Print

Die Laaste Avondmaal: Pasga? of Nie?

Die Laaste Avondmaal het kwessies in die verstande van baie mense na vore gebring. Was dit die Pasga maal? Of was dit net `n gewone maal waartydens die Heiland die nagmaal ingestel het as `n herdenking van Sy dood?

Dit lyk of die Evangelie van Johannes die Laaste Avondmaal op die dag voor die Pasga plaas:

En voor die fees van die pasga het, . . .  [Yahushua] omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit die wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad het tot die einde toe . . . En na die maaltyd verby was . . . het [Yahushua] begin om die voete van die dissipels te was . . . "  (Johannes 13: 1, 2, 5 NV)  

Aan die anderkant, kom dit voor dat sekere verse in Matthéüs, Markus en Lukas die Laaste Avondmaal op die Pasga plaas.

En op die eerste dag van die ongesuurde brode kom van die dissipels na . . . [Yahushua] en sê vir Hom: “Waar wil U hê dat ons vir U klaarmaak om die Pasga te eet?” (Matthéüs 26:17)

En die Pasga en die Fees van Ongesuurde Brode sou oor twee dae wees. (Markus 14:1)

En die dag van die Ongesuurde Brode het gekom waarop die Pasga geslag moes word. Toe stuur Hy Petrus en Johannes en sê: “Gaan berei die pasga vir ons, dat ons kan eet.” (Lukas 22: 7, 8)

Een rede waarom dit veronderstel was dat die Laaste Avondmaal die Pasga maal was, is die eeue oue oortuiging dat die Hebreeuse dag met sonsondergang, liewers as met sonsopkoms begin. Omdat die Skrifte bekend maak dat Yahushua op die Pasga gekruisig is, die dag voor die Sabbat (sien Johannes 19:31 en Markus 15: 42) as die “dag” met sonsondergang begin, sou hulle die Laaste Avondmaal op die Pasga geëet het wat dan die tradisionele Pasga/Seder maal sou wees.

Maar as die Laaste Avondmaal inderdaad die Pasga maal was, sou vele probleme opgeduik het.

In die eerste plek, verwys die herhaaldelike gebruik van die woord “Voorbereiding” in die Skrifte na die dag van die kruisiging wat die aanduiding gee dat die aand tyd Pasga maal (waarvoor voorbereiding gemaak moes word) nog nie geëet was nie. (Sien Matthéüs 27:62, Markus 15:42, Lukas 23:54, Johannes 19:31.) Baie mense verwys na die sesde dag van die Bybelse week as die “Voorbereidingsdag” – die dag waarop mens vir die Sabbat voorberei. Maar in die Skrifte is die gebruik daarvan opgeteken slegs vir die 14de van Abib of die Pasga. Die Pasga maal het in die aand plaasgevind, sodat die dag voor die maal na verwys is as die “Voorbereiding.”

Die  hele rede vir die vinnige verwydering van die liggame van die kruise af, was omdat dit die “Voorbereiding” vir die aand Pasga maal was sowel as vir die volgende dag, wat die eerste dag vir die Fees van die Ongesuurde Brode,  was`n Spesiale Sabbat. Die Laaste Avondmaal was geëet op die dag voordat Yahushua gekruisig was. As die Laaste Avondmaal eintlik die Pasga maal was, sou die volgende dag nie herhaaldelik na verwys was as die “Voorbereiding” nie.

Ten tweede, as die Laaste Avondmaal die eintlike Pasga maal was, sou die harmonieuse simboliek van Yahushua as die “Lam van Yah wat die sonde van die wêreld wegneem” (Johannes 1: 29) lambvernietig wees. Die beeldskone simboliek van die bloed van Yahushua wat die bloed van die Pasga Lam is deur wie se bloed ons “verby gegaan” is “oorgesien is” sou vernietig gewees het as Hy nie op die tyd van die aand slagoffer gesterf het op die dag van die Pasga, nie.

`n Nougesette en versigtige ondersoek van die Skrifte stel bekend dat die Laaste Avondmaal  inderwaarheid nie op die Pasga plaasgevind het nie. Daarom was dit nie die Pasga maal nie. Dit is nie in die bestek van hierdie artikel om die veronderstelde kontrasterende verslae aangaande die tydlyn van die Laaste Avondmaal te verduidelik soos dit in die Evangelies verskyn nie. So `n verslag is voorsien in Die Pasga Legkaart. Hierdie artikel sal bykomende bewyse ondersoek dat die Laaste Avondmaal nie die tradisionele Pasga maal was nie.

