Print

ʼn 8 Dae Week? – Die Geskiedenis van die Juliaanse Kalender

Veronderstellings is gevaarlik – veral wanneer dit gemaak word op die gebied van godsdiens. As ʼn teologiese geloof gegrond is op ʼn verkeerde veronderstelling, sal die praktyk van geloof in verkeerdheid wees. Die mees algemene veronderstelling van die Christendom is dat Saterdag die Sabbat volgens die Skrif is, en dat Sondag die dag is waarop Christus opgestaan het. Hierdie geloof is gevestig op ʼn ander veronderstelling: dat die hedendaagse week se siklus ononderbroke was sedert die Skepping. Alhoewel, die feite van die Juliaanse kalender bewys dat hierdie veronderstellings vals is.

Die Juliaanse kalender was gevestig gedurende 45 v.C. Soos die kalender van die Romeinse Republiek vantevore, het die vroeë Juliaanse Kalender ʼn agt dae week gehad! Die dae van die week volgens die Republiek, en die vroeë Juliaanse kalender was die dae aangewys deur die letters van A tot H. Alle vroeë Juliaanse kalenders (fasti) wat vandag nog bestaan dateer vanaf 63 v.C. tot en met 37 n. C.

Vroeë Juliaanse Kalender

ʼn Week wat uit agt dae bestaan is duidelik waarneembaar op hierdie gedeeltes van klip.

 1st Century Julia1ste Eeu se Juliaanse Kalender met ʼn 8 – dae week

Die herkonstruksie van die Fasti Antiates, die eningste kalender van die Romeinse Republiek wat nog bestaan.1

Soos die Romeinse uitgebrei het, het dit in kontak gekom met Mithraïsme, wat vinnig ʼn gewilde godsdienstige kultus in Rome geword het. Mithraïsme het met hom meegebring ʼn sewe – dag week met die dae wat vernoem is na gode van die planete.

“Dit moet nie betwyfel word dat die verspreiding van die Iranse [Persiese] verborgenheid dit ʼn groot bydrae, en deel gevorm het in algemene aanvaarding van die heidene van ʼn week met Sondag as ʼn heiligedag. Die name wat ons gebruik, en onbewus van die ander ses dae, het in gebruik gekom op dieselfde tyd dat Mithraïsme sy volgelinge verkry het in die provinsies van die Weste, en daar moet nie haas wees vir die vasstelling van ʼn verwantskap van toeval tussen sy oorwinning en die meegaande verskynsel.” (Franz Cumont, Textes et Monuments Figures Relatifs aux Mysteres de Mithra, Vol. I, p. 112.)

“Die voorrang wat gegee is aan die dies Solis [dag van die Son] het verseker daartoe bygedra vir die algemene erkenning van Sondag as ʼn vakansiedag. Dit word verbind met die meer belangrike feit, naamlik vir die aanvaarding van die week deur al die Europese nasies.” (Franz Cumont, Astrology and Religion Among the Greeks and Romans, p. 163, emphasis supplied.)

Sondag kan nie die dag wees waarop Yahushua verrys het uit die dood, omdat Sondag nie bestaan het volgens die Juliaanse week van agt – daetydens Sy dae op aarde. Verder en meer kan dit nie die ware Sabbat van die Skrif wees, omdat die week van sewe – dae volgens die planete het oorspronklik begin op die dag van Saturnus!

Die Baddens van Titus, in Rome, was gebou gedurende 79 tot 81 n.C. ʼn Stok kalender was daar gevind wat duidelik Saturnus aandui, as die god van landbou, en as die god van die eerste dag van die week.

Romeinse Stok kalender volgens die Planete

Romeinse Stok kalender

Dies Solis, of die dag van die Son word aangedui as die tweede dag van die week. Luna die maan godin wat die sekelmaan dra as ʼn kroon dra, is die derde dag van die week. Die week eindig op die dag van Venus, wat ooreenstem met die hedendaagse Vrydag, wat die sewende –dag van die week was.

Die heidense week volgens die planete, soos die Juliaanse kalender wat aanvaar is, onherroeplik heidens. Historiese feite openbaar dat nie die Sabbat volgens die Skrif, of die Eerste Dag van die Skrif,nie gevind kan word deur die gebruik van die hedendaagse kalender. As die belangrik is om op ʼn bepaalde dag te aanbid, dan is dit ook belangrik om die ware kalender volgens die Skrif te gebruik, vir die berekening van daardie dag.

Die maan – son kalender vanaf die Skepping, gebruik beide die maan en die son, en is dit die enigste manier om die ware sewende – dag Sabbat, en die ware dag van Christus se opstanding vas te stel.

“Hy het die maan gemaak vir vaste tye.” Psalm 104 vers 19.

Seisoene2: mo’edim. Die aanbidding vergadering van Yahuwah se volgelinge.

Daar was twee kalenders beskikbaar aan die Israeliete gedurende die dae van Yahushua op aarde:

1. Die heidense, Juliaanse son kalender met sy agt – dae week;

2. Die Bybelse maan – son kalender die Hebreeuse kalender met ʼn sewende – dag week en ʼn weeklikse siklus wat hernu met elke nuwe maan.

Watter kalender dink jy het die Israeliete (en Yahushua) gebruik?

Die Skepper se Maan – Son Kalender

Die dag waarop jy aanbid, wys op watter kalender jy gebruik, en openbaar dit wie jy aanbid.


1 Palazzo Massimo Alle Terme, ed. Adriano La Regina, 1998.

2 ”Sedert die Joodse feestye plaas gevind met gereelde tussenposes, is hierdie woord opmerkbaar met hulle geïdentifiseer.... Mo’ed word in ʼn wye begrip gebruik vir alle godsdienstige vergaderings. Dit is was opmerkbaar verbind met die tabernakel... [ Yahuwah] het Israel daar op bepaalde tye ontmoet vir die doel om Sy wil aan hulle te openbaar. Dit is ʼn algemene benaming vir die aanbidding byeenkoms van ..... [Yahuwah] se mense.” (Lees #4150, "Lexical Aids to the Old Testament," Hebrew-Greek Key Word Study Bible, KJV.)


Verwante Inhoud: