Print

Die Maan Sabbat | Die Verdediging – Deel 3

Gedurende die onlangse jare, het die kennis van die Skepper se kalender gesamentlik met die sewende-dag Sabbat en die berekeninge volgens daardie  kalender, het dit toegeneem in gebruik en versprei. Verskeie besware was geopper teen hierdie waarheid. Alhoewel, toe hierdie besware geweeg is in die skynende lig van die Skrif en die historiese feite se gegewens wat aan ons  bekend is, verdedig hierdie feite die waarheid van die Bybelse Sabbat, en kan dit net gevind word deur die gebruik van die maan-son kalender wat in gebruik was tydens die Skepping. Alle ander dae van aanbidding, wat bereken word deur alle ander kalenders is namaaksels.

Hier volg 9 algemene besware wat geopper teenoor die Bybelse Maan Sabbat, en hulle onderskeie Antwoorde.

BESWAAR # 1: “Die maan-son kalender mag miskien goed genoeg werk in ʼn perfekte klimaat as jy naby die ewenaar woon. Alhoewel, dit nie goed sal werk as jy naby die Suidpool of Noordpool woon.” 

ANTWOORD: Die wonder van die Skepper se kalender is dat dit net so goed werk by die Noordpool as by die Suidpool, en ook net so goed werk by die ewenaar.

Die nuwe jaar volgens die maan-son kalender, begin in die lente, wat die middelpunt is tussen die uiterste van somer en winter is , selfs ook in die streke van die pole.

north poleSodra die astronomiese beginsels van die maan-son kalanderings  metode verstaan word, kan die kalender van die nuwe jaar bereken word volgens die Nuwemaan se verskyning in die eerste maand van die Lente.

Omdat die maanmaande 29,5 dae lank is, kan `n persoon dit bereken deur die gemiddeld van elke volgende maand te neem wat `n maand van 30 dae is, en al die ander maande wat 29  dae lank is. Dit is heel moontlik wat die vroeë Christene gedoen het toe hulle verplig was om in die katakombes te skuil, of as slawe gewerk het in die myne en dit nie moontlik was om die hemelruim te sien.

Omdat die Nuwemaan bereken kan word met groot akkuraatheid, is aanbidding volgens die maan – son kalender in die pool streke ook geen probleem.  Soortgelyk wat Saterdag - Sabbatariërs doen volgens die Gregoriaanse kalender, en ʼn mens kan die heilige tyd nakom vanaf sonsopkoms, tot daar na bed gegaan word die aand. 

Die kalender van die Skepping is die mees  gebruikers vriendelike kalender wat bestaan, en kan gebruik word ongeag waar hulle woon.

BESWAAR # 2: “Die Joodse Talmud ondersteun duidelik nie die Sabbat volgens die maan nie. Dit verwys na gebede wat opgesê moet word wanneer die Nuwemaan op die Sabbat verskyn, en daar is ook spesiale voorskrifte vir die Pasga, as dit voorkom op die sestiende dag van die kalender.” Sulke verklarings kan nie gemaak word, tensy dit ʼn feit is dat die Jode op die maan Sabbat aanbid, omdat, volgens die maan kalender, kom nie een van die verskynsels voor, op die Nuwemaan of die sestiende dag van die maand, of op die weeklikse Sabbat.”

ANTWOORD: “Die Talmoed was eers geskrywe na die vernietiging van Jerusalem gedurende die jaar 70 n.C. Terwyl sekere beginsels getrou die Bybelse se waarhede kan weergee, kan sulke standpunte alleenlik bevestig word wanneer dit vergelyk word, met ander Skriftuurlike bewyse.

Gedurende die Verlosser se verblyf op aarde, het die Israeliete steeds die oorspronklike kalender gebruik. Die hoëpriester, was altyd verkies uit die regerende geledere van die Sadduseërs, wat verantwoordelik was die verklaring wanneer ʼn nuwe maand begin. Die Fariseërs, wie se “tradisies van manne” wat die Verlosser so volstrek aangekla het, Nie die kalender beheer nie.

Dit ʼn uiterste punt van belang omdat die kalender wat vandag deur die Jode gebruik word vir die berekening van hulle feesdae korrup is, en ʼn veranderde weergawe van die oorspronklike kalender. Dit is gewysig deur die Fariseërs en hulle het dit geregverdig deur die veranderings te maak van hulle tradisies volgens mondelinge ooreenkomste.