Johannes 13 stel dit duidelik bekend dat die tyd van die Laaste Avondmaal, die “fees” (soos die Pasga maal gewoonweg na verwys is) nog nie genuttig was nie. Aan tafel het Yahushua aangekondig dat een van die twaalf dissipels Hom sou verraai. Dit het die dissipels in `n groot verwarring gebring. Toe  Johannes stilweg gevra het: “Wie is dit?” Het Yahushua geantwoord:

“Dit is aan hom vir wie Ek `n stukkie brood sal gee wanneer Ek dit ingedoop het.” En nadat Hy die brood ingedompel het, het Hy dit aan Judas Iskáriot, die seun van Simon gegee. (Johannes 13: 26, N.V.)

Teen hierdie tyd was Judas ten volle oortuig om die Heiland te verraai. Die Skrifte deel ons mee dat Satan Judas ten volle beheer het, waarop Yahushua in daardie tyd iets aan Judas sê wat die ander dissipels nie verstaan het nie. Dit is hierdie verkeerdelike insig aan die kant van die dissipels wat verklaar dat die Laaste Avondmaal inderwaarheid nie die Pasga maal was nie.

Nou net na die stukkie brood het Satan van hom besit geneem. Toe sê Yahushua aan hom, “Wat jy moet doen, doen dit gou.” Maar niemand aan tafel kon sê vir watter rede Hy dit aan hom gesê het nie. Omdat sommige gedink het dat Judas die geldbeursie gehad het, dat . . .[Yahushua] aan hom gesê het, “Koop daardie dinge wat ons vir die fees nodig het,” of dat hy aalmoese aan die armes moes gee. (Johannes 13: 27-29, NV, klem voorsien)

Die Ou Vertaling stel vers 29 as volg voor: Want sommige het gedink, terwyl Judas die beurs gehad het, dat . . .Yahushua] vir hom sê: Koop wat ons nodig het vir die fees; . . . .”

Die New American Standard Bible vertaling stel die vers so voor: “Want sommige het gedink, omdat Judas die geld sakkie gedra het, dat Jesus aan hom gesê het, ‘Koop die dinge wat ons vir die fees sal nodig kry’. . . .”  

Die Complete Jewish Bible verklaar: “Sommige het gedink omdat Y`hudah in beheer was van die gemeenskaplike beursie, het Yahushua hom aangesê: ‘Koop wat ons vir die fees sal nodig hê. . . .’ ”

Dit is duidelik, as Yahushua en Sy dissipels so pas die Pasga maal genuttig het, sou die dissipels nie Sy kommentaar misverstaan het aan Judas dat dit beteken dat Judas nie iets vir  die Pasga moes koop nie.

Selfs gewigtiger bewyse is te vinde in die eintlike woorde wat gebruik word in die verwysing na die brood wat Yahushua gebreek het as `n simbool van Sy liggaam.

unleavened breadIn die Hebreeuse bedeling, was gis of suurdeeg `n simbool van sonde. Dit neem slegs `n klein gedeelte suurdeeg om `n groot bak deeg te verander. Daarom was dit `n bekwame simbool van hoe selfs `n nietige sonde, gekoester in die hart, die siel kan verander en vernietig.  Hierdie simboliek was deur Yahushua gebruik toe Hy die dissipels waarsku: “Pasop en wees op jul hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs.” (Matthéüs 16:6)

Die illustrasie moet onmiddelik deur die dissipels verstaan gewees het, maar dit het eers later ingesink:   

 Hulle het met mekaar geredekawel en gesê: “Dit is omdat ons nie brood geneem het nie.” Maar . . .[Yahushua] wat daarvan bewus was, het aan hulle gesê, . . . “Hoe is dit dat julle nie verstaan dat Ek met julle oor brood gespreek het nie? – maar om op te pas vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs.”

Toe het hulle verstaan dat Hy nie bedoel het om op te pas vir die suurdeeg van brood nie, maar vir die leerstelling van die Fariseërs en Sadduseërs. (Matthéüs 16:7, 8, 11, 12, NV, klem verskaf.)

unleavened bread and grape juiceYahushua het suurdeeg gebruik as `n simbool van die sondige “leerstelling van die mens” wat die hoogmoedige Fariseërs en Sadduseërs bó die wet van Yahuwah verkies het. Verkeerdelike “leerstellinge van die mens” beïnvloed nog steeds baie geloofsisteme in hierdie tyd. Die geloofsbelydenisse, doktrines en tradisies van georganiseerde godsdienste het nodig om noukerig ondersoek te word sodat dwaalleer nie in onkunde as waarheid  aanvaar word nie. Net omdat `n geloofsoortuiging vir honderde jare aangekleef is, is nie `n bewys van sy geloofwaardigheid of Skriftuurlike grondslag nie. Almal wie verlang om die waarheid te weet, die hele waarheid en niks anders as die waarheid nie sal elkeen van hulle geloofsoortuiginge uitstudeer in die lig van die Skrifte.

Deur die bevel van Yahuwah, was daar nie net geen suurdeeg geëet nie, maar alle suurdeeg of enige ander soort gistings agent moes uit die wonings verwyder word tydens die Fees van Ongesuurde Brode. Omdat die eerste dag van die fees begin het op `n sewende-dag Sabbat , was die werk om die suurdeeg te verwyder deel van die “voorbereidings” werk wat op die dag van Voorbereiding (Abib die 14de) gedoen was.

Die Pasga maal was altyd met ongesuurde brood geëet. Dit was `n beeldskone simbool van Yahushua, die Brood van die Lewe, wie geen sonde geken het nie. Dus, as die Laaste Avondmaal dan die amptelike Pasga maal was, sou hulle ongesuurde brode geëet het.

In Hebreeus is daar een woord wat die Engelse frase “ongesuurde brode” beskryf. Die Engelse frase “ongesuurde brode” kom ook van `n enkele Hebreeuse woord. Om die idee vaningesuurde of ongesuurde brood oor te dra, moes `n ekstra woord in die Engels bygevoeg word. Maar in die Hebreeus is die konsep daarvan in net een woord omsluit. Dieselfde geld vir Grieks en net sowel as vir Aramees.2      

Hebreeus

Ongesuurde brood =matzah (of matzot vir meer as een.)

Ingesuurde brood =lekhem (of lekhemim vir meer as een.)

Aramees

Ongesuurde brood =patireh

Ingesuurde brood =lakhma

Grieks

Ongesuurde brood =azumos (of azumon of azuma vir meer as een.)

Ingesuurde brood =artos (of arton vir meer as een.)

Deur te praat van die Fees van Ongesuurde Brode, in alle gevalle sonder uitsondering, gebruik die Skrifte die woord vir ongesuurde brode – brood sonder suurdeeg.

Exodus 12:18 verwys na die ete van die ongesuurde brode op die 14de dag van die eerste maand.

Exodus 23:15 verwys weereens na die Fees van Ongesuurde Brode wat die woord vir gis vrye brood gebruik.

Levítikus 23:6 beveel die ete van gis vrye brood tydens die Fees van Ongesuurde Brode aan.

basket of unleavened breadNumeri 28:17 verklaar dat Ongesuurde Brood tydens die sewe dae fees geëet moes word.

Sonder uitsondering gebruik elke verwysing na die Fees van Ongesuurde Brode die woord matzot  om te verwys na die gis vrye brood wat tydens daardie fees geëet word, wat met die Pasga maal begin op die aand van die  14de.

In teenstelling, verwys Levítikus 23:17 na twee stene brood wat voor Yahuwah beweeg moet word op die Pinkster dag. Die vers sê uitdruklik: “Dit moet van fyn meel wees; gesuurd moet dit gebak word” In hierdie geval, is die Hebreeuse woord wat gebruik was lekhem omdat dit brood was wat met suurdeeg uitgerys was.

In die Nuwe Testament is die Skriftelike verslag beginselgetrou, ongeag of Arameës of Grieks gebruik word.  

Matthéüs 26: 17 – En op die eerste dag van die ongesuurde brode kom die dissipels na  . . .[Yahushua] en sê vir Hom, ‘Waar wil U hê dat ons moet klaarmaak om die pasga te berei?’ “

Die teksvers is `n bietjie misleidend, soos verduidelik in die Die Pasga Legkaart, die (bogenoemde) skuins gedrukte woorde, was deur vertalers bygevoeg, en kom nie in die oorspronklike teks voor nie. En die woord “eerste” beteken eintlik “voor.” Dus sê die vers eintlik dit: “En voor die Ongesuurde Brode, het die dissipels na Yahushua gekom.” Die woorde wat hier gebruik word of in Aramees of Grieks, verwys hier na die suurdeeg-vrye brood wat met die Pasga en die Fees van Ongesuurde Brode gebruik was.

Markus 14: 1 en 12 – “En die Pasga en die Fees van Ongesuurde Brode. . . . En op die eerste dag van die ongesuurde brode, wanneer hulle gewoonlik die Pasga geslag het, sê sy dissipels vir Hom: “Waar wil U hê dat ons moet klaarmaak dat U die Pasga kan eet?”3

Weereens stem die Griekse en Aramese woorde met mekaar saam: hierdie verse verwys na gis-vrye, ongesuurde brode.

Lukas 22:1 en 7 - “En die fees van ongesuurde brode, wat die Pasga genoem word, was naby.  .  . En die dag van ongesuurde brode het gekom waarop die Pasga geslag moes word.”

Die Griekse en Aramese woorde stem weereens met mekaar ooreen: hierdie tekste verwys na gis-vrye, ongesuurde brode.

As die Laaste Avondmaal die Pasga was, sou die Hebreeuse en Aramese woorde verwysend na die “brood” wat die Heiland gebreek en aan die dissipels gegee het, dieselfde woorde wees soos hierbo gebruik vir ongesuurdebrode.

loaves of bread`n Noukerige hersiening van die Evangelie verwysings oor die Laaste Avondmaal verklaar `n verrassende woordkeuse: die brood wat gebruik was, was ingesuurde brood! Brood met suurdeeg!

Matthéüs 26: 26 – “En terwyl hulle eet, neem . . .[Yahushua die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan Sy dissipels en sê: Neem eet, dit is My liggaam.’”

Die woorde wat hier vir “brood” gebruik was dui daarop dat “suurdeeg brood” gebruik was. Albei die Aramese en die Grieke gebruik die woord vir die gewone suurdeeg brood.

Markus 14: 22 – “En terwyl hulle eet, neem . . .[Yahushua] brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: ‘Neem, eet, dit is My liggaam.’”  

    Die Aramese en die Griekse woorde stem ooreen dat die brood gewone brood was, met suurdeeg gebak.

Lukas 22: 19 – “Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Dit is My liggaam wat aan julle gegee word; doen dit tot My gedagtenis.’”

Weereens is die Aramees en die Grieks in ooreenstemming met mekaar in hul woordkeuse dat die brood in gebruik gewone brood was, nie ongesuurde brood nie.

Die Evangelie van Johannes verwys na die brood, maar instede daarvan vertel dit van die voetewassing. Die Geskrifte van Paulus sê wel meer omtrent die Laaste Avondmaal.

bread and juice1 Korinthiërs 11: 23 – “Want ek het van . . . [Yahuwah] wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die . . . [Verlosser Yahushua] in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het; en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem eet; dit is My liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot My gedagtenis.’”

Paulus se woordkeuse stem ooreen met die woordkeuse van die Evangelies: die brood wat gebruik was, was suurdeeg brood!

1 Korinthiërs 11: 27 – “Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van Yahushua drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van  . . .[Yahushua].”

Die Aramees en die Grieks stem ooreen: die woorde gebruik is vir gewone, suurdeeg brood.

1 Korinthiërs 11:28 - “Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink.”

Weereens stem Aramees en Grieks ooreen: die woord gebruik is vir gewone, ingesuurde brood.

Daar is geen manier dat die Laaste Avondmaal die nasionale feestelikheid van die Pasga kon gewees het nie, anders moes die brood wat gebruik was ongesuurde brood wees. Dit is duidelik dat die Laaste Avondmaal die dag voor die Pasga plaasgevind het.

Yahushau het geweet dat Hy dood sal wees, wanneer die Pasga maal sou aanbreek. Die Laaste Avondmaal was Sy finale maaltyd voordat Hy as die Lam van Yah gekruisig word. Sy dood op die Pasga op die vasgestelde tyd vir die aandoffer was `n volmaakte vervulling, die groot teenbeeld, van al die lammetjies wat geslag was sedert Adam en Eva hulle vermoeiende treë uit Eden uit gegee het.

Die skoonheid van hierdie simboliek was deur Paulus verduidelik toe hy die Korinthiërs gewaarsku het:

Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat `n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie? [`n Nietige sonde vernietig die hele mens.]

Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle `n nuwe deeg kan wees – soos julle inderdaad ongesuurd is – want ook ons Paaslam is vir ons geslag, naamlik [Yahushua].

Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid. (1 Korinthiërs 5: 6-9, OV)

Die nagmaalsdiens, wat deur Yahushua tydens die Laaste Avondmaal ingestel is, is `n herdenking van Sy dood. Dit is nie van belang om suurdeeg brood te gebruik in deelname van die nagmaal net omdat Yahushua ingesuurde brood gebruik het nie. Deur die ongesuurde brood te gebruik saammet die suiwer sap van die druif4 vir die Pasga, is die eintlike kern van albei seremonies.

Yahushua was die volmaakte, sondelose Seun van Yahuwah. As die brood van die Lewe, is ongesuurde brood die volmaakte simbool aan Hom. Hy kon verseker versoek het dat ongesuurde brood voorsien word op die Laaste Avondmaal wat Hy met Sy dissipels gehad het. Die feit dat Hy verkies het om gewone gebakte brood met suurdeeg te gebruik as `n simbool van Sy liggaam, vir ons gebreek, kan deur die feit verklaar word dat Hy ons plaasvervanger is.

Want . . .[Yahuwah] het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van . . .[Yahuwah] in Hom. (2 Korinthiërs 5: 21. OV)

Grape Juice and BibleAan die dissipels het Yahushua die suurdeeg brood uitgedeel en gesê: “Dit is My liggaam wat vir julle gegee word.” (Lukas 22:19) Yahushua was heilig en sonder sonde. Maar as ons plaasvervanger, het Hy ons sonde op Homgeneem. Die gevolgtrekking is dat almal wat in Hom glo, gered mag word. Sy vlekkelose geregtigheid is vryelik aan almal gegee wie Sy offerande in ons plek deur geloof sal aanvaar. Dit word gesimboliseer deur die gebruik van ongesuurde brode in die nagmaal. Ons is veilig in die pas – gang en die vereistes van die oortrede wet vind hul versoening deur Sy bloed om ons onthalwe gestort.

Wanneer ons die ongesuurde brood ter nagedagtenis van Yahushua eet, verkondig ons Sy dood totdat Hy kom. Ons memorialiseer die grootste geskenk wat ooit aan die mens gegee is: die Lam van Yah wie die sondes van die wêreld wegneem.


1 Sien ook Lukas 22: 11, 13 en 15.

2 Die addisionele woorde is eenvoudig maar net verskillende vorme van dieselfde woord, bv. enkelvoudig teenoor meervoudsvorme van dieselfde woord.

3 Die woord “eeste” is ontleen uit die woord ............... (prōtŏs) wat “voorste (in tyd, plek, orde of belangrikheid beteken).” Dit kan “begin” en “beste” beteken, maar dit kan ook korrek vertaal word as “voor”. Wanneer ............. (prōtŏs) as “voor” vertaal word staaf Matthéüs 27:17 die volgende: En op die fees van ongesuurde brood kom die dissipels na Yahushua en sê vir Hom ....” Dít stem met Johannes 13:1 ooreen. “En “voor” die fees van die pasga het Yahushua . . .” (#G4413, The New Strong`s Expanded Dictionary of Bible Words.)  

4 Skuinsgedrukte woorde was deur vertalers ingevoeg. Die NV was hier gebruik.

5 Die “wyn” wat op Pasga gedrink was, was suiwer, ongegiste druiwe sap. Daar was streng verbod geplaas teen die inname van alkohol ten tye van aanbidding voor Yahuwah. Sekere mense, veral die wie verbind was met die Nasarener gelofte, was verbied om ooit alkohol te drink. Yahushua, wie selfs `n pynstiller met wyn gemeng, geweier het tydens die kruisiging (sien Matthéüs 27:34) wou Homself nie verontreinig met gegiste wyn net toe Hy Sy sending moes vervul het as die slagoffer Lam nie. – Sien asseblief: http://www.worldslastchance.com/ecourses/lessons/the-book-of-daniel-ecourse/15/daniel-chapter-1-lesson.html. (Uittreksel: Die verbod van wyn was verwys na die nasarener gelofte, maar net sowel as na die priesters diens, soos aangeteken in Lev.10:9. “Moenie wyn of sterk drank drink nie, jy of jou seuns saam met jou as jy in die tent van samekoms ingaan, dat jy nie sterwe nie; `n ewige insetting is dit vir julle geslagte.” Hoewel `n sekere hoeveelheid wyn onder die mense van die antieke tyd toegelaat was, was dronkenskap strafbaar met die dood. Onder die nuwe verbond, is almal priesters en konings, en as priesters wat diens doen in die tempel van die Heilige Gees, wat die menslike liggaam is, is onthouding van wyn `n absolute noodsaaklikheid. Maar Levítikus 10:9 impliseer dat diegene wie Christus in die diens van die Allerheiligste in die hemelse heiligdom volg, sal ook alle bedwelmende stowwe opsy sit as onbevoeg vir die heiligdom dienste waarin ons deur ons gebede daarin deelneem.)