal wie deur Yah voorbeskik is om gered te word kan nie verlore gaan nie omdat hulle totaal en al nie goddelike genade kan weerstaan nie.

Hierdie  geloofsoortuiging verwerp die hele grondslag  waarop die verlossingsplan rus! Met ander woorde, hierdie geloofsoortuiging leer dat niemand vryheid van keuse het nie. Elke seun en dogter van Adam het `n sondige karakter oorgeërf. Yahuwah “maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom” (2 Petrus 3: 9) het Sy Seun opgeoffer om vir almal `n tweede kans te gee om vir hulself kies. As die keuse verwyder word deur `n een of ander goddelike besluit om sekeres te kies om gered te word en andere verwerp om verlore te wees, word die rede vir Yahushua se dood  dan een kant geskyf.

Hierdie geloofsoortuiging bepaal dat niemand, ongeag hoe hardkoppig opstandig, of  verlangend hulle vasklou aan `n gunsteling, gekoesterde sonde, nie verlore kan gaan as Yahuwah anders besluit het nie. Inteenstelling daarmee sal niemand ongeag hoe hy mag smag om soos Yahuwah te wees, gered word nie, al is hy vooraf gekies om verlore te wees. Hierdie vernietigende geloofsoortuiging word nie ondersteun deur die duidelike stelling van die Skrifte, wat die keuse op die indiwidu plaas nie. “Menigtes, menigtes in die dal van beslissing, want naby is die dag van Yahuwah in die dal van beslissing!” (Joël 3:14)

Volharding van die Heiliges

Eenmaal gered, altyd gered.

Soos met die leerstelling van “onweerstaanbare genade,” is die geloofsoortuiging dat wanneer `n persoon gered is, daar niks is wat hy kan doen om verlore te gaan nie, weereens verslaaf dit die wil van die mens.  Niemand is `n “vrye morele agent” nie.  `n Persoon se vrye keuse is nie verwyder, wanneer hy die gawe van verlossing aanvaar nie. Die apostel Paulus homself verwys na die moontlikheid om verlore te wees – na alles wat hy gedoen het om verlossing na ander te bring. 

“Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie.” (1 Korinthiërs 9:27)

once saved, always savedDie doktriene van voorbeskikking weerspreek ander Skriftuurlike beginsels.  Tussen die laaste woorde wat deur die Verlosser in die Skrifte aangeteken was, is die opdrag: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle ...enleer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: En kyk, Ek is met julle al die dae tot die voleinding van die wêreld. (Matthéüs 28: 19-20).  As Yahuwah alreeds bepaal het dat die persoon gered gaan word, sou evangelisasie  geen doel gedien het, omdat hulle in elk geval nie gered sou word nie.

Verder, as Yahuwah alreeds sekeres voorbeskik het dat hulle gered gaan word, is dit nodeloos om te bid vir familie en vriende want hulle gaan gered of verlore wees afhangend van Yahuwah se seleksie en daar is niks wat niemand kan doen om sy gedagtes te verander nie.  So `n geloofsoortuiging is `n ontkenning van die Bybel se beginsels om vir andere te bid  so goed opgesom deur die Profeet Samuel.  Toe Israel aangedring het om `n koning te hê wie oor hulle moes regeer, het hulle Yahuwah effektief verwerp as hulle soewerein.  In daardie tyd, met `n gebrokte hart, het Samuel woorde gesê wat op hierdie dag weerklink:

Ook wat my betref, dit is ver van my dat ek teen Eloah sou sondig dat ek sou ophou om vir julle te bid; maar ek sal julle in die goeie en regte weg onderrig.

Vrees net  Yahuwah en dien Hom getrou met julle hele hart; want kyk watter groot dinge Hy by julle gedoen het.

Maar as julle ooit verkeerd handel, sal julle self sowel as julle koning omkom. (1 Samuel 12:23-25)

Niks hier is voorbeskik nie.  Samuel lê die gevolge neer as hulle aangehou het om teenoor hulle Skepper te rebelleer.  Kort voor sy dood het Moses, `n wekroep aan die hele Israel gegee om hulle Yah-gegewe vrye keuse uit te oefen en om regverdigheid te kies:

Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe dat jy kan lewe, jy en jou nageslag.

Deur Yahuwah jou Eloah lief te hê, na Sy stem te luister en Hom aan te hang, want dit is jou lewe en die lengte van jou dae. (Deuteronómium 30: 19 -20)

Moses, vriend van die Allerhoogste, nederige kneg met wie Yahuwah wou praat van “aangesig tot aangesig, soos `n man met sy vriend wil praat,” (Exodus 33:11)  verwerp botweg enige wenk van voorbeskikking, en verklaar duidelik dat dit die keuse by die individue lê.

Maar erger as enige iets anders, is dít wat voorbeskikking aangaande die karakter van Yahuwah voorstel.  Voorbeskikking is onregverdig omdat dit die onverkose voorbeskik om verlore te wees deur geen fout van hul eie nie!  Dit is beslis waar, dat die hart van die afvallige mens, besoedel is deur sonde.  “Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?” (Jeremia 17: 9)  Dit is ook waar dat die verlossing `n vrye gawe van Yahuwah is: “Want uit genade is julle gered deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van Yahuwah” (Efésiërs 2: 8) Die fout tree in wanneer die menslike keuse verwyder word. 

Die Skrifte verklaar dat : “Yahuwah is liefde.” (1 Johannes 4: 8)  `n Eloah van liefde sal nie die vryheid van keuse verwyder vanaf Sy kosbare kinders nie, deur een of ander goddelike dobbelspel te speel, om sommige te selekteer om gered te word, maar selfs meer om verlore te wees. 

Nóg is so `n optrede reg. Die Bybel openbaar die karakter van die Skepper:

So sê Yahuwah: Laat die wyse hom nie beroem op sy wysheid nie, en laat die sterke hom nie beroem op sy sterkte nie, laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie:

maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek Yahuwah is wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen; want in dié dinge het Ek 'n behae, spreek Yahuwah.  (Jeremia 9:23-24)

Die leer van voorbeskikking is `n uitermate vernietigende geloofsoortuiging.  Dit stel die liefdevolle Skepper as wreed, harteloos en arbitrêr voor. Dit weerspreek die Skrifte, wat Hom voorstel as ‘n liefdevolle Vader, wie onwillig is dat enigeen verlore moet gaan. Die gevolg is dat menslike harte weggedryf word deur sulke koue onregverdigheid. Hulle draai weg, minwetend dat hierdie karakter eienskappe nie aan Yahuwah behoort nie, maar dat dit valslik toegeskryf is aan Hom deur die vyand van Yahuwah en die mens, Satan. 

Valse geloof oor die karakter van die Verlosser kom tussen die siel en sy Skepper. Yahuwah roep almal om, elke geloofsoortuiging, tersyde te stel wat nie op die Skrifte gebaseer is nie. Aanvaar die liefde wat Hy vir jou het. Jy sal die dieptes van mooiheid sien in die goddelike karakter wat jou nader aan Hom sal bring met bande van oneindige liefde. 

Hy sit nie afgeleë en vér weg van Sy skepping nie, en arbitrêr sekeres te kies om gered te word en al die ander om verlore te wees nie.  Maar, Hy is aktief betrokke om almal na Hom te trek, want Hy verlang dat almal gered moet word.

saving the lost

“Yahuwah het aan my verskyn uit die verte: Ja, Ek het jou liefgehad met 'n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid.” (Jeremia 31: 3)