Print

Die Duisternis Verdryf: Wanneer Begin die Dag?

Satan, Yahuwah se vyand, het die aanbidding gesteel wat aan die Skepper behoort deur die verandering van die kalender wat gebruik was om die sewende – dag Sabbat aan te dui.  Hy het self ook verander wanneer ʼn dag begin!  Die hedendaagse “dag” begin met middernag.  Die Jode en Saterdag – sabbatariërs begin hulle Sabbat Vrydagaand met sonsondergang.  Alhoewel, die Skrif dit openbaar wanneer die dag begin en is dit nie een van beide ook nie middernag, en ook nie met sonsondergang.  

Die dag begin met sonsopkoms, en eindig met skemer.  Die nag word regeer deur die maan en die sterre, vandaar wat die dag begin wanneer die sterre verdwyn – voor die werklike sonsopkoms en eindig wanneer hulle te voorskyn kom na sonsondergang.

“Die maan en sterre om te heers oor die nag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.” (Psalm 136 vers 9.)

“So sê die Yahuwah wat die son gee tot ‘n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot ‘n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, Yahuwah van die leërskare is sy Naam.” (Jeremiah 31 vers 35.)

Die nag begin teen sononder en eindig teen dagbreek. ʼn Kalender datum is nie sinoniem met 'n dag. In teenstelling 'n kalender datum sluit beide die dag en die nag in, maar begin dit ook  teen dagbreek. 'n Dag is net die eerste helfte van die kalender datum terwyl die nag is die tweede helfte is.

spiral clockDie Skepping week het begin toe die Skepper het gesê: "Laat daar lig wees!" Die eerste dag van die eerste week van hierdie wêreld het begin met die skepping van die lig.

“En Yahuwah het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis;  en Yahuwah het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag. (Lees Genesis 1 verse 4 tot 5.)

Toe Yahuwah die lig van die duisternis geskei het, het Hy die lig “Dag” genoem en het Hy dit begrens dat die “dag” bestaan uit, vir sowel as beide die aand en die môre:

“En dit was aand en dit was môre, die eerste dag. (Genesis 1 vers 5.)

Toe Moses die boek van Genesis geskrywe het, was daar nie ʼn gebrek aan die gebruik van die woord “nag.” In Genesis verduidelik hy die dag wat insluit beide die oorgangs tye van die aand en die môre. As die dag sou begin het met middernag of met sonsondergang, sou Moses nie geskrywe het dat die aand en môre tesame ʼn gedeelte is van ʼn dag.  

Levitikus 23 vers 32 is die hoof teks gedeelte van die Bybel wat gebruik word vir die ondersteuning van ʼn dag met sonsondergang:

“Op die negende van die maand in die aand, van aand tot aand, moet julle jul sabbat hou.” (Levitikus 23 vers 32b.)

Wanneer die teks in verband gelees word, en alhoewel dit duidelik word dat dit nie toegepas kan word tot elke dag of self tot die sewende – dag Sabbat.  Levitikus 23 verse 26 tot 32 bevat Yahuwah se riglyne ten opsigte die Dag van Verootmoediging. Elke dag begin met skemer, en dit sou vir Hom nie nodig gewees  om aan die Israeliete te vertel om hulle onderhouding van die Dag van Verootmoediging die aand tevore te begin.

“Die Dag van Verootmoediging” oorspan twee kalender dae: die negende en die tiende.

“Maar op die tiende van hierdie sewende maand is dit die versoendag... ’n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Op die negende van die maand in die aand, van aand tot aand, moet julle jul sabbat hou.” (Levitikus 23 verse 27 en 32.)

As die dag begin het met sonsondergang, sou dit aan Moses eenvoudig vertel gewees het: “ Die Dag van Verootmoediging is gedurende die tiende dag van die sewende maand.” Die dag begin met die verskyning van die lig. Die sonsondergang begin nie die dag van die negende. Ook nie begin enige ander dag met sonsondergang, ingeslote die sewende – dag Sabbat.

sundialDie son was gegee om te regeer oor die dag. Die dag begin met die verskyning van die lig, en die dag is verby wanneer daar nie meer genoeg lig is vir die son om te heers. Eeue later vra die Verlosser: “Is daar nie twaalf ure in die dag nie?” (Johannes 11 vers 9.) Niemand het met Hom geargumenteer daaroor! Almal het geweet dat die dag begin met die verskyning van die lig. Die ure van die dag was eweredig verdeel in twaalf gelyke dele, soos deur die sonwyser aangedui. Die ure was langer in die somer, en korter in winter, maar elke dag het net alleenlik bestaan uit twaalf ure.

Die Evangelie se beskrywing van die kruisiging, die begrafenis en opstanding van Yahuahua maak aan ons bekend die tyd wanneer die dag begin.

“En laat ná die sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdaléna en die ander Maria om na die graf te gaan kyk.” (Mattheus 28 vers 1.)

Die eerste dag van die week het nie begin totdat die eerste lig verskyn het in die Oosterse hemelruim. Enersyds die aand na die kruisiging, het die Sabbat nie begin met sonsondergang. Die Skrif stel dit duidelik dat die priesters en die regeerders wou nie dat die liggame moet bly hang oor die Sabbat:    

“En dat die liggame nie op die sabbat aan die kruis sou bly nie, aangesien dit die voorbereiding was—want die dag van daardie sabbat was groot—het die Jode Pilatus gevra dat hulle bene gebreek en hulle weggeneem moes word. Die soldate het toe gekom en die bene van die eerste een gebreek en van die ander een wat saam met Hom gekruisig was; maar toe hulle by Jesus kom en sien dat Hy al dood was, het hulle sy bene nie gebreek nie.” Lees Johannes 19 verse 31 tot 33.)

Die dood deur kruisiging het oor die algemeen ʼn paar dae geneem. Die hele gedagte was om die dood te verhaas van die slagoffers, sodat hulle van die kruis afgehaal kan word, voor die  aanbreek van die Sabbat met sonsopkoms die volgende dag.

“En toe dit aand geword het, het daar ‘n ryk man van Arimathéa gekom met die naam van Josef, wat self ook ‘n dissipel van Jesus was. Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra. Toe beveel Pilatus dat die liggaam afgegee moes word. En Josef het die liggaam geneem en dit met skoon linne toegedraai en dit in sy nuwe graf gelê wat hy in die rots uitgekap het; en nadat hy ‘n groot steen teen die opening van die graf gerol het, het hy weggegaan.” (Lees Mattheus 27 verse 57 tot 60.)

Die het ʼn lang tyd geduur!

Dawn

Die Bybelse dag het begin op die vroegste begin met die sonsopkoms,
en met die verskyning van die son se lig. (voor sonsopkoms).

Die was ʼn tydsame proses wat die hele nag lank geduur het. Die Sabbat het nie begin met “skemer,” omdat op daardie tydstip het Josef van Arimathea eers na Pilatus gegaan het om vir die liggaam te vra!

“En toe dit aand geword het, omdat dit die voorbereiding was, dit is die voorsabbat, kom daar ‘n vername raadslid, Josef van Arimathéa, wat self ook die koninkryk van God verwag het; en hy waag dit om na Pilatus in te gaan en die liggaam van Jesus te vra.” (Lees Markus 15 verse 42 tot 43.)

Die werk om die Verlosser te begrawe was net voltooi voor die aanbreek van die Sabbat met sonsopkoms.

“en [Josef van Arimathea het]  dit afgehaal en in linne toegedraai en dit neergelê in ʼn graf wat uit ʼn rots gekap was, waar nog nooit iemand in gelê het nie. En dit was die dag van voorbereiding, en die Sabbat wou aanbreek.” (Lukas 23 verse 53 en 54.)

 

“Die frase wat vertaal is in hierdie teks “aanbreek,” is die Griekse woord .... (epiphosko). Die verduideliking is verassend: “ lig wat groei – dagbreek.” Dit is ʼn vorm van # 2017,...... (epiphauo), wat beteken om te verlig.... lig te verskaf.” Omdat hulle gewag tot die aand om die proses te begin vir die soek van toestemming om die liggaam te neem, en dit af te haal, en dit skoon te maak  en dit toe te draai, ens., het dit die ure van die heel nag geneem om hulle werk te voltooi. Hulle was nie klaar voor die Sabbat wou aanbreek en dit het begin om lig te word.”  (eLaine Vornholt and L. L. Vornholt-Jones, The Great Calendar Controversy, p. 40.)

Die eerste ding wat Yahuwah nadat Hy lig geskape het, was om die lig van die donkerte te skei. Hy het toe name gegee vir die twee gedeeltes wat hy geskei het. Die lig het Hy “Dag” genoem, en die donker gedeelte het Hy “Nag” genoem. Dit is ‘n beginsel volgens die Skrif wat Yahuwah saamgevoeg het dat geen mens dit sal skei nie. (Lees Markus 10 vers 9.) Enersyds, wat Yahuwah skei, laat geen mens dit saamvoeg. Deur te eis dat die dag begin met middernag of met sonsondergang, is om saam te voeg wat Skepper geskei het.

Lucifer het daarmee gespog dat hy “wette en tye sal verander.” (Daniel 7 vers 25.) Deur die dag van aanbidding te verander, asook die kalender wat gebruik word vir die bepaling van daardie dag, en self ook die wanneer die dag begin, het dit die aanbidding gesteel wat regmatig aan die Skepper behoort.

Stap weg van verkeerdheid en tradisie. Sluit aan by die groeiende aantal van waarheidsoekers regoor die wêreld, wat die ware Sabbat tot sy reg herstel.

“Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is ‘n teken tussen My en julle in julle geslagte,
sodat die mense kan weet dat Ek Yahuwah is wat julle heilig.” (Lees Eksodus 31 vers 13.)
 


Kliek hier om na die video te kyk!