Print

Aaneenlopende Weeklikse Siklus Vals Bewys

Moderne Sabbatariërs dring daarop aan dat Saterdag die Sabbat van die Bybel is omdat hulle glo dat die sewe-dae week sonder onderbreking sedert die Skepping gesirkuleer het. Een rede vir hierdie oortuiging is die feit toe die Juliaanse kalender in 1582 verander is na die Gregoriaanse kalender, daar geen dae van die week verlore gegaan het nie. Donderdag, Oktober 4, 1582, op die Juliaanse kalender was deur Vrydag, Oktober 15, van die Gregoriaanse kalender gevolg. Daarom, word dit veronderstel, het geen dae “verlore” gegaan  met die kalender hervorning van die Juliaanse na die Gregoriaanse nie, en is die moderne week identies aan die Bybelse week.   

Die veronderstelling is verkeerd bewys in die historiese feite van die Juliaanse kalender self. Die kalender van die Romeinse Republiek, nes die van alle antieke kalenders, was oorspronklik gebaseer op die maan siklusse. Paganistiese Roomse priesters, bekend as pouse, het die kalender beheer deur die begin van die maande aan te kondig.  

bust of julius caesar
Julius Cæsar

Hierdie pouse, wie ook politieke ampte kon hê, het die kalender skaamteloos gemanipuleer weens politieke redes, deur ekstra maande in te reken om gewilde politici langer in hul ampte te hou of, andersom, om nodige interberekeninge uit te los net om die tydperke van politieke opponente te verkort. Teen hierdie tyd van Julius Caesar, was die datums van die kalender heeltemal uit lyn met die seisoene. Julius Caesar het sy reg1 as pontifex maximus2, hoë priester, uitgeoefen en  hervorming ingebring wat `n moeisame en onakkurate berekening van tyd geword het.

In die mid-1ste eeu v.C. het Julius Caesar, Sosigenes, `n Alexandriese ruimtewetenskaplike uitgenooi, om hom van advies te bedien omtrent die kalender hervorming, en Sosigenes het besluit dat die enigste praktiese stap was om die lunar-solar kalender heeltemal te verwerp. Maande moet op `n seisoenale basis ingerig word, en dat `n tropiese (solar) jaar gebruik moes word, soos in die Egiptiese kalender. . .3

Neem notisie dat Sosigenes se groot uitvinding was om die maan kalender berekening te verwerp.

Die groot moeilikheid wat enige [kalender] hervorming in die gesig staar, was dat daar geen manier blyk te wees wat `n verandering sou toelaat wat die maande steeds in lyn sal hê met die fases van die Maan en die jaar met die seisoene nie. Dit was nodig om `n fundamentele breek te maak met tradisionele bereken om `n effektiewe seisoenale kalender te bedink.4

Om die nuwe kalender terug in lyn te bring met die seisoene vereis die inter-berekening van 90 dae aan die jaar, wat vir ewig daarna as die Jaar van Verwarring bekend geword het. Maar die Juliaanse kalender van 45 v.C., selfs die Juliaanse kalender in die dae van Christus, het nie soos die Juliaanse kalender gelyk toe Pous Gregorius XIII dit verbeter het nie, en het dus nie soos die Gregoriaanse kalender van vandag gelyk nie. Daar was geen Saterdag (of sewende-dag Sabbat aan die einde van die week) op die oorspronklike Juliaanse kalender nie.

 Die Juliaanse kalender, nes die kalender van die Republiek voor dit, het oorspronklik `n agt dae siklus gehad. Elke agste dag was `n nundinae, of mark dag. Die kalenders was nie opgestel in roosters soos die hedendaagse kalenders nie, maar die datums was in kolomme gelys. Byvoorbeeld, Januarie het met dag “A” begin en sou vorder deur die loop van die ag dae van die week (A tot H), wat die maand laat eindig met dag “E”.

Anders as die Hebreeuse kalender, het die Romeinse kalender `n aaneenlopende weeklikse siklus regdeur die jaar gehad, met `n bietjie verstelling aan die einde van die jaar. Omdat Januarie eindig op dag “E”, sal Februarie begin op dag “F”. Net so eindig Februarie op dag “A” met Maart wat met dag “B” begin:

A k Jan F k Feb B k Mrt
B G C
C H D
D A E
E, ens. B, ens. F, ens.

Hieronder is `n herkonstruksie van die Fasti Antiates, `n pre-Juliaanse kalender wat dateer uit die 60`s v.C. ontdek in die terrein van Nero se villa in Antium. Die letters A was in rooi geverf om die begin van die week aan te dui.

roman republic calendar
`n Herkonstruksie van Fasti Antiates, die enigste kalender van die Romeinse Republiek steeds in aansyn.5

Daar is 13 kolomme. Januarie, aan die linkerkant, begin op dag “A” en eindig met dag “E”. Aan die onderkant van elke kolom is groot Romeinse syfers wat die getal dae vir daardie maand aandui. Die ver regterhandse kolom is die 13de, interberekende maand. Bykomende letters verskyn langs die weeks dag letters. Dít was `n aanduiding van watter soort besigheid op daardie dag gedoen kan word en wat nie. `n “K” was langs die eerste letter van elke maand geverf. Dit het gestaan vir kalendæ.6

Dit is belangrik om te onthou dat die Bybelse week as `n indiwiduele tyd eenheid soos gedefinieer in Genesis 1,  uit net sewe dae bestaan het: ses werksdae wat gevolg is deur `n Sabbat dag rus op die laaste dag van die week. Die agt dae siklus van die Juliaanse kalender was in die dae van Christus in gebruik. Nogtans sou die Jode nie die sewende-dag Sabbat op die agt-dae weeklikse siklus van die Juliaanse kalender gehou het nie. Dit sou vir hulle afgodediens wees. 

`n Voorbeeld van `n Juliaanse kalender wat dateer uit die tyd van Augustus7 (63 v.C. – A.D. 14) tot by Tiberius8 (42 v.C. – A.D. 37), stone julian 8-day calendar, continuous weekly cylce proven falseis op hierdie brokstukke bewaar. Die agt-dae week is duidelik daarop sigbaar. 

`n Latere sewe-dae week Juliaanse kalender, soos te siene in die volgende skets van `n stok kalender wat ontdek is by die baddens van Titus (gebou 79 – 81 A.D.), verskaf verdere bewyse dat die Bybelse Sabbat nooit gevind kan word met die gebruik van die Juliaanse kalender nie. Die middelste sirkel bevat die twaalf tekens van die sodiak wat korrespondeer met die 12 maande van die jaar. Die Romeinse syfers aan die linker en regter kant is `n aanduiding van die dae van die maand. Oor die bokant van die stok kalender verskyn die sewe planetêre gode van die paganistiese Romeine.9

planetary god stick calendar

Saterdag (of dies Saturni – die dag van die Saturnus)10 was die eerste dag van die week, nie die sewende nie. As die god van landbou, kan hy in sy voortreflike posisie van belang gesien word, simbool in die hand, `n sekel. Volgende op die tweede dag van die paganistiese planetêre week, verskyn die songod met ligstrale wat van sy hoof uitstraal. Die tweede dag van die week was uit oorsprong dies Solis (dag van die Son - Sondag). Die derde dag van die week wys die maan godin, met die gehoringde sekel maan as haar kroon op haar hoof. Haar dag was diesLunæ (dag van die Maan - Maandag). Die res van die dae was verteenwoordig deur ander planetêre gode, wat eindig met dies Veneris (dag van Venus, wat in Noord Europese tale verander was na `n Noorse godin en Friga se dag, of Vrydag geword het.)11

Omdat die hele wêreld die Gregoriaanse kalender vir honderde jare gebruik het, is dit `n dikwelse misgekykte feit dat in die verlede, nie net verskeie lande verskillende kalenders gebruik het nie, maar daar was ook gebieds verskille binne-in indiwiduele lande. Alhoewel die sewe-dae week populariteit in Rome verkry het met die opkoms van die kulte van Mithras, het dit nie amptelik geword totdat Konstantyn die week tydens die Raadsitting van Nicene gestandaardiseer het nie.12

In die lig van hierdie feite, is dit logies om te veronderstel dat die Gregoriaanse Saterdag die Bybelse Sabbat van die Skepping is. Dit is waar dat die Juliaanse kalender getransmuteer het na die Gregoriaanse kalender sonder enige verlies van dae. Maar, dit is ook waar dat die Gregoriaanse kalender, nes die Juliaanse kalender voor dit, geheel en al gebaseer is op `n paganistiese stelsel van kalender berekening. 

christopher clavius
Christopher Clavius (1538-1612)

Jesuïete ruimte wetenskaplike, Christopher Clavius, het bevestig dat die Juliaanse kalender in suiwere paganisme gewortel is en dat dit hoegenaamd geen bande met die Bybelse kalender berekening het nie. Clavius is wêreld bekend as die argitek van die moderne Gregoriaanse kalender. Omdat die Juliaanse kalender net `n bietjie te lank is, het die lente-dag-en-nag-eweninge, teen die 16de eeu, nie meer langer op die datum waarop dit willekeurig in die derde eeu aangedui is, geval nie: Maart 21. Pous Gregorius XIII het Clavius die taak van kalender hervorming opgelê om die lente-dag-en-nag-eweninge na Maart terug te bring.13

In sy boek, Romani Calendarii A Gregorio XIII P.M. Restituti Explicato, maak Clavius bekend dat toe die Juliaanse kalender die ekklesiastiese kalender van die Kerk by die Raadsitting van Nicene gemaak is, het die Kerk opsetlik die Bybelse kalendasie verwerp en instede daarvan die paganistiese kalendasie aangeneem. In verwysing na die verskillende stelsels van kalender berekening gebruik om die Bybelse Pasga vas te stel teenoor die paganistiese plaasvervanger van Paasfees het Clavius gesê: “Die Katolieke Kerk het nooit die [Joodse] gebruik van die viering van die Pasga gebruik nie, maar het altyd in haar viering die beweging van die maan en son dopgehou, en dit was dus so geheilig deur die aller-oudste en allerheiligste Bisdomme van Rome, maar ook bevestig deur die eerste Raadsitting van Nicene.”14 Die Bisdomme waarna hy verwys is die antieke priesters van paganistiese Rome.    

Hedendaagse Christene het van die veronderstelling uitgegaan dat die Gregoriaanse Saterdag die Bybelse Sabbat is. Maar Christene wie geleef het in die tyd toe die Juliaanse kalender siviele wetgewing afgeforseer was het geen twyfel of verwarring oor die aangeleentheid gehad nie: die “Sabbat” was bereken volgens die Bybelse luni-solar kalender; die “dag van die Here” (Sondag) volgens die paganistiese solar kalender. Nes David Kapersky opgelet het, “Dit was nie meer moontlik onder Konstantyn om die ou kalender toe te pas nie.”15Maar, Apostoliese Christene het nie aan die nuwe wetgewing gehoor gegee nie.

In elke tree in die weg van die afvalligheid, in elke stap geneem in die aanvaarding van die vorme van sonaanbidding, en teen die aanvaarding van aanbidding van Sondag self, was daar `n voortdurende protes deur alle ware Christene. Diegene wie aan Christus en aan die waarheid van die reine woord van [Yahuwah] getrou gebly het,  het die Sabbat van die [Meester] volgens die gebod onderhou, en volgens die woord van [Yahuwah], die Skepper van die hemel en die aarde, word onderskei van alle ander [gode]. Hulle protesteer vervolgens teen elke fase en vorm van son aanbidding. Andere, veral in die ooste, het gekompromiteer, deur beide die Sabbat en Sondag te onderhou. Maar in die Weste onder Romeinse invloed en onder die leierskap van die kerk en die bisdomme van Rome, was Sondag alleen aangeneem en onderhou.16  

Die Raadsitting van Nicene  (A.D. 321-324)  het die Bybelse luni-solar kalender vir ekklesiastiese gebruik verban, en die Juliaanse kalender daarmee vervang, wat aanbeveel dat mense orals moet “hulde bring”17 aan die dag van die Son.18  Sommige het begin toegewings maak. Hoewel baie Christene steeds vasgehou het aan die oorspronklike Sabbat volgens die luni-solar kalender, het andere, met die rabbynse Jode, die sewende dag van die Juliaanse kalender: Saterdag onderhou. Steeds het andere Saterdag sowel as Sondag onderhou. Dit het nie die kerk van Rome tevrede gestel nie. Sy wou hê dat almal uitsluitlik op Sondag met aanbid. Toe die uitvaardiging van Nicene nie die verlangde effek op die volk gehad het nie, was die Raadsitting van Nicene byna 40 jaar later byeengeroep om die aanvaarding van “die dag van die Here” af te dwing in die plek van die Bybelse lunar Sabbat.

Dat sy haar oorspronklike ideale bereik, het dit nou vir die kerk nodig geraak om wetgewing te verseker wat alle vrystellings uitwis, en die onderhouding van die Sabbat verbied om die magtige protes [teen aanbidding van Sondag] uit  te blus. En nou … die “ware goddelike bevel” van Konstantyn en die Raadsitting van Nicene dat “niks in gemeen met die Jode” gehou moet word nie, was die grondslag van die wetlike gesag gemaak, om die onderhouding van die Sabbat van die [Meester] in totaliteit uit te wis, om die viering van Sondag instede daarvan te bevestig.19

Kerkreël 29 van die Raadsitting van Laodicea het aanbeveel dat: “Christene sal nie ver-Joods en rustend op die Sabbat wees nie, maar sal op daardie dag werk; maar die dag van die Here sal hulle spesiaal huldig, en, as Christene, indien moontlik, nie op daardie dag moet werk nie. Maar as gevind word dat hulle Joods-gesind is, sal hulle van Christus verband word.”

Dit is belangrik om te weet dat die woord “Saterdag” aan die Engelse vertaling gevoeg is. Volgens Katolieke biskop, Karl J. Hefele se History of the Councils of the Church from the Original Documents, is die woord wat gebruik was eintlik “Sabbat” in beide die Grieks en Latyns en die woord anathema” (vervloekte) in die plek van “uit geban”. Die Latynse weergawe bevat nie enige verwysings na dies Saturni (Saterdag) nie maar gebruik instede Sabbato, of “Sabbat”:

Quod non oportet Christianos Judaizere et otiare in Sabbato, sed operari in eodem die. Preferentes autem in veneratione Dominicum diem si vacre voluerint, ut Christiani hoc faciat; quod si reperti fuerint Judaizere Anathema sint a Christo.

Slegs in onlangse jare, namate historiese feite vergeet was, was Saterdag as die Bybelse Sabbat veronderstel. Toe die Juliaanse kalender op die Christene afgedwing was vir geestelike gebruik, het niemand in daardie tyd dies Saturni met Sabbato verwar nie.

`n Paar dae voor Sy dood, het Christus `n diepsinnige stelling gemaak wat oorpeins moet word in die konteks van die kwessie oor die ware kalender teenoor die valse kalenders. Daarop sê Hy vir hulle: “Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan Yahuwah wat Yahuwah toekom.”21 Hier het Christus `n belangrike beginsel ingestel wat elke area in die lewe moet regeer. Aanbidding hoort nie aan die Keiser nie. Dit is  kom die Skepper  alleen toe.

`n Spreekwoord van ouds sê: “Hy wie die kalender beheer, beheer die wêreld.” Wie heers oor jou? Die dag waarop jy aanbid, bereken deur die kalender wat jy gebruik, openbaar watter Godheid/godheid in beheer van jou lewe is. Aanbidding op die ware Sabbat is `n teken van lojaliteit aan ons Skepper. Slegs die Skepper, die Een in beheer van die son, maan en die sterre, Sy kalender, het die reg om Sy volk te vertel wanneer om te aanbid, deur die deug van daardie reg, om daardie aanbidding te ontvang. 

 __________________________________________________________________

Verwante Inhoud:


1 Julius Cæsar was verkies as Pontifex Maximus in 63 V.C. (James Evans, "Calendars and Time Reckoning," The History and Practice of Ancient Astronomy, Oxford University Press, 1998, bl. 165.)
2 "Pontifex Maximus" is nou `n titel uitsluitlik vir die pous. Dit is baie toepaslik omdat die Gregoriaanse kalender wat tans in gebruik is, beide paganisties en pouslik is, wat gebaseer is op die paganistiese Juliaanse kalender en verbeter is deur, en vernoem is, na `n pous.   .
3 "The Julian Calendar", Encyclopedia Britannica.
4 Ibidem klem voorsien.
5 Palazzo Massimo Alle Terme, ed. Adriano La Regina, 1998.
6 "Calendar," Encyclopedia Britannica aanlyn.
7 Keiser Augustus, eerste Romeinse Keiser, wat in die Bybel vermeld is. Sy belastings aanvraag het gemaak dat Maria en Josef na Bethlehem moes kom. Sien Lukas 2:1.
8 Tiberius volg Augustus in 14 A.D op., aftrede in 35 A.D. (Historic Figures, www.BBC.co.uk/history.)
9 Die sewe-dae planetêre week was aangeneem in die paganistiese kalender met die opkoms van die kultus van  Mithras. (Sien Sunday in Roman Paganism, by R. L. Odom, Review & Herald Publ. Assoc., 1945.) Die planetêre gode het dus `n permanente deel van `n Juliaanse kalendasie en paganistiese Romeinse kultuur geraak.
10 Vir verdere informasie oor die oorspronklike planetêre week sien,How Did Sunday Get It’s Name?, deur  R. L. Odom, by www.4angelspublications.com/books.php. Kopiereg, 1972, deur Southern Publishing Assoc., gebruik met toestemming.
11 J. Bosworth and T. N. Toller, Frig-dæg, An Anglo-Saxon Dictionary, 1898, bl.337, beskikbaar gemaak deur die  Germanic Lexicon Project. Sien ook "Friday" in Webster’s New Universal Unabridged Dictionary, 2de uitgawe, 1983.
12 Sien R. L. Odom’s "The Planetary Week in the First Century A.D.", Sunday Sacredness in Roman Paganism, Review and Herald Publish Assoc., 1944.
13 "Toe Gregorius XIII die kalender hervorm het, was die verstellings so gemaak dat die lente eweninge die posisie vul aan hulle toevertrou in die Paasfees tabelle, viz, Maart 21. "Hierdie tablette dateer ,,,, omtrent uit die derde eeu, Die belangrike punt is dat hierdie verstelling die lente eweninge op `n datum plaas wat suiwer willekeurig is en nie noodwendig verwant is aan die datum waarop die ewening val nie toe die hersiening van die kalender deur Julius Ceasar gemaak was (Brief van Dr. H. Spencer-Jones, Astronomer Royal, Royal Observatory, Greenwich, London, aan Grace Amadon, gedateer Des. 28, 1938, Versamel 154, Bus 1, Lêer 4, Center for Adventist Research, Andrews University, klem voorsien.
14 Christopher Clavius, Romani Calendarii A Gregorio XIII P.M. Restituti Explicato, bl. 54, soos aangehaal uit  "Report of Committee on Historical Basis, Involvement, and Validity of the October 22, 1844, Position", Deel V, Afd. B, bl. 18, Versameling 154, Center for Adventist Research, Andrews University.
15 Astronomical Origin of Jewish Chronology, Parys, 1913, bl. 651.
16 A. T. Jones, The Two Republics, A. B. Publishing, Inc., 1891, bl. 320-321.
17 Eerbiedig: "Om met diepe respek en eerbied te aanskou:…om as heilig aan te sien.”  Webster’s New Universal Unabridged Dictionary, 2de uitgawe, 1983.
18 "Konstantyn, Keiser  Augustus, aan Helpidius: "Op die  eerbiedige dag van die son laat al die magistrate en die volk wie in die stede woon rus, en laat alle aanbiddings gesluit wees. Maar in die landelike gebiede, mag persone betrokke by landbou vryelik en wettig hulle bedrywighede uitvoer; omdat dit so dikwels gebeur dat `n ander dag nie so gepasd is vir graan saaiery  of vir die plant van `n wingerd nie, tensy deur die vernalatiging van die geskikte oomblik vir sulke operasies die oorvloed van die hemel verloor sou word.  P. Schaff se vertaling, History of the Christian Church, Deel III, bl. 75.
19 A. T. Jones, The Two Republics, A. B. Publishing, Inc., 1891, p. 321, klem voorsien.
20 Karl Josef von Hefele (1809-1893), Is `n uitstekende gesaghebbende op die oorspronklike woordkeuse wat in die Raadsitting van Laodicea gebruik was. `n Duitse geletterde, teoloog en professor van Kerk geskiedenis, opleiding ontvang te T?bingen Universiteit, en later biskop van Rottenburg, het toegang tot die Vatikaan argiewe en oorspronklike dokumente gehad.
21 Sien  Matthéüs 22:21.