Jewish RabbiMet die vernietiging van die Tempel (70 n.C.) het die Sadduseërs heeltemal verdwyn, wat die regulering van al die Joodse aangeleenthede betref, en dit in die hande van die Fariseërs gelaat was. Dus voortaan, was die Joodse leefwyse gereguleer deur die Fariseërs; en die volle geskiedenis van Judaïsme was heringestel volgens ʼn Faraoniese uitgangspunt, en ʼn nuwe voorkoms is gegee vir die Sanhedrin van die verlede. ʼn Nuwe reeks van tradisies het die ouer priesterlike tradisies verdring  (Abot1:1) Fariseïsme het die karater van Judaïsme gevorm en die lewe en denke van die toekomstige Jode en vir al die geslagte van die toekoms. ("Pharisees,"  The Jewish Encyclopedia, Vol. 9, [1901-1906 ed.], p. 666.)

Die gebruik van die Talmoed op die een of ander manier om te “bewys” of die maan – son kalender  vals is, en  is daar geen bewys van enige belang.  Al hierdie handelinge stel net vas dat dit is, tradisies van die Fariseërs, as segevierend oor die Israeliete se verwerping van die Messias.

Fariseërisme het Talmoedisme geword.. en [is] dit die gees van die antieke Fariseërs wat onveranderd voortleef. Wanneer die jood.... die Talmoed bestudeer, is dit in werklikheid die herhaling van argumente wat gebruik word deur die Palestynse akademici.... Die gees van die [Fariseërs] se leerstellings het lewendig en deurslaggewend gebly. (Louis Finklestein, The Pharisees:  The Sociological Background  of their Faith,   [Jewish Publication Society  of America], Vol. 4, p. 1332.)

Moderne Joodse geleerdes het hulle geloof gegrond volgens die Talmoed wat weer op sy beurt ʼn direkte weergawe is van die leerstellings van die Fariseërs. Die Verlosser het daarna gestreef om die goddelike wet en die Sabbat te bevry van hierdie “tradisies” van die oudstes. Deur ʼn geloof te grond op die Talmoed is om jou geloof te vestig op die einste tradisies wat die Messias verwerp het.

BESWAAR # 3: “Die woord “week” is afgelei van die woord sewe. Voor die hand liggend, verwys dit na siklus van herhaling van sewe dae! Terselfdertyd- Saterdag die dag waarop die Jode aanbid!”

ANTWOORD: Die Hebreeuse woord “shabuwa” beteken, letterlik “sevened”omdat die Hebreeuse week sewe dae lank was. Dit is ook vertaal in Afrikaans as week. Verskeie kulture  regdeur die tye het weke gehad van verskillende lengtes.

Verskeie dele van Afrika het drie, vier, vyf, ses, en agt dae weke gehad wat gesentreer was rondom mark dae. In die Kongo is dit ʼn feit dat die woord week dieselfde woord is, as wat vir mark gebruik word.

Die Maia of die Yucatan het gebondelde weke van vyf dae gehad. Die Muyscas van Suid-Amerika, wat ook genoem word Bachica, het ʼn drie dae week gehad, terwyl die Chibchas wat ook geken is as die Musca of Mosca, het ʼn vierdae week gehad het.

Die Etruscans, en die Romeine het ook ʼn agtdae week gehad, terwyl die Egiptenare en die Franse Revolusionêres ʼn 10-dae week  gehad het.

Geen definisie van die woord “Shabuwa,” wat ook al, verwys na ʼn siklus van weke. Al die antieke weeklikse siklusse het begin met die Nuwemaan. Die feit is dat die moderne week ʼn aaneenlopende siklus is kan toegeskryf aan verskeie ander faktore daartoe bygedra het maar beslis NIE die oorspronklike kalender soos by die Skepping.

Een Joodse geleerde, ʼn professor aan die Rutger Universiteit roem daarop:

Dat ʼn aaneenlopende sewende dag siklus wat regdeur die geskiedenis loop en geensins ag slaan op die maan en sy fases is dit  ʼn uitsluitlike Joodse instelling. Meer nog, die distansiëring van die sewende dag week van die  natuur was een van die mees merkwaardigste bydraes van Judaïsme  tot die beskawing..... dit  is die vergemakliking en die vestiging van wat Lewis Mumford geïdentifiseer het as ʼn “meganiese periodisiteit” wat dus noodsaaklik is vir toenemende afstand tussen die mens en  die natuur. Kwasi weke [weke wat se siklus begin met die  Nuwemaan] en [ aaneenlopende siklus] vir die weke, verteenwoordig eindelik twee fundamentele onderskeie maniere van die wêreldse organisasie van die mens se lewe, deur die vorige en die gedeeltelike aanneming van die natuur, en die latere wat beklemtoon die algehele bevryding van dit. Die instelling van die aaneenlopende week was daarvoor een van die mees merkwaardigste deurbrake van menslike pogings wat weg beweeg het van om gevangenis van die van die natuur te wees en die skepping van `ʼn sosiale wêreld van hulle eie.” (Eviatar Zerubavel, The Seven Day Circle: The History and Meaning of the Week, p. 11)

Hierdie verklaring is niks anders as afvalligheid en, dit moet verstaan word in die konteks van die Joodse byvoegings dat die moderne Judaïsme is die geestelike erfgename van die Fariseërs, wie se “tradisies,” “byvoegings,” en “dubbelsinnigheid” en deur die Verlosser veroordeel was. 

BESWAAR # 4: “ Dit is ontmoontlik om die Pasgafees volgens die Maan son kalender te bereken.”

ANTWOORD: Die teendeel is, dat die enigste manier om presies vas te stel wanneer die Pasgafees plaasgevind het, is deur die maan – son kalender, omdat deur die Bybelse kalender te gebruik kan aan  al die vereistes voldoen word. 

Die Bybel voorsien drie tyd vereistes wat aan voldoen moet word, alvorens dit moontlik is  om presies die tyd van die Pasgafees te bereken. Hulle word duidelik verskaf in Levitikus 23 verse 15 en 16: 

“Dan moet julle tel van die dag ná die sabbat, van die dag af as julle die beweegoffergerf bring sewe volle weke moet dit wees; tot die dag ná die sewende sabbat moet julle vyftig dae tel;....”(Levitikus 23

Die drie vereistes waaraan voldoen moet word volgens die Skrif is:

  1. Deur te begin tel vanaf die dag wanneer die Beweegoffergerf gebring is, “die dag na die Sabbat.” (Lees Levitikus 23 vers 11.)
  2. Sewe Sabbatte moet voltooi wees.
  3. Die getal van 50 dae.

wheatMet sewe Sabbatte voltooi voorsien dit aan sewe voltooide weke, die begin van die Beweegoffer.

Op die dag na die sewe Sabbatte, begin met die telling van die vyftig dae.  Dit sal jou bring na die 28ste of die 29ste van die Vierde Maand, afhangende die aantal dae van die Vierde Maand, of maanmaand. (Kyk na die Tabel.)  Dit bring ons by die volledige telling vanaf die Beweegoffergerf, rofweg  tot ongeveer 100 dae wat ons verwag het, gegee dat die fees van die weke roteer rondom die eerste vrugte van die somer en die koringoes, want die koring neem ongeveer 100 tot 120 dae voor dit ryp is, ongeveer vier maande. ( Lees Levitikus 23 verse 17 tot 20.)

“Hierdie hoof kenmerk van die vieringe oor die [Fees van die Weke] was met die bring van die twee bode wat gebak is van die eerste gerwe van die koringoes.”  ( Pentecost, Smith`s Bible Dictionary)

Yahushua het na hierdie waarheid verwys toe Hy kort na die Pasga gesê het:

“Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie?” (Johannes 4 vers 35)

Historici en Bybel geleerdes stem almal saam dat die Fees van die Weke ook as ʼn gedenkteken staan vir die gee vir die Wet by die berg Sinai.

“Die dag van die Pasga was ook onderhou deur die Jode as ʼn fees om die gee van die wet by berg Sinai te herdenk.” (“Barnes” Notes on the New Testament)

“Die fees van die weke gehou ter herdenking van die gee van die wet...” (Matthew Henry Concise)

“Die Pasgafees, of van Weke..... wanneer die eerste vrugte ( spesifiek die graan) was aangebied, ter herdenking en ook oor die gee van die Wet by die berg Sinai. ( History of The Jewish Nation)

Deur net eenvoudig die 50 dae vanaf Beweegoffer en gedurende die Ongesuurde Brode te tel, dan was die Pasga  gevier lank voor die kinders van Israel by die ber Sinai aangekom het.  Alhoewel, wanneer die maan – son kalender gebruik is, sien ons die tydlyn wat deur die Skrif gegee is, as bewys dat die Bybelse en die historiese bewyse van Pasga as, ʼn herdenking is vir die gee van die Wet.

Met sewe [maan] Sabbatte voltooi sal dit altyd voorkom op die 8ste van die Derde Maand.  Eksodus 19 vers 1 vermeld dat die kinders van Israel by die berg Sinai aangekom het op dieselfde dag as toe hulle Egipte verlaat het, die 15de.  Hier is die eerste sewe dae van die telling tot 50.  Eksodus 19 verse 10 tot 16 vermeld dat Yahuwah aan Moses gesê om die mense te heilig.  Drie dae later, het Yahuwah op die berg Sinai neergedaal.  Dus is daar nog drie dae om bygevoeg te word tot ons telling, wat ons tot die som totaal bring van tien dae.  Eksodus 24 vermeld dat Yahuwah vir Moses versoek is om saam met die oudstes die berg te bestyg, Moses, Aaron, Abihu en die oudstes het die berg Sinai bestyg.  Yahuwah het toe vir Moses aan Moses alleen om die berg verder te bestyg.  Na veertig dae, het Moses van die berg afgeklim met die oorspronklike Tafels van Klip wat beskrywe is met die vinger van Yahuwah. Dit voeg nog veertig meer dae by, en wat ons die som totaal gee van vyftig dae!

Chart showing the count to Pentecost: 7 Lunar Sabbaths + 50 Days, Counting from Wave Sheaf

ʼn Verdere bewys is die feit dat op die 49ste dag van die telling volgens Exods 32 dat Aaron aankondig:

“Môre is daar ʼn fees tot eer van Yahuwah.” (Lees Eksodus 32 vers 5)

Aaron was die hoëpriester wat deur Yahuwah aangewys is, en hy het ook Yahuwah  aanskou in sy teenwoordigheid soos ʼn “vloerwerk van saffierstene” Eksodus 24. Dit was nie net sommer ʼn fees wat los en vas gehou is nie, alhoewel die kinders van Israel die heiligedag,  ontheilig het met hulle afvallige gedrag. Dit was die Fees van die Weke presies 50 dae nadat die 7 Sabbatte voltooi was volgens die maan – son kalender! Die feit is dat alleenlik deur die telling van die 7 voltooide Sabbatte volgens die maan – son kalender, en dan die bytelling van die vyftig dae kan daar uitgekom word by die ware fees van die Weke ( Pasgafees)! Nie naastenby vir die verkeerd bewys van die maan Sabbat, Die Bybelse berekening van die Fees van die Weke is een van die mees merkwaardigste bewyse ten gunste van die maan Sabbat! 

Vir ʼn meer volledige studie hoe om presies die Fees van die Weke te bereken, gaan na die verwysing oor die Pasga │ Die Berekening en Herstel. 

BESWAAR # 5: “Daar is so baie teenstrydige gedagtes oor die maan Sabbat. Yahuwah is nie die skepper van verwarring.  As dit waar is, sal die Maan Sabbatariërs tog eensgesind gewees het, in hulle geloof. Soos dit is, is hulle maar baie Verdeeld, sommige onderhou die Nuwemaan konjunksie, ander weer die LAASTE sigbare sekelmaan, en sommige die EERSTE sigbare sekelmaan en ander weer die volgens die wassende maan en ook die ander volgens die volmaan. Alles in verwarring en tog die fout is so duidelik.”     

ANTWOORD: Hierdie niksseggende argument. Dit kan net sowel teen die Christendom gebruik word, wat uit honderde verskillende denominasies bestaan en  wat nie eensgesind is, oor die dag van aanbidding, en die natuur van Christus, asook wat gebeur na die dood, en ʼn menigte van ander leerstellings.  

Die Bybel verklaar dat Yahuwah dit toegelaat het dat die Sabbat vergeet moet word. 

“Yahuwah het soos ‘n vyand geword, Hy het Israel verslind, al sy paleise verslind, sy vestings verwoes..... En Hy het sy eie omheining soos ‘n tuin verniel, sy eie feesplek verwoes; Yahuwah het in Sion feestyd en sabbat laat vergeet.” (Klaagliedere 2 verse 5 tot 6.)

In Hosea 2 vers 11, verklaar Yahuwah:

“En Ek maak ‘n einde aan al haar vreugde, haar feeste, haar nuwemane en haar sabbatte, ja, aan al haar feestye.” (Hosea 2 vers 11.)

Hierdie aangewese tye vir aanbidding is almal bereken volgens dieselfde maan – son kalender van die Skepping.

Alhoewel, die versekering gegee is dat in die laaste dae alle waarhede herstel sal word:

“En Yahuwah sal jou gedurigdeur lei....En die wat uit jou voortkom, sal die ou puinhope bou; die fondamente van vorige geslagte sal jy oprig, en jy sal genoem word: Herbouer van gebreekte mure, hersteller van paaie, om bewoonbaar te maak. As jy jou voet terughou van die sabbat—om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat ‘n verlustiging noem.....” (Lees Jesaja 58 verse 11 tot 13.)

Die proses van die herstel van waarhede wat begrawe is het begin gedurende die Protestantse Hervorming en dit gaan vandag nog steeds voort vir die herstel van die Bybelse kalender en sy Sabbatte. Dit is geen maklike taak om ou en lang vergete waarhede uit te grawe. Dit neem tyd en toegewydheid.

Alhoewel, die feit dat daar verskillende menings is tussen hulle wat soek vir die herstel vir verlore waarhede is dit nie ʼn argument teen dit.  Liewer, dat almal in vryheid toegelaat word, en van denke, en godsdiens vryheid om dit  te bestudeer, en om hulle self te oortuig.

BESWAAR # 6: “Hierdie teorie oor die maan Sabbat is eenvoudig ʼn herlewing van die antieke kultus  van die maan, wat getooi is in moderne kleredrag. Dit is niks anders as die aanbidding van die maan.”

ANTWOORD: Alle tyd word bereken deur beweging. Sonder die beweging van die hemelliggame met betrekking tot die posisie van die aarde, kan tyd nie gemeet word. 

Daar is vier basiese kalenders:

stars

 

Die Sideriese kalender gebruik die skynbare beweging van die sterre in vergelyking met die aarde.

 

sun

 

Son kalenders gebruik die omwentelinge van die aarde rondom die son vir die berekening van die jaar. Maande is onafhanklik van enigiets in die natuur.

 

moon

 

Maan kalenders is streng  gegrond op die siklusse van die maan. Omdat die maanjaar korter is as die sonjaar, maanmaande wissel der die sonjaar, soos met die Islamitiese kalender


Maan – son kalenders gebruik die son vir die meting vir die lengte van die jaar, en die siklusse van die maan en die bepaling van maande, of maanmaande.

Die hedendaagse Gregoriaanse kalender is ʼn son kalender. Die Bybelse kalender is ʼn maan – son kalender. Dit beteken nie dat die maan aanbid word nie. Dit beteken eenvoudig net dat die maan en son word beide gebruik word vir die meting van tyd. Dit was die doel wat aan hulle toebedeel is volgens Genesis 1. 

“En God het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.....” (Lees Genesis 1 vers 14)

Deur die gebruik van die son en maan vir die meting van tyd maak nie van jou ʼn aanbidder van die maan!

BESWAAR # 7: “Die Romeinse senator en historikus Cornelius Tacitus maak dit duidelik dat die Jode ʼn Saterdag Sabbat onderhou het. Die feit dat ʼn heidense bondgenootskap van  Sabbat onderhouding en Saturnus as die bewys, dat die Romeinse dag van die week “ dag van Saturnus” was dieselfde as die Bybelse “Sabbat dag.”

ANTWOORD: Die Bybel verwys na die Israeliete wat Saturnus aanbid het. Saturnus was ʼn planetêre god.

“Aanbidding van die planete op hulle bepaalde dae was deel van die aanbidding van hemelliggame. (Robert L. Odom, Sunday in Roman Paganism, p. 158.)

Saterdag is die “dag van Saturnus,” en dit is waarskynlik wanneer die Israeliete besig was om hierdie god van die planete te aanbid, op die dag: van Saterdag. Alhoewel, sulke handelinge van aanbidding was altyd gedoen toe Israel betrokke was in groot afvalligheid, en in opstand teen die Hemel was.     

Heel besonder na die verwysing van die Israeliete se eerste afvalligheid oor Saturnus word gevind in Eksodus 32: die afvalligheid oor die goue kal. Toe die kalf gemaak is het hulle gesê:

“Daarop sê hulle: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.” (Eksodus 32 vers 4)

Die goue kalf was die simbool van Saturnus: 

“Die gewone manier waarin die gewilde Egiptiese god Osiris geheimsinnig verteenwoordig was in die vorm van ʼn jong bul of kalf – die kalf Apis – waarvan die Israeliete ʼn voorbeeld Apis - the golden calfgemaak het. Daar was ʼn rede waarom die kalf nie gewoonlik verskyn in die gepaste simbole van die god wat hy teenwoordig het, omdat die beeld van die kalf die god verteenwoordig het van Saturnus,  ”die VERBORGE een, Apis” wat net maar ʼn ander naam is vir Saturnus.” (Alexander Hislop, The Two Babylons, p. 45.)   

Eeue later toe die koninkryk van Israel  verdeel was tussen die 10 Noordelike stamme en die twee Suidelike stamme, het die eerste koning van die Noordelike koninkryk van Israel, Jerobeam,  die aanbidding van Saturnus heringestel.

En Jeróbeam het in sy hart gesê: Nou sal die koningskap na die huis van Dawid terugkeer: as hierdie volk opgaan om offers te bring in die huis van die HERE in Jerusalem, dan sal die hart van hierdie volk terugkeer na hulle heer, na Rehábeam, die koning van Juda, en hulle sal my om die lewe bring en teruggaan na Rehábeam, die koning van Juda.

Daarom het die koning raad gehou en twee goue kalwers gemaak en aan hulle gesê: Julle het lank genoeg opgegaan na Jerusalem—hier is, o Israel, jou gode wat jou uit Egipteland laat optrek het!

En die een het hy in Bet-el opgerig en die ander in Dan opgestel. En hierdie saak het tot sonde geword; ja, die volk het voor die een gaan aanbid tot by Dan.” (Lees 1 Konings 12 verse 26 tot 30.)

In genade het Yahuwah die profeet Amos gestuur om die Israeliete wakker te skud van die gevaar van die afvalligheid. Die boodskap wat Yahuwah deur Amos aan hulle gestuur het vra:

“Het julle aan My slagoffers en spysoffers gebring veertig jaar lank in die woestyn, o huis van Israel, en ook gedra Sakkut, julle koning, en Kewan, julle beelde, julle stergod wat julle vir julle gemaak het?” (Amos 5 verse 25 en 26)

Volgens die, “The New Strongs Exhaustive Concordanance of the Bible, the word Chiun (Afrikaans Kewan) is:

“dit net ʼn ander naam vir die god Saturnus.” ( The New Strongs Exhaustive Concordanance of the Bible, p. 194)

Die besonderhede van Israel se baie kere van afvalligheid, soos dit in die Bybel vermeld  word, het  die aanbidding van Saturnus, hoofsaaklik voorgekom in hulle godsdienstige opstandigheid.

Die dag waarop aanbid word vereer die god van daardie dag. Saturnus is die god van Saterdag.

Yahuwah, die Skepper, moet aanbid word op Sy heilige Sabbat dag, wat bereken is deur Sy maan – son kalender. Aanbidding op enige ander dag, en wat bereken is deur enige ander kalender, verskaf eer aan ʼn god anders as die Skepper.

BESWAAR # 8:Verskeie historici van die antieke tyd, soos Cassius tot Frontinus en vele ander, het dit duidelik gestel dat die Jode geweier het om te veg op die “die dag van Saturnus.” Selfs die vernietiging van Jerusalem in die jaar 70 n.C., het plaasgevind op die “dag van Saturnus.” Dit is duidelik dat dit ʼn sewende – dag Sabbat was op daardie tydstip.”

ANTWOORD: Hierdie beswaar is gegrond op die veronderstelling dat die week in die tyd van hierdie Romeinse Historici was soortgelyk aan die hedendaagse week. Dit is nie waar nie!

Die Juliaanse kalender het oorspronklik bestaan uit ʼn agt dae week. Soos Mithraïsme sy gewildheid in die heidense Rome verkry het, so ook het die planetêre week van sewe dae ook gewildheid verkry.

Dit blyk of daar ʼn geestelike genie beheer het oor die heidense wêreld het, en dinge so bestel het dat die heidense planetêre week op die regte tyd voorgestel vir [Mithraïsme,] die mees gewildste Son okkulte van alle eeue, en gekom het om die dag van die Son verhoog het bo ander dae, en meer te heilig as al die ander dae. Sekerlik was dit nie net sommer toevallig gewees. ”( Robert L. Odom, Sunday  in Roman Paganism, p. 157)    

Historiese bewyse wat eis dat die Israeliete aanbid het op “die dag van Saturnus,” bewys nie dat die hedendaagse Saterdag die Sabbat van die Bybel is. Dit net eerder een van twee feite bewys naamlik:

  1. Die Israeliete het in afvalligheid verkeer, en dit is waarom Yahuwah  dit toegelaat het dat hulle verower word.
  2. Dat die weeklikse siklusse van die Israeliete se kalender verskil het van die Romeinse kalender.

A stick calendar found at the Baths of Titus depicting Saturday (or dies Saturni – the day of Saturn) as the first day of the pagan planetary weekʼn Stok kalender wat gevind is by die Baddens van Titus en Saterdag (of dies Saturni – die dag van Saturnus ) uitbeeld as die eerste dag van die planetêre week gedurende die jare 79 tot 81 n.C., dit  was gevind by  openbare baddens wat opgerig was, deur Keiser Titus aan die voet van die Esquilline heuwel in Rome. Hierdie baddens wat bekend staan as die baddens van Titus, het baie muur versierings wat aangebring was  deur die kunstenaar Famullus. Op een van hierdie mure is daar hierdie stok kalender. Dit is een van die vroegste uitbeeldings van die Romeinse sewe daagse planetêre week.    

Die merkwaardigheid van hierdie kalender is dit dat dit onthul dat die heidense planetêre week het oorspronklik begin op Saturnus dag. Saterdag volgens die vroeë Juliaanse kalender was nie die sewende dag maar die eerste dag, wat opgevolg is deur Sondag, en dan Maandag en wat eindig op dies Veneris, of die hedendaagse Vrydag.

Dit was tot en met die Konsilie Nicea gedurende die vierde eeu dat die sewende – dag planetêre week finaal gestandaardiseer  was, volgens die Juliaanse kalender wat begin het op Sondag en geëindig het op Saterdag.

BESWAAR # 9: “Dit is eenvoudig net te moeilik! Die ganse wêreld gebruik ʼn verskillende kalender. Om volgens daardie kalender te aanbid sal ek my werk verloor. Hoe sal my kinders kan skool gaan? Jy kan nie in ʼn moderne wêreld leef en volgens daardie kalender aanbid nie!”

ANTWOORD: Die een argument wat sy geliefdes en sy bevorderraars teen die waarheid nog nooit kon ontken is dat gehoorsaamheid aan die waarheid ʼn kruis is: die kruis van gehoorsaamheid. 

Die hedendaagse lewe word gereguleer deur die Gregoriaanse kalender: werksdae, skooldae, naweke, vakansies word almal bereken deur die gebruik van ʼn aaneenlopende weeklikse siklus. As die lig van die ware Sabbat aanvaar word, sal daar verwydering wees. Dit is onvermydelik.

Werk was verloor, en huwelike vernietig wanneer ʼn persoon die waarheid aanvaar en die ander nie. Alhoewel, dit nie die ware volgelinge van Yahuwah afskrik. Hulle wat die waarheid bo alles stel wag nie dat die waarheid gewild word, of gehoorsaamheid vriendelik is. Wanneer daar oortuiging is van die waarheid hulle doebews die kruis aanvaar, en saamstem met die apostel Paulus dat “Want ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is, bewerk vir ons ‘n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid;....” (2 Korinthiers 4 vers 17)

Die lig van die waarheid beur vorentoe. Leerstelling van lank gelede wat begrawe as verkeerd deur veronderstelling, Word nou herstel. 

Sal jy die volgende wil kies?

Sal jy die prys van waarheid hoog genoeg ag om dit te gehoorsaam, en ongeag wat dit sal kos?

ʼn Ewige lewe van geluk wag op diegene wat hierdie keuse maak.


Klier hier om na die video te kyk!