Hierdie is `n nie -WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
Wie is Yahushua eintlik? `n Barna-studie wat in 2014 uitgevoer was het bekend gemaak dat 93 persent Amerikaners1 glo dat Yahushua Christus “`n werklike persoon was wie eintlik geleef het.”2 Drie-en-sestig persent het gesê dat hulle `n belofte met Yahushua aangegaan het wat deesdae steeds belangrik in hul lewens is. Maar, minder as die helfte (43 persent) glo “Yahushua was God wat onder die mense gewoon het.” Voordat iemand uitroep Ketter! Kom ons ondersoek eers die Skrifte en oorweeg waarom hulle so dink.
`n Oplettende leser sal opmerk dat die Skrifte Yahushua altyd in `n kategorie plaas buite dié van God [Yahuwah].
|
`n Oplettende leser sal opmerk dat die Skrifte Yahushua altyd in `n kategorie plaas buite dié van God [Yahuwah]. Soos byvoorbeeld:
Handelinge 2:22 Israeliete, luister na hierdie woorde: Yahushua, die Nasaréner, `n man deur Yahuwah vir julle aangewys met kragte en wonders en tekens wat Yahuwah deur Hom onder julle gedoen het, soos julle ook self weet--
Efésiers 1:2 GESEËND is … Yahuwah en Vader van onse Here Yahushua Christus.
Openbaring 12:10 Toe hoor ek `n groot stem in die hemel sê: “Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van Sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.
Openbaring 20:6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van Yahuwah en van Christus wees en sal saam met Hom regeer duisend jaar lank…
Yahuwah is die Vader, terwyl Yahushua, `n mens, die Christus is. Let ook op dat Yahushua nie net die Christus is nie, maar hy is ook Yahuwah se Christus, wat verder hul onderskeiding beklemtoon. Boonop word ons ten minste twintig keer in die Skrifte vertel dat Yahushua `n God het.3 Soos byvoorbeeld:
1 Petrus 1:3 GESEËND is die God en Vader van onse Here Yahushua Christus, wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot `n lewende hoop deur die opstanding van Yahushua Christus uit die dode,
Romeine 15:6 sodat julle die God en Vader van onse Here Yahushua Christus eendragtiglik uit een mond kan verheerlik.
Efésiërs 1:17 dat die God van onse Here Yahushua Christus, die Vader van die heerlikheid aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee,
Openbaring 1:6 en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.
Openbaring 3:2 Wees wakker en versterk die wat oorbly, wat op die punt staan om te sterwe, want Ek [Yahushua] het jou werke nie volkome voor [My] God gevind nie.
As Yahushua God is, hoe kan hy `n God het en steeds God wees?
|
Natuurlik, sal hierdie gedeelte en andere soos hulle die vraag vra, As Yahushua God is, hoe kan hy `n God het en steeds God wees? Verwarrend en teenstrydig. Aan die ander kant, maak die Skrifte hierdie saak duidelik. Wanneer ookal `n beslissing gemaak word, is die Vader die enigste een spesifiek geklassifiseer as God, terwyl Yahushua herhaaldelik geken word as die Christus. Hierdie fonds bevestig Yahushua se eie stelling dat die Vader die “enigste ware God” is, terwyl hy die Christus wie Yahuwah gestuur het, is.
In teenstelling met wat baie Christene glo, is die term en sy Hebreeuse ekwivalent, Messias, nie aanduidings van goddelikheid nie. Die sinonieme terme beteken gesalfde een, en hulle verwys na iemand wie aan diens aan Yahuwah toegewy is. Professor van godsdiens en filosofie, Douglas McCready, skryf:
In bybelse Judaïsme het die term “messias” nie noodwendig enige konnotasie van goddelike status gedra nie, en Jode van [Yahushua se] dag het nie van hul messias verwag om anders as menslik te wees nie.4
Die woord Christus word oor die 500 keer in die Nuwe Testament gebruik om te verwys na Yahushua en is aanduidend van sy rol as Yahuwah se gesalfde koning. Maar hierdie koninklike posisie was nie inherent syne nie. Petrus het op die dag van Pinkster gepreek dat dit Yahuwah was wie Yahushua beide Here en Christus gemaak het:
Handelinge 2:36 “Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat Yahuwah Hom Here en Christus gemaak het, — hierdie Yahushua wat julle gekruisig het.”
Mens sou dink dat indien die Skrifte soveel klem op identifisering van Yahushua as die Christus plaas-verskeie honderde kere-sou dit beklemtoon dat hy meer en meer `n godheid is. Maar ons word nooit uitdruklik in die Skrifte vertel dat Yahushua `n God is, God die Seun, God-wat mens geword, of die tweede lid van die Drie-eenheid nie. Diegene wie vashou aan die oppergesag van die Skrifte moet dit kommerwekkend vind dat die heilige teks duidelik en herhaaldelik Yahushua identifiseer as God, afwesig in die Skrifte is. Bybel professor en befaamde skrywer William Barclay het gesê:
Maar ons word nooit uitdruklik in die Skrifte vertel dat Yahushua `n God is, God die Seun, God-wat mens geword, of die tweede lid van die Drie-eenheid nie.
|
Keer op keer, praat die Vierde Evangelie van God wie [Yahushua] in die wêreld stuur. Keer op keer sien ons Yahushua tot God bid. Keer op keer, sien ons [Yahushua] sonder aarseling, sonder twyfel, en onvoorwaardelik die wil van God vir homself aanvaar. Nêrens identifiseer die Nuwe Testament Yahushua as God nie.6 Hy het gesê: “Hy wie my gesien het, het God gesien.” Daar is karaktertrekke van God wat ek nie in Yahushua sien nie. Ek sien nie God se alwetendheid in [Yahushua] nie, omdat daar dinge is wat [Yahushua] nie geweet het nie.7
Volgens die Bybelse geleerde en gewilde skrywer N.T Wright:
“Messias” of “Christus”, beteken nie ‘die/`n goddelike een nie.” Dit is baie misleidend om hierdie woorde as afkortings te gebruik [sic] vir die goddelike naam of wese van [Yahushua]. Dit is relatief maklik om te redeneer dat [Yahushua] … geglo het hy die Messias is. Dit is veel moeiliker, en `n baie anderste ding, om te redeneer dat hy gedink het hy in een of ander sin geïdentifiseer was met Israel se God.8
Dit is ook betekenisvol dat bekroonde Bybelse geleerde en skrywer James Dunn, in sy volledige werk, Christology in the Making, skryf, “Ons kan nie beweer dat Yahushua geglo het dat Hy die vleesgeworde Seun van God is nie ...9
Om Yahushua beide Yahuwah en Christus te noem, skep nogal 'n raaisel. Soos genoem, indien Yahushua God is, hoe kan hy `n God hê? Indien Yahushua boonop `n godheid is, maak dit geen sin vir hom om gesalf te wees en deur Yahuwah bemagtig te word nie. Daarenteen is dit Yahuwah wie sy knegte bemagtig. Soos die skrywer en professor Bill Schlegel verduidelik:
“Christus” (Hebreeus, “Messias”) beteken “gesalfde”. Taalkundig is die woord `n byvoeglike naamwoord met `n passiewe betekenis. Iemand wie gesalf is, word behandel deur iemand anders. Die een wat die salwing doen, is nie die gesalfde nie. In die Bybel, is God die Salwer, en die een wie deur God gesalf is, is die Christus (Messias). Die Salwer is nie die Gesalfde nie…Deur te glo dat [Yahushua] die Christus is beteken om te glo dat [Yahushua] die een is wie deur God gesalf is. Die Christus/Messias in die Bybel kan nie God wees nie, omdat God vir Christus gekies en gesalf het.10
Addisioneel, hoe kan Yahushua verhoog word na `n posisie van Christus-Koning en gesag gegee word as hy alreeds God is? Is Yahuwah nie in `n hoër posisie as selfs die hoogste koning nie? Meer nog, hoe kan Yahushua verhef word tot Yahuwah se regterhand, `n setel van gedelegeerde gesag? Indien Yahushua Yahuwah is, sou hy alreeds die hoogste plek gehad het en die hoogste eer as `n godheid ontvang het. Om Here en Christus gemaak te word, sou `n degradering wees.
Hoe kan Yahushua verhef word tot Christus-Koning en gesag gegee word as hy alreeds God is? Is Yahuwah nie in `n hoër posisie as selfs die hoogste koning nie?
|
Aan die ander kant maak dit sin dat Yahushua van Nasarét behoefte gehad het aan die salwing van Yahuwah om `n werk te doen wat Yahuwah hom aangestel het om te doen. Boonop, vir Yahushua om verhoog te word na Yahuwah se regterhand as `n beloning vir sy gehoorsaamheid sou `n opregte verheffing en groot eer wees. (Fillipense 2).
Sommige mag aanvoer dat slegs Yahushua se menslike natuur `n God was, wat verheffing ervaar het, en gesag verskaf was om te regeer. Maar nêrens in die Skrifte is hierdie teorie te vinde nie. Instede daarvan was dit ontwikkel te midde van sterk, langdurige debatte deur Hellenistiese Kerk Vaders. Teologie Professor A.T. Hanson sê:
Geen verantwoordelike Nuwe Testament geleerde sal daarop aanspraak maak dat die leerstelling van die Drie-eenheid deur [Yahushua] geleer of verkondig was deur die vroeë Christene nie, of bewustelik deur enige Nuwe Testament skrywer onderhou was nie. Dit was feitlik stadig ingewerk in die verloop van die eerste eeu in `n poging om dit `n intelligente leerstelling van God te maak.11
Feitlik het die teorie van Yahushua se dubbel natuur nie amptelike kerk leerstelling geword tot en met die Raadsitting van Chalcedon in die vyfde eeu nie.
Anders as die post-Bybelse raadsbesluite, was die debat tydens Yahushua se bediening nie of hy Yahuwah was of nie, maar of hy die Christus was of nie:
Johannes 7:40-44 Baie van die skare het, toe hulle die woord hoor, gesê: Hy is waarlik die profeet. 41 Ander het gesê: “Hy is die Christus.” En ander het gesê: Kom die Christus dan uit Galiléa? 42 “Het die Skrifte nie gesê dat die Christus uit die geslag van Dawid kom en uit Betlehem, die dorp waar Dawid was nie?” 43 Daar het toe verdeeldheid onder die skare gekom oor Hom. 44 En sommige van hulle wou Hom gevange neem, maar niemand het die hand aan Hom geslaan nie.
Baie het geglo dat Yahushua die beloofde Messias is gestuur deur Yahuwah, en hulle het dit vry uit bely. Soos byvoorbeeld, Marta, die suster van Maria en Lasárus, het erken dat Yahushua die Christus is:
Johannes 1:27 Sy antwoord Hom: “Ja, Here, ek glo dat U die Christus is, die Seun van Yahuwah, wat in die wêreld sou kom.”
Hoewel sommige die titel Seun van God gebruik om [Yahushua] se godheid aan te dui, het nie Judaïsme nóg paganisme van sy [Yahushua] se tyd die titel as sulks verstaan nie. Nog minder die vroeë kerk.
|
Sommige interpreteer die titel, Seun van God [Yahuwah], verwarrend as 'n verwysing na 'n voorafbestaande goddelike natuur. Maar `n Bybel opname openbaar dat, terwyl daar baie seuns van Yahuwah is, is dit eintlik `n aanduiding van die Messias. Weereens verduidelik McCready die term aan ons:
Hoewel sommige die titel Seun van God gebruik om [Yahushua] se godheid aan te dui, het nóg Judaïsme nóg paganisme van sy [Yahushua se] tyd die titel as sulks verstaan. Nog minder die vroeë kerk.12
Wright stem saam met McCready se assessering:
…die sinsnede ´seun van God´ is sistematies misleidend want in pre- en nie-Christen Judaïsme, is sy primêre verwysing óf Israel óf die Messias, en dit behou hierdie betekenis in die vroeë Christenskap…13
Yahushua se getuienis was dat hy die Christus was:
Johannes 4:25-26 25 Die vrou sê vir Hom: “Ek weet dat die Messias kom, Hy wat Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy ons alles verkondig.” 26 Yahushua sê vir haar: “Dit is Ek wat met jou spreek!”
Johannes 10:24-25 En die Jode het Hom omring en vir Hom gesê: “Hoe lank hou U ons in onsekerheid? As U die Christus is, sê dit vir ons ronduit.” 25 Yahushua antwoord hulle: “Ek het dit vir julle gesê, en julle glo nie. Die werke wat Ek doen in die Naam van my Vader, die getuig van My.”
Tenspyte van sogenaamde proef tekse, het Yahushua nooit daarop aanspraak gemaak dat Hy Yahuwah is nie. Millard Erickson, Baptiste seminaar professor en skrywer, gee toe aan hierdie punt:
Yahushua het inderwaarheid nie 'n eksplisiete en openlike aanspraak daarop gemaak om 'n godheid te wees nie. Hy het nie in soveel woorde gesê: "Ek is God" nie.14
Ironies, word ons vertel dat Johannes se evangelie nie soos die Sinoptiese Evangelies is nie want dit openbaar die godheid van Christus daarin. Maar Johannes stel dit duidelik dat die rede waarom hy sy verslag geskryf het sodat ons mag glo dat Yahushua die Christus is, nie dat ons mag glo dat hy Yahuwah is nie:
Johannes 20:30-31 Nog baie ander tekens het Yahushua voor sy dissipels gedoen wat in hierdie boek nie beskrywe is nie; 31 maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Yahushua die Chrsitus is, die Seun van Yahuwah; en dat julle deur te glo die lewe kan hê in sy Naam.
Die openbaring van Yahushua se godheid sou inderdaad gedien het as die groter motivering vir die skryf van sy evangelie as dit van Yahushua om die Christus te wees. Maar, Johannes se gestaafde doelstelling vir sy geskrifte is sodat ons mag glo dat Yahushua die uitverkore en gesalfde koning is.
Terwyl sommige nie aanvaar het dat Yahushua die Christus was nie, het die demone uitdruklik geweet wie hy was:
Lukas 4:41 En duiwels het ook uit baie uitgegaan en geskreeu en gesê: “U is die Christus, die Seun van Yahuwah!” En Hy het hulle bestraf en nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle geweet het dat Hy die Christus was.
"...maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Yahushua die Christus is, die Seun van Yahuwah; en dat julle deur te glo die lewe kan hê in sy Naam." (Johannes 20:30-31)
|
Ongetwyfeld moes die demoniese geeste geweet het of Yahushua die Almagtige was. Maar in elke ontmoeting wat Yahushua met demone te doene gehad het, het hulle Hom nooit as Yahuwah beskou nie. Daarenteen, het hulle verstaan dat hy die Nasaréner is en “die Heilige van Yahuwah,” nie Yahuwah nie, die heilige.15
Een van die mees potente en gedenkwaardigste verklarings wat gemaak is aangaande Yahushua se identiteit kom van Petrus via `n openbaring deur Yahuwah die Vader aan hom gegee:
Matthéüs 16:15-17 en 20 Hy sê vir hulle: “Maar julle, wie sê julle is Ek?” En Simon antwoord en sê: “U is die Christus, die Seun van die lewende God” 17 Toe antwoord Yahushua en sê vir hom: “Salig is jy Simon Bar-Jona want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar My Vader in die hemel…20 Daarop het Hy sy dissipels bevel gegee dat hulle vir niemand moes sê dat Hy Yahushua die Christus is nie.
Yahuwah het gesê dat Yahushua die Christus is. Yahuwah het nooit vir Yahushua geidentifiseer as mede-godheid nie. Maar feitlik in Lukas se weergawe van dieselfde gebeurtenis, sê Petrus dat Yahushua is die “Christus van Yahuwah,” nie Yahuwah die Christus nie.”16 Hierdie goddelik geinspireerde openbaring moes privaat bly vir die tyd. Die “geheim” was ewenwel nie dat Yahushua Yahuwah was nie, maar dat Hy die beloofde Koning was.
Maar wat daarvan toe Yahushua in hegtenis geneem was deur Pilatus? Was die aanklag nie teen Hom gemaak dat hy aangevoer het om Yahuwah te wees nie? Nie volgens die Bybel nie:
Matthéüs 26:63 Maar Yahushua het stilgebly. En die hoëpriester antwoord en sê vir Hom, “Ek besweer U by die lewende God, dat U vir ons sê of U die Christus, die Seun van God, is?”
Lukas 23:1-3 En die hele menigte het opgestaan en Hom na Pilatus gelei. 2 En hulle het Hom begin beskuldig en sê: “Ons het gevind dat hierdie man die volk verlei en verbied om aan die keiser belasting te betaal, terwyl Hy sê dat Hyself Christus, die Koning, is.” 3 Toe vra Pilatus Hom en sê: Is U die Koning van die Jode?” En Hy antwoord hom en sê: U sê dit.”
Johannes 19:21 En die owerpriesters van die Jode het vir Pilatus gesê: “Moenie skrywe: ´Die Koning van die Jode nie´, maar dat Hy gesê het: ´Ek is die Koning van die Jode.’”
Soos Yahushua aan die kruis gehang het, was Hy bespot en uitgejou omdat Hy aanspraak gemaak het dat Hy die Christus is, die koning van Israel, nie oor die aanspraak om goddelik te wees nie.
|
Wat meer was, soos Yahushua aan die kruis gehang het, was Hy bespot en uitgejou omdat Hy aanspraak gemaak het dat Hy die Christus is, die koning van Israel, nie oor die aanspraak om goddelik te wees nie:
Markus 15:29-32 En die verbygangers het Hom versmaad, terwyl hulle hul hoof skud en sê…30 verlos Uself en kom af van die kruis! 31 En so het ook die owerpriesters saammet die skrifgeleerdes gespot en vir mekaar gesê: Ander het Hy verlos, Homself kan Hy nie verlos nie. 32 “Laat die Christus, die Koning van Israel, nou van die kruis afkom, sodat ons kan sien en glo! Ook die wat met Hom gekruisig is, het Hom beledig.
Lukas 23:39 En een van die kwaaddoeners wat opgehang is, het Hom gesmaad en gesê: As U die Christus is, verlos U self en ons.
Ongetwyfeld, om aanspraak te maak om Yahuwah te wees sou `n ernstiger oortreding gewees het, maar die klag wat teen Yahushua gebring was, was dat Hy en sy volgelinge gesê het dat Hy die Messias was.
Selfs nadat Yahuwah, Yahushua tot aan Sy regterhand verhef het, het die boodskap steeds voortgegaan dat Hy die Christus was, nie God herbore nie. Elke preek gepreek en evangelie boodskap gedeel, of dit nou met die Jode was of met Grieke, was nie oor Yahushua wat `n God is wie gesterf het vir die sondes van die wêreld nie. Daarenteen was dit altyd oor Yahushua wat die Christus is:
Handelinge 5:42 En hulle het nie opgehou om elke dag in die tempel en van huis tot huis te leer nie, en die evangelie verkondig dat Yahushua die Christus is.
Paulus het nooit geleer of probeer bewys dat Yahushua Yahuwah was of Yahuwah-geïnkarneer was nie. Daarenteen was sy bediening konstant gefokus op die verkondiging van Yahushua as die Christus:
Handelinge 9:22 Maar Saulus [Paul] het al meer krag ontvang en die Jode wat in Damaskus woon, in die war gebring deur te bewys dat Hy, Yahushua, die Christus is.
Handelinge 17:2-3 En volgens sy gewoonte het Paulus na hulle in die sinagoge gegaan en drie sabbatte lank met hulle gespreek uit die Skrifte 3 en dit uitgelê en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dode opstaan, en gesê: “Hierdie Yahushua wat ek aan julle verkondig, is die Christus.”
Handelinge 18:5 En toe Silas en Timóthéüs van Macedonië afgekom het, was Paulus ywerig besig om aan die Jode kragtig te betuig dat Yahushua die Christus is.
Die rede waarom Yahuwah Yahushua tot aan Sy regterhand verhef het was weens sy gehoorsaamheid, selfs ten aanskoue van sy verskriklike dood. Wat sal Yahushua se beloning wees vir hierdie duursame gehoorsaamheid? Aan die einde van die era, sal elke knie buig en vir eens en altyd verklaar dat Yahushua Yahuwah is? Nee! Maar dat Hy die Christus is:
Fillipense 2:9-11 Daarom het Yahuwah Hom ook uitermate verhoog en Hom `n naam gegee wat bo elke naam is, 10 sodat in die Naam van Yahushua SOU BUIG ELKE KNIE, van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, 11 en elke tong sou bely dat Yahushua Christus die Here is tot heerlikheid van Yahuwah die Vader.
Dit kom nie as `n verrassing, dat Apollos, `n magtige prediker maar minder-bekend in die Bybel as Paulus was, dieselfde evangelie boodskap verkondig, het nes die van Paulus:
Handelinge 18:28 28 want hy [Apollos] het die Jode kragtig in die openbaar weerlê en deur die Skrifte bewys dat Yahushua die Christus is.
Die rede waarom Yahuwah Yahushua tot aan Sy regterhand verhef het was weens sy gehoorsaamheid, selfs ten aanskoue van sy verskriklike dood.
|
Wat was dit wat die Skrifte demonstreer? Dat Yahushua Yahuwah is? Nee, maar wel dat hy die Christus is.
Die dissipels het wonderwerke gedoen en demone uitgedrywe in die naam van Yahushua die Christus en nooit deur Yahushua, wie Yahuwah is nie:
Handelinge 3:6 Maar Petrus sê: “Silwer en goud het ek nie, maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Yahushua Christus, die Nasaréner, staan op en loop!”
Handelinge 16:18 En dit het sy baie dae lank gedoen; maar baie ontevrede daaroor, het Paulus omgedraai en vir die gees gesê: Ek beveel jou in die Naam van Yahushua Christus om uit haar uit te gaan!” En hy het op daardie oomblik uit haar gegaan.
Wie is hierdie man van Nasarét? Yahuwah in die vleesgeworde vorm? Die tweede lid van `n drie-enige godheid? Of die Christus, gestuur deur Yahuwah? Dit hang af of jy antwoord deur vierde eeuse ortodoksie of die Skrifte. Die post-Bybelse tradisie sê dat ons moet glo Yahushua Yahuwah is sodat ons gered kan word. Maar volgens die Skrifte, word ons wedergebore as ons glo dat Yahushua die Christus is.
1 Johannes 5:1 Elkeen wat glo dat Yahushua die Christus is, is uit Yahuwah gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is.
Wie sê jy is hy?
1 Barna het 'n verteenwoordigende steekproef van volwassenes ouer as 18 in elk van die 50 Verenigde State gebruik.
2 “What Do Americans Think of Jesus: Man, Myth, or God?” The Christian Post, April 15, 2017, verkry 10-02-19.
3 Messiah het `n God: Miga 5:4; Psalm 45:6-7; Psalm 22;2; Psalm 89:27. Yahushua het `n God: Matthéüs 27:46 (2x); Markus 15:34 (2x); Johannes 20:16-17; Romeine 15:5-6; 2 Korinthiërs 1:2-3; 11:30-31; Efésiërs 1:15-17; Hebreërs 1:8-9; 1 Petrus 1:3; Openbaring 1:4-6; 3:2; 3:12 (4x). --- Markus 15:34
4 Douglass McCready, He Came Down from Heaven: The Preexistence of Christ and the Christian Faith, (IVP Academinc, 2005), p. 55.
5 Christus (Yahushua Christus, Christus die Here, ens.) word 503 keer in die Nuwe Testament vir Yahushua gebruik. Messias word twee keer gebruik (messias in Grieks).
Herbert Lockyer, All the Divine Names and Titles in the Bible, (Grand Rapids, MI: Zondervan Publishing House), 1975, p. 101-102; 104-105, and 206.
6 Professor Barclay: “Maar ons sal vind dat daar byna elke geleentheid in die Nuwe Testament waar Jesus God genoem word, ’n probleem is met óf tekskritiek óf vertaling.”
William, Barclay, Jesus As They Saw Him: New Testament Interpretations of Jesus. (Grand Rapids: Wm. B. Eerdman’s Publishing, 1983), p. 21
7 William Barclay, The Mind of Jesus, (Harper & Rowe, 1961), p. 56.
8N.T. Wright, “Jesus’s Self-Understanding” NTWrightPage –blogplasing verkry op
4-15-19 http://ntwrightpage.com/2016/04/05/Jesus-self-understanding/
9James Dunn, Christology in the Making, (Wm. B. Eerdmans Publishing, 1996 ), p. 254.
10 Bill Schlegel, “Do You Love God’s Child, The Person Who Believes Jesus is the Christ? Comments on 1 Johannes 5:1,” Land and Bible, 9-27-91; verkry 9-27-91.
11 Anthony Tyrrell Hanson, The Image of the Invisible God, (London: SCM Press, 1982), p.87.
12 McCready, p. 56
13 N.T. Wright, “Jesus’s Self-Understanding” NTWrightPage – blogplasing verkry op 4-15-19 http://ntwrightpage.com/2016/04/05/Jesus-self-understanding/
14 Millard J. Erickson, Introducing Christian Doctrine, (Grand Rapids, MI: Baker Academic, 1992, 2001)
15 Lukas 4:34.
16 Lukas 9:20.
Hierdie is `n nie-WLC artikel: Bron: https://oneGodworship.com/who-is-Jesus-God-christ-or-both/
Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons in die Skrifte die name van die Vader en Seun aangehaal, vervang, soos hulle oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is. – WLC Span