Print

Die Opstanding: Paasfees? of Eerste Vrugte?

Paassondag is die hoogtepunt van die godsdienstige jaar vir baie mense. Baie geliefde tradisies word geassosieer met hierdie vakansie tydperk. Paassondag, is die grondslag van die hedendaagse Christendom. Dit is rede waarom die groot meerderheid van die Christendom op Sondag aanbid. Die algehele teologie is gebou op die geloof dat die sewende – dag Sabbat, wat vas gespyker is aan die kruis, en dat die heiligheid van die Sabbat verander na Sondag.

Paasfees Sondag Kerk Markies – (skerm)Paassondag is die Kerk se Kenmerk, dat Paasfees die tradisionele dag van Yahushua se opstanding is, en die rede wat gegee word vir die aanbidding op Sondag.

“Die Dag van die Here” – soos dit Sondag genoem word vanaf die Apostoliese tydperk – en is daar ook altyd spesiale aandag daaraan verleen in die geskiedenis van die Kerk, omdat dit in noue verbintenis is met die kern van die besonderse Christen geheimenis. Die feit is, in die weeklikse erkenning van tyd, is Sondag die herinnering aan die dag van Christus se Opstanding. Dit is Paasfees wat week vir week terugkeer, vir die viering van Christus se oorwinning oor sonde en die dood, die vervulling in hom van die eerste skepping, en die aanbreek van ‘die nuwe skepping’.” (Pous Johannes Paulus II, Dies Domini, Proloog, 1, bladsy 1.)

Protestante is vinnig om die Roomse Katolieke te volg in die aanbidding op Sondag

“Sondag, is die dag van Christus se opstanding, en die verskyning aan die dissipels van die gekruisigde en opgestaande Christus, en is dit die vernaamste dag waarop Christene byeenkom, om te vergader in aanbidding. Dit is by hierdie byeenkomste dat die Woord gelees word en gepredik word en die sakramente gevier word.” (Die Gebruik en die Betekenis van Genade, Evangeliese Lutherse Kerk van Amerika.)

Die probleem is, dat Yahushua die Verlosser nie opgewek was op Sondag van die hedendaagse kalender! Die verwarring het ontstaan deur twee feite:

  1. Sondag is die eerste dag van die Gregoriaanse week.
  2. Die Skrif leer ons dat Yahushua opgewek is: “EN baie vroeg in die môre, op die eerste dag van die week.” (Lukas 24 vers 1.)

Omdat die Bybel duidelik is dat Yahushua opgewek is op die eerste dag van die week, en sedert Sondag die eerste dag is van die hedendaagse week, en die veronderstelling dat Yahushua opgewek is op Sondag blyk oortuigend te wees. Alhoewel die hedendaagse kalender nie deur die Israeliete gebruik is gedurende die tyd van Yahushua. Dit uitgedink is deur die Jesuïetiese astroloog, genaamd Christophorus Clavius, gedurende 1582. Tevore, het Europa die Juliaanse kalender gebruik. Geen dae was verlore toe daar oor gegaan is vanaf die Juliaanse kalender na die Gregoriaanse kalender. Alhoewel, dit nie ʼn bewys is dat Yahushua opgewek is op Paassondag.

Juliaanse Kalender op klip gedeeltes, wat dateer vanaf die tyd van Augustus (63 v.C. tot 14 n.C.) tot Tiberius (42 n.C. tot 37 n.C.).

ʼn Voorbeeld van die Juliaanse Kalender op klip gedeeltes, wat dateer vanaf die tyd van Augustus (63 v.C. tot 14 n.C.) tot Tiberius (42 n.C. tot 37 n.C.), is bewaar op hierdie gedeeltes van klip. Die agtdae week is duidelik waarneembaar.

Die Juliaanse kalender was uitgedink deur die heidense astroloog, Sosigenes, gedurende 45 v.C.. Dit het bestaan uit ʼn agtdae week. Die dae van die week is aangewys deur die letters vanaf A tot H. Yahushua en die Israeliete gedurende Sy dae het nie hierdie kalender gebruik van hulle Romeinse verowerraars. Hulle het nie die Sabbat of die heilige feeste volgens hierdie heidense agtdae week bereken. Die Israeliete het die antieke “mosaïese” kalender gebruik – die metode van tyd berekening wat vasgestel is, deur Yahuwah met die Skepping, en wat herbevestig is aan Moses ten tye van die Uittog.  

Volgens die Skepper se kalender, hernu die weeklikse siklus elke maand met die Nuwemaan. Sodoende kom die dae voor van elke maand altyd op dieselfde dag van die week. Levitikus 23 voorsien aan die datum vir die Pasga:

“In die eerste maand, op die veertiende van die maand, teen die aand, is die pasga van die [Yahuwah].” (Levitikus 23 vers 5.)

Die veertiende van elke maand volgens die maan kom altyd voor op die sesde dag van die week. Gedurende die eerste maand, word die Pasga onmiddellik opgevolg deur die begin van die Fees van Ongesuurde Brood.

“en op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode....... “ (Levitikus 23 vers 6.)

Dit was genoem ʼn “ Groot Sabbat,” omdat die eerste dag van die fees plaasvind op die weeklikse sewende – dag Sabbat. Yahushua was gekruisig op die Pasga, die sesde dag van die week wat die “Voorbereidingsdag” was, vir die Fees van die Ongesuurde Brode.

“En dat die liggame nie op die sabbat aan die kruis sou bly nie, aangesien dit die voorbereiding was — want die dag van daardie sabbat was groot — het die Jode Pilatus gevra dat hulle bene gebreek en hulle weggeneem moes word.” (Johannes 19 vers 31.)

Die datums wat gegee word in die Skrif vir die kruisiging. Is dit duidelik datums volgens die antieke maan – son kalender. Dit vertel nie dat die Jode die liggame vanaf die kruis wou neem omdat dit Dag F (die sesde dag) van die Juliaanse kalender was. Ook vertel dit nie,  dat die volgende Dag H was, die laaste dag van die Romeinse agtdae week.

Yahushua was opgewek op die 16de van die maand, wat genoem word die dag van die Eerste Vrugte. Dit was ook die eerste dag van die week volgens die maan. Paulus verleen erkenning aan die simboliek van die opstanding, en oor die Fees van die Eerste vrugte toe hy verklaar:

Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.... Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Yahushua lewend gemaak word..... as eersteling Yahushua, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. (Lees 1 Korinthiërs 15 verse 20 en 22 tot 23.)

Die herkonstruksie van die Babiloniese Poort van Ishtar in die Pergamum Museum in Berlyn.

Die herkonstruksie van die Babiloniese Poort van Ishtar in die Pergamum Museum in Berlyn.

Paasfees is ʼn heidense fees, wat die fees is van die godin van liefde en oorlog, Ishtar en wat gespel word as ISHTAR, en wat uitgespreek word as EASTER (Engels). Die heidense ritus wat beoefen is wanneer die godin van liefde en vrugbaarheid se feeste gehou was dit onder andere die mees vernederendste van die heidenisme.

Die Paashaas, en die gekleurde eiers is antieke vrugbaarheid simbole wat nog steeds die korrupte godin vereer.

Die suiwere godsdiens van die vroeë Christene het nooit toegelaat dat die heidense feesvieringe onderhou word, en verseker was hulle nooit die grondslag gewees vir wanneer aanbid moet word. Die Apostoliese Christene het altyd aanbid op die antieke sewende – dag Sabbat, wat bereken was volgens die maan – son kalender. Dit was eers gedurende die vierde eeu dat die Konsilie van Nicea, byeen geroep is deur die heidense keiser, Konstantyn, en die dekreet uitgevaardig is vir die verbanning van die onderhouding van Paasfees.

“Tydens die Konsilie van Nicea [sic.] was die naelstring geknip wat die Christendom verbind met sy voorvaders. Die fees van Paasfees was tot nou toe vir die grootste deel van die tyd gevier volgens die tyd van die Joodse Pasga, en inderdaad volgens die dae wat bereken is, en vasgestel is deur die Sanhedrin van Judea om op fees te vier, maar die toekomstige berekeninge vir die onderhouding sal geheel en al onafhanklik van die Joodse kalender wees....” (Heinrich Graetz, Geskiedenis van die Jode, Vol. 2, bladsy 563.)

Die heidendom het ten volle getriomfeer oor die Apostoliese ekklesia toe die antieke Sabbat tersyde gestel is met die aanvaarding van Paasfees.

Die rede waarom ons Ekklesia en nie kerk in verwysing na Yahushua se getroues in WLC inhoud gebruik nie, is omdat die woord “kerk” nie met akkuraatheid die betekenis van die oorspronklike Griekse, “Ekklesia” oordra nie. Regdeur die Nuwe Testament, verwys Ekklesia na die Uit Geroeptes. Die woord “kerk” wat op `n groep klem lê, is dus dan `n verkeerdelike vertaling en moes nooit gebruik word nie. Christene is letterlik die Uit Geroeptes. Die ware volgelinge van Yahushua is inderdaad die Uit Geroeptes vanuit die georganiseerde denominasies en gevalle Babiloniese godsdienste. Wanneer die boodskap om uit Babilon te vlug gehoorsaam is, moet niemand weer terugkeer na Babiloniese kerke en godsdiensvorme nie.

“Die Christen [Romeinse] keisers het die Joodse metode vir die berekening van die kalender verbied, en nie toegelaat dat die feesdae aangekondig word.” (Grace Amadon, “Historical Basis, Involvements, and Validity of the October 22, 1844, Position, p. 17.)

“Hierdie verandering van die kalender met betrekking tot Paasfees is bygewoon met gewigtige gevolge. Dit het in die Kerk die grofste korrupsie en die slegste vorm van bygeloof ingebring. . . "(A. Hislop, The Two Babylons, bl. 106.)

kind wat paaseiers bymekaar maak ( skattejag)

 Dit is tragies, dat baie Christene nie eers die heidense tradisies bevraagteken wat hulle beoefen.

Vanaf die vroegste tye, was Paasfees gevier volgens die eerste volmaan na die lentenagewening. “Paassondag” word nou deur miljoene gevier op die eerste Sondag na die volmaan na die lentenagewening.

Hierdie verandering van aanbidding van die Bybelse Sabbat na Sondag ter ere van “Paassondag,” word erken deur die Roomse Katolieke:

“Sondag is ʼn suiwere skepping van die Katolieke Kerk.”.” (American Catholic Quarterly Review, January 1883)

“Sondag... is die alleenlik wet van die Katolieke Kerk..” (American Sentinel (Catholic), June 1893)

“Sondag is ʼn Katolieke instelling en die aanspraak vir aanbidding kan alleenlik verdedig word volgens Katolieke beginsels. Vanaf die begin tot aan die einde van die Skrif is daar nie enkele gedeelte wat dit regverdig vir die verandering van die weeklikse openbare aanbidding vanaf die laaste dag van die week na die eerste.”Catholic Press, Sydney, Australia, August, 1900)

Almal wat aanbid op Sondag ter ere van “Paassondag” as die dag van die Verlosser opstanding vereer ʼn Roomse Katolieke instelling wat opsigself gevestig is op antieke heidense vrugbaarheid feesvieringe.

“Hulle [die Protestante] ag dit hulle plig om Sondag heilig te hou. Waarom? Omdat die Katolieke Kerk aan hulle voorskryf om so te doen. Daar is geen ander rede is.... Die onderhouding van Sondag word sodoende ʼn kerklike wet wat in sy geheel afsonderlik is van die goddelike wet vir die onderhouding van die Sabbat.... Die outeur van Sondagwetgewing... is die Katolieke Kerk.” (Ecclesiastical Review, February 1914)

Die Opstanding: “Maria, Petrus, en Johannes by die leë graf van Yahushua

 Daar is geen Bybelse bewyse van die apostels of die vroeë Christene wat Yahushua se opstanding gevier het behalwe, as en deur die vervulling van die Fees van die Eerste Vrugte.

Daar is geen Bybelse bewyse van die apostels of die vroeë Christene wat Yahushua se opstanding gevier het behalwe as die vervulling van die Fees van die Eerste Vrugte. Hulle het Sy dood gedenk gedurende Paasfees, die 14de volgens die maan – maand. Hulle het Yahuwah aanbid op die sewende – dag Sabbat gedurende die, 8ste, 15de, 22ste en die 29ste dae van elke maand volgens die maan.

“Paassondag”, bly wat dit altyd was: ʼn heidense vrugbaarheid feesviering. Geen benaming deur sogenaamde “Christen” name kan dit reinig van heidenisme. Almal wat in dankbaarheid erkenning wil gee vir die Hemele se geskenk van Yahushua sal dit doen op die herdenking van Sy dood: Paasfees. Hulle sal aanbid op die sewende – dag Sabbat, wat bereken word volgens die Hemelse geordende sisteem van tydhouding: die maan – son kalender.

Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is ’n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek Yahuwah is wat julle heilig. Onderhou dan die sabbat..... moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier......as ’n ewige verbond. (Lees Eksodus 31 verse 12 tot 16.)

Dit is vandag die hemel se oproep aan elke opregte Christen om afstand te doen van heidenisme. Aanbid die Skepper op Sy aangewese dag, die sewende – dag Sabbat


Verwante Inhoud: