Print

Die Dag van die Nuwemaan: ʼn Geskenk van die Skepper

Yahuwah is bekend met die behoeftes van Sy skepsele. Deur Sy liefde, het Hy afsonderlik voorsien vir elkeen. Yahuwah weet dat die mens nie aanhoudend kan werk sonder enige onderbreking. Deur ons swakheid te ken, en ons behoefte aan rus, en ook ons behoefte om gehoorsaam te wees, het Hy aan verdeling van tyd voorsien, Die kortste verdeling van tyd is die DAG/Nag siklus, wat verdeel word deur daglig en duisternis. Die volgende verdeling was die WEEK en die MAAND en wat regeer word die OMWENTELING van die maan. Na dit volg die vier SEISOENE, en die somer en die winter sonstilstandpunt, en die lente en herfs eweninge wat die JAAR volgens die son verdeel. Hierdie verdelings van tyd buite die bereik van die hande van die mens, en is dit onder die direkte beheer van Skepper en word dit beheer deur die hemelse liggame.

son,maan,en sterre“En [Elohim] het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.....En dit was so. (Genesis 1 vers 14 en 15.)

Elke maansomwenteling was verdeel deur vier Sabbatte – ses dae van werk en op die sewende dag te rus.

Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die sabbat van Yahuwah jou Eloah......

Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die Here die sabbatdag geseën en dit geheilig. (Lees Eksodus 20 verse 8 tot 11.)

Yahuwah is lief vir vryheid en begeer dit ook vir al Sy kinders. Hy het die maanomwenteling gelas, en dat  die maand verdeel word deur vier Sabbatte, maar het Hy die verdeling daarvan gelaat het in die in die hande van die mens om hulle trou tot die Elohim van die Hemel te bewys, en hulle gehoorsaamheid aan die 4de gebod. Terwyl die Sabbat rofweg die fases van die maan volg, dit nie duidelik ʼn onderskeidende verdeling van tyd is soos die dae van die maand.  Yahuwah het verkies om dit minder beskrywend te maak, en die gee van die geleentheid aan die mens om gehoorsaam of om ongehoorsaam te wees, afhangende wat in sy hart is om te doen.

Diegene wat lief is vir hulle Skepper en daarna streef om Hom te aanbid op die sewende dag van die week. Is hulle maansomloop onderverdeel in vier sewe dae weke, met ʼn “verplasing” van ʼn dag gedurende ʼn maand van 30 dae. Diegene wat wens om in opstand te kom teenoor hierdie duidelike goddelike bevel word die vryheid vergun om dit te doen. ʼn 30 dae maansomwenteling kan verdeel word in drie tiendae weke, soos wat gedoen is met die kalender van die Franse Republiek vanaf 1793 tot 1806, toe die regering daarna gestreef het om Frankryk te ontkersten deur weg te beweeg vanaf ʼn sewedaagse week. Dit kan ook verdeel word in ses weke, elkeen met  ʼn week van vyf dae.    

Aanbidding op die sewende – dag van ʼn week, volgens ʼn sewedaagse week, en volgens die son – maan kalender is ʼn teken van trou aan die Skepper. Dit erken Hom as die Lewe en Wetgewer aan wie, gehoorsaamheid, liefde en toegewydheid verskuldig is. Die geestelike doel vir die verdeling van tyd is om tyd toe te laat vir selfondersoek. Elke sewende –dag Sabbat bring jou van aangesig tot aangesig met die heiligheid van Yahuwah. Dit staan in sterk kontras van jou eie mislukkings en onvolmaaktheid. In die aangesig van die goddelike heiligheid, roep die belydende sondaar:

“Wee my, ek is verlore! Want ek is ’n man onrein van lippe en woon onder ’n volk wat onrein van lippe is; want my oë het die Koning, [Yahuwah] van die leërskare, gesien!” (Jesaja 6 vers 5.)

ʼn Bykomende aanbiddingsdag was gegee met elke maansomloop sodat ʼn persoon kan ondersoek waar hy misluk het in die afgelope maansomloop, en om voornemings te maak vir die komende maansomloop. Hierdie aanbiddingsdag is die Dag van die Nuwemaan, Maan – Son Kalender wat die Dag van die Nuwemaan en Sabbatte aanduien is dit die eerste dag van die Maan – Son kalender, en dui dit die Dag van die Nuwemaan aan, asook die Sabbatte van elke maand, en is dit voor die aanvang van die werksweek wat op die tweede dag van die maand begin. Die Dag van die Nuwemaan is ʼn tyd om te na te dink, en om jou geestelike status te oorweeg. Hoe dit gegaan het tydens die maansomloop wat verby is? Wat om verskillend te doen, en om my wil en my lewe ooreenkomstig die wil van die Skepper te bring? Dit is ʼn tyd om vergiffenis te vra vir die mislukkings van die verlede, en hulp vir die komende maand. ʼn Gebedsdagboek kan baie handig wees, wanneer die elke Nuwemaan opgedateer word. Mense maak nuwe voornemings maar selde word dit onderhou meer as een of twee maande. Yahuwah verstaan hierdie menslike mislukkings, en gee aan ons die geleentheid om ons voornemings te verfyn en te op te rig vir elke nuwe maand.  

Die hedendaagse Gregoriaanse kalender, soos die Juliaanse kalender voorheen, het bestaan uit maande wat heeltemal geskei is van die siklus van die maan. Sodoende, bestaan daar nie Dae van die Nuwemaan in hierdie alternatiewe metode van tydmeting.  Alhoewel, dit nie enige iemand verskoon om terug te keer om Yahuwah te aanbid op die Dae van die Nuwemaan.

“Die Nuwemaan bestaan steeds, asook die oorspronklike Sabbat wat afhanklik is van die maan se siklus... Oorspronklik, was die Dag van die Nuwemaan gevier op dieselfde manier as die Sabbat, geleidelik het dit minder belangrik geword terwyl die Sabbat meer ʼn dag van godsdiens en humanisme, en godsdienstige oordenking en onderrig geword het, en vir vrede en genot vir die siel.” (Universal Jewish Encyclopedia, "Holidays," bladsy 410.)

Die Nuwemane is ʼn groep van aanbiddingdae op hulle eie. Dit was tye van danksegging en vreugde oor die Hemel se goedertierenheid. In die outyd was hulle dae van fees viering ook. Die verbod van kook op Sabbatte was die van toepassing op die Dae van die Nuwemaan, en toegewyde Israeliete wat gevas het op ander dae, het nooit gevas gedurende die Nuwemaan.  Werk vir Yahuwah kan gedoen word op die Nuwemaan. Nadat die Tabernakel opgerig was in die Woestyn, het Moses al die uiteenlopende onderdele gemonteer op die Dae van die Nuwemaan.

“En in die eerste maand, in die tweede jaar, op die eerste van die maand, is die tabernakel opgerig. En Moses het die tabernakel opgerig: hy het sy voetstukke neergesit en sy style daarop gesit en sy dwarshoute vasgemaak en sy pilare opgerig. En hy het die tentseil oor die tabernakel gespan en die dekkleed van die tent daar bo-oor getrek, soos die Here Moses beveel het.” (Eksodus 40 verse 17 tot 19.)

twee mense wat geld ruil (ʼn besigheidstransaksie)

Geen inkomste uit handel was gedoen op die Dag van die Nuwemaan.

Alhoewel, geen besigheid gedoen moes word.  Het die wantrouige hart nooit die waardering gehad vir die geleenthede wat die Hemel voorsien het om tyd saam met die Skepper te spandeer.  Eeue later, het die opstandige Israel gemurmureer oor die “verlore” besigheid en geleenthede as die Sabatte en Nuwemane aanbreek.  

“deur te sê: Wanneer is die nuwemaan verby, sodat ons koring kan verkoop, en die sabbat, sodat ons die graanskuur kan oopsluit — om die efa te verklein en die sikkel te vergroot en bedrieglik te handel met ’n valse weegskaal; om die armes vir geld te koop en die behoeftige vir ’n paar skoene; ook die afval van die koring sal ons verkoop.” (Amos 8 vers 5 en 6.)

Sulke gedrag is hoogverraad teenoor die regering van die Hemel. Die dae van die Nuwemaan, ssos die sewende – dag- Sabbatte, is tye van heilige byeenkomste, en deur die verwerping van hierdie heilige dae was dit ʼn direkte oorsaak vir omverwerping van Israel deur Assirië. Verklaar die volgende teks verse:   

“[Yahuwah] het gesweer by die hoogheid van Jakob: Gewis, Ek sal in ewigheid nie een van hulle werke vergeet nie. Moet hieroor die aarde nie bewe en elke inwoner daarvan nie treur nie?” (Amos 8 verse 7 en 8.)

Terwyl Yahuwah in genade met tye Sy “oë sluit” vir ons onkunde en onwetendheid oor ons ongehoorsaamheid, en dit nie gesien word vir die opstandigheid wat dit is. Israel se aanbidding het ontaard wat ook al in ʼn vorm van geen geestelike waarde. 

Yahuwah het Israel se aanbidding verwerp, en verklaar:

“Ek haat, Ek versmaad julle feeste en het geen welgevalle aan julle feestye nie. Want al bring julle vir My brandoffers saam met julle spysoffers, Ek het daar geen welbehae in nie, en die dankoffer van julle vetgemaakte kalwers sien Ek nie met welgevalle aan nie. Verwyder van My die geraas van jou liedere! En na die geluid van jou harpe wil Ek nie luister nie.” (Amos 5 verse 21 tot 23.)

While Israel went through the motions of worshipping Yahuwah, they were, in fact, honoring Saturn as had their forefathers in the Wilderness at the Golden Calf.  Yahuwah demanded:

Terwyl Israel besig was in die in die deelneming vir die aanbidding van Yahuwah, was hulle vir die feit besig om Saturnus te vereer, net soos hulle voorvader gedoen het in die Woestyn  met die aanbiiding van die Goue kalf. Yahuwah het beveel:

“Het julle aan My slagoffers en spysoffers gebring veertig jaar lank in die woestyn, o huis van Israel, en ook gedra Sakkut, julle koning, en Kewan, julle beelde, julle stergod wat julle vir julle gemaak het? Daarom sal Ek julle anderkant Damaskus in ballingskap wegvoer, sê [Yahuwah] wie se Naam [Yahuwah] van die leërskare is.” (Amos 5 verse 25 tot 27)

Kewan – “Is die ander vir die god Saturnus.” (The New Strong’s Exhaustive Concordance of the Bible.)

meisie wat weier om na die Bybel te kyk saam met haar familie

Dit is tragies, dat so baie belydende Christene vandag die toenemende lig verwerp oor Yahuwah se heilige kalender.

Dit is tragies dat baie belydende Christene vandag die toenemende lig oor Yahuwah se heilige kalender verwerp.

Ou Israel, soos die hedendaagse geestelike Israel, verwerp Yahuwah se Dae van die Nuwemaan en keer terug in aanbidding op die dag van Saturnus, of Saterdag.

“Gebede aan die planete op hulle bepaalde dae was deel van die aanbidding van hemelse liggaame.” (R. L. Odom, Sunday in Roman Paganism, bladsy. 158)

Sulke aanbidding is nie aanvaarbaar vir Yahuwah. In Amos reg nadat hy hulle veroordeel het vir die aanbidding van Saturnus, verklaar Yahuwah: 

“WEE die gerustes in Sion en die sorgelose op die berg van Samaría... julle wat die dag van onheil veraf stel en die setel van geweld nader skuiwe! Daarom sal hulle nou op die voorpunt van die ballinge in ballingskap gaan.....[Yahuwah] die Elohim het by Homself gesweer...Ek het ’n afsku van die trotsheid van Jakob en haat..... lewer Ek die stad oor en al wat daarin is.” (Amos 6 vers 1 en 3 en 7 en 8)

Dieselfde lot wag op almal wat vaskleefaan die aanbidding op Saterdag van die hedendaagse namaaksel van ʼn kalender, en wat nie ag slaan op die plig om die Sabbatte en die Dae Nuwemane te onderhou volgens die Bybelse maan – son kalender.

Aanbidding op AL die Sabbatte, of rus dae van Yahuwah, is die onderskeidende merk wat Sy mense afsonderlik maak.

“Daarby het Ek ook my sabbatte aan hulle gegee om ’n teken te wees tussen My en hulle, dat hulle kan weet dat dit Ek, [Yahuwa,} is wat hulle heilig.” (Esegiël 20 vers 12.)

Inderdaad, deur terug te keer na die aanbidding van die Skepper op Sabbatte en die Dag van die Nuwemaan sal dit een van die vreugdes wees van die Verlostes op die nuwe aarde en regdeur tot in alle ewigheid.


Isaiah 66:22-23

Verbind jou nou om Yahuwah te aanbid op al Sy heilige rusdae, Sabbatte, en Dae van die Nuwemaan en jaarlikse feeste. Ongekende vreugde wag op diegene wat gemeenskap soek met Hom in wie alle volheid van die Lewe woon.

Verwante Inhoud: