Print

Yahushua se Dood: Skaf dit die Wet af?

Satan word die “Vader van die leuens” genoem. Yahushua Self het verklaar dat die duiwel:- “ was `n mensemoordenaar van die begin af, en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie . . . . omdat hy `n leuenaar is en die vader daarvan.”  (Johannes 8:44). Misleiding is van nature swak. Dit sal nooit die mag hê wat die Waarheid besit nie. `n Leuen, wanneerwaarheid gemeng met leuensdit alleen staan sal altyd, nie by magte wees om te mislei nie. Die Satan weet dit, daarom verdraai hy sy leuens met waarheid. Hoe nader aan die waarheid hy sy leuen kan bring hoe misleidender sal dit wees.

Satan weet dat die wet `n transkripsie van Yahuwah se heilige karakter is. Daarom is dit so onveranderlik soos die Wet Gewer Homself. Satan wil hê dat mense die heilige Wet van Yahuwah moet breek. Om dit te kan doen, moet hy hulle mislei in die veronderstelling dat Yahuwah se wet verander of dat dit nie langer nodig is om gehou te word nie. Niemand sal so `n vermetele leuen glo as dit nie verweef was met waarheid nie. Dus haal Satan Skrifte aan om sy leuen te “bewys”. Vir `n feit, is dit nie eens `n volledige sin nie. Dit is slegs twee sinsnedes was uit verband geneem en verdraai is ter ondersteuning van Satan se leuen.

.  .  .  . in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat uit insettinge bestaan het; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een  nuwe mens kon skep.”  (Sien Efesiërs 2:15)

Dit is hoogs onwaarskynlik om te veronderstel dat die Vader van die ganse, juiste en regverdige Wet Sy eie Heilige Wet sou afskaf!  Geen menslike regering kan sonder wette klaarkom nie. Net so die hemelse regering. Paulus sal die laaste wees wat aaspraak sal maak dat die wet  by die kruis “afgeskaf was”, want hy self het verklaar:

hamer en skubbe“Dus is die wet heilig, en die gebod is heilig en regverdig en goed.” (Romeine 7:12)

Yahuwah het nie gekom om die wet af te skaf nie! Hy het gesê:

“MOENIE dink dat Ek gekom het om die wet en die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie maar om te vervul. Want voorwaar Ek sê vir julle , voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of titteljie van die wet verbygaan totdat alles gebeur het nie. Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer sal die minste genoem word in die konnkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.”  (Mattheus 5: 17-19)

Yahushua het die hemelse Wet perfek onderhou. Deur die hemelse wet noukerig te hou, het Yahushua `n voorbeeld gestel wat almal moet volg.

“Omdat Christus ook vir julle gelei het en julle `n voorbeeld na gelaat het, sodat julle in Sy voetstappe kan volg ; Hy wat geen sonde gedoen het nie .  .  .  .”  (1 Petrus 2:21-22)

Skrifte leer altyd dat die hemelse wet ewigdurend is. Dat dit altyd onderhou moet word, beide in die hemel en op aarde, regdeur die eindelose siklusse van die ewigheid. Enige Bybelvers wat gebruik word as “bewys”dat die wet aan die “kruis vasgenael” was, verdraai die Skrifte om Satan se leuen te bevestig dat die hemelse Wet nie meer nodig is om te onderhou nie. Die korrekte insig van Efesiërs 2:15 word duidelik wanneer die ganse gedeelte in konteks gelees word.

Waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerstes van die mag van hierdie lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk . . .

Maar Yahuwah, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur Sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saammet Yahushua, - uit genade is julle gered – en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Yahushua.  .  .  .

Daarom, onthou dat julle wat Heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde Besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, dat julle in die tyd sonder Yahushua was , vreemdelinge van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder Yahuwah in die wêreld. Maar nou in Yahushua het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Yahushua .  .  .  .

Want Hy is ons vrede, Hy wat almal een gemaak het en die middelmuur van skeiding afgebreek het deurdat Hy in Sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep. En albei in een liggaam met Yahuwah kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was.  (Efesiërs 2:2, 4-6, 11-17)

Paulus skryf aan die Heidene, om hulle te herinner, dat voor hulle Gelowiges geword het, “julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld” (vers 2) Die beloop van hierdie wêreld is een van mens-gemaakte tradisies wat lei tot die vooroordeel en uitsluitendheid. Die Israeliete was een van die mees eksklusiewe mense op die planeet. Yahuwah se plan vir Israel was om die “lig van die wêreld” te wees. (Mattheus 5:14). Instede hiervan het die Israeliete `n baie geslote gemeenskap geword, oortuig van hul eie meerderwaardigheid, wie buitestaanders verwerp het. Paulus verwys na die bevooroordeelde afskeidings tussen die verskillende volke wanneer hy sê: “Waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerstes van die mag van die lug.”  (Efesiërs 2:2) Satan se gewoonte was altyd om haat, suspisie, vooroordeel, en verdeeldheid tussen mense te bring. Dit is die “loop van die wêreld” Yahushua het gekom om eenheid te bring deur hemelse Liefde. Hy was net so tuis en aanvaarbaar in die huise van die armstes, soos Hy was in die paleise  van die welgesteldes.  Dat Yahuwah “geen aannemer van die persoon is nie, maar in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, hom welgevallig is.”  (Handelinge 10:34, 35) Dit was `n konsep wat selfs aan die Apostels moeilik was om te begryp. Dit het `n hemels-gestuurde droom gekos voordat Petrus sy voet oor die drumpel van `n Heidense huis gesit het, selfs later het hy geswig onder druk van ander Israeliete wat bevooroordeeld was.

“Want voordat sommige van Jakobus afgekom het, was hy gewoond om saammet die Heidene te eet; maar na hulle koms het hy hom teruggetrek en hom eenkant gehou uit vrees vir die wat uit die besnydenis is.” (Galasiërs 2:12)  

muur van skeiding vernietig deur YahushuaToe Paulus sien wat besig is om te gebeur het hy gou `n stop gesit voor hierdie afsonderings gedrag. Die woord “insettinge” waarna Paulus verwys het toe hy praat van die “wet van gebooie wat uit insettinge bestaan”  (Efesiërs 2:15) kom van die woord “dogma” (#1378) Dit is dieselfde “oorleweringe van ou mense” waarvan Yahushua verwys met die uitdruklike vraag, “waarom oortree julle ook die gebod van Yahuwah terwille van julle oorleweringe.”  (Johannes 15:2) Die “wet” en die “gebooie” waarna Paulus verwys het in Efesiërs 2:15 was niedie hemelse Wet waarvan Paulus erken dat dit heilig, regverdig, en goed was nie. Paulus het verwys na mens-gemaakte tradisies, die lastige beperkinge wat deur die godsdienstige leiers ingestel is wie die mense geleer het om hul weg na die hemel oop te werk deur hierdie opgemaakte reëls te gehoorsaam. Hierdie menslik-ingestelde reëls en beperkinge was grotendeels verantwoordelik vir die gevoelens van vooroordeel, suspisie, haat, en verdeling tussen die Israeliete en die Heidene.  Sulke mens-gemaakte reëls was verantwoordelik vir die hoë “middel muur van skeiding” tussen die Israeliete en die Heidene. Paulus se punt in  Efesiërs 2 is dat Yahushua gekom het om die volke oraloor te verlos. Yahushua het nie net die mens met Yahuwah versoen nie, maar ook die mens met sy medemens. Daar moes nie meer `n skeidsmuur wees tussen Israeliet en Heiden, man en vrou, verloste of verlorene nie.

Maar nou in Yahushua het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van die Gesalfde. Want Hy is ons vrede, Hy wat almal een gemaak het en die middelmuur van skeiding afgebreek het deurdat Hy in Sy vlees die  vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy , deur vrede te maak , die twee in Homself tot een nuwe mens kan skep.” (Efesiërs 2:13-15)

Yahushua was die volmaakte verpersoonliking van die hemelse Wet. Sodoende het Hy die wette van menslike oorleweringe en vooroordeel afgebreek wat ingestel is deur klein-geestige mense. Liefde is die hoogste vervulling van die Wet.

“Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik; Jy moet jou naaste liefhet soos jouself.” (Galasiërs 5:14)

“Die liefde doen die naaste geen kwaad nie ;  daarom is die liefde die vervulling van die wet.”  (Romeine 13:10)

Almal is verenig in die Liefde in Yahushua. Efesiërs 2 jubel in die nuut-gevonde broederlike liefde wat deur Yahushua en Sy onderhouding van die nimmer-eindigende, heilige, regverdige, en goeie hemelse Wet.

In Yah is daar nie Oos of Wes
In Hom nie Suid of Noord;
Maar een groot liefdes samesyn
Regdeur die wye wêreld heen.

In Hom sal opregte harte oraloor
Hul hoogste gemeenskap vind;
Sy diens is die goue koord,
Digbindend menslikheid.

Bind hande saam, dan , lede van geloof,
Wat ook jou ras mag wees!
Wie my Vader dien as Sy kind
Is verseker verwant aan my.

In Yah ontmoet beide Oos en Wes,
In Hom ontmoet Noord en Suid;
Alle Christ’lik siele is een in Hom
Regoor die aarde wyd en heel.


Die Tien Gebooie = `n Afskrif van Yahuwah se Onveranderlike Karakter:

“Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie.
Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.” 
( Mattheus 5:17)

“Salig is die wat Sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad [Nuwe Jerusalem].”  (Openbaring 22:14)