Print

Die Herfs Feeste

Die liefdevolle Skepper wie die gesinseenheid ontwerp het, het ook `n ondersteunings sisteem gebou om daardie familie te vertroetel en te beskerm: die jaarlikse skedule van godsdienstige feeste (algemeen verwys na as “Joodse Vakansie dae”). Drie maal elke jaar was van die manne van Israel verwag om na Jerusalem te reis en met mekaar hulle Skepper te aanbid en om hulle persoonlike verbondstoewyding met Hom te hernu. Tydens hierdie gebeure, was die mans in hulle pligte onderrig as priesters in die huis en beskermhere van die nasionale verbondsverhouding van Israel met Yahuwah. Die manne was die eerste verdediging teen enige afvalligheid en rebellie wat rampspoed oor die volk sou bring. Nes die pilare wat die gordyne van die howe rondom die Heiligdom regop hou, so het die oudstes en die vaders van die nasie die standaarde van moraliteit in hulle gesinne opgehef. Die ganse Israelitiese manne moes die insettinge aanleer en gehoorsaam, en dan was elkeen verplig om dit aan sy vrou en kinders te leer. Die hele nasie moes dus op hierdie manier dieselfde standaarde en godsdienstige oortuiginge hê.

Die lente feeste van die Pasga, Fees van Ongesuurde Brode en Eerstelinge het in die eerste maand (maansomwenteling) plaasgevind, wat aan die lente-dag-en-nag-eweninge verbind was. In die vierde maand was die Pinkster fees, en in die sewende maand was die Fees van Basuine, Versoendag, en die blye Fees van Tabernakels. Dit het die jaarlikse godsdienstige kalender uitgemaak en het voorsiening gemaak vir godsdienstige instruksies en aanbidding sowel as vir sosiale byeenkomste. Wat `n mooie rangskikking het Yahuwah nie voorsien nie! Deur hierdie byeenkomste as instelling in te rig, het Hy die geleentheid verskaf om gehoorsaamheid te demonstreer en die bes moontlike beskerming te voorsien vir die verbondsverhouding wat opsigself die versekering was vir die goedertierenheid en waarin die bonatuurlike beskerming teen hulle vyande voorsien was.

Yahuwah het altyd `n tedere hart vir moeders in hulle swaarkry gehad. Hy het geweet dat sulke pelgrimstogte drie maal per jaar, moeilik vir die swanger vroue of `n moeder met jong kinders sal wees, daarom was die vroue nie vereis om te gaan nie, alhoewel almal wat kon bemoedig is om so te maak.

fall feasts - family bible studyAlhoewel die jaarlikse feeste aan almal `n seën was, was hulle doel om die gesin op `n spesiale manier te seën. Daar is sekere elemente wat altyd teenwoordig moet wees om `n sterk, gesonde gesin te hê: ouers wie die Skepper liefhet en aanbid; `n moeder met `n tedere, liederyke hart wie haar kinders ywerig opvoed om Yahuwah lief te hê, te eer en te gehoorsaam; en die vader wie die priester in die huishouding sal wees, wie sy gesin sal onderrig deur woorde en voorbeeldigheid om vir Yahuwah lief te wees met mens se hele verstand, siel en mag, en sy naaste soos homself. Die feeste wat op spesifieke tye van die jaar op sy gesit is, was vir toewyding van beide aanbidding en die versterking van familie bande. Deur met mekaar byeen te kom, was nasionale identiteit en lojaliteit grootliks versterk. Die verbintenis met uitgebreide familie het die stamverband sterk en volhoubaar gemaak.

Omdat die vader en die man die priester in die huishouding moes wees, het die jaarlikse feeste `n geleentheid aan die priester in die tempel voorsien om die verstande van die priesters van elke indiwiduele tuiste te voed. Elke jaar tydens die Hutte Fees, was die wet van Moses luid in die teenwoordigheid van die volk gelees. Die verwagtinge van die insettinge en die verordeninge moes gememoriseer en uitgeleef word om die indiwidu te beskerm teen indiwiduele sonde en afvalligheid. Die mans was dus geleer hoe om hul eie huishoudings te regeer met regverdigheid, genade en liefde, en om dan weer, deur voorbeeld, die gesin die skoonheid van heiligheid te leer.

In `n spesiale sin was die herfsfeeste `n tyd van nabetragting van die afgelope jaar, beide in bekering en dankbaarheid vir die ontvangde seëninge. Daar was drie feeste wat spesiaal vir die herfs ontwerp was: Fees van Basuine, Versoendag en die Fees van Tabernakels of Hutte Fees. Elkeen het `n spesiale doel gehad om die harte van die mense terug te trek na hul Skepper en, deur so te doen, nader aan mekaar.

Fees van Basuine

“ En . . .[Yahuwah het met Moses gespreek en gesê: Spreek met die kinders van Israel en sê: in die sewende maand op die eerste van die maand, moet dit vir julle `n rusdag wees, `n gedenkdag deur basuingeklank, `n heilige vierdag. Géén beroepswerk mag julle doen nie . . . .” Levítikus 23: 23-25.

Die Fees van Basuine is anders as al die ander feeste. Dit is die enigste jaarlikse feesdag wat op die Nuwe Maan Dag plaasvind. Terwyl Nuwe Mane altyd `n aanbiddingsdag op sy eie is, is die jewish holidays - feast of trumpetsFees van Basuine uitdruklik `n “sabbat”of `n rus1  genoem.Geen gewone werk moet op die Fees van Basuine gedoen word nie, wel is dit as `n dag van siels ondersoek, deur na te vors of daar enige area in die  hart, gemoed en die lewe is wat nie in harmonie met die maatstawe van die heilige wet nie is. Tien dae ná Fees van Basuine, kry ons Versoendag. Die dae vanaf Fees van Basuine tot die Versoendag is dae van voortdurende sielsondersoek, ter voorbereiding van die groot seëninge wagtende op diegene wie deur geloof reiniging ervaar van sonde op die Versoendag. Die hele Israelitiese  volk moes eensgesind wees; alle gelowiges van vandag moet verenig in berou, hulle sondes bely en alle verkeerde dade regstel. Sodoende sou die feeste nie net beskou word as “Joodse Feesdae” nie – Hulle is die FEESTE van YAHUWAH – verorden vir elke gelowige wie, deur geloof, die ewigdurende verbond van Sy Genade aanneem wat verstewig en seker van gemaak is deur die bloed van Yahushua.

Een effektiewe wyse om vir die Versoen dag voor te berei is om te begin deur die 10 Gebooie te gaan – een per dag – en om op elkeen daarvan te mediteer. Op Fees van Basuine, versoek Yahushua om aan jou te wys op enige area in jou lewe waar, jy in beginsel, die tien gebooie oortree het, “Jy mag nie begeer nie.” Was daar enige tye regdeur die afgelope jaar waar jy deur woorde, of dade, enige begeertes ondervind het of gedemonstreer het? As sonde enigeen beïnvloed het, moet belydenis gedoen word en om vergifnis gepleit word.    

bearing false witnessOp die tweede dag van die maand, konsentreer gebedvol op die 9 de gebod: “Jy mag nie valse getuienis teenoor jou naaste spreek nie.” Pleit vir oortuiging van sonde van enige tyd en enigiets wat tydens die laaste jaar oneg en oneerlik was. Maak enige belydenis en regstelling wat nodig is. Behalwe om net vergifnis van Yahuwah te vra, kan `n private lys opgestel word om op die Versoendag voor Yahuwah te bring.

“Jy mag nie steel nie” Oordink dit op die derde dag. Hierdie gebod behels veel meer as net oneerlike wins of om eintlik iets wat aan iemand anders hoort, te vat. Was `n eerlike tiende betaal? Of het jy Yahuwah beroof? Was daar enige vernalatigings van hulpverlenings en liefdadigheid aan andere wat gedoen kon gewees het, maar nie gedoen is nie? Jesaja sê:

Is dit nie die [Versoendag] vas wat Ek verkies nie: dat julle losmaak die bande van goddeloosheid, dat julle afhaal die stroppe van die juk, en vry laat weggaan die verdruktes en elke juk stukkend breek?

Is dit nie nie dat jy jou brood breek met hom wat honger het, en ellendige swerwelinge in die huis inbring nie? As jy iemand sien wat naak is, dat jy hom klee, en jy jou vir jou eie vlees [gesin] nie verberg nie?  (Jesaja 58: 6, 7)

As jy van Yahuwah of iemand ander “gesteel” het dit wat jy aan hulle goed kon gedoen het, maar nie, moet bekering en belydenis gedoen word. Hoe uitermate breed en diep is die betekenis en toepassing van hierdie gebooie! Vra vir Yahuwah om jou verstand te open vir insig in wat Hy wil hê jy oor jouself moet weet.

Die vierde dag se onderwerp van meditasie het net soveel eerlikheid nodig as enige ander. “Jy mag nie egbreek pleeg nie.” Is op die verstand van toepassing sowel as vir enige openbare seksuele daad. Het jy enige films regdeur die jaar gekyk of boeke gelees of na enige webtuiste gegaan wat luste en onsedelikheid verheerlik? As die priester van jou woning, het jou oë en denke gedwaal? As volgelinge van Yahushua, het enige vrou van die gesin in onwelvoeglike klere verskyn?

Dan, in `n breër konteks van hierdie gebod is die mandaat om jou aanbidding gewoontes vry te hou van paganisme. Daar moet geen “geestelike” owerspel wees nie, nie die vermenging van waarheid met leuens nie, geen Kersfees en Paasfees moet in die aanbidding aan die Skepper, Yahuwah gemeng word nie.

“Jy mag nie doodslaan nie.” Is die fokus van die vyfde dag. As moord eintlik gepleeg was, is jy bes moontlik in die gevangenis! Maar wat van onbesonne woorde of haastige woorde wat die gees van `n ander uitgedoof het? Enige handeling gedoen of enige woorde uitgespreek wat die seermaak of die lewe van `n ander inkort moet bekeer word van om vergifnis daarvoor te kry.

fall feasts - joyDie vereistes van ere aan ouers word dikwels maklik verskoon. Maar, deur die gebod te oordink, openbaar die voller toepassing daarvan nie net verantwoording aan ons aardse ouers-familie nie, maar ook aan ons godsdienstige familie van medegelowiges en die uitgebreide familie in die hemel. Is jou lewe op só `n wyse uitgeleef dat jou familie op aarde en die hemel geprys en vereer word deur jou toedoen?

Die sewende dag na Nuwe Maan en die Fees van Basuine begin met “gedenk” die Sabbat dag dat jy dit heilig. Voorbereidingswerk moet gedoen word om die dag ten volle te geniet as `n dag van rus. Vra die Hemelse Vader om herinnering van enige tye in jou lewe in die afgelope jaar waar jy met voorbedagte rade die gebod om die sewende-dag Sabbat wou oortree deur dit nie te heilig nie. Jy kan Hom ook versoek om jou enige gewoontes uit te wys van denkwyses of optredes wat jou gelei het om nie die dag op `n behoorlike, eerbiedvolle wyse te eerbiedig nie. Hy is gereed om te sê, “Gaan en sondig nie meer nie.” Maar daardie vergifnis moet aangevra word.

Op die agste dag kom die sewende-dag Sabbat en meditasie oor die gebod wat sê: “Jy mag die NAAM van . . . [Yahuwah] nie ydelik gebruik nie.” Was daar enige tye van nalatigheid in die afgelope jaar om die NAAM vir verlossing uit versoekinge aan te roep? Was oneer aan Sy heilige NAAM betoon deur lewensstyl keuses of deur ons gedrag? Belydenis en bekering moet elke dag dieper en dieper insink in die verstand.

Die negende dag bring die tweede letter van die wet na vore wat spreek teen afgodery. Afgodery neem baie vorme aan. Dis nie nodig om `n gesnede beeld te wees nie, maar dit kan enige idee of denkrigting wees, `n ander persoon – selfs `n wederhelf – of jyself om een of ander sondige toegewing te regverdig. Mediteer en bid vir geopende oë om insig te hê in die beginsels van die tweede gebod: “Jy mag vir jou geen gesnede beeld maak nie . . . Jy mag jou voor hom nie neerbuig en hom nie dien nie . . . .” Vra om gewys te word watter afgodery die afgelope jaar jou lewe ingesluip het.

Die Versoendag self val saam met die meditasie van die eerste gebod toe die Heiland gevra was, ‘Wat is die grootste gebod in die wet?” Het Hy duidelik geantwoord, “Jy moet Yahuwah jou Eloah liefhet met jou hele hart en jou hele siel en met jou hele verstand.” (Sien Matthéüs 22: 35-38.) Die eerste gebod is fundamenteel omdat geen ander gebod oortree kan word, sonder om die eerste een te oortree nie. Dit veroordeel die sondige hart in wese met die uitspraak: “Jy mag geen ander gode voor My angesig hê nie.” Hoe breed en diep is die toepassing van hierdie gebod! Slegs deur ernstige gebed en geestelike insig kan die omvang van rebellie gepeil, bekeer en vergewe word.

Verlossing is deur Yahuwah se bloed, nie deur werke nie. Moenie bevrees wees dat jou sonde aan jou openbaar word nie. Die Heiland het die oplossing: Versoendag! Volle uitwissing van jou sondesverslag is beskikbaar. Herstel is moontlik! Die jaarlikse diens was om uit te sien na die finale uitwissing van sonde tydens die afsluiting van genadetyd!

Voorstelle:Gesinsaanbidding moet elke lid van die familie eenheid aanmoedig om op die verskeie gebooie te mediteer regdeur die Fees van Basuine en Versoendag. Die bespreking van die verskeie beginsels wat in die tien gebooie opgesluit is, is aan elke lid van die gesin tot hulp.

Versoendag

“Verder het . . . . [Yahuwah met Moses gespreek en gesê: Maar op die tiende dag van die sewende maand is dit die versoendag. `n Heilige vierdag moet dit vir julle wees; dan moet julle julle verootmoedig en aan  . . . . [Yahuwah] `n vuuroffer bring. En op daardie selfde dag mag julle géén werk doen nie, want dit is `n versoendag om vir julle versoening te doen voor die aangesig van . . . [Yahuwah julle Elohim2]. Want elkeen wat hom op daardie dag nie verootmoedig nie, moet uit sy volksgenote uitgeroei word. Ook elkeen wat op daardie selfde dag enige werk doen, die siel sal Ek uitroei onder sy volk uit. Julle mag geen werk doen nie; dit is `n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke. `n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet julle verootmoedig. Op die negende van die maand in die aand, van aand tot aand, moet julle julle sabbat hou.” Levítikus 23: 26-32

Die Versoendag is die plegtigste en die kosbaarste dag van die jaar. Dit is die dag waarop die sondes van die boetvaardige sondaars uitgewis word! Dit is die laaste stap in die verlossing van die mense ras voordat Yahushua terugkeer. Een skrywer het eens dit gesê: “Kwytskelding sonder Herstelling is nie Verlossing nie.” Die Versoendag is die Vader en die Seun se geskenk aan die afvallige mense ras.

Hoewel dit van die mans verwag was om in Jerusalem te wees tydens die Fees van Basuine, was dit nie die verwagting op die Versoendag nie. Die plesier en die gewoel om met vriende en familie herenig te wees moes nie die aandag aftrek van die plegtighede van die dag nie. Gebedvolle aanbidding in die stilte van mens se eie woning is die effektiefste wyse om die dag deur te bring.

repentanceDie belangrikheid van die Versoendag kan slegs verstaan word wanneer `n persoon die wetlike aspekte betrokke in die verlossingsplan, verstaan. Nes die meeste wette, kan dit redelik gekompliseerd voorkom, daarom het Yahuwah Moses aanbeveel om `n tabernakel te bou wat die hele proses verduidelik. Hierdie tabernakel was nie die oorspronklike nie. Dit was slegs net `n   afbeelding van die oorspronklike heiligdom in die hemel, maar dit was om lesse te gee van wat in die hemelse heiligdom gebeur.

In die aardse heiligdom, het `n boetvaardige persoon wie vergifnis vir sy sonde wou hê, gewoonlik `n lammetjie of `n jong bokkie, somtyds `n duif of enige spesifieke slagoffer gebring. Nadat hy sy sonde oor die dier bely het, was die dier dan dood gemaak. Dit was die simbool van Yahushua, die “Lam van Yahuwah wat die sondes van die wêreld sal wegneem” deur Sy kruisdood. Omdat Yahushua vir die sondaar gesterf het, het hy (die sondaar) nie nodig om te sterf nie.

Wanneer die dier geslag is, was die bloed daarvan na die Allerheiligste van die tabernakel gebring. Dit het geleer dat die persoon se sonde na die heiligdom oorgebring is. Wanneer `n sondaar uit dankbaarheid die dood van Yahushua vir hom aanvaar, word sy sonde na die hemelse heiligdom oorgedra. Daar bly die sonde, verwyder van die sondaar maar so te sê, op rekord gehou, tot die Versoendag.

Een maal per jaar, op die groot Versoendag, het die priester die allerheiligste plek binnegegaan vir die reiniging van die heiligdom. Die werk wat daarin uitgevoer word het die jaarlikse rondte dienste dan afgesluit.

. . . . Belangrike waarhede aangaande die versoening was aan die mense geleer tydens hierdie jaarlikse diens. In die soenoffers wat deur die jaar voorgestel is, was `n plaasvervanger aanvaar in die sondaar se onthalwe; maar die bloed van die slagoffer het nie volle versoening vir die sondaar gedoen nie. Dit het slegs `n middel voorsien waardeur die sonde verplaas was na die heiligdom toe. Deur die bloed offerande, het die sondaar die gesag van die wet erken, die skuld van sy sonde bely, en sy geloof in Hom uitgedruk wie die sonde van die wêreld weg neem” maar nog was hy nie heeltemal bevry van die veroordeling van die wet nie.3

Op die Versoendag, was die bloed van die slagoffer dier binne in die Allerheiligste geneem. Dit het slegs eenmaal per jaar gebeur en was `n baie ernstige aangeleentheid. “Elke man moes sy siel ondersoek terwyl die versoenings werk plaasvind. Alle besigheid moes opsy gesit word, en die ganse byeenkoms van Israel het die dag in ernstige verootmoediging voor . . . [Yahuwah], met gebed, vas, en diepe hartsondersoek deurgebring.”4

Dit was die diens wat die verslag van sonde uitgewis het wat tydens die vorige jaar daar opgehoop het. Dit leer Yahushua se plan van reiniging van die harte en verstande van die gelowiges, deur geloof in die bloed van die Lam, Yahushua.

Slegs die Hoë Priester kon die Allerheiligste en dit net op die Versoendag binnegaan. Yahushua is onse Hoë Priester en dit is Sy eie bloed wat Hy in die Allerheiligste van die Hemelse Heiligdom neem, om daar versoening te doen vir die sondes van die volk. Die woord “versoening” beteken letterlik “om-een-te-wees”.  Dit is deur die bloed van Yahushua, ons Lam, dat sondaars na Yahuwah deur versoening terug gebring kan word. Dit is van hierdie versekering waarvan Paulus in sy geskrifte ophaal as hy sê:

Ons kan `n kragtige bemoediging hê, ons wat ontvlug het, om vas te hou aan die hoop wat voorlê; en ons het dit as `n anker van die siel wat veilig en vas is en binnekant die voorhangsel waar [Yahushua] as voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van Melgisédek `n hoëpriester geword het vir ewig. . . .  Hebreërs 6: 18-20

Die hele boek van Hebreërs is toegewy aan die verduideliking van hoe Yahushua ons Hoë Priester is en hoe almal wie in Hom glo van hul sondes gereinig kan word. Dit is die ondervinding wat op Versoendag beskikbaar is. Dit is die geseënde rus wat kom ná die vorige dae se sielsondersoek – bevryding en reiniging van sonde!

Hebreërs 8-10 belowe: “Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek .  .  . [Yahuwah]. Ek sal My wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle `n . . . [Magtige Een, Elohim] wees, en hulle sal vir My `n volk wees.”

Dit is nie `n ontmoedigende gewoonte om mens se eie hart tot die diepste dieptes te ondersoek en om alle sondes en verdorwenhede te erken wanneer die belofte daar is dat dit alles vergewe enfall feasts - righteousness by faithgereinig sal word! Dit is die seëvierendste, geseëndste dag van die ganse jaar! Dit is nie deur “werke” verkry nie maar is `n geskenk wanneer die boetvaardige sondaar die belofte beetneem en sê, Yahushua het belowe om my te reinig en skoon te was in Sy eie kosbare bloed. Yahuwah het beloof om my te aanvaar wanneer ek in die verdienste van Sy Seun steun. Daarom verkies ek om te glo in wat Hulle gesê het, Hulle vir my sal doen omdat Hulle my liefhet.”

Dit is regverdigmaking deur geloof. Dit is nie redding deur werke nie; dit is om vergewe en gereinig te word omdat die liefde en die mag van die Een wie die belofte gemaak het kan doen wat Hy beloof het!

Versoendag is `n baie ernstige dag. Dit is die enigste sabbat wat spesifiek van verwag word om van aand tot aand gevier te word. Die Israeliete volwassenes het op die Versoendag gevas; terwyl dit nie van die kinders verwag was om so te doen nie. Geeneen het van honger gesterf nie. Hulle kon net voor die aand van die vorige dag geëet het en die hele nag geslaap het. In die oggend, deur `n leë maag te hê,  is `n helder verstand gekweek om die stil sagte stem van die Heilige Gees wat harte oortuig het, aan te hoor. Later daardie aand, wanneer die dag verby was maar voor slapenstyd, was `n maaltyd geneem en dit was `n vreugdevolle, maar plegtige gebeurtenis.

Die tradisionele seengroete die dag na Versoendag onder die Israeliete was, “Het jy `n goeie seël ontvang?” Almal was bewus dat enigeen wie nie in die plegtighede van die Versoendag deelgeneem het nie, van Israel afgesny was. Maar tog het die seëninge op daardie dag beskikbaar dié van ander dae regdeur die jaar vér oortref!

Almal het “troetelsondes”: areas in hul lewens wat hulle gekweek het deur hulle in sonde verlustig. Elkeen het oorgeërfde neigings tot sonde. Hulle almal mag uitgewis word deur die bloed van die Lam op die Versoendag. Almal wie gewillig is, en deur geloof vertrou op die beloftes van Yahuwah, mag hulle harte en verstande ten volle gereinig hê van sonde. Dit beteken nie dat hulle nie langer versoek sal word nie. Maar, dit beteken wel dat hulle teruggebring sal word na die stadium wat hulle gehad het asof hulle hulle nooit voorheen in sonde verlustig het nie.

Die Versoendag is die dag waarop algehele reiniging en herskepping beskikbaar is. Ons is steeds sondaars, maar sondaars wie vergewe is.

Die groot verlossingsplan, deur `n liefdevolle Skepper ontwerp vir die verlossing van Sy eens-rebelse, boetvaardige kinders, is ten doel om almal wie verlang om met hul Maker Ver Soen te wees, terug te bring na die punt wat Adam gehad het vóór sy sonde. Yahuwah wil al Sy kinders terug huis-toe bring. Sy belofte aan elke nederige, boetvaardige gelowige is, “Ek sal almal wat na My kom, aanneem. Ek sal julle huis-toe bring.”

Voorstelle:Die Versoendag is die plegtigste dag van die jaar wanneer elke gelowige sy of haar  sondes bely en vir vergifnis soek. Dit is `n dag dat alle volwassenes moet vas, alhoewel `n eenvoudige maal aan die kinders gegee moet word.

As enige lys deur die siel-ondersoekende tyd van die Fees van Basuine opgestel was, kan dit in `n groot vuurvaste houer gesit en aan die brand gesteek word as `n simbool van die uitwissing van ons sonde. Dit help die denke van die kinders om die realiteit van vergeefde sonde te snap. Die dag kan verwyl word met lofliedere en die plegtige nagmaalsdiens. Kinders moet bemoedig word om daaraan deel te neem as `n middel om hulle te leer om geloof te hê in die beloofde reiniging.

Hutte Fees

`n Jong moeder het `n koekie vir haar baba aangebied. Toe die kind sy handjie uitsteek het die moeder gesê, Sê asseblief!

child“Blief” het die kleine meisie ywerig laat hoor. Na sy dit vir haar gegee het, het Mamma gepor. “En wat sê my meisie nou?”

“Dankie!” was die blye antwoord.

Wanneer `n moeder probeer om `n beleefde kind groot te maak, is sulke aanmoedigings om “Dankie” te sê, algemeen. Maar `n wyse moeder weet as sy haar kinders leer om dankbaarheid te wys, leer sy hom meer as net goeie sosiale vaardighede: sy leer haar kind om lief te hê, want slegs liefde wat herken word kan liefde opwek in die hart van `n ander.

Dit is oor hierdie rede wat Yahuwah van Sy kinders verwag om aan Hom “Dankie” te sê. Die Fees van Tabernakels/Hutte Fees, meer as enige ander fees, was spesiaal gegee as `n tyd van blydskap en om met dankbaarheid die vele seëninge op die indiwidue uitgestort, te erken wat kom van die liefdevolle en goedhartige hemelse Vader. Erkende liefde wek `n reaksie van liefde in die hart op. Deur die vele seëninge van die afgelope jaar te onthou verwek liefde in die hart van Yahuwah se volk.

Van al die jaarlikse feeste, was die Hutte Fees die eerste een wat op sy gesit was. Die vernalatiging van hierdie tyd van danksegging het `n massiewe geestelike insinking in die nasie gebring. Sonder liefde, het die insettings vereistes wettiese laste geword wat uitgevoer moet word om mens se eie weg na die hemel oop te werk. `n Wyse ouer voorsien geleenthede vir sy kind om aan hom terug te gee omdat `n kind wat geregtig voel, asof hy of sy alles verdien, nooit die ouer opreg  lief sal hê nie. Om hierdie spesifieke rede, het Yahuwah `n weeklange feesviering van danksegging voorsien.

Yahuwah het nie ons dankbaarheid nodig nie. Maar, Hy het nodig om die liefde te voel wat voortspruit uit ons erkenning van Sy liefde vir ons. Hierdie liefde in ons harte word opgewek slegs in ons identifisering van die vele wyses van Yahuwah se vertoon van liefde vir ons. Dit is van belang om die laaste jaar in oënskou te neem en om bewus te word van die vele kere waar Yahuwah ons beskerm, verdedig, geseën en liefgehad het, want as ons harte met liefde uitswel op antwoord van Sy liefde, sal ons vertroue in proporsie in Yahuwah groei.

fall feasts - creator's bountyOnse liefdevolle Hemelse Vader en Sy Seun weet wat ons sal nodig hê sodat ons kan begin om hulle liefde vir ons te kan begryp. Hulle het die Sabbat vir verwagte weeklikse rus en die jaarlikse byeenkomste as herdenkings en instruksies aangaande die verlossingsplan verskaf. Ingemessel in die Hebreeuse Heiligdom en al sy dienste is die onderwys-hulpmiddels ter demonstrasie van die metodes van verlossing, redding en herstel. Die lente feeste, of byeenkomste, leer ons dat hierdie herdenkings is van wat Yahuwah alreeds vir ons verlossing gedoen het. Hulle leer ons ook ons voortdurende afhanklikheid vir beide liggaamlike en geestelike behoud deur die Hemelse seëninge.

Die mid-somer Fees van Weke, of Pinkster Fees, leer ons dat daar slegs `n gedeeltelike vervulling was in die tyd van Yahushua se hemelvaart. Daar sal `n volle demonstrasie van vervulling wees in die tyd van die uitstorting van die Laatreëns mag van Yahushua se Gees net vóór die afsluiting van die Genade tyd. Dan sal Paulus se versoek vervul word: “Laat hierdie gees in julle heers wat ook in Yahushua, die Gesalfde was.”

Die drie herfs feeste versterk die lewens belangrikheid van bekering, belydenis en vergifnis van sonde. Die versaking van bewuste sonde is `n saak van lewe en dood! Ná vergifnis kom gejubel en dankbetuiging vir die Verlossingplan. Dankbaarheid aan die Skenkers van alle goeie dinge wek liefde op in die harte van die ontvanger van al die goeie dinge. Ons nodig om in intiemheid die goedertierenheid van die Vader en die Seun te ken en te erken wat Hulle in die verlede aan ons verskaf het, wat Hulle steeds vandag gee, en wat Hulle regdeur die ewigheid sal gee.

As die laaste generasie gelowiges, moet ons desperaat alle middele wat Yahuwah ontwerp het herinstel en vertroetel om ons voor te berei vir die tyd van benoudheid wat nog voorlê. Ons het nodig om die werklikheid van die spoedige wederkoms van ons Heiland te besef, en om deur die   onderhouding van die Huttefees die nabyheid van die Groot Jubileum bevryding, te oorweeg.

In die laaste boek van die Ou Testament, verklaar Maléagi: “Dink aan die wet van Moses, My kneg, wat Ek Hom bevel het op Horeb vir die hele Israel – insettinge en verordeninge. Kyk, Ek stuur julle die profeet Elia voordat die groot en vreeslike dag . . . van [Yahuwah] aanbreek. En hy sal die hart van die vaders terugbring na die kinders, en die hart van die kinders tot die vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek te tref nie.”  (Sien Maléagi 4: 4-6.)

Voorstelle:Die Hutte Fees kan op `n verskeidenheid maniere gevier word maar dit moet die hoogtepunt van die jaar wees, `n tyd van vreugde en danksegging. Want die Hutte Fees is `n sewe dae fees, wat begin op `n Sabbat en onmiddelik deur `n Sabbat gevolg word, uit essens is dit `n agt dae tydperk van danksegging en feesvieringe. Die ander dae van die fees is nie dae af van werk nie, maar kan steeds baie spesiaal vir die gesin gemaak word in aanbidding wat fokus op danksegging aan die hemelse Vader vir Sy liefde en sorg regdeur die jaar.

Vir enkelinge wie niemand het om saam met die fees te vier nie, kan die Fees van Tabernakels `n tyd wees wanneer hulle gemeenskap met Yahuwah ondervind deur na maniere te soek om `n onverwagse seëning aan ander te wees. Die moderne wêreld se lewe is só besig, sodat meer mense as voorheen kla van eensaamheid en ontkoppeling van ander om hulle. Daar is `n menigte wyses vir `n enkeling om uit te reik na andere en `n verskil in hulle lewens te maak van diegene in sy of haar invloedssfeer. `n Jong enkellopende kan sy jeugdige krag en energie gebruik om andere te help wie hulp nodig het. `n Ouer persoon weer kan sy of haar samesyn en ondervinding deel met `n jonger persoon. Die beste manier om die rykdomme van mense se seëninge te waardeer, is om uit te reik en hierdie seëninge met iemand anders te deel.

Paartjies kan ekstra tyd met mekaar spandeer, in beide samesyn met mekaar, sowel as in Bybelstudie en gebed.

Ouers wat altyd Kersfees met hulle kinders gevier het, sal verkies om alle vakansie dae van paganistiese oorsprong opsy te sit en slegs Yahuwah se feeste herdenk, moet versigtigheid aan die dag lê in die sensitiwiteite van hulle kinders se gevoelens wanneer hulle die verplasing doen. Dit is belangrik om die harte en verstande van die kinders met die ouers in harmonie te bring in die maak van sulke groot veranderinge of daar sal rebellie in die harte van die jeug wees wie gewoond daarin is om Kersfees te vier. Die beste wyse om paganistiese feesvieringe opsy te skuif, is om hulle met iets beters te vervang. Die Fees van Tabernakels verleen hom goed aan die taak toe as daardie beter ondervinding.

Een maal elke 50 jaar, was die Tabernakel Fees deur die Jubeljaar gevolg. Dit was die jaar dat alle lande wat verkoop was, teruggegee is aan die oorspronklike eienaars, slawe was vrygespreek en die mense het op `n spesiale wyse gerus omdat die land gerus het en nie met nuwe gewasse beplant was nie. Tabernakel Fees en die Jubel Jaar was albei `n voorafskaduwing van die groot oes van siele aan die einde van die wêreld en die gejubel van al die verlostes wanneer Yahuwah sal verskyn om Sy volk huiswaarts te neem. Daar is niks verkeerd in die beplanning van `n mini-Jubileum viering na die Tabernakel Fees waarin elke jaar na uitgesien kan word nie wat vooruitwys na die Jubileum aan die einde van die wêreld as plaasvervanger van Kersfees.

childrenGesinne en familie kan eksta tyd saam beplan vir die week, deur aktiwiteite te skep wat betekenisvol vir hulle is. Uitdeel van geskenke is baie van pas in hierdie tyd, maar hoef nie fyn uitgewerk of duursaam te wees nie. Kersfees is `n geleentheid om `n kind die vreugde om aan andere te gee, te leer en die belangrike lewensles is steeds nodig om geleer te word selfs as Kersfees nie meer gevier word nie. Omdat die Heiland in die herfs gebore was, is dit baie toepaslik om Sy geboorte op die Tabernakel Fees te herdenk en danksegging te doen vir die grootste geskenk ooit aan die mensdom gegee. Lofliefdere aangaande die Heiland se geboorte kan tydens die Tabernakel Fees gesing word en danksegging uitgespreek word vir die gawe van verlossing deur Yahushua.

Kinders wat gewoond is aan die versiering van `n boom tydens Kersfees hoef nie ontneem te word van die vreugde om die huis te versier of om `n sentrale fokuspunt te hê waarom heen die feestelikheid wentel nie. `n Smaaklik versierde tafel, met klein geskenkies daaromheen in plek en tuisgemaakte “Ek is lief vir jou kaartjies” kan daarop geplaas word, en `n sentrale fokuspunt voorsien word sowel as die plesier om te versier. Sommige gesinne geniet kunstige draperings en kleurvolle versiersels van die oorvloedige oeste, saam met die familie Bybel en kersliggies. Andere het `n krip-tema met kleine liggies ontwerp.

Instede van Kers kouse wat die eerste ding is wat oopgemaak word, kan klein mandjies met goedkoop geskenkies dieselfde plesier verskaf sonder die paganistiese ondertone. Wat ookal die the helpful childgeliefde familie tradisie met Kersfees was, kan die Tabernakel Fees die geleentheid van gesinssamesyn verskaf, deur te gee en verheug te wees sonder die paganistiese ondertone. Wat ookal betekenisvol is vir die gesin en onskuldige plesier aan die kinders verskaf, moet in aanmerking geneem word. Yahuwah is lief daarvoor om Sy kinders gelukkig te maak en die Tabernakel Fees is die volmaakte tyd vir herinnering en om geskenke te gee aan Hom, en geliefdes, vir die baie vriendskaplikheid regdeur die jaar.

Die betekenisvolste ding omtrent hierdie feestelikheid sal die tyd van samesyn wees. Deur jou kinders te help om voor te berei vir die Spesiale Sabbat, `n Fees van Danksegging, die daaglikse godsdienstige aanbidding en die gee van klein geskenke aan ander wat onskuldige vreugde na ander bring en mooi herinneringe bou. Die belangrikste ding vir die kinders is om tyd met hulle liefdevolle ouers te hê. Gaan op dankbaarheids uitstappies, met elkeen wat sê vir watter dinge hy dankbaar is. Koop goedkoop vlieërs, skryf op hulle waarvoor jy dankbaar is en laat dit hoog in die lug vlieg. Maak eenvoudige papier bootjies, skryf dankie op hulle en laat hulle stroom af dryf. Los “liefdes notas” onder die kinders se kussings dat hulle dit tydens hul bedtyd daar kan kry. Daar is baie idees om dankbaarheid `n gedenkwaardige ondervinding te maak.


1 Sien Septuagint, Levítikus 23:24.

2 “Elohim” is die Hebreeuse woord vir goddelikheid. Dit was van toepassing op die ware Skepper sowel as al die valse gode.

3 E.G. White, Patriarge en Profete, bl. 355-356

4 Ibidem