Print

Yahuwah se Feeste: Deur die Apostels Onderhou

Daar word wyd geglo en bespiegel dat die jaarlikse feeste wat in die Skrifte aangeteken word slegs aan die Jode gegee is of dat dit op een of ander wyse “aan die kruis vasgenael is.”

Roman nails, crown of thorns, and Hebrew Scripture (Leviticus)Die argument dat enige deel van die geestelike wet mee weggedoen is aan die kruis, het in die 1800s kop uitgesteek toe die kennis van die sewende-dag Sabbat aan die herstel was. Namate die waarheid versprei het dat Yahuwah op die sewende dag van die week aanbid moet word, nie die eerste nie, het predikante vir die eerste keer verkondig dat die geestelike, by die “kruis afgeskaf” is.

 Voor daardie tyd het niemand dit gewaag om só `n teenstellende boodskap te preek nie. Die geestelike wet kan nie “afgeskaf” of verander word nie, omdat dit volmaak is. Dit was omdat die geestelike wet nie verander of verdraai word nie dat Yahuwah Sy Seun gegee het om vir sondaars te sterf omdat: “Volgens die wet. . . sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis [van sonde] plaas nie.” (Hebreërs 9: 22, NKJV)

Dieselfde kettery was na die insettings wette oorgedra. Satan het die meeste van die Christendom laat oortuig dat nie net is die Sabbat “teen die kruis vasgenael” nie maar die jaarlikse aanbiddingsdae, bekend as feeste, ook.

Só `n oortuiging is gegrondves op `n misverstand van die geestelike wet. Yahushua, as ons Verlosser, het die geestelike wet volmaak gehou. As Sy volgelinge word ons aangeraai om Sy voorbeeld te volg. Die apostel Paulus het die feeste gehou en het die Heidense bekeerlinge geleer om die ook te vier, soos ons kan sien in sy verwysings om die feeste te hou in Handelinge 18: 21 en 20:6.

“Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir ons gely het, sodat ons Sy voetstappe kan navolg.” (1 Petrus 2:21, NKJV)

Baie gaan van die veronderstelling uit dat dit tyd vir die apostels gevat het om wat beskou word as “onnodige Joodse tradisies” op sy te sit. Maar hierdie veronderstelling is vals. Die apostels en die vroeë Christene het nooit ooit meer slagoffers gebring nie, omdat Yahushua, die Lam van Yah wat die sonde van die wêreld wegneem, alreeds eens en vir altyd vir die sondes van die wêreld geoffer was.

Die apostels en die eertydse Christene het die feeste gevier sonder die slagoffergawes deur bloed omdat hulle verstaan het dat die geestelike wet vir ewig onderhou moet word:

“U, o [Yahuwah]; is naby, en al U gebooie is waarheid. Lankal het ek geweet uit U getuienisse dat U hulle vir ewig gegrond het. Die hele inhoud van U woord is waarheid, en al U regverdige verordeninge is tot in ewigheid.” (Psalm 119: 150-151, 160, OV)

Volgens die Verheerlikte Bede, geskryf in die 8 ste eeu, het die Minsame Johannes die “veertiende dag van die eerste maand” of Pasga gevier en die vroeë Christen gelowiges geleer om net so te doen.

Die feeste was deur al die opregtes onderhou totdat, onder die invloed van die Kerk van Rome, paganisme ingebring is en begin het om die eens reine geloof te besoedel. Onder die dekmantel van die “bekering van die paganiste,” het Victor die Biskop van Rome, `n ooreenkoms met die paganiste aangegaan, en heidense feesvieringe soos byvoorbeeld Kersfees en Paasfees aangeneem, terwyl hulle die feeste van Yahuwah op sy gesit het.

Polykrates, `n vroeë Christen martelaar, het by Polykarp, een van Johannes se dissipels, geleer om die feeste te hou. Toe Victor hom verwerdig het om die onderhouding van Paasfees af te dwing, het Polykrates `n brief aan hom geskryf waarin hy die lys opstel van belanghebbende Christen vaders wat die Pasga gevier het, nie Paasfees nie:

Daarom onderhou ons die dag onwankelbaar, sonder om by te voeg of weg te neem, want in Asië [Minor] is groot ligdraers ter ruste gelê, wie sal opstaan op die dag van die koms van die Here, wanneer Hy sal met heerlikheid uit die Hemel kom en al die heiliges uitsoek. So was dit met [die apostel] Fillip. . . Dan is daar ook nog Johannes wat lief was om in die boesem van die Heer aan te leen. . . .  En daar was ook Polykarp van Smyrna, wie biskop en martelaar was . . . Papirius,. . . en Melito . . . hulle almal het die veertiende dag van die Pasga onderhou volgens die evangelie, sonder afwyking, maar volgens die maatstaf van die geloof. (Polykrates, Brief aan Victor, Biskop van Rome, aangehaal in Eusebius’ Ecclesiastical History)

Die aanvaarding van Paganistiese feesdae was deur Tertulian veroordeel, wie rondom 230 AD, gekla het dat die Bybelse feeste op sy gesit is ten gunste van paganistiese feeste:

“Vir ons wie vreemdelinge is vir Sabatte, en nuwe mane, en feeste, wat eens vir God aanvaarbaar was, is die Saturnalië, die fees van Januarie, die Brumelië, en die Matronalië, nou feeste wat dikwels gebeur; geskenke word oor en weer uitgegee, nuwe jaars geskenke word met lawaai gemaak, en sports en bankette word met luidrigtigheid gevier; o hoe veel meer is die heidene getrou aan hullegeloof, wie spesiale voorsorg tref om niks ernstig van die Christene aan te neem nie.” (Tertulian, De Idolatria, c. 14, Vol. 1, bl. 682)

Man sweeping "the Law" under the rugDie stryd tussen die kerk van Rome en diegene wie geweier het om Paganisme te aanvaar, wie instede verkies het om op die feeste van Yahuwah te aanbid, het baie fel geraak. Eusebius, `n Roomse geskiedkundige en Biskop van Caesarea, het hom só oor die konflik uitgespreek:

“In daardie tyd het geen klein stryd kop uitgesteek omdat al die bisdomme van Asië dit as reg beskou het nie, soos deur die antieker tradisies, om die fees van die Heiland se pasga op die veertiende dag van die maan te vier, die dag waarop die Jode beveel was om die lam te slag.” (Eusebius, Church History, Hoofstuk XXIII.)

Apostoliese Christene, soos Polykarp en Polykrates wie direk deur die apostels onderrig was, het nog steeds die feeste onderhou, wie die valse paganistiese feeste geweier het.

Die groot dispuut tussen die kerke van Kleiner Asië en die res van die Christendom was of die pasga fees op die veertiende van Nissan [op die Bybelse kalender], gevier moet word, of op die Sondag van die opstandings fees, sonder die inagneming van die Joodse kronologie [tyd-houding]. Die Christene van Kleiner Asië, wat `n beroep gedoen het op die voorbeeld van die apostels, Johannes en Phillipus, en op die eenvormige gewoonte van die Kerk, het die Christen pasga altyd op die veertiende van Nisan gevier, op watter dag van die [paganistiese Juliaanse] week dit ookal geval het. .  .  . Die Roomse Kerk aan die ander kant, gevolg deur die res van die Christenheid, het die dood van Christus altyd op Vrydag gevier, en Sy opstanding op die Sondag wat volg ná volmaan van die lente-dag-en-nag-eweninge. ( Christian Classic Ethereal Library, voetnota # 1687 aan Eusebius, Church History Hfstk. XXIII.)

Dit was, in werklikheid, `n stryd van wanneer om te aanbid, en watter kalender om te gebruik om die dae van aanbidding te bereken. Satan, soos voorspel in Daniël, was van voorneme om die tyd en die wet te verander.

‘Hierdie stryd het vir byna twee eeue aangehou, totdat Konstantyn om die onthalwe van die Roomse biskoppe opgetree het, en die ander groep onwettig verklaar het.” ( R.L. Odom, Sunday in Roman Paganism, bl. 188.) 

Vir meer as `n duisend jaar, het die ekklesia van Skotland steeds op die sewende-dag Sabbat aanbid en die Pasga gevier op die antieke kalender van die Bybel.

Onder die invloed van die Rooms Katolieke koningin, het Skotland einde ten laaste haar reine geloof opgegee wat sy sedert apostoliese tye bewaar het, maar was een van die eerstes wat `n terugkeer na die waarheid omhels het tydens die Protestantse Reformasie.

Aanbidding op valse aanbiddings dae onteer die Skepper. Om te kleef aan paganistiese heilige dae en om te weier om die feeste van Yahuwah te vier, is `n oortreding van die geestelike wet.

Yahuwah het Sy wet vir die voordeel van Sy volk gegee. Almal wat die wet oortree, volg maar net in die voetspore van Israel van ouds soos hulle herhaaldelik geval het.

“En Ek het hulle My insettinge gegee en My verordeninge aan hulle bekend gemaak, wat die mens moet doen, dat hulle daardeur kan lewe. Daarby het Ek ook My Sabbatte gegee om `n teken te wees tussen My en hulle, dat hulle kan weet dat dit Ek, [Yahuwah] is wat hulle heilig.

“Maar die huis van Israel was wederstrewig teen My . . . hulle het in My insettinge nie gewandel nie en My verordeninge verwerp, wat die mens moet doen dat hy daardeur kan lewe, en My Sabbatte het hulle baie ontheilig.

“Maar Ek het aan hulle kinders gesê: . . . ‘Wandel nie in die insettinge van julle vaders nie en onderhou nie hulle verordeninge nie, en verontreinig julle nie met hulle drekgode nie. Ek is [Yahuwah julle Elohim]; wandel in My insettinge en onderhou My  verordeninge en doen dit. En heilig My Sabbatte, en hulle sal `n teken wees tussen My en julle, dat julle kan weet dat Ek [Yahuwah julle Elohim] is.’” (Esegiël 20: 11-13, 18-20, O.V.)

List of Leviticus 23 FeastsDie teken tussen Yahuwah en Sy volk is nie net die sewende-dag Sabbat nie. Ingesluit in hierdie teken is die viering van die feeste ook, wat `n deel uitmaak van die insettingswette. Hierdie feeste word uitgewys in Levitikus 23, met die heel eerste fees op die lys die sewende-dag Sabbat.

Dit is die aanbidding van die Skepper op AL Sy heilige byeenkomste wat die teken is tussen Hom en Sy kinders.

In hierdie laaste dae, doen Yahuwah `n beroep op almal om terug te keer na die ware aanbidding, op al Sy heilige dae: weeklikse Sabbatte, maandelikse Nuwe Mane en jaarlikse feeste. Diegene wie na Yahuwah terugkeer, deur Sy wet te onderhou, word `n baie mooie belofte gegee - die belofte van `n nuwe hart.

“En Ek sal julle `n nuwe hart gee en `n nuwe gees in julle binneste gee, en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle `n hart van vlees gee. En Ek sal My Gees in jul binneste gee en sal  maak dat julle in My insettinge wandel en My verordeninge onderhou en doen. (Esegiël 36:26, 27, O.V.)

Hierdie beloftes is aan almal wie die gebooie, verordeninge en insettinge van Yahuwah onderhou. Vir die volk wie “ in my verordeninge wandel en my insettinge onderhou en daarna handel” (Esegiël 37: 24)  

Yahuwah se belofte: “En Ek sal `n verbond van vrede met hulle sluit, dit sal `n ewige verbond met hulle wees; en Ek sal hulle daar bring en hulle vermenigvuldig; en Ek sal My heiligdom in hulle midde vestig vir ewig. En my tabernakel sal oor hulle wees, en Ek sal vir hulle `n God wees en hulle vir my `n volk wees.” (Esegiël 37: 26, 27)

In hierdie tyd dat waarhede herstel, herontdek word, waarsku Yahuwah Sy volk: “Dink aan die wet van Moses, my kneg, wat Ek hom bevel het op Horeb vir die hele Israel – insettinge en verordeninge.” (Maleági 4:4, O.V.)

Sit alle valse aanbiddingsdae en paganistiese feeste opsy. Bring ere aan jou Skepper deur Hom op al Sy heilige dae te aanbid, soos bereken deur Sy sisteem van tydhouding, die luni-solar kalender van die skepping.

WELGELUKSALIG is die opregtes van weg, wat in die wet van Yahuwah wandel. U het U bevele gegee om dit getrou te onderhou! Ek sal U insettinge onderhou. Yahuwah, leer my die weg van U insettinge, sodat ek dit tot die einde toe kan bewaar. Dan wil ek U wet altyd deur onderhou, vir ewig en altyd.  (Sien Psalm 119)