Print

Die Jode en die Sabbat


Die Vergete Verbloeming!


Joodse geleerdes erken dat die Saterdag dit nie, die antieke, en oorspronklike Sabbat van die Skrif is.

Mark Twain, ʼn gewilde romanskrywer en grapmaker, het eens op ʼn tyd spottend waargeneem: “ Dit neem gewoonlik meer as drie weke om ʼn toespraak uit die vuis voor te berei.” Openbare sprekers moet gou leer dat daar baie gedink moet word, en dat daar baie voorbereiding nodig is vir enige debat of oorredende toespraak. Daar is selfs sekere soorte van argumente wat die openbare sprekers geleer moet word om nooit sekere argumente te gebruik omdat terwyl hulle dit doen hulle die emosies lei, en dat dit nie logies is. Sodoende, sal hulle uiteindelik nie een oortuig nie.

Een argument wat dikwels gehoor word wat die beginsel van die Sabbat volgens die Maan teenstaan is: “ Die Jode het nooit die spoor van die ware Sabbat verloor!” So ʼn argument bewys niks! Die feit is, dit oortree die twee reëls van redevoering: om al in die rondte te praat

1. Dit is ʼn pleidooi vir die gesag om sy punt te bewys. In hierdie aangeleentheid word dit aanvaar dat die hedendaagse Jode ʼn betroubaar gesag is wanneer die ware Sabbat plaasvind.

2. Dit voorsien aan die saak van al in die rondte se redevoering! Met ander woorde voorsien aan ʼn saak wat probeer om homself te bewys. A.) Die Jode aanbid op Saterdag, daarom, B.) is Saterdag die Sabbat omdat, C.) dit is wanneer die Jode aanbid.

Die waarheid is, ongeag of wat die gemiddelde Jood glo of beoefen, Saterdag is nie die Bybelse Sabbat van die Bybel. Joodse geleerdes het nooit die Sabbat “verloor” maar het hulle doelbewus en wetende die kalender verander waarvolgens die Sabbat bereken is. Dit het so lank terug gebeur dat baie Jode onbewus van alles wat geraak is deur hierdie verandering van kalenders.

Die Konsilie van Nicea is van groot belang in die geskiedenis van die Christendom omdat dit gedurende daardie tyd het die heidendom die Kerk binnegeval en die suiwere apostoliese geloof van die vroeë Christene verwater het. Die Konsilie van Nicea is ook belangrik in die geskiedenis van Judaïsme omdat dit na die geweldige vervolging van almal wat vasbly kleef het aan die Bybelse metode van tydhouding.

Gedurende die Konsilie van [Nicea] was die naelstring afgesny wat die Christendom met sy voorvaderlike verbintenisse verbind het. Die feesvieringe van Paasfees was tot daardie tyd vir die grootste gedeelte gevier word gedurende dieselfde tyd as die Joodse Pasga, en inderdaad gedurende die dae wat deur die Sanhedrin van Judea vasgestel is vir die viering daarvan, maar vir die toekomstige onderhouding daarvan was dit algeheel onafhanklik van die Joodse kalender gevier.1

Konstantyn die Grote, die keiser wat die konsilie byeen geroep het om sy persoonlike politieke agenda te bevorder, het met ʼn dekreet die gang bepaal wat die Christene moes neem. Hy wou dat hulle self sal afsonder van hulle geestelike erfenis wat in Judaïsme gegrond is. Hy het verklaar dat geen toekomstige godsdienstige onderhouding deur die Joodse kalender bereken moet word, en verduidelik:

Constantine the GreatWant dit is onvanpas en uitermatig dat vir hierdie heiligste van feeste [Paasfees] ons die gebruike van die Jode moet volg. Voortaan laat ons niks ingemeen hê met hierdie verfoeilike mense, ons Verlosser het aan ons ʼn ander pad gewys. Dit sal inderdaad dwaas wees as die Jode in staat sou wees om te spog dat ons nie Paasfees kan vier sonder die hulp van hulle reëls ([kalender] berekeninge.)2

Hierdie dekreet het vêrreikende, en katastrofiese gevolge op die antieke metode van tydhouding gehad. Constantius, Konstantyn se seun, het nog verder gegaan. Constantius het ook die gebruik van die Joodse kalender verbied vir die onderhouding van Christen feeste. Constantius het die gebruik daarvan ook deur die Jode verbied. “Onder die regering van Constantius (337 tot 362 n.C.) het die vervolgings so ʼn hoogtepunt bereik dat .... die berekening van die kalender verbied [is], en deur pyn van swaar straf.”3 Die belangrikheid kan nie onderskat word. Onder hewige vervolging, het die Jode self hulle berekening van tyd verander. Die Aartsvader Hillel II, die laaste president van die Sanhedrin, was self verantwoordelik vir die verandering, wat uiteindelik daartoe gelei het vir die aanvaarding van Saterdag as die Sabbat.

Die haaglike omstandighede van Judea was die geleentheid van ʼn handeling, en was dit die geleentheid vir 'n daad van selfverloëning van die kant van die Patriarg Hillel, wat tot nog nie behoorlik waardeer is. Die gebruik wat tot nou toe geldig was, is om die berekening van die nuwemaan en die skrikkeljaar geheim te hou, en om die bekendmaking van die tye van die feesvieringe aan die gemeenskappe van die naburige lande deur die aankondiging van boodskappers te gebruik. Gedurende die vervolging onder Constantius het hierdie metode homself bewys as onprakties en nutteloos. Toe die Sanhedrin verbied was om die datum van die skrikkel jaar vas te stel, was die gemeenskappe in verafgeleë lande in uiterse twyfel gelaat met betrekking die mees belangrike godsdienstige besluite. Ten einde om ʼn einde te bring aan al die moeilikheid en onsekerheid, het Hillel II ʼn finale en vaste kalender ingestel.... Met sy eie hand het die Patriarg met die Patriargaat die laaste verbintenis vernietig wat die gemeenskappe verenig het wat regoor die Romeinse en Persiese ryke versprei was. 4

Die feit dat hierdie verandering plaasgevind het vir meer as 1,600 jaar gelede, verduidelik dit waarom mense aanneem dat Saterdag die ware Sabbat is, eenvoudig omdat hulleaanbid op daardie dag. Alhoewel Joodse geleerdes alombekend is dat dit geheel en al verandering van kalender was:

Die verklaring van die nuwe maand deur waarneming van die nuwemaan, en die nuwe jaar deur die koms van die lente, kon alleenlik gedoen word deur die Sanhedrin. Gedurende die tyd van Hillel II,... en het die Romeine hierdie gebruik verbied. Hillel II was daarom verplig om sy vaste kalender in te stel, en sodoende die gevolge van goedkeuring te verleen vir alle kalenders van die jare van die toekoms.5

Dit kan nie genoeg benadruk word: dat Joodse geleerdes ten volle bewus is dat die kalender wat hulle nou gebruik verskillend is van daardie een wat gevestig is deur Yahuwah, en wat deur Moses bevestig is met die Uittog. Die historiese dokumentasie in hierdie artikel is geheel en al geneem van die skrywes en verklarings van die Jode self. Hulle het vasgestel dat nie alleenlik Saterdag, maar is hulle ook bewus dat dit nie die Sabbat van die Bybel is.

Calendar Change

Joodse geleerdes is bewus dat dit uitdruklik ʼn kalender verandering is wat die Sabbat verander het. Rabbi Louis Finkelstein was ʼn welbekende, en gerespekteerde Joodse geleerde. Die Joodse Gemeenskappe van die Wêreld het Finkelstein uitverkies as een van 120 wat die beste “as ʼn lamp van Judaïsme,” aan die wêreld verteenwoordig het. In ʼn brief wat gedateer is as 20 Februarie, 1939, het Finkelstein maklik erken dat: “Die Joodse kalender vasgestel was gedurende die vierde eeu.”6

Heirich Graetz, het is sy lywige werk van ses volumes wat gepubliseer is deur die Joodse Vereniging van Amerika, en erken: “Dat selfs die berekening van die kalender, en die handel in godsdienstige artikels verbied was,” gedurende die vierde eeu.7

Baie mense aanvaar omdat die pouslike Gregoriaanse vandag ʼn aaneenlopende weeklikse siklus van sewe dae het vir elke week, dat die week tans in gebruik aangepas is tot die Hebreeuse week van sewe dae. Daarom kom hulle tot die gevolgtrekking, dat Saterdag die sewende – dag Sabbat van die Skrif is. Alhoewel, sulke veronderstellings nie die basiese verskil verstaan tussen die formaat van ʼn son kalender, en hoe die Bybelse maan – son kalender funksioneer.

Die Antieke Sabbat Verskillend

Die Sabbat volgens die Maan

Die Sabbat volgens die Maan

Joodse geleerdes is bewus dat die Sabbat wat onderhou was deur die getroues vanaf die dae van die Skepping tot en met die vierde eeu n.C., en was dit nie deel van ʼn aaneenlopende weeklikse siklus. Dat eerder, die maande die fases van die maan gevolg het. Die weeklikse siklus het hernu met die verskyning van elke nuwemaan. Daarom, was die sewende – dag Sabbat nie deel van ʼn aaneenlopende weeklikse siklus, soos die hedendaagse Saterdag.

Die Nuwemaan is steeds daar, en ook die oorspronklike Sabbat was afhanklik van die maan se siklus… Oorspronklik was die dag van die Nuwemaan gevier op dieselfde manier as die Sabbat, en het dit gaandeweg minder belangrik geword, terwyl die Sabbat meer en meer ʼn dag geword het van godsdienstige en menslikerwyse, en van godsdienstige oordenking en onderrig, en van vrede en tot verheuging van die siel.8

Die Jode van vandag bereken steeds hulle jaarlikse godsdienstige feeste sonder die maan – son metode, vir die berekening van tyd. Dit is vir hierdie rede dat die Pasga (Pascha) en die Dag van Verootmoediging (Yom Kippur) swewe van datum tot datum volgens die aaneenlopende weeklikse siklus van die Gregoriaanse kalender. Alhoewel, hulle weeklikse Sabbatte nie meer langer enige verbintenisse het tot die fases van die maan.

Baie aanvaar omdat die Jode aanbid op Saterdag, was die Bybelse weeklikse siklus ook altyd aaneenlopen, en met alleenlik die jaarlikse feeste wat 'n verbintenis het met die maan het. Dit is nie 'n veronderstelling wat gedeel word deur die Joodse geleerdes. 

Dit is hier waar die meeste mense probeer om te bewys dat Saterdag die Bybelse Sabbat is, ʼn fout begaan. Hulle aanvaar omdat die Jode aanbid op Saterdag, dat die Bybelse weeklikse siklus altyd aaneenlopend was, en dat alleenlik die jaarlikse feeste verbind word met die maan. Dit is nie die veronderstelling wat gedeel word deur Joodse geleerdes. Hulle is heeltemal daarvan bewus dat die antieke Sabbat nie deel kan wees van ʼn aaneenlopende weeklikse siklus omdat dit verbind is tot die fases van die maan. Hierdie verrasende feit word erken deur hierdie aanhaling van die Universal Jewish Encyclopedia: “Met die ontwikkeling van die belangrikheid van die Sabbat as ʼn dag van toewyding, en die klem wat daarop geplaas word van die betekenisvolle nommer sewe, het die week meer en meer geskei geword van sy maan verbintenis . . . .”9

Dit is heel moontlik dat die verandering van die Sabbat wat in ʼn noue verbintenis gestaan het tot die fases van die maan, na ʼn aaneenlopende siklus en Saterdag – sabbat verander is, asook die “vasstelling” van die kalender gedurende die tyd van Hillel II. Hy het baie meer gedoen as net die onthulling van hulle reëls vir kalandering. Dit blyk te wees dat hy verantwoordelik was vir die ingebruikneming van ʼn Saterdag – sabbat, omdat hy die kalender vasgestel het, het hy ook die “reëls ingestel vir die verskuiwing.” Tot en met daardie tyd, was hierdie reëls onnodig omdat die jaarlikse feeste en die weeklikse Sabbatte waargeneem was deur dieselfde, maan – son kalender. Maar toe die jaarlikse feeste bereken is volgens die maan – son kalender, en terwyl die sewende – dag Sabbat bereken is deur ʼn verskillende, son kalender, was daar gereelde konflik. Sodoende, het die behoefte opgeduik vir nuwe “reëls vir die verskuiwing.”

Die Sadduseërs: Die Gesag oor die Kalender

Nou en dan sal ʼn goedbedoelde persoon so argumenteer: “ Maar as die kalender verkeerd was gedurende die tyd van Yahushua, sou het dit reggestel het!” Dit is waar, en dit maak bekend dat die kalender wat in gebruik was deur die Israeliete gedurende die eerste eeu, en was dit steeds die kalender soos by die Skepping. Gedurende daardie tyd was die Hoëpriester in beheer van die kalender. Dit was sy verantwoordelikheid vir die verklaring van die Nuwemane, en as daar ʼn dertiende maand benodig is om bygetel te word. Die hoëpriesters het altyd uit die geledere van die Sadduseërs gekom. Dit is merkwaardig. Alhoewel, die geloof van die Sadduseërs nie sonder gebrek was, het hulle, soos Yahushua die Fariseërs verwerp, die mondelinge wette van mens gemaakte tradisies. Hulle het die Torah onderhou, die boeke van Moses was hulle enigste bron van goddelike gesag.

Yahushua het duidelik die “tradisies van die mens” raakgesien wat, ingestel was deur die Fariseërs ʼn veeleisende las, wat die mensdom van hulle Maker verwyder het. Hy het herhaaldelik sterk die menigte van reëls en tradisies wat deur die Fariseërs voorgeskryf is veroordeel. Hierdie mensgemaakte verordeninge was ʼn las en struikelblok tot die waarheid. Kort voor Sy dood, het Yahushua een laaste poging aangewend om die hart van hierde skynheiliges te bereik. Sy redevoering, is opgeteken in Mattheus 23, en is dit ʼn hartverskeurende poging om hulle harte van klip te verander tot die waarheid.

Die gevolg van die verheffing van mensgemaakte reëls, en tradisies, is die feit dat dit op 'n gelyke voet met die Goddelike wet gestel is, en is dit verminder as niks anders as van ʼn geestelike aard.” Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom ʼn kind van die hel, twee maal erger as julle self.” (Mattheus 23 vers 15.)

Met die vernietiging van die Tempel (70 n.C.) het die Sadduseërs geheel en al verdwyn, en die regulering van alle Joodse aangeleenthede in die hande van die Fariseërs gelaat. Voortaan, sou die Joodse lewenswyses gereguleer word deur die Fariseërs, die algehele geskiedenis van Judaïsme was gekonstrueer volgens die sieninge van die Fariseërs, en ʼn nuwe kenmerk was verleen aan die Sanhedrin van die verlede. ʼn Nuwe reeks van tradisies het die ouere priesterlike tradisies uitoorlê. (Abot 1:1.) Fariseïsme het die karakter gevorm van Judaïsme, en die lewe en die denke van die Jood vir alle tye van die toekoms.10

Talmud Book SetDie Fariseërs het alleenlik oorgebly vir die implementering van hulle reëls en regulasies op almal. Die mondelinge tradisies van die Fariseërs, wat opgeteken is in die Talmoed, het die Rabbynse Judaïsme geword. Die kalender wat deur die Jode vandag gebruik word in niks anders as ʼn verdraaiing van die oorspronklike kalender. Dit is verdorwe deur mens gemaakte tradisies van die Fariseërs wat opgeteken is in die Talmoed! Rabbi Louis Finkelstein, het vroeër kwoteer en gesê:

Fariseïsme het Talmoedis geword... [Maar] die gees van die ou Fariseërs het onveranderd herleef. Wanneer die nuwe Jode.... die Talmoed bestudeer is hy eintlik besig om die argumente van die Palestynse akademie te herhaal... Die gees van die [Fariseërs] se leerstellings het vinnig en lewenskragtig gebly.... Vanaf Palestina na Babilonië, en vanaf Babilonië tot Noord Afrika, Italië, Spanje, Frankryk en Duinland, en daarvandaan na Pole, Rusland en Oos Europa het antieke Fariseïsme oor gespoel.11

Talmoediese tradisies leer dat as iemand die spoor verloor wanneer die Sabbat moet plaasvind, al wat gedoen moet word, is om elke sewende dag te aanbid. Dit is die redelike gebruik vir die regverdiging vir die onderhouding van Saterdag as die sewende – dag Sabbat.

Talmoediese tradisies leer dat as iemand die spoor verloor wanneer die Sabbat moet plaasvind, al wat gedoen moet word, is om elke sewende dag te aanbid. Dit is die redelike gebruik vir die regverdiging vir die onderhouding van Saterdag as die sewende - dag Sabbat.

Die Talmoed ontleen sy gesag van die posisie wat gehandhaaf word deur antieke akademici (bv. die Fariseërs). Die leermeesters van daardie akademiese inrigtings, beide van Babilon en Palestina, word beskou as die regmatige opvolgers van die ouer Sanhedrin.... Deesdae, besit die Jode geen lewendige sentrale gesag wat vergelyk kan word kan word met die status van die antieke Sanhedrin of toekomstige akademiese inrigtings. Daarom, enige besluit ten opsigte van die Joodse geloof moet dit gegrond wees op die Talmoed as die finale gesag, en moet dit bly as leerstellings van daardie [Fariseërs toe hulle bestaan het.”12

Neem kennis dat Finkelstein self verklaar dat die Talmoed oorsprong het uit die tradisies van die Fariseërs. Dit is dieselfde “tradisie as die van mense” Die Verlosser het dit luidkeels veroordeel gedurende Sy bediening. Dit is merkwaardig, omdat dit die tradisie van die Fariseërs is wat toegelaat het dat die Jode die oorspronklike Sabbat tersyde gestel het. Hoofstuk 7 van die Traktaat Sabbat verklaar: : As iemand in ʼn woestyn reis en nie weet watter dag dit is, moet hy ses dae tel vanaf (die dag wanneer hy besef) dat hy die Sabbat verloor het, en op die sewende dag dit onderhou.”13

Die Skepper Se Kalender

Die Skepper Se Kalender

Die argument dat gelowiges moet aanbid op Saterdag omdat die Jode dit doen is gegrond op ʼn foutiewe veronderstelling, en dat die Jode nie sal aanbid as enige iets anders as die ware Sabbat. Verklarings deur die Jode self bewys dat hierdie veronderstelling verkeerd is. Hulle het inderdaad die Sabbat verander, toe hulle die kalender verander het waarvolgens die Sabbat bereken is.

Die Sabbat is nie ʼn mensgemaakte instelling. Dit is goddelik vasgestel deur die Skepper. As sulkes, kan geen aardse owerheid, of dit nou die pous of Jood is, het die reg om ʼn verskillende dag van aanbidding vas te stel of ʼn verskillende manier van berekening wanneer dit plaasvind. Die Sabbat moet die ewigdurende teken wees tussen die Skepper en Sy getroue skepsels. “ Spreek jy met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is ‘n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek Yahuwah is wat julle heilig. Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, dié siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit.” (Eksodus 31 verse 13 tot 14.)

Almal wat begeer om hulle om hulle Skepper te eer, en deur gehoorsaamheid aan Hom en te aanbid op Sy Sabbat, sal nie omsien na tradisies van die Jode of die kalender van die Katolieke. Eerder sal hulle Hom aanbid op die heilige Sabbat soos bereken volgens die oorspronklike maan – son kalender wat vasgestel is tydens die Skepping.

 


Kliek hier om na die video te kyk!


1 Heinrich Graetz, History of the Jews, Vol. 2, p. 563, emphasis supplied.

2 Graetz, Vol. 2, pp. 563-564.

3 Excerpted from The Jewish Encyclopedia, “Calendar.”

4 Graetz, Vol. 2, pp. 572-573, emphasis supplied.

5 "The Jewish Calendar and Holidays (incl. Sabbath): The Jewish Calendar: Changing the Calendar," http://www.torah.org, emphasis supplied.

6 Box 6, Folder 4; Grace Amadon Collection, (Collection 154), Center for Adventist Research, Andrews University, Berrien Springs, Michigan.

7 Graetz, Vol. 2, p. 571.

8 Universal Jewish Encyclopedia, "Holidays," p. 410.

9 Universal Jewish Encyclopedia, Vol. X, "Week," p. 482.

10 "Pharisees,"The Jewish Encyclopedia, Vol. IX, (1901-1906 ed.), p. 666.

11 Louis Finkelstein,The Pharisees: The Sociological Background of their Faith, (Philadelphia: The Jewish Publication Society of America, 1946), Vol. 1, Forward to first edition, p. XXI, emphasis supplied.

12 Louis Finkelstein, The Jews - Their History, Culture, and Religion, (Philadelphia: The Jewish Publication Society of America, 1949), Vol. 4, p. 1332.

13 http://www.jewishvirtuallibrary.org/jsource/Talmud/shabbat7.